Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer ons op ons voete staan, kyk ons vorentoe, maar wanneer ons op ons rug lê, kyk ons boontoe. In sulke tye besef ons dat ons niks anders as Jesus oor het en eintlik niks meer as Hy nodig het nie! Ja, as ons koninkryk wyk, neem God s’n oor!
HIER STAAN ONS NOU
Elke dag is ‘n dag nader aan daardie groot dag dat ons onsself hand en tand sal moet verdedig teen ons volksvyande wat ons as Afrikanervolk wil uitwis. Ons sien elke dag dinge gebeur wat ons op daardie pad te wagte is. Tans is die ANC en sy misdade, korrupsie en bedrog besig om aan die kaak gestel te word deur sy eie kaders, iets wat Siener van Rensburg ook voorspel het. Om te sien waar ons tans in hierdie voorspelling staan, kyk ons vlugtig terug na vorige voorspellings van Siener.
Siener van Rensburg het 'n visioen gehad waarin vir hom gesê is dat Suid-Afrika eendag 'n swart regering sal hê. Siener het reeds in 1916 aan Boy Mussmann gesê:
Daar kom 'n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby, en sit ons met 'n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd.
So, sê Siener, sal ons sien die Heer se weë is nie ons s'n nie. Ons sal weer aan die bewind kom, want ek sien 'n Boere-velskoen (Boereregering). Ek sien 'n grasdakhuis (Boere-kabinet).
DIE OPLOSSING VIR MISDAAD
Sedert Suid-Afrika sy Christen-grondwet met ’n godlose een vervang het, floreer misdaad in die land. Dit het binne die eerste vyf jaar van sg. demokrasie met 717% gestyg en is meer as 40 nuwe misdade aangeteken wat voorheen onbekend was. Die politieke klimaat het dit vir boosdoeners maklik gemaak om misdaad te pleeg. Daarom is niemand in die land meer seker van ʼn veilige aankoms of tuiskoms nie.
Die toename in misdaad is aan die verraderlike optrede van eertydse blanke politici en ontspoorde kerklui te wyte wat volksgenote verseker het dat die verfoeilike situasie wat sedert 1994 opgedis is, slegs die groeipyne van ʼn nuwe bedeling was wat spoedig sou verdwyn. Dit het nie verdwyn nie. Volgens kenners is die misdaadvlak in Suid-Afrika die hoogste ter wêreld benewens ʼn oorlogsgebied.
Misdaad neem egter ook wêreldwyd toe. Amerikaanse statistiek toon aan dat besighede jaarliks $10 biljoen weens werknemer-diefstal verloor. Meer as $4 biljoen per jaar word weens geldverduistering en $3 biljoen weens inbraak verloor. Daarbenewens word $2 biljoen aan winkeldiefstal en $1,3 biljoen weens brandstigting verloor.
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (5)
Ds A.E. vd Berg
“Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp”(2 Kor.10:3,4).
Petrus waarsku dat Satan soos ʼn brullende leeu rondloop op soek na prooi om te verslind. Gelowiges wat in ʼn godvyandige wêreld aan die waarheid getrou bly, is sy hoofteiken. Jesus sê:“As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy (Satan) My vóór julle gehaat het. As julle ván die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle” (Joh.15:18,19).
Hierdie haat plaas die kerk in ʼn voortdurende stryd met die leuen. Daarom is elke groot era in die kerkgeskiedenis aan ʼn stryd om die waarheid gekenmerk. Feitlik elke NT brief praat daarvan en roep gelowiges tot hierdie stryd op.
Die kerk is egter nooit ongemaklik daarmee nie. Stryd is lewe.
WATERBOBBEJAAN (23)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Sakamatlakobata en al die bure staan rondom oom Stoffel Wolf by die skaapkraal.
“Hier het die satan met die hamel grondgevat. Ek was gelukkig douvoordag by die kraal voordat daar nog ‘n bediende geloop het of die skape uitgekeer is. Ek het die spore met hierdie tak toegemaak en julle laat roep.”
Hy lig die tak versigtig op en almal besigtig die spore.
“Dis nie ‘n tier of ‘n leeu nie,” sê oupa Rabasetsana. “Jy kan dit aan die kussinkies en die naels van die spore sien.”
Almal stem saam.
“Ek het van kommandant Jan Viljoen en ander grootwildjagters gehoor van ‘n tamaai groot soort Kalahariwolf wat hulle op hulle jagtogte na die noorde teëgekom het. Ek dink dis een van hulle wat hierheen afgetrek het. Daar is moontlik ‘n tekort aan wild weens ‘n groot droogte.” Niemand verskil van die ou man nie, want nie een het ‘n beter of ander storie nie.
“Kom ons saal op en gaan soek hom,” sê Sakamatlakobata.
UBUNTU
>
>>>
ʼn Skadelike hersenskim
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die prysgawe van staatkundige mag in 1994 het tradisionele Afrika-godsdienste aan die suidpunt van Afrika laat opleef. Dit het hoofsaaklik om die as van Ubuntu gedraai, ʼn Zulu-woord wat menslikheid beteken maar in werklikheid ʼn hersenskim is wat die Evangelie van verlossing in Christus skaad.
Ubuntu klink positief as dit eerbied vir ander stamgebruike eis, die kriteria vir tradisionele gebruike neerlê en met die sinspreuk: ʼn Mens is slegs mens deur ander mense, eenstemmigheid nastreef. Dit het selfs godsdienstige betekenis verkry. Die Afrika-mens glodat hierdie strewes van hom ʼn voorvadergees ná sy dood sal maaken hy vereer/aanbid sal word. Satan het dit ook begeer!
“Weer neem die duiwel Hom saam na’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid” (Mt.4:8.9).
GRENSE WORD DEUR GOD GESTEL
Hannes Ollewagen
Ps. 74:1-23
“Aan u behoort die dag, aan U behoort ook die nag; Ú het hemelligte en son vasgestel. Ú het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, Ú het hulle geformeer.” (:16&17).
Die Almagtige God wat die Skepper van hemel en aarde is, is ook die Een wat grense ingestel het. Hy is ‘n God van orde en om hierdie orde te handhaaf, het Hy grense gestel. Hy het vir die somer en winter hul grense gestel. Hy bepaal vir die son sy tyd om onder te gaan en begrens dit hierdeur. Hy het selfs vir die grote oseaan sy grens bepaal wat nie oorgesteek mag word nie. “En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het? Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel. Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het; en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word ‘n grens gestel vir jou trotse golwe.” (Job 38:8-11).
Dit maak dan ook baie sin dat God vir die mensekinders ook grense sou stel. Hy het tussen verskillende volke grense daargestel om die mensekinders van mekaar te skei.
“Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.” (Deut. 32:8). “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;” (Hand. 17:26-27).
WATERBOBBEJAAN (22)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Lank na die indoena weg is, sit Sakamatlakobata nog en dink. Hy en Waterbobbejaan het deur hulle kinderagtige optrede die hele bosveld omgekrap. Hy wonder wie is daar oor wat nie in die aangeleentheid betrokke is nie. Eendag sal die nageslag van hom en Waterbobbejaan praat as die opvolgers van Silkaats en sy kwaaddoeners. Wat sal sy kleinkinders sê as hulle eendag van vreemdelinge moet hoor dat hulle oupa en ‘n soort bobbejaan vir al die moleste verantwoordelik was?
Hy voel hy word rooi en hy stap vies weg na die kombuis. Piet het vyf nagte in die kraal gesit en niks gewaar nie. Die boer het sleg geslaap en sy vrou nog slegter.
Die oggend van die sesde dag kom daar ‘n Bantoe te perd aangejaag. In sy regterhand hou hy ‘n gesplete lat met ‘n brief daarin. Hy groet en gee dit vir die boer.
“Sanna, bring my bril.”
Sakamatlakobata sit sy leesbril op en stap van die kombuis af na ‘n plek op die werf waar die son die helderste skyn. Die groot ontsyfering begin.
“Sanna, maak daardie spul raasbekke in die kombuis stil!”
Toe hy na ‘n lang tyd klaar is, vou hy sy bril en sit dit in sy hempsak. Hy stap haastig kombuis toe.
“Wat is dit Kootjie? Is daar dood?”
“Ja!”
ALMAL IS VERSEKER NIE GELYK!
>
>>>
Ds Andrè van den Berg
“Daar is ʼn ongelykheid tussen mense wat die breë pad en diegene wat die smal pad in die lewe volg. As daar nie was nie, sou daar geen oordeel gewees het nie. Moet u nie laat flous met die mite dat alle mense gelyk is nie! Die mens is so ongelyk as kan kom!”
“ ... Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie” (2 Kon.22:13).
Jesus praat ook van God se toorn: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).
Dit bring ons by ʼn vraag wat baie gevra word: Het God alle mense ewe lief en sien Hy almal as gelyk?
Die antwoord is: Nee!
HERE, BEKEER ONS!
Of jy by jou haarkapper instap, of jou laerskoolkind na ‘n maatjie se partytjie neem, oral sien jy tatoeëermerke op al wat lewe. Hier word spesifiek gepraat van “gewone”, saggeaarde mense, onskuldige kinders, vriendelike mammas asook kerkgangers – uitgesluit die wilde ouens en bendelede met die kopbene, drake en sataniese simbole. Hier word gepraat van gewone volksgenote wat by die duisende “onskuldige” prentjies op hulle ledemate laat tatoeëer.
Die NG Kerk het hierdie gebruik ontsondig en beveel dit vir sy lidmate aan – daar word tot verskillende adresse van tatoeëerders in sy maandblad, die Kerkbode, verskaf. Die 41-jarige Herman (Harry) Strydom, eienaar van een van die Disciples Ink-takke wat in die Kerkbode aanbeveel word, beaam bg: “Die dae toe net rowwe diamante hier ingekom en vir ’n tatoeëermerk gevra het, is lánkal verby.”
Stap dan gerus by dié tatoeëer-ateljee, of te wel “street shop”, in Durbanville in – en moenie verbaas wees as jy slegs “gewone” mense hier aantref nie. Almal wat besluit het om ’n ink-prentjie op hul lyf te laat aanbring. Sommer oor middagete. Herman sê-vra: “Weet jy hoeveel ma’s kom hier in om hul kinders se name en geboortedatums op hul lyf te laat tattoo? En mense wat ter nagedagtenis van ’n gestorwe dierbare dié se naam wil aanbring?” Aldus die Kerkbode.
Soos die NG Kerk talle ander sondes ontsondig het oa homoseksualisme, saamwonery, huwelike van dieselfde geslag ens, dinge wat sterk deur God in sy Woord veroordeel word maar nou skielik nie meer vir die mens sonde is nie, so het tatoeëring ook die “regte” ding onder misleides geword wat dié kerk se veranderinge blindelings glo en navolg.
SA WÁS WEERBAAR MET KERNWAPENS
Die ou NP-leiers by monde van FW de Klerk en Pik Botha het by herhaling gesê hulle nie 'n ander keuse gehad het as om Suid-Afrika (sonder mandaat van die volk) aan 'n swart kommunistiese owerheid te oorhandig nie. Hulle verweer is dat Suid-Afrika onder geweldige druk van die buitewêreld was en dat Suid-Afrika onregeerbaar sou word deur al die binnelandse onrus en opstande van die swart volkere – onrus wat deur die buiteland gestook is in die hoop dat die land onregeerbaar sou word.
Dat Suid-Afrika weerloos gestaan het in hierdie situasies is só ver van die waarheid verwyder dat daar net een gevolgtrekking uit te make is: die verraderlike ou NP-leiers het vir totaal ander redes as vir die veiligheid van Suid-Afrika die land weggegee. Suid-Afrika was op daardie tydstip een van die weerbaarste lande ter wêreld. In hierdie artikel en opvolgende aflewerings sal die leser homself vergewis van die leuens wat aan die burgers van Suid-Afrika opgedis is oor die sogenaamde weerloosheid van die land in die laaste jare vóór 1994. Vóór 1994 toe die kernwapens skadeloos gestel is, was Suid-Afrika só weerbaar soos nog nooit tevore nie. Dit laat mens nogal dink waarom die land deur verraad op sy knieë gebring moes word...
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (3)
>
>>Ds Andrè vd Berg>
“Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (1 Joh.2:18,19).
Min dinge ontstel ʼn gelowige meer as leuens wat vanaf kansels as die waarheid verkondig word nie. Dis ʼn ou probleem in die kerk: “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer ... en baie sal hulle verderflikheid navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Pet.2:1,2).
Paulus skryf: “Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg ..... Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat .....” (Hand.20:28-31).
DIE VROU SE ROL IN DIE SAMELEWING ...
... DEUR DIE OOG VAN ‘N TIENER
Watter vooruitsigte is daar vir 'n jong Afrikanermeisie vandag? In hierdie artikel wys een van die ANB se jong lede, RENTIA VORSTER, daarop dat hierdie vraag regtig 'n ernstige saak aanspreek, waarvoor 'n oplossing nie sonder die Bybel gekry kan word nie. Net soos dit ook nodig is om na ons geskiedenis te gaan kyk.
In die Bybel leer ons al aan die begin: die vrou is die sede bepaler van die volk. Lees Genesis 3:6: "...en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet." Eva sondig, en Adam betig haar nie, inteendeel hy doen mee. Wat lees ons 'tussen die lyne'? As die vrou haar begeerte bo haar taak stel, is die saak al halfpad verlore. Op die ou end is die volk geknak. So het vele nasies deur die eeue groot skade gelei.
Hiervan is die Portugese 'n goeie voorbeeld. Hulle was ontdekkingsreisigers in woord en daad. 'n Vrou kon nie saamgaan op 'n skip nie, en moes dus tuis bly. Die bediendes (waarvan daar sekerlik meer as genoeg was) doen al die takies waarmee 'n vrou haar gewoonlik besig hou, en al wat sy nou nog kan 'doen' is om die kleremodes slaafs na te volg. Uiteindelik duur die reis waarop hul mans weg is te lank en begin hul flankeer met hul bontkleurige bediendes. Vandaar die agteruitgang van die Portugese volk.
NG KERK, ADIEU!
>
>>>
ʼn Terugblik
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Ek is in November 1977 deur die NG kerk op Stellenbosch gelegitimeer en daarna in ʼn Kaapse voorstedelike gemeente bevestig. Ek was van jongs af lief vir die Gereformeerde omdat dit Bybelsbegrond was. Daarbenewens moes ek dit ook dikwels teen charismatiese familielede verdedig.
Ek het van meet af aan met lidmate in die bediening te doen gekry wat tot die gevoelsgodsdienste aangetrokke gevoel het. Om die Gereformeerde leer aan hulle te verduidelik was loutere vreugde.
Alles het in die bediening het voor die wind gegaan totdat winde van verandering in die vroeë 1980s in die NG kerk begin waai het. Wat as ʼn ligte bries begin het, sou al hoe sterker word totdat dit orkaansterkte bereik het.
Die Wes-Kaapse Sinode van 1983 was vir my ʼn wrede ontnugtering. Ek het besef dat die NG kerk gaan ontspoor en my toekoms sal raak. Ek het sake nie daar gelaat nie en met vrysinnige kerklui in ʼn polemiek in Die Kerkbode betrokke geraak in ʼn poging om kerklui te laat besin. Alles tevergeefs!
WATERBOBBEJAAN (21)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Sakamatlakobata se vrou bring vir hom ‘n koppie tee onder die blinkblaar.
“Sê vir die seuns hulle moet ‘n groot, vet hamel vir Trappies se vrou afkeer. Stuur vir haar ‘n kan wyn. Dis syne. Laat weet vir haar sy kan op die plaas bly. Maar sy moet gereeld vir jou help en sy kinders moet leer om die skape op te pas. As hulle te klein is daarvoor, moet hulle vir jou skoffel in die groentetuin. So nie, kan hulle met die kuikentjies help. Hulle moet iets doen. Bobbejaankrans is nie ‘n Engelse sendingstasie nie.”
Ouderdom is niks anders as ‘n gestadigde vereensaming nie, dink hy. Die kennisse van jou jeug sterf een vir een, Blank en Bantoe. Jy begin ook terugdink aan jou eerste hond en eerste span osse, jou eerste geweer en die eerste bok wat jy geskiet het.
AFRIKANER- NASIONALISME (15)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Wankeling en verwarring op die politieke front
Generaals Hertzog en Smuts het die nuwe Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party gestig. Die woord nasionaal het wel in die naam van die nuwe party verskyn, maar daar was min nasionalisme in die nuwe party se strewe of ideale. Dit het of neutraal of vyandig teenoor Afrikaner-nasionalisme opgetree. Onder die lede was wel mense wat deur nasionalisme beïnvloed was, maar meer wat heftig daarteen gekant was.
Die grootste deel van die Nasionale Party het generaal Hertzog na die nuwe party gevolg. Wat oorgebly het in die Nasionale Party, moes gereorganiseer word en het weer na herstigting as die politieke front van die Afrikanerdom opgetree.
Wat getalle betref, was die herstigte party in Kaapland onder dr. Malan verreweg die sterkste. In die Vrystaat en Transvaal was die getalle wat by die Nasionale Party gebly het, min maar hulle was mense uit die republikeinse geledere en lede wat sterk met Afrikaner-nasionalisme besiel was.
WIE BEHEER MALEMA?
In hierdie artikel kry ons ‘n baie insiggewende blik op die bedrogvolle manipulsie van die marionet Julius Malema deur intelligensiedienste ten einde sekere politieke doelwitte te behaal. Met dank en erkenning aan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging.
Luister 'n mens deesdae na sosiale gesprekke tussen Afrikaners word dit al hoe duideliker dat daar 'n groeiende vrees is vir die bedreiging van fisieke geweld teen Blankers – en spesifiek Afrikaners – wat binnekort dalk mag eskaleer en selfs in 'n poging tot die uitwissing van Blankes mag ontaard. In hierdie soort gesprekke word die sogenaamde Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en hul leier, Julias Malema, gewoonlik pertinent bespreek.
Om hierdie saak deeglik onder die soeklig te neem, moet eerstens erken word dat Swart-op-Wit geweld 'n wesenlike probleem is en dat dit waarskynlik sal toeneem, na mate die opsweping en frustrasie onder die Swart massas toeneem oor hul eie situasie. Om egter die scenario rondom die ontwikkeling aan die linkerkant van die Swart politiek, en veral die wyse waarop die arrogansie en frustrasie van jong Swartes bestuur word, beter te verstaan moet die rol van Malema as persoon ook verstaan word.
Die rol wat Malema speel en die wyse waarop sy organisasie te werk gaan is vir deeglike studente van die politiek en die geskiedenis erg verdag. Malema word in die huidige politieke en sosiale proses in Suid-Afrika soms heeltemal te veel krediet gegee vir gebeure en verskynsels wat heeltemal bo sy vuurmaakplek is. 'n Deeglike ontleding van gebeure rondom Malema en sy organisasie kan nie anders as om agterdog te wek by eerlike analiste nie.
AFRIKANER- NASIONALISME (14)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
In 1928 het die stryd binne die Nasionale Party oor die republikeinse ideaal losgebrand.
Op 15 Mei 1928 het die Federale Raad besluit om artikel 4 van die Program van Beginsels van die Nasionale Party te wysig op so ’n wyse dat die nuwe soewereine status aanvaar word, maar afstand gedoen word van die Republikeinse strewe.7 9 Die ou artikel kon as soewereine onafhanklikheid of republikeinse onafhanklikheid vertolk word.
’n Vergadering op Potchefstroom op 25 Augustus 1928 het beswaar teen die wysiging gemaak. Daar was beroering in die Nasionale Party.8 0 Die skrywer onthou goed hoe die Partysekretaris gery het om takke in Kaapland te paai en oor te haal. Hy het destyds onder andere die Stellenbosch-tak toegespreek.
LAAT DIE HEILIGE GEES BY U WOON
Hannes Ollewagen
Johannes 14:1-31
“...die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” (:17).
“Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.” (:23).
“maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (:26).
Ons leer uit hierdie gedeelte uitdruklik dat die Gees van God nie in alle mense se harte woon nie.
WATERBOBBEJAAN (20)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Waterbobbejaan was so besig die afgelope tyd dat hy nie eerder kans gehad het om sy grot in orde te bring nie. Dit het hom ‘n hele dag lank gekos om sy voorste grot weer so netjies te maak soos dit was voordat die seuns en die honde dit ontruim het. Hy het die stompe wat nie in die vuur was nie, die eerste van die krans afgegooi. Toe het hy die halfgebrande stukke weggegooi. Daarna het dit ure lank geduur om die as verwyder te kry. Hy moes dit handjie vir handjie vol optel en wegdra.
Hy was een keer in ‘n leë Bantoehut. Die inwoners het die vorige dag weggetrek. Waterbobbejaan wil nie hê sy grot moet so van die as lyk nie.
Toe hy klaar skoongemaak het, gaan sit hy in die opening van sy grot agter die waterval. Hy het genoeg gesien om hom te oortuig dat hy nie meer langs die grot in die sonnetjie moet sit nie, want dan sit hy langs sy paadjie, en die waterval raas so dat hy nie kan hoor wat agter hom aangaan nie. Hy wil ‘n beskermde rugkant hê.
Hy is vanoggend versadig en tevrede met alles behalwe die spoor wat hom ontstel het.
CHRISTENE MEES VERVOLGDE GROEP TER WÊRELD!
Politieke korrektheid dra grootliks by tot wêreldwye anti-Christelike sentimente en vyandskap wat kommerwekkend is. Dit baan die weg vir terroriste wat daarop uit is om die Christendom uit te wis. Só het ’n kundige op die gebied van godsdienstige vervolging aan Fox News gesê.
Volgens die webtuiste van Fox News, dui die tussentydse bevindinge in ’n verslag wat in April bekendgemaak en deur die Britse minister van buitelandse sake, Jeremy Hunt, aangevra is, daarop dat vyandelikheid nie net geografies aan die toeneem is nie, maar ook in intensiteit. In sommige gebiede is dit so erg dat dit aan die internasionale definisie vir volksmoord grens.