Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Spreuke 29:21: "As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar" – en het ons dit nie in die Nuwe Suid-Afrika gesien nie!
UIT OORLEWERING OF UIT LIEFDE?
Hannes Olleswagen
Markus 7:1-23
“En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: ...” (:6-8).
“En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.” (:9&13).
Dit was die Prediker wat gesê het: “Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.” (Pred. 1:9). En volgens hierdie wyse woorde sien ons dieselfde godsdienstige vertoon, waaroor die Here Jesus Christus die Fariseërs in sy tyd hier op aarde tereg gewys het, nou in óns tyd as ‘n herhaling.
AFRIKANER- NASIONALISME (7)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Die Stryd om Christelik-nasionalisme
Gewoonlik raak ’n verowerde nasie in ’n stryd om nasionalisme net teen een vyand, nl. die veroweraar, gewikkel. In die geval van die Afrikaner moes hy stry teen die Engelse veroweraar en verengelsing aan die een kant en die swart barbaredom aan die ander kant. Selfs verder in sy groeistadium, toe die Afrikanernasie nog baie klein was, is hy gedwing om die stryd aan te knoop. So het die Afrikaner of Boerenasie in die eerste honderd jaar van sy stryd die bewondering van ander afgedwing. Dat hy nie verdwyn het nie, is alleen te danke aan die leiding van God. Vir hierdie genade van God moet die Afrikaner dankbaar wees en dit nooit vergeet nie.
Waar soms deur afvalliges gesê word: „Vergeet die verlede”, moet die antwoord van die ware Afrikaner wees: „Onthou jou verlede, jy is tog self iets wat uit daardie verlede ontstaan.” Soos Tobie Muller dit uitdruk: “’n Nasie wat weier om te onthou hoe God in die verlede sy weëbestier het, kan moeilik opgevoed word om te sien dat die Here ’n besondere plan en doel met hom het.”[1]
WATERBOBBEJAAN (12)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
“Ek hoor die waterval,” sê Piet. Die gedruis word al harder. “Ek wonder hoe lyk die waterval van bo af”.
Hulle ry ‘n paar treë verder.
“Ons sal Pa-hulle alte mooi kan sien van die top van die krans af.”
“Pa het gesê ons moet nie lol waar Waterbobbejaan woon nie,” sê Willem.
“O so; nou is jy weer bang,” kom dit van Piet af.
“Is nie!”
“Ek het vandag nog geen spore gesien anders as dié van wild nie. Ek glo vas hy is weg na Pa hom die loesing gegee het.” Koos is baie selfversekerd. “Pa het nie eers ‘n geweer gehad toe hy Waterbobbejaan bevloog het nie. Hy behoort vir drie man met ‘n geweer baie banger te wees veral omdat hy in die dag die geweer kan sien en hy weet wat dit is.”
Hulle ry stadig voort. Die honde loop rustig langs die perde. Hulle het die hele dag lank nog nie geblaf of iets gesien of geruik wat vir hulle verdag voorgekom het nie. Die seuns het dit raakgesien. Die veld is besonder stil, so stil dat hulle nie gerus voel nie.
AFRIKANER- NASIONALISME (6)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Christelik-nasionalisme
“Die feit dat die Afrikaner-Voortrekkers nie die verowerde Bantoe van sy land beroof het nie, dat hulle die barbare nie uitgeroei het nie en dat hulle hul taal, kultuur en vryheid binne hul eie grense laat behou het, is almal openbaringe van Christelike beskawing en van nasionalisme of van Christelik-nasionalisme. Suid-Afrika is geen Witmans- of Swartmansland nie. Daar is dele wat die historiese tuisland van Bantoestamme soos die Zoeloe en Xhosa is en daar is die res wat Afrikanerland is, - die vaderland van die Afrikaner - sy Godgegewe reg wat hy verplig is om te bewaar en beskerm as die erwe van sy vadere wat vir die kinders erwe moet bly. Hierdie geboorteland van die Afrikaner, waarin hy ontstaan het en wat hy met sweet en bloed mak gemaak het, is sy landstreek. Hy en hy alleen het reg daarop. Enige regering wat die Afrikanerland of selfs ’n gedeelte daarvan vrywillig afstaan, pleeg ontrou teen die Afrikanernasie.”
Na die vergroting van die Engelse bevolking in 1820 het die toestand van die klein Afrikanernasie krities geword. Verengelsing het hom in die gesig gestaar. Heelwat Afrikaners het die imperialistiese veroweraars ondersteun: hulle het tweedegraad imperialiste geword. Selfs onder openbare en kerkleiers was hierdie klas ontroue Afrikaners te vinde.
16 JUNIE: PROTES TEEN AFRIKAANS IN SKOLE
OPGEVOEDES SOU WOU VERGEET VAN SULKE BARBAARSHEID
Die meeste mense vier graag die Nuwe Suid-Afrika se talle publieke vakansiedae sonder om te weet presies waar die swart regime dit uitgekrap het. Behoudende blanke Afrikaners behoort egter te weet waar elkeen van hierdie dae sy oorsprong het sodat hy kan besluit of hy daaraan wil meedoen.
Die sogenaamde jeugdag wat pas weer landswyd gevier is, is nog een van die kommunisties-geïnspireerde instellings wat teen elke blanke en Afrikaner in die besonder gemik is. Soos meeste van die Nuwe Suid-Afrika se feesdae het dit sy oorsprong uit swart opstand, wanorde en barbarisme. Hierdie keer was dit hordes swart skoolleerlinge in Soweto wat op 16 Junie 1976 in die Orlando Stadium bymekaargekom het uit protes teen Afrikaans as onderrigtaal in skole. Klink dit nie bekend hier in 2019 nie!
Afrikaans is destyds, net soos vandag waar 'n felle stryd daarteen gevoer word, gesien as die taal van die onderdrukker. Leerlinge van die Orlando Wes Junior Hoërskool het reeds vanaf April geweier om skooltoe te gaan en teen Junie was die opsweping genoeg om duisende swart leerlinge te beweeg om aan die plundering en chaos op die 16e deel te neem. Tiperend van sekere rasse is dit nie moontlik om 'n vreedsame byeenkoms te hou nie en het die hel in hulle midde losgebars toe hulle mekaar begin takel en doodslaan. Honderde swart jeugdiges het in die chaos gesterf, nie aan die hand van die polisie nie maar deur hulle eie wanorde en barbaarsheid.
Die dood van die spul word jaarliks met oproerige en wanordelike musiekkonserte gevier. 'n Opgevoede persoon sou redeneer dat so 'n verskriklike dag waarin mense so iets aan hulle self gedoen het liewer vergeet moet word in plaas van dit jaarliks aan die wêreld uit te basuin. Maar mens kan ook redeneer dat opgevoede mense nie so 'n barbaarse daad aan hulleself sou doen nie...
Moet ook nie die storie wat die rondte doen glo dat hierdie oproer van 16 Junie die rede is waarom die terroris en bomplanter Mandela uit die tronk vrygelaat is nie. Dáárvoor was net een oorsaak: die geld- en eersug van FW de Klerk en sy bende.
16 JUNIE...JUL KLA OOR 'N TAAL!
LC de Villiers
Jy't gekla oor 'n taal wat jy nie wou hê;
Die land laat brand om jou sê te sê;
Die wêreld vertel jy't onskuldig gestaan
Terwyl jy steeds weier om skool te gaan.
Ja, jy het daardie rots eerste gegooi;
Geweet jy's verkeerd en jou makkers genooi;
Wou met opset die land in chaos los;
Jou selfsugtige motiewe het lewens gekos.
Nou heilig jul hierdie dag nog elke jaar
Terwyl jul armoede in die gesig bly staar.
Ja, jul het deur 'n verraaier jul wens gekry;
Snaaks dat jul leiers skielik in weelde bly.
Ek dink jul was beter af in Ou Suid Afrika;
Gaan luister na outas oor die Apartheidsdae;
En tot vandag het Soweto nog nêrens gekom;
Die skole bly brand met kinders wat brom.
TYD VIR VEROOTMOEDIGING!
BID VIR ONS VOLK EN ONS LAND!
Ds Andrè van den Berg
“As Ek die hemel toesluit dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde wee, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land genees”
2 Kron.7:13+14
2 Kron.7 vertel die verhaal van die skouspelagtige inwyding van die tempel in Jerusalem en die feeste wat daarna plaasgevind het. Nadat al die feesgangers huis toe is, het God een nag baie ernstig met koning Salomo oor Israel se toekoms gepraat. God het geweet dat dieselfde feesvierende volk so afvallig van Hom sou raak, dat die koninkryk in twee sou skeur. Salomo was die laaste koning van die gesamentlike ryk.
WATERBOBBEJAAN (11)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Sanna gee die seuns vroeg die volgende oggend ontbyt. Sy het gehoor wat die vorige aand gesê is en as ‘n vrou wat die wêreld ken, was dit nie nodig om vir haar te sê wat om te doen nie. Na ete kry elkeen sy knapsak waarin uitgedroogde beskuit en ‘n paar stukke biltong is. Daar is genoeg spruite en fonteine waar hulle van die lekkerste en sagste water kan drink.
Piet het die vorige aand sy pa se 8mm Steyr se loop skoongemaak dat dit soos ‘n spieël blink. Die bewegende dele is ook skoongemaak en effens geolie.
“Baie blink en bietjie olie,” het sy pa hom geleer.
Net voordat hulle die volgende dag ry, gee sy pa hom ‘n magasyn met patrone.
“Hier is net vyf patrone in. Dis genoeg. Julle gaan nie oorlog maak nie. En as jy julle met vyf patrone nie teen gevaar kan verdedig nie, dan is jy vir land en volk niks werd nie. Jy mag nie ‘n enkele patroon mors nie.” Dis deel van hulle nuwe aandeel in verantwoordelikheid.
BOEREVOLK POLITIEKE GEVANGENES VRA VRYLATING
Boervin
Mediaverklaring
Suid-Afrika
15 Junie 2019
Boerevolk Politieke Gevangenes vra vrylating weens onregmatige aanhouding
18, 19 en 20 Junie 2019 gaan ’n waterskeidingsaak wees en bepaal of daar nog enigsins plek vir die grondwet en internasionale verdrae in Suid-Afrika se howe bestaan. Dit gaan aandui of vergelding van en onderdrukking van die Boerevolk so ’n prioriteit in Suid-Afrika geword het dat alle regspleging oorboord gegooi word.
Die Pretorius familie, wat betrokke is in die Boeremagsaak, bring op 18 Junie 2019 ’n aansoek in die Hooggeregshof te Pretoria waarin hulle die regmatigheid van hulle aanhouding bevraagteken en vra dat hulle vrygelaat moet word, alternatiewelik tydelik vrygelaat word hangende hulle klagte wat hulle by die Verenigde Nasies (VN) se Menseregte Komitee ingedien het. Hulle is in 2002 gearresteer en op 29 Oktober 2013 in Pretoria se Hooggeregshof tussen 30 en 35 jaar vonnisse van gevangenisstraf opgelê vir hoogverraad.
ONS FINALE VRYHEIDSTRYD
Jeanette Koekemoer
“Die Afrikanerbond weet dat ons land op die vooraand van ‘n langverwagte ineenstorting staan en maak hulle nou gereed om die regeermag na afloop van die chaos oor te neem.”
“Met bogemelde in gedagte kan mens nie anders as om te glo dat hierdie man met die hand deur die internasionale geldmag uitgesoek is nie.”
WIE IS DR THEUNS ELOFF?
Dr. Theuns Eloff (gebore te Potchefstroom op 17 Mei 1955) is ’n Suid-Afrikaanse akademikus en uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting waar FW de Klerk steeds ‘n aktiewe deelname as Emeritus voorsitter beklee.
DIE KEELVOL FAKTOR ONDER BLANKE SUID-AFRIKANERS
Die Afrikanervolk en Blankes oor die algemeen is onder hewige druk in Suid-Afrika en omstandighede in die land is besig om 'n gees van verset wakker te maak onder dié deel van die land se bevolking.
JACO ELS van die Afrikaner Nasionalistiese beweging (ANB), bespreek hierdie verskynsel en wys waarom dit – hoewel tans nog ver van 'n beginselgedrewe beweging – op die langer termyn goed kan wees vir die stryd van Afrikanernasionalisme.
Etlike maande gelede het die nuutste poging om Afrikaners op een of ander wyse onder die vaandel van 'n sambreel-organisasie byeen te bring bekend geword. Uit die beskikbare inligting oor die nuutste aksie, is dit duidelik dat die bedoeling daarvan is om Afrikaners te betrek wat ontevrede is met die huidige amptelike regeringstelsel in die land én met alle partye of groepe wat daarmee verbind word. Die ANB is nooit amptelik genader om deel te word van hierdie nuwe aksie nie, maar sommige lede van dié beweging is wel deur middel van informele gesprekke of via kommunikasie in die sosiale media daarvan in kennis gestel. Hierdie onlangse roeringe is natuurlik niks nuut nie.
Trouens, sommige van die organisasies wat in die korrespondensie genoem is, is juis oorblyfsels van vorige pogings om Afrikaners weer onder een vaandel byeen te bring. Dit is wel so dat die Afrikanervolk se situasie byna jaarliks versleg. Daar het reeds 24 jaar verloop sedert die oorname van die Swart kommunistiese regime en Afrikaners beleef al hoe meer in die praktyk die antagonisme en vyandskap van dié regime en sy ondersteuners. Daar is beslis 'n groeiende vryheidsdrang by Afrikaners wat nie wil of kan emigreer na veiliger en voorspoediger lande nie. Om egter ná al die vorige foefies en windmeul-storm aksies nou wéér pogings aan te wend om Afrikaners in een kraal te jaag en dan net weer dieselfde doodgebore aksies voor te staan óf weer van die beginsels van Afrikanernasionalisme af te wyk en op die vyand van die volk se gekose terrein die stryd te voer, is nie net 'n mors van tyd en energie nie, dis ook 'n voortsetting van die demoraliseringsproses van ons volk.
WATERBOBBEJAAN (10)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Na ontbyt die volgende oggend vat Sakamatlakobata sy verkyker en gaan sit op die stoel in sy sitkamer. Hy maak die houtvenster oop en besluit dat hy die hele dag daar gaan sit en Waterbobbejaan se woonplek dophou. Hy is haastig van geaardheid, te haastig, maar hy het ook die wilskrag om ure lank stil te sit as dit nodig is en ‘n goeie doel dien.
Maar hy het sy hele dag gemors. Soos die Bantoes sê: sy spore is weg. Hulle merk dit op, maar hulle glo dit nie, want hulle bly snags in hulle krale.
Die boer het daardie dag in sy sitkamer baie dinge oorweeg. Daar boer ‘n luiperd op sy plaas. Maar hy het nog nooit van hom las gehad nie. Dit wil natuurlik nie sê dat die luiperd nie een aand kan uitbreek en so iets aanvang nie. Maar dis nie soos die luiperd gewoonlik doen nie. Dis moontlik dat ‘n luiperd wat op trek is na ‘n ander plek toevallig daardie nag daar verbygekom en op die ingewing van die oomblik sy ram gegryp het. As dit die geval is, is dit moontlik dat so iets nie gou weer sal gebeur nie. mens moet verliese in die bosveld af en toe verwag. Miskien is dit per slot van sake nie so erg nie. Die ram was in elk geval ‘n nikswerd ram.
NEDERIGE ERKENTLIKHEID
Hannes Ollewagen
Daniël 4:1-37
“...dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel.” (:17).
Daar is ‘n Engelse spreuk wat lui: “Power corrupts and absolute power corrupts absolutely”. ‘n Mens wat aan niemand verantwoording hoef te doen nie is geneig om homself aan allerhande vergrype skuldig te maak. Koning Nebukadnésar was so ‘n koning. Hy het ‘n geweldige koninkryk gehad en Babel was‘n baie magtige ryk. Hy kon doen wat hy wou en het nie nodig gehad om aan iemand verantwoording te doen nie. Wel, so het hy egter gedink. God het egter in ‘n droomgesig aan hierdie koning ‘n waarskuwing gerig om hom van sy ongeregtighede en hoogmoed te bekeer. Hierdie waarskuwing is verder deur Daniël baie duidelik aan hom gerig. “Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.” (Dan. 4:27).
ROEMLOSE OORGAWE
Suid-Afrika 1990
J A Marais
WAT teen Julie 1990 in Suid-Afrika aanskou is, was 'n gevorderde fase van 'n onvoorwaardelike oorgawe van die NP-Regering aan 'n vyand wat die oorlog nie kon wen nie.
Die ANC sou in 1990 die terroriste-oorlog met moeite kon voortsit na die ineenstorting van kommunistiese regerings in Oos-Europa en die ekonomiese verval in sogenaamde Frontliniestate in Afrika. Die logiese verloop van die terroriste-oorlog in Suider-Afrika moes gewees het dat van Suid-Afrika se kant die stryd teen die terroriste op alle fronte verhewig sou geword het om die oorlog beslissend te wen. Dog, die teendeel is deur die Suid-Afrikaanse Regering gedoen. Die stryd is gewonne gegee, en nog voor die vredesonderhandelings begin het, het die Regering 'n reeks toegewings gemaak aan die ANC-eise—vrylating van Nelson Mandela en ander langtermyngevangenes, ontbanning van die ANC en die SAKP, herroeping van wette waarop die ANC en die SAKP aangedring het, en aanvaarding van die beginsel van een mens, een stem. Dit terwyl van die ANC-kant geen gebaar van toegewing gemaak is nie, presies soos 'n oorwinnaar teen 'n oorwonnene optree.
WIE IS DIE AFRIKANERS?
J A Marais
Die Afrikanervolk is bo alles 'n volk wat stam uit die Blanke ras van Wes-Europa, die ras wat in sy plus en surplus die wêreld fisiek oopgemaak, tegnologies ontwikkel en 'n hoë mate geestelik oorspoel het. Die Afrikanervolk se kultuur is 'n rasgebonde kultuur, net soos die Zoeloevolk se kultuur 'n rasgebonde kultuur is. Anderrassiges kan die kultuur ten dele aanvaar, maar hulle kan die diep verbondenheid aan die rasseherkoms wat daarmee saamgaan, nie deel nie.
As by 'n bespreking ras uit die oog verloor word, volg verwarring oor die sake. Daar is nie so iets soos 'n veelrassige volk nie, al sou mense van verskillende rasse een taal praat. Taal alleen bepaal nie 'n persoon se volksverwantskap nie. Ras en kleur word nie as onderskeiding uitgewis deur deelgenootskap aan taal nie.
WATTER TIPE GROND IS JY?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Kosbare landbougrond wat in die verkeerde hande beland, raak onproduktief. Kyk maar wat met ons eie land sedert 1994 gebeur het! ... “Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!" - Mt.13:9.
Jesus was ’n leermeester duisend en het die vermoë gehad om tonele uit die daaglikse lewe te gebruik om mense diepsinnige geestelike lesse te leer. Sy gelykenisse was aardse verhale met hemelse betekenisse. Die Gelykenis van die Saaier is ’n treffende voorbeeld hiervan.
Toe Jesus by geleentheid by die See van Galilea kom, het so ‘n groot skare om Hom saamgedrom, dat Hy in ’n skuit moes klim en ’n entjie wegvaar voordat Hy met hulle kon praat. Dink u in: Jesus op ’n skuitkansel en die gemeente op die strand. Wat ’n prentjie; wat ’n preek!
Jesus gebruik ’n beeld wat aan almal bekend was – ’n saaier en saad. Al die saad lyk aan die begin dieselfde maar almal eindig nie eenders nie. ’n Groot deel daarvan bring geen oes in nie.
WATERBOBBEJAAN (9)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Dit reën omtrent die hele nag deur. Die boer is so opgewonde dat hy byna nie kan slaap nie. Hy het lank laas so ‘n voorspoedige jaar gehad. Die oes gaan goed wees en die gras sal tot diep in die volgende seisoen hou. Hy is gelukkig op sy plaas.
Vroeg die volgende dag staan Sakamatlakobta op en gaan maak sy skaapkraal se hek oop. Hy tel die skape soos hulle uitloop. Intussen kom die wagtertjies stadig aangestap.
Boer sien daar is een skaap te min en dis vir hom of iets snaaks aan die gang is. Toe val dit hom by: waar is sy grootste ram? Dis wel ‘n kulram, maar wat het van hom geword?
Hy kyk sy skape weer deur. Die ram is nie tussen hulle nie.
“Jaag die skape in!” beveel hy die wagtertjies. Hy maak die hek dig toe en begin al om die kraal spoorsny. Dis verniet. Die moontlike spore is weggespoel. Hy gaan in die kraal in nadat die skape weer uitgejaag is. Daar is geen bloed hoegenaamd in die miswater te sien nie.
Wie het dit gedoen?
Boer twyfel sterk daaraan of dit Bantoes kan wees. Hulle sal nie in so ‘n nag rondloop nie. ‘n Hele paar van hulle sal dit miskien regkry om die ram oor die muur te tel, want hy het gesien toe hy oopmaak dat daar nie met die hek gelol is nie.
Hy kyk na Waterbobbejaan se grot en sien dat die waterval baie groter is as gister en dat die water bruiner is.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
EEN MAORIE IN DIE SPAN...
In 1971 is die eerste veelvolkige atletiekbyeenkoms in Kaapstad onder blyke van groot openbare belangstelling aangebied. Omdat dit 'n politieke waagstuk was, was baie mense onseker en selfs ontevrede oor hierdie gewaagde sosiale eksperiment.
Ivor Potgieter, die bekende atletiekafrigter, was een van die voorstanders van hierdie konsep, hoewel hy en andere deur heelwat mense gekritiseer is. Die aand vóór die groot byeenkoms bevind Gert Potgieter en Fanie du plessis hulle by Hannes Botha in sy woonstel waar verskeie internasionale gaste onthaal is. Ná die onthaal besluit Fanie om Ivor 'n streep te trek deur hom af te dreig, omdat hy so sterk ten gunste van die sogenaamde "oop" sport was. Hierdie plan van Fanie het toe vir Gert die ingewing laat kry om 'n polisievriend by die nabygeleë polisiestasie op Fanie se spoor te sit sodra hy met sy dreigement besig raak.
VOLHOUBARE NASIONALISME...
... HET NET EEN GRONDSLAG
Jeanette Koekemoer
Daar is net twee beginselbasisse in die Suid-Afrikaanse politiek; 'n nasionale beginselbasis of 'n liberale beginselbasis. Die liberale beginselbasis het oral in Afrika misluk, is besig om nou ook in Europa te misluk; dit het die onlangse verkiesings daar bevestig, en is ook besig om nou in Suid-Afrika te misluk - ons beleef 'n ekonomiese verknorsing wat binnekort tot totale ineenstorting gaan lei, en ons sit met binnelandse geweldpleging wat die getuigskrif is vir die mislukking van hierdie beleid. Nog sien ons nie ‘n totale terugkeer na die nasionalisme onder ons eie mense nie – dit is asof hulle verlam is deur die gif van liberalisme.
In ons geskiedenis het die ineenstorting van die Afrikanervolk se politieke mag tevore die staat laat verval maar het die Afrikanervolk nie daarmee saam verdwyn nie.
SELFONDERSOEK DRINGEND NOODSAAKLIK
Ds Willem van Schalkwyk
Vanweë die sonde van die mens het God owerhede oor ons aangestel om sorg te dra dat die samelewing nie in totale chaos verval nie. God is immers 'n God van orde en vrede (1 Kor 14:33) en daarom het Hy owerhede met sy mag beklee om orde en vrede in die samelewing te handhaaf. Hy het nie sy mag aan hulle oorgedra nie, maar hulle in 'n ampsposisie geplaas om sy bevel uit te voer. Staatsgesag is dus slegs afgeleide gesag.
Om regeermag van God te ontvang, bring 'n ontsaglike verantwoordelikheid mee. Wie God se gesag hier op aarde wil bedien, moet dit doen soos God dit sou doen. Dit lê op elke owerheid die verpligting om dié EEN te erken van Wie hy sy regeermag ontvang het én die wil en die wette toe te pas van Hom Wie hulle aangestel het.