Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die beste ding wat Jonathan vir Dawid kon doen, was om doodeenvoudig net sy vriend te wees. Dawid het geweet dat Jonathan vir hom omgee en dit was voldoende beloning. Hy wou geen verdere beloning hê nie. Dis mos wat ’n vriendskap goddelik maak.
WATERBOBBEJAAN (16)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
‘n Paar middae later bring die wagtertjies die skape kraal toe. Die boer tel hulle toe hulle by die hek ingaan. Hy maak die hek toe.
“Het julle al die skape gebring?” vra hy.
“Ja Oubaas.”
“Hier is twee kort.”
“Nog nooit nie, Oubaas!”
“Wil julle met my stry?”
“Nog nooit nie, Oubaas!”
“Lieg ek?”
“Nog nooit nie, Oubaas!”
“Praat ek die waarheid?”
“Nog nooit nie, Oubaas!”
PLAASAANVALLE EN -MOORDE - DIS TYD VIR REALISTIESE OPLOSSINGS
Plaasaanvalle het 'n onuithoubare krisis-situasie geword in Suid-Afrika. Maar te midde van 'n openlike oorlog teen die Blanke, gaan ons volk voort om aan ons vyand beweegruimte te gee om hul greep op ons te verstewig en groter paniek onder ons te saai. Die tyd het aangebreek vir realistiese en praktiese optrede wat die probleem daadwerklik sal aanspreek. JOHANN WOLMARANS van die ANB ontleed die situasie en maak praktiese voorstelle in hierdie artikel.
Hoewel enkele plaasaanvalle en plaasmoorde tussen 1990 en 1994 plaasgevind het, het hierdie tendens sedert 1994 deel van die SuidAfrikaanse misdaadkultuur geword. Dit was egter gou duidelik dat hierdie nuwe soort misdaad, wat voor 1994 byna nie bestaan het nie, deur 'n politieke agenda gedryf word.
Die fenomeen om sagte teikens – en veral bejaardes – op plase aan te val en dood te maak is egter die afgelope paar maande op die spits gedryf met 'n skielike eskalering van die aantal voorvalle. In Oktober 2017 is 'n hoogtepunt bereik toe daar in minder as 'n week ses plaasaanvalle oor 'n wye gebied in Suid-Afrika voorgekom het en twee mense in dié aanvalle gesterf het. Hierdie bloedige week het gevolg op 'n tydperk waarin daar oor die voorafgaande ses jaar elke jaar 'n verhoging was in die aantal aanvalle op plase. Tot in Oktober was dit duidelik dat 2017 geen uitsondering sou wees nie en ná tien maande was daar reeds meer plaasaanvalle in Suid-Afrika as die vorige jaar (2016).
Die jongste vlaag aanvalle en moorde op plase het ook 'n ongekende reaksie van die publiek (veral onder Afrikaners) tot gevolg gehad. In 'n toestand van woede en skynbaar ook magtelose frustrasie het mense allerhande oplossings en aksies voorgehou om die probleem te probeer aanspreek.
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE (2)
Ds.A.E van den Berg
Lees reeks by AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
Godsverheerliking
God se uitverkorenes is daarop ingestel om Hom te verheerlik:
“Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!”(Ps.150:6).
God word op talle maniere verheerlik. Eerstens deur te bely dat Christus die Here is. Omdat hulle nie sy heerskappy wil aanvaar nie, wil die godvyandige wêreld niks daarvan weet nie.
Gelowiges verheerlik God ook in hul doen en late:
“ Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (1 Kor.10:31).
God word ook deur sonde, belydenis en getroue gehoorsaamheid aan sy Woord verheerlik. Van Abraham word gesê:
AFRIKANER- NASIONALISME (10)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
- Politieke organisasies
Waar ’n nasionale stryd ’n konstitusionele een is, en waar dit ’n oorlog sonder koeëls is om Milner se uitdrukking te gebruik, kan ’n verowerde nasie nie sonder ’n politieke front sy stryd met sukses voortsit nie. Teoreties is dit nie nodig dat daar net een party moet wees nie en daar kan omstandighede wees waar meer as een nodig is. In die geval waar die Britse partystelsel in werking is, sal dit beter wees om net een party as die politieke front te gebruik.
Om konstitusioneel op te tree, moet wetgewing gemaak of verander word om die verowerde nasie se doel te bereik. Dit kan geen kulturele organisasie doen nie.
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE (1)
Ds.A.E van den Berg
Lees reeks by AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
Rom.1:18-32
“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk....” (Rom.1:18).
Inleiding
Suid-Afrika beleef sedert 1994 ʼn sedelike vryval nadat die Christen-grondwet tot niet gemaak en die land amptelik tot ʼn wêreldstaat verklaar is. Die lugleegte wat dit gelaat het, laat misdaad hoogty vier en geweld sulke ongekende afmetings aanneem, dat mense daagliks selfs binne hul huise vir hulle lewens vrees.
WATERBOBBEJAAN (15)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Waterbobbejaan kon een versoeking nie weerstaan het nie. Klein Willem se knapsak het mooi kopergespes aan. Hulle het geblink in die gloed van die vuur. Hy het dit versigtig opgetel en toe stilweg teruggeklim na sy slaapplek.
Voordat die seuns uit die grot is, het hulle die hele grot deurgesoek na Willem se sak. Hulle het dit nooit gekry nie. Toe het 'n nuwe storie onder die Bantoes begin: in die kleinbaas se kossak was 'n knipmes. Waterbobbejaan is nou met 'n mes gewapen.
Die tweede aand na die seuns teruggekeer het, sit Waterbobbejaan voor sy grot. Dis tyd dat hy weer 'n slag koers kry en 'n strooptog onderneem. Hy staan op toe dit mooi donker is en begin loop.
AFRIKANER- NASIONALISME (9)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Taal- en Kultuurorganisasies
Hierdie organisasies is daar om as fronte van nasionalisme in sy stryd te dien. Hulle moet onafhanklik optree in die belang van nasionalisme en kan dikwels as ’n bindende faktor hul rol speel. In die verlede het hulle soms wel aktief opgetree en toe op ander tye verflou, maar nooit het hulle afgewyk van die pad van nasionalisme nie. Van hulle het wel verdwyn as diens nie meer nodig was nie, maar as die nood weer ontstaan het, het nuwe organisasies ontstaan soos byvoorbeeld in die geval van die taalfront. Dit is nie in die belang van nasionalisme dat daar jaloesie of vyandigheid teenoor mekaar onder hierdie organisasies ontstaan nie. Dit geld ook vir die kultuurorganisasies en die politieke organisasie. So iets werk teen nasionalisme en sy strewe. Dit het wel tussen die Nasionale Party en die O.B. plaasgevind. Die Party, d.w.s. die politieke front, wou die kultuurfront domineer. So iets vind ook vandag plaas. Eienaardig dat dit plaasvind terwyl die politieke front swak is.
DIE LEUEN VAN 'N "DEMOKRATIESE REGSTAAT" WORD ONTMASKER
(Bydrae gelewer deur die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB))
Ná byna tien jaar van die Zuma-regime waartydens die plundering van Suid-Afrika drasties versnel het, het ons land se politieke landskap teen die einde van 2017 wéér 'n wending beleef.
Sedertdien het Suid-Afrikaners 'n wipwa-rit beleef op die politieke front. Eers was Cyril Ramaphosa 'n soort Superman wat net betyds opgedaag het om die nuwe Suid-Afrika te red en weer terug te plaas op die "versoeningspad" van Nelson Mandela – aldus die histeriese hoofstroom media en duisende liberale Blanke politieke skape.
Ramaphosa se pryssangers het egter skaars kans gehad om asem te skep, toe hy al die liberale kwylbekke – en selfs die "konserwatiewe" Afrikaners wat so opgewonde was oor die nuwe era wat kwansuis aangebreek het – met 'n goedgemikte skop op die krop van die maag tref. Ja, die nuwe euforie se wiele het gou afgekom met net 'n paar sinne in 'n toespraak van Ramaphosa, want hy het trots en onomwonde in die openbaar bevestig dat die ANC-regime die grondwet wil verander om die beginsel van privaat eiendomsreg keelaf te sny.
Let wel, hoewel die openbare debat hoofsaaklik konsentreer op die feit dat die regime grond wil onteien sonder vergoeding, is die implikasie van Ramaphosa se aankondiging baie groter. Om die beginsel van privaat eiendomsreg uit die grondwet te verwyder beteken inderdaad dat die staat die reg sal hê om enige eiendom van privaat persone of instansies te onteien. Dit sluit in grond (plase), ander vaste eiendom soos huise en geboue in stedelike gebied en selfs besighede, pensioenfondse of enige ander privaat eiendom. Dit gaan oor eiendomsreg, nie net oor plaasgrond nie.
MISDAAD IS DEEL VAN REWOLUSIE
André Schmidt
In ons eie land asook in die buurlande, weet ons dat "vryheidsbewegings" se revolusie plaasvind deur middel van terrorisme en misdaad. So is die misdaad en plaasaanvalle van vandag niks anders nie as deel van die revolusie. 'n Boer in Suid-Transvaal meld onlangs dat dit opmerklik is dat die getal persone in ‘n groep wat gewelddadige aanvalle loods, van gemiddeld 5-6 opgeskuif het na 12-14 per groep. Dit is duidelik dat sulke tipe aanvalle niks anders is as die massas wat 'n revolusie voer nie. In `n program oor plaasmoorde wat gebeeldsend is op Special Assignment, waartydens daar `n indiepte ondersoek gedoen was oor die motief van plaasmoorde, verklaar `n deskundige op dié gebied dat die plaasmoorde in Suid-Afrika niks anders is as `n volksmoord (“ethnic cleansing”) nie.
Dat die revolusie huidiglik gewelddadig is, is duidelik. Dat die revolusie in sy verdieping meer gewelddadig sal word, behoef ook geen betoog nie.
ONS MOET GELOOF Hê
Hannes Ollewagen
Génesis 15:1-21
“En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.” (:6).
Ons onderskat sekerlik die waarde van geloof in God se oë. Ons sal met hierdie mooi handeling of daardie goeie optrede God menigmaal probeer beïndruk. Ons dink egter selde daaraan dat God met ‘n opregte en vaste geloof regtig beïndruk word.
Geloof word in die brief aan die Hebreërs beskryf as ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop. En dit is‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. “DIE geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (Heb. 11:1). Ons leer selfs uit hierdie selfde brief dat dit onmoontlik is om God sonder geloof te behaag. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” (Heb. 11:6).
WATERBOBBEJAAN (14)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
"Vang die perde en haal die saals af!" beveel die boer. Die drie perde is moeg en hulle is op 'n terrein wat hulle ken en tussen mense wat hulle altyd goed behandel het. Dit duur nogtans 'n tydjie om hulle tot bedaring te bring.
"Saal vir ons drie ander perde op. En julle twee kom saam met my. Laat haal gou julle knopkieries by die statte." Terwyl die Bantoes die perde opsaal, gaan haal hulle seuns die enigste wapens wat hulle toegelaat is om op die plaas te dra. Hulle moet iets hê om hulle mee te verdedig in die bos.
“Watter koers gaan jy inslaan, Kootjie?"
"Ons sal maar agter die rantjies om ry. Ek het hulle belet om naby Waterbobbejaan se grot te kom en hulle het nie vir my gesê dat hulle van plan is om daar naby verby te ry nie. Ek raai ook maar."
Hulle het net so gemaak soos ek gewoonlik doen, dink die Alleenloper. Mens weet nie wat hulle plan is nie. Hy het lus en skop die seuns as by hulle ooit weer sien.
Hy gaan kombuishoek toe en vat sy Krag-Jorgensengeweer. Hierdie geweer is akkurater as sy Steyr op die eerste paar honderd tree. Die roer het ook 'n groter slaankrag op 'n kort afstand. Hy is vasberade om die luiperd op kort afstand te skiet. Hy moet hom eens en vir altyd van die gras afmaak. Hy gaan hom ook nie bekruip nie, hy gaan hom met oopvisier skiet.
Sakamatlakobata voel hulpeloos sonder sy honde. Hulle sou vir hom spoor kon sny. Dis ook maar 'n skrale troos: hulle het nog nooit getoon dat hulle dit goed kan doen nie.
WAAROM PLAASAANVALLE?
Inligting, soos deeglike polisieverslae oor plaasaanvalle wat meer as 'n dekade gelede al beskikbaar was, gee duidelik die antwoord op die agenda agter dié misdaad.
Ten spyte van die feit dat die owerhede en senior ANC-gesinde top bestuurslede van die Suid-Afrikaanse Polisiemag dit aanhoudend ontken, is daar oorgenoeg getuienis dat plaasaanvalle 'n politieke aksie is en dat dit met politieke doeleindes beplan en uitgevoer word.
Plaasvaanvalle is niks anders as 'n voortsetting van die lafhartige terroriste-oorlog teen Afrikaners en Blankes nie. Die hoofredes vir hierdie verskynsel hou verband met die agenda van die Swart kommuniste, wat dekades gelede reeds bestaan. Hieronder tel die volgende:
* Om vrees en paniek onder Blankes aan te wakker. Dit is 'n erkende metode van kommuniste om 'n gees van magteloosheid en vrees onder hul vyand aan te blaas om hul doelwitte te bereik. In hierdie geval is die hoofdoelwit om Blankes/Afrikaners negatief te maak oor die besit van plaasgrond en boerdery in die algemeen.
WIE MAAK ONS GELD? (3)
>
>>>
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
Deel II: Verskillende sette om ons arm, hardwerkend en ellendig te hou en ons so te kondisioneer vir ’n Marxistiese Werelddiktatuur.
Ons geskiedenisboeke verbloem die feit dat die Amerikaanse Vryheidsoorlog aangehits is deur die aandeelhouers van die Bank van Engeland wat die Koloniste die reg om hulle eie geld te druk en uit te gee ontsê het. Soos reeds vermeld het die eerste Amerikaanse koloniste hulle eie geld uitgegee om vir regeringsuitgawes te betaal. Toe die Bank van Engeland se eienaars dit verneem, het hulle druk op die Engelse regering uitgeoefen en in 1764 het die Engelse Parlement Amerikaanse banknote onwettig verklaar en die verdere druk en verspreiding daarvan deur die Koloniste verbied. Dit het tot veel ontbering, verarming en werkloosheid onder die Koloniste gelei.
AFRIKANER- NASIONALISME (8)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Die toepassing van Christelik-nasionalisme
Die toepassing van die beginsels en ideale van nasionalisme stel soveel eise aan die mens dat sy natuurlike selfsugtigheid en strewe na eiebelang dit vir hom uiters moeilik maak om dit gedurig te doen en sodoende nasionalisme ten volle uit te leef. Baie strewe daarna, maar net ’n klein getal kan ooit as goeie voorbeelde beskou word. Min kan onder alle omstandighede soos generaal C.R. de Wet sê: „Liewer met my eie Volk op die mishoop”, of soos generaal Koos de la Rey optree waar hy ’n rebellie wou lei, ’n republiek stig en dan generaal Botha, d.w.s. ’n ander persoon, president maak. So het hy bewys dat hy besiel was met die gedagte om sy nasie te dien sonder om eer vir homself te soek.
DIE WAARHEID
>
>>>
As die waarheid vertrap word
Ds Andrè vd Berg
“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Joh.8:32).
In April 1994 is chaos in ʼn bont vlag toegedraai en met behulp van verraderlike kerke op wetsgehoorsame burgers afgelaai. Almal is ʼn wonderlike nuwe staatsbestel bestel beloof. Dit was ʼn leuen en die begin van ʼn skrikbewind wat gelowiges tot vandag toe teister. Elke nuusberig bevestig dit!
Die ontwrigting was egter nie net tot landsake beperk nie; hoofstroomkerke het ook die kluts kwytgeraak. Kerke het vreemde dinge begin leer wat mense aan die vaste sekerhede van die verlede laat twyfel het. Lidmate is aangesê om die Bybel anders te lees as wat daarin geskryf staan. Kerke het hul wys gemaak dat die Bybel nie die bloudruk van God se wil is nie. Dis mensewerk met foute wat slegs aan die hand van nuwe wetenskaplike inligting verstaan kan word. En lidmate het dit geglo want dominees lieg mos nie!
WATERBOBBEJAAN (13)
Ben Venter
Lees reeks byWaterbobbejaan
“Toe maak gou,” sê Piet vir Willem en Koos. Hy sit op sy perd en wag.
“Ons wil na die waterval gaan kyk,” sê Koos. “As jy bang is, sal ek en Willem met die geweer gaan kyk. Miskien is Waterbobbejaan daar. Jy kan vir ons wag en die perde oppas.”
Piet voel gruwelik beledig. As jy ‘n reggeaarde Boer wil verneder, moet jy vir hom sê hy moet die perde vashou, terwyl ander die vegwerk gaan doen. Net die lafaards en verraaiers het dit gedoen.
Dis vir Piet ‘n moeilike keuse. Hy het uitdruklik opdrag gekry om van Waterbobbejaan se boerplek weg te bly. Maar hy is ook nuuskierig en hy wil nie lafhartig voor sy kleiner broers wees nie. Hy kan hulle ook nie met die geweer alleen laat nie. As oudste moet hy hulle beskerm.
“Goed, kom ons gaan.”
Dle perde is mak en hulle haak hulle aan jong boompies vas. Hulle sal mos nou-nou terug wees.
Na ‘n paar minute staan hulle bo-op die krans en kyk af na die waterval. Hy staan soos ‘n boog weg van hulle af en word al breër na onder.
Toe hulle genoeg gesien het, kyk hulle na die opstal.
“Kyk hoe klein lyk Pa-hulle,” sê Willem.
“Skiet ‘n skoot in die lug af, dan kyk ons of hulle ons hoor,” doen Koos aan die hand.
AFRIKAANS DIE REËNBOOG VAN HAAR TONGE
Hans du Plessis
"Sonder Afrikaans is ek niks," het wyle Jan Rabie by geleentheid gesê. Sonder taal is ek heeltemal niks, wil ek bysê. Ek is wat ek praat en ek praat wat ek is. Dit is taal wat van my mens maak, 'n spesifieke mens. Ek is Afrikaans omdat ek Afrikaans praat en ek praat Afrikaans omdat ek Afrikaans is, en die keuse om dit te bly, is my eie.
Ja, ek ken die statistiek, ek ken die taalkundige argumente en ek hoor die politieke retoriek, ek dink ek verstaan selfs soms die mosie. Maar maak taal dood en jy maak mense dood, want taalmoord is wettig. Natuurlik kan 'n taal doodgaan, oorle Paulus het dit hoeka vir die Korintiërs gesê; die aarde wemel van dooie tale...
As daar een argument in die taaldebat is wat my op Engels laat lag, is dit dat Afrikaans sal bly lewe as daar mense is wat haar praat.
SAL ONS MEKAAR IN DIE HEMEL HERKEN?
Sal ek my familielede en my vriende in die hemel herken? Ja, ons sal ken soos ons geken word. 1 Korinthiërs 13 vers 12 sê: “Nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”
Hierdie getuienis kry ons ook van mense wat uit ‘n skyndood weer tot bewussyn gekom het, dat hulle in daardie toestand bewus geword het van die Here Jesus se nabyheid, maar ook van dié van ‘n afgestorwe familielid wat hom of haar tegemoet gekom het.
In die verhaal oor die rykman en Lasarus, weet die rykman dadelik dat dit Abraham is wat aan die anderkant van die kloof by Lasarus is. Dit bevestig dat ons persone wat ons op die aarde geken het, weer in die hiernamaals sal herken.
SO MOET ONS OORLOG VOER
WAT LEER DIE BYBEL ONS OOR OORLOG EN 'N NASIE SE MILITÊRE PARAATHEID?
In die Ou Testament kom die Hebreeuse woord milhamah (vertaal as 'oorlog') honderde kere voor. Milhamah is maar net een van verskeie Hebreeuse woorde wat met die onderskeie fasette van oorlog vereenselwig word. Ook in die Ou Testament word God telkemale 'oorwinnaar in die stryd' genoem. Die oorwinningslied wat deur Moses en die volk van Israel gesing word ná hul ontsnapping van die farao (Eks 15:3-4), was: 'Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is "die Here"! Die strydwaens van die farao en ook sy leër het Hy in die see geslinger.'
Baie van God se groot leiers was militêre mense (Saul, Dawid, Moses, Gideon, Josua en ander.) Abraham het 'sy volgelinge... hulle wapens laat vat en die konings agtervolg tot by Dan' (Gen 14:14-15). Die Here het Josua as Moses se opvolger verkies om die Israeliete in Kanaän in te lei. Ten einde dit te doen is Josua beveel om al die inwoners van Kanaän uit te wis en is hy van God se bystand verseker (Deut 7:17-24). Toe help God vir Josua in die stryd by Jerigo (Jos 6:1-27).
Die Here gebruik regeringsamptenare as instrumente om die nasies wat dit nodig het te oordeel: 'Hy is immers ook hierin die dienaar van God dat hy die kwaaddoener moet straf' (Rom 13:4) Die Ou en Nuwe Testament is vol voorbeelde van menslike regerings wat deur God daargestel is (Dan 2:37-38; Joh 19:10-11).
Opsommend: 'n Nasie moet besef dat, terwyl hulle 'n sterk militêre mag opbou, hulle vertroue in God moet wees. Die gevaar van volkome geloof in militêre verdediging sonder God is net so groot soos die gevaar van 'n tweederangse militêre verdediging. Gelowiges in 'n nasie moes saamwerk aan 'n sterk land wat homself teen militêre aggressie kan verdedig. Terselfdertyd moet ons bid om vrede wat bereik kan word sonder om die beginsels waarop ons gebou het prys te gee – beginsels waarvoor ons voorvaders geveg het. Laastens moet ons besef dat die enigste ware en blywende vrede sal kom wanneer die Prins van Vrede terugkeer.
ONBEVREES DWARSDEUR DIE VUUR
Daar word dikwels oor die naam Koos van der Merwe grappies gemaak maar in hierdie ware verhaal het ‘n sekere jong Koos van der Merwe in alle erns en baie dapper, ‘n pragtige heldedaad verrig.
Koos en sy ouers het in die Vereniging-distrik gewoon. Dit was die jaar 1953, hy was vyftien jaar oud en in standerd agt.
Koos was op 'n dag in Augustus per fiets op die pad toe hy sien hoe 'n verwoestende veldbrand vyf beeste in 'n kamp vaskeer. Die hitte was so erg dat hulle benoud en amper histeries was. Koos het van sy fiets afgespring en dwarsdeur die vlamme na die beeste gehardloop met die idee dat hy hulle terug deur die vuur sou jaag, maar daarvoor was hulle nie te vinde nie. Toe begin Koos om een van die beeste se stert so styf op te wen dat die pyn te veel vir die arme dier was. Hy het deur die vlamme gebars, en natuurlik het die ander vier vinnig gevolg. Koos is sommer saam met die laaste bees deur die vuur gesleep maar sy broek was halfpad afgebrand en ook sy fiets toe hy daar kom.
Koos se beloning was egter genoeg: die stadsraad van Vereniging het vir hom 'n nuwe fiets gegee, die Dierebeskermingsvereniging het aan hom 'n silwer horlosie gegee, en Die Voortrekkerbeweging waarvan hy lid was, het aan die hom die Reddingsboei, 'n medalje vir dapperheid, oorhandig.