Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In die gelykenis van die Talente keer die baas na ‘n lang tyd terug om rekenskap van sy gawes te eis. So sal ook God van elkeen se lewe doen. Mag ons maar met ons lewe doen wat ons wil? Nee, dit sal net so dwaas wees soos die dienskneg wat sy talent begrawe het. Die groot vraag voor die wit troon sal wees: “Wat het jy met jou lewe gedoen?” Ons sal eerlik moet antwoord want ons staan voor Een wat dwarsdeur ons sien.
ASSEBLIEF JA!...
...VERWYDER TOG DIE STEM UIT DAAI AFGODSLIED!
Dr Danie Theron
Ek lees die links-liberales is weer kwaai doenig om Die Stem uit die nasionale lied te wil verwyder. Sal dit nie ‘n heuglike dag wees nie!
Die Stem was by die 82ste Vlaamse Nasionale Zangfeest gesing in die Antwerp Lotto Arena in België. Dit was gedoen uit meegevoel met die plaasboere wat in Suid-Afrika vermoor is.
En natuurlik het al wat ‘n Marxis, Kommunis, linkse en liberale en watse drek nog, dadelik van hulle laat hoor. Voel seker weer erg seergemaak...
Wat maak ‘n pragtige volkslied soos Die Stem in ‘n saamgestelde lied waar vir ‘n afgod gebid word? Dit moet dadelik verwyder word. Laat die breinlose massas hulle afgodslied sing! Ek het hoegenaamd geen probleem daarmee nie. So ja, dit sal verwelkom word.
En wat ons ook moet besef, daardie “versoeningsgebaar”van die “reënboognasie” was toe maar net ‘n suigstokkie vir die Blankes om aan te suig. Van versoening het daar toe dadels van gekom.
Nou lees ons ook dat die ou Suid-Afrikaanse vlag as “haatspraak” verklaar moet word. Die Nelson Mandela Stigting het ‘n aansoek gebring te dien effekte. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het blykbaar nou ook tot die aansoek toegetree aldus André Gaum hulle woordvoerder (of is dit hulle kripvreter?). Die arme man en sy kommissie het nog nie ‘n standpunt oor Die Stem nie.
U sien, Die Stem moet eers uit die “Nasionale Lied” verwyder word alvorens dit as haatspraak verklaar kan word. Word dit nou gedoen is die Nasionale Lied ook haatspraak! Nogal ‘n tameletjie vir die liberales nê – dit is nou diegene wat vryheid van spraak verstaan, dit wil sê vryheid van spraak wat hulle goedkeur.
En wat het Cyril, die nuwe “geliefde” president wat alles gaan regstel in hierdie land oor alles te sê gehad?
Reconciliation can’t be achieved until the barriers that still divide citizens are torn down.
They exist in the minds of people who think that it is acceptable to sing Die Stem and display the old South African flag.
These are not symbols of Afrikaner identity; they are symbols of discrimination and opression and misery. These barriers exist in the minds of those who would deny that apartheid was a crime against humanity.
So terloops, iemand moes seker vir hom ‘n kers vashou sodat hy sy verklaring kon aflees! (Gepraat van “misery”!)
So, Die Stem is ‘n simbool van onderdrukking as dit op sy eie gesing word, maar as deel van die “Nasionale Lied” is dit heeltemal aanvaarbaar. Ek sal maar liewer nie sê wat my oupa sulke logika genoem het nie.
Dit het hoogtyd geword dat die ANC en sy proseliete soos Marx du Preez en André Gaum hulle ware kleure wys en alles verbied wat met die Afrikaner se ware identiteit te doene het – sy simbole. Want dan weet ons hoe hulle al die tyd gevoel het. En wat is dit?
Hulle haat die Blanke. Hulle doen dit omdat hulle minderwaardig voel in die Blanke se geselskap. Hulle het een van die beste kragvoorsieners in die wêreld afgebreek, om maar een voorbeeld van hulle onbevoegdheid en gevolglike minderwaardigheid op te noem.
So, in plaas van selfondersoek te doen, veg hulle teen simbole wat hulle minderwaardigheid in herinnering bring. En maak geen fout nie, hulle gaan nie daar ophou nie. Die draers van daardie simbole, die Afrikaner, is ook in hulle visier!
Wat ons moet besef, is dat hierdie ‘n verdere stap is wat geneem word om die Afrikaner uit hierdie land te verwyder. Verklaar sy verlede as ‘n onreg en verbied sy simbole en misken sy taal. Wat bly dus oor? ‘n Identiteitslose, ruggraatlose Blanke wat bakhand staan by barbare en smeek om genade.
Dit is waarheen ons op pad is. Ontken dit maar as u wil, maar weet net: Die dag van beslissing is nader as wat u dalk wil glo!