Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ongelowiges kan nooit goeie volksleiers wees nie omdat dit wat vir die Evangelie skadelik is, ook vir ‘n volk skadelik is.
GEE AAN DIE HERE WAT HOM TOEKOM
Hannes Ollewagen
Spr. 3:1-35
“Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.” (:9&10).
Ons hoor gedurig van moeilike ekonomiese tye. Ons hoor heeldag en aldag hoedat mense kla dat hulle nie met hulle geldjies uitkom nie. Ons hoor gereeld dat mense murmureer oor die regering wat ons almal beroof met hoë belastings terwyl daar bykans geen sinvolle aanwending van hierdie belastingfondse te bespeur is nie. ‘n Regering wat soos ‘n sprinkaanplaag alles opeet wat hy kan opspoor. Dink maar hoedat hierdie heidense regering ‘n eens florerende Evkom tot bankrotskap opgeëet het. En die tyd sal my ontbreek as ons moet praat oor die talle ander organisasies wat op ‘n stadium nie eens aan ekonomiese swaarkry kon dink nie en vandag bankrotskap in die gesig staar.
VREDE, VREDE? NEE, DIS OORLOG!
"Daar is ’n vrede wat die dood is en daar is ’n oorlog wat die lewe is. Die volk wat nie waardes het nie, wat geen geloof het nie, so ’n volk gee oor, want hy het niks om voor te veg nie en niks om te verdedig nie. So ’n volk word in oneer van die aarde afgevee."
Hierdie diepdeurdenkte woorde van Jaap Marais moet 'n keer goed deur reggeaarde volksgenote oordink word: dan sal ons dalk die erns van ons huidige toestand begin besef en ophou om die doodsheid waarin ons volksgees verkeer as 'n vredestoestand sien, en ons sal begin besef dat ons uit hierdie doodsheid moet uitbeur juis nie om sogenaamde vrede nie, maar om 'n weerstandsoorlog te voer wat weer vir ons lewe in hierdie land sal bring. Dan sal ons begin verstaan; en dan sal ons glo dat as ons dit nié doen nie, ons reeds oorgegee en ons niks meer het om voor te veg nie. En dán moet ons weet dat ons in geheel as 'n volk van hierdie aardbol afgevee gaan word – ons sal onthou word as die volk met die kortste bestaan van alle volkere voordat hy verdwyn het.
VERKEERDE OUERVOORBEELD
Ds AE vd Berg
“Maar sy moeder antwoord hom: Laat jou vloek op my wees....!” (Gen.27:13)
Hoe nader die einde van die wêreld kom, hoe meer gaan godsdiens, kultuur, volkswaardes en die gesinslewe agteruit. Die gehalte van ʼn volk se lewe hang ten nouste van sy gesinsleweaf. Waar dinge in ʼn gesin verkeerd loop, word dit nie sommer daarbuite reggestel nie omdat die gesin die smidswinkel is waar lewenswaardes op die aambeeld van die lewe gevorm word.
By geleentheid het ʼn direkteur van ʼn Amerikaanse maatskappy afgetree en geweet dat ʼn klompie jong bestuurders sy pos beny het. By sy afskeidsfunksie het hy gesê: “ My dogter is verlede week getroud. Toe ek met haar na die kansel loop, het ek met ʼn skok besef dat ek nie eens die naam van haar strooi-meisie geken het nie. So ook nie die naam van die laaste boek wat sy gelees het of wat haar gunsteling kleur was nie. Dis die prys wat ek vir hierdie werk betaal het. As julle bereid is om dieselfde prys as ek te betaal, kan julle dit gerus kry!”Ja, die prys van welvaart ten koste van gesinslewe is altyd te hoog!
ONS KULTURELE SELFMOORD
>
>>>
Wanneer die reg van 'n volk se voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie want 'net dalk is daar uitkoms aan die anderkant' van die spreekwoordelike draad!
Dit was Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels" met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die verskansing, die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie.
Ons volk het volkome kulturele selfmoord gepleeg wat uiteindelik gelei het tot politieke selfmoord, en as ons nie omdraai nie, sal dit lei na volkome volksmoord. En die mens wat hierdie twee geïntegreerde sake van mekaar wil skei is 'n dwaas.
DIE AFRIKANER EN DIE SLAWEKWESSIE
Hierdie artikel word geplaas met dank aan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging
Die verdrukking en onderdrukking van die Swartes in Suid-Afrika word voor die deur van die Afrikanervolk gelê. Die Afrikaner word vandag wêreldwyd voorgestel as die slawehandelaar wat geweier het om die slawe vry te laat – die moordenaar van duisende slawe en Swartes in Suid-Afrika. 'n Grondrower wat grond gesteel het van die wettige eienaars en hulle in slawerny gedompel het tot vandag toe. Wat is die waarheid hieroor?
Die Engelse wêreld, in besonder Brittanje, hou hul voor as die bevryders van die Swartes en die slawe. Die opspraakwekkende boek, Kaap van Slawe (2012), deur Marthinus van Bart, het weer die onderwerp van slawehandel, en die leuen wat vandag so skaamteloos in slawemuseums as die waarheid voorgehou word, na vore gebring en ontbloot. In die hedendaagse Suid-Afrikaanse geskiedskrywing en geskiedenisleerplanne van skole, word die betrokkenheid by slawehandel tydens die Britse besettingstydperke van 1795-1803 en 1806-1910 verswyg of net oppervlakkig daarna verwys. Die winsgewendheid van die slawehandel en die ware betrokkenheid van die Britte word nie geopenbaar nie!
Tog word die rol van die Hugenote en Dietse voorouers van die Afrikaner buite verhouding beklemtoon, hul betrokkenheid as afkeuringswaardig beskou en word die aandag daardeur afgelei van die mees onwaardige bedryf van mensehandel deur die Britte.
EN HULLE WIL DIT SOMMER NET KOM VAT?
>
>>>
Die land wat die swart regime nou sonder vergoeding wil annekseer en wat sal terugkeer na 'n staat van totale wildernis, is tot die sterkste staat in Afrika gemaak danksy die Afrikanervolk se wil tot eie volkskap en toewyding aan hulle vaderland. Op elke gebied dra die ontwikkeling en prestasies die stempel van die Afrikanervolk.
Ons, die Afrikanervolk, is die volk wat nou as 'n miskende en verstote "minderheid" moet aanskou hoe in gruwelike onreg hierdie vaderland wat deur ons opgebou is, geplunder en gesteel word en verval tot wat die Engelse skrywer, Paul Johnson, noem ' 'n industriële rommelhoop, beestelik, bloedig en bankrot'.
Wie daarvoor verantwoordelik is, is nie dié wat met 'n beleid van apartheid die land regeer het nie, maar anderrassiges en andertaliges wat daarná gekom het en met behulp van die hendsoppers en verraaiers soos die De Klerks, die Pik Bothas, die Roelf Meyers en hulle meelopers van hierdie eeu die land laat verval het tot die multi-kriminele staatsashoop-in-wording. Terwyl 'n klein groepie Swartes op die vet van die aarde leef en 'n klein groepie Blanke geldvrate superrykes geword het en hulle rykdom uit die land neem.
GOD SELF SAL ONS LEIERS KIES
Ons weet in Suid-Afrika wat verowering, veronregting, verdrukking en verarming is. Hier is nie van die veroweraar se mense by die armblankes nie. Dis die verowerdes en verdruktes wat gedrywe word tot die geledere van die armblankes.
Die vryheidsdrang in die mens kom uit God, dit is deel van die beeld van God waarna die mens geskape is. Maar by wyse van kastyding laat die Here toe dat hul vryheid hulle ontneem word, en dat daar armoede en verdrukking kom.
Maar dan kom die vryheidsdrang tot ontwaking. God plant die vryheidsdrang in elke mens se siel, maar dis deur verdrukking wat die vryheidsdrang wakker word en tot aksie kom.
APOKRIEWE BOEKE
WAT IS APOKRIEWE BOEKE EN WAAROM HET DIT ONSTAAN?
Op hierdie webblad het ons al gepraat oor die apokriewe boeke van die Bybel. Nou gaan ons meer breedvoerig daaroor gesels omdat talle mense nie weet wat dit is, waar dit vandaan kom en hoe om hierdie geskrifte te plaas nie. Daarby is dit 'n baie interessante onderwerp wat veral Christene sal verryk as hulle die boeke self lees.
Die betekenis van die woord 'apokrief' wat natuurlik 'n Griekse woord is, is 'om iets weg te steek." Dit beteken nie noodwendig om iets fisies te verberg nie maar eerder dat hierdie boeke nie bedoel was vir almal om te lees nie, moontlik net vir 'n klein groepie gelowiges wat die amper verborge waarhede daarin sou raaksien en verstaan. Heel moontlik is dit ook fisies weggehou van diegene wat tot verkeerde gevolgtrekkinge hieruit sou raak – veral die Nuwe-Testamentiese apokriewe blyk in hierdie kategorie te val.
Maar laat ons eers kyk na wat apokriewe eintlik is en waar dit vandaan kom.
Die heel eerste Christene het net soos ons vandag, ook lus gehad om te skryf en daar is talle verhale geskryf met 'n Christelike boodskap, briewe van bemoediging aan mekaar, en dokumentasie ter uitruil van inligting.
GELOOFS- GEMEENSKAP
Ds AE vd Berg
“En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal” (Hand.4:33).
Mense se ware kleure kom gewoonlik onder druk te voorskyn. Dis maklik om oor geloof te praat as die son in jou lewe skyn, maar wanneer onweerswolke saampak, is dit nie altyd so maklik nie - vra vir Job.
Die wonder van ware geloof, is dat dit in sulke situasies opbloei. Let op die getuienis van gelowiges agter die eertydse ystergordyn. Dis aangrypende verhale van gelowiges wat ter wille van hul geloof gely en selfs gesterf het. Van hulle het selfs in hul uur van droefheid vir Westerse gelowiges gebid!
Omdat Satan vir God haat, sal die kerk van Christus altyd teenstand van die wêreld ervaar. Satan gebruik mense, organisasies en selfs regering om dit te probeer dooddruk. Handelinge vertel daarvan; ʼn Bybelboek wat oor die vervolging en uitbreiding van die Christen-kerk handel.
DIE LEUEN WAARIN ONS LEWE
Ons is by een van die grootste en felste oorloë ingetrek, waarvan ons nie eens die reëls verstaan nie: 'n geestelike oorlog wat van die vroegste eeue reeds tussen die magte van die Lig en die Duisternis aan die gang is. In hierdie geestelike stryd is daar drie sleutelpunte naamlik die verstand, die hart en die mond. Die mag wat dit beheer, beheer die siel van 'n persoon. Die waarheid is dat ons slawe van 'n stelsel van ‘vrede’ geword het wat tronke van ons verstand maak. In dié stelsel is die koningskap van Satan weggesteek om ons te beheer en te verander in willose robotmasjiene in 'n geslaglose en goddelose werklikheid.
Hoe kan ons uit hierdie leuen waarin ons lewe losbreek? Ons moet ons verstand oopmaak sodat ons hart vir die Woord versag kan word. Solank ons verstand deur Satan beheer word, beheer hy ook ons harte en monde.
In Suid-Afrika, soos die blankes van baie ander lande, is ons deur vooraanstaandes mislei tot 'n werklikheid van leuens; na 'n drogbeeld van 'n valse Israel om die god van die Wêreld te dien. Byna al die strukture wat die blankes tydens die Apartheidsera daargestel het, is vinnig besig om in duie te stort. Paaie versleg, die rand verloor koopkrag, poskantore word gesluit, onderwys is ‘n klug, munisipaliteite speel bankrot, gewapende roof en moorde op boere is 'n algemene verskynsel, staatsfondse word wanbestuur, korrupsie is aan die orde van die dag, besture van skoolrade, koöperasies en maatskappye is besig om ineen te stort. Alles is nie alleen besig om na Afrika-standaarde te verlaag nie maar die land is ook besig om op 'n totale anargie af te stuur. Die vraag is, wie se skuld is dit dat ons in hierdie ellende verkeer? Ons is deur leiers soos Vorster, Botha en De Klerk mislei.
WATERBOBBEJAAN (29)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
SLOT
Waterbobbejaan het af en toe in die nag na die bok in sy hok gaan kyk. Toe hy die soveelste keer daar kom, sien hy in die maanskyn die dun draad wat net bokant die grond gespan is en wat na die deur toe lei. Hy bring dinge in verband met mekaar en begin verstaan.
Toe Sakamatlakobata terug is van Rabasetsana het hy dadelik ‘n briefie geskryf waarin hy ‘n beroep op al sy jagmaats doen om die volgende oggend dagbreek by hom te wees.
“Saal ‘n perd op, Abel, en vat die notisie na al die bure toe. Maak gou!”
Daardie middag word daar nie baie in die kombuis gepraat nie. Die boer en sy seuns maak gewere skoon. Sanna en die dogters pak biltong en beskuit in die knapsakke.
Na sononder het die boer en sy seuns die bok gestel en toe aandete gaan soek.
Hulle is net weg van die vanghok af, toe stap Waterbobbejaan in die hok in. Die bok staan hom skeefweg en beloer. Waterbobbejaan trap versigtig oor die steldraad en maak die bok los. Terwyl hy dit doen, paai hy hom. Toe dra hy die bok onder sy arm na die paadjie waar wolf snags en bedags langs loop. Hy sit die bok in ‘n maanligkol neer en gaan skuil agter ‘n dik boom net suid van die bok.
VERLOS ONS HERE, ONS GOD!
LAAT DIE HELE VOLK SÊ: AMEN! HALLELUJA!
Wat 'n wonderbaarlike God het ons nie! Dat Hy telkens weer sy volk Israel gered het ná elke terugval in die gruwelikste sondes, spreek van sy groot liefde en genade. Soos Ps 106:43 sê: "Hy het hulle baie keer gered, maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme". Ps 106 vertel ook vir ons die twee redes waarom Hy hulle telkens weer uitgered het: Eerstens het Hy hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak; tweedens het Hy hulle jammer gekry, hulle smekinge aangehoor en berou gekry oor hulle swaarkry.
Wat het die volk Israel dan gesondig? Van die ergste wat in Ps 106 genoem word is dat hulle met die heidene vermeng het in so mate dat hulle dieselfde afgode as die heidene begin dien het en as gevolg daarvan talle sondes gepleeg het – net soos wat met die Afrikanervolk gebeur het. Die toorn van die HERE het hieroor ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku in hulle gekry – dieselfde met ons volk. Daarom het Hy Israel in die hand van die heidene oorgegee en, sê Ps 106 "...hulle haters het oor hulle geheers, en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig." Klink dit bekend in verband met ons eie haglike huidige situasie?
Elke dag hoor ons van nog blankes wat wreed en barbaars om die lewe gebring is. Waarom hou dit aan en aan? Waarom gaan dit so sleg met die Afrikanervolk onder die hand van hulle haters wat oor hul heers? Waarom in die eerste plek het ons volk in dié posisie beland? Waarom lees ons elke dag van nog moorde, verkragting en barbaarse aanvalle op ons volksgenote? Wat is die ooreenkoms van ons Afrikanervolk met die volk Israel van destyds? Ons sal verbaas wees as ons moeite doen om dit na te lees.
WEES IN ALLES DANKBAAR
Hannes Ollewagen
1 Thes. 5:12-28
“Wees in allesdankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oorjulle.” (:18).
Dit is in ons tyd algemeen om mense te hoor sê – “Die Here het vir my gesê . . .” Dit is natuurlik waar dat God vir Hom mense afsonder met wie Hy ‘n baie besonderse verhouding aanknoop en aan wie Hy baie van sy verborgenhede bekendmaak. En hierdie mense sal ook uit die aard van die saak ‘n fyn aanvoeling hê vir iets wat God se wil is en dinge wat Hom mishaag.
Dit is dan ongelukkig ook so dat ‘n onrusbarende hoeveelheid mense wat “die Here hoor spreek het” dinge verkondig wat hul eie versinsels is. Dit spruit nie voort uit ‘n ware, opregte en diepe soeke na God se wil nie, maar eerder uit ‘n sieklike sug na selfverheerliking en selfverheffing. Dit gaan vir so ‘n persoon nie om die wil van God te ken nie, maar eerder om die eer te ontvang as iemand wat só belangrik is dat hy/sy God se Woord hoor wat vir ander mense verborge is. En hierdie mense raak menigmaal só belangrik in hul eie oë dat hulle selfs woorde in God se mond lê. Hulle verkondig dinge wat in stryd met sy onveranderlike Woord is.
WEE HOM WAT ONS VOLK VERDEEL!
ONS VOLKSVYANDE VREES DIE HERLEWING VAN ONS NASIONALISME
"As ek tog maar my volk bymekaar kon bring!" – Genl CR de Wet
Ons volksvyande ken geen perke in hul aanslag teen ons nie. Noudat die Afrikanervolk in sy grootste krisis ooit verkeer en dit van lewensbelang is dat dié wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort om die Afrikanervolk se voortbestaan te verseker, bymekaar moet bly, word daar gepoog om ‘n wig tussen behoudende Afrikanernasionaliste in te slaan, met argumente dat hier te lande twee blanke volke ontspring het. Daar word waaragtig sovêr gegaan om te probeer bewys dat daar genetiese verskille tussen Boer en Afrikaner is. Daar is egter al boeke vol geskryf waarom dit so is dat 'n Afrikanernasionalis ook trots Boer is maar nou kom ons volksvyande en probeer nog hiermee 'n verdere wig in ons geledere indryf.
Hoe sal ‘n Afrikanernasionalis dan nie ook trots Boer kan wees nie? Natuurlik is ons! Die beproewings en lyding wat ons voorsate as “Boers” onder die Engelse juk moes verduur as gevolg van Brittanje se barbaarse gierigheid kan mos nie vergeet word nie! Noem ons Boere. Noem ons Afrikaners. Dit is dieselfde mense binne dieselfde volk van wie ons praat. Is ‘n Brit en ‘n Engelsman dan nie ook dieselfde persoon van wie daar gepraat word nie? Is die een dan noodwendig ‘n skelwoord en die ander reg?
ANC SE NOODLOTTIG GEVAARLIKE VOERTUIG SNEL VOORT
Die Nasionale Gesondheidsorgversekering (NGV) word tans in elke nasionale nuusbulletin bespreek en ons het pas van die ANC verneem dat dit vinnig besig is om gestalte te kry. Die primêre werkswyse daarvan sal behels dat die gesondes vir die siekes sal opdok, die rykes vir die armes, en die jonges vir die oueres sal betaal. Dit was die presiese woorde van die betrokke woordvoerder oor die saak en bevestig die kommer wat Gelofteland ‘n geruime tyd gelede hieroor uitgespreek het.
Reeds 'n geruime tyd gelede het mnr Leon Schoeman, ingeligte apteker en medewerker van Gelofteland, aan ons lesers verduidelik wat die gevare van hierdie instansie vir die persoon wat tans nog aan ‘n privaat mediese fonds behoort, inhou. As ons gewonder het presies wat die tweede fase van implimentering behels, blyk dit nou duidelik uit die bogenoemde uitspraak: Blankes en diegene wat nog medies onafhanklik van die staat kon funksioneer, sal opdok vir die sogenaamde agtergeblewenes en self die ‘agtergeblewenes’ word. Soos mnr Schoeman in sy berig gewaarsku het sal hierdie gewraakte poging van die ANC die ekonomie wat reeds op die randjie van die afgrond staan, vinnig daaroor help. Mnr Schoeman se voorspelling dat die top medici landuit sal stroom is ook besig om te verwesenlik en sal ons uiteindelik geen goedopgeleide mediese lui meer in Suid-Afrika hê nie.
WATERBOBBEJAAN (28)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
(VOORLAASTE AFLEWERING)
Rabasetsana het lekker gelag. Dit was sy laaste lag vir ‘n hele paar dae. Hy geniet dit, want dis die eerste keer dat hy sy skoonseun so op hol kry.
Terwyl hy op die aambeeld sit, het iets anders gebeur.
Waterbobbejaan sit langs sy waterval en sien die boer met sy perd na ‘n ander plaas ry. Hy sien die seuns en werksmense in die boord werk.
Hy sit die wêreld en beloer en kyk na niks in die besonder nie. Toe sien hy ‘n beweging links van hom. Wolf is besig om die plaaswoning te bekruip van die westelike kant af. Aan daardie kant van die huis is net die leë skaapkraal en die waenhuis. Daar is geen mens in sig op die werf nie.
Waterbobbejaan besluit om die reg in eie hande te neem. Hierdie huisbesoeke van wolf gaan die wêreld vir almal in die bosveld warm maak. Hy spring op en begin vinnig hardloop, sodat hy agter wolf kan kom. Toe hy by die skaapkraal verbyhardloop, spring wolf net oor die onderdeur.
Waterbobbejaan onthou dat wolf laas keer noordwaarts van die huis af weggehardloop het met die hondjie in sy bek. Hy gaan staan agter die waenhuis en wag wolf in.
QUO VADIS, AFRIKANERS?
Die Afrikanervolk het reeds drie keer in sy geskiedenis sy vryheid verloor.
- Toe dit die eerste keer gebeur het met die anneksasie van Transvaal deur Shepstone, het hulle hul vry geveg en ná die slag van Amajuba in 1881 weer hul vryheid herwin.
- Die tweede keer is hul onafhanklikheid van hul ontneem by die Vrede van Vereeniging, na beëindiging van die Tweede Vryheidsoorlog. Maar 60 jaar daarna was hulle weer volkome vry in die onafhanklike Republiek van Suid-Afrika.
- Die derde keer het in 1994 plaasgevind toe ‘n swak terroristiese bende, die ANC, met behulp van verraderlike volksleiers sy vryheid ‘n derde keer van hom ontneem het.
TEKENS VAN LAASTE FASE VAN REWOLUSIE
Ons het pas verneem dat daar die afgelope naweek 14 mense in die Kaapse kleurlinggebied vermoor is. Die aantal slagoffers was ‘n skrale twee weke gelede iets soos 26. Nou reken die ANC die weermag wat hy ingestuur het maak wel ‘n verskil maar dat dit nog te veel moorde is. ‘n Mens sou wou byvoeg dat net een moord te veel is! ‘n Polisie- en weermag wat sy sout werd is, sal daadwerklik misdaad beveg sodat wetsgehoorsames in volkome rus en vrede kan leef. Dit was vir baie jare die geval in ons land voor magsoorname deur die swart regering. Suid-Afrika het oor een van die mees effektiewe polisiemagte ter wêreld beskik. Vandag nie meer nie. Ná April 1994 het die getransformeerde Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD wat geen 'mag' meer is nie) geen oplossing gebring nie, maar eerder deel van die probleem geword.
Die regering het ook vandag die belofte gemaak dat dit baie beter sal gaan sodra die volgende groep weermaglede hul opleiding binnekort voltooi en dan ook ingestuur sal word om die misdaad in daardie gebied te beveg. Ons het ook kort gelede verneem hoe die ANC-jeugliga tans met ywer militêre opleiding ontvang.( Die kans is maar skraal dat dit enigiets met die bestryding van misdaad te make het!) Maar ten spyte van die skerp toename in aanstellings, neem misdaad steeds toe. Dit bring mens by een gevolgtrekking: die polisie en weermag is kop in een mus met die ANC deel van die oorsaak van misdaad.
KIES JY BEGINSELS OF SENTIMENTE?
Ds AE vd Berg
Die verraad wat teen die Boerevolk gepleeg word, mag nie verder geduld word nie. Dit moet onverwyld aan die kaak gestel word. Ons moet soos visgrate in die keel van die verraaiers vassteek. Sodoende sal die lug aan die suidpunt van Afrika so skoon word dat verraaiers nie langer daarin sal kan asem haal nie. Volksgenote moet baie ernstig besin en besluit wat die swaarste in hul lewe weeg - beginsels of sentimente. As dit beginsels is, moet hulle alle volksvyandige instansies verlaat, veral ontspoorde kerke. Daar kan nie langer saam met die haas hardloop en saam met die jagters gejag word nie!
Verraad is die grootste misdaad teen ʼn volk denkbaar.
AS DIE WAARHEID VERTRAP WORD (SLOT)
Ds AE vd Berg
“Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof.....”(Hebr.12:1,2).
Gereformeerde kerke gaan tans so vinnig agteruit, dat dit in die nabye toekoms selfs in die geheel kan verdwyn. En daarvoor is daar talle oorsake. Die hoofoorsaak is ongehoorsaamheid aan die Woord van God wat tot die grootste onverskilligheid na die Hervorminglei. Wat dit so hartseermaak, is dat kerke wat die gevegsleiding teen die Satan moet neem, self die gevegsterrein word!
Dit gebeur as kerke die Bybelse leer waarmee lidmate lank vertroud was, met nuwerwetse vertolkings en liturgiese giere vervang. Kerklui het vir lidmate gesê dat die kerk soos wat hulle dit geken het, net vir ʼn sekere tyd ontwerp is. Daardie tyd is verby en daar moes vernuwe word om met mense in eietydse taal en idioom oor God te laat praat.
Dit klink op die oor aanvaarbaar as dit maar net by taal en idioom gebly het. Dit het nie! Die nuwerwetse inkleding van die kerk het die gesag van die Skrif onder druk geplaas en verwarde lidmate na ander geestelike weivelde laat soek. Talle het die verkeerde koers ingeslaan en by gevoelsgodsdienste beland: “Soos wanneer iemand vlug vir ’n leeu, maar ’n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ’n slang byt hom!” (Amos5:19).