Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
“Here, ek bid nie vir ‘n algehele kalmte van gees of dat my swaarkry dadelik einde sal kry nie. In hierdie wêreld sal daar altyd pyn en probleme wees. Ek bid slegs dat u Gees, u liefde en u genade my met soveel uithouvermoë sal vul, dat ek enigiets wat oor my pad mag kom, sal kan geniet of verdra”.
GEESTE EN GEDAANTES (2)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
Spookstories “Vir die Waarheid”
Hulle sit voor die groot vuur wat in die kaggel brand van die hotel by daardie eensame strandplek... ag, wat is die naam nou weer...? Nou ja, dit kom daar nie op aan nie. Buitekant speel die elemente rondomtalie en een van daardie storms wat so nou en dan die vakansiehouers se stille rustigheid verstoor, vier vanaand weer hoogty. Dis lekkerder voor die vuur, né! Die ou dokter lê agteroor in die gemakstoel, sy oë gesluit. Die dominee sit langs hom en leun vooroor om in die rooi vlamme te kan tuur; die boer sit op ‘n lae bankie aan die kant van die kaggel en krap kort-kort tussen die kole in met ‘n langerige houtstok wat hy in allerhande fatsoene met sy knipmes sit en sny. Die ander man sit regop in ‘n militêre houding – hy is ‘n afgeleefde kommandant en in sy oë en om sy mond is daar nog die trekke van die gebiedende aanvoerder.
Die vier loop almal reeds taamlik laag teen die helling van die lewensafdraande. Hulle is ou vriende en baie jare al kom hulle gereeld elke jaar hier by die stille strandplek bymekaar om oor die “ou dae” te gesels. Vanaand is hulle wonderlik stil en die geselskap kan nie verder as gewone aanmerkings oor die geweld van die storm daarbuite vorder nie.
Naderhand praat die ou dokter.
DIE MOORD OP DR HF VERWOERD
Die Dinsdagoggend, 6 September, het dr. en mev. Verwoerd omstreeks sewe-uur per vliegtuig van die militêre lughawe Waterkloof, in Pretoria, na Kaapstad vertrek. Agter hulle het hulle ’n lang naweek vry van kommer en sorge gehad. (Die Maandag was ’n openbare vakansiedag, Setlaarsdag.) Die grootste deel van die naweek het hulle op hul plaas, Stokkiesdraai, aan die Vaalrivier, deurgebring. Hulle is die Vrydagmiddag na dr. Verwoerd se ontmoeting met hoofman Jonathan daarheen.
“Dit was ’n naweek soos min,” het mnr. J. B. Wolfaardt, bestuurder van Stokkiesdraai, later gesê. “Doktor het dit werklik lank laas so baie op die plaas geniet as in dié naweek. Hy was besonder opgewek. Soos altyd was hy vol planne vir wat nog alles gedoen kan word, en hy het die plaas platgestap.”
ENGELE MET ‘N SENDING (4)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Die bediening van engele
Deur die geïnspireerde boodskappe wat die engele gebring het, het die Here my wonderlike waarhede geleer wat ek nooit deur intensiewe studie sou leer nie. Toe God hierdie waarhede onder my aandag gebring het, het Hy nie gesê: “Kyk of jy hierdie waarhede kan snoei om dit in jou leerstellige konsepte in te pas nie. Kyk of jy hulle in die beroep wat jy gekies het kan inpas.” Hy het nie eers laat blyk dat Hy van enige posisie of beroep geweet het nie! Hy het net gesê: “Dit is wat gaan gebeur!”
In die ontsagwekkende teenwoordigheid van God se engele, het ek dikwels soos Maria gevoel wat gesê het: “Laat dit met my gaan volgens u woord” (Lukas 1:38). Toe Paulus gesê het: “ . . . daar het in hierdie nag by my gestaan ’n engel van die God aan wie Ek behoort, wat ek ook dien” (Handelinge 27:23), het hy ook geweet dat wat die engel gesê het sou gebeur! Op dieselfde wyse WEET ek dat hierdie boodskappe wat van God se hart afkom, steeds besig is om die hel te beroof van toekomstige inwoners.
‘N LEWE SAAM MET HOM
Hannes Ollewagen
Génesis 6:1-22
“Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.” (:9).
Daar is baie mense vir wie daar geen groter vrees is as om alleen te wees nie. Hulle kan nie vir ‘n paar ure alleen wees nie en is deurgaans opsoek na geleenthede om in ander mense se geselskap te wees.
Daar is egter geen groter eensaamheid as om van God verlate te wees nie. Ek wonder soms hoeveel mense gedurig na geselskap soek om juis daardie gevoel van verlatenheid te probeer ontwyk? En ironies genoeg is die uitweg hiervoor om juis genoeg tyd in te ruim in u lewe om uself met God af te sonder en alleen met Hom te vergader.
BID, EN GLO, MY VOLK!
Ons het ‘n skrywe ontvang van Peet van Schalkwyk in verband met die artikel wat gister op Gelofteland verskyn het, EERS ZIMBABWE, NOU SUID-AFRIKA.
Peet skryf:
Geagte Webmeester,
Ek het groot waardering vir u insiggewende webblad wat soveel verskeidenheid bevat. As voorbeeld was daar vandag ‘n artikel om ons roemryke geskiedenis met ‘n Eerste Wêreldland onder dr HF Verwoerd te herdenk. Ook was daar ‘n boeiende artikel oor engele se waarde en doel in die hand van ons Here Jesus. En dan was daar die artikel oor hoe Suid-Afrika nou by die punt gekom het wat Zimbabwe destyds geknak het.
Wat laasgenoemde artikel betref, weet ons dat ons aan die einde van ons blanke voorspoed gekom het en dat die finale ineenstorting vir ons om die draai wag waar die blankes net soos in Zimbabwe uitgemoor sal word indien hulle nie betyds vlug nie.
SEPTEMBERMAAND – VERWOERDMAAND (2)
DR VERWOERD SE KINDERJARE
Nog ‘n werk wat in geheel op Gelofteland by die skakel Herinneringe aan dr HF Verwoerd verskyn, is ‘n biografiese skets van dr H O Terblanche. Dit gaan meer oor sy kinderjare, vertel deur sy jonger suster Lucie.
Lucie vertel:
In Wynberg het die twee seuns allerhande kattekwaad aangevang. Op die hoek van ons straat, Mortimer Road, was daar 'n sinagoge. Dit moet nog daar wees. Dit was welbekend dat iemand homself in die sinagoge opgehang het en dat dit daar spook. Hendrik en Len het toe van Ma se lakens gesteel en ná donker gaan spook speel, kastig om die Jode bang te maak.
Volgens Ma was Hendrik eintlik nog te jonk, maar die juffrou van die Evangelies-Lutherse skool in Waterloo Road, het kom pleit dat hy asseblief moet kom om haar getalle vol te maak.
EERS ZIMBABWE, NOU SUID-AFRIKA
Na 'n lang stryd tussen die behoudende Blanke en die Swart kommuniste is Zimbabwe in 1980 aan die Swartman oorgelewer. Robert Mugabe en sy bende het hierdie mooi land destyds oorgeneem en kort daarna het die Blankes in een dik stroom die land verlaat. Duisende het na Suid-Afrika getrek op soek na 'n beter lewe onder die destydse NP-regering, terwyl ander uitgewyk het na lande soos Brittanje, Australië en Nieu Seeland. (Klink dit bekend?)
'n Minderheid Blankes het in Zimbabwe oorgebly en hoewel Mugabe en sy makkers onmiddellik begin het om die land te plunder, is dié paar Blankes daar geduld. 'n Groot deel van hulle was betrokke in die landboubedryf, hetsy as boere of in 'n sekondêre sektor wat aan die landbou verbonde is. Op hierdie manier het Zimbabwe se ekonomie nie eensklaps in duie gestort nie, ten spyte van die plundering wat onder die nuwe Swart regime plaasgevind het.
Soos die jare egter aanbeweeg het, het Mugabe en sy regime al hoe meer korrup geraak en Blankes wat agtergebly het in dié land het stelselmatig hulle geld uit die land begin vat en later self gevolg, op soek na 'n beter lewe elders. Teen 2000, presies twintig jaar na die oorname van Mugabe en sy Zanu/PF party, was Zimbabwe se ekonomie net 'n leë dop. Weens die gulsigheid van die Swart kommuniste, wat wette gemaak het om die rykdom van die Witman aan hulself toe te eien, het die Witman die land verlaat en die ekonomie is teen daardie tyd hoofsaaklik gedra deur die paar duisend Blanke boere, wat steeds voedsel geproduseer het in die land wat in die sewentigerjare eens die "Broodmandjie van Afrika" genoem is.
ENGELE MET ‘N SENDING (3)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Goeie nuus vir u en u familie
Gedurende die nag van 18 Junie 1978, het ek op my gewone tyd bed toe gegaan met geen vooraf kennisgewing dat iets op die punt was om te gebeur wat my hele lewe sou verander nie!
Omtrent drie uur die oggend is ek eensklaps gewek deur iemand wat my aan die arms gegryp het en my regop in die bed laat sit het! Die kamer was donker omdat die blinders afgetrek was, maar daar was genoeg lig van buite sodat ek die buitelyne van ’n groot wese kon uitmaak.
Om die minste te sê, ek was bang want hy was sterk en ek kon nie uit sy greep loskom nie. My vrees het nie lank geduur nie, omdat ek gou bewus geword het van ’n bonatuurlike teenwoordigheid en dit het nie lank geneem om te besef dat hierdie wese ’n engel van God was nie. Hy het dit bevestig, my skouers laat los en vir my gesê dat ek nie bang moes wees nie! Toe het hy gesê dat God hom gestuur het omdat die gebede van sy kinders gehoor is en hy moes die boodskap kom oordra dat hulle gebede nie slegs gehoor is nie, maar dat dit verhoor is! Halleluja! Ek het nie gedroom nie, dit was nie ’n visioen nie, dit was iets baie, baie werklik.
SEPTEMBERMAAND – VERWOERDMAAND (1)
Dit is weer Septembermaand, tradisioneel Verwoerdmaand, en is dit ons hier voorreg hier by Gelofteland om weer hulde te bring aan hierdie groot staatsman.
Daar is so baie oor dr HF Verwoerd te sê dat mens maar net uittreksels uit sy lewe kan plaas. Een van die mense wat dr Verwoerd baie goed geken en verstaan het, is sy sekretaris, Fred Barnard. U kan die volledige boek van Barnard op Gelofteland vind by die skakel 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)
Fred Barnard skryf oor dr Verwoerd:
(1961 se statebondkonferensie) ''Sommer met die eerste oogopslag was dit duidelik dat die hele Londen met al sy voorstede op dr Verwoerd, daardie 'monster' van Afrika, gewag het. Persmanne, fotograwe, televisiemense en slordige langhariges was daar by die dosyne. Jy kon jou eenvoudig nie draai nie of daar was een van hulle; grotes, kleintjies, swartes, geles, gladgeskeerders en bebaardes; die hele boel was daar om iets te probeer aas vir die meer as 'n dosyn dagblaaie wat hierdie wêreldstad bedien en vir die baie honderde koerante oor die hele aardbol.
GEESTE EN GEDAANTES (1)
Lees reeks by Geeste en Gedaantes
Holmer Johanssen
DODERIT
Dit was koud en al drie van ons het om die vuur gekruip, met die bene in die slaapsakke, die hande uitgestrek na die behaaglike warmte van die kampvuur. Ons was op ‘n jagtoer, die stukke wildsvleis het aan ‘n boom naby die tent gehang. Ons het moeg gevoel en maar min gesels, totdat Joubert met die volgende storie voor die dag gekom het:
Dit was in die noorde van Transvaal waar die wêreld so vlak is dat jy drie dae ver kan sien. Ek het net terug gekom uit Rhodesië en my motor die spore gegee. Dit was ‘n donker nag en die ligte van die motor het ‘n wit vlak uit die duisternis gesny. Die wêreld was maar verlate. Al teken van beskawing wat jy in die donker kon sien, was die drade van ‘n skrale telefoonverbinding en op enkele kruispaaie ‘n rigtingaanwyser. Julle weet self, dis aangenaam om in die nag te ry as die pad jou met sy draaie kan wakker hou. Maar hierdie pad was so reguit dat ek af en toe amper aan die slaap geraak het. Drie keer het ek ‘n dowwe slag onder my wiele gehoor en besef dat ‘n onversigtige haas ‘n vroegtydige dood gesterf het omdat hy nie uit die strale van my ligte kon kom nie.
Ek het net by ‘n kruispad gekom toe ek in die skynsel van die ligte ‘n man sien staan. Aan sy jas en sy hoed en aan sy houding kon ek sien dat dit ‘n blanke was.
ENGELE MET ‘N SENDING (2)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Ontmoeting
Die mees uitstaande en opwindendste ding wat nog ooit in my lewe met my gebeur het was die besoeke van engele hierdie afgelope twee jaar.
God het dit vir my baie duidelik gemaak dat ek moet vertel wat in my lewe gebeur het, daarom probeer ek vir u beskryf wat ek gesien het, ondervindinge wat ek gehad het, en boodskappe wat aan my gegee is.
God verlig waarhede uit sy Woord op ongeëwenaarde wyses voor die koms van Jesus. Openbarings vind plaas in alle bedieninge wat in die Gees is. In die verband het God my geestesoog oopgemaak vir Johannes 16:12—15: “Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.”Dit was Jesus se woorde.
GROEI IN DIE GELOOF
Hannes Ollewagen
2 Petrus 1:3-21
“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug,en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;” (:5-8).
Ons word in hierdie brief wat deur die apostel Petrus geskryf is, herinner om dienooreenkomstig ons geloof te leef. Ons word m.a.w. vermaan om te leef soos wat ons met ons mond bely dat ons glo.Ons kan so maklik in ‘n valse gerustheid in ons geloofslewe verval. Ons weet mos van Jesus Christus wat aan die kruis gesterf het. Ek weet mos dat daar iewers staan dat as ek met my hart in God glo en met my mond Hom bely, sal ek gered word. Ek het dus die nodigste gedoen om seker te maak dat ek nie in die hel sal beland nie en daarmee word die saak van ons geloof op die agtergrond geskuif.
ENGELE MET ‘N SENDING (1)
Lees reeks by Engele met 'n sending
Hierdie verhaal is die ware verhaal van ’n doodgewone man wat ’n reeks buitengewone gebeurtenisse beleef het.
Roland H. Buck
Gebore: Everett, Washington, U.S.A., Junie 13, 1918.
Gradueer te Northwest College, Seattle, Washington, 1939.
Leraar in gemeentes in Granger en Yakima, Washington, Gooding en Boise, Idaho, vanaf 1950.
Getroud met Charmian Jacobson, Junie 13, 1942. Sy het op die ouderdom van 10 jaar Jesus ontmoet as Verlosser en so ook vervul met die Heilige Gees in sy volheid toe sy 21 jaar oud was. Hy is gered en vervul met die Heilige Gees in 1929. ’n Begaafde evangelie- dienaar in Boise.
Ons is CHARLES EN FRANCES HUNTER, evangelie-dienaars in die VSA.
Toe ons die eerste keer van Roland Buck gehoor het, was ons net besig om te vertel dat God ’n spesiale beskermengel by ons plaas om ons teen die vurige pyle van die bose te beskerm totdat Jesus terugkom. ’n Paartjie het gevra: “Het julle al ooit van die man in Boise, Idaho, gehoor wat deur engele besoek word? Hulle praat met hom en bring boodskappe van God af.”
WORD PARAAT!
Elke dag hoor ons van misdaad in die vorige 24 uur gepleeg. Hierdie is ‘n paar doodgewone veiligheidsmaatreëls wat onder normale misdaadomstandighede gevolg sou word; hoeveel te meer nie nou in die ernstige rewolusionêre klimaat waarin ons tans verkeer nie.
INDIEN ONS NIE EERS DIE INGESTELDHEID HET OM DÍT NA TE KOM NIE IS ONS GEENSINS PARAAT VIR WAT WERKLIK OP ONS WAG NIE.
1. Wanneer gaan ons boere leer om nie saans uit die huis te gaan wanneer die honde blaf of die hoenders onrustig is nie? So ook elke huiseienaar. Skakel vir hulp indien u nie self die oorlog kan voer nie maar MOENIE NA BUITE GAAN NIE!
2. En wanneer gaan ons ophou om soggens outomaties die deur oop te maak en uit te stap? Omdat die son opgekom het beteken nie daar is geen moordbendes buite nie! Bewapen uself, al is dit dan ‘n mes of ‘n stuk yster, en stap behoedsaam na u motor of hek terwyl u ORAL OM U KYK!
3. Die meeste aanvalle vind deesdae tussen 7 uur en twaalfuur saans plaas. Moordbendes het dus besluit op die weg van minste weerstand. Braai ons nog lustig ‘n vleisie daardie tyd buite en glo ons moet ons veiligheidsdeure darem net voor slaaptyd gesluit hê? DINK WEER!
4. MOET NOOIT by u huisoprit indraai voordat u die straat in die truspieël asook deur elke ander venster bespied het nie. Ry verby as daar verdagte motors stadig ry of vir u wag.
5. Indien u beveel word om u selfoon, beursie of handsak te oorhandig, gooi dit so ver moontlik van u en die rower weg en hardloop in teenoorgestelde rigting om hulp of skuiling te soek. Die kans is groot dat hy eers u besittings sal optel voor hy u agternasit.
ONS VOLK SE WORTELS
Soos dit hier in Suid-Afrika die geval is, is daar talle lande waar ‘n regering die land in die afgrond in bestuur het, en oral waar ʼn regering nie daarin kon slaag om ʼn sinvolle toekoms vir sy burgers te skep nie, is ook die geskiedenis afgetakel. Straatname is verander en standbeelde is beskadig, skole se leerplanne is verander deur die inhoud van vakke soos geskiedenis totaal te herskryf, alles in ‘n poging om die geskiedenis van die land te probeer ongedaan maak.
Die geskiedenis kan egter nie verdwyn nie want wat gebeur het, het gebeur. Dit kan wel vergeet word wanneer nageslagte nie die moeite doen om dit te bestudeer nie wat ‘n groot leemte in ‘n volk veroorsaak want die geskiedenis leer die mensdom om nie foute te herhaal nie en verantwoordelik met die toekoms om te gaan. Daarom bewaar die geskiedenis nie net die groot dade van die verlede nie, maar is dit ook ’n voorbeeld en leermeester van die hede sowel as ʼn waarskuwing vir die toekoms. Daarom verdien ʼn volk wat sy rug op sy geskiedenis draai, om onder te gaan. As hy nie uit die geskiedenis leer nie, word hy daardeur vernietig.
DIT IS ONS PLIG
>
>>
As dit dan vasstaan dat God volkere gewil het (vgl Handelinge 17), en dat volke nie deur toeval ontstaan het nie, dan spreek dit vanself dat daaruit sekere pligte en opdragte vir ‘n volk voortspruit. Een daarvan is dat ‘n volk verplig is om daardie roeping (as afsonderlike volk) te handhaaf. Dit is daarom elkeen se Christelike plig om nasionalis te wees. Owergesetsynde is die versuim op hierdie gebied sonde.
Die beleid van apartheid was niks anders nie as die praktiese uitvoering van nasionalisme. Dit gaan immers by nasionalisme om die handhawing van die eiesoortigheid; die afsonderlikheid van elke volk – presies wat die beleid van apartheid ten doel gestel het. Indien enige party of organisasie weghardloop van die beleid van apartheid, soos wat meeste gedoen het, word terselfdertyd weggehardloop van nasionalisme – soos ons sien hier gebeur het.
BRING MY DIE OU-OU TYDING
Die behoefte aan Skrifprediking
Ds. A.E van den Berg
"When the chariot of humanity gets stuck, nothing will lift it out except great preaching. There is nothing in this case that will save the world but preaching."(David Lloyd-George).
Inleiding
Benewens die natuuropenbaring het God Hom ook deur die geskrifte van mense wat deur die Heilige Gees gedryf is aan mense bekend gemaak:
“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie;want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2 Pet,1:19-22).
Om dit te verduidelik, gebruik God predikers wat Hy tot sy diens roep wat sondaars tot bekering roep en gelowiges in die geloof opbou.
“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig” (Rom.10:14,15).
IN SAND GESKRYF
Ds AE vd Berg
“... En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie” (:11).
Wat het Jesus in die sand geskryf? Die Bybel brei nie daarop uit nie. Dis nie belangrik nie. Johannes is die enigste Evangelie-skrywer wat oor hierdie voorval skryf, dog belangrik omdat Jesus mense ʼn belangrike les wou leer.
Waarom het die kerklui hierdie vrou na Jesus gebring? Hulle het mos nie sy toestemming vir ʼn vonnisvoltrekking nodig gehad nie, maar die volmag gehad om haar te stenig. Hulle het nie raad gesoek nie, maar ʼn aanklag teen Hom probeer kry om Hom in ʼn hoek te probeer dryf. Die kerklui wou hê dat Hy teen die wet van Moses moes praat wat steniging voorgeskryf het en Hom aankla.
Dit was nie hul eerste poging nie. Hulle het Jesus telkens probeer uitlok omdat hulle Hom hartstogtelik gehaat het.
ONS SÁL WEER OPSTAAN!
Hierdie spulletjie in wie se mag ons tans verkeer is baie vinnig besig om ons land geheel en al in die afgrond te stort, want kommunistiese strategie bestaan nie uit opbou en vooruitgang nie maar uit afbreek en vernietiging van wat ‘n ordelike gemeenskap opgebou het.
‘n Voorspelling wat deur meer as een profeet gemaak is, is besig om in vervulling te gaan: As hier niks meer is om te vernietig en te steel nie, gaan die swart massas teen mekaar in opstand kom. Die eerste tekens daarvan is merkbaar. En dan sal hulle met geweld teen ons Blankes draai. Ons is male sonder tal gewaarsku om voorsorgmaatreëls te tref, paraat te wees en eendragtig teen die vyandelike oorname te beur, wat ons nie gedoen het nie. Ons het selfs gedwee ons vuurwapens vir hulle gegee sodat die hordes ons nog makliker daarmee kan afmaai. Verder veg ons met mekaar terwyl die vyand hom daarin verlustig want so hou hy ons weg van die werklike slagveld.
DOEN WAT JOU HAND VIND
Werk julle eie heil uit met vrees en bewing
(Filippense 2:1)
Hierdie Woord is dikwels deur dr H F Verwoerd aangehaal tydens sy bewindstyd in die jare sestig, die Goue Dekade van Afrikanerskap en Blankeskap – toenemende voorspoed en rustigheid vir Wit, Swart en Gekleurd.
Op 31 Mei 1961 is die vryheidstryd teen Britse imperialisme staatkundig in triomf beëindig toe die Republiek van Suid-Afrika totstand gekom het. Terselfdertyd het die stryd om ekonomiese voortbestaan van die Afrikaner wat in 1902 begin het, 'n hoogtepunt bereik. Die stryd op daardie twee terreine was tasbaar en gevolglik in dié sin meer haalbaar as die derde strydperk om voortbestaan as volk, as 'n betreklik klein Blanke volkie op Donker-Afrika-bodem. Hierdie strydperk was nie so ooglopend sigbaar as die ander twee strydperke (staatkundig en ekonomies) nie, maar virtueel van aard en gevolglik moeiliker om as strydperk aan die bevolking te "verkoop“. Ongelukkig ook en veral aan die Afrikanervolk wat op 31 Mei 1961 skielik voor 'n bedekte in plaas van 'n tasbare en sigbare stryd te staan gekom het.