NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is nie almal gebore met 'n goeie sin vir humor nie maar dit kan ontwikkel word. Humor is die kuns om mens se verstand ewewigtig te hou en lyding te versag. 'n Goeie skaterlag kan verstandelike spanninge verslap en is goed vir die asemhalingstelsel. Dis meer as om net 'n grap te vertel: dis om 'n simpatieke gesindheid met ander se teëspoed te wys en nooit jou eie sukses of mislukking te ernstig op te neem nie. So bring ons sonskyn in ander se lewens. Bid dat God deur die Heilige Gees sprankel in jou lewe sit.

DIE AANHEF VAN “ONS” GRONDWET

Dr JJ Snyman

Mens hoor dikwels hoe mense en veral geleerdes, praat van “ons” grondwet. Ek wil in hierdie artikel bietjie stilstaan by die aanhef van hierdie veelbeprese grondwet waarna ons die vraag moet vra of dit daardie lofsange waardig is.

In die saak van J v Mhlungu het die Konstitusionele Hof gestel dat die aanhef van die grondwet nie net ‘n “throat clearing exercise” is nie, maar dat dit alles saambind, bekragtig en onderlê wat daarna in die teks volg. In die daaropvolgende teks is dan ook gestel dat dié grondwet verbind is tot sosiale transformasie.

Word gekyk na die bewoording van die aanhef is veral die volgende van belang:

-          “We, the people...”

-          “Recognise the injustices of the past.”

-          “Honour those who have suffered for justice and freedom in our land.”

-          “Respect those who worked to build and develop our country.”

-          “Heal the divisions of our past.”

-          “Build a united... South Africa.”

-          “May God protect our people.”

Die verlede (1910-1994) word as een stuk ongeregheid gesien. Dit wat die Afrikaner gedoen en bedoel het – vreedsame naasbestaan – was dus ‘n ongeregtigheid. Daarmee saam die opbou van die land tot dié modelstaat van Afrika. Daarmee saam om swart volkere van mekaar se kele te weerhou. Ook die verhoging van hulle lewenstandaard, hulle onderwys en opvoeding, die verkondiging van die Woord van God – ja, hulle opheffing – alles is een groot ongeregtigheid!

En verbasend genoeg, die liberale koor wat nou tot ‘n massakoor aangegroei het swig en verkondig dit luid! Klakkeloos en selfs onnadenkend verkondig die media en gebreinspoelde geleerdes dit.

Teenoor hierdie sogenaamde Afrikaner-misdadigers van die verlede staan diegene wat daarteen geveg het – “gely” het. Hulle terroristestryd, brutale moorde en verminkings om hulle doel te bereik, dit moet geëer word. Dit word trouens veredel in die grondwet. Hulle stryd was geregverdig, sê hulle.

Ons almal (“we, the people”) moet hierdie “feite”, verewig in die hoogste reg van die land erken, en talle word, as hulle ampsposisies aanvaar, verplig om dit met ‘n eed te bevestig. Dit is nou heilig, onbetwisbaar, onvervangbaar, “verskans”!

Almal moet hierdie terroristiese “bouers” van die nasie respekteer. Respek dus vir hulle wat op barbaarse en lafhartige wyse hulle doelstellings probeer bereik het. Daardie “stryd” word as opboudend beskryf – hulle is die nuwe en enigste heldedom wat ons respek glo verdien.

So ja, kom ons herstel dit wat ons verdeel het, die ongeregtigheid van die Blanke verlede teenoor die geregtigheid van die terroristiese stryd en werk saam om die land te transformeer deur:

-          sinkretisme te bevorder (ja, sodat ongeloof kan seëvier);

-          die Blankte te ontmagtig, te vervreem en sy erfenis te vernietig;

-          die staat wat die grondwet agter die grondwet, die Freedom Charter, daar te stel.

En o ja, mag God tog gee dat ons verskoon sal word in hierdie “heilige roeping” wat ons almal moet nastreef! Ja, die godlose sosialisme wat deur die Godsveragtende humanisme daargestel moet word, vra Godslasterlik God se seën.

O, wye en droewe land! Omsingelde Afrikanerdom! Wat besiel jou? Wat bedink jy in jou bedwelmende gees? Is ons dan nou geroep tot raserny?

Teenoor die aanklag en oorlogsverklaring van die nuwe Grondwet staan daardie volk wat eens gesê het:

“In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, die Beskikker van die lotgevalle van nasies...”

Ek skaar my by diegene wat steeds in hierdie hoedanigheid, afhanklikheid, onderdanigheid, erkenning wil gee aan die Godsplasing van verskeidenheid. Wat besef dat wat God daargestel het – die bestaan van aparte volkere met ‘n eie identiteit, kultuur en lewensbeskouing, nie deur die mens herskep kan en mag word nie, maar gerespekteer, bewaar en uitgebou moet word.

Waar staan u met betrekking tot die grondwet, maar veral wat betref die roeping van ons volk? Dis nie ‘n keelskoonmakende antwoord wat van u verwag word nie, maar lotsbepalend vir u eie toekoms!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1276 gaste aanlyn