Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Stilte is kosbaar. Wie met die stilte leer saamleef, word 'n vriend van die stilte. Stilte is nie leeg nie, net so min as wat 'n hemel sonder wolke leeg is. Stilte is soos slaap, dit verfris die wysheid. Geseënd is hulle wat niks het om te sê nie en nie oorgehaal kan word om dit te sê nie.
DIE HEMEL IS WERKLIK (26 SLOT)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
EENDAG SAL ONS SIEN
Ek onthou die eerste keer wat ons in die openbaar oor Colton se ervaring gepraat het. Dit was tydens die aanddiens op 28 Januarie 2007 by die Mountain View Wesleyan Church in Colorado Springs. Tydens die oggenddiens het ek gepreek en die boodskap het oor Thomas gehandel. Hy was die dissipel wat kwaad geraak het omdat die ander dissipels, en selfs Maria Magdalena, die opgestane Christus gesien het en hy nie. Die storie word in die Evangelie van Johannes vertel:
24 En Thomas *wat genoem word Dídimus, een van die twaalf,
was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.
25 Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien!
Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie *in sy hande die merk van die
spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my
hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.
VERAGTELIKE BLANKE AGENTE
Adriaan Snyman
Op 17 Januarie 1916 het Siener ‘n visioen gehad wat eers in ons tyd bewaarheid sou word. In die gesig het hy gesien ons sal in die toekoms nog daal tot die vlak van die nie-blankes; selfs in ons voorkoms (kleredrag) en optrede sal ons soos hulle lyk en doen; maar nog erger, hy het ook gesê ons gaan (net soos hulle) niks vir mekaar omgee nie, mekaar uitbuit, in die rug steek, en teen betaling aan die vyand uitlewer.
Die dag toe hy hierdie gesig aan Kerneels Nieuwenhuis meegedeel het, het hy bewoë bygevoeg: “Ja, Kerneels – ons is ‘n veragtelike volk!”
Daar gaan byna nie ‘n dag verby dat die media nie hierdie skandvlek in ons volksiel met koelbloedige leedvermaak aan die wêreld uitbasuin nie, en ‘n perverse behae daarin skep om die behoudende regses as ‘n spul onopgevoede skobbejakke sonder integriteit, eer of selfrespek voor te hou.
In ‘n artikel Lies, Spies and slush-funds het ‘n nie-blanke joernalis ‘n gewetenlose komplot teen die Boere onthul. Verraderlike blanke agente van die ANC het hulself as verregse elemente voorgedoen om die behoudendes onder ons te diskrediteer.
DIE HEMEL IS WERKLIK (25)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
DIE NADERENDE OORLOG
'n Paar maande later moes ek besigheid gaan doen in McCook, 'n dorp omtrent 100 km van Imperial af. Die naaste Wal-Mart was ook in McCook. Vir baie Amerikaners is 'n uur se ry om by 'n Wal-Mart uit te kom baie ver, maar hier op die platteland raak 'n mens dit gewoond. Ek het Colton saamgeneem en sal nooit die gesprek vergeet wat ons op pad terug gehad het nie, want hoewel ons seun al oor die hemel en selfs oor my verlede met my gepraat het, het hy nog nooit vantevore laat blyk dat hy geweet het wat in my toekoms lê nie.
Ons het teruggery deur Culbertson, die eerste dorp wes van McCook, en was besig om by 'n begraafplaas verby te ry. Colton was nie meer in 'n karstoeltjie nie en het vanuit die passasiersitplek na die rye en rye grafstene gekyk.
"Pappa, waar is Pop begrawe?"
"Wel, sy liggaam is in 'n begraafplaas in Ulysses, Kansas, begrawe. Daar waar ouma Kay bly”, het ek geantwoord. "As ons weer daar is, kan ek jou neem om te gaan kyk waar dit is, as jy wil. Maar jy weet dis nie waar Pop is nie."
"POLITIEKE VLUGTELINGE" NA EUROPA
Die internasionale nuus in alle media is die afgelope maande oorheers deur die derduisende "politieke vlugtelinge" wat glo uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika na Europa vlug.
Duitsland alleen het verwag dat daar net in 2015 sowat 800 000 vlugtelinge sy grense sou oorsteek. In Oostenryk was dit in Augustus van daardie jaar reeds meer as 100 000. Ander lande, soos Hongarye, skop vas en is selfs besig met die bou van 'n heining om hierdie strome vlugtelinge te keer.
In die meeste Europese lande is die instroming van immigrante uit Noord Afrika en die Moslemwêreld deesdae by verre die belangrikste saak op die agenda van alle politiek. Dis 'n kwessie wat sogenaamde "regse" partye vinnig laat veld wen in Europa. Maar die meeste lande wat deel is van die Europese Unie se regerings aanvaar maar gedweë dat hulle 'n "morele plig" het om hierdie vlugtelinge tussen hul eie mense te vestig.
Soos altyd is daar weer 'n groot mate van misleiding oor die vlugtelinge. Die media speel weer met die emosionele kwessies en wys gewoonlik in hul beeldmateriaal en foto's net die "gesinne" wat ontberings moet deurmaak om van die "oorlog" of "vervolging" in hul eie lande weg te kom.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (37 SLOT)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Die verskriklike stryd tussen Tal en Rafar duur onverpoosd voort.
Rafar lyk asof hy die oorhand begin kry. Hy is tartend en spottend.
“Waar is jou God nou? Toe, waarom help Hy jou nie?”
“Here God,” roep Tal, “sê die Christene moet bid. Sê vir hulle my opponent se naam is Rafar . . . sê vir hulle ...”
* * *
Die Christene voor die gebou is aangegryp deur al die gebeure om hulle. Die meeste van hulle bid nie meer nie. Hulle kyk na die polisie en al die opgewondenheid.
“Die Here het waarlik ons gebede verhoor!” roep John Coleman uit.
DIE LEUEN VAN BESKERMING DEUR DIE REGSTAAT
Een van die grootste argumente waarop profete van "verandering" en lofsangers van die nuwe Suid-Afrika onder Blankes in die verlede gehamer het as hulle aan die aard van die Afrikaan en die inhoud van Afrika se geskiedenis herinner is, was die foefie van die "regstaat".
"Ons word beskerm deur die grondwet" sou hulle antwoord op argumente van nugter denkers en mense wat met logika die gebeure in post-koloniale Afrika ook hier in Suid-Afrika voorspel het. Die grondwet sou ons glo beskerm, want die grondwet waarborg 'n regstaat en op hierdie manier sal die ANC altyd in toom gehou kon word as hulle werklik begin handuit ruk.
Of só het die liberale profete van die reënboogland ons probeer wysmaak. Intussen het die ANC homself al hoe lekkerder in die nuwe bedeling tuisgemaak en ons land is vandag net nog 'n verrotte korrupte Afrika staat op die rand van algehele ineenstorting. Die regime probeer egter nie eers meer die skyn voorhou dat hulle die regstaat ondersteun nie. Soos alle ander Afrika-despote voor hulle, begin die howe hulle irriteer, want dis 'n instrument waarmee die Witman hul spoed kan breek op pad na nóg meer rykdom en nóg meer mag.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (36)
Frank Peretti
In kamer 326 is Juleen Langstrat en al die leidende spiritiste byeen. Sandy en Shawn is ook teenwoordig. ’n Afwagtende atmosfeer omvou almal.
“Dis ’n belangrike dag,” begin Langstrat gewigtig.
“Ja, beslis,” beaam pastoor Young.
Al die ander stem saam en Sandy glimlag. Sy voel baie bevoorreg om tussen so ’n uitgelese groep te wees en dit tref haar diep om te sien met hoeveel agting Juleen Langstrat deur almal bejeën word.
ONS AFGODE
Johan Hack
Het u al opgemerk hoe die liberalistiese media propaganda gebruik om die nasionalistiese gevoel wat deel uitmaak van ons Afrikanervolk en ons geskiedenishelde, te kriminaliseer en dan die nuwe humanistiese beweging te verafgod en dan selfs ‘n beeld of gesig daaraan te gee ?
Dit kan duidelik gesien word in die Open View advertensie. In die advertensie kyk talle mense na die uitsending op hulle eie televisies na ‘n toespraak deur dr Hendrik Verwoerd, die beste Eerste Minister wat SA ooit kon hê, en ook die mees gehate Minister as gevolg van sy opregtheid en vasberadenheid om van SA ‘n Eerste Wêreldland te maak, wat hy dan ook in ‘n kort tyd reggekry het. En dan begin die kykers mense hulle TV’s te ontkoppel en na die Mandela-brug te dra en op mekaar te stapel waarop die eerste swart springbok rugbykaptein regop staan met sy arms in die lug en die skare wat hom toejuig soos ‘n god.
Ex 20.3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (35)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
By die tronk heers daar groot opwinding. Hank en Marshall is pas vrygelaat en toe hulle die area voor die hofsaal betree, bars ’n luide toejuiging en lofprysing los. Al die Christene sing en juig en Mary kom dadelik nader. Sy kan haar oë nie glo nie. Sy en Hank omhels mekaar en sy vra net oor en oor of hy niks makeer nie. “Ek is een honderd persent,” verseker hy laggend.
Marshall is self ekstaties. Hy besef opnuut dat daar werklik ’n God is en hy weet dat die God ook nou sy God is.
“Dis ’n wonderwerk,” roep iemand uit. “Die Here het die twee gevangenes uit die tronk vrygelaat net soos wat Petrus vrygelaat is!” Almal drom om Hank saam, maar dit hinder Marshall nie. Sy vinnige oë vang Alf Brummel wat ’n ent weg in sy motor spring en haastig wegry.
WAT GEBEUR NA DIE DOOD?
Ds A.E. vd Berg
“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).
In Sept. 2005 is ’n 43 jarige mynmagnaat in Johannesburg tydens ’n kaping doodgeskiet – Brett Kebble. Hy was baie ryk. Sy kunsversameling is vir R53,9 miljoen opgeveil. Was hy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek soos so baie blankes voor en na hom? Nee, hy was nie; hy het sy eie dood georkestreer. Hy het R1 biljoen se bedrog gepleeg en dit was net ’n kwessie van tyd voordat hy aan die pen sou ry. Daarom het hy huurmoordenaars gekry om hom van die gras af te maak ten einde regsvervolging vry te spring.
Wat vir Kebble na ’n uitweg gelyk het, was geen uitweg nie want hy het vergeet dat hy ʼn siel het. ’n Mens bestaan mos nie net uit liggaam nie! Die Bybel praat van die wagkamer na die hel as ’n plek van ’n geween en gekners van tande. Waarom het Kebble so ’n dwase ding gedoen? Omdat hy, soos baie mense, nie in ’n lewe na die dood geglo het nie. As hy wel daaraan geglo het, sou hy eerder ’n lang tronkstraf vir sy misdaad uitgedien het.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (34)
Frank Peretti
Lees reek by Die duisternis van hierdie eeu
By die tronk heers daar groot opwinding. Hank en Marshall is pas vrygelaat en toe hulle die area voor die hofsaal betree, bars ’n luide toejuiging en lofprysing los. Al die Christene sing en juig en Mary kom dadelik nader. Sy kan haar oë nie glo nie. Sy en Hank omhels mekaar en sy vra net oor en oor of hy niks makeer nie. “Ek is een honderd persent,” verseker hy laggend.
Marshall is self ekstaties. Hy besef opnuut dat daar werklik ’n God is en hy weet dat die God ook nou sy God is.
“Dis ’n wonderwerk,” roep iemand uit. “Die Here het die twee gevangenes uit die tronk vrygelaat net soos wat Petrus vrygelaat is!” Almal drom om Hank saam, maar dit hinder Marshall nie. Sy vinnige oë vang Alf Brummel wat ’n ent weg in sy motor spring en haastig wegry.
“Jou skurk,” dink Marshall. “Vlug gerus. As ek jy was, sou ek dit seker ook gedoen het.”
DIE HEMEL IS WERKLIK (24)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
DIE ENGELE SE SWAARDE
Vanuit 'n kind se perspektief was die beste ding omtrent 2005 waarskynlik die vrystelling van The Lion, the Witch and the Wardrobe. Ons het die kinders tydens die Kersseisoen geneem om die fliek op die groot skerm te gaan kyk. Ek en Sonja was opgewonde om die eerste hoëgehalte-dramatisering te sien van C.S. Lewis se The Chronicles of Narnia-reeks, boeke wat ons as kinders geniet het. Colton was meer opgewonde oor 'n fliek waarin goeie ouens teen slegte ouens veg met swaarde.
Vroeg in 2006 het ons die DVD uitgeneem. Ons het almal op die mat gesit. Ek, Sonja en Cassie het met ons rue teen die sitkamerbank geleun. Colton en Colby het op hul knieë voor ons gesit en Aslan, die krygerleeu, en die Pevensie-kinders, Lucy, Edmund, Peter en Susan, aangemoedig. Die huis het selfs soos 'n fliekteater geruik met bakke springmielies, warm uit die mikrogolf, wat binne bereik op die mat gestaan het.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (33)
Frank Perreti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Sandy Hogan bekyk haar gesig nog een maal in die spieel in Shawn Ormsby se badkamer. Lyk sy goed genoeg vir die geleentheid? ’n Gespanne opwinding knaag aan haar binneste. Shawn het haar ingelig dat professor Langstrat besluit het om haar die geleentheid te bied om ’n spesiale inisiëringseremonie by te woon. Omdat sy sulke goeie psigiese kwaliteite openbaar, sal sy nou toegelaat word om by ’n internasionale gemeenskap aan te sluit. Dit is ’n besondere eer wat slegs aan persone van buitengewone psigiese bekwaamhede toegestaan word.
Sy kan dit nog nie glo nie! Sy sal nou in die geleentheid gestel word om uitstaande spiritiste van dwarsoor die wêreld te ontmoet en die moontlikhede wat dit bied om persoonlik te ontwikkel, is onbeperk. Wat ’n voorreg om deel te wees van so ’n uitgelese groep.
Het Madeline dalk iets met hierdie uitnodiging van professor Langstrat te doen? Het sy dit dalk gereël? Diepe dankbaarheid wel in Sandy se binneste op. Sy moet Madeline bedank wanneer hulle mekaar weer sien.
In die Basuin se kantore het Kevin, Bernice en Susan al die inligting en bewyse wat hulle bymekaar gemaak het, uitgesorteer en op ’n veilige plek weggesteek.
DIE HEMEL IS WERKLIK (23)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
ALI SE OOMBLIK
Na Colby se geboorte het ek en Sonja uitgevind die dinamika van kinders oral met ons saamneem, het verander. Dit was drie teen twee en ons was in die minderheid. Ons het besluit dit was tyd vir 'n gereelde babawagter en het 'n baie verantwoordelike, volwasse graadagt genaamd Ali Titus aangestel om na die kinders te kyk. Op Maandagaande het ek en Sonja steeds sagtebal gespeel vir die "oumens-span", al was my glydae verby.
Een Maandagaand in 2005 het Ali vir Cassie, Colton en Colby kom oppas sodat ons kon gaan sagtebal speel. Ons het teen omtrent 22:00 weer voor die huis stilgehou. Sonja het solank ingegaan om te kyk hoe dit met Ali en die kinders gaan terwyl ek die garage toegesluit het vir die nag. Ek het dus eers 'n paar minute na die tyd uitgevind wat in die huis gebeur het.
DIE EWIGE ROTS
Hannes Ollewagen
Daniël 2:1-49
“U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ’n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.” (:34&35).
Daniël sien in hierdie droom van koning Nebukadnésar hoedat ‘n klip sonder toedoen van mensehande losraak en die ontsagwekkende beeld heeltemal verbrysel. Ons lees in latere hoofstukke van Daniël hoedat koning Nebukadnésar ‘n beeld oprig en Daniël se vriende weier om voor hierdie beeld te buig. Ons lees ook daarna hoedat hierdie koning oor sy koninkryk uitkyk en sy hart homself verhef en hy ‘n skewe beeld van homself vorm.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (32)
Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu
Vyfuur die oggend bring Susan die gehuurde motor agter die kantore van die Basuin tot stilstand. Dit wil net begin lig word, maar die drie is redelik seker dat niemand hulle opgemerk het nie. Die dorp is stil en dit lyk asof dit ’n sonnige dag gaan wees.
Bernice haal die spaarsleutel agter die vullisdrom uit en binne ’n paar oomblikke is hulle in die kantore.
“Moenie enige ligte aanskakel nie,” fluister Bernice. “Kom, hier is die donkerkamer.”
Eindelik is al drie in die ontwikkelingskamer en Bernice kry alles gereed. Sy begin die film ontwikkel. Die kamer is stikdonker.
“Ek wonder wat het van Marshall geword,” sê sy terwyl sy werk. “Ek weet ook nie hoe ek sal kan uitvind nie.”
“Wat van die antwoordmasjien? Dalk is daar boodskappe vir jou.”
“Hmm, ja, dis ’n moontlikheid. Ek sal vasstel sodra ons hierdie film gereed het. Ek is byna klaar.” Dan dink sy skielik aan iets anders. “En Sandy Hogan, waar sou sy wees? Miskien het sy na daardie Shawn-vent toe gegaan.”
DIE HEMEL IS WERKLIK (22)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
KRAG, VAN BO
Op 4 Oktober 2004 is Colby Lawrence Burpo gebore. Hy was van geboorte af Colton se ewebeeld. Maar soos met alle kinders, het God hom ook uniek gemaak. As Cassie ons sensitiewe kind was en Colton ons ernstige kind, was Colby die hanswors. Van 'n vroeë ouderdom af het Colby se lawwigheid ons almal baie laat lag.
Een aand in die laatherfs het Sonja gereedgemaak om vir Colton 'n Bybelstorie te lees.
Sy het op die kant van sy bed gesit en die storie gelees terwyl hy knus onder die kombers gelê het met sy kop op 'n kussing. Toe was dit tyd om te bid.
Een van die groot seëninge wat ons as ouers ervaar, is om ons kinders te hoor bid.
DIE HEMEL IS WERKLIK (21)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
NlEMAND IN DIE HEMEL IS OUD NIE
Toe Pop in 1975 oorlede is, het ek 'n paar dinge geêrf. Ek was bly om die .22-geweer waarmee ek en hy saam preriehonde en hase gejag het, te ontvang. Ek het ook Pop se keëlbal geêrf en later 'n ou lessenaar wat my oupa so lank as wat my ma kon onthou, gehad het. Die hout is donker getint, en dit was 'n interessante stuk, eerstens omdat dit nogal klein was vir so 'n groot man, en tweedens omdat die deel waaronder jy jou stoel instoot, 'n kurwe om jou lyf gemaak het en nie reguit was soos 'n gewone lessenaar nie. Toe ek 'n tiener was en houtwerk by die skool my gunsteling vak was, het ek ure in my ouers se garage deurgebring, besig om Pop se lessenaar te restoureer. Toe het ek dit na my kamer geskuif ter herinnering aan 'n sout-van-die-aarde-man.
DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (31)
Frank Peretti
Lees reeks by >>Die duisternis van hierdie eeu>
Vir ongeveer ’n uur sit Bernice in Rose Allen se kafee. Sy het ’n bord sop bestel en dis regtig besonder lekker, nes Betsy gesê het. Sy hou haar oog op Rose Allen, in geval die vrou dalk die telefoon sou gebruik. Maar niks gebeur nie. Rose dink skynbaar nie dis eienaardig dat ’n vrou met ’n gekneusde gesig haar kafee besoek nie.
Halfagt besluit Bernice om tot aksie oor te gaan. Sy betaal Rose vir die sop en gaan toe uit. Angstig loer sy in die straat op. Dit lyk asof die polisiemotor nie meer daar geparkeer staan nie, maar die lig is swak en sy kan nie seker wees nie. Dus sal sy maar net baie versigtig te werk moet gaan.
Terwyl sy voortstap, loer sy in alle rigtings vir enige suspisieuse karakter of iemand wat haar dalk agtervolg, maar alles lyk rustig. In die parkeerterrein voor lmmergroen staan talle motors, ’n tipiese Saterdagaand. Bernice het haar donkerbril op, maar sy besef dat sy in alle ander opsigte nes Bernice Kreuger lyk en die polisie sal haar maklik kan uitken. Nogtans kan sy niks anders doen nie.
DIE HEMEL IS WERKLIK (20)
Todd Burpo
Lees reeks by Die hemel is werklik
DIE EERSTE PERSOON WAT JY SAL SIEN
Die grootste gedeelte van die somer het verbygegaan sonder enige verdere onthullings deur Colton, hoewel ek seker is ons het die "Hoe lyk Jesus?"-speletjie tydens ons vakansie gespeel en Colton het elke prentjie afgekeur. Uiteindelik het ons, in plaas daarvan om te vra: "Lyk die een reg?" naderhand net gevra: "So, wat is fout met die een?"
Augustus het aangebreek en daarmee saam die bekende kermis van die Chase-distrik wat in Imperial gehou word. Naas die staatskermis, was ons kermis die grootste in westelike Nebraska. In Imperial en die omliggende dorpe is dit die gebeurtenis van die jaar. Vir 'n hele week laat in Augustus vermeerder Imperial se populasie van 2 000 na omtrent 15 000.