Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
John Wesley het op sy 80ste verjaarsdag gesê: “Ek is vandag 80. Mag God gee dat ek nie sal bly leef totdat ek nutteloos is nie”.
GELOFTEDAG IN DIE NUWE SA
IS DAAR NOG PLEK VIR GELOFTEDAG IN DIE NUWE SUID-AFRIKA?
Dr Pieter Swart
Die Afrikaner moet altyd bereid wees om te stry vir sy lewe en behoud.
Dr HF Verwoerd
Soos alle ander dinge wat vir die Afrikaner kosbaar is, het Geloftedag ook in die spervuur gekom. Ook uit eie geledere. Vandag is dit ‘n vraag, gegewe die realiteite van ‘n rasgemengde Suid-Afrika waar die Afrikaner tot ‘n regeerbare minderheid verdoem is en sy ganse geskiedenis as een stuk onreg uitgebeeld word, of daar nog ruimte is om Geloftedag te vier.
Op die oog af lyk dit onsinnig indien die diepere betekenis van dié dag oppervlakkig beskou word. Ja, laat ons maar terugdink aan wat was. Maar die situasie het onomkeerbaar verander, dan nie? Ons sal tog nooit weer as ‘n vrye volk in ‘n eie land kan leef nie. Dis tog realiteit? Of nie?
ONS MOET BETAAL WAT ONS BELOWE
Hannes Ollewwagen
Deut. 23:15-24
“As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.” (:21).
“Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het – wat jy met jou mond gespreek het.” (:23).
Ons staan weer op die vooraand van die herdenking van een van die grootste gebeure in ons volk se geskiedenis – Geloftedag. Daardie dag wat ons onthou as ‘n dag waarop die Almagtige God van hemel en aarde Hom oor ons ontferm het. Hy het met ‘n wonderwerkende krag ons voorsate uit lewensgevaar gered. Dit is daardie dag wat ons voorsate onderneem het om ewigdurend in ons volksbestaan as ‘n blywende dank- en biddag te herdenk.
BIDDAE, VEROOTMOEDIGING EN GELOFTEDAG (1)
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Biddae, Verootmoediging, Geloftedag
" ...kleitrappery van die derde opeenvolgende polisiekommissaris en die bekendmaking van die groot aantal polisiemanne, sommige selfs met hoë range. Wat 'n misdaadgeskiedenis het. Die toppunt tot dusver was die Godslastering van Mantashe toe hy die ANC-SAKP-COSATU met die Drie-enige God gelykgestel het."
Biddae en dae van verootmoediging is maar dikwels ter sprake wanneer daar algemene nood opduik. Soos Totius gesê het: As rampe ons tref, gaan ons nie na die wysgere om ons te help nie. Ja, dan besef ons skielik dat die menslike denke en plannetjies en strategieë maar nie juis iets kan uitrig nie.
Die Woord leer ons dan ook dat daar net een weg is en dit is om ons voor God te verootmoedig en Hom om genade te smeek. En daardie genade kom welseker en sal welseker kom tot op die laaste dag.
DOEN SLEGS U WIL HEER
Dr JJ Snyman
En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Romeine 12:2
Wat is God se wil met my? Ja, met my spesifiek? Dit is ‘n vraag wat by baie van ons spook. Dalk net by tye, dalk jou lewe lank.
Die antwoord op hierdie vraag word in die algemeen gegee in die Bybel, nie in die besonder nie. Die dissipel kry ‘n duidelike opdrag en Paulus kry ‘n duidelike opdrag wanneer Jesus vir Paulus op die pad na Damaskus sê hy moet ophou om teen die prikkels te skop. (Joh 5:39) en dit is hulle tragedie. Hulle ken die Skrif, maar verwerp Jesus.
STRAAT- EN PLEKNAME VAN OU-PRETORIA (1)
Lees reeks by Straat- en Plekname van Ou-Pretoria
JAN PLOEGER
Nadat die leser deur 'n kort inleiding vlugtig met 'n deel van ons hedendaagse stad se voor- en vroeë geskiedenis kennis maak, kom die straat- en plekname in die omgewing van Kerkstraat alfabeties aan die beurt. Dit geld ook die name van strate in die oudste voorstede, te wete Sunnyside (1887), Arcadia (1890) en Muckleneuk (ook in die jare 1890), en die naaste omgewing van hierdie dele van ons stad. Nietemin word die leser daarop gewys dat die boek nie op volledigheid aanspraak maak nie.
In die stadsgedeeltes lê die oorsprong van die uitbreidingsdrang wat Pretoria, die huidige administratiewe hoofstad van die Republiek van Suid-Afrika, tot vandag toe kenmerk.
ADVENT
Kinderoordenking
Ds Andrè vd Berg
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde in die mense ʼn welbehae!”(Luk.2:14)
My naam is Nicolaas. Ek is 280 jaar na die geboorte van ons Here Jesus in ʼn klein dorpie in Klein-Asië (vandag se Turkye) gebore. My ouers was redelik ryk sodat ek aan niks stoflik gebrek gehad het nie. Hulle was egter ook baie gelowige mense en het my van jongs af van Jesus geleer. Daarom het ek as ʼn jong seuntjie my hart vir Hom gegee.Dit was vir my ʼn baie groot vreugde om Hom saam met my ouers lief te hê en te eer
Toe breek daar ʼn dodelike pessiekte in ons dorpie uit waaraan baie mense dood is; ook beide my ouers. Ek het dit oorleef.In daardie dae was daar nog nie boeke soos julle dit vandag ken nie. Al wat ek van die Bybel geweet het, was dit wat my ouers my van kindsbeen af vertel het.
VRYHEID VAN SPRAAK EN HAATSPRAAK
Dr Danie Theron
Vryheid van spraak word as een van die basiese menseregte beskou volgens die menseregteleerstuk. Maar is daar regtig so-iets soos vryheid van spraak? Wel, nie as mens kyk na wat as haatspraak beskou word en watter veldtog gevoer word om dit te verbied nie.
Wat ter aanvang gekonstateer moet word is dat die links-liberales, die voorstanders van vryheid van spraak, eintlik totaal en al onverdraagsaam is. So gesien is vryheid van spraak nie ‘n waarde of begrip wat tot sy reg kom in hulle denkwêreld en woordeskat nie.
Die land wat tans nog die grootste beskerming aan vryheid van spraak gee is die VSA. Daardie beskerming is ingebou in wat bekendstaan as die Eerste Amendament. Slegs spraak wat geweld aanmoedig word daar verbied.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (9)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Suid-Afrika
(Land van die toekoms)
"Maar julle is 'n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis gewerp het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is”. (1 Petrus 2:9-10)
In aansluiting by hierdie teksgedeelte het die Boodskapper aan my gesê: “So spreek die Here God tot die volk van Suid-Afrika: Julle wat eertyds geen volk was nie, het nou my volk geword; julle wat vroeër nie ontferming geken het nie, oor julle sal Ek my nou ontferm”. Die vyand het ons nie as volk getrek nie.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (8)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Amerika se nag van smarte
Iemand skryf vir ons uit Amerika dat ‘die nag van smart nou in Amerika ook neergedaal het’ (the night of sorrow has now settled on America too).
Amerika sal in ’n staat van revolusie verval. Terselfdertyd sal Groot stakings aan die orde van die dag wees, ’n bittere gees van verdeeldheid en verontwaardiging sal in die sogenaamde ‘ Verenig- de State’ van Amerika losbars.
Die regverdige minderheid kry tog daar ook die oorhand, want terwyl ons skryf, bereik talle berigte ons dat Amerika geweier het om die Vredestraktaat te onderteken, en ook dat Amerika sy oorlogsverklaring teen Duitsland herroep het.
WAT DIE AFRIKANER VAN DIE JEUG VERWAG?
Dr JJ Snyman
Daar is al baie artikels geskryf oor wat die jeug van hulle ouers verwag. In hierdie artikel wil ek die prentjie omdraai sodat gekyk kan word na die jeug (of dan die jonger geslag) se rol en spesifiek met betrekking tot die voortbestaan van die Afrikaner.
Ter aanvang moet dit gestel word dat hoofsaaklik vanweë ‘n liberale aanslag, daar ‘n groot mate van vervreemding tussen die Afrikaner-ouer, en jonger geslag ontstaan het.
Dit is amper of die jonger geslag vandag verwytend staan teenoor die ouer geslag. Dit het ‘n historiese breuk veroorsaak wat uiters nadelig is vir die Afrikaner se voortbestaan. As ‘n geslag verwytend teen die vorige geslag staan ontstaan daar skeptisisme en verwydering. Wat dit vererger is wanneer die ouer geslag boonop (onder druk) erken dat hulle verkeerd was.
WAARDERING VAN 'N LESER
Baie dankie vir die artikels wat daagliks gepubliseer word op julle webwerf.
Ek het op die oggend van 3 Desember tydens stiltetyd gelees in Numeri, hoe die volk nie na Moses, Josua en Kaleb wou luister nie en selfs n nuwe leier wou kies en hoe Moses tot God moes bid om nie die volk te verdelg nie.
Groot was my opgewondenheid toe ek later die preek lees van Ds C R Kotze wat op dieselfde dag geplaas is.
Ons God het waarlik n plan met ons.
Dit is tyd vir die Josua’s en Kaleb’s van vandag om op te staan.
Dankie
Johan
ANC VERKLAAR OORLOG
Grondwetwysiging maak diefstal wettig
Die besluit wat die ANC-parlement vandag geneem het oor die “herverdeling van grond sonder vergoeding” wettig diefstal in Suid-Afrika nou grondwetlik.
Die HNP en die Boere-Afrikanervolksraad het reeds op 27 Februarie 2017 verklaar dat “wanneer ‘n staat of volk ‘n ander volk se grondgebied vir homself toe-eien, lei dit noodwendig tot oorlog”. Hierdie “wettiging” van gronddiefstal deur die parlement is niks anders as ‘n oorlogsverklaring teen die wettige eienaars van ons vaderland nie.
Die leuen word deurlopend verkondig dat die land aan sy regmatige eienaars “teruggegee moet word”. Die besluit wat nou geneem is, is om die land van die wettige eienaars te steel.
AAN WATTER TAFEL WIL U SIT?
Hannes Ollewagen
1 Kor. 10:14-22
“DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.”
“...En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.” (:20&21).
Ons lees in hierdie gedeelte van Paulus se verwysing na die heidene wat aan die duiwels offers bring. Wanneer ons oor offers aan duiwels dink, sal ons seker aan sataniese rituele dink waarin allerhande afgryslike dade gepleeg word. En dit is darem vêr van die gewone, beskaafde mens om so iets te doen.
WIE MAAK ONS GELD? (1)
>
>>>
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
Deel 1: Hoe om biljoene te maak deur die goedvertrouende en liggelowige volkere van hierdie wêreld te bedrieg.
Die Grondwet van die V.S.A. vereis dat geld skuld- en rentevry deur die Regering gedruk word.
Die eerste Amerikaanse koloniste het hierdie stelsel beoefen en dit gewettig. Hulle het oor geen belastinggarende masjinerie beskik nie: hulle het papiergeld gedruk om vir openbare werke te betaal. Hulle het ’n regering tot stand gebring wat direkte belasting verwerp het en die bou en instandhouding van skole, hospitale, paaie en hawens, asook alle ander regeringsuitgawes gefinansier het met varsgedrukte papiergeld. Uit ondervinding het hulle geweet dat dit onmoontlik was om onbeperkte hoeveelhede papiergeld uit te gee: dat die koopkrag van hierdie geld van aanbod en aanvraag afgehang het.
DIE DOOD VAN STEVE BIKO
Daar sal seker nog talle onthullings aan die lig kom oor die wandade van die Vorster-regering, en hoe hy en die lang generaal Van den Bergh toutjies getrek en politieke moorde gereël en Van den Bergh dit persoonlik uitgevoer het. Baie daarvan weet ons, maar soms is daar iets wat ons nog nie gelees het nie. Lees daarom hierdie moordplan op Steve Biko, 'n swart aktivis in die sestiger jare.
Om die ontbyttafel in 'n Port Elizabethse hotel het Van den Bergh en sy twee agente gehoor hoe 'n radio-omroeper luisteraars by die eerste nuusbulletin op 6 September verwelkom.
"Ek moes geweet het!" het Sharp gesê en na die lang man gekyk.
"Wat?"
"Dat jy alles met 'n doel doen."
"Wat wil jy eintlik sê?" het die ander agent gevra.
"Dis nie toevallig dat ons juis vandag in Port Elizabeth is nie."
"Ek is bly jy begin leer," het Van den Bergh met een van sy seldsame glimlagge gesê.
BYBEL EN VOLKSTRYD (13)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
In hierdie reeks word 20 preke aangebied wat almal betrekking het op die Afrikaanse volkslewe en die politiek. Dit is geskryf deur wyle ds. C R Kotze wat as jongman by die Boeremagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog aangesluit het. Hy is in ’n veldslag gewond, gevange geneem en na St. Helena as krygsgevangene verban. Hier het hy onder diep geestelike indrukke gekom en besluit om sy lewe te wy aan die bediening van die Goddelike Woord.
SOOS SPRINKANE IN ONS EIE OË – Num. 13: 33—“
JAKOB se geslag was net omtrent sewentig in getal toe hulle na Egipteland verhuis het. Hulle het daar in getalle vermeerder en ’n sterk volk geword. Toe is die owerheid ontevrede, hulle word verdruk, hul seuntjies word doodgemaak sodat hulle nie kan vermeerder nie. So word hulle meer en meer verkneg. Hulle moet stene maak en hulle word soos slawe met swepe gedrywe. God roep Moses om die volk te verlos, maar die slawevolk is ontevrede. In hul oë kom Moses nou net moeilikheid maak. God bring een plaag na die ander ! God straf Egipteland met owerheid en onderdaan. Nou trek die volk. God maak die see oop. God beskerm hulle op die reis ! God gee water uit die rots. God bring hulle tot by die grense van die beloofde land. Hulle moet nou intrek. Hulle moet nou hul vryheidserfenis aanvaar.
DIE SLAGORDES IS OPGESTEL
Dr Danie Theron
Het u al opgemerk hoe mense van nuusbulletin tot nuusbulletin leef? Bykans vasgekluister voor die televisie? En niks wyser word nie? Wat is ‘n nuusbulletin tog werd as die geheel van die gebeure nie ingesien kan word nie? As die groot beplanning agter die “nuus” nie verstaan word nie?
Wel, in hierdie artikel gaan ek poog om u nader te bring aan die nuus agter die nuus, wie die nuus bestuur, waarop dit afstuur en dit is alles behalwe ‘n rooskleurige prentjie.
Die Joodse skrywer David Rothkopf skryf in sy boek Superclass: The Global Power Elite and the World they are making, oor die skepping van die “nuwe wêreld” wat besig is om plaas te vind. In hierdie boek word openlik erken watter invloede Bilderberg, die Trilateral Commission en die Council on Foreign Relations speel om dit te bewerkstellig. Hy stel dat die “political fault line” van die 21e eeu die stryd is tussen die Globaliste en Nasionaliste. Laasgenoemde staan in die weg van die “superclass” of dan wel die Nuwe Wêreldorde se elite.
VOLKSREGERING (74)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
KRAG VAN DENKE
Die krag van menslike denke lê in die daad. Om diepsinnig te dink en niks te doen nie, is om koersloos te wees. Die krag van die siel laat ons voortgaan om op elke terrein van die lewe te ontwikkel. Die belangrikste voordeel is dat besielingskrag staatkundige vryheid meebring – groei tot volkeenheid – en dit is onuitputlik.
'n Volk wat koersloos is, wat slegs van dag tot dag lewe, kom nêrens. Daar is nie 'n begeerte om op ander terreine soos landbou, nywerhede, onderwys, geneeskunde en wetenskap te ontwikkel en skeppend te wees nie. Hoe sal ons nageslag ons oor 50 of 60 jaar beoordeel as hulle soos Israel as slawe van Egipte behandel word? Dit is besig om te gebeur.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (7)
>
>>> >
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Begin van die smarte
Kort voor my moeder se dood in Desember 1916 het God se Boodskapper aan my verskyn en my beveel om neer te skryf alles wat Hy my meedeel.
Dit was die nag van 1 Desember 1916, en dit was daar op die ou woonplaas in Pretoria. (Op 7 Desember het Hy toe weer aan haar verskyn en haar meegedeel wat daar alles nog in die verre toekoms op haar voiksgenote wag). Gedurende die aand was die huis vol mense. My drie broers was daar met hulle vroue, en ’n tante met haar dogter, hulle het tot laatnag gebly. Na hulle vertrek, het daar skielik ’n verandering in Moeder se toestand ingetree, en die verpleegster en my suster het die eerste nagwaak waargeneem terwyl ek gaan slaap het.
ESRA
>
>>>
Yweraar vir bloedsuiwerheid
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die Boek van Esra begin waar 2 Kronieke eindig met die koning van Persië wat ʼn bevelskrif uitgevaardig het dat al die Joodse bannelinge in sy ryksgebied na Jerusalem kon terugkeer. God het in sy vrymagtigheid self ʼn heiden-koning gebruik om sy wil uit te voer. So ook later vir Artasasta wat Esra na Jerusalem gestuur het om die Joodse godsdiens daar te laat herleef. Artasasta het ook vir Nehemia met die opbou van die stadsmure van Jerusalem laat bystaan en eerbiedwaardigheid aan die stad van God verleen.
Alle Joodse bannelinge het nie van die aanbod gebruik gemaak om terug te keer nie. Baie van hulle is in Babel gebore, het goeie werk gehad en was derhalwe gemaklik met hul omstandighede. Ander het weer te oud gevoel om ʼn nuwe begin te gaan maak en ook nie kans vir die bykans 1500 km reis gesien nie.