Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy is gedurig in jou Skepper se lewe; Hy vergeet nooit van jou nie al besef jy dit nie altyd nie. Hy is nooit te besig met al die ander mense se probleme om aan jóu aandag te skenk nie. Nou is die vraag: is Hy gedurig in jóu gedagtes? Of is jý te besig met ander mense om Hom die tyd te gee wat Hom toekom?
DIE REFERENDUM VAN 1992
Waarom het die ja-stem geseëvier in die 1992-referendum?
Dr Pieter Swart
Die uitslag van die 1992-referendum was vir die meeste nasionaal-gesindes ‘n groot skok. Meningsopnames en tussenverkiesings het aangetoon dat die NP-regering se steun aan die kwyn was en dat hy net meer as 50% van die kiesers se steun geniet het.
Die 68% wat die ja-stem gekry het was dus nie te rym met algemene gevoel nie. Baie mense erken vandag dat hulle mislei was deur die NP.
Word na die redes gekyk kan die volgende gekonstateer word:
- Die propaganda vir die ja-stem was oorweldigend. Naspers en die SAUK het aan die kiesers geen ander keuse gegee nie. Die nee-stem is boonop gelykgestel aan ‘n stem vir die ANC! Ja, en toe word die einste NP opgeneem in die ANC....
- Daar is vir die kiesers blatant gelieg. Vir die kiesers is vertel dat die KP en HNP lieg dat magsdeling tot magsoordrag sou lei. Magsdeling, wigte-en-teenwigte, minderheidsregte, ‘n tweekamer-parlement, eie skole en eie woongebiede is van die beloftes wat gemaak is. Niks daarvan het tereggekom nie.
- Die onderhandelingsproses was in vaagheid gehul, of soos prof. Herman Giliomee dit stel:“it remained shrouded in ambiguity for some time”.
- Die ja-stemmers het De Klerk blykbaar onvoorwaardelik vertrou:“They were essentially voting to give De Klerk a mandate because of the high trust they have in De Klerk not to sell them out”.
- In 1990 belowe De Klerk: “After the completion of the negotiations the constitutional proposals would be tested in a constitutional manner among the electorate. And only with their support would a constitutional dispensation be introduced". Die feit dat ‘n tweede referendum nie gehou is nie regverdig die afleiding dat De Klerk geweet het hy het nie aan sy belofte voldoen nie.
- Die meerderheid Engelssprekendes was liberaal en het magsdeling gesteun terwyl die Afrikaners dit verwerp het. Die ja-stem sou nie geseëvier het onder die Afrikaners nie maar moes op die Engelssprekendes reken vir ‘n oorwinning. In Durban het 85% “ja” gestem. In Pietersburg het 58% “nee” gestem.
In 1986 was slegs 3% van Afrikaners en 8% van Engelssprekendes bereid om ‘n eenheidstaat met een parlement en ‘n een-mens-een-stem bedeling te aanvaar. Daar is net geen manier hoe die 68% wat “ja” gestem het hulle ten gunste van ‘n eenheidstaat met blote meerderheidsregering verbind het nie.
‘n Mens sou seker vir die ja-stemmers (wat nie na die waarskuwings van nasionaalgesinde Afrikaners wou luister nie) kan sê:
It is fitting that you are crying like a child over something that you failed to defend like a man
Tog moet onthou word dat meeste mense deur propaganda oorrompel is, gekondisioneer is en selfs geïntimideer is. So het Steve Hofmeyr dan onlangs verklaar dat hy “verraad” gepleeg het deur “ja” te stem. Daardie erkenning dui eerder daarop dat die oorwig van propaganda sodanig was dat honderde duisende ja-stemmers mislei was.
Watter sin het dit dan om vandag, 27 jaar ná die referendum oor die saak te praat? Wel om die volgende redes:
- Die nee-stemmers is reg bewys. Om reg te wees is om ‘n magsfaktor te wees en te word.
- Die waarheid oor daardie gebeure het eers met verdrag by mense posgevat, hoe later, hoe meer is besef die Blanke was belieg en bedrieg.
- Die skuldiges het nooit verantwoording vir hulle skokkende verraad gedoen nie. ‘n Volk wat nie sy verraaiers aan die kaak stel nie sal nie in staat wees om die kaf van die koring te skei nie. Daar is ‘n saak uit te maak om die saak te stel voor die Internasionale Geregshof. Die punt is dat die Blankes bedrieg is en nie toegestem het om hulle soewereiniteit prys te gee nie!
Daar is op ‘n stadium aan generaal De Gaulle van Frankryk gevra of hy glo aan Frankryk. Sy antwoord was: “Ja, aan vegtende Frankryk!”
Die vegtende Afrikanerdom mag nie gaan lê nie. Alles is beslis nog nie verlore nie. Daar is ‘n stryd te stry, daar is ‘n nasie te red. Daar is werk!