Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Mens met ‘n kalm, innemende persoonlikheid, sal die druk van die ouderdom skaars voel. Maar hy wat van jongs af befoeterd was, sal sy ou dae ook lastig vind.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (5)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Moedeloosheid sprei sy vlerke oop en daal neer oor die Stewart Saal.
Hy sak deur die gebou tot onder in die kelderverdieping waar die administratiewe afdeling van die Sielkunde-departement gehuisves word. Dis ’n mistroostige area, vol waterpype wat soos slange deur die hele vertrek kronkel. Alles — mure, pype, houtwerk en plafon is ’n vuilbruin kleur geverf en die lig is nie van die beste nie. Dis die ideale plek vir die geeste van die onderwêreld om hulle byeenkoms te hou. Moedeloosheid merk dadelik dat hulle meer as gewoonlik is. Hy dring die konferensiekamer binne en ’n atmosfeer van tasbare boosheid omvou hom. Die kamer is donker, maar dis ’n ander soort duisternis, ’n drukkende, benouende, vreesaanjaende donkerte. Uit die donker gluur talle geel oë. Geel wasem sweef deur die lug en die aaklige swawelgeur deurtrek alles. Oral is geeste besig om gorrelend met mekaar te gesels.
DIE HEMEL IS WERKLIK (1)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
DIE KRUIP-EN-SIEN
Ons gesinsvakansie, waartydens ons nagmerrie begin het, was veronderstel om 'n viering te wees. Vroeg in Maart 2003 was ek geskeduleer om na Greeley, Colorado, te reis vir 'n streeksraadsvergadering van die Wesleyan Church. Vanaf die vorige Augustus het ons gesin baie teëspoed beleef: sewe maande van rug-aan-rug-beserings en siekte wat 'n versplinterde been, twee operasies en 'n moontlike kankerdiagnose ingesluit het. Saam het hierdie dinge ons bankrekening in so 'n mate getap dat ek amper die suiggeluide kon hoor wanneer die state in die pos opgedaag het. My klein leraarsalaris is nie geraak nie, maar ons finansiële steunpilaar was die elektriese garagedeur-besigheid wat ons besit het. Ons mediese beproewinge het hul tol geëis.
MOENIE SOOS DIE HEIDENE LEEF NIE
Hannes Ollewagen
Efésiërs 4:17-32
“DIT sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie —mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.” (:17-19).
Die Afrikanervolk het ‘n tyd beleef waarin hy met wyse en verstandige leiers geseën was. Hierdie leiers het nie alleen omgesien na die vleeslike behoeftes van ons volk nie, maar ook maatreëls getref wat die geestelike welstand van ons volk sou beskerm. Die daarstelling van duidelike grense op verskillende lewensterreine tussen ons eie volk en andere was om ons kultuur, maar ook ons sterk Christelike karakter van daardie tyd te beskerm. Baie van hierdie Godvresende volksleiers het geweet dat ‘n vermenging met heidense volke die Christelike karakter van ons volk skade sou berokken. “Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie — jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie;want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.” (Deut. 7:3&4).
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (4)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Toe Marshall die Basuin se kantore verlaat, is hy dankbaar om te weet dat die Dinsdag-uitgawe van die koerant reeds reg is en die personeel is al aan die gang om die Vrydag-uitgawe gereed te kry.
Na al die omwentelinge van die oggend, verwelkom hy ’n bietjie kalmte. Miskien is ’n klein koerantjie tog die antwoord. En wie weet, dalk kan hy weer die verhouding met sy dogter regkry.
Sandy, hulle enigste kind, is ’n pragtige rooikop, ’n meisie met baie potensiaal. Haar probleem is dat sy die meeste van haar jeugjare amper nie ’n pa gehad het nie. Hy was so besig in New York dat Sandy maar baie aan haarself oorgelaat is, en dit het noodwendig probleme veroorsaak. En Sandy het ook nie ’n geheim van haar teleurstelling in haar pa gemaak nie. Kate sê altyd die twee is te eenders. Sandy se behoefte aan haar pa word altyd op die verkeerde wyse openbaar en gewoonlik is hulle reaksies teenoor mekaar soos dié van kat en hond.
GEESTE EN GEDAANTES (7)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
DIE GEHEIM VAN DIE KAMER
“Ag toe, Oom, vertel ons nog ‘n verhaal van die ou dae,” soebat die jongspan. Oom sit op ‘n gemakstoel in die tuin en blaas groot rookwolke die skemerlig in, terwyl die jong klomp op die gras voor hom lê.
“Ja, asseblieftog, Oom,” roep Klasie uit. “ Dis vir my so mooi om te luister na stories uit die tyd toe die Transvaal nog woes en wild was en ‘n leeu enige tyd van agter ‘n bos kon uitspring.”
“Dis seker vir jou mooi om na sulke sotires te luister,” spot die ander hom, “maar ons weet wie die eerste sal spaander as daar net die ruik van ‘n leeu in die nabyheid is!“
Oom glimlag in die skemerte en veeg met een hand oor sy lang wit baard.
“Julle het my al leeg gepomp van stories, maar miskien het ek julle nog nie vertel van die tyd toe Jantjie en ek ...”
“Ja, ja, Oom, dit het ons nog nie gehoor nie!” roep die klompie uit. Oom blaas weer ‘n mondjie vol rook uit, terwyl die seuns gemaklike posisies inneem op die gras. Hy begin vertel:
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (3)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Na ’n paar kilometer wes van Ashton, spoed ’n groot swart motor deur die landelike omgewing. In die agterste sitplek sit ’n gesette, middeljarige man met sy sekretaresse langs horn. Sy is lank en skraal met swart hare en ’n baie bleek gelaatskleur. Die man is besig om te dikteer en sy neem alles in snelskrif af. Skielik onderbreek hy sy woordevloed en sê nadenkend: “Ek dink nou net daaraan. Die professor sê sy het aan my ’n pakkie gestuur — ’n tydjie gelede. Ek kan nie onthou dat ek dit ooit ontvang het nie.”
“Wat se soort pakkie?”
“’n Klein pakkie. lets persoonliks. Maak tog seker of so ’n pakkie op die plaas aangekom het.”
Die sekretaresse maak haar notaboekie oop en skryf oënskynlik iets neer. Maar in werklikheid skryf sy niks nie...
Vir die tweede keer op een dag besoek Marshall die hofsaal en polisiekwartiere. Sara, Alf Brummel se sekretaresse, het hom geskakel en gereel dat hy Brummel om twee-uur moet kom sien.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (2)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Die Basuin is Ashton se plaaslike koerant. In baie opsigte is dit ongeorganiseerd en deurmekaar en by tye sonder veel slaankrag. Tog is dit die stem van Ashton.
Die kantoor is in die hoofstraat geleë, 'n eenverdiepinggebou met 'n groot glasvenster voor. Die koerant verskyn twee keer per week, Dinsdae en Vrydae en is nie juis ’n finansiële sukses nie. Die hele opset getuig van middelmatigheid.
Die kantoor word deur ’n ou toonbank, wat eenmaal in ’n spoorwegstasie gebruik is, in twee dele verdeel — die voorste helfte is die ontvangs en die nuuskamer gedeelte en die agterste helfte is waar die drukwerk gedoen word. In die nuuskamer staan drie lessenaars,
twee tikmasjiene, twee vuilgoedmandjies en ’n koffiemaker sonder ’n koord.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (1)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Dit is die laaste Sondagaand van die maand en volmaan.
Twee persone in werksklere verskyn in Hoofweg 27, net buite die kollegedorpie Ashton. Hulle is albei lank en goed gebou — buitengewoon groot. Die een is donker, met donker hare en ’n skerp, puntige gelaat en die ander een is blond en gespierd. ’n Ent weg gaan hulle staan en beskou die dorp en die buitengewone aktiwiteite wat daar aan die gang is. Luide musiek en ander lawaai weerklink op die strate en in die kafees en op die dorpsplein. Die twee figure stap nader.
Die Ashton Somerfeesvieringe is in volle gang. Een maal per jaar vind hierdie joligheid plaas om op dié wyse die sowat agthonderd studente in die Kollege welkom te heet en tuis te laat voel in die boesem van die dorp. Na afloop van die feestelikhede, gaan die
meeste van die studente gewoonlik vir hulle somervakansie huis toe om ’n rukkie uit te span. Niemand in Ashton wil die karnaval misloop nie. Hulle geniet die disko, die flieks, die kroeë en al die plesiere.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (17) (SLOT)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
AFSKEID
“Hierdie beleid waaroor hy so lank soveel hoon en verguising moes verduur, en waaraan by in die aangesig van die hewigste teenstand denkbaar, betekenis en gestalte gegee het, moet sonder twyfel, beskou word as een van die belangrikste pilare waarop die Republiek van Suid-Afrika gevestig is, want indien daardie pilaar sou meegee, sal hierdie land soos 'n kaartehuis ineentuimel.” (En hoe is Suid-Afrika tans besig om ineen te stort!)
Dr. H. F. Verwoerd was sestien jaar lank lid van die Kabinet. Dit was my voorreg om hom vir dertien van daardie sestien jaar as privaatsekretaris te dien. Intiem het ek hom geken: sy goeie hoedanighede, sy streke en sy grille.
Toe ek in 1952 met hom kennis gemaak het, was hy 'n groot, invloedryke Suid-Afrikaner; toe ek hom dertien jaar later vir die laaste keer groet, was hy 'n magtige, invloedryke wêreldfiguur.
Soos die jare verbygerol het, het sy gestalte in grootheid, in krag en in wysheid toegeneem totdat hy, aan die einde van sy ryke en volle lewe, triomfantelik op die toppunt van sy mag gestaan het.
ONSE VADER OF ONSE DAME?
Ds A.E. vd Berg
“Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is....”(Mt.6:9)
In Parys in Frankryk is daar ʼn Middeleeuse katedraal wat meer as 900 jaar oud is en as ʼn Frans-Gotiese argitektoniese wonder beskou word. Dis in die 12 de eeu begin bou en na meer as ʼn eeu voltooi en met kunsskatte belaai. Alles aan hierdie gebou is fabelagtig behalwe aan wie dit opgedra is – ʼn oud-Babiloniese godin wat deur die Roomse Kerk (RK) met die Latynse naam Notre Dame (“Onse dame”) aanbid word.
Tydens die presidensiële inhuldiging van pres. Trump het ʼn genooide kerkleiers by hierdie geleentheid in die openbaar gebid. ʼn Roomse kardinaal was eerste aan die beurt en het die land en president aan dié godin opgedra. Feitlik elke sin wat hy gebid het, is met die woorde “Onse dame” besmet. Die Protestantse voorbidders het by daardie geleentheid die land aan “Onse Vader” opgedra.
Niks onderskei Protestantisme van Roomse Katolisisme so skerp as tot wie gebid word nie. Protestante bid tot God “Ons Vader” en Roomse Katolieke tot ʼn heidense godin “Onse dame”.
SAL GOD MENSE STRAF?
Hannes Ollewagen
Ps. 38:1-23
“O HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie. Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.” (:2&3).
Daar is hedendaagse leraars wat verkondig dat God nie mense sal straf nie. Hulle voor aan dat God ‘n God van liefde is en die mens nie leed sal aandoen nie. Dit is volgens hierdie lering die satan wat mense leed aandoen en dat God slegs aan die mens goed sal doen. Die bekendste aanhaling wat gebruik word om hierdie dwaling te regverdig is seker die woorde uit Johannes 10:10:”Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
Die probleem met die meeste dwaalleringe is dat dit gewoonlik grootliks waar is, maar tog nie heeltemal waar is nie. Wanneer ‘n mens Johannes 10:10 lees, sal voormelde lering nie verkeerd klink nie. Ons moet onthou dat ons ‘n gedeelte uit die Woord van God altyd moet verstaan in die lig van die HELE WOORD van God. “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.” (2 Tim. 43:16). Dink maar aan Jesus wat in die woestyn deur die satan versoek is. Die satan het telkens “woorde van God aangehaal” om Jesus te probeer mislei. Jesus het teen hierdie misleidende (verdraaide “woorde van God) verweer gebied met woorde van God in die ware konteks. “Daar staan ook geskrywe”, was telkens Jesus se antwoord. Hierin is tog ‘n baie kosbare lewensles opgesluit wat ons as ware gelowiges moet leer indien ons in die ware geloof wil volhard en hierdie Evangelie vir komende geslagte wil bewaar.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (16)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE PRIVAATSEKRETARIS VAN 'N MINISTER
"Ek neem aan,” lees die brief, "dat u ‘n dame is en dus nie veel weet nie, want ek kan net nie glo dat in die tyd van mannetekort, ‘n man as privaatsekretaris kan optree nie. Want dames kan net so goed die pos as privaatsekretaris vul, en dan kan die man handewerk gaan doen. Ja, dame, ek dink toe u nog in doekies rondgekruip het en uit u bababottel gedrink het of aan u fopspeen gesuig het toe het ek al lankal gewerk om die regering aan bewind te help bring . . ."
Nou ja, moenie baie van ‘n privaatsekretaris verwag nie; hy hoef nie veel te weet nie en boonop is hy ‘n staatsamptenaar!
Die pligte van ‘n privaatsekretaris is baie en uiteenlopend. Vandag moet hy die Minister verteenwoordig, more moet hy met Mevrou se skoothondjie gaan wandel en gaan stilstaan presies waar die hondjie aandui; en oormôre die Bantoebediende se reistas op die stasieperron dra.
Die daaropvolgende week eet hy saam met die baas en sy wêreldbekende gaste in die Parlement se restaurant!
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (15)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
REPUBLIEKWORDING (2)
Toe ek om 2 uur daardie namiddag saam met dr. Verwoerd van sy kantoor in Marksgebou na die Parlementsgebou stap en hom alle voorspoed met sy antwoord op die leier van die opposisie se mosie van wantroue toewens, het hy skertsend opgemerk dat dit moontlik "die begin van my pad na die wildernis" kan wees.
"Want", het hy gesê, "sekerlik sal ek gekruisig word as ons die stemming verloor".
"Maar, Doktor, ons sal mos nie verloor nie", het ek manhaftig en vol vertroue tussenbeide gekom, asof ek sodanig seker van my saak was.
"Ons sal moet werk dat dit bars," en daarmee het hy die handsakkie waarin Suid-Afrika se grootste geheim van bewaar is, aan my oorhandig.
Met 'n "moenie dat Graaff dit in hande kry nie", het hy in die wandelgang tussen Volksraadslede verdwyn.
(Dr. Verwoerd het 'n gewoonte gehad om nie dokumente of stukke na sy bank in die volksraad te dra nie, en het gereeld sy tassie voor die deur aan my oorhandig met die versoek dat op 'n bepaalde stadium uit my bank per bode na hom geroep moes word.)
ENGELE MET ‘N SENDING (SLOT)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Engele in Suider-Afrika:
(Vir ons hier in Suid-Afrika wag daar ook 'n krisistyd wat so donker sal wees dat ons nie ons "hand voor ons oë" sal kan sien nie, soos Siener gestel het. Nie een van ons sal dit in eie krag oorleef nie - selfs die blote aansig daarvan sal ons harte laat beswyk. Daarom hoop ons dat die lees van hierdie reeks oor die krag en beskerming van engele wat God vir ons tot beskikking stel, vir elke leser tot die geloofsoortuiging laat kom het dat oorgawe aan God met gebed en geloofsvertroue, ons enigste uitweg is. Ons moet van harte voor Hom buig en smeek om vergiffenis, redding en beskerming, net soos by Bloedrivier gebeur het. Dan alleen sal Hy sy engele by die duisende stuur om ons te beskerm terwyl hulle Suid-Afrika reining van al die afgode en onheile, en God ons weer in ons land herstel - Red.)
God is alomteenwoordig en bly altyd dieselfde. Hy openbaar Homself in Suider-Afrika net soos Hy Homself elders in die wêreld openbaar. Van oral oor hoor ons wonderlike verhale van hoe Hy die mens beskerm wat Hom uit ’n opregte hart aanroep.
Zimbabwe-Rhodesië het hom in die afgelope paar jaar in ’n terroriste-krisis bevind en dit het hulle leer bid. Operasie Ester is onder andere ’n organisasie wat onder dames ontstaan het onder leiding van twee dames in Salisbury wat dit hulle ten doel stel om veral vir boere op die grense te bid. Hulle het ’n spesiale telefoonnommer wat geskakel kan word en onmiddellik word ’n gebedsketting gekontak wat dadelik vir die mense in nood intree. God doen wondere in antwoord op hierdie gebede. Baie keer gebeur dit dat iemand bewend bel om te sê dat hulle aangeval word en om vir gebed te vra om kort daarna weer te bel om te sê dat die aanval op ’n wonderbaarlike wyse afgeweer is.
Hier volg ’n paar pragtige verhale uit Zimbabwe-Rhodesië van hoe God ingegryp het om mense wat in nood is te help.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (14)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
REPUBLIEKWORDING (1)
Dr Verwoerd was in murg en been 'n Republikein en vir hom was 'n Suid-Afrikaanse republiek, vry van vreemde bande, een van sy grootste lewensideale.
toe hy in die vroeë dertiger jare professor in die Sosiologie aan die Universiteit van Stellenbosch was, het hy 'n leidende aandeel aan buitemuurse sosiologiese en welsynswerk gehad en het hy onder meer die groot Volkskongres oor die Armblankevraagstuk in 1934 georganiseer.
Dit was juis sy ervaring in verband met hierdie werk, die teenkanting en verydeling waarmee hy homself so aktief besig gehou het, wat hom laat besluit het om tot die aktiewe politiek toe te tree, want, so het hy geredeneer, om iets werklik groot vir jou land en jou volk tot stand te bring, is dit gebiedend noodsaaklik dat hy self deel van dIe regering moet wees.
HOE NABY AAN ‘N KERNRAMP IS DIE WÊRELD?
Jeanette Koekemoer
14 *Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle *dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. (2 Pet. 3:14)
Die Bulletin of the Atomic Scientists is ‘n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie wat fokus op drie belangrike punte naamlik kerngevaar, klimaatsveranderinge en ontwrigtende tegnologie. Hulle glo dat hulle ‘n rol kan speel om die negatiewe aspekte in bogenoemde te verander na ‘n positiewe werklikheid.
Die Bulletin of the Atomic Scientists het ‘n oordeelsdag horlosie. Die horlosie het internasionaal die aanwyser geword van die omvang van wêreldkatastrofes met betrekking tot kernwapens, klimaatsveranderinge en tegnologiese krisisse.
ENGELE MET ‘N SENDING (16)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Ten slotte . . . van Charles en Frances Hunter . . .
Terwyl ons besig was om klaar te maak met die skrywe van die boek, het ons Eerwaarde Buck gekontak in verband met ’n paar klein veranderinkies in die finale eksemplaar en hy het ’n gedeelte van nog ’n besoek vertel wat plaasgevind het gedurende die vroeë oggendure op Sondag, 18 Maart 1979.
Gabriël, Chrioni, en ’n dienende engel met die naam van Cyprion, het na sy huis gekom met die boodskap van God dat een van die begeertes van sy hart was om sy mense die belangrikheid van lofprysing en aanbidding te leer.
Die engele het gesê: “Ons wil hê dat jy saam met ons sal aanbid.” Vyf en dertig minute lank het Gabriël, Chrioni, Cyprion en Eerwaarde Buck saam die Here geloof en geprys. Hy het gesê dat lofprysinge deur hom gevloei het soos ’n rivier wat hy nie self kon begin of beëindig nie!
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (13)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
ONS LAASTE TYDJIE IN LONDEN EN TERUGKEER NA SUID-AFRIKA
Voordat ons die aand van 15 Maart, nadat dr Verwoerd die konferensie verlaat het, behoorlik tot verhaal kon kom, besef ons dat ons om 6.00nm in Buckinghampaleis moes wees waar die koningin en prins Phillip 'n onthaal vir die amptenare van al die afvaardigings aangebied het. Toe ek egter die 'slegte' nuus aan my kollegas en maj Richter meedeel, het almal soos een man geweier om na die paleis te gaan. Eers nadat daar kajuitraad gehou is, het ons met 'n meerderheid van stemme besluit dat ons nog "hierdie een keer" aan die Britte se versoek sal voldoen.
Toe ons minute later voor die hotel in die swart motor met die Suid-Afrikaanse vlag klim, was ons, tot ons verbasing, onmiddellik gewild. Luid is ons deur 'n groot groep toegejuig.
In Buckingham met sy bonte mengelmoes, het dit baie jolig gegaan en etlike afgevaardigdes het ons klein groepie Suid-Afrikaners opgesoek. Selfs prins Phillip het lank oor die Suid-Afrikaanse sonskyn en sjerrie gesels, terwyl enige verwysing na die Statebond sorgvuldig vermy is.
ENGELE MET ‘N SENDING (15)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Hy kom weer!
Hoe ver is ons op God se kalender?
As die mens se verblyf op die aarde vanaf die tyd van Adam en Eva, in ’n horlosie met twaalf ure geplaas kon word, glo ek dat ons nou heel aan die einde van die elfde uur is, op die punt vir die horlosie om twaalf te slaan! Daar is baie aanduidings dat ons nou vinnig besig is om na die einde van tyd, soos ons dit ken, te beweeg!
Jesus kom! Hy het nie gesê wanneer nie, maar Hy het vir ons gesê ons sal die tyd en omstandighede uitken. Ons ken die jaarseisoene want elkeen het sy eie tekens van wanneer hy kom. As die lente kom, begin die gras groen word en plante stoot hulle nuwe spruite uit. As die somer kom, begin die blomme bloei. Wanneer herfs kom, verkleur alles na oranje en bruin kleure, winter bring koue en ryp. ’n Mens kan die tekens sien en weet watter seisoen dit is.
ONS BLYDSKAP IN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Fil. 4:1-9
”Verbly julle altyd in die Here, ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.” (:4&5).
Die omstandighede in ons land en eintlik in die hele wêreld stem ons maklik tot moedeloosheid. Dit kan ons maklik terneergedruk maak. Dit is natuurlik nie verkeerd om ongelukkig te wees oor die ongeregtigheid wat in die wêreld aangaan nie. Dink maar aan Lot wat bekommerd was oor die ongeregtigheid van die inwoners in die stad waarin hy gewoon het. (“...en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;). (2 Pet. 2:7). Dit is ligsinnig en verkeerd om te maak asof ongeregtigheid nie bestaan nie.