Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al is ons hulpeloos, arm en ellendig, help God ons. Dis mos die hart van die Evangelie – in Jesus Christus buig God tot ons neer wanneer Hy self die kuil van vernietiging op Golgotha betree. As ek dus deur donker dieptes gaan, is Jesus my beste Metgesel.
WAT IS DIE GEVAARLIKSTE: OORLOË OF FOPNUUS?
Dr Willem Jordaan
In die VSA was daar vir meer as 2 jaar lank ‘n ondersoek aan die gaan om vas te stel of die Russe nie die presidentsverkiesing van 2016 gemanipuleer het nie. Mense wat nie geïndoktrineer is nie, het geweet dit is ‘n klomp leuens, maar die groot meerderheid het vas geglo dit was die geval – nog voor die uitslag bekend gemaak is. Nou is inderdaad bevind dit was nie so nie. Die media het vir almal gelieg –die geldmagte se media.
In 2003 is met hoëpriesterlike erns deur die massamedia verkondig dat Saddam Hoessein “wapens van massavernietiging” het. Ek het geweet dit is weer ‘n leuen. Irak is verwoes en sy president gehang. Toe moes ons hoor daar was geen wapens van massavernietiging nie.
In 2011 was dit Libië se beurt. Gaddafi het blykbaar “oorlog” teen sy eie mense gevoer. Sommer so skielik. Ek het geweet dis ook ‘n leuen. Libië is vernietig en Gaddafi is op brutale wyse vermoor. Hillary Clinton het die gebeure met passie gade geslaan en tot in haar tone lekker gekry. Dit is nooit bewys dat Gaddafi oorlog teen sy eie mense gevoer het nie.
BROKKIES GESKIEDENIS (10)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
DAPPER VROUE VAN DIE LEIERS
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 – 1902 het talle vroue daarin geslaag om uit die hande van die Engelse te bly. Hulle het van plek tot plek gevlug, geskuil in grotte, soms tydelik weggekruip in erdvark- of ander gate wat hulle of hul mans groter uitgegrawe het en 'n hele paar op 'n eiland in die Vaalrivier.
Onder die vlugtendes was die eggenote van genl. Koos de la Rey. In die laaste agtien maande van die oorlog het sy saam met ses kinders en 'n paar swart mense met 'n wa van die een plek na die ander gevlug in die Lichtenburg-omgewing. Behalwe eetware, klere en komberse het sy aanvanklik 'n hok vol hoenders saamgeneem.
Mev. Nonnie de la Rey vertel:
AS FONDAMENTE OMGEKEER WORD
>
>> >
“Wat is sg. regstellende aksie anders as omgekeerde diskriminasie of swart bemagtiging as gewettigde onreg? God haat onreg!”
Ds Andrè vd Berg
“As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?.... die opregtes sal sy aangesig sien”(Ps.11:3,7)
Ons het vandag met ʼn reuse vertrouensprobleem te kampe jy weet nie meer wie om te vertrou nie. Kyk maar net hoeveel politici en kerklui het ons al verraai, onderkruip en benadeel - almal mense wat ons in die verlede vertrou het. Die beryming van Ps.146 is so waar: “Moet op prinse nie vertrou nie…”
Ps.11 vertel van ʼn man wat Iemand 100% vertrou het. Dawid het sy onbekende toekoms aan ʼn bekende God toevertrou nie. “Werp dan julle vertroue, wat ʼn groot beloning het, nie weg nie” (Heb.10:35). Geloof en vertroue is twee kante van dieselfde munt. Om in die geloof te leef, moet gelowiges soos Dawid God se sorg en almag vertrou soos uit Ps.11 duidelik blyk.
DIE GOD VAN JUDAÏSME
Dr Danie Theron
"En die Talmoed voer aan dat die wyse rabbyne meer weet as God en dat God hulle raadpleeg as Hy advies nodig het!"
Ek is oortuig, 99% en meer, dat alle predikante in die Afrikanervolk sal dink ek is versteurd as ek hulle vra om vir my al die gode op te noem van die Judaïsme. Hulle sal selfs dink ek belaster die Jode wat die Judaïsme aanhang en ook die één waaragtige God. Want sien, hulle dink dat die Judaïsme ‘n godsdiens is wat Jesus ontken, maar wel God (dus die Ou Testament) erken en aanbid.
Behalwe dat predikante hopeloos verkeerd is, getuig dit van ‘n skokkende gebrek aan kennis van die Bybel. En dit geld vir meeste professore ook. Dit was vir my skok, maar ook ‘n openbaring om dit agter te kom in die studie wat ek van die Judaïsme gedoen het en ook dit wat predikante oor die Jode en hulle geloof skryf.
Die “slegte” nuus wat ek vir hierdie leraars het en veral diegene wat so graag praat van “Joodse vervolging” – vandag nog!, is dat die Judaïsme self nie eers die Ou Testament as hulle gesaghebbende boek beskou nie. Die rabbyne leer in hulle skole (Yeshivas) dat die Ou Testament ‘n boek is van “myths and fairy tales”.
BROKKIES GESKIEDENIS (9)
>
>>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
“ONS moet veg tot die bittere einde"
Genl. Smuts het destyds aan die Vrystaat laat weet dis beter om die oorlog te laat ophou en oor vyftien of twintig jaar die stryd te hervat. Steyn was, met sy eie woorde, "diep verontwaardigd en bitter teleurgesteld". Hy het op 15 Mei die Transvaalse bewering verwerp dat die regering en die offisiere die oorlog sou voortsit, maar dat die volk sou oorgee. In die Vrystaat kon die regering en die offisiere oorgee, maar die volk sou dit nie doen nie. Dit sou 'n ramp vir ons nasionale bestaan wees indien die Vrystaat wat sy goed en bloed, maar ook sy vryheid vir Transvaal opgeoffer het, in die steek gelaat word. Dit sou die einde meebring van alle vertroue of Afrikanersamewerking. Aan Smuts het Steyn geskryf dat hy nie saamstem dat die volk na oorgawe weer in opstand sal kom nie. "Indien ons ons onafhanklikheid wil behou, moet ons veg tot die bittere einde, want as daar eenmaal vrede is, sal die burgers nie weer oorlog wil maak nie." As die republieke die Kaapse rebelle in die steek laat, sal dit die nekslag vir die Afrikanervolk wees.
'N AFRIKAANSE VOLKSLIED
'n Ieder nasie het sy LAND!
Ons woon op Afrikaanse strand;
Vir ons is daar g'n beter grond
Op al die wye wêreld rond.
Trots is ons om die naam te dra
Van kinders van Suid-Afrika.
'n Ieder nasie het sy TAAL,
Ons praat van Kaap tot in Transvaal
Wat almal maklik kan verstaan,
Wat gaan die ander tale ons aan?
Ons praat soos Pa en Oupapa,
Die landtaal van Suid-Afrika.
'n Ieder nasie het sy WET,
Wat goed gebied en kwaad belet;
En elk se wet is na sy aard
En gaan met sy natuur gepaard:
So volg ons ook die sedes na,
Wat tuis hoort in Suid-Afrika.
HÝ SAL JOU DIE KOP VERMORSEL
Hannes Ollewagen
Génesis 3:1-24
“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.” (:15).
Ons hoor gereeld van sogenaamde wêreldvrede. Die vrede waarvan hier gepraat word, is heeltemal ‘n ander vrede as waarvan ons in God se Woord lees. Die sogenaamde wêreldvrede is ‘n vrede oor alle grense heen wat kwansuis tussen alle mense heen bewerkstellig moet word. Ten einde hierdie vrede te kan bereik, sal alle verskille uit die weg geruim moet word. En in besonder sou verskille o.g.v. geloofsoortuigings moet verdwyn. Dit is ‘n baie slim taktiek van Satan om hierdie vyandskap wat in die tyd van Adam en Eva reeds begin het te probeer verdoesel. Indien jy jou vyand kan laat glo dat julle vriende is, sal die oorwinning maklik volg.
DR VERWOERD
Die Verwoerd-figuur alleen was goed genoeg
om met alle mense se ryke wandenke te ploeg.
Op die kruin van sy betekenisvolle lewenspad
het hy geheers soos geen ander volksleier had.
'n Generaal wat sy leër deur 'n nou bergpas lei,
sonder weerga en uitermate wellewend was hy.
As volksleier het hy treffende strategie bepaal,
en die beste uit 'n kleinste besonderheid gehaal.
Sy besonderse groot intellek en oorredingskrag
het menige verras wat betref wysheid en gesag.
Altyd dieselfde, altyd gemoedelik, altyd briljant,
instrumentale ewewig tussen volke en verstand.
Die Verwoerd-tydperk was deurlopend gekenmerk
deur opbruisende ontwikkeling sonder paal of perk.
Breë denke en beslissings was aan hom toevertrou,
sy staatsmanskuns as 'n geniale hoogtepunt beskou.
Opperste leidsman en boumeester, draer van agting
met toenemende fyn aanvoeling vir die verwagting.
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (SLOT)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Terugkruipery
Dis uiters verontrustend om te sien hoeveel hoofstroomkerke hul Protestantse erfenis versmaai en stadig maar seker na die RK terugkruip. Dis alles aan die vangstrik van die ekumene te wyte; ʼn internasionale strewe na een algemene geloof in een strukturele kerkeenheid.
Jesus se Hoëpriesterlike gebed word as Skriftuurlike bewysplaas gebruik: “...dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het” (Joh.17:21). Die teksuitleg is egter foutief.
BROKKIES GESKIEDENIS (8)
>
>> >
>
>> >
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
“Sewe duiwels"
"Jy doen nooit iets agter my rug nie." Die woorde van Kruger aan Leyds was kenmerkend van die president. In die presidentsverkiesing van 1893 het die verkiesingskomitee van sy teenstander, genl. Piet Joubert, hom beskinder. Toe hy dit hoor, sê Kruger dat hy ook heelwat weet van Joubert, wat teen hom gebruik sou kon word. Op'n vraag waarom hy dit dan nie doen nie, was sy antwoord: "Nee. Dit verbied ek elkeen, want dit weet ek uit die tyd toe ons nog vriende was."
Die president was dus 'n vyand van die Praatduiwel, soos Ou Oom Jan dit sou genoem het. Die Praatduiwel was een van die duiwels wat die skrywer Ou Oom Jan van 1882 af aan die lesers van die Patriot voorgestel het. Hulle was ook as klein boekies by D.F. du Toit & Co te koop. Dit was Di drankduiwel (1882), Di geldduiwel (1882), Di liegduiwel (1883), Di praatduiwel (1884), Di spogduiwel (1892). Later was daar ook Di afgunsduiwel (1897) en Di baasduiwel (1898). Die verhale is naderhand in een bundel uitgegee en het bekend geraak onder die titel Sewe duiwels en wat hulle gedoen het. Dit was een van die mees gelese vroeë boeke. Minstens een groot moderne roman sluit by Sewe duiwels aan. Dit is Kroniek van Perdepoort van Anna M Louw (1975).
GENERAAL CHRISTAAN DE WET...
...AFRIKANER SONDER WEERGA
Dr Pieter Swart
By die lees van die boek van professor MCE van Schoor oor generaal De Wet getiteld Christaan Rudolph de Wet: Krygsman en Volksman, ontbreek dit mens aan woorde om ‘n paslike kort artikel te skryf oor hierdie edel Afrikaner. Tog is dit nodig om, in hierdie tye van verwardheid en verslaentheid onder volksgenote, die een en ander op te merk oor hierdie onverskrokke volksheld.
Waar ons enkele jare gelede die liedjie gesing het oor daardie ander diep gelowige dapper generaal, De La Rey, wonder ek wanneer ons dieselfde hulde sal bring aan dalk die grootste militêre strateeg en leier wat ons volk ooit opgelewer het. Ja, mens sê dit met versigtigheid en sonder om engsins afbreuk te doen aan dit wat generaal De La Rey en Andries Pretorius vermag het.
AARDBEWING LAAT MENSE KERKTOE STROOM
>
>>>
BROKKIES GESKIEDENIS (7)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
'n Aardbewing het die aand van 4 Desember 1809 'n groot indruk op die mense van Kaapstad en omstreke gemaak. 'n Skrikwekkende gerammel is plotseling gehoor "asof 'n honderdtal waens in volle galop die straat opgery, of liewer; met die snelheid van die bliksem daaroor gevlieg het" het 'n ooggetuie gesê. Terselfdertyd het die Kapenaars 'n aaklige skok gevoel wat alles laat wankel het. Die meeste huise is beskadig en op die skepe in Tafelbaai is sommige mense uit hul hangmatte geslinger. Met angs en ontsetting het mense uit hul huise gevlug, bevrees dat die mure op hulle sou instort. Baie het die eerste nagte daarna in tente deurgebring wat hulle op die Parade en ander pleine opgeslaan het.
SATAN EN SY AGENTE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
2 Thess.2:9,10 Mt.7:13-23; 24:24-26;
Waarom stroom mense na towenaars en opwekkingspredikers? Omdat hulle honger is. Ongelukkig soek die meeste mense op die verkeerde plekke na geestelike voedsel! Geestelike honger word net gestil as jy met die brood van die lewe in aanraking kom – Jesus Christus. As Jesus in jou leef, is jou honger iets van die verlede.
Johannes waarsku gelowiges in Openb.20:8 dat die Satan net voor die wederkoms van Christus losgelaat gaan word “…om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is…” Hierdie misleiding sal wêreldwyd wees. Sodra dit gebeur, moet ons weet dat Jesus op pad is. Hierdie naderende wederkomsteken gaan tans in vervulling!
SELFOON- TEGNOLOGIE EN DIE GEVARE
Dr Willem Jordaan
Of ons nou daarvan hou of nie, die tegnologie in die selfoonbedryf is eenvoudig verstommend. ‘n Mens doen deesdae feitlik alles op jou selfoon – van banksake tot jou kosbestellings; en o ja, mens bel darem ook daarmee!
Daar word nou beweeg na 5G oftewel 5e generasie sellulêre telekommunikasie. Die bandreikwydtes raak oorvol en SG is net soveel vinniger en aantrekliker. SG en die IOT (Internet of Things) beloof om ons te verbind in kennis, skole, parke en waar ookal met triljoene objekte in die wêreld.
5G beloof om minstens 100 biljoen apparate te ondersteun en sal sowat 10 tot 100 keer vinniger as 4G wees. 4G was weer 10 maal vinniger as 3G. Om inligting af te laai sal nou 10 Giga-grepe per sekond behels.
WET OP HAATMISDADE EN HAATSPRAAK
Die ANC-regime is besig om ’n nuwe wet te skryf genaamd Die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraakwet waarin hulle bepaal wat alles haatmisdade is. Hierdie tendens is in die VSA reeds in volle gang en bring talle onskuldige mense daagliks in botsing met die gereg.
Jy moet baie wyer dink as jouself wat moontlik hierdeur beskerm kan word. Dink oor wat hierdie drakoniese wet aan jou en jou familie gaan doen wanneer elke jan rap en sy maat met ‘n swak selfbeeld ‘n saak teen julle gaan maak. Die geringste liggaamlike aanraking kan as seksuele teistering of aanranding beskou word, en die geringste woord kan jare van tronkstraf meebring. Dit is wat die onskuldige kant betref.
Dan, enigiemand wat jou werklik te na wil kom, moontlik lankal 'n wrewel teen jou koester, kan nou ’n saak teen jou aanhangig maak. Die persoon het nie veel rede of verwysings nodig nie. Jy as aangeklaagde word onmiddellik in die beskuldigde bank geplaas. Dan moet jy ‘n hele regsproses volg om jouself te verdedig. En dit, gaan baie geld kos! Ja, vir jou as aangeklaagde want die klaer het die wet aan sy kant en kom skotvry.
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (10)
>
>>
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Kruistekens
Die maak van die kruisteken oor die bors is een van die opvallendste kenmerke van Roomse lidmate. Geen aanbidding vind daarsonder plaas nie. Dis ook Babilonies van oorsprong en is as ʼn bewaringsteken teen bose magte gebruik. Daarom moet gelowiges kruissimbole liefs vermy.
Dit wat onnadenkend as die Christen-kruis aanvaar word, is eintlik Babilonies van oorsprong en oorspronklik as ʼn simbool ter ere van Tammuz, die hoere-seun van Semiramis, ontwerp en die tau genoem. Vandaar die T-voorkoms.
Dr. Austen Layard wat jare gelede in ou Mesopotamië opgrawings gedoen het, kon bevestig dat die Babiloniese tau ʼn kruisvormige amulet was wat deur die tempelmaagde as ʼn hangertjie op die hart gedra is. Roomse nonne doen dit ook!
BROKKIES GESKIEDENIS (6)
>
>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Afrikaners veg teen Afrikaners
Soos Afrikaners vandag nog teen mekaar op allerlei wyses veg, so was dit die geval deur al die eeue. Neem nou maar die tydperk vanaf 1850’s. Politieke twiste was volop. Die propaganda dat Afrikaners gedurig verdeeld was onder mekaar, is ongelukkig waar. Daar was aan die begin geen sterk regering in Transvaal nie. Die boere het die kaal, koue vlaktes en bulte van die Hoëveld vir eers links laat lê en gaan woon in die warmer dele wat boonop voldoende swart arbeid gehad het. Die wit mense het ver van mekaar gebly, hoofsaaklik in Potchefstroom, Rustenburg-Marico, Lydenburg en Soutpansberg. Hulle was bitter arm - baie van hul vee was geroof, hul waens en meubels verniel deur die trek oor berge en riviere, kontantgeld uitgegee om lood en kruit en die nodigste ware van smouse te koop. Daar was geen markte vir produkte nie, en hulle het groot skades gely weens onbekendheid met die land. Duisende beeste het in 1851 aan longsiekte gevrek. Geelkoors was ‘n moordenaar. Perdesiekte en die tsetsevlieg het gereeld slagoffers geëis. In die Laeveld is baie mense dood aan malaria en geelkoors.
SUIWER DIE HARTE . . .
…WANT ONS DIEN ‘N JALOERSE GOD
Hannes Ollewagen
Jak. 4:1-12
“Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?” (:5).
“Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!” (:8).
Dit is duidelik uit God se Woord dat Hy min tyd het vir ‘n dubbelhartige man. Getrouheid, eerlikheid en opregtheid is alles eienskappe wat in God se oë kosbaar is. ‘n Dubbelhartige persoon het nie hierdie eienskappe nie. Ons word selfs in Jakobus 1 geleer dat die gebed van ‘n persoon wat dubbelhartig is nie vir God aanneemlik is nie. “Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.” (Jak. 1:7&8).
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (9)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Boetedoening en goeie werk
In sy brief aan die Galasiërs is Paulus uiters besorg oor ʼn dwaalleer wat sy kop in die kerk uitsteek het. Ketters het ʼn vreemde verlossingsleer verkondig dat sondaars op grond van goeie werke gered kon word. Dit het die Evangelie geskaad:
“Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!” (Gal.1:8).
Die RK het eeue later dieselfde dwaalleer begin verkondig.
Die leer van verlossing deur goeie werke bied redding as’t ware te koop aan. Dis onbybels!
BROKKIES GESKIEDENIS (5)
>
>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
VIER SOORTE AFRIKANERS
Die meerderheid Kapenaars was in 1795 afsydig van die Engelse. Een van die Britse gesagvoerders, JH Craig, skryf op 22 September 1795 dat, behalwe 'n halfdosyn of wat van die handelaars en hoe amptenare van die kolonie byna elkeen die vyand van die Britte is. Hy het gesê dat, as daar 'n vyandelike mag na die Kaap sou kom, niemand die Engelse sou help nie. Dit was in elk geval waar van die Graaff-Reinetters, wat hulp van Batavia ontbied het. Maar die skip wat die hulp sou bring, Het Haasje, is in Saldanhabaai deur die Engelse gevang en die troepe moes hulle oorgee,
Die mislukte poging om die Kaap te herower, het demoraliserend op die meeste Afrikaners ingewerk. Die meerderheid het hulle rustig gedra.