Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In ligter luim: het u al opgemerk dat mense wat nie kinders het nie, presies weet hoe jy joune behoort groot te maak? Maar moenie toelaat dat mense jou vertel dat jy dalk te veel liefde aan jou kinders gee nie. Liefde kan nie gemeet word nie.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (13)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Marshall besef dat hy een of ander tyd met Juleen Langstrat moet praat. Hy skakel die universiteit om haar te kontak, maar word ingelig dat sy die dag vry het. Die sekretaresse deel hom mee dat sy wel ’n privaatfoon het, maar die nommer verskyn nie in die boek nie.
Omdat hy haastig is, besluit hy om Darr te kontak. Hy is gelukkig om die man in die hande te kry en hy is maar te gewillig om te help. Hy het Juleen Langstrat se privaatnommer en sonder meer verstrek hy dit aan die koerantman. Marshall skakel die nommer. Maar dis besig.
Juleen Langstrat se woonkamer is dofweg verlig. Die gordyne is toegetrek en net een lampie brand op die kaggelrak. Die telefoon is ook van die mikkie afgehaal.
DIE HEMEL IS WERKLIK (7)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
WOEDEND VIR GOD
Vyf minute later het 'n man in 'n wit jas uit die radiografiese eenheid gekom. Ek onthou nie sy naam nie, maar ek onthou sy naamplaatjie het gesê: "Radioloog."
"U seun het 'n gebarste blindederm," het hy gesê. "Hy moet 'n noodoperasie ondergaan. Hulle wag vir u in teater. Volg my."
Uit die veld geslaan, het ek en Sonja agter hom aangestap. My slape het gebrand. 'n Gebarste blindederm? Het die dokter in Imperial nie uitdruklik dié moontlikheid uitgeskakel nie?
In die vertrek waar hulle Colton vir chirurgie voorberei het, het Sonja Colton op 'n bed geplaas, sy voorkop gesoen en weggetree toe 'n verpleegster nader staan met 'n aarvoedingsak en naald. Colton het onmiddellik begin gil en baklei. Ek het by my seun se kop gestaan, sy skouers stilgehou en hom met my stem probeer gerusstel. Sonja het weer langs Colton gaan staan en openlik gehuil terwyl sy probeer het om met haar lyf sy linkerarm en -been stil te hou.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (12)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Daardie Sondag is die Ashton Gemeenskapskerk heelwat leër as gewoonlik, wat natuurlik te wagte is, maar nogtans voel Hank dat die atmosfeer baie vryer en lewendiger is. Toe hy op die preekstoel staan en oor die gemeente uitkyk, sien hy al die bekende gesigte van sy ondersteuners en almal glimlag breed. Die Coleman’s is daar en ouma Duster, asook die Cooper’s, die Harris-gesin, die Squire’s en selfs Gordon Mayer en sy vrou. Brummel kon dit skynbaar nie maak nie, maar Sam en Helen Turner is ook daar. Soos gewoonlik is daar ’n paar gemeentelede wat maar so een keer per maand in die kerk opdaag. Vir hulle gee Hank ’n besondere glimlag om hulle welkom en tuis te laat voel.
Toe Mary die bekende lied “Hy is Heer” op die klavier voorspeel en Hank die sang inlei, merk hy dat twee persone agter by die kerk ingekom het en agter plaasgeneem het. Hy het hulle nog nooit voorheen gesien nie.
DIE HEMEL IS WERKLIK (6)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
"EK DINK DIS DIT"
Die radiografis het ‘n drankie gebring wat Colton moes sluk alvorens hy die skandering wou doen.
“Nee-e-e-e!"
"Maar Colton, jy moet dit drink!"
"Ne-e-e-e! Dis s-l-e-g!"
Colton se proteskrete het deur die eenheid weergalm. Hy was so uitgeput, so broos, so moeg om op te bring, en nou het ons hom probeer oorreed om 'n grillerige, dik, kersierooi oplossing te drink wat geen volwassene wat by sy volle positiewe in 'n miljoen jaar vrywillig sou drink nie. Uiteindelik het Colton 'n slukkie geneem, maar dit onmiddellik opgebring. Sonja was dadelik by om dit in die bakkie op te vang.
'N VLAG VIR DIE AFRIKANERVOLK
Ons leef al langer as twee dekades onder 'n vreemde heidense vlag in Suid-Afrika, maar daar sal reeds gedink moet word aan die toekoms en watter vlag ons as ons nasionale simbool wil gebruik as ons die dag die juk van die kommuniste afgooi. Om hierdie debat te begin is dit goed om weer na die geskiedenis van die sogenaamde "Republiekvlag" te kyk. RENCIA DE VILLIERS van die AFRIKANER NASIONALISTIESE BEWEGING neem die saak in oënskou.
"'n Land se vlag is 'n heilige simbool van sy oorsprong, geskiedenis en grootheid . Dit wapper oor land en see en in die lug, en deur die eeue heen was die mens gewillig om die hoogste offer, sy lewe, vir die verdediging daarvan te gee." Hierdie simbolisering van 'n volk se identiteit is 'n suiwer blanke begrip. Dit versinnebeeld jou herkoms sowel as jou toekoms. ‘n Eie kenmerkende nasionale vlag is die algemeen erkende simbool van eie nasieskap en in die geval van 'n vrye en internasionaal erkende volk is dit onontbeerlik. Daarmee saam gaan ook die landswapen en die volkslied. Dit is die simboliese uiting van die nasionale gevoel. Solank nasionalisme in 'n volk leef sal die volk leef. "Ons helde sal eers sterf wanneer die ideale waarvoor hulle gesterf het, dood is." Dít is een van die grondbeginsels van die nasionalisme. Hierdie ideale word versinnebeeld in die vlae, wapens en simbole van ons land.
DIE HEMEL IS WERKLIK (5)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
SKADU VAN DIE DOOD
Dit was Maandag 3 Maart. Die verpleegsters het Colton na 'n kamer geneem en 'n drup ingesit. Daar was twee sakke: een vir hidrasie en een met antibiotika. Ek en Sonja het saam vir Colton gebid. Norma het ingeloer met Colton se gunsteling speelding - sy Spider-Man- mannetjie. Gewoonlik sou Colton ekstaties wees om of Norma of Spider-Man te sien, maar hy het geen reaksie getoon nie. Later het ons vriendin Terri haar seun Hunter, Colton se beste maatjie, gebring vir 'n kuier. Weer het Colton nie gereageer nie; hy was amper leweloos.
Norma het op 'n stoel langs Colton se bed gesit en somber na Sonja gekyk. "Ek dink jy moet hom na die kinderhospitaal in Denver neem."
Maar op daardie stadium het ons die dokters vertrou en geglo dat alles gedoen word wat moontlik gedoen kon word. Colton was buitendien nie in 'n toestand om al die pad terug na Colorado te reis nie.
DIE DWALING VAN KINDERNAGMAAL
Ds A.E. vd Berg
“Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en die bloed van die Here”(1Kor.11:27).
Godsdiens afvalligheid skiet in Protestantse kerke soos paddastoele op ʼn mishoop op. Kerke wat nooit gemene sake met die Roomse Kerk (RK) gehad het nie, maak al hoe meer van haar tradisies, simbole en gebruike onder die dekmantel van liturgiese vernuwing gebruik. Dit word vanaf kansels as ʼn verdieping van die geloofslewe aangebied en mense sluk dit soos in die dae van Hosea: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis...” (Hos.4:6).
Geen Roomse tradisies of simbool verdiep die geloofslewe in Christus nie. Dit bind kerke eerder aan die wurgketting van die Vatikaan en boet almal beginsels in. ʼn Kerk wat beginsels versaak, begin by een, daarna word dit twee en so hou dit aan totdat daar niks meer oorbly behalwe die begeerte om te verander ten einde byderwets te wees nie.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (11)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Sandy en Shawn sit by ’n klein tafeltjie in die buitelug by een van die kampus kafeteria’s. Bokant hulle ritsel die rustige groen blare wat ’n blaredak vorm. Spatsels sonlig filtreer deur die blare en voeëls flits heen en weer op soek na broodkrummels en aartappelskyfies wat op die grond beland het. Alles is so stil en rustig. Dis Sandy se geliefkoosde plekkie, want daar is sy weg van al die struweling en onenigheid wat sy tuis ondervind.
Shawn geniet dit om broodkrummels op die rooi baksteen oppervlak neer te gooi sodat die mossies dit kan oppik.
“Dis darem wonderlik hoe die heelal inmekaar pas,” begin Shawn. “Die boom gee ons skaduwee, ons sit hier en eet en gooi kos vir die voëltjies en die voëltjies woon weer in die boom. Dis so ’n perfekte geheel.”
Dis vir Sandy ’n interessante gedagte. Sy verlang ineens so na vrede en rus.
“Wat gebeur as die heelal nie ineenskakel nie?” vra sy.
MOEDERTAAL ONDERRIG...
... EN DIE KOMMUNISTIESE AANSLAG TEEN AFRIKAANS
Afrikaans as onderrigtaal is tans weer die teiken van 'n spul jong oproermakers met 'n duidelike kommunistiese agenda. Afrikaans word veral as onderrigtaal aan universiteite, maar selfs ook by skole, ernstig bedreig. Wat is die ware agenda agter hierdie aanslag? SONJA VENTER kyk in hierdie artikel na die feite oor moedertaalonderrig, wat die kommuniste se propaganda daaroor in perspektief stel.
O moedertaal,
O soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
Niks wat my siel ooit so bekoor.
O moedertaal,
O soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Hierdie vers geskryf deur CF Visser, laat die vraag by mens ontstaan: Waar staan ons vandag ten opsigte van ons moedertaal en, meer spesifiek, teenoor onderrig in ons moedertaal? Die vraag met reg gevra word of hierdie wanpersepsie van onderrig in 'n volksvreemde taal uitgeroei sal kan word?
ONS LIEFDE VIR DIE HERE
Hannes Ollewagen
Ps. 119:121-128
“Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.” (:127&128).
Ons leer uit die lewe van koning Dawid vele kosbare lewenslesse. En wat meer is, is dat ons ook uit hierdie lesse geweldig baie leer oor ‘n mens se verhouding met God. Ons leer eweneens geweldig baie van God en sy Vaderhart uit die lewensverhaal van hierdie voormalige koning van Israel.
Dawid was nie ‘n mens sonder foute, tekortkominge en sonde nie. Ons weet dat hy byvoorbeeld owerspel en selfs daarna ‘n moord gepleeg het om hierdie sonde van hom te probeer verbloem. Ons weet dat God vir Dawid nie toegelaat het om vir Hom ‘n tempel te bou nie omdat hy te veel bloed op aarde vergiet het. Ek dink dat koning Dawid seker volgens ons menslike oordeel lankal as ‘n verworpene behandel sou word. Die Here verwys tog ten spyte van al hierdie dinge na Dawid as ‘n man na aan God se hart; ‘n man wat al sy welbehae sal doen. “En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind, ’n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.” (Hand. 13:22).
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (10)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Brummel staan weer op. “Nou is daar geleentheid vir die gemeentelede om hulle standpunte te stel. Wie wil eerste praat? Goed Sam. Begin jy maar, asseblief.”
“Vriende,” begin Sam Turner toe hy voor staan,” u almal ken vir my en Helen. Ons is al meer as dertig jaar in hierdie gemeenskap en ons staan nog al die jare deur dik en dun by die gemeente. Ek is iemand wat daaraan glo om jou naaste lief te hê en ’n goeie lewe te ly en ek probeer om ’n goeie Christen te wees.
“Maar vanaand is ek kwaad en ongelukkig. Ek is omgekrap oor my vriend Lou. U het seker almal agtergekom dat hy nie vanaand hier is nie en u almal weet waarom. Hy was nog altyd een van ons en ons het hom almal lief. Maar nou het hierdie Busche vent gekom en hy dink hy is God self. Waar kry hy die reg om Lou te oordeel? En as Lou wou, kon hy die man gedagvaar het, maar hy is te goed daarvoor.
DIE HEMEL IS WERKLIK (4)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
ROOKSEINE
Later daardie aand, na 'n lekker swem, het Cassie en Colton by 'n tafeltjie gesit by die Old Chicago Restaurant in Greeley, Colorado. Hulle was doodgelukkig aan die inkleur terwyl ek en Sonja met pastoor Steve Wilson en sy vrou, Rebecca, gesels het. Ons het reeds fantastiese Italiaanse kos geëet, onder andere die kinders se gunstelinge: pizza, spaghetti en knoffelbrood.
Steve was die senior leraar van 'n gemeente met tussen 1 500 en 2 000 lidmate - bykans net soveel mense as wat in ons tuisdorp, Imperial, gewoon het. Dit was 'n geleentheid vir my en Sonja om nog 'n leraar in ons distrik te leer ken en idees te kry oor hoe ander leraars hul bediening aanpak. Ons het beplan om Steve se kerk, die Greeley Wesleyan Church, die volgende dag te besoek. Sonja wou veral sien hoe die kerk se kinderprogram op Sondagoggende verloop. Rebecca het die grootmensgeselskap afgewissel met die kinders s'n en saam met hulle ingekleur.
"Sjoe, Colton, jy kleur regtig daardie pizza baie mooi in!" het sy gesê. Colton het beleef maar flou geglimlag maar hy was buitengewoon stil. 'n Paar minute later het hy gesê: "Mamma, my maag pyn."
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (9)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Daardie aand dek Kate drie plekke aan eettafel. Dis ’n geloofsaksie, want hulle het nog niks van Sandy gehoor nie. Die polisie kon nog geen leidrade vind nie en niemand het Sandy met ’n oog gesien nie.
Marshall en Kate sit teenoor mekaar aan tafel met Sandy se leë plek tussen hulle.
“Marshall, moenie jouself so martel nie,” sê Kate simpatiek.
“Dis alles my skuld. Ek het ’n gemors van die hele situasie gemaak.”
Kate reik oor die tafel en neem sy hand in hare. “Sy sal terugkom, Marshall, en dan sal ons sake regstel. Sy is oud genoeg om na haarself te kyk. En sy het nie baie klere saamgeneem nie. Ek dink nie sy beplan om lank weg te bly nie.”
Skielik lui die voordeurklokkie en albei ruk soos hulle skrik. “Seker die posbode of een of ander verkoopsman, of die Jehova Getuies,” se Marshall effens bitter.
“Wel, Sandy sal sekerlik nie die voordeurklokkie lui nie,” mompel Kate en staan op om te gaan kyk wie gelui het. Marshall volg haar, maar hy is vinniger en is eerste by die deur. Hy maak dit oop.
DIE HEMEL IS WERKLIK (3)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
COLTON BYT VAS
Die volgende maand het die gips afgekom. Met die vals kanker-situasie en nierstene agter ons, het ek 'n paar maande daaraan bestee om weer te leer loop. Eers met 'n loopraam, toe erg mank, tot ek stadig maar seker die vermaerde spiere gesond geoefen het. Teen Februarie het ek uiteindelik 'n mate van onafhanklikheid bereik - net betyds vir die streeksraadsvergadering van ons kerkdenominasie in Greeley, Colorado. Die vergadering is geskeduleer vir die eerste week in Maart.
"Jy moet 'n bietjie wegkom” het Sonja 'n paar weke voor die vergadering aan my gesê. "Kom net weg en maak tyd vir 'n bietjie pret."
Hier was ons dus nou by die Butterfly Pavilion. 'n Monargskoenlapper het verbygefladder met oranje vlerke in swart gesegmenteer soos loodglas. Ek het 'n dankgebed gefluister vir die feit dat ons uitstappie hoegenaamd plaasgevind het.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (8)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
By ’n klein tafeltjie in een van die buitelug kafeteria’s van die kampus, sit Sandy Hogan. ’n Opgewarmde hamburger en ’n glas lou melk staan onaangeraak voor haar. Sy voel hartseer en ongelukkig. Sy het die nag in een van die bushaltes deurgebring en die tyd verwyl deur haar sielkunde-aantekeninge te bestudeer. Die oggend het sy al haar klasse bygewoon en toe probeer om ’n rukkie in die tuine van die kampus in te sluimer. Toe sy wakker geword het, was sy honger en eensaam. En nou, hier die kafeteria met die hamburger en die melk voor haar, is sy nie eers meer honger nie. Al waarvan sy nou bewus is, is die knaende eensaamheid.
“Waarom, Pappa, waarom?” fluister sy sag, en speel met die strooitjie in haar glas melk. “Waarom kan Pappa my nie net aanvaar soos ek is nie?”
Hoe kan hy haar so hard oordeel, terwyl hy haar amper glad nie ken nie?
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (7)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
“Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem.”
Dis Dinsdagoggend en Mary is in die kombuis besig om brood te knie. Die son skyn heerlik. Hank blaai deur die lidmate-register. Dan vind hy waarna hy soek — die naam en nommer van die vorige pastoor van sy gemeente: James Farrel. Hy het Farrel nooit ontmoet nie. Al wat hy van hom weet, is die skinderstories wat die rondte gedoen het nadat die man die omgewing van Ashton verlaat het.
Op die ingewing van die oomblik skakel hy die man se nommer.
“Hallo,” klink ’n moeë stem.
“Hallo,” groet Hank en probeer vriendelik klink. “Is dit James Farrel?”
DIE HEMEL IS WERKLIK (2)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
PASTOOR JOB
In die volgende vertrek het ons rye akwariums en onderdak-"getypoele" aangetref. Ons het tussen die uitstallings rondgeloop en ons verkyk aan die seesterre, weekdiere en see-anemone wat soos onderwaterbloeisels gelyk het. Cassie en Colton het ge-oe en ge-aa terwyl hulle hul hande in mensgemaakte getypoele gesteek het en aan diertjies geraak het wat hulle nog nooit vantevore gesien het nie.
Volgende het ons 'n massiewe atrium betree wat oorlopens toe vol was met oerwoudblare, rankplante en takke wat opgeklim het na die hemel. Ek het die palmbome en eksotiese blomme wat gelyk het of dit uit een van Colton se storieboeke kom, ingeneem. En reg rondom ons het massas skoenlappers gedraai en gefladder.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (6)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Dis is ’n donker, reënerige nag en die druppels wat teen die vensters vasslaan, hou Hank en Mary uit die slaap. Namate die ure verbygaan, sluimer Mary tog in. Hank bly egter wakker — gespanne en bewus van 'n geweldige las wat op hom rus. Dit was 'n moeilike dag. Hy het lank gesukkel om die afskuwelike swart letters doodgeverf te kry en die wete dat mense hom so haat, het hom diep ontstel. Boonop kon hy nie sy gesprek met Alf Brummel vergeet nie. En die gemeentevergadering van Vrydagaand lê soos 'n berg voor hom. Hy lê in die donker en bid woordeloos. Die matras voel so hard en knopperig. Die slaap wil nie kom nie. Hy rol van die een sy na die ander. As hy net nie vir Mary uit die slaap hou nie. Die kussing voel so hard. Eindelik soek hy ’n sakdoek en blaas sy neus. Hy kyk op sy horlosie. Dis tien minute oor twaalf. En hulle het tienuur kom lê.
REDDING DEUR GENADE ALLEEN
Ds A.E. vd Berg
“En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie” (Rom.11:6).
In 1910 is ʼn merkwaardige vrou in Albanië gebore en in 1997 op rype leeftyd van 87 jaar in Indië oorlede - Moeder Theresa, soos sy alom bekend was. Wat het haar so merkwaardig gemaak? Haar reuse barmhartigheidswerk wat haar selfs die Nobelprys vir Vrede kort voor haar dood laat ontvang het.
Ongelukkig getuig die toejuiging van die wêreld selde van God se goedkeuring. Na ʼn besoek aan die aanbiddingsplek van ʼn ou Babiloniese godin (die Swart Madonna) het sy haar huis op 18 jarige ouderdom by die Susters van Loreto aangesluit en haar ma en suster nooit weer gesien nie. Sy het die grootste deel van haar lewe in Indië gewerk en ook Indiese burgerskap verkry.
Theresa het in 1950 die organisasie Sendelinge vir Liefdadigheid gestig. Dis ʼn groep Roomse vroue wat hul aan barmhartigheidswerk wei. In 2012 was daar meer as 4,500 nonne in 133 lande by dié organisasie betrokke. Hulle versorg armes, mense met VIGS, tering, melaatsheid en ander siektes. Dit het ook weeshuise, skole, sopkombuise en mobiele klinieke. Alle dienste is gratis. Wonderlik! Ja, goedheid is ʼn taal wat blindes kan sien en dowes kan hoor.
PSIGIATRIE – WERKTUIG VIR DIE HUMANISME
Hierdie opsommende gedeeltes uit die boek, Genees en Voorkom, geskryf deur Susan du Plessis dui aan hoe selfs die psigiatrie ingespan word om humanisme te bevorder en sodoende Christelike Afrikanernasionalisme af te takel. Hierdie artikel is met dank oorgeneem uit ‘n Nuusbrief van die Afrikaner Nasionalistiese beweging.
Die woord psigiatrie beteken letterlik "om die siel te genees". In die agtiende en negentiende eeu was dit psigiaters se verantwoordelikheid om na kranksinniges om te sien. Die haglike toestande in die gestigte waarin die kranksinniges opgesluit was, het dit ‘n onplesierige werk gemaak. Teen die einde van die negentiende eeu, met die materialistiese filosofie as agtergrond, het die psigiatrie egter begin wegbeweeg van die versorging van die kranksinnige na die voorkoming en uitroeiing van kranksinnigheid. In 1909 het die Nasionale Komitee vir Geestesgesondheid in Amerika tot stand gekom. Weereens het John D. Rockefeller sy sak geskud en miljoene gepomp in die ontwikkeling en oprigting van psigiatriese hospitale en die opleiding van psigiaters, sielkundiges en geestes-gesondheidwerkers.
Kinders word die teiken
Die definisie van wat kranksinnigheid is, is tot so 'n mate verbreed dat die eerste navorsingstudie, wat in 'n skool in Baltimore in 1913 uitgevoer is, bevind het dat 10% van die skoolkinders psigiatriese hulp benodig. Loodsprogramme is ook in die Sing Sing-gevangenis begin. Die resultaat was dat psigiatriese departemente by howe vir jeugmisdadigers en gevangenisse tot stand gekom het. Die geestesgesondheid-beweging het vinnig uitgebrei. Teen 1930 was daar reeds assosiasies vir geestesgesondheid in 24 lande, insluitende Kanada, Engeland, Rusland en Australië. Kinders was die vernaamste teiken en die geestesgesondheid-beweging het derhalwe die leidende rol gespeel in die ontstaan van die kinderleiding-beweging, 'n beweging wat in die twintigerjare gefloreer het. Die oogmerk was om jeugmisdaad en gedragsprobleme by kinders te voorkom.