Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar's 'n spreekwoord wat lui: 'Jy is nie wat jy dink jy is nie; jy ís wat jy dink.' Dit is so dat mens absoluut gelei word deur sy gedagtes. Daarom moet jy dit inspan om jou lewe reg te bestuur. Wat jy nie kan wegdink nie, moet jy regdink. Jy moet leer om gedagtes vol krag te skep wat vreugde en vertroue kweek en waarmee jy kan inskakel op golflengtes wat jou lewe positief beïnvloed.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (12)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE STATEBONDSKONFERENSIE VAN 1961 (DEEL IV)
" En hoe het die prentjie daardie geskiedkundige namiddag toe Suid-Afrika sy bane ná 'n halfeeu met die Britse Statebond verbreek, binnekant die konferensiesaal daar uitgesien: 'In dié omstandighede sal ek formeel my versoek vir Suid-Afrika om lid van die Statebond te bly, terugtrek. ' "
'n Groot swart motor met 'n helder blou etiket voor aan die windskerm staan voor die Dorchester. Die klein Unievlag wat voor op die amptelike voertuig liggies in die oggendwind fladder, vorm 'n skrille kontras met die twee groot Union Jacks wat triomfantelik bo-op die agtverdiepinghotel wapper.
Op die eilandjie voor die hotel tot daar diep in Park Lane, byna tot by Hyde Park, staan honderde nuuskieriges met hul driekwart jassies in die pieperige Londense sonskyn. Hier en daar merk jy 'n plakkaat met anti-Suid-Afrikaanse slagspreuke. Een wat veral prominent bo die massa vertoon, word deur 'n mooi wit dogter en blykbaar 'n Wes-Indiër omhoog gehou. Dié een: "Africa for the Africans", is moeilik leesbaar want dis onderstebo!
MUGABE SE GRAFSKRIF...
ʼn Gepaste grafskrif vir Robert Mugabe
Ds Andrè vd Berg
As ek vir Robert Mugabe ʼn grafskrif kon ontwerp, sou dit as volg lees:
ROBERT GABRIEL MUGABE
Geb. 21 Febr. 1924 Oorl. 6 Sept. 2019
TOONBEELD VAN VERSTEENDE WRAAKSUG
Robert Mugabese wraaksug was die hoofrede dat ʼn eens voorspoedige land tot ʼn bankrotplaas omgeploeg is. Toe Zimbabwe van eienaar verwissel het, was ʼn eietydse hel onafwendbaar. Die skynbaar vreedsame oorgang na ʼn goddelose regering het spoedig sy ware kleure getoon toe misdaad ʼn plesiertog van vernietiging geword en soos ʼn doodsengel deur die land getrek het. Dit was immers deel van die nuwe regering se politieke mondering waarin vryheid chaos met nuwe beligting skyn te wees.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (11)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE STATEBONDSKONFERENSIE VAN 1961 (DEELIII)
Ons was almal moeg gewerk, tog het mev Verwoerd haar spesifiek oor my bekommer totdat dr Verwoerd vir haar gesê het: "Bets, los jy vir Barnard, hy's 'n fatalis soos ek".
Suid-Afrika se vyande van wie daar baie in Londen is, het alles in hul vermoë gedoen om gemoedere teen dr Verwoerd en sy afvaardiging op te sweep. 'n Haatveldtog waaraan Britse geestelikes lustig deelgeneem het is ontketen. Terwyl mev Barbara Casle protsesoptogte gereël het, het die biskop van Southwark, dr Mervyn Stockwood, die Suid-Afrikaanse Eerste Minister van die kansel toegesnou: "In die naam van God, gaan; gee pad uit die Britse Gemenebes!"
Die konferensie het om 11-uur op Woensdag, 8 Maart, in Lancaster House, nie ver van Buckinghampaleis nie, 'n aanvang geneem.
ONWETTIGE VREEMDELINGE
Ds AE vd Berg
“Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf”(Rom.13:3,4)
Suid-Afrika steier onder ʼn vlaag van vreemdelingehaat. Mense neem die reg van geweld met barbaarse gevolge in eie hande. Hoe moet gelowiges teenoor vreemdelinge optree? God eis om goedgesind teenoor hulle te wees: “En as ʼn vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ʼn kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland.” (Lev.19:33,34). In sy Profetiese Rede sê Jesus: “... Ek was ʼn vreemdeling, en julle het My herberg gegee” (Mt.25:35).
Gelowiges het geen probleem met vreemdelinge as sulks nie, maar wel met onwettiges. Die vreemdelinge waarvan die Bybel praat, is nie onwettiges nie. Hierdie onderskeid moet baie duidelik getrek word! Gelowiges mag nie anders teenoor wettige vreemdelinge as teenoor eie volksgenote optree nie. As hulle wettig daar is, moet hulle billik behandel word. Daarenteen moet onwettiges na hul eie lande terugkeer al moet die wet hard op hulle neerkom!
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (10)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE STATEBONDSKONFERENSIE VAN 1961 (DEELII)
Terwyl Doktor rustig en ongestoord in die vliegtuig bly slaap het, is mev Verwoerd, minister Louw en die res van die geselskap na die stad waar daar vir ons slaapplek by die Excelsior Hotel gereël is.
Bossie, minister Louw se privaatsekretaris wat toe reeds 'n ervare wêreldreisiger was, en ek, het egter van die geleentheid gebruik gemaak om soveel as wat in die omstandighede prakties moontlik was, van hierdie geskiedkundige ou wêreldstad te sien. Net toe ons op die punt staan om weer na die lughawe te vertrek, is nuus ontvang dat die Londense lughawe onder 'n misbank bedek is, en dat ons daarom genoodsaak is om langer in Rome te vertoef – iets wat net mooi in ons kraam gepas het want dit het ons in staat gestel om heelwat meer van die besienswaardighede te besoek, hier waar talle ou bouvalle die romantiese verhaal van 'n verbygegane eeu vertel.
ENGELE MET ‘N SENDING (14)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Engele met ’n opdrag
Hierdie tyd is ’n tyd van hernude geestelike aktiwiteite. Snaakse dinge gebeur! Mense word wakker! Vyande van Christus verlaat die vyandelike kamp en kom oor na God se kant toe. Nuwe stemme word gehoor wat die Goeie Nuus verkondig. Wat ons sien is ’n bewys dat ’n leërskare van die hemel aan die beweeg is!
Ek het baie getuienisse gehoor van mense wat heeltemal weg van God was: vriende het met hulle gepraat, familieiede het met hulle gepraat en ander het vir hulle gebid, maar hulle het volhard om God te weerstaan. Dit het gelyk of hulle by verre nie die soort mense is wat na Jesus sal kom nie, maar in God se groot doel en plan het hy !n woord gestuur deur ’n goddelike gesant wat hulle laat omkeer het. Dit gebeur in die sportwêreld, in die sakewêreld, in die vermaaklikheidswêreld en in die politieke wêreld! Mense kom na God toe en vind dat Hy waarlik bestaan. Die engelemagte van die hemel is aan die beweeg!
DIE BEDIENING VAN ENGELE
Dr Isak Burger
Lees volledig by Die Geesteswêreld
Engele is geskape tot eer en verheerliking van God. Om te verheerlik en tot sy eer te lewe is die hoogste roeping en edelste bediening waarmee engele of mense besig kan wees. Daarom sal jy dikwels waar daar in die Bybel van engele ter sprake is, lees dat hulle God verheerlik. In Psalm 103 roep Dawid almal - ook die engele - op om God te loof: " ...die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! Loof die Here, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!" Die oproep vind ons ook in Psalm 148:2. In Openbaring waar Johannes 'n kykie van die hemel gekry het, is daar talle voorbeelde waar heiliges en engele saam in aanbidding betrokke is voor God. Ons lees byvoorbeeld in Openbaring 7:11: "En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid." Miskien is dit een van die redes waarom daar selfs in ons eredienste engele aanwesig is (1 Kor. 11:10). Hierdie gedagte behoort 'n effek te hê op die wyse hoe ons God in ons eredienste aanbid.
ENGELE MET ‘N SENDING (13)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Migael en sy engele
Omtrent tweeuur een Maandagoggend het ek wakker geword toe ek geluide in die onderste gedeelte van my huis hoor. Ek het onmiddellik gaan ondersoek instel. Toe ek onder kom het ek een van die wonderlikste gesigte gesien wat ek nog ooit gesien het. In my sitkamer het vier groot strydengele gestaan en in my huis was daar ’n geweldige groot aktiwiteit aan die gang. Elke keer as God Hom deur die besoek van engele aan my huis of studeerkamer openbaar het, was dit ontsagwekkend, maar hierdie besoek was nog meer oorweldigend omdat in my gees ’n ware besef was van die belangrikheid van wat God besig was om te doen.
Gabriël het my aan die voet van die trap ontmoet en my gevra om in die woonkamer in te kom. Hy het gesê: “Ek wil nie hê dat jy bang of bevrees moet wees nie, maar Sataniese magte het ’n aanval teen jou begin. Net soos God sy organisasie van engele het, het Satan ook sy organisasie met die prinse van die duisternis, al het hy nie baie nie en hulle het nie baie mag nie. Hulle is nie alomteenwoordig nie en hulle kan nie op dieselfde tyd orals wees nie. Hulle ondergang is alreeds bestem.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (9)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DIE STATEBONDSKONFERENSIE VAN 1961 (DEEL I)
Sedert dr Verwoerd op 2 September 1958 Eerste Minister geword het is daar voortdurend deur ondersteuners en selfs deur persone uit die geledere van die Opposisie by hom daarop aangedring dat hy, met die oog op die vyandskap wat daar uit die buiteland ervaar word, 'n besoek veral aan Europese lande moes bring "omdat niemand anders beter in staat is om Suid-Afrika se saak daar te stel nie". Konsekwent het hy egter volgehou dat sy tyd hier in sy vaderland nuttiger bestee kon word.
GEESTE EN GEDAANTES (6)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
Die spookgas
Walter Spiethoff
Ons twee, my ou vriend Jorg Cronje en ek, het volgens gewoonte Saterdae in sy huisie by die see sit en gesels. Dit was ‘n aand soos vanaand. Die storm het woes oor die water gevee en die gekreun in die boomtakke voor die huis het tot in die kamer deurgedring.
As ‘n mens die heeldag met jou vriend gepraat het, kom daar aan die einde van die dag ‘n tyd wanneer ‘n mens nie meer weet wat om te sê nie. OP so ‘n tydstip is dit die beste om stil te bly en te peins. Ons twee het nie eintlik daarvan gehou om sommer so te klets, of om ons medemense deur die modder te trek nie. Derhalwe was stiltetye by ons ‘n vanspelfsprekende iets. Ek het my ou vriend ook te goed geken om ‘n storie uit die verlede van hom af te pers. Wanneer Cronje met sy pyp tussen sy lippe en die kop effens vorentoe gebuig, in sy gemakstoel sit, moet jy hom maar met rus laat. Vanaf die oomblik dat hy sy kop oplig en ‘n snork van behae gee, is dit tyd om ‘n verleë hoesie te laat hoor. Nadat jy van daardie hoesie kwytgeraak het, sal jy verneem hoe Cronje “ja” sê. En dan kan jy jouself regruk want Jorg het nou in die rommelkas van sy harsings ‘n verhaal ontdek. Hy het dit toe netjies afgestof en die spinnerakke verwyder om dit fyn en suiwer op tafel te lê.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (8)
Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
BLOED EN TRANE
"Duidelik kon ek die bloed oor dr Verwoerd se regterwang sien stroom terwyl hy sy kop styf tussen sy hande vasknel en langsaam in sy seilstoel neersyg. Terwyl die hele mensemassa voor ons vorentoe beweeg, knal 'n tweede skoot... alles binne die bestek van enkele sekondes."
Ofskoon die jaar 1960, met die oog op die vyftigjarige bestaan van die Unie, eintlik 'n feesjaar was, was dit vir dr Verwoerd inderdaad 'n jaar van bittere en voortdurende stryd; stryd teen die bose aanslae van die wêreld daarbuite; stryd teen die ongeregverdigde aanvalle van sogenaamde geestelike leiers buite en binne die grense van sy vaderland en helaas – Saterdag 9 April van daardie donker jaar – stryd teen die wrede afskuwelikheid van die dood self.
Selde indien ooit het dit in die geskiedenis van die moderne wêreld gebeur dat 'n leier van 'n klein volkie in die bestek van een jaar aan so baie en aan sulke meedoënlose toetse onderwerp is en behoue daaruit te voorskyn getree het.
Die jaar 1960 was nie alleen vir die volk van Suid-Afrika nie, maar inderdaad ook vir sy leier, dr Hendrik Verwoerd, vir mevrou Verwoerd en vir elke Christen, 'n jaar van bloed en trane, want in daardie veelbewoë jaar het die volk, sonder dat hy waarskynlik daarvan bewus was, hom weer eens, soos in 1838, aan die oewers van 'n 'Bloedrivier' bevind, maar danksy die man aan die stuur, danksy 'n vasberade Suid-Afrikaanse volk en danksy die genade van Hom wat in 1838 redding en uitkoms gebring het, het ons andermaal die 'Slag van 1960' se Bloedrivier oorlewe!
ENGELE MET ‘N SENDING (12)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Sending Filippyne
Dit is ’n snaakse gevoel om op die San Francisco-lughawe te sit op pad na ’n vreemde land, terwyl ’n mens wonder wat gaan gebeur as jy daar aankom! Dit is soos ek daardie Saterdagaand gevoel het toe ek geheel en al gedwing was om na die Filippyne toe te gaan.
Die week voordat ek op die sending moes vertrek, het die engel Gabriël my kom besoek en met my oor die werk gepraat en my die versekering in my hart gegee dat wat gebeur het deur God Self beplan is. Hy het my die name van die mense gegee met wie hy besig was en wat ek sal ontmoet. Sommige van hulle was nie juis belangrik vir die sending nie, maar is vir my gegee as bevestiging dat die reis van die Here was en dat dit nie slegs ’n besoek was nie!
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (7)
Deur Fred Barnard
Lees dr Verwoerd se volledige antwoord op Macmillan se winde by
VERWOERD KEER MACMILLAN SE WINDE...
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
WINDE VAN VERANDERING
"Meneer die Eerste Minister," het hy hoflik en glimlaggend begin, "u het my 'n aansienlike taak gestel", en daarna het hy voorgegaan om in die taal van die boerediplomaat aan Macmillan te verduidelik dat dit vir hom beter sou loon om liewer op verkeerdhede in eie huishouding en op eie bodem ag te gee, en om Suid-Afrika aan die inwoners van Suid-Afrika oor te laat.
Uit die aard van my werk moes ek oor die jare na baie sprekers en redenaars luister onder wie dr DF Malan ongetwyfeld een van die grootstes onder die grotes was. Dan was daar adv JG Strijdom, generaal Kemp, genl JC Smuts, AJ Werth van George om nie eens te praat van die staatshoofde by geleentheid van die 1961-Statebondskonferensie nie.
Oor baie jare heen het ek ook na honderde toesprake van dr HF Verwoerd geluister. Nie alleen was hy een van die briljantste redenaars na wie ek ooit geluister het nie, maar ook was hy een van die beste geleentheidsprekers wat ek ooit aangehoor het. Trouens, baie van die beste toesprake wat hy gelewer het was toesprake waarop hy totaal onvoorbereid was.
Een van daardie toesprake wat altyd soos 'n juweel sal skitter, is dié een wat hy as antwoord op Eerste Minister Harold Macmillan se veelbesproke en, vir baie, berugte winde-van-verandering-toespraak gelewer het. Lank nadat hierdie toespraak reeds vergete was, is daar in die Eerste Minister se kantoor nog navrae vir afskrifte ontvang, veral van persone in Groot-Brittanje en ander Afrikastate.
ENGELE MET ‘N SENDING (11)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Wanneer God dankie sê
Daar is ’n ontsaglike groot vreugde in my hart as ek dink dat God genoeg omgee vir sy kinders om hulle goddelike leiding en rigting te gee. Ek voel ook ’n diep verantwoordelikheid om aan die wêreld die waarhede te bring wat God op my hart gelê het. Hierdie is Bybelse feite wat die meeste van ons ken, maar om dit so duidelik by God self te hoor en deur sy boodskappers ons aandag daarop gevestig te kry, verleen daaraan ekstra waarde.
Hierdie ondervindinge wat God my toegelaat het om ’n deel in te hê en oor te vertel, was nie leë drome of verbeelding nie. Elke keer as God met my gedeel het, het Hy die Woord van God na my toe gebring met groot mag en ondersteunende krag.
Op sy eerste besoek aan my het die engel van drie hooftemas gepraat. Die eerste was God se karakter, hoe Hy regtig is, die begeertes van sy hart vir mense en dinge wat vir Hom belangrik is. Die tweede was ons posisie in God en derdens wou Hy hê dat ek u moet herinner aan die voorbereiding vir daardie groot oordeelsdag.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (6)
Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
DR VERWOERD WORD EERSTE MINISTER
"Die kleurbeleid binne die Unie word nog steeds misverstaan. Veral diegene wat nie uit ervaring kan meepraat nie, begryp nog steeds nie dat apartheid of aparte ontwikkeling op die besef berus dat alleen langs dié weg die swakkere teen die sterkere beskerm kan word, en die andersoortige en getalmindere teenoor die getalmeerdere veilig kan voel nie. Met ander woorde, dat botsing alleen vermy kan word indien daar soveel moontlik skeiding kom. Skeiding – of dit woongebied of landgebied of lewensterrein betref – beoog nie verdrukking nie. Dit beoog volle kanse vir almal wat weliswaar net benut kan word in die mate waarin die persoon of groep in verskillende stadiums daartoe opgewasse is. So iets kan net vir elkeen binne sy eie rassegemeenskap beplan en bewerkstellig word. "
Sedert dr HF Verwoerd in 1937 op die politieke toneel verskyn het, het hy ongetwyfeld 'n meteoriese loopbaan gehad en reeds toe hy in 1950 tot die Kabinet toegetree het, het baie hom as 'n toekomstige Eerste Minister geag.
ENGELE MET ‘N SENDING (10)
Lees reeks by Engele met 'n sending
God se waarskuwingstekens
God verlang dat ons dit moet geniet om op sy meer van vreugde te skaats terwyl ons hier op die aarde is, maar Hy wil ook hê dat ons van die area wat gemerk is “DUN YS” moet wegbly. Dit is maklik, want Hy het die waarskuwings duidelik in die Bybel aangeteken.
Ons hoef ons nie te bekommer en te probeer om ’n Christelike lewe te lei nie. As ons met Hom wandel, in sy lig, het ons volkome vryheid van vrees en ons hoef nooit bang te wees nie! Sy hart klop vier en twintig uur per dag en solank as wat dit klop, en dit is vir die hele ewigheid, is ons geheel en al beskerm solank as wat ons Hom dien.
God het ons so lief dat Hy ons alles in die hemel en op die aarde aanbied. Hy maak ons selfs mede-erfgename saam met Jesus. Maar sommige indiwidue kies vrywilliglik om uit te stap onder die versoening (die bedekking, of die bloed van Jesus) deur rebellie en afgodediens.
BOU JY OF BROU JY?
Ds AE vd Berg
“Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie”
(1 Kor.3:11)
Jare gelede het ʼn Amerikaanse sakeman vir ʼn konferensie in ʼn hotel oorgebly. Aan die oorkant van die straat was bouers met ʼn groot fondament besig. Hy het gewonder wat daarop gebou gaan word; ʼn sakesentrum, ʼn wolkekrabber of wat? Toe hy ʼn jaar later weer daar kom, was hy geskok om te sien wat daarop gebou is – ʼn kafee! Jy bou mos nie klein geboue op groot fondamente nie!
Dit geld ook vir die geloofslewe –Jesus Christus is die fondament waarop groot geestelike bouwerke opgerig moet word. Wat staan op jou lewensfondament? Is dit Jesus waardig of ʼn kafee op ʼn fondament wat ’n wolkekrabber kon dra?
EIENSKAPPE VAN ENGELE
Dr Isak Burger
Lees volledig by Die Geesteswêreld
Engele is in baie opsigte nie vergelykbaar met die mens nie. Weliswaar is hulle ook skepsele van God, asook vrye morele wesens met 'n eie wil, maar andersyds is hulle nie onderworpe aan die talle beperkings van mense wat vlees en bloed is nie. Hulle is ook nie vasgevang in die sigbare en aardse dimensies soos ons nie. Daar is nie by hulle allerhande ingebore swakhede wat deur die sondeval en oorerwing gekom het nie.
Om een of ander rede het die gedagte uit die Middeleeue voortgekom dat engele fyn, brose, feetjie-agtige wesens met vlerkies is. Dit is ver van die werklikheid. Die Bybel sê hulle is "kragtige helde" (Ps. 103:20). Ons het in die Skrif aanduidings van die mag van engele. Volgens 2 Konings 19:35 het een engel van die Here in een nag 185 000 Assiriese soldate doodgemaak. Dink net waartoe die 72 000 (twaalf legioene) engele wat in Getsemane tot Jesus se beskikking was, in staat was (Matt. 26:53).
DIE VERSKILLENDE SOORTE ENGELE
Dr Isak Burger
Lees volledig by Die Geesteswêreld
Alhoewel alle engele dienaars van God is, blyk dit uit die Skrif dat daar 'n sekere rangorde en stand onder die engele is. Engele is waarskynlik in verskillende ordes georganiseer in ooreenstemming met die verskillende tipes dienswerk wat hulle verrig. Romeine 8:38, Kolossense 1:16 en Efesiers 3:10 dui onder andere op hierdie rangorde in die geesteswêreld. Ons vind die volgende individuele engele of ordes of groepe engele:
Die Engel van die Here
Daar word 60 keer in die Ou Testament van hierdie Engel melding gemaak. Hy kan onderskei word in die Ou Testament deurdat Hy feitlik altyd die bepaalde lidwoord "die" vooraan het. Die Afrikaanse vertalers het dit vir ons verder maklik gemaak deur telkens die woord "Engel" met 'n hoofletter te vertaal.
13 JAAR MET DR HF VERWOERD (5)
Deur Fred Barnard
(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
'N ONDANKBARE TAAK (2)
"Dr Verwoerd se opponente het egter alles in die stryd gewerp om hom te breek. Terwyl daar aan die een kant deur 'n deel van die amptelike opposisie na hom verwys is as "die grootste Swartboetie in die land", het 'n ander groep vas geglo dat hy niks goeds vir die Swarte wou doen nie. In weerwil van die voortdurende beskuldigings uit die buiteland, was dr Verwoerd geen verdrukker van die Swartman nie. Hy was egter vierkantig gekant daarteen dat daar van die Swartes 'Engelsmanne' gemaak moes word soos Brittanje dit in sy kolonies probeer doen het.
Ook het hy hom heftig verset daarteen dat enkele Swartes die voordeel van byvoorbeeld onderwys moes geniet terwyl die massa aan hul eie lot oorgelaat sou word. Sy beleid was daarop bereken om die Swarte van Suid-Afrika as 'n geheel geleidelik en in ooreenstemming met sy vermoë op te hef. Deur alles aan enkeles te gee sou gaandeweg ontevredenheid en frustrasie by die massa in die hand werk en daarom was sy uitgangspunt dat al die Swartes bevoordeel moes word liewer as om, soos voorheen gebeur het, 'n paar te bevoordeel wat, soos so dikwels bewys is, later die agitators word" ( - die presiese toestand wat vandag heers onder 'n Swart kommunistiese regering wat alles vir hulself inpalm en die Swart massas hieroor in opstand het).
"Om op die pad na apartheid te kom, moet ons egter 'n nog veel spesifieker en meer onmiddellike doel stel wat sal bestaan daarin dat: