Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hierdie wonderlike woorde geld ook vir elke kind van die HERE:"Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak." Jeremia 1:5
WIE SAL VERSTAAN?
Jana Haefele, 23 Maart 2019
Hierdie gedig is geskryf vir my pa en twee broers wat boer, nie omdat dit winsgewend is nie, maar oor hulle grond in hulle are het. Hulle is ’n voorbeeld van elke boer se gemoed.
Wie sal ooit die hart van ’n boer verstaan
waar hy stadig kyk hoe alles vergaan,
met ’n sware, sinkende, stukkende hart
voel hy die natuur en dier se roue smart.
Wie sal ooit die traan van ’n boer verstaan
waar hy bewoë, knielend voor die Here staan,
’n boer, verouderd van wind, reën en warm son
hy sou die plante water met sy trane as hy kon.
Wie sal die gebroke liggaam van ’n boer verstaan
waar die hare grys gebleik is en die vel verkoper,
seer lywe, nat van sweet, geskoei deur natuur
om net nog ’n dag as arme boer te kan verduur.
Wie sal die gemoed van ’n boer verstaan
waar die hele land net roep ; rand hom aan,
haat, vernedering, minagting en rassisme
terwyl hulle skree; hier is geen kommunisme.
VERSET TEEN DIE OWERHEID
Amptelike standpunt van die AP Kerk
Hier word nie oor alle soorte geweld gehandel nie, maar gekonsentreer op die vraag of geweld teen die owerheid Bybels geregverdig kan word. Tog is dit belangrik om op die volgende te let:
• Protes: Dit is ’n nie-gewelddadige optrede teen ’n besluit, wet, opinie of daad in die vorm van ’n afkeurende gesindheid, kritieklewering of geskrifte. In hierdie optrede is iets positiefs.
• Verset: Dit is ook ’n nie-gewelddadige optrede, maar sterker as protes. Die klem val hier meer op die negatiewe: weiering om te aanvaar, om saam te werk. Verset wil verwerp en teenwerk.
• Burgerlike ongehoorsaamheid: Dit is ’n openbare nie-gewelddadige aksie van morele protes teen ’n bestaande wet of wette of dele daarvan, wat deur die owerheid as onwettig beskou word.
CHRISTELIKE PLIG TOT GEWAPENDE VERSET
Prof. Johan Bosman
Op die oomblik brand die vraag oor gewapende verset in ’n beduidende aantal harte. Kom dit by die owerhede, onderskei opregte geloof wel duidelik tussen waansinnigheid aan die een kant en vleiery aan die anderkant.
Dit is waansinnig om louter anti-regering, -wet en -orde, te wees. Dit is eweneens ’n euwel om die owerhede te vlei, asof maghebbers maar sonder skroom aan God ongehoorsaam kan bly.
Die voorbeeld van Dietrich Bonhoeffer (1906-1945) word vandag nog onthou. Daar word graag daaraan gedink dat hy ’n lewe gelei het “in die voetspore van Christus”. Hy was ’n predikant in die tyd van Nazi-Duitsland (1930-1945). Hoewel Bonhoeffer die geleentheid gehad het om die Duitsland van Hitler se jare te ontvlug, het hy doelbewus na Duitsland teruggekeer. Om teen die Nasionaal-Sosialistiese bewind te praat en skryf, was vir hom later net nie meer genoeg nie. Uiteindelik skaar Bonhoeffer hom toe aan die kant van diegene wat die wapen teen Hitler opgeneem het, soveel dat hy in 1945 sterf as deel van ’n komplot om Hitler om die lewe te bring.
ONS GESPREKKE MET GOD
Hannes Ollewagen
Prediker 5:1-19
“WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ’n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.” (:1).
“Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ’n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ’n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” (:5).
Ons kan soms vinnig moedeloos raak en voel asof God nie na ons gebede luister nie. Ons voel soms asof God nie vir ons omgee wanneer ons gebede onbeantwoord gelaat word nie. Maar beproef ons onsself dikwels genoeg om in oënskou te neem hoe ons gesprekke met God lyk?
WATERBOBBEJAAN (19)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Daardie Sondag kuier die bure by oom Stoffel Wolf. Na oggendgodsdiens sit die mans op sy voorstoep en rook.
“Hoe sê jou baas, is jy nog ‘n goeie bywoner?” vra oom Paul Raaswater.
“Ek weet nie waar my baas is nie. Hy het spoorloos verdwyn. Het nie eers sy adres gelaat nie. Dis vir hom ook maar goed, anders sal hy ‘n groot vleisrekening kry.”
“Glo jy regtig dat hy jou skape gesteel het?” vra oom Hans Meerkat.
“Ek weet tog nie, soos ou Poon loop my gedagtes al in die rondte. Ek eindig altyd waar ek begin het.”
“As hy begin kleinvee steel, sal ons teen hom moet optree,” sê oom Koos Hamerkop.
KONINKRYK VAN GOD VERSUS... (4)
...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
Nes Tutu deur sy belonings-instansies gekenmerk word as 'n Een wêreldgodsdiens-skepper, word Buchan geëien aan dié wie hom inspireer, wie hy bewonder, wie hom publisiteit verleen en sy mede 'apostels'. Net vyf word genoem, Billy Graham, Benny Hinn, Kathryn Kuhlman, TBN en Rick Joyner. Hierdie mense en TBN het ideologiese bande met die belonings-instansies van Tutu. Billy Graham, 'n Illuminati 33ste graad Vrymesselaar en Buchan se inspirasie as kind, was die wêreld se mees populêre evangelis. Hy was die voorloper vir 'n Eenwêreldgodsdiens en die eerste Protestant wat 'n ere doktorsgraad van 'n Rooms Katolieke Skool gekry het. Ook is daar na hom verwys as die Protestantse Pous! Op Paassondag in 1964 hou hy 'n United Evangelistic Rally in 'n sokkerstadion met die tema, The Great Reconciliation. Hy trek 35,000 waarvan die helfte Swart was. Hy was 'n groot vriend van Martin Luther King Jr en donateur van die Civil Rights Movement.
Hy propageer 'n onheilige bybel, waarin Die Onse Vader begin met: "Our Father/- Mother in heaven, hallowed be your name, your dominion come". Bill Clinton was sy vriend en elke keer as hy 'n president inseën, het hy daarop aangedring dat leiers van ander gelowe teenwoordig moet wees. Hy was 'n lid van die Wêreldraad van Kerke. Hy glo ook dat alle Jode "are engrafted into the Christian Church". WR Hearst, Katolieke Knight of Malta, se koerantgroep het hom 'n huishoudelike naam gemaak.
KONINKRYK VAN GOD VERSUS... (3)
...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
Tydens 'n onderhoud wat die tydskrif, SARIE, met Tutu in 2008 gevoer het, kom die werklike Arch, soos daar liefderyk na hom verwys word, na vore:
Enige slegte gewoontes? Arch: "Mmm ... Ja! Ek is geneig om jaloers te raak op enigiemand wat aangeprys word en aandag kry!"
'n Sin om jouself te beskryf? Arch: "He loved to be loved".
Gunsteling wêreldleier? Arch: "Madiba. Hy is 'n inspirasie en altyd nederig".
Jy inspireer so baie mense, wie inspireer jou? Arch: "Trevor Huddleston, die anti-aparheidsaktivis, het 'n sterk invloed op my geestelike ontwikkeling gehad. Hy het beslis geglo dat almal na God se beeld geskape is ...".
Hoe behou ons geloof in 'n deurmekaar wêreld? Arch: "Dis God se wêreld en dit maak nie saak hoe sleg dinge raak nie, alles sal uiteindelik oukei wees. Intussen word ons gekonfronteer met uitdagings. Omdat ek 'n Christen is, glo ek niks kan so hopeloos wees soos die situasie op Goeie Vrydag nie. Toe is 'n Goeie Persoon aan 'n kruis gespyker. Daarna was daar die triomf, die opstanding. Die goeie het oor die bose geseëvier. Soos dit altyd sal".
WATERBOBBEJAAN (18)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Intussen soek Waterbobbejaan onverpoos voort na die vreemde dier wat sy gebied in die nag besoek, hom bedreig en sy vriende doodbyt.
Na ‘n week kry hy die eerste duidelike spoor. By ‘n klein niksbeduidende fonteintjie waar geen dier aandag aan gee nie, kry hy ‘n yslike groot spoor. So ‘n groot spoor het die kenner van die Bosveld nog nie gesien nie. Hierdie dier is ‘n groot skelm, dink hy. Hy drink water waar net voëltjies drink. Hy kan alles van die spore aflei.
Dis al wat Waterbobbejaan voorlopig kry. En hy het dit toevallig gekry.
Terwyl Waterbobbejaan na die spoor sit en kyk, is ‘n dier besig om vir hom te kyk. Net suid van Waterbobbejaan is ‘n aangrensende plaas. Die plaas lê woes en leeg. Die noordelike deel daarvan is in elk geval te ruig en vol klein koppies vir ‘n opstal. Omtrent ‘n kilometer agter Waterbobbejaan is die hoogste koppie. Op die hoogste granietrots, plat op sy pens, so plat as hy kan, lê ‘n dier hom en bespied. Hy ken vir Waterbobbejaan beter as wat Waterbobbejaan hom ken. Hy hou hom al lankal dop en Waterbobbejaan het dit nooit vermoed nie. Hy weet waar die ou woon en hy ken sy roetine al goed.
KONINKRYK VAN GOD VERSUS... (2)
...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
Harry Antonides verduidelik dat die verskil tussen ortodokse Christologie en bevrydingsteologie in die definisie van sonde en die oorkoming daarvan geleë is. In die Christologie is opstand teen God en ongehoorsaamheid aan Sy Woord, sonde. Oorkoming van sonde is slegs deur genade, die mens is nie deur homself daartoe in staat nie. In bevrydingsteologie, is selfsugtigheid wat in samelewingstrukture gesetel is sonde en kan slegs oorkom word deur dié sosiale strukture te verander en meer spesifiek om kapitalistiese samelewings met sosialisties/kommunistiese samelewings te vervang. Die kerk het dan nie meer eksklusief 'n bekeringstaak nie, maar stel haarself radikaal in diens van mense. Tutu en Buchan is teksboek voorbeelde hiervan. Luther laat homself as volg uit: "Die hoofsaak van die teologie is die skuldige sondaar-mens en die regverdigende God en Verlosser van die sondaar. Wat buite hierdie kern van die teologie gesoek en bespreek en nagevors word, is dwaling en gif". Tutu, die Knight of Malta Vrymesselaar en selferkende Londenopgeleide bevrydingsteoloog, reken dat: "God is not even handed, he is on the side of the poor and oppressed". Hy was destyds ook 'n ondertekenaar van die Kairos-dokument, wat gestel het dat: "Die sonde van apartheid so groot is dat dit nooit vergewe kan word nie". Tog, tydens sy Waarheids- en Versoeningskommissie laat hy homself as volg uit: "Ek herhaal my smeekbede aan Afrikaners - as u net bely en u bekeer ...".Só bieg en bely die Protestante en hul kerke oor sogenaamde apartheidsondes wat ons ieder geval nooit vergewe gaan word nie! Kan daar 'n groter "dwaling en gif" wees as dit?
KONINKRYK VAN GOD VERSUS... (1)
...die Nuwe Wêreldorde koninkryk van Angus Buchan & andere
Lees reeks by Nuwe Wêreldorde koninkryke
Susan Brink
In hierdie reeks van 4 artikels gaan Susan Brink van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging die euwel van die New Apostolic Reformation en sy vernietigende effek op die geloof van die Afrikaner deur predikers soos Angus Buchan toelig.
Die Kerkhervorming het in 2017 ‘n volle 500 jaar gelede plaasgevind. Prof dr AD Pont stel dit so: "Luther se optrede was 'n omwenteling wat beskryf kan word as 'n wekroep om die Bybel te lees soos dit opgeteken is en nie deur die bril van die Griekse heidense filosoof Aristoteles nie".
Gegewe die tradisionele Protestantse agtergrond van die Afrikaners, sou dit nie onvanpas wees om te verwag dat van dié Hervormingsgebeure in 2017 groot gewag gemaak sou word nie. Helaas, die Afrikaners ruk in hul duisendtalle op na Angus Buchan se It's Time 2017, die "Grootste biddag in SA-geskiedenis". 'n Persverklaring deur Buchan se Shalom Ministries lees as volg: "Suid-Afrika sal ná 22 April nooit weer dieselfde wees nie". Inderdaad! Want Buchan en andere het die Hervorming vervorm na die New Apostolic Reformation (NAR), 'n 'verchristelikte' variasie van die Grieks-mitologies en filosofies Prometheanse-geloof, waar kennis eerder as geloof die sleutel tot die saligheid is. In hierdie artikel word hierdie tragiese hoofstuk in die geskiedenis van die Afrikaner/Boervolk in oënskou geneem.
AFRIKANER- NASIONALISME (13)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
In 1928 het die stryd binne die Nasionale Party oor die republikeinse ideaal losgebrand en dit het die bres nog verder oopgekloof.
Op 15 Mei 1928 het die Federale Raad besluit om artikel 4 van die Program van Beginsels van die Nasionale Party te wysig op so ’n wyse dat die nuwe soewereine status aanvaar word, maar afstand gedoen word van die Republikeinse strewe.7 9 Die ou artikel kon as soewereine onafhanklikheid of republikeinse onafhanklikheid vertolk word.
’n Vergadering op Potchefstroom op 25 Augustus 1928 het beswaar teen die wysiging gemaak. Daar was beroering in die Nasionale Party.8 0 Die skrywer onthou goed hoe die Partysekretaris gery het om takke in Kaapland te paai en oor te haal. Hy het destyds onder andere die Stellenbosch-tak toegespreek.
GODSDIENS KAN GEVAARLIK WEES!
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Godsdiens het die Westerse beskawing eeue lank bevorder maar teen die laaste helfte van die 20ste eeu ongewild begin word. Kerkbesoek het gekwyn, lidmaatskappe is opgesê en gemeentes het tot niet gegaan. Godsdiensswendelaars en TV evangeliste het op die toneel verskyn en van godsdiens ʼn handelsproduk gemaak en baie ryk geword.
Op akademiese gebied het ongeloof oorhand toegeneem en deure vir die vestiging van kommunisme, sosialisme en vrysinnigheid oopgemaak. Op kerkgebied het skoktroepe dwaalleraars mense so van die Bybelse waarheid vervreem, dat geen godsdiens ʼn gewilde godsdiens geword het.
1. ʼn Aangebore behoefte
Daar is vir elke menslike behoefte op aarde bevrediging. Vir die mens wat honger is, is daar voedsel. Vir hulle met estetiese behoeftes is daar kuns, drama en modes en vir diegene met ʼn behoefte aan sosiale omgang, is daar talle bevredigingsgeleenthede.
Die mens het ook ʼn aangebore behoefte om iets groter as hyself te aanbid. Benewens die Bybel se getuienis dat daar ʼn God in die hemel is, getuig hierdie behoefte ook daarvan. God het dit so beskik. Daarom het Hy die mens na sy beeld geskape.Wie dit ontken, onderdruk die waarheid:
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE (SLOT)
Ds.A.E van den Berg
Lees reeks by AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
7. Menseregte
Wie leer dat die Bybel slegs deur die bril van die moderne mens gelees kan word, dwaal. Want dan hoor mense net wat hulle wíl hoor en nie wat God vir hulle wil sê nie. Dit weerspreek die Bybelse waarheid dat God gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is. Gevolglik kan ʼn eertyds gruwel nie vandag vir Hom aanvaarbaar wees. Wie met so ’n teologie werk, leer dat God ’n veranderende God is. Dit skreeu ten hemel!
Kerke se dwase ontsondiging van homoseksualisme gaan nie oor nuwe Bybelse insigte nie maar oor menseregte. Die Bybelse uitsprake oor homoseksualisme klop nie met die wêreld se aandrang op menseregte nie. Om met laasgenoemde in pas te wees, hervertolk kerke die Bybel sodat daar van ’n God wat reinheidswette voorskryf en gehoorsaamheid eis, geen sprake is nie.
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE (3)
Ds. A.E van den Berg
Lees reeks by AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
4. God se strafpatroon
Wanneer God Hom aan ʼn volk onttrek, volg sy straf ʼn bepaalde patroon. Dit begin by sedelike verval en lei daarna na seksuele opstand.
“Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer...” (Rom.1:24).
Om aan sonde vrye teuels te gee, word bande met God verbreek:
“Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp” (Ps.2:2,3).
Suid-Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan.
HELP ONS VOLKSGENOTE IN GEVANGENIS
Laserskywe in stelle van 10 te koop
VRYHEIDSBEDIENING
Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.
Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:
- Die lewe hiernamaals.
- Word verantwoordelik oud.
- Die pad na die ewigheid.
- Bied beproewing die hoof.
- Raad vir tieners.
- Gelowige kinderopvoeding.
- Oorwin depressie.
- Kikker jou huwelik op .
- Alle mense is nie gelyk nie.
- Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.
Bestel by:
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Sel: 074 967 5187
Bankbesonderhede:
ABSA
VRYHEIDSBEDIENING
9062088855
AFRIKANER- NASIONALISME (11)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Engelse Imperialisme
Die grootste teenstander van Afrikaner-nasionalisme is die Engelse Imperialisme wat die Afrikanernasie in 1805 verower het. Toe het die Engelse probleem begin en dit heelwat vererger met die vestiging van ’n Engelssprekende bevolking in die land. Die Engelse imperialisme het die land van die Afrikaner verower om die Engelse ryk uit te brei en om Afrikanerland ’n verlengstuk van Engeland te maak. Dit kom natuurlik in botsing met Afrikaner-nasionalisme. Nie alleen het die Afrikaner se land, sy vryheid, sy taal en sy kultuur in gevaar gekom nie, maar selfs sy bestaan as nasie.
WATERBOBBEJAAN (17)
Ben Venter
Lees reeks by Waterbobbejaan
Toe die boer met dagbreek koffie voor die es drink, hoor hy opgewonde Bantoestemme.
‘n Paar van hulle wil met geweld by die kombuisdeur in.
“Wat gaan met julle aan? Hoekom staan julle so vroeg op? Is julle siek?” vra hy.
“Die Waterbobbejaan, Oubaas. Ons het sy spoor by die drif gekry.
“Saal op die perde, laat ons ry. Het julle een daar laat staan om die spore op te pas sodat iets anders nie daarop trap nie?”
Die Bantoes staan verstom. Hoe kan iemand so ‘n vraag vra.
“Nog nooit nie Oubaas, hy dra dan ‘n mes!”
Toe lag hulle. Die oubaas is ‘n grapmaker.
PRAAT MET DIE HERE !
Hannes Ollewagen
Lukas 18:1-8
“EN Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,” (:1)
“Sal God dan nie reg doenaan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” (:7&8).
Ek wonder hoeveel mense besef waarlik wat die waarde van gebed is. Ons het mos só besig geraak in ons lewens dat daar nie meer tyd vir gebed is nie. Daar is nie tyd vir gesonde kommunikasie nie – nie met mekaar nie en ook nie met God nie. En dit terwyl ek my tyd verspil op allerhande sosiale platforms waar weinig sterk verhoudings gebou word.
Die meeste van ons weet dat goeie kommunikasie die sleutel tot gesonde verhoudings is.
DIE DOEL HEILIG DIE MIDDELE...
Suid-Afrika is tans midde in die sogenaamde Tweede Revolusie-proses, waartydens sosialisme in die land gevestig word om beheer oor die samelewing te verkry. Die lewensverhaal van die Amerikaner, Saul Alinsky, gee ons vandag perspektief op die wyse waarop sosialisme gevestig en gebruik word om die samelewing te verander. EMIL DE VILLIERS van die ANB gooi in hierdie artikel die kollig op Alinsky se denke en idees.
In die Afrikaanse taal bestaan die spreekwoord "Die doel heilig die middele" wat gewoonlik aangewend word om 'n slegte daad goed te praat. In ander gevalle egter was die "goeie doel" op valse wyse bygebring om die daad te verskoon. Ons ken mos die kommuniste en hul maats en hoe hul met die waarheid omgaan. Waarheid is vir hulle net iets wat gebruik moet word sover dit hulle doel ondersteun en leuens sover jy nie daarmee uitgevang kan word nie.
’n Man genaamd Saul Alinsky is in 1909 in Chicago (VSA) gebore. Sy naam en van gee natuurlik dadelik vir ons 'n gedagte oor sy afkoms. Hy was inderdaad die seun van Russiese Jode. Alhoewel Alinsky nooit by die Kommunistiese Party aangesluit het nie, het hy sentraal gestaan in die ontwikkeling en vestiging van hulle infiltrasietegniek in die Westerse samelewing.
AFRIKANER- NASIONALISME (12)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
President Steyn aan die Woord deur JJ. Oberholster Ph.D.,
en M.C.E. van Schoor M.A., M.Ed., p. 183.
Generaal Botha het homself so ver van die Afrikanerbelange gedistansieer dat hy teen die gedagte was van N.J. van der Merwe om ’n taalfees onder die studente van Stellenbosch in 1913 te reël. Generaal Botha wou as eerste minister dit nie ondersteun nie. As sprekers het prof. Morrees en generaal Hertzog opgetree. President Steyn het in ’n telegram die volgende beroemde woorde gestuur: „Die taal van die veroweraar in die mond van die verowerde is die taal van slawe.”