Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Aanvaar dat alle huwelike hier op aarde deur hulle seisoene van ernstige verskille tot gemeensaamheid wissel; want volmaakte huwelike word net in die hemel gemaak. En werk harder aan joune!
2019 VERKIESING - 'N WATERSKEIDING
Verskeie faktore dui daarop dat die komende algemene verkiesing in Suid-Afrika waarskynlik die inleiding sal wees van ‘n nuwe fase in ons land se geskiedenis, waartydens dramatiese veranderings en verskuiwings op politieke, ekonomiese en sosiale fronte sal volg.
('n Ontleding deur die Dagbestuur van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB))
Die sogenaamde "nuwe" Suid-Afrika is nie meer so nuut nie. Dis immers op 27 April vanjaar al 25 jaar oud, wat beteken dat ten minste een generasie reeds onder die nuwe bestel opgegroei het. Hierdie nuwe bedeling beleef binnekort sy 6de algemene verkiesing, byna presies 25 jaar nadat die Swart kommuniste met die hulp van Afrikanerverraad die beheer oor die Afrikaner se Vaderland oorgeneem het en die "nuwe" Suid-Afrika ná ‘n bedrogvolle "verkiesing" tot stand gekom het.
Die wêreld het gejuig en in die persoon van die terroris, Nelson Mandela, is 'n globale ikoon geskep om die beeld na buite te dra dat hierdie nuwe bedeling 'n soort modeme sprokie van versoening en vrede is. Die Suid-Afrika van 2019, waar die stemvee nou weer moet gaan kruisies trek om die kwasi-demokrasie se geloofwaardigheid in stand te te hou, lyk nader aan die realiteit wat in 1994 deur enige nugter Afrikanernasionalis voorsien is. Die land is op die rand van bankrotskap en word deur hopelose wanbestuur en korrupsie vernietig, die epidemiese misdaadsituasie is totaal buite beheer en rassespanning is by breekpunt en erger as ooit op enige stadium in die land se verlede.
In hierdie haglike situasie het die politiek van Suid-Afrika só ontwikkel dat diegene wat soos skape ter slagtig na die stembusse gelei gaan word, inderdaad 'n keuse het tussen die Duiwel in Rooi en die Duiwel in Blou. Daar is eenvoudig nie ‘n politieke party binne die stelsel wat in staat sal wees om hierdie land van ondergang te red nie want nie een van hulle besef dat die stelsel self die probleem is nie.
Die voorbeeld van Afrika
Dis nogal merkwaardig hoe die geskiedenis van bykans alle Afrika lande suid van die ewenaar byna identies verloop het sedrert hulle die oorgang van kolonialisme na selfregerende “demokrasieë” deurloop het. In elke geval het die kolonialiste die Westerse beskawing na daardie land gebring. Moderne stede is gebou, paaie is aangelê, moderne vervoerstelsels is geimplementeer, damme is gebou, elektriese kragnetwerke is gevestig en in die meeste gevalle is die ekonomieë van die lande gevestig volgens beproefde en wetenskaplike metodes.
Die meerderheid van hierdie lande se kolonialistiese eras het tot ‘n einde gekom toe die Swart massas se bewussyn deur die retoriek van kommunisme beïnvloed is, waarna daar opstand of rewolusie of gewoon druk van die massas (in samewerking met kommunistiese agente in die regerings van groot moondhede en die liberale wêreldmedia) gekom het om die inboorlinge van die land “vryheid” en "onafhanklikheid" te gee.
Sodra hierdie "vryheid" en "onafhanklikheid” dan gerealiseer het, het die agteruitgang begin en die weë van die Afrikaan het sy gang gegaan. Dié lande het ekonomies begin taan, terwyl die opgeboude infrastruktuur weens gebrekkige instandhouding begin het om te verval.
Intussen het die regerende partye in hierdie nuutgevonde “demokrasieë” al hoe korrupter geword. Dit het beteken dat 'n elite groep onder hulle ryk geword het en lekker kon lewe, terwyl die lewensstandaard van die gewone man agteruitgegaan het. Die elite sou telkens die land se hulpbronne aan aasvoels van buite verkoop het om hul eie lekker lewe nog geriefliker te maak, maar die land as geheel het telkens daaronder gely.
Dis natuurlik geen geheim dat Suid-Afrika se verhaal van die afgelope 25 jaar nie veel anders lyk nie. Die enigste verskil is dat kolonialisme hier by ons in die eerste helfte van die twintigste eeu 'n kleiner invloed gehad het as in lande noord van ons, terwyl die beleid van afsonderlike ontwikkeling van die Afrikaner-regering vir ongekende voorspoed onder alle bevolkingsgroepe verantwoordelik was.
Die oorgawe van mag het hier by ons met meer weerstand gepaard gegaan en het dus anders verloop. Daar was eenvoudig te veel Blankes in Suid-Afrika en die Afrikaners se wortels was te diep geanker om binne 'n paar jaar van die meerderheid ontslae te raak, soos dit in ander Afrika-lande gebeur het ná die oomame van die inboorlinge. Maar die resultaat was uiteindelik dieselfde, nadat die mag aan die Swart kommnuniste oorgegee is — magsvergrype, korrupsie en ekonomiese verval.
Suid-Afrika is nou, in 2019, by dieselfde punt waar ander Afrika-lande was voor hulle ekonomies, polities en in verskeie ander aspekte vir die wêreld irrelevant geword het. Al wat vir die wêreld se geldmagte nog tel is die feit dat Suid-Afrika nog baie minerale oor het wat geplunder kan word.
In Zimbabwe was dit opmerklik dat, regdeur hul krisisse en ekonomiese ineenstorting, die myne nooit opgehou het om te produseer ale. Die res van die nywerheidsektor in Zimbabwe is ná 2000 se grondgrypery en die gevolglike ekonomiese ineenstorting basies vernietig, maar die goud-, koper- chroom-, nikkel- en ystermyne het aanhou produseer. Al wat die ineenstorting beteken het, was dat arbeid baie goedkoper geword het, want werkers in die myne het vir 'n hongerloon gewerk in 'n land waar die inflasiekoers op sy ergste naby aan 1000% gedraai het.
Iemand het egter baie geld gemaak uit dié situasie, want daardie gemynde produkte is oral in die wêreld in VSA dollar verhandel. Suid-Afrika is nou naby aan daardie situasie met uitvoerders wat bale geld maak weens ons wisselkoers. By ons is daar egter nog sprake van 'n nywerheidsektor, maar dié is onder emstige druk weens die wankelende ekonomie, wat weens die ANC-regime se wanbestuur en plundery soos 'n voosgeslaande bokser in die kryt rond strompel.
Te midde van hierdie ekonomiese situasie bly die ANC aan bewind juis omdat Suid-Afiika se ekonomie nog genoeg produseer om weer aan die staatskas fondse te kan voorsien waarmee daar, onder andere, stemme gekoop kan word. Is daar werklik mense wat naïef genoeg is om te dink dat die grootste meerderheid van die 17 miljoen ontvangers van sosiale toelaes vir enige ander party as die ANC sal stem?
Volgens onlangse statistiek word bereken dat meer mense in Suid-Afrika sosiale toelaes ontvang as wat daar mense in amptelike poste werk en deel van die land se arbeidsmag is.
Ons weet ook uit die geskiedenis dat die ANC en sy verskIllende netwerke besonder effektiewe intimideerders van die massas is. Daarom hoef daar geen twyfel te wees nie dat dreigemente oor die wegneem van sosiale toelaes vir elkeen wat teen die ANC draai, aan die orde van die dag gaan wees in die komende verkiesing. Intimidasie is tog die wyse waarop Robert Mugabe daarin kon slaag om vir 37 jaar aan bewind in bly in Zimbabwe Dis 'n taktiek wat ook in byna alle ander Afrika-lande met vrug gebruik word.
Die stand van sake binne die ANC
Soos in ander Afrika-lande het die lekker lewe van beroepspolitici ook hier in Suid-Afrika 'n groterwordende invloed op sake.
Wat die Swart kommuniste betref, is die Blanke vyand verslaan en dus geen werklike faktor meer nie. Die afgelope 25 jaar het hulle hulself ingewurm in elke moontlike magsposisie in die regering, staatsdepartemente, staats- en semi-staatskorporasies, sportbeheerliggame en elke ander organisasie waar hulle direk of indirek finansiële en ander voordeel uit kan put.
As daar nie 'n possie op een van die drie vlakke van regering was nie, is 'n kader eenvoudig gehelp met 'n pos by 'n staatsdepartement of enige ander openbare organisasie waar hy met 'n salaris en byvoordele beloon kan word, sonder dat hy noodwendig enige teen-prestasie daarvoor hoef te lewer.
Omdat die Suid-Afrikaanse samelewing egter ‘n skisofreniese eienskap het weens die groot deel wat nog op Westerse norme en standaarde probeer funksioneer, het 'n interessante tendens kop uitgesteek. Suid-Afrika se ekonomie is onder emstige druk en al hoe meer in-ligting kom na vore dat die wanbestuur van die regime direk daarmee verband hou. Die hele sage rondom "staatskaping", wat nou selfs deur 'n geregtelike kommissie ondersoek moet word, bring skokkende en verreikende inligting na vore.
Die korrupsie van die regime, wat duidelik die land se bronne begin plunder het die oomblik toe hulle in 1994 aan bewind gekom het, is besig om op groot skaal openbare kennis te word. Die bankrotskap van staatskorporasies soos Eskom, die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die SABC veroorsaak reuse druk op die staatskas en dit beïnvloed weer die ekonomie in die algemeen.
Weens die feit dat Suid-Afrika se skisofreniese samelewing nog 'n redelike vrye media het, begin inligting beskikbaar word oor die korrupsie en wanbestuur. Hoewel die ANC-kaders en hul medepligtiges hierdie inligting tans nog alles as onwaarhede afmaak, kan daar geen twyfel wees dat dit reuse wrywing en spanning in daardie geledere veroorsaak nie.
Hoe lyk sake ná 8 Mei
Dit is duidelik dat die hele politieke spektrum tans watertrap in afwagting vir die verkiesing van 8 Mei.
Ekonome en politieke ontleders wat deur die media gepols word oor die toekoms probeer ons wysmaak dat dinge gaan begin regkom ná die verkiesing, want Cyril Ramaphosa wag glo net dat sy party die verkiesing wen, sodat hy vanuit 'n sterker posisie van die "korruptes" ontslae kan raak.
Maar hoe korrup is Ramaphosa en wat weet sy ANC kaders van hom wat hy nie graag wil hê openbare kennis moet word nie?
Om die detail oor die ontplooiing van sake ná 8 Mei in probeer voorspel is 'n onbegonne taak, maar daar kan wel nou reeds in die breë sekere sake bale beslis voorsien word.
'n Mens moet hiervoor die realiteit van die situasie in ag neem. Vir twee en 'n halwe dekade het hierdie magtige organisasie (die ANC) homself oral ingewurm. Die grootste rede was egter — soos alle Pan-Afrika politici ná hul oomame met die afskaffing van kolonialisme — nié om werklik die "mense te dien" of die land op te bou nie. Dit was eerder om hulself ten alle koste in verryk.
Die hele masjien van openbare bestuur is deurdrenk van korrupte, maglustige kaders wat ten alle koste aan hierdie mag sal wil vasklou, want dit voed weer die stroom van rykdom en "maklike" geld wat hul lewensstyl onderhou.
As daar dus 'n grootskaalse "uitskudproses" van die korruptes moet wees, kan ons aanvaar dit sal nie sonder weerstand gepaard gaan nie. Die vraag is ook of daar werlklik enige noemenswaardige leiers binne die regime is met skoon hande? As daar 'n skoonmaakproses kom, sal hulle uiteraard teen mekaar begin draai, wat nie net 'n politieke bloedbad sal beteken nie, maar waarskynlik ook 'n letterlike bloedbad. Dis immers die manier waarop dinge in Afrika gedoen word.
‘n Feit wat ons wel moet aanvaar is dat Suid-Afrika homself maar kan voorberei vir groot-skaalse konflik en spanning. Dis duidelik dat die spanning tussen faksies binne die ANC tans byna onhoudbaar geword het en hierdie spanning sal waarskynlik tot uitbarsting kom, veral as daar groot hoeveelhede soustreinryers van dié trein afgegooi gaan word na die verkie-sing.
Dan is daar die faktor van die radikale groepe, soos die EFF van Julias Malema, wat buite beheer kan raak. Anargie sal al hoe meer sporadies na vore kom. Die kultuur van swak bestuur en oneffektiewe optrede wat weens die onbeholpe regime binne die wetstoepas-singsdepartemente geskep is, sal hierdie situasie ongetwyfeld tot groter openbare konflik dryf.
Die heel belangrikste aspek, wat die grootste invloed op ons toekoms na 8 Mei gaan hê, is dat — watter verskuiwings daar ookal op die politieke front mag kom — die verlammende beleid en gebrek aan effektiewe bestuursvermoë by die regime sal verseker dat Suid-Afrika se ekonomie in duie gaan stort. Die ANC (met of sonder alliansie-vennote ná 8 Mei) sal eenvoudig nie in staat woes om hierdie rampspoed af te weer nie.
Op die langer termyn sál die Suid-Afrikaanse samelewing totale ekonomiese en sosiale ineenstorting beleef. Dit is hiérvoor dat Afrikanemasionaliste meet voorberei. As ons dit nie doen nie, sal ons deur die anargie en geweld van die komende chaos verswelg en uitgewis word.
ANB KONTAK BESONDERHEDE Indien u enige enige inligting verlang kontak gerus enige van die ANB Dagbestuurslede.
•Johann Grobler (Voorsitter) - Tel (014)763-3920
•Carel vd Grijp (Ondervoorsitter) - Tel 081-501-6696
•Emil de Villiers (Penningmeester) - Tel 083 417 7311
•Jannie Brink (Sekretaris) - Tel (011) 787-7895 Rig alle korrespondensie aan:
Die Sekretaris, Afrikaner Nasionalistiese Beweging Posbus 293, Ferndale, 2160 e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. Webwerf: http://anbsa.co.za