Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ouderdom maak jou minder materialisties en meer realisties. Dan wil jy al daardie ydele dinge wat jy as jongmens nie kon kry nie, gelukkig nie meer hê nie.
WIE EN WAT IS ENGELE?
Dr Isak Burger
Lees volledig by Die Geesteswêreld
Almal wonder een of ander tyd oor engele, of hulle werklik bestaan; hoe weet mens die waarheid oor hulle. Die Woord van God is baie duidelik oor die bestaan en funksie van engele, en iemand wat nie in die bestaan van engele glo nie, sê inderwaarheid dat hy nie die Woord van God glo nie. So ‘n persoon kan dan nie aanspraak maak op die kosbare seën van engele se bediening in sy lewe nie; slegs gelowige kinders van die Here het die voorreg om deur engele bewaar te word.
Engele is geskape deur God voor die skepping van die heelal (Job 38:7-8; Eseg. 28:13-15; Kol. 1:16. Dit beteken dat engele, soos alle ander geskape wesens, van God afhanklik is vir hulle lewe en bestaan. Omdat God hulle geskape het, is daar 'n doel en sinvolheid in hulle bestaan. Hulle bestaan ter wille van God se eer en heerlikheid en is geskape om Hom te dien. Alle engele is goed en sonder sonde geskape. Die woord "engel" (Grieks: angelos) beteken letterlik "boodskapper".
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (4)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
'N ONDANKBARE TAAK (1)
"Wanneer gelykstelling kom, is dit alles verby en tel die getalle-oorwig alleen. Dan sal die groot nie-blanke getalle-oorwig oorgaan na nie-blanke oorheersing, vir sover die blanke gemeenskap nie al geleidelik geabsorbeer is in 'n gemengde bevolking nie. Hoeveel geslagte dit sal duur om daar te kom, weet ek nie."
Die Departement van Bantoesake was in die jare vyftig ongetwyfeld die ondankbaarse portefeulje in die Kabinet. Toe dr DF Malan hierdie Departement op 19 Oktober 1950 aan dr HF Verwoerd toevertrou, het hy moontlik onwetend, 'n nuwe fase in die Suid-Afrikaanse politiek ingelui, want dit wat in daardie stadium hoofsaaklik slegs teorie was, sou onder die nuwe minister 'n lewende werklikheid word. Die dae van praat was vir goed verby; voortaan sou die daad by die woord gevoeg word, want waar Verwoerd was, was daar aksie!
SOEK U NA GOD?
Hannes Ollewagen
2 Kron. 26:1-23
“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Amásia gedoen het. En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat Hy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.” (:4&5).
Koning Ussía het gedoen wat reg was in die oë van die Here. Hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here omdat dit vir hom ‘n prioriteit in sy lewe was – dit was vir hom belangrik om te probeer doen wat reg is in God se oë. Koning Ussía het om hierdie rede gedurig na God gesoek. Hy het deurgaans ondersoek en beproef wat die Here se welbehae is en dit probeer doen.
Ek wonder hoeveel van die hedendaagse Christene is mense wat waarlik na God soek. Hoeveel mense is daar werklik wat met ‘n opregte hart, met ‘n diepe begeerte gedurig ondersoek instel na wat die wil van God is? Hoeveel mense is daar vir wie dit regtig belangrik is, vir wie dit regtig ‘n psaak van belang is, om die wil van die Here te doen? Die Here beveel ons tog in sy Woord om dit te doen. “En beproef wat die Here welbehaaglik is;” (Efés. 5:10). “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” (Rom. 12:2).
ENGELE MET ‘N SENDING (9)
Lees reeks by Engele met 'n sending
U is toegedek (Versoening)
Die boodskap van versoening is ’n geweldige kragtige en bevrydende boodskap vir Christene. Dit is ’n boodskap wat in God se ontplooiende plan ingesluit is vir vandag, en dit is ’n boodskap vir elke persoon wat op die aarde leef, of wat sal leef, voor die finale dag van die Here aanbreek. Versoening beteken eintlik om toe te dek.
Gabriël het my gewys hoe om die diagram te teken wat die belangrikheid en die funksie van versoening verduidelik.
Hierdie drie-voudige boodskap is vir hulle wat vir God lewe, vir hulle wat onverskillig is, en vir die ongelowige, om vir hulle God se ontsaglike grootheid te toon. Hierdie boodskap is so belangrik dat dit deel uitgemaak het van elke besoek van die engele. Dit is die fokuspunt van die hele geskiedenis en vir alle mense — dit is die middelpunt van God se verlossingsplan vir die mensdom. Dit is die wegspringplek vir die ewigheid.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (3)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE MAN, VERWOERD
Hendrik Frensch Verwoerd is op 8 September 1901 in Ouderkerk, Amsterdam, gebore. Hy was een van drie kinders. Sy vader was vennoot in 'n besigheidsonderneming en gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het hy in sy stad 'n insamelingsveldtog vir die Boeremagte begin.
As jong knapie is hy deur sy ouers wat besondere simpatie met die Boerevolk gehad het, na Suid-Afrika gebring waar sy vader in Wynberg in die Kaap, as bouaannemer werksaam was en waar hy ook sendingwerk gedoen het. Die jong Hendrik het dan ook sy eerste skoolopleiding in Wynberg ontvang. Op 'n jeugdige ouderdom het sy ouers hom egter na Rhodesië geneem waar hy sy skoolopleiding in Bulawayo moes voortsit terwyl sy vader op die sendingveld gewerk het.
Die jong Verwoerd was 'n besonder skrander leerling en was dan ook in daardie jare een van die weiniges wat die gesogte Beit-beurs verower het.
GEESTE EN GEDAANTES (5)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
Die Spook in die Pastorie
Miemie-Louw Theron
Maryna Potgieter, die vrou van die skoolhoof, stap in die paadjie op deur die groot tuin van die pragtige pastorie en staan so ‘n oomblikkie stil om die statige ou gewel te bewonder wat teen die blou lug omhoog nou sigbaarder is, vandat die ou akkerbome se blare begin afval. Die rooibruin herfsblare wat nog sit, steek helder soos fyn kant, teen die wit kalk af.
Die nuwe leraar is so pas verwelkom en toe is alles opgeknap, ook die gebarste ou gewel. Sy kyk noukeurig, maar daar is niks meer te sien van die woorde wat daarop gestaan het nie: “Naudè’s Gift.” Dit was nou nie juis so wonderlik van pas nie maar sy vind dit tog jammer dat die kerkraad dit verwyder het en wel teen die sin van baie ou mense in die gemeente.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (2)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DAAGLIKSE ROETINE
"Die baas", soos ons dr Verwoerd altyd genoem het, was 'n man wat aan ordelikheid en behoorlike organisasie geglo het. Wanordelikheid en planloosheid het hom geïrriteer en ofskoon dit, gelukkig vir my, selde gebeur het, was 'n geïrriteerde dr Verwoerd 'n moeilike dr Verwoerd.
Op kantoor moes dinge haak en pas wees. Gewoonlik het hy vroeg in die oggend kantoor toe gekom nadat hy eers al die oggendkoerante verslind het, want elke woord in elke koerant is gelees; advertensies, grappies, strokies, nuus, ja alles wat gedruk is. En gewoonlik was daar iets wat netjies met sy klein skertjie wat alewig in sy onderbaadjiesak gevind kon word, uitgeknip moes word. Dit het nie daarop aangekom watter staatsdepartement, provinsiale administrasie of staatsliggaam daarby betrokke was nie, die vraag wat deur daardie berig by hom geprikkel is, moes aan die betrokkene gestel word, die saak moes opgevolg en opgelos word.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (1)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
KENNISMAKING
"Ek is 'n veeleisende persoon en as u vind dat u nie die pas kan volhou nie, moet u maar teruggaan".
Met hierdie veelseggende woorde het dr Verwoerd my teen die einde van September 1952 in kamer 103 van die Uniegebou "welkom" geheet.
Voor daardie, vir my geskiedkundige lentemôre, het ek hom "geken" as "daardie vuurvreter van Die Transvaler" en "daardie onverantwoordelike Minister van Bantoesake wat Suid-Afrika op die mees roekelose wyse na die afgrond sleep", terwyl hy in die Departement waar ek voorheen werksaam was, bekend was as daardie man wie se koerant "in hierdie kantoor nie gelees mag word nie".
Vir my as ambisieuse jong amptenaar was dit 'n groot dag toe dr WWM Eiselen, destydse Sekretaris van Bantoesake, my ontbied om my mee te deel dat ek as die privaatsektretaris van hierdie veelbesproke en vir baie 'n gevreesde Minister, aangewys is.
ENGELE MET ‘N SENDING (8)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Hy het die dood gesmaak
Vroeg een oggend het die Heilige Gees gesê:
Skryf, bewaar die woorde wat Ek met jou spreek. Dit sal vir baie ’n lig word. Ek sal nie slegs deur jou werk nie, maar Ek sal hierdie woorde vergesel en daaraan lewe skenk waarheen dit ook al gestuur word, net soos ek reeds vlerke aan my boodskappe gesit het wat aan jou gebring is deur die engel van die Here. Moenie bang wees om in naam te spreek nie, want die woorde wat Ek gee, is nie jou woorde nie, maar sy woorde en is vir ewig gevestig. Is dit nie woorde uit sy ewige, lewende Woord nie? Baie deure van mense en nasies wat reeds lank toe is, sal deur hierdie woorde van lewe binnegedring word. Ek beveel die leërskares van die Here wat op hierdie oomblik uitgestuur is, om haastig vir Hom ’n volk vir sy Naam te versamel en om hulle voor te berei vir daardie groot dag van die Here. Hulle sal hierdie woorde van die Vader vooruitgaan, sowel as opvolg, om ’n volk voor te berei, om die magte van die duisternis te verstrooi en om die menigtes wat wil luister, te versorg.
DIE BEHOEFTE AAN SKRIFPREDIKING
DIE OU-OU TYDING...
Ds. A.E van den Berg
"When the chariot of humanity gets stuck, nothing will lift it out except great preaching. There is nothing in this case that will save the world but preaching."(David Lloyd-George).
Inleiding
Benewens die natuuropenbaring het God Hom ook deur die geskrifte van mense wat deur die Heilige Gees gedryf is aan mense bekend gemaak:
“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie;want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2 Pet,1:19-22).
Om dit te verduidelik, gebruik God predikers wat Hy tot sy diens roep wat sondaars tot bekering roep en gelowiges in die geloof opbou.
“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig” (Rom.10:14,15).
GEESTE EN GEDAANTES (4)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
Spookstories “Vir die Waarheid” (SLOT)
Die moord op Donkerhoek
Die ou dokter sit eers so ‘n rukkie stil en bekyk sy vriende waarvan nou altwee voldoen het aan die ooreenkoms om te vertel van hulle eie persoonlike ontmoeting met die bonatuurlike. Hy, wat oorspronklik die voorstel gemaak het, kom volgens die uitspraak van die lootjies wat hulle moes trek, derde aan die beurt. Die ander drie wag nou belangstellend op hom.
“Wat ek julle gaan vertel is iets wat ek nooit sou geglo het nie. As ‘n ander mens dit aan my moes vertel, sou ek hom eenvoudig uitgelag het en hom beskuldig van ‘n sieklike verbeelding. Ek, as wetenskaplike man, mag my nie aan sulke stories steur nie... en tog, my eie oë en sintuie moet ek tog ten minste glo, nie waar nie?
“Dit was kort nadat ek afstudeer het in die medisyne, dat ek vir ‘n ander dokter op die dorpie Rietpoort plaasvervanger gaan speel het terwyl hy drie maande vakansie gaan hou het.
DIE OES WAT ONS OPLEWER
Hannes Ollewagen
Matt. 21:33-46
“En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ’n ander een doodgemaak en ’n ander een gestenig.” (:34&35).
“Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.” (:43).
Dit is interessant hoedat God in verskillende tye deur ‘n soortgelyke gelykenis tot sy kinders spreek. Hy het in die tyd van Jesaja sy volk oor hul vrugtelose geloofslewe aangespreek. “En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ’n toring daar binne-in gebou en ook ’n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.” (Jes. 5:2). En baie jare later stuur God sy geliefde Seun om hierdie selfde boodskap weer by sy volk in te skerp.
ENGELE MET ‘N SENDING (7)
Lees reeks by Engele met 'n sending
God se sake van belang
Tydens ’n onlangse besoek het Gabriël vir my sewe dinge laat neerskryf waarna hy verwys het as “God se sake van belang.” Sewe is die Here se volmaakte getal! Ek het hierdie waarhede oordink, my siel daarop gevoed, hulle oor en oor geherkou omdat hulle vir my so lewend en waar gemaak is en volkome in ooreenstemming is met die Woord van God.
EERSTE SAAK: DIE BLOED VAN JESUS
Die boodskap wat die engele gebring het, het na die offer van Jesus verwys. Sy bloed is belangrik omdat dit voldoen het aan die vereistes vir geregtigheid, omdat die toorn van God afgewend en die rekord van die kwaad uitgewis is deur die storting van daardie bloed.
Waarom moes God se toorn afgewend word?
WEES NIE BEVREES NIE
Elke Afrikaner in ons land wat nog nie vermoor is nie en nie ‘n ander heenkome oorsee gevind het nie, sal in die komende jaar en drie dit baie nodig kry om toegerus te wees met nuwe krag en moed om nie net alleen staande te bly in ons stryd teen die verdrukking wat ons tans beleef nie, maar om in die krag van die Here ons vyand weer te oorwin en ons dierbaar Suid-Afrika weer vry te maak.
In Josua 1 vers 9 het die Here vir sy geroepe dienskneg gesê: “Wees sterk en vol moed. Wees nie bevrees of verskrik nie, want die Here is met jou, oral waar jy heengaan.” Die dapper Josua het dit geglo en met bomenslike krag, met die hulp van die Here, Israel se vyande verslaan en die beloofde land weer in besit geneem.
Daar was ook later in die geskiedenis van Israel die onverskrokke Gideon wat met net 300 man en die hulp van die Here die duisende Midianiete verslaan het. So was daar ook in die geskiedenis van die klein dapper Afrikanervolkie, manne soos Christiaan Rudolf de Wet en Jacobus Herculas de la Rey, wat ook met die hulp van die Here die demoniese Britse magte drie jaar lank weerstaan en teruggeslaan het.
GEESTE EN GEDAANTES (3)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
Spookstories “Vir die Waarheid” (2)
Ja, begin die kommandant, die verhaal van die dominee gee my moed om ook myne te vertel, want ek is ‘n man wat maar min geloof heg aan sulke dinge. En tog kan ek nooit vergeet wat met my gebeur het tydend die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Laat my nou begin deur te vertel van my ou krygsmaat, wat ek nou Willem sal noem. Ons was bure daar in die oostelike Vrystaat, en boesemvriende van omtrent dieselfde ouderdom. In ons jongdae het ons saam skoolgegaan, saam na nooiens gery, saam op skiettogte gegaan en toe die oorlog uitbreek was ons saam op kommando. In alles was ons twee onafskeibaar en ons troue vriendskap en gedurige samestyn was naderhand spreekwoordelik onder ons kennisse en oorlogsmakkers.
Willem was ‘n onverskrokke kêrel, het enige ding gewaag en almal het gesê hy het geen bang haar op sy kop nie. Hy was dapper tot roekeloosheid toe en dikwels het hy my benoude oomblikke veroorsaak, want ons akkoord was dat waar die een gaan die ander ook sal gaan en nooit sou die een die ander in die steek laat nie. Ek kan nog goed onthou hoe ons twee eendag toe ons op spioenwerk uit was, teen ‘n vyandige mag vasgery het en in ‘n kits ons perde moes omruk en lelik onder die koeëls uit wegja. Dit gons en klap om ons dat dit ‘n naarheid is maar ons laat die perde loop vir al wat hulle werd is. En toe lol die vent se hoed om af te waai. En wat dink julle vang hy aan?
ONS LAND SÁL HERSTEL
Daar is genoeg Christene in hierdie land wat besef dat net 'n wonderwerk weer orde ná die chaos van die kommunistiese rewolusie sal bring. Terwyl sommige nog dink hulle sal in eie krag oorleef en plannetjies maak weet ons dat dit alleen God se genade in die vorm van 'n wonderwerk sal wees wat ons Gelofteland weer sal herstel tot 'n veilige hawe waar ons in vrede ons Vader kan dien. Onwillekeurig ontstaan die vraag dan hoe gebeur 'n wonderwerk.
In die Bybel vind wonderwerke op verskeie manier plaas.
Eerstens kan 'n wonderwerk al die bekende natuurwette oortref. Die skeppingsdaad was sekerlik dié wonderwerk wat alle natuurwette oortref het.
Ook vervang 'n wonderwerk die natuurwette, soos toe Elia teen die beginsels van die swaartekragwet opgevaar het na die hemel.
Natuurwette word ook opgeskort soos toe Christus op die water geloop het.
Wonderwerke vind ook plaas wanneer die natuurwette versterk word om 'n wonderbaarlike gevolg te hê, soos toe Jesus water in wyn verander het.
Dan kan 'n wonderwerk die wette van die natuur in 'n ander rigting stuur, soos toe die waters van die Rooi See geskei is.
ONTBLOOT DIE LEUENS OOR DR VERWOERD
Nou, 53 jaar later kan daar geen twyfel bestaan dat die moord op dr HF Verwoerd 'n waterskeidingsgebeurtenis in die lewe van die Afrikanervolk was nie. Dit het 'n einde gebring aan 'n tydvak van ongeëwenaarde, groeiende prestasies op militêre, politieke, geestelike, ekonomiese en ander terreine sedert ons volk in die laat agtiende eeu tot 'n bewuswording van sy afsonderlike identiteit as 'n volk gekom het. Terselfdertyd het dit meer as 'n halwe eeu van abdikasie en kapitulasie ingelui wat in sy spoed en intensiteit waarskynlik ook ongekend in die geskiedenis van volkere is.
Daar kan ook geen twyfel wees dat, as dié proses toegelaat word om so voort te gaan, dit uiteindelik op die totale vernietiging van ons volk sal uitloop nie. As ons as 21ste eeuse Afrikaners die voortbestaan van ons volk wil verseker en 'n toekoms vir ons kinders wil skep, is dit dus van kritieke belang dat ons die ware feite van die geskiedenis bemagtig en die regte perspektief daarop vorm.
ENGELE MET ‘N SENDING (6)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Vervolg op die troonkamer
Een vir een het die 120 gebeurtenisse op die spesiale lys wat God vir my gegee het toe ek in die Troonkamer was, begin plaasvind in die presiese orde soos dit op die lys voorgekom het! God het gesê dat hierdie tekens vir my bakens op die pad sou wees as bevestiging van my besoek aan die Troonkamer!
Terwyl ek daar was, het God my in ’n visioen na my eie kantoor op die aarde geneem en my ’n dame laat sien wat by die okkulte betrokke was. Hy het nie vir my haar naam gesê nie, maar in ’n breuk-deeltjie van ’n sekonde het ek haar duidelik gesien en al die besonderhede van haar voorkoms waargeneem. In die visioen het God my beveel om die geeste te bind, hulle uit te werp en haar te bevry en dit is net wat ek gedoen het!
Die volgende Dinsdagaand het ’n vrou in my kantoor ingekom presies aangetrek soos die Here haar vir my gewys het en sy is volkome bevry net soos ek haar in die visioen in die hemel gesien het. Dit was item nommer een op my lys.
ENGELE MET ‘N SENDING (5)
Lees reeks by Engele met 'n sending
My besoek aan die troonkamer
Een Saterdagaand in Januarie 1977, omtrent 22h30, het ek by my lessenaar gesit en mediteer en bid, besig om my hart voor te berei vir Sondag. Ek het met my kop op my arms op my lessenaar gelê toe ek skielik, sonder enige waarskuwing, uit my kamer uitgeneem is!
Ek het ’n stem hoor sê: “Kom saam met My na die Troonkamer waar die geheime van die heelal gehou word!” Ek het nie tyd gehad om te antwoord nie; afstand beteken vir God niks nie! Dit was soos die klap van vingers — boem — en ek was daar! Toe eers het ek die stem wat met my gepraat het herken as die stem van die Almagtige God!
Ek was senuweeagtig en God het vir my gesê om te ontspan. Hy het gesê: “Jy hoef niks aan My te bewys nie, omdat Ek jou reeds ken.” Ek het begin ontspan, al was dit vir my so geweldig dat dit vir my moeilik was om te verstaan wat gebeur het.
IN DIE POEL VAN VUUR
Ds AE vd Berg
“En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:15)
Min dinge is so onaangenaam as ʼn nare lewenservaring, veral as jy dood kon gewees het bv. in ʼn motorongeluk, amperse verdrinking, motorkaping ens. Maar wat is die heel slegste ding wat ʼn mens kan oorkom? Om te sterf en jou naam staan nie in die boek van die lewe opgeteken nie!
Jy kan van alle ander nare ondervindings herstel, al vat dit ook jare want jy leef. Jy het tyd aan jou kant. Sonder tyd, is geen herstel moontlik nie. Dan is dit vir ewig te laat. Tyd is ʼn skip wat net eenmaal anker laat sak. Daarom moet ons wat aan boord is, die regte ding doen voordat dit vasmeer.
Dis byna ondenkbaar om te dink dat tyd eendag tot stilstand gaan kom en die aarde ophou bestaan. Maar dit gaan en dis nie baie ver nie. Alhoewel ons nie die datum weet nie, gee Jesus wel tekens as ʼn aanduiding dat die tyd naby is dat tyd gaan ophou. Tydens die hemelvaart sê die engele: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom sien wegvaar het” (Hand.1:11). As Jesus kom, gaan die horlosie van die wêreld vir altyd staan.