Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Volk moet sy leiers versigtig kies. Wie dit nie doen nie se lugkastele verander altyd in puinhope en hul dagdrome in nagmerries.
DR VERWOERD OOR BLANKE ARMOEDE
>
>>>>
DIE BESTRYDING VAN ARMOEDE EN DIE HERORGANISASIE VAN WELVAARTSWERK
Referaat gelewer by die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk te Kimberley, 1934.
Vandag is ons volk weer eens verarm, selfs meer as destyds, en sal dit weer nodig word om op die regte tyd ‘n Volkskongres oor die vraagstuk van Blanke armoede te hou.
Soms is hierdie byeenkoms smalend genoem “nog ’n gepraat”. Dit is egter die enigste weg waardeur magtelose enkelinge kan meehelp om die magte van Staat en Kerk, van privaat oranisasies en van die lede van die samelewing, te konsentreer op een gesamentlike aanval. Hier is ons slegs aan die vooraand van die ernstigste poging wat tot nog toe gemaak is om die vraagstuk van armoede, werkloosheid, verarming en verwaarlosing in ons land aan te pak. Nou is ons in die eerste stadium van beraadslaging en plan maak. Dis egter ons doel en plig hier om die masjinerie te skep waardeur in die komende jare gestry sal word om die program van aksie, wat u aanvaar, in teorie en werklikheid deurgevoer te kry.
MOENIE UITSTEL NIE
Ds Andrè van den Berg
“ ... Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ʼn damp wat vir ʼn kort tydjie verskyn en daarna weer verdwyn” (Jak. 4:14).
Mense is geneig om slegte dinge met mooierklinkende woorde te versag. Sulke woorde word in die taalkunde eufemismes genoem. Mense praat bv. van kinders wat buite die eg verwek is as liefdeskinders.Is kinders wat binne die eg verwek is dan nie eerder liefdeskinders nie? Van iemand wat gesteel het, word gesê dat hy dit of dat gegaps het, of as iemand besope is, dat hy te veel gekuier het. Alles pogings om sonde met ʼn suikerlagie bedek en beter te laat klink!
Gelowiges moet op hul woordgebruik let. ʼn Gevaarlike woord wat dikwels gebruik word, is die woord môre.
TOTALE APARTHEID EN SELEKTIEWE APARTHEID
Dr Danie Theron
Apartheid is ‘n woord wat vandag deur enigeen ten aansien van enige situasie gebruik word om daardie situasie of toestand te beskryf as sou dit ‘n onreg daarstel en ‘n skeiding wat onbillik is en wat onregverdiglik diskrimineer. So word na die stappe wat Israel neem om Palestyne uit te sluit uit Israel, wat Palestyne van hulle burgerregte ontneem en dies meer, as apartheid verwys. Dat dit geen verband hou met wat werklik met apartheid bedoel was nie, word gerieflikheidshalwe en moontlik dalk ook uit onkunde, geïgnoreer. Die persepsie wat rondom die woord geskep is maak dit baie moeilik om mense van die teendeel te oortuig.
Dit is egter bitter nodig om ware apartheid en halfgebakte apartheid van mekaar te skei. Wat word met die twee begrippe bedoel?
Dr HF Verwoerd het werklik erns gemaak met die implementering van die beleid van skeiding op elke vlak van die samelewing.
LYDENSTYD - GOEIE VRYDAG
Ds AE van den Berg
“En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie...” - Luk.23:34
Dis ʼn Vrydagoggend nege uur in Jerusalem. Buite die Damaskushek staan duisende mense langs ʼn pad wat na ʼn rotskoppie lei en soos ʼn skedel lyk; Golgota, die plek waar doodsvonnisse voltrek word. Romeinse soldate staan gereed om hul grusame werk te doen. Daar is hierdie Vrydag slegs drie veroordeeldes. Wat hulle name was en of hulle skuldig of onskuldig was, het hulle min geskeel. Hulle was laksmanne wat ʼn dagtaak gehad het om af te handel. Niks minder en niks meer nie. Al wat hulle daardie Vrydagoggend wel geweet het, was dat daar drie manne was wat tereggestel moes word, waarvan een die veelbesproke Jesus was. Daarom was daar soveel mense en dit het behoorlik gegons! Die ander twee was opperste skobbejakke.
DIE NOTRE-DAME:
Wat verteenwoordig dit regtig vandag?
Dr Danie Theron
Die pragtige eeue oue Notre-Dame de Paris, ook bekend as "Our Lady of Paris", is in ‘n brand beskadig, in so ‘n mate dat dit biljoene rande gaan kos om dit te herstel.
Uiteraard is mens geskok oor die gebeure wat deur baie as ‘n tragedie beskou word. Die kerk se bouwerk het in 1160 begin en is grootliks voltooi ‘n honderd jaar later. Dit is ‘n Rooms-Katolieke katedraal en word beskou as een van die beste van die Frans-Gotiese argitektuur. Volgens die webblad Wikipedia het hierdie kerk ‘n ledetal (lidmatetal) van 525 600 en is die katedraal 48 meter breed, 128 meter lank en 69 meter hoog. Die aartsbiskop aan die hoof van die kerk is Michel Aupetit. Die katedraal kan 9 000 mense huisves. Daar is 10 klokke wat elkeen ‘n naam het en die swaarste klok weeg 10 ton. Die orrel het vyf speelvlakke met 115 stops en daar is 7 800 orrelpype.
WIE WAS RASPUTIN?
>
>>>
Dr Pieter Swart
GrigoryYetimovich Rasputin is gebore op 21 Januarie 1869 en vermoor op 30 Desember 1916. Hy was ‘n Russiese monnik wat ook vriende was met die laaste tsaar van Rusland, tsaar Nicolas II.
Dit word beweer dat hy oor die gawe van heling (“healing”) beskik het en dat deur sy toedoen die tsaar se seun Alexei genees is van hemofilie (‘n bloedingsiekte).
Die algemene persepsie onder veral Westerlinge is dat hy vermoor is deur Felix Yusupov. Ook dat Rasputin ‘n perdedief was, mal en bedrieglik en dat hy sy invloed gebruik het op die tsaar en boonop eintlik ‘n satanis.
U weet mos hoe gewone mense redeneer: “Ek het die boek gelees en die rolprent gesien!”
KOOP DIE TYD UIT
Hannes Ollewagen
Efésiërs 5:1-21
“Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.” (:15-17).
“Ek het net nie tyd daarvoor gehad nie.” Hierdie is nogal woorde wat ‘n mens in ons tyd gereeld hoor. En is dit nie ironies nie? Soveel dinge in die lewe word uitgevind en verbeter om vir ons tyd te spaar en tog het ons “al minder tyd.” Hoe is dit moontlik? Dit gebeur omdat ons toelaat dat soveel onnodige en nuttelose dinge in hierdie lewe ons kosbare tyd in beslag neem. Wat baat die vier ure wat u vanaand voor die duiwelsdoos (televisie) deurbring u nou eintlik in hierdie lewe?
Tyd is die een kommoditeit waarvan almal in hierdie lewe (wat die lewe gespaar word) ewe veel van kry. ‘n Dag in die lewe van die president van ‘n land het nie ‘n enkele sekonde meer as ‘n dag in die lewe van ‘n boemelaar in sy land nie.
NUREMBERG: DIÉ VERHOOR VAN DIE 16e EEU
... maar ‘n skandvlek vir regspleging
Prof Willem Jordaan
Daar is waarskynlik nie ‘n historikus wat die gelyke is van David Irving as dit gaan oor geskiedskrywing oor die Tweede Wêreldoorlog nie. Sy boek Nuremberg: The Last Battle is ‘n kragtoer en in my opinie, een van sy beste. Dit is bewys van sy intensiewe navorsing en die feit dat hy nooit bereid was om toe te gee aan die oorwinnaar se weergawe van gebeure nie. Die boek lees soos ‘n speurverhaal en is boeiend. ‘n Absolute moet om te lees.
Tipies Irving het hy dokumente en bronne nageslaan wat deur niemand tevore nog gedoen is nie. So het hy die amptelike en private dokumente van Robert Jackson, die regter van die Amerikaanse Hooggeregshof wat die hoofaanklaer te Nuremberg was, bestudeer. Hy beskou Jackson as die “held” van die Nuremberg-sage, alhoewel ‘n “tragiese” held. Jackson het naïewelik geglo dat hy die argitek sou word van ‘n nuwe internasionale reg, maar het nie besef dat die politici eintlik maar net ‘n “show trial” wou hê om te verwesenlik wat hulle vooraf besluit het nie; die teregstelling van die beskuldigdes en die likwidasie van Duitsland.
VERKIESING: NOG ‘N KOPPETELLERY ...
...WAAROM DAN TWYFEL?
Dr JJ Snyman
(Toe die laaste verkiesing in die Unie van Suid-Afrika op hierdie dag in 1958 plaasgevind het, was een van die belangrikste kwessies op die tafel die skeiding van volke. Dit was dan ook die stem van die Afrikaner waarmee hy daar sy staatkundige voortbestaan verseker het. Nie eers die politieke opposisie met al hulle weerstand daarteen kon toe daarin slaag om dit te ondermyn nie. Vandag is die Afrikaner nie in die posisie om dmv sy stem by die stembus sy voortbestaan te verseker nie; inteendeel, sy deelname aan die onwettige bestel gee valse legitimiteit aan die ANC. Elke volksgenoot wat dit begryp sal so ver as moontlik wegbly van die stembus op 8 Mei! Hierdie artikel van dr Snyman sit die situasie baie duidelik en prakties uiteen; ons hartlike dank aan hom daarvoor – Red.)
Vir enige ware Afrikaner-nasionalis is daar sedert 1994 net een opsie telkens as die vierjaarlikse koppetellery aanbreek,wat ook in liberale dialektiek as ‘n “demokratiese verkiesing” bekend staan. Daardie keuse word nie deur omstandighede of deur tydsverloop verander nie, juis omdat dit ‘n beginselkeuse is. En daardie keuse is om nie te stem nie. Nie gister nie. Nie vandag nie. Nie more nie. Nooit in hierdie bedeling nie.
WEET U HOE BANKE OPEREER?
DR dANIE theron
Ek is oortuig dat baie Blankes in hierdie land nie die vaagste benul het hoe banke opereer nie. Meeste dink dat ‘n bank gewoon die geld wat by hom op deposito is uitleen aan ander. Dit is egter baie ver van die waarheid af.
Ek wil ter aanvang die geval van die Joodse swendelaar Bernie Madoff in Amerika in herinnering roep. Hy het mense oortuig om geld in sy skema te investeer en hulle uitstekende opbrengste belowe. Op papier (op hulle state) was dit dan ook so. Die syfers het baie goed gelyk. Te goed. Van hulle het hulle geld onttrek en het al hulle geld gekry. Daar was nog genoeg om hulle mee te betaal. Daar was ook nuwe investeerders. Die groot probleem het ontstaan toe die ekonomie begin swak vertoon en investeerders in groot getalle hulle geld wou onttrek. Daar was nie geld nie! Madoff is uitgevang en moes tronk toe gaan.
WAAROM GLO MENSE NET DIE BESTE VAN AMERIKA?
Dr Pieter Swart
Die gewone man op straat (die meerderheid altans) glo net die beste van Amerika. Jy loop jou teen ‘n muur vas deur aan hulle die teendeel te wil verduidelik. Waarom is dit so?
Wel, ek glo dit het sy oorsprong by die Tweede Wêreldoorlog toe die VSA tot die redding van die Geallieerdes toegetree het en die bose Duitsland verslaan is.
Daarna was dit Amerika wat ons redding was teen die bose Kommunisme. Dis immers die VSA wat die Russe in toom gehou het en gekeer het dat die hele wêreld nie onder die Kommunistiese juk beland het nie, of hoe?
“VLAM VIR AFRIKAANS” ...
... VLAM NOG STERK BY DIE VOORTREKKERMONUMENT
- Die Vlam is op 8 Mei 2016 deur dr. Mimi Coertse aangesteek ter herdenking aan die erkenning van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 1925. Sy het ook die Gedenkplaat onthul.
- Magdeleen Kruger van RSG het die Gedenkplaat ter herdenking van die eerste uitsending in Afrikaans (27 Oktober 1937) onthul.
- Heinrich Marnitz het die eerste woorde in Afrikaans op SATV gebesig (6 Januarie 1976) Hy het die Gedenkplaat onthul.
- Die Bybel in Afrikaans bestaan reeds sedert 25 Augustus 1933. Die Gedenkplaat word vanjaar op 25 Augustus onthul.
- Ons nooi skole, kultuurorganisasies en kerke om “Groeteboodskappe aan Afrikaans” in die uitstallêer langs die Vlamstaander te kom plaas sodat die duisende besoekers aan die Monument dit ook kan lees.
- Die “Vlam vir Afrikaans” staan by die Erfenissentrum.
- Besoek ook ons webwerf “Vlam vir Afrikaans” (alreeds bykans 19,000 besoekers...!!!)
- Navrae: Projekleier Sakkie Kotze (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)
NEEM JOU KRUIS OP
Ds Andrè vd Berg
“... As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Mt.16:24).
Omdat Jesus lief was vir sy dissipels het Hy dikwels ernstig met hulle gepraat. Hulle moes nie onder die wanindruk verkeer dat die geloofslewe maneskyn en rose is nie en moes weet wat vir hulle voorgelê het - vervolging. In Mt.16 sê Hy vir hulle dat ʼn gelowige skouer aan die kruis moet sit.
Ons ken die uitdrukking om skouer aan die wiel te sit- jy moet ywer om sukses in die lewe te bereik. Dis ook van die geestelike lewe waar. Om Jesus te volg, moet jy skouer aan die kruis sit en vra van gelowiges ʼn beslissing sowel as volle toewydingtot die dood toe. As alwetende God het Jesus geweet dat met die uitsondering van Johannes, elkeen van sy dissipels ʼn martelaarsdood sou sterf.
AMERIKAANSE MORELE VERVAL IN SNELRAT
Prof Willem Jordaan
Volgens ‘n opname wat pas in die VSA gedoen is, is 77% van Amerikaners bekommerd oor die morele verval in hulle land. Terloops, ek sou graag oor soortgelyke onderwerpe in ons eie land wil skryf, maar data daaroor is haas onbekombaar. Maar terug by Amerika. Miskien is die rede waarom die politici so korrup is, die samelewing waaruit hulle afkomstig is.
Die keuses wat jy in die lewe maak het sy basis in jou verlede. Wat jou rigsnoere was. Jou opvoeding. Jou doelwitte. Jou geloof. Amerika, die land waarop die vrye wêreld hulle hoop gevestig het, is nou allermins die een waarna mens kan opkyk as mens na die data kyk wat hierdie opname aan die lig bring. Gebrek aan leierskap is die grootste enkele probleem. Moet nie die probleem by die kinders soek nie.
CIA SE SLUIPMOORD OP VSA
Dr Danie Theron
In die sestigerjare is die wêreld geskud deur verskeie sluipmoorde op politieke figure. Suid-Afrika het sy grootste leier ooit verloor en die VSA het nie minder nie as vier sluipmoorde beleef; dié op president John F Kennedy, Martin Luther King, Malcolm X en senator Robert Kennedy.
Die interessante egter van al hierdie moorde is dat nie een opgelos is nie. Lesers sal miskien verbaas wees oor hierdie stelling, maar diegene wat wel moes opdok vir hierdie moorde, was net instrumente (“patsies”), of soos Sirhan Sirhan, wat nou nog in die tronk sit, vir Robert Kennedy se moord, gesê het, “puppets”.
LYK ONS TOEKOMS DONKER?
Hannes Ollewagen
Jer. 42:1-22
“Weet dan nou verseker dat julle deur die swaard, die hongersnood en die pes sal sterwe in die plek waarheen julle verkies om te trek om daar as vreemdelinge te vertoef.” (:22).
Jerusalem is onder die koningskap van Sedekía deur die koning van Babel, koning Nebukadnésar, ingeval. Nebukadnésar het die grootste gedeelte van hierdie bevolking van Juda in ballingskap weggevoer om as vreemdelinge in Babel te gaan hervestig. Daar het egter‘n klein groepie mense in Jerusalem agtergebly wat die ballingskap vrygespring het. (“Maar van die arm mense wat niks gehad het nie, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in die land Juda laat agterbly en aan hulle wingerde en landerye in dié tyd gegee.” Jer. 39:10).
NUWE DEMOKRATIESE SOSIALISME
Die “deugde” van die “nuwe vriendelike demokratiese” sosialisme
Prof Willem Jordaan
Dit wil voorkom of mense baie gou vergeet as gesien word hoe twee van Amerika se presidentskandidate vir 2020 uit die stal van die Demokratiese Party, Bennie Saunders en Alexandria Ocasio-Cortez, nou ‘n “nuwe vriendeliker sosialisme” verkondig. Boonop is BEELD, daardie prulkoerantjie van wat oorgebly het van Johannesburg, in vervoering oor Ocasio-Cortez. My vraag is: Het hulle dan niks geleer nie?
ONS VOLK HET HULP NODIG (3)
Dr H.F. Verwoerd as Welsynsbeplanner
Lees reeks by Dr Verwoerd as Welsynsbeplanner
DIE CARNEGIE-VERSLAG EN DIE VOLKSKONGRES VAN 1934
Die Carnegie-verslag
Die dertigerjare was ’n belangrike tydperk in die geskiedenis van die maatskaplike sorg in ons land. In 1932 het die verslag van die Carnegie-kommissie oor die armblankevraagstuk in vyf boekdele verskyn. Met groot verwagtings is die driejarige ondersoek dopgehou, wat deur ons land se vooraanstaande wetenskaplikes en ervare welsynswerkers gedoen is. En met gretigheid is die verslag ontvang en deur almal gelees, wat destyds met welsynswerk en welsynsbeplanning iets te doen gehad het.
DIE GOLAN HOOGLANDE...
...TRUMP KRUIP VOOR ISRAEL
Dr JJ Snyman
Geen VSA-president het nog ooit so gekruip voor Israel soos Donald Trump nie. Onlangs het Trump ‘n verklaring namens die VSA geteken dat Israel se aanspraak op die Golan hooglande erken word; ‘n besluit wat lynreg in stryd is met die internasionale regsposisie. Trump het deur middel van die Jood Shaun Adelsohn aan bewind gekom, net soos Adelsohn se geld gesorg het dat Netanyahu eerste minister in Israel geword het. Trump het verder gegaan as enige vorige Amerikaanse president wat betref sy knegskap van Israel. In 2018 het hy die VSA-ambassade vanaf Tel Aviv na Jerusalem verskuif, terwyl Jerusalem se status omstrede is en dit as ‘n “internasionale” stad beskou word deur die Verenigde Nasies, ook weens die aanspraak van die Palestyne op Oos-Jerusalem.
GOEBBELS...
... MEESTERBREIN VAN DIE THIRD REICH
Dr Danie Theron
Van al die persone in Hitler se Third Reich, is daar niemand so fassinerend soos dr Joseph Goebbels, die Nazi propaganda minister nie. Ja, nie eers Hitler nie. En daar is ‘n belangrike rede daarvoor. Hy was werklik die meesterbrein van die Duitsland soos wat Hitler dit wou sien. Goebbels het die gedagte volkome onderskryf en herskryf en passievol uitgeleef. Hy was dus geen gewone figuur nie; jy kan dit allermins wees as jy so ‘n posisie beklee soos wat hy beklee het. Hy was ongewoon in feitlik elke opsig. Daarom dan ook dat die boek van David Irving, Goebbels Mastermind of the Third Reich waarskynlik die heel beste uit Irving se stal is.
Irving se speurwerk oor Goebbels het hom tot by die staatsargiewe in Moskou gebring waar hy die private dagboek van Goebbels in Junie 1992 ontdek het, mikro verfilm op 1800 glasplate, gelykstaande aan sowat 80 000 bladsye. En uit Goebbels se doen en late kan mens die meesterplan en die meesterbrein in aksie sien. Hy was te midde van alles wat oor hom gesê kan word, ‘n merkwaardige en fenomenale figuur. Terloops, Irving het met sy tweede besoek aan Rusland onthou om toiletpapier en ‘n badprop saam te neem, iets wat Rusland nie het nie en waarvan ek ook kan getuig van my besoek aldaar. Klaarblyklik het Stalin dit ook as luukshede van die kapitalistiese bourgoise gesien!