Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons werk nie so hard op hierdie aarde om iets te besit nie; ons werk sodat ons iets kan word.
ENGELE IS WERKLIK (12)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Die vorm van engele
Thomas van Aquinas was van mening dat engele enige vorm kan aanneem wat nodig was om hul taak af te handel. Aangesien hulle suiwer gees is en nie oor vorm beskik nie, kan hulle kies om te materialiseer in wat hy "hemelse liggame" genoem het. Ooggetuies se beskrywings van engele verskil geweldig. Sommige se engele is langer as vier meter, ander sê hulle is korter. Sommige verskyn met vlerke, ander daarsonder. Sommige se kledingstukke, velkleur en hare vertoon verskeie kleure.
Ek het al gehoor dat engele se vlerke as "sneespapier" en "deurskynende grys" en "amper vliesagtig" beskryf word. Sommige kenmerke wat gereeld beskryf word, is dat engele as helder, glansende beelde soos weerlig verskyn; dat hulle vol lig is, vurige oë het en stemme wat soos donderweer of bruisende riviere klink. Hulle beskik oor 'n energie of krag wat mense laat flou word asof hulle dood is.
GELYKSTELLINGS- GETY BEGIN SAK
Toe FW de Klerk ons volk onwettig, sonder mandaat, vir ‘n groot klomp geld en ‘n halwe Nobelprys uitverkoop en ons land aan die swart kommunistiese ANC gegee het, is daar voorgegee dat ons 'n wonderlike, vredevolle toekoms as 'n sogenaamde Reënboognasie tegemoet gaan. (Kom net eers terug na die verskil tussen 'nasie' en 'volk': 'n volk is daardie eenheid wat in dieselfde ras, taal en kultuur ingebore is, soos bloedfamilie sonder keuse; 'n nasie bestaan uit verskeie volke wat in een land saamwoon. Ons woon dus as 'n blanke, Afrikaanssprekende volk saam met talle ander volke van ander rasse en tale in Suid-Afrika, en almal saam maak die nasie van hierdie land.) Maar nooit sou ons 'n vreedsame Reënboognasie wees nie, juis as gevolg van rasse-onderskeid tussen Wit en Swart. En daarom was die beleid van afsonderlike ontwikkeling in ons land die enigste manier om vrede te handhaaf.
Teen hierdie tyd is daar onomstootlik bewys dat die poging om ons saam te forseer op sosiale, kulturele en alle vlakke van ons samelewing, geen vredesoplossing was nie maar veroorsaak het dat ons 'n land met een van die hoogste misdaad- en onrussyfers ter wêreld geword het.
KOU JY GRUISKLIP?
Maak kopskoon saam met Klaagliedere en kry weer hoop.
J de Koning
Daar kom tye ook in die lewe van ’n gelowige dat dit werklik ellendig gaan…Alles loop skeef, alle hoop vervaag... die ergste is dat ek beleef dat die Here se hand teen my is. Hierdie skrywer was in so ’n posisie: “Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan”. (Klaagliedere 3:1) Hy het lyding in die uiterste vorm ervaar. Hierdie swaarkry was so erg dat dit geblyk het dat bid nie eers meer help nie! “Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor.” (3:8) Daar was net geen uitkomkans nie. Het jy al só vasgekeer gevoel in ellende met geen uitsig op verlossing nie? “Hy het my pad met klip toegebou, vir my geen uitkomplek gelaat nie.” (3:9) Dit voel vir jou of jy klippe kou en jou tande besig is om een vir een te breek. Kyk net hoe treffend beskryf die digter dit : “Hy het my gruisklip laat kou” (3:16) Vriend, ek weet nie watter ellende of teistering jy tans beleef nie, maar hier het ons iemand met wie dit rowwer as rof gegaan het, so ons kan gerus luister wat hy te sê het.
REG VIR DIE UITDAGING?
Die tyd van groot woelinge wêreldwyd het aangebreek. Die nasies in Afrika en in Asië het vir eeue geslaap maar vanaf 1945 het hulle wakker geword en skielik weerklink die kreet van Uhuru! dwarsoor Afrika. Sedert 1945 het so baie van hierdie state onafhanklik geword dat hulle die VVO oorheers en voorskryf – die slaaf wat vir sy heer vertel wat om te doen.
WAAROM WOEL NASIES EN BEDINK VOLKE NIETIGE DINGE?
Dit is die vraag wat die Psalmdigter vra. Daar is 'n onrus en 'n onstuimigheid ook onder die nasies en die volkere van vandag. En hulle bedink allerhande dinge wat voor God as nietig gesien word, dinge wat verkeerd is en nie ewigheidswaarde hou nie. "Die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy gesalfde".
ENGELE IS WERKLIK (11)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Hoe engele verskyn
Een aand toe ek tuiskom na kerk, het ek in my slaapkamer ingestap en gevoel of ek in iets vasloop. Ek kon niks sien nie, maar my man het 'n figuur naby die plafon sien sweef. Ek het my hande uitgesteek en 'n teenwoordigheid gevoel. Dit was 'n pragtige ervaring. Ek moes seker in 'n engel se voet vasgeloop het.
Ontmoetings met engele is 'n ervaring van die hart en selde iets wat deur die gewone sintuie waargeneem word. Helen Keller het op 19 maande doof en blind geword en het in 'n wêreld van stil donkerte geleef. Uit daardie eensame plek het sy 'n diep geestelike band met die onsienlike wêreld gesoek en gevind. Later in haar lewe het sy gesê dat die mooiste dinge in die lewe nie gesien of selfs gevoel kan word nie, maar met die hart gevoel moet word. Nadat ek baie stories van besoeke van engele gehoor het, het ek besef engele verskyn in baie verskillende vorme en kan nie altyd met die menslike oog gesien word nie.
GOD LAAT MY GLO
Ds A.E. vd Berg
“Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word” (1Tim.4:9).
“Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebr.11:1).
Wat is vandag 100% betroubaar? Baie dinge wat al as betroubaar gereken is, was nie. Dink aan beleggingskemas wat op die ou einde onbetroubaar was. Onbetroubaarheid het ook kerk en politiek besmet.Mense is mislei om die leuen vir die waarheid en die waarheid vir die leuen aan te sien!
Heidene is egter die onsekerste van alle mense. Hulle het duisende jare gelede al geglo dat die son opkom en die maan ’n sekere siklus voltooi waarvolgens hulle geplant en geoes het. Hulle het dit egter as geheimsinnige kragte gesien wat deur gode beheer is. Daarom is daar aan hulle offers vir die vrugbaarheid van plant en dier gebring om hulle te paai om voorspoed te verseker.
Niks het sedertdien verander nie. Luister hoe praat mense oor die lewe; alles is ’n waagstuk.
HIER STAAN ONS NOU:
Ons volk is die enigste lig van hoop in 'n duister kontinent vol miljoene pikswart barbare tussen wie ons klein volkie nie nou, en ook nie tevore 'n oorlewingskans gehad het nie, was dit nie vir die unieke plan van ons Skepper met ons nie – maar nou, 'n volk in die grootste identiteitskrisis van sy bestaan.
Al lyk ons toekoms nou donker, ons het nié die stryd verloor nie - die finale geveg lê nog voor, 'n oorlog ten bloede waartydens ons net een Anker sal hê om aan vas te hou, dieselfde God wat in die begin die hemel en die aarde geskape het, toe alles woes en leeg was en daar duisternis op die groot watermassa geheers het. Maar nadat God lig gemaak het, het Hy die waters van die grond geskei en Hy het dit aarde genoem, droë grond waarin Hy plante wat saad gee laat uitspruit het; ook bome wat vrugte dra sodat die mens wat Hy sou skep daarvan kon eet en in die koelte verkwikking sou vind.
Die hele Skepping was goed maar aan 'n spesifieke stuk aarde was Hy besonder vrygewig - Hy sou later sy verstrooide volk daar versamel...
GAAN ONS VEG VIR ONS GROND?
Die Boere-soldate en -polisie wat voorheen hul vaderland verdedig het teen Brits-geїnspireerde en kommunisties-gedrewe terroristebendes, word gehoon en bespot en vervolg as misdadigers. En die Afrikanervolk word deur leuens en laster simbolies op die beskuldigdebank van die geskiedenis gestel om skuld te bely voor die vyande wat hom wil vernietig. In dié land waar ons volk gebore is, word ons nou behandel as 'n miskende en verstote "minderheid"; meer nog, as misdadigers en gehate spesie. Deur misleiding en bedrog is ons geleidelik geestelik ontwapen, later ook fisies, sodat ons bloedloos van ons geboortereg beroof kon word. Dit is die sentrale feit van die huidige Suid-Afrikaanse toestand.
Die Afrikanervolk is die een gemeenskap wat ter wille van "vrede" op elke terrein moes toegee, prysgee, weggee en opgee totdat daar niks meer was om te behou nie en sy "leiers" eerloos kon oorgee aan die vyande. En nou gaan die laaste bastion val: ons moet alles wat ons besit, ons grond en ander eiendom gratis aan die staat gee sodat ons geen plek meer het om te bestaan nie – want ons moet totaal uitgewis word!
ENGELE IS WERKLIK (10)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Engel in blou
'n Vyfjarige seun was een aand op pad om in die bed te klim. Sy ma het aangebied om saam met hom boontoe te gaan en hom in die bed te sit. "Nee dankie, Ma " sê hy toe. "Ek is nie bang nie. Die vrou met die blou klere aan is daar vir my."
Ons Here is lief daarvoor om ons te bemoedig en beskerm. Sedert daardie dag toe Linda die engele sien wagstaan het, het sy nog nooit weer getwyfel aan hulle teenwoordigheid of hulle mag om ons teen die bose te beskerm nie. Ons weet dat ons hemelse bewakers by ons is. Gelukkig word hierdie hemelse vriende aan ons gegee om tydens ons hele lewensreis by ons te bly. Hier volg een van my persoonlike verhale.
ENGELE IS WERKLIK (9)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Beskermengel
Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy rue jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
-Psalm 91:11-12
Beskermengele bewaak groepe mense, sowel as individue. Toe Moses die Hebreeuse kinders uit die slawemy van Egipte gelei het, het God 'n magtige engel gestuur om hulle na die Beloofde Land te lei. "Ek, die Here, stuur 'n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het. Gee ag op die engel en luister na hom; moet jou nie teen hom verset nie" (Eks. 23:20-21). Hierdie engel het in opdrag van God gekom om God se mense te lei na die plek wat Hy vir hulle voorberei het. Die engel het direk met Moses gekommunikeer.
SKEP MOED, DAAR SKYN LIG IN DIE TONNEL!
Ons volk het nodig om moed te skep vir die toekoms in ons mooi land. Die negatiwiteit is nou meer as ooit tevore; selfs persone wat sedert 1994 geweier het om die land te verlaat oorweeg dit nou ernstig. Daarom is dit goed dat ons weer kyk na gebeure wat daartoe bydra om ons perspektief en hoop te gee. Siener van Rensburg se voorspellings oor ons land en volk is een van daardie aspekte wat ons hiermee kan help. Binne die bepaalde tydlyn het al Siener se voorspellings reeds waar geword soos o.a. oorname deur 'n swart regering, die herbou van die spoorlyn na Prieska asook die uitbrei van die hawe in Luderitz en talle ander gebeure.
As 'n mens Siener van Rensburg se profesieë oor Suid-Afrika bestudeer, besef jy dat hy in alle geval altyd in die kol was. En al ignoreer die media dit, al trap die magtige Geldmag met sy vuil pote op ons nekke, al spot jou vriende en familie daaroor, sal dit niks kan verander aan wat die ou Boereprofeet gesê het nie. As kind van die Here het Siener in sy eenvoud gewys op die gebeure soos deur die Here aan hom getoon. Daar is geen onsekerheid hieroor as dat ons vandag daaruit weer die moed en hoop moet put om op te staan en voort te veg nie. God het Suid-Afrika nie afgeskryf nie. Hy seën steeds hierdie land met talle dinge waaronder lieflike reën, iets wat net Hy kan voortbring. Hier gaan Hy sy heilige Naam voor die hele wêreld groot maak en aan elke lewende siel toon dat Hy bestaan en almagtig is.
OUERS, VERDÍÉN JUL KINDERS SE RESPEK
KRIEWELKOP
Ons 'amazing generation' van 'outoppies' en 'ouladies' wat so 'cool' voor die kinders probeer wees sodat die 'spoiled brats' moet dink ons is nie so 'bad' nie maar 'actually nice', is geensins 'n 'stunning event' nie, ook nie een 'big joke' nie, maar 'n ware 'tragedy'. 'Actually', dit 'sucks'!
Ons sien gereeld hoe vrotsig die spelling van leerlinge in eksamens is. Ons sien hoe ons kinders nie meer anders kan skryf as die kortboodskaptaal van selfone nie. Ons hoor hoe hulle nie meer die verskil tussen Afrikaanse en Engelse woorde ken nie, soos die ou grappie lui: sê asseblief vir my wat is 'n tyre in Engels...
Het die ondergang van ons taal, en selfs ons volk, dalk te make met ons ouers wat ook 'cool' wil wees in die moderne tyd, so graag 'with it' wil voel in geselskap van die jongeres? Soos byvoorbeeld die 'stunning' Rina Hugo, 'n pragtige Afrikaanse sangeres met 'n uitstekende sopraanstem en gewoonlik die beste woordformulering, maar in 'n TV-onderhoud so 'amazing' en 'cool' word oor haar 'songs' en 'trips'; of die 'sexy' Johan Stemmet wie in die TV-musiekspeletjie Noot-vir-Noot suiwer Afrikaans gepraat het, maar nou die anderskleurige gaskunstenaar en die 'crowd' probeer beïndruk met hoe 'great' dit is dat dié kleurlingsangeres so 'amazing' lyk en haar 'songs' is tog so 'fabulous'.
TWEEBEEN-BUFFELS, DWASE EN SOTTE
Ons leef in ‘n tyd waar onbeheerste gedrag op feitlik elke gebied eskaleer. Of dit oor morele aangeleenthede of fisieke gedrag gaan, die skade aan ons volk is groot! Die gewoonte om vir die geringste aangeleentheid in ‘n onbedaarlike woedebui los te bars met ‘n sarsie vloekwoorde wat al swetsende na iemand anders geslinger word, en of dit erger gevolge meebring soos dikwels waar padwoede ter sprake is, bly dit afbrekende gedrag wat ons volksgenote al verder uitmekaar dryf omdat ons naderhand nie meer die ware vyande raaksien nie.
Hierdie onbeteuelde woede is meesal ‘n openbaring van swakheid, onsekerheid en vrees by die vloeker. Dit gaan gewoonlik ook gepaard met ‘n gebrek aan selfvertroue. In die waan dat hy sy teëstander daarmee kan oorrompel of afskrik, takel hy dié dan met beledigings en gekruide taal.
ENGELE IS WERKLIK (8)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Die aartsengel Gabriël en Johannes die Doper
Ons kry nog 'n kragtige verhaal oor Gabriël in die Evangelie van Lukas waar hy 'n lewensveranderende boodskap aan 'n bejaarde egpaar bring. Sagaria was 'n priester en sy vrou, Elisabet, was familie van Maria, Jesus se ma. "Hulle was albei getrou aan die wet van God" (Luk. 1:6), maar Elisabet was onvrugbaar. Hulle kinderloosheid het vir hulle groot verleentheid in hulle kultuur veroorsaak. As gevolg van hulle ouderdom het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat hulle nooit kinders sou hê nie. Toe gryp God in hulle omstandighede in.
Sagaria was 'n priester uit die diensgroep van Abia wat uit 1 000 priesters bestaan het. Israel het altesaam 20 000 priesters gehad wat in 24 subgroepe verdeel is en almal het op 'n rotasie- basis in die tempel diens gedoen. Omdat daar so baie priesters was, is die loot getrek om te besluit watter priester deur God verkies is om by die Allerheiligste in te gaan en die wierook op die altaar te brand. Die gekose priester is elke oggend deur die lot aangewys en daardie spesifieke dag is Sagaria gekies. Hierdie verkiesing het slegs een keer in 'n priester se leeftyd plaasgevind; dus was dit 'n baie groot eer. Terwyl die wierookoffer gebring is, wat twee keer per dag gebeur het, het die volk buite die tempel gebid en geglo dat hulle gebede saam met die rook opstyg tot by God.
LAAT ALLES IN LIEFDE GESKIED
Hannes Ollewagen
1 Kor. 16:5-24
“Laat alles by julle in liefde geskied.” (:14).
Die gebod van die liefde. Die gebod waarop die hele wet van God gebou is. Die liefde tot God ten eerste en ten tweede die liefde tot ons naaste en die gebooie waaraan die hele wet van God hang. “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Matt. 22:40).
Die opdrag om liefde teenoor God en ons naaste te bewys kan in die Woord van God nie oorbeklemtoon word nie. Dink maar hoe gereeld die Here Jesus Christus hierdie gebod by mense ingeskerp het. Die kort tydjie wat Christus se marteldood voorafgegaan het, het Hy menigmaal gebruik om hierdie gebod van liefde by sy dissipels in te skerp. “Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.” (Joh. 15:12). “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.” (Joh. 15:17).
MEER OOR SKRIKKELJAAR
Waar kom skrikkeljaarsdag vandaan?
Jare waarin daar ‘n ekstra dag voorgekom het is meer as 2000 jaar gelede deur Julius Caesar ondek. Die Juliaanse almanak wat natuurlik na hom vernoem is, het een belangrike reël bepaal naamlik dat elke jaar wat eweredig deur vier gedeel kon word, as ‘n skrikkeljaar bekend sou staan
'n Skrikkeljaar is 'n jaar wat 'n ekstra dag bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar. Dan is daar letterlik 366 dae in daardie jaar, nie 365 dae nie.
JOU KIND ‘N SEËN OF SKANDVLEK?
KINDERS EN VERANTWOORDELIKHEID
Ds A.E. van den Berg
Die lewe is ʼn lening van Godwaarmee baie verantwoordelik omgegaan moet word omdat ʼn dag gaan aanbreek dat dit terugbesorg moet word. Mense kan verantwoordelikhede ontduik, maar nie die gevolge daarvan nie. In dié opsig is die lewe soos ʼn boemerang - dit wat jy daarheen gooi, keer later na jou toe terug. Elkeen sit op een of ander tyd aan die tafel van sy eie doen en late.
“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).
Ouers wat hul kinders verantwoordelik opvoed, is ʼn seën vir ʼn gemeenskap. Hulle leer hul kinders van kleins af om verantwoordelikheid vir hul dade te neem. ʼn Kind kan ʼn seën of ʼn skandvlek wees.
GEEN STANDBEELD VIR DE KLERK!
Ná die herrie in die parlement waar FW de Klerk in die parlement uitgejou is deur Malema en sy EFF, het daar ‘n verdere herrie losgebars toe De Klerk aangehaal word daar hy gesê het dat nie alles van apartheid sleg was nie. Onmiddellik het almal op sy rug gespring en terug verwys na die VN se Konvensie op die Misdaad van Apartheid, wat in 1976 aanvaar is.
Malema, Cyril Ramaphosa, Piet Croucamp en etlike ander linkses kon nie wag om De Klerk daaroor aan te vat nie. De Klerk se vroeëre verskonings wat hy oor apartheid aangebied het, was skoon vergete.
Wat interessant is, is dat daardie Konvensie nie bindend is op state nie en daarom geen regskrag het nie. ‘n Staat moet dit uitdruklik aanvaar om bindend op hulle te wees.
Suid-Afrika het dit tot vandag toe nie aanvaar nie, alhoewel die kommunistiese regime dit nou graag aanhaal om iemand soos FW de Klerk mee by te kom.
GOD AS OPPERGESAG
Johan Hack
(Deut19:14.) “Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die Here jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie”.
Verder lees ons in verse 15-21 oor die lewering van valse getuienis en die straf.
In vandag se tyd moet ons vra: Is dit nie presies wat nou met ons as Afrikanervolk besig is om te gebeur nie, word ons grond nie presies so afgeneem nie? Word daar nie gereeld valse getuienis teen ons ingebring oor hoe ons voorvaders grond “gesteel” het nie?
Ons het die geleentheid wat ons voorvaders geskep het deur hul erfenis en strewe om dit aan ons nageslag te voorsien, verkwis.
(Deut 19:21) “En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe,oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet”.
Direk daarna lees ons in Deut 20 van die oorlogswette:
ENGELE IS WERKLIK (7)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Aartsengele
Die volgende orde bestaan uit aartsengele. "Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan" (1 Tess. 4:16). Daar word dikwels na aartsengele verwys as "Engele van die Teenwoordigheid". Die voorvoegsel "aarts-" dui op 'n engel van hoër rang wat oor 'n groep laer engele aangestel is. Volgens tradisie is daar sewe aartsengele, maar ons vind die name van slegs drie in die Skrif. Die name van die sewe is 'n debatteerbare saak, maar ons ken drie se name: Migael, Gabriël en Rafael.
Tydens die 400 jaar tussen die skryf van die Ou en Nuwe Testamente, wat ons vandag ken as die kanonieke Bybel, is ander boeke deur Joodse rabbi's geskryf. In boeke soos Tobit, Judit en Henog vind ons verwysings na engele, byvoorbeeld Rafael in Tobit. Hierdie boeke word nie as deel van die kanon erken nie, maar wel as geleerde geskrifte deur gelowige rabbi's geskryf. Ons vind hulle in die Apokriewe.