Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gebruik hierdie lang somersonskyndae na regte - maak nou genoeg hout bymekaar sodat jy in die winter by die vuur kan sit wanneer daar min tyd in 'n dag is.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (14)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Voorbereiding om na Suid-Afrika te vertrek
Terwyl ek besig was met 'n bevorderingskursus, is ek deur konsul-generaal Rudolf Karlowa na Berlyn ontbied. Volgens opdrag moes ek in burgerlike drag voor hom verskyn.
"Ek het toestemming van die Führer gekry om jou tot aan die kus van Suid-Afrika te vervoer," het die konsul-generaal gesê.
WIE SWAAI DIE SEPTER? (5)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Die groot towerlamp: bioskoop, radio, televisie (1)
Namate 'n kultuur verval, verloor dit sy werklikheidsin en begin dit skuiling nek in verskeie vorms van ontvlugting. 'n Moedverlore, verwarde en opelose volk val terug in 'n wereld van subjektiwiteit en fantasie. Die liberalisme het die fonteine, wat 'n gesonde nasie voed, vergiftig. Lewensdoelgerigtheid van gees hang af van groepsgebondenheid, trots, patriotisme en vertroue. Die liberalisme ondermyn juis hierdie eienskappe en vervang groepsgebondenheid met integrasie; trots met skuldgevoelens; doelgerigtheid met rigtingloosheid; patriotisme met wêreldburgerskap; vertroue met wanhoop. Materialisme en selfbelang vervang godsvrug en gemeenskaplikheid. Die patologiese simptome wat vertoon word is 'n terugtrekking na die fiktiewe, onbetrokkenheid en die drang om die eerllikheid op 'n afstand te hou. Dis hier waar die film- en televisienywerhede hulle rol so meesterlik speel.
AAN GOD DIE EER!
Hannes Ollewagen
Ps. 81:1-17
“In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.” (:8).
Daar is deur die genade van die Here jaarliks nog volksgenote wat getrou die Gelofte van Bloedrivier nakom. Die Gelofte wat ons voorouers gemaak het dat ons hierdie dag van oorwinning jaarliks as ‘n dankdag en soos ‘n Sabbat sal deurbring en op hierdie wyse die eer en roem van oorwinning aan God sal laat toekom.
Daar is ongelukkig ook baie mense wat allerhande verskonings probeer formuleer waarom hierdie dag nie eerbiedig hoef te word nie. Ons hoor byvoorbeeld gereeld dat mense van mening is dat ons voorouers nie namens ons hierdie besluit kon neem nie. Hulle kon nie namens ons aan God ‘n Gelofte maak en hul nageslag hierdeur bind nie. Feit is dat hulle kon. En hulle het. Daar is baie dinge wat ‘n mens doen, goed en sleg, wat op jou nageslag en hul latere nakomelinge ‘n invloed uitoefen. Jy het tog geen sê gehad in wat jou naam behoort te wees nie en jy aanvaar hierdie besluit van jou ouers eenvoudig as ‘n keuse wat hulle moes maak. Jy het geen sê gehad in die erfporsie wat vir jou nagelaat is nie, maar jy protesteer nie te veel daarteen dat iemand ‘n gunstige besluit geneem het om vir jou ‘n erflating te laat toeval nie.
BOTSING VAN KULTURE IN GEFRUSTREERDE NSA
Met dank ontvang vanuit ‘n Nuusbrief van die ANB
In 'n vorige nuusbrief van die ANB in 2018 is die aard en inhoud van Afrikanernasionalisme uitgespel. Een van die basiese uitgangspunte en beginsels van Afrikanernasionalisme, wat ook as basis vir die suksesvolle beleid van apartheid tussen 1948 en 1966 in SuidAfrika gebruik is, is dat die skeiding van rasse, volke en kulture, juis konflik, frustrasie en die inperking van mense se vryheid voorkom.
Hierdie waarhede en die gevolge van die verontagsaming daarvan word in die hedendaagse Suid-Afrika al hoe duideliker. Die konflik tussen volke en frustrasie onder alle volke in die land ten opsigte van dinge soos integrasie van woongebiede – en gevolglik ook hospitale, skole en universiteite – word elders in hierdie nuusbrief in fyner besonderhede bespreek. 'n Verdere aspek in hierdie verband wat deesdae al hoe meer na vore kom, is die aanslag op die wet en orde – met ander woorde die gereg (polisie) en die regstelsel (howe) in Suid-Afrika.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (13)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Ek word valskermsoldaat
Vroeg die volgende dag het die bevel oor die telefoon gekom: "Meld jou more aan by die valskerm-opleidingsentrum in Stendal. Van die offisier in bevel sal jy verdere opdragte ontvang. Onthou: die strengste geheimhouding word van jou verwag."
Hierdie waarskuwing het ek beslis nie nodig gehad nie. Dit was teen elke muur opgeplak en in elke film vertoon: "Duitsland, die geboortegrond van Nasionaal-Sosialisme, is in gevaar. Pas op vir spioene!"
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (12)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Die Tweede Wêreldoorlog
Die donker, onheilspellende oorlogswolke het op 3 September 1939 in 'n onvergeetlike storm losgebars. Die vurige hoop dat my vaderland neutraal sou bly, is die volgende dag verydel. As burger van 'n vyandelike land kon ek net soos baie uitlanders in Duitsland aangekeer en geïnterneer word. Van vlug was daar geen sprake nie. Duitsland het sy vinger op elkeen binne sy grense gehad. Die geld waaroor ek beskik het, was reeds in 'n bank in Londen bevries. Dae en nagte lank het ek ernstig oor my posisie nagedink. Ek wou en moes terug na my eie land. Die vraag was egter, hoe?
WIE SWAAI DIE SEPTER? (4)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
The Citizen het darem 'n artikel teen kommunisme gepubliseer. Die Suid-Afrikaanse pers verwys selde na die werklike toestand in Angola of Mosambiek, maar verkies om te praat oor ekonomiese inter-afhanklikheid ('n eufimisme vir finansiële en tegniese steun vanaf Blank Suid-Afrika), en die noodsaaklikheid van "aanpasbaarheid" en goeie buurskap". Die openbare aandag word nooit gevestig op die soort toestande waarvan Mulato skryf nie. Tog, as sulke toestande in Suid-Afrika sou heers, deur Blankes teenoor Swartes gepleeg, sou die woede, histerie en getjank van die WO en wêreldpers letterlik ongelooflik wees.
Die volgende uittreksel uit 20 Julie 1979 se Pretoria News sal die punt verder belig: (Ons vertaal).
‘n Klein seuntjie wat more drie jaar sou word, is hierdie week doodgeskiet deur 'n alleenlopende terroris, nadat die kind dapper probeer het om sy ouma te red. Die seun, Albertus Smit, het Woensdagaand gesien hoe sy ouma deur terroriste-koeëls afgemaai is. Volgens sy moeder, mev Susanna Smit, het klein Albertus op die Botha-familieplaas na sy ouma, mev Susanna Botha, gehardloop en haar geweer gegryp toe hy sien dat sy geskiet is. Nadat die seun die plaashuis binne hardloop het en die geweer op 'n tafel neergesit het, het hy buite na die terroris gehardloop wat hom ook doodgeskiet het."
GELOFTEDAG: MOET EK OF WIL EK?
Henning Dafel
Is dit regtig nodig om Geloftedag te herdenk? Is dit regtig nodig om in die warm son na dieselfde geskiedenis te gaan luister wat ons verlede jaar en die jaar voor dit gehoor het? Buitendien is ’n mens hierdie tyd van die jaar so moeg, dat jy nie nog krag daarvoor het nie. Kan ek nie maar net rustig by die huis bly of by vriende gaan kuier nie? Om Geloftedag by my vakansieplanne te probeer inwerk, is net een te veel. Miskien volgende jaar ...
As ’n mens sulke vrae vra is daar dadelik ʼn paar ou ooms met vuur in die oë wat sal opspring en sê: “Natuurlik moet jy!” Gewoonlik volg daar dan ’n hele relaas oor hoe afvallig vandag se jongmense is en dat ons afvalligheid die rede is waarom dinge in ons land gaan soos wat dit gaan. In alle eerlikheid is dit waarskynlik die rede hoekom baie jongmense nie wil gaan nie: “Geloftedag is vir oumense wat aan ou goed dink – ek het niks daar verloor nie.” Tussen BBBEE, die droogte, politiek, skuld en die familie se probleme het ek regtig nie nodig om die heeltyd te hoor dat ek my ‘sokkies moet optrek nie!’”
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (11)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
My opleiding in Duitsland
Aan die Ryksakademie vir Liggaamsopvoeding het ek vier Suid-Afrikaners ontmoet. M.J. Pienaar van Rustenburg was student aan die Universiteit van Pretoria en het na Berlyn gekom om 'n gevorderde kursus in liggaamsopvoeding te volg. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het hy 'n oulike Duitse nooientjie getrou. Oor die Duitse radio-omroep was hy bekend as Neef Buurman en baie Suid-Afrikaners wat na Zeesen ingeluister het, sal hom nog aan sy pittige gesegdes onthou. Dr. Danie Craven van rugbyfaam het 'n onderwyserskursus saam met nog twee ander Suid-Afrikaners gevolg.
WIE SWAAI DIE SEPTER? (3)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Vir die oningeligtes mag die feite tot dusver lyk na die uitstorting van 'n vrugbare maar koorsige verbeelding. Die sinikus sal die opmerking maak dat so 'n omvangryke komplot nooit vir die publiek verborge kon gebly het nie. So 'n opmerking is oppervlakkig gesien, korrek, maar met voorbehoud. Die komplot kon nooit so lank geheim gebly het nie tensy die samesweerders nie beheer oor die pers, kommunikasiemedia en filmnywerheid gehad het nie. Dit het hulle inderdaad en dit is so 'n gedugte wapen dat dit die samesweerders 'n kwesbaarheid gee wat Achilles hulle sou beny het. Die aard van hierdie beheer sal in die volgende stukke ondersoek word.
Professor Carroll Quigley se Tragedy of Hope: a History of the World in our Time is miskien die belangrikste boek wat ooit oor die Bankiers publiseer is.
DIE PUNT WORD GEMIS
Homoseksualisme is onbeskaamde afgodery
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die sedelike verval van ʼn volk loop hand aan hand met ʼn minagting van die Woord van God soos duidelik aan die suidpunt van Afrika gesien word. Ons volkslewe beweeg al verder van die Bybelse sedeleer af weg. En hieraan is ontspoorde kerke duidelik aandadig. Hul minagting van Skrifwaarhede laat die gat in die Boerevolk se morele osoonlaag al hoe groter word.
Waarom gebeur sulke dinge? Aan die wortel daarvan lê ʼn baie ou probleem nl. dié van afgodery. Die Bybel leer dat baie van die dinge wat in die mensdom skeefloop, hier ontstaan. Daarom begin God sy Tien Gebooie met die verbod:
“Jy mag geen afgode voor My aangesig hê nie”(Ex.20:1).
Afgodery ontstaan waar mense teen God se wil in opstand kom en dinge wat onnatuurlik is, natuurlik wil laat voorkom. Dit laat ʼn lugleegte ontstaan wat met allerlei sedelose praktyke gevul word. Sommige daarvan word selfs godsdienstig geklee om as ʼn teenvoeter vir God se heilige ontwerp te dien.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (10)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Ek word beroepsbokser
Ek het nie lank gesloer om 'n bokskontrak met die "Union Sporting Club" te sluit nie. Die promotorsliggaam het my 'n bedrag van R2 400 binne agttien maande gewaarborg. Vir geen geveg sou ek minder as R250 ontvang nie. Onder die opskrif: "Leibbrandt Hipnotiseer Promotors", het 'n Engelse koerant van Johannesburg lang kommentaar gelewer oor die fantastiese kontrak.
WIE SWAAI DIE SEPTER? (2)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Stuit die stelsel die kapitalis teen die bors? Oppervlakkig "ja", maar speur 'n bietjie dieper en die antwoord is "nee." Oorloë is duur. Enige oorlogsugtige regering het geld nodig en beland so in die kloue van die geldskieters. Die bankiers is die gesigloses aan wie lande hulle astronomiese nasionale skulde verskuldig is. Kommunisme is bloot 'n werktuig van die wêreldgeldmag.
Die oorloë in Korea en Viëtnam is goeie voorbeelde van buitensporige duur oorloë teen "die kommunistiese vyand." Die oorloë is versigtig in die geheim so bewimpel dat geen werklike skade die kommunisme ooit berokken is nie. Met 'n vrye hand sou die Amerikaners Noord-Korea binne twee of drie weke op die langste verower het. Dog die Amerikaners moes 'n "no win war" — 'n oorlog wat jy nie wil wen nie — voer. In bogenoemde geval is strategiese teikens soos spoorwegaansluitings en brue veronagsaam en is verbied om hawens te blokkeer. Toe genl Mac Arthur, alles ten spyt, die kommunistiese magte terugdryf, is hy onmiddellik herroep en is die inisiatief prysgegee.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (9)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Terug na Duitsland
Tydens die Olimpiese Spele het ek navraag gedoen na 'n inrigting waar ek 'n kursus in liggaamsopvoeding kon volg. By my aankoms in Louden het ek my soektog voortgesit. Uiteindelik het ek besluit om na Duitsland terug te keer en 'n studie te maak van die Hitler-jeugbeweging. Op Waterloo-spoorwegstasie het ek van die Springbokspan afskeid geneem en my teruggehaas na die vasteland van Europa. Toe ek weer in Duitsland kom, was daar reuse-voorbereidings aan die gang vir die Rykspartyfees wat in Neurenberg gehou sou word. Deur bemiddeling van dr. Georg Leibbrandt, 'n bloedverwant van my en Ryksampleier onder dr. Rosenberg, het ek 'n uitnodiging ontvang om as gas van die Duitse staat die grootse verrigting by te woon.
GENERAAL KOOS DE LA REY (SLOT)
Lees reeks by Generaal Koos de la Rey
Aanhaling uit die toespraak van generaal Louis Botha voor die Senaat op 12 September 1914.
Aanhangsel A
De tweede stap, welke door de Regering gedaan was, geschiede op verzoek van de Britse Regering. Deze had aan de Unieregering medegedeeld, dat het, uit een strategies oogpunt beschouwd van het grootste belang was dat zekere delen van Duits-Zuidwest-Afrika geokkupeerd zouden worden en dat zij het ten zeerste zou apprecieren indien wij dit konden doen... Het doel was niet om meer grondgebieden te annekseren... Bij de stap, door de Unieregering gedaan, was in het oog gehouden de eer, de goede naam en de oprechtheid van het volk van Zuid-Afrika. (p 18, kol 2)
Toespraak van Generaal J H de la Rey in die Senaat op Saterdag 12 September 1914.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (8)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Met die boksspan op toer
Teen die einde van die Spele is die Suid-Afrikaanse boksspan uitgenooi om in Duitsland en Switserland te boks. Aangesien geen passasiers in die span toegelaat sou word nie, was ek outomaties uitgeskakel. My versoek om Jim Fennesy as helper in die kryt by te staan, is deur die bestuurder van die hand gewys. Dave Carstens, wat net 'n gas was en geen lid van die span nie, is aangewys om daardie vakante pos te vul. Die begeerte om Switserland te besoek, het vinnig in my opgelaai.
"Ek gaan saam met die Span, al boks ek net met die een hand," het ek later gesê.
MAGLUSTIGES
Gesante van Satan
Ds. A.E van den Berg
“En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” (Jes.14:13,14).
“Jy was in Eden, die tuin van God...... Jy was ’n gerub met uitgespreide vlerke wat beskut.... volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is..... Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid... Ek het jou op die grond gewerp....”(Eseg.28:13-17)
“En daar het oorlog in die hemel gekom: Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak....En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan.... hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp......wee die bewoners van die aarde .... want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede...” (Openb.12:7-12)
WIE SWAAI DIE SEPTER? (1)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Die Russiese wetenskaplike, Ivan Pavlov (1849-1936) was 'n pionier met eksperimentele tegnieke. As wenner van die Nobelprys in 1904, is hy beroemd vir sy navorsing oor bloedsirkulasie en spysvertering. Pavlov het byna per ongeluk ontdek hoe om outomatiese reaksie by diere te bewerkstellig. Uitbreiding van sy eksperimente, toegepas op mense, het beslag gegee aan die Gedragskool van Psigologie. Vandaar was die vermoë om die massadenke te beheer maklik.
Pavlov het opgemerk dat honde, wat hy vir eksperimente in hokke gehou het, se speeksel begin vloei en hulle ook opgewonde geraak het, sodra hulle die emmers, waarin hulle kos hokke toe gebring is, hoor klink het. Die speekselvloei het plaasgevind lank voordat hulle die opsigter gesien of geruik het. Hulle het geleer dat die klink van die emmers beteken die aankoms van kos. Dit is as gevolg van 'n vaste roetine van herhaling en assosiasie oor 'n tydperk. Hierna het Pavlov wetenskaplik begin eksperimenteer.
ONTEIENING DEUR WETGEWING
Sedert die ANC op hul kongres van Desember 2017 amptelik besluit het dat die Suid-Afrikaanse Grondwet verander moet word om "onteiening sonder vergoeding" in die land moontlik te maak, is dié onderwerp op almal se lippe. Dit word druk bespreek en baie mense leef in vrees hiervoor. JACO ELS van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) bespreek die beginsel van eiendomsreg, die huidige wetgewing en die moontlike scenario met die verandering daarvan. Hy wys egter ook daarop dat die Afrikaner se eiendom op verskeie ander maniere inderdaad lank reeds beset, oorgeneem en wettig gesteel word sedert die koms van die nuwe bedeling in 1994.
Derduisende woorde is reeds geskryf, toesprake is gehou en paneelbesprekings is gedoen sedert die ANC "onteiening sonder vergoeding" as amptelike beleid aangeneem het. Bittermin werklike beginselbegronde argumente is daaroor gemaak, maar die belangrikste argument het veral gegaan oor die fatale effek wat dit sal hê op die ekonomie, aangesien die vrye wêreld ons land as beleggingsbestemming sal vermy as hierdie tipe Sosialisme 'n realiteit word. Dit is natuurlik baie waar. Ons het dit in ons eie tyd gesien gebeur in Zimbabwe en Venezuela, waar dié twee lande se ekonomieë in duie gestort het en die burgers van daardie lande nou in armoede en ellende spartel om te oorleef.
ONS IS IN 'N TUIMELDROM
Prof HG vd Westhuizen
Halfedelgesteentes word glad, blink en bruikbaar geskuur deur growwe materiaal in 'n drom wat gedraai word.
Die drom draai. Ons Afrikanervolk ís in 'n massiewe tuimeldrom. Soos die halfedelgesteentes by verre díe mínderheid in 'n tuimeldrom is, ís ons volk maar 'n klein persentasie tussen die growwe materiaal. Die tientalle miljoene wat saam met ons in die tuimeldrom van die geskíedenis is, kap na ons, vryf ons op, skuur ons blink en kaal. Die revolusie met die gevolglike sogenaamde demokrasie – vol sosialisme en kommunisme – bied omtuimelinge vir miljarde rande se korrupsie. Die Afrikaner wat temidde hiervan nie gebreek en fyngemaal word nie, word blinker, gladder en bruikbaarder vir 'n beskaafde volk van edel inbors.
Die draai van die tuimeldrom word genoem transformasie.