Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het...
DIE VRUG VAN ONS LIPPE
Hannes Ollewagen
Jak. 3:1-12
“Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?” (:10&12).
Ons almal is bekend met die woorde van Jesus Christus uit Matt. 7 wat stel dat ‘n mens wat waarlik tot geloof in God gekom het se dade, sy optrede, van hierdie saligmakende geloof sal getuig. Hy spreek Homself uit teen die valse profete wat voorgee om gelowig te wees terwyl hul dade van ongelowigheid spreek! “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.” (Matt. 7:15). Ons vergeet myns insiens heeltemal te maklik dat dieselfde reël vir die woorde van gelowiges geld. Ons doen dalk baie moeite in ons strewe om vrug te dra deur ons optrede en dade wat by die bekering pas.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (19)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Ek maak kennis met die Ossewa‑brandwag
Aangesien ek wyle "Sambok" Smith, die Assistent-Kommandant-generaal die Ossewabrandwag (O.B.) geken het toe by nog redakteur van Die Spand op Graaff-Reinet was, het ek besluit om hom te gaan opsoek. Hy het my wantrouig ontvang en by my die indruk geskep dat hy gedurig in vrees lewe. Hywou nie dadelik glo dat ek wel Robey Leibbrandt was en dat ek van Duitsland gekom het nie. Om dit vas te stel, het hy my versoek om met hom Duits praat. Nadat hy oortuig was dat alles in orde is, het hy skielik vermoed dat woning bespied word en dat 'n Regeringsagent my moontlik kon gesien het toe ek sy huis binnegegaan het. Hy het gevolglik die straat gedurig deur die venster laat dophou. Toe daar egter niks gebeur nie, het hy geruster geword en met my begin gesels.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (18)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Hulp van Namakwalanders
Uit louter blydskap gee ek die jong 'n paar stukkies druiwesuiker of Jodesuiker (soos hy later in die hof getuig het), 'n lang bruin sportbroek met 'n rek bo-in wat hy as 'n vrouensbroek beskryf het en 'n paar bruin skoene wat vir hom "te lank" was — so het hy altans in die hof getuig.
Die jong het so swak beduie waar sy baas se opstal is dat ek verkeerd geloop het. Intussen het ek kliphard gedink aan 'n storie om my teenwoordigheid in daardie verlate en afgesonderde streek te verklaar. As ek die landstreek geken het, sou ek 'n baie beter storie uitgedink het.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (17)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Terug na Namakwaland
Dieselfde dag is ek aan Hendrik Erasmus bekendgestel as Smit. Hendrik het my egter dadelik herken en was in sy noppies toe hy hoor dat hy my na Namakwaland moes vergesel.
DIE HEMELSE HUIS
J P Botha
Waar Jesus die poort ontsluit
Van die hemelse huis vir sy kroos,
Wink die Heiland vir sondaars, en luid
Klink sy stem vir verdwaaldes tot troos.
EK HET ‘N SIEL
Pieter Botha
O magtige skoonheid, en my hart, hoe klein –
Sag oor die perskeboorde sif die reën
in blink-rein silwerstrale, met die skyn
van ondergaande awendson geseën.
DONKER EN HELDER DAE
Pieter Botha
Donker dae as jou oë
wegdof op die rant,
is dit soos ‘n vuil gedagte
uit ‘n dronk verstand,
staar jou oog in dooie dampe
waar jou hart verdwaal,
waar ‘n goddelose onreinheid
op ons aarde daal.
NET EEN MAAL...
J P Botha
Kom drink met my ‘n kelkie wyn,
die soetheid van die muskadel,
voordat die pikswart skaduwees
van donker wolke oor ons snel!
Dan hoef ons weer vir niks te vrees;
dan sprei die son se goudligskyn
gedurig om ons waar ons swerf.
Kom drink, vergeet die werklikheid:
Daar daag ‘n dag dat elkeen sterf.
VRYHEIDSUG
J P Botha
O, dat die nagtegaal weer eens,
Suid-Afrika, jou velde sal besing;
‘n Luide jubeltoon weer opstyg tot jou lof,
‘n Ryker glans van liefde jou omring!
WINTER
Pieter Botha
Oor die vlakveld het die winter
met sy asvaal hand gegryp,
al die blomme, al die blare,
al die groen gras geel geryp.
LOUTERING
Pieter Botha
‘n Motreën sprinkel oor die dakke heen
en giet die kale eikestamme nat...
Die skeemring sif-sif vinnig oor die stad,
‘n Berg staan roerloos vér in mis versteen.
AL BEVREDIGING
J H Breytenbach
Wat waar en eerlik is, dit soek my siel,
die groen van dennetakke teen die bloue lug,
die sagte kweek wat langs die water rus,
die sober middernagtelike reëngesug,
AAND
J P Botha
‘n Afskeidsgloed wat purper aan die horison
sy laaste boodskap tot die vlaktes wuif,
verstom oplaas, as stadigaan die duisternis
begin om met sy inkswart besem rond te vee
tot bome roerloos swart in silhoeëtte droom
oor mensgeluk wat was, oor menseweë wat kom...
DIE OES STAAN RYP
J P Botha
O maaiers van Gods akker,
Die arbeidsveld lê woes;
En waarom staan jul ledig,
Met sekels rooi van roes?
Jul eet en drink so lekker,
Jul lag en juig so bly –
Maar God die Heer gebied dit:
“Die werkdag gaan verby!”
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (16)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
My landing in Suid-Afrika
Die rubberbootjie, vyf voet lank en halfpad so breed, is opgeblaas en my reistas, wat in 'n stuk rubberdoek toegedraai was om dit wagterdig te hou, is stewig op die bootjie vasgebind. In 'n seilsakkie is 'n paar stukkies droëwors, 'n hoeveelheid blokkies druiwesuiker en drie botteltjies sodawater gepak. Teen nege-uur die aand was alles gereed. Nog 'n paar uur se vaar sou ons binne enkele myle van die kus bring. Deur dieptebommetjies langs die boot af te gooi kon vasgestel word of ons nie miskien op 'n sandbank afstuur nie. Ek het intussen gaan slaap.
Sowat eenuur die nag is ek deur luide stemme gewek.
"Dis waansin en ek dra die verantwoordelikheid vir 'n veilige landing," het ek Nissen se stem gehoor.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (15)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Van Frankryk na Suid-Afrika met 'n seilboot
Sowat tienuur die oggend van 1 April 1941 het twee kusvaarders die Kyloe op sleeptou geneem. Ek het op die agterdek gestaan en die vasteland gegroet. Met 'n rein gewete het ek die lang tog begin. Ek vaar die dood tegemoet. Niemand weet wat my planne is nie, nie eens ek self nie. Die daad en die daad alleen gaan my selfopgelegde missie vertolk. Ek is alleen aan God verantwoording verskuldig en aan niemand anders nie.
DIT IS KERSFEES
KERSFEESDIENS
Ds Andrè vd Berg
“Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe....”(Joh.3:36).
By geleentheid loop ʼn Amerikaanse Jood ʼn vriend na baie jare raak en vra hoe dit met hom gaan. Die man kla toe dat hy sy seun vir ʼn jaar Israel toe gestuur het en dat hy as ʼn Christen teruggekom het. Die vriend vertel die man toe dat dieselfde met hom gebeur het. Hy het ook sy seun Israel toe gestuur en hy het ook as Christen teruggekom. Hoe was dit moontlik?
Hulle besluit toe om ʼn Rabbi te gaan vertel wat hul iets soortgelyks meegedeel het. Sy seun het ook uit Israel as ʼn Christen teruggekeer. Hulle vra hom toe om die nag met God daaroor te praat en die volgende oggend te kom hoor wat God vir hom gesê het. Toe hulle die volgende oggend by hom kom, sê vir hy hulle: “God het gesê dat Hy ook sy Seun Israel toe gestuur het!” En dis wat ek op hierdie Kersdag aan julle verkondig – God het sy Seun aarde toe gestuur om verlore siele te red.
WAAR STAAN JY!
Johan Hack
Pof. Johan Bosman het ‘n artikel geskryf in die APK se Junie 2019 uitgawe van die Boodskapper, oor Christelike plig tot gewapende verset:
Ons lees nou meer gereeld oor ons Christelike plig om oor te gaan tot gewapende verset. Dit is iets wat deel uitmaak van ons geskiedenis, ons ontstaan en wat uiteindelik gelei het tot ons voortbestaan, eerstens as Christen en dan as Afrikanervolk. Het die Voortrekkers nie ook die wet van die Britse ryk verontagsaam toe daar ‘n beperking geplaas is op die hoeveelheid buskruit wat saamgeneem kon word tydens die trek nie?
Hoeveel van ons is moeg vir die wetteloosheid in ons land, die onregverdige behandeling omdat ons blank is en dan verder vertrap word omdat ons Afrikaans is. Let op die veragtende kyk van anderskleuriges wanneer ons verby hulle loop of ry, veral van die jonger geslag wat nie eers apartheid ervaar het nie en steeds vashou aan hierdie ‘onreg’ wat hulle glo aangedoen is. Die Psalmdigter skryf ook in Psalm 123:3-4 van so ‘n veragting. “Wees ons genadig o Here, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting; meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!” Let op die uitroepteken aan die einde van vers 4.
WIE SWAAI DIE SEPTER? (6)
Dr Michael J. Hurry
Lees reeks by Wie swaai die septer?
Die groot towerlamp: bioskoop, radio, televisie (2)
Televisietegnieke is soortgelyk aan bioskooptegnieke, maar eersgenoemde is baie doeltreffender vir propaganda. Televisie het twee groot voordele bo films.
Dit is in die eerste geval binne-in die huis en dus toegankliker en tweedens is dit 'n volmaakte werktuig vir dokumentêre films en nuus, waar behendige redigering of vals byskrifte, verdraaiings en beklemtoning meebring wat wissel van vooroordeel tot blatante leuens. Een van die televisie-effekte op die menslike psige, wat die minste begryp word, is die een van distansiëring. Deur hierdie proses word die kyker onverskillig gemaak teenoor die werklikheid en nie in staat gestel om tussen die belangrike en die onbenullige te onderskei nie. So 'n situasie word geskep deur die kaleidoskopiese aanbieding van stof oor 'n ydperk van drie of vier uur. Nuusbulletins, advertensies, popgroepe, wetenskaplike besprekings, komedies en kultuurprogramme volg mekaar op en sodoende vind 'n groot gelykmakingsproses plaas. Aan niks word absolute of selfs betreklike belang toegewys nie.
GEESTELIKE VRYLATING
Ds André vd Berg
Aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” (Jes.61:1)
Dis oor ʼn paar dae Kersfees. Kersfees is anders as die res van die Christelike feesdae omdat dit uitsluitlik van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar Kersfees is vreugde. ’n Mens sou graag van die Kersfees-gees in flesse wou bewaar en maandeliks een oopmaak.
Dis goed om tydens Kersfees opgewonde soos ’n kind te wees, want ons Verlosser het immers as kind na die aarde gekom. Kersfees moet egter in ’n mens se hart wees. Wie dit nie in sy hart het nie, soek tevergeefs daarna in geskenkpapier toegedraai. Kersfees is ’n hartsaak.
Kersfees is ’n tyd van die jaar wat ’n mens nie alleen wil deurbring nie.