Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al voel dit ook vir jou asof die lewe jou breek om nooit weer op te staan nie, moet jy weet dat God in staat is om jou bokant al jou ellendes te laat uitstyg.
BRITTANJE EN DONALD TRUMP
Dr Danie Theron
BRITTANJE SE ROL IN DIE ONDERMYNING VAN DONALD TRUMP SE PRESIDENTSKAP
Ek is tans besig om die boek van MCE van Schoor, Chistiaan Rudolph de Wet: Krygsman en Volksman, te lees. Dit het in 2007 verskyn. Hieroor sal ek later skryf maar mens word opnuut met veragting vervul vir die wandade van die Britte tydens die Tweede-Vryheidsoorlog. En toe hulle die oorlog teen ‘n klein klompie Boere nie met regverdige oorlogvoering kon wen nie, toe wend hulle hul tot barbaarsheid teen weerlose vroue en kinders. “British foulplay”.
Vandag skryf ek egter oor ‘n man wat op 12 Februarie 2019 in die ouderdom van 96 jaar oorlede is en wat waarskynlik by meeste van die lesers onbekend is. Terloops, 2 Februarie is die geboortedatum van president Abraham Lincoln.
Lyndon H Larouche, ‘n Amerikaner, was veral in die VSA bekend vir sy politieke visie en die korrektheid van sy uitsprake oor neo-kolonialisme.
BROKKIES GESKIEDENIS (4)
>
>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
NOG MOORDE OP ENGELAND SE KERFSTOK
'n Amerikaanse skip het op 28 Junie 1795 die nuus gebring dat die State-Generaal alle Nederlanders, ook in die kolonies, van hul eed van trou aan die Prins onthef. Dit het geïmpliseer dat hulle die Kaap moes verdedig. Hoewel baie Kaapse amptenare Oranjegesind was, het daar vir hulle geen keuse oorgebly nie.
Deur middel van seine is bekend gemaak dat 'n vyand die land bedreig, en die naaste gewapende burgers van Kaapstad, Stellenbosch en Drakenstein het begin opdaag. Die Engelse, wat bewus daarvan was dat baie offisiere Oranjegesind was, het sogenaamde "briefjes" onder die soldate versprei waarin hulle baie geld aan oorlopers beloof het. 'n Dertigtal het inderdaad oorgeloop.
ONS STAAN VOOR ‘N MOEILIKE TYD
>
>>>
Ds Andrè van den Berg
Jesus waarsku in Mt.24 dat daar baie valse profete gaan kom en soveel mense mislei, dat as God die dae wat oploop na die wederkoms nie verkort het nie, niemand gered sou word nie.
“En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word. Want daar sal baie valse christusse en valse profete wees en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Mt.24:24).
“En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” - Mt.24:11
Sekere tekens moet egter eers in vervulling gaan voordat Jesus op die wolke terugkeer. Een daarvan is ’n wêreldwye godsdiensherlewing waarvan Jesus in die teksvers melding maak; ’n gebeure wat miljoene mense gaan begeester.
THERESA MAY...
>
>>>
...NET NOG ‘N PION VAN DIE INTERNASIONALE GELDMAG
Dr Danie Theron
Theresa May, Eerste Minister van Brittanje, is soos Emmanuel Macron van Frankryk en Angela Merkel van Duitsland, pionne van die internasionale geldmagte. Hulle uitsluitlike funksie is om hulle state prooi van die geldmagte te maak. Van patriotisme (ondanks Macron se beteuterde uitspraak daaroor) en nasionalisme is daar by hulle niks te vinde nie.
Nou het May boonop die grootste nederlaag ooit in die Britse Laerhuis gelei oor haar voorstel hoe Brittanje die Europese Unie moet verlaat. Die vorige “rekord” is deur Ramsey MacDonald gehou. Sy het net-net daarin geslaag om ‘n mosie van wantroue in haar regering af te weer, maar die skrif is duidelik aan die muur.
Dit is net verregaande dat ‘n land in ‘n referendum kan stem om die Europese Unie te verlaat (bekend as Brexit), maar dan nie slegs jare moet veg voordat enigiets gebeur nie, maar boonop met ‘n eerste minister wat met ‘n halfgebakte voortel na haar mense kom wat meer lyk asof Brittanje deel van die Europese Unie wil bly. Dit is ook bewys daarvan dat dit veel makliker is om deel van hierdie unie te word as om jou daaraan te onttrek.
ISRAEL ERKEN NOU SY OORLOG TEEN SIRIË
>
>>>
Dr Danie Theron
Kommentators buite die hoofstroom het lankal met gesag aangevoer dat Israel ‘n oorlog teen Sirië voer en ook betrokke is by die huidige oorlog wat die VSA teen Sirië voer. Dit is hewig ontken. Hierdie kommentators is as “conspiracy theorists” afgemaak.
Nou het die uittredende bevelvoerder van die Israelse weermag, Gadi Eisenkot, openlik erken dat Israel wapens aan “rebelle” verskaf en dat Israel lank reeds “an invisible war” teen Sirië voer. Hy maak melding van “thousands of attacks”.
Sirië het ook vir jare beweer dat Israel wapens aan terroriste in Sirië verskaf, maar daarop is geen ag geslaan nie.
Die Sunday Times van Londen het soos volg berig:
Eisenkot acknowledged for the first time, however, that Israel had supplied rebel groups in the border area with light weapons for “self defence”. Israel was a hidden player on a crammed battlefield.
‘Ν NUWE GEES. . .
...DIE GEES VAN HEILIGHEID
Hannes Ollewagen
Eségiël 11:1:25
“En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees.” (:19&20).
Alhoewel die HERE in hierdie gedeelte verwys na ‘n nuwe gees is die verwysing na die hart nie ook as ‘n nuwe hart nie, maar as een hart. En dit is nie sonder rede dat Hy dit só stel nie. Één hart sou beteken ‘n hart wat aan Hom getrou is. Dit is natuurlik die teenoorgestelde van dubbelhartigheid of ‘n hunkering op twee gedagtes. Die Here het ‘n behae daarin om met getrouheid en met ‘n opregte hart gedien te word en dubbelhartigheid is in sy oë verfoeilik. “Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.” (Jak. 1:7&8). “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!” (Jak. 4:8). “En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! ...” (1 Kon. 18:21).
WANNEER GAAN DIE AMERIKAANSE RYK VAL?
Dr Pieter Swart
Alle ryke het in duie gestort. Dit kan in klippe uitgekap word. Tans is daar een moondheid wat beslis besig is om tekens te toon van agteruitgang: die Amerikaanse ryk.
Mense sal verskil want op die oog af lyk alles nog goed. Die dollar is baie sterk. Aandele op Wallstraat se pryse is hemelhoog. Verskeie state skuld die VSA geld wat in dollar terugbetaal moet word. Die VSA het militêre basisse oor die hele wêreld gevestig en lyk dit net of daar geen einde is aan die uitbreiding van Amerikaanse mag nie. Die VSA het met die ontginning van olie (“fracking”) ook sy posisie verstewig en gaan selfs olie uitvoer.
Maar is die groot katastrofe nie dalk net om die draai nie?
GOD SELF HET GRENSE TUSSEN VOLKE GETREK
Ds Andrè vd Berg
“Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan”. (1 Kor.14:40).
Oral waar God heers, is daar orde. Waar Hy nie heers nie, heers wanorde soos in Suid-Afrika. Toe die land ’n Christelike grondwet gehad het, was daar orde. Toe dit afgebreek is, was wanorde onafwendbaar. Alles wat met Hom verbind is, word aan ordelikheid gekenmerk. Dit onderskei gelowiges van heidene wie se godsdiens onordelik is omdat dit in diens van Satan staan en hy die teenpool van God is. God is orde; Satan is wanorde. God het ’n bepaalde orde daargestel, sodat mense ’n gehalte lewe kan geniet. En dis slegs moontlik as ons in vrede met mekaar leef. Niemand lei ’n gehalte lewe as vrede in sy lewe ontbreek. Hoe maak God dit moontlik? Deur grense (skeidingslyne) tussen mense te bring. “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hul woonplek vasgestel het” ((Hand.17:26) ) Goeie grense sorg vir goeie bure!
DIE “BONES”
Dr Willem Jordaan
We offer no objections to their excisting claws
No one disputes with them their right...
Only he who wears upon his breast their emblem
He for every part shall be considered best
Yale student 1873
Die meeste mense wil niks daarvan weet dat meeste gebeure in die geskiedenis plaasgevind het as gevolg van ‘n sameswering of ‘n komplot nie. Dws, as gevolg van beplanning nie. Volgens hulle vind hierdie gebeure onbepland en spontaan plaas.
So bv het die twee wêreldoorloë glo spontaan plaasgevind en seker 9/11 ook! Wat hulle nie weet nie is dat diegene wat hierdie gebeure beplan het en wat die “amptelike” geskiedenis skryf, dws die goedgekeurde geskiedenis, wil hê dat hulle moet glo gebeure hou nie verband met mekaar nie en dat dit die een of ander “mal alleenloper” of “mal diktator” is wat gebeure eensklaps laat plaasvind het.
So byvoorbeeld is enkele ure na die sluipmoord op president John F Kennedy verklaar dat dit nie gebeur het as gevolg van ‘n sameswering nie, en soos Antony Sutton skryf:
SO WORD ONS LAND AFGEBREEK
Dr Pieter Swart
Magnus Heystek is seker een van die min ekonome wat die waarheid praat oor die stand van sake in ons land.
Op 5 Februarie 2018 skryf hy op Biz News se webblad onder die opskrif: “Zuma’s nine wasted Years” dat toe Rome gebrand het en Nero op sy fluit gespeel het, dit darem net sewe dae geduur het, maar ons moes nege jaar beleef.
Heystek is natuurlik verkeerd. Dit duur al 25 jaar! In daardie nege jaar van Zuma het hy gedans en gesoek na ‘n masjiengeweer...
Maar Zuma, wat nie kan tel nie, spog met sy bewindstermyn:
I remain proud of what we and the country achieved over the past decade. Could we have done more? Yes. Was it a wasted decade? No.
Van die skade deur Zuma aangerig sal waarskynlik nooit herstel kan word nie. En om te dink dat dit gaan herstel onder enige swart leier is ‘n leuen deur enigiemand wat dit verkondig.
BROKKIES GESKIEDENIS (3)
>
>> >
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
JUTA DIE SWAER VAN KARL MARX
De Gereformeerde Kerkbode het van 1880 tot 1883 verskyn onder die naam De Christen en van 1884 tot 1932 as De Kerkbode. Tot in 1910 is dit uitgegee deur Van de Sandt de Villiers. BJ van de Sandt (1798-1850) was die eerste Afrikaner wat 'n drukker geword het. Hy het in 1809 as seun van elf jaar by die staatsdrukker begin werk en was van 1832 tot 1844 superintendent. Hy en sy vrou was kinderloos, en het die seun van haar jongste broer aangeneem, wat dieselfde naam as sy oom gehad het: BJ van de Sandt de Villiers (1826-1878).
Nadat die kantoor van die staatsdrukkery gesluit is, het Van de Sandt en sy aangenome seun in 1845 met 'n eie drukkery begin.
DIE INHERENTE DINAMIKA VAN JUDAÏSME
Dr Danie Theron
Alle onderrig is gebaseer op nuuskierigheid. Nuuskierigheid weer het tot gevolg dat ‘n soeke gedoen word na dit wat interessant is. En geen nasie of geloof is immuun teen so ‘n ondersoek nie. Om dit te wil voorgee, byvoorbeeld dat die Jode se doen en late nie ondersoek mag word nie is ‘n totalitêre skudpunt –onverdraagsaam.
Die sogenaamde immuniteit van die Jode lê in hoofsaaklik twee redes:
1 Hulle is die ‘uitverkore’ volk;
2 Hulle mag nie weer aan ‘n Holocaust onderwerp word nie.
Deur volgehoue propaganda en die beheer van die vernaamste propaganda-middele sedert die Tweede Wêreldoorlog het hierdie immunisering van die Jode sodanige afmetings aangeneem dat dit nou al ‘n misdryf is om hulle te kritiseer. Dit terwyl die Jode die Christendom elke dag kritiseer en Christelike waardes belaglik probeer maak, afbreek en selfs uit die samelewing wil verban. Min Christene besef dat wat die Jode teen hulle doen, ‘n geestelike oorlog is wat dikwels baie meer effektief is as ‘n fisiese oorlog.
BROKKIES GESKIEDENIS (2)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
‘N LlEFDESDRIEHOEK VAN DIE GROOT TREK
Te midde van al die ellende van 1838 was daar soms kans vir 'n bietjie skinder oor 'n liefdesgeskiedenis waarby die heldhaftige Marthinus Oosthuizen betrokke was. Dit is een van Suid-Afrika se groot liefdesverhale, soos oorvertel deur Theo Gerdener.
Oosthuizen was afkomstig uit die distrik Uitenhage. Sy ouers was veeboere en het ook rasegte honde en perde geteel. Toe hy vyftien was, het hy by 'n kerkdiens kennis gemaak met die veertienjarige Aletta Rudolph. Teen die tyd dat die Trek begin het, was hulle kêrel en nooi. Die Oosthuizens is in 1836 saam met die Maritz-trek, maar die Rudolphs het nog geen trekplanne gehad nie. Toe die twee jong mense afskeid neem, was dit blykbaar vir goed.
OPENBARING VIR BEGINNERS
>
>>>
Dr JJ Snyman
Ek het die boek Openbaring altyd vermy omdat ek nie veel daarvan verstaan het nie. Die simboliek en getalle het vir my nie veel sin gemaak nie. Dit was, sonder enige hulpmiddels, net eenvoudig vir my ‘n onverstaanbare boek.
Nadat ek professor HG van der Westhuizen se Preekbundel by Openbaring deurgewerk het, het ek tot die besef gekom dat ‘n deeglike kennis van beide die Ou en Nuwe Testament nodig is om Openbaring te verstaan. Openbaring is ‘n profeties-apokaliptiese geskrif. Apokaliptiek dui op ‘n besondere soort profesie.
Profesie kan beskryf word as ‘n prediking of vertolking van die raad van God met die oog op eie tydsomstandighede, omgewing en volk en dit sien uit na die voleinding van die wêreld as die heerlike eindpunt waartoe die heilsgeskiedenis ontwikkel. Apokaliptiek kondig die wêreldvoleinding aan as ‘n katastrofiese of gewelddadige ingryping in die geskiedenis deur God.
WAT IS DIE DOEL VAN DIE VERENIGDE NASIES?
Dr JJ Snyman
Indien na die vergrype van Israel teen die Palestyne en die VSA teen omtrent elke staat wat hulle teëkom gekyk word, ontstaan die vraag of die Verenigde Nasies (VN) nog bestaan.
Die antwoord is ja, maar dit is ‘n totaal nuttelose liggaam wat nie een van die aanvanklike doelstellings waarvoor dit gestig is, verwesenlik nie. Gevolglik het dit geen doel meer nie en dien dit hoofsaaklik om ‘n rubberstempel te wees vir Amerikaanse aggressie en om te keer dat optrede teen Israel geneem word aangesien die VSA telkens sy vetoreg uitoefen as die Veiligheidsraad optrede teen Israel voorstel.
Die VN moes vrede en goeie betrekkinge tussen state bevorder. Dit gebeur nie. Artikel 1 van sy handves sê:
to maintain international peace and security.
AMERIKA SE BREINDOOD POLITICI
Dr Danie Theron
Die VSA is tans besig om ‘n stuk wetgewing oor die Midde-Ooste deur te voer wat verreikende gevolge vir Amerikaners en die wêreld inhou.
Die wetgewing het meer met Israel te doen as die Midde-Ooste. Hierdie besluit sluit in ‘n gewaarborgde $33 biljoen aan Israel jaarliks vir 10 jaar as “hulp”. Maar daarby kom die verbod op kritiek teen Israel wat, indien aanvaar word, ‘n kriminele oortreding daar sal stel.
Mens wonder soms of die VSA se hoofstad nie dalk Jerusalem is nie...
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (8)
>
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Die bieg en selibaat
Die Roomse bieg is onteenseglik Babilonies van oorsprong en verskil van die Bybelse voorskrif: “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar” (Jak.5:16). Min dinge het die Babiloniese priesters soveel mag oor mense besorg as die ‘bieg’. Met hierdie gedwonge onthullings het priesters feitlik alles van almal geweet. Inligting is mag; iets wat die RK goed verstaan en gebruik!
Lidmate word in ʼn bieghokkie tot bekendmaking aangemoedig. Tydens die bieg sê die lidmaat:
”Ek bely teenoor die almagtige God, die geseënde Maagd Maria, die geseënde aartsengel Michail, die geseënde Johannes die Doper, die heilige apostels Petrus en Paulus, al die heiliges, en aan u vader, dat ek gruwelik gesondig het”.
OM EENSGESIND TE WEES
Hannes Ollewagen
Rom. 15:1-13
“En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,” (:5).
Die Here stel dit vir ons duidelik in sy Woord dat Hy van ons verwag om eensgesind onder mekaar te wees. Die brief wat Paulus aan die Romeine skryf, bevat telkens hierdie vermaning. “...wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;” (Rom. 6:16). Eweneens skryf hy sy brief aan die Filippense wat hulle in hoofstukke 2 en 3 tot eensgesindheid maan. “Maar wat ons reeds bereik het — laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees.” (Fil. 3:16).
BROKKIES GESKIEDENIS (1)
>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
BARBAARSE METODES
Onder die Britte wat die "verskroeide aarde-beleid" veroordeel het, was daar sir Henry Campbell Bannerman, leier van die Liberale Party. Hy het op 14 Junie 1901 in 'n toespraak enkele woorde gebruik wat histories geword het: "A phrase often used is that 'war is war', but when one comes to ask about it one is told that no war is going on, that it is not war. When is a war not a war? When it is carried on by methods of barbarism in South Africa."
Behalwe deur verwoesting het die Britte 'n tweede maatreël toegepas - dié keer teen die vegtendes. Hulle het begin met groot dryfjagte of drives (die Boere het dit soms "krale" genoem) om al die kommando's te probeer vang.
PAUL KAGAME: DIE SLAGTER VAN RWANDA
Dr JJ Snyman
Die artikel op Maroelamedia se webwerf “Afrika-pessimisme en ‘n piesang republiek” geskryf deur Nico Stegmann het baie belofte getoon by die aanvanklike lees daarvan. Maar dan verwys hy na Rwanda as ‘n uitsondering op die reël, ‘n land wat “merkwaardig herstel” het volgens hom. Hy maak melding van ‘n “burgeroorlog” wat daar gewoed het, dat Paul Kagame ‘n “goeie leier” is, en dies meer. Wel, wel...
Wat is die waarheid oor Paul Kagame? In die eerste plek dat hy waarskynlik die grootste mensemoordenaar is wat Afrika ooit gesien het. Ja, hy stel selfs vir Idi Amin in die skadu. Hoe so?
Kagame het meer as vyf keer soveel mense vermoor as Idi Amin. Hy het Rwanda in 1990 ingeval en ‘n oorlog van verowering gevoer wat in 1994 geëindig het; 800 000 lewens later word beweer. In 1996 het hy die Demokratiese Republiek van die Kongo ingeval en dit het vier miljoen slagoffers geëis.