Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense verskil van mekaar en die Here loop met elkeen 'n unieke pad; ons moet dit leer verstaan en ophou om bemoeisiek te wees. Petrus het hom bemoei met wat Jesus se plan vir Johannes is, maar Jesus het Petrus geantwoord dat dit niks met hom te doen het nie, dat Petrus vir sy eie lewe moet sorg en Hom moet volg. Ons oordeel mekaar so vinnig – klim uit hierdie strik uit en sorg dat jou eie lewe met God daarin in orde is.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (33)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
In die Appèlhof
Op 7 Desember 1943 het die volgende berig in die pers verskyn: Robey Leibrandt Voor Appèlhof. Neem Sy Verdediging Self Waar. Uitspraak word later Gegee.
"Die appèlsaak van Sidney Robey Leibbrandt, Le Roux en Olwagen het voor die Appèlhof in Pretoria begin. Leibbrandt is op 11 Maart op aanklag van hoogverraad ter dood veroordeel, terwyl Le Roux en Olwagen elk tot vyf jaar dwangarbeid gevonnis is.
"Toe die hof gisteroggend begin, was elke beskikbare ruimte beset. Benewens die groot aantal nuuskieriges, was daar ook 'n sterk afdeling van die polisie en speurdiens in die hof aanwesig.
"Leibbrandt het sy eie verdediging waargeneem en dit binne die bestek van 'n anderhalf uur voltooi.
"Leibbrandt het die hof gisteroggend meegedeel dat hy, as 'n man wat meer as agt maande onder die skaduwee van die galg deurgebring het graag sy saak op sy eie wyse wil bepleit.
ENGELE IS WERKLIK (2)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
'n Geskenk van my Pa
Baie jare gelede, voor ek en Francis getroud is, het ek 'n ontmoeting met 'n engel gehad wat my persepsie van die onsigbare geesteryk radikaal verander het. Laat my toe om jou die geheimsinnige storie te vertel wat my bekendgestel het aan die wêreld van engele en demone, en my uiteindelik 'n beter begrip van God self laat vorm het.
Ek het pas by die huis gekom na 'n heerlike aand saam met goeie vriende en het gereedgemaak om te gaan slaap. Dit was later as my gewone slaaptyd, en 'n volle dag se werk het op my gewag by my beradingspraktyk in Clearwater, Florida. Destyds het my werksdag vroegoggend begin met gebed by my kerk, gevolg deur 'n vinnige ontbyt en agt tot tien ure se berading met my kliënte. Ek was lief vir die stil tye van innerlike genesing vir die gebroke, depressiewe en lydende mense wat na my toe gekom het. Dit was vir my 'n groot vreugde om 'n klein deeltjie van die transformasieproses van hul lewens te wees. In die proses het God se ontsaglike liefde vir elk van hulle vir my duidelik geword en bowenal vir hulle.
EERS PAAI, DAN VERRAAI
Johan Hack
Die menseheugenis is vol van verraad en word selfs in ons tydsbestek ervaar. So ontstaan ‘n gevoel van wantroue. Hierdie wantroue is egter nie altyd blywend van aard nie aangesien daar mense is wat presies weet wat om te sê om hierdie wantroue om te skakel in vertroue, meestal om hierdie mense net weer verder in ‘n donker diepe moedeloosheid te laat sink. Hierdie is die paaiers en verraaiers.
Tydens die 1992 referendum is die Afrikanervolk vertel hoe daar geen ander keuse is as om met die ANC samesprekings te hou nie, sodat ons kan voortbestaan in hierdie land. (Die land wat God aan ons geggee het.) So was die Afrikaner deur leiers van die Nasionale Party gepaai om ewe skielik te sien hoe ons land en vryheid as Afrikaner oorhandig word op ‘n skinkbord. En nou ly ons godsdiens, taal, geskiedenis en kultuur daaronder met ‘n slegte smaak van verraad in die mond terwyl ons deur die media herhaaldelik herinner word om te kou aan hierdie sogenaamde Demokrasie asof dit soetkoek is.
ENGELE IS WERKLIK (1)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Voorwoord
Dis vir my 'n geweldige voorreg om met Judith getroud te wees, en ons het al dikwels oor ontmoetings met engele gesels. Die onderwerp is so interessant dat ek Judith aangemoedig het om hieroor te skryf. Dit kombineer 'n skriftuurlike studie van engele met ervarings wat bevestig waarom engele belangrik is in ons verlossingsreis. Hulle is nie net simbolies nie; hulle is werklik en raak ons lewens aan. Lering oor engele dateer sover terug as Genesis en is so nuut soos vandeesweek se TV-programme. Boonop is ek en Judith geseënd om deur Christene omring te word wat hulle eie ongelooflike stories het van ontmoetings met engele. Net gister het een van ons personeellede by Christian Healing Ministries ons van 'n ontmoeting met 'n engel vertel.
DIEN VOOR SY AANGESIG
Hannes Ollewagen
1 Konings 3:1-28
“Toe verskyn die HERE in Gíbeon in ’n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.” (:5).
“Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer? En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.” (:9&10).
Dit klink darem so lekker. Hoe gelukkige man was Salomo nie – hy het ‘n geleentheid gekry om enigiets van God te vra en God het aan hom belowe dat Hy sy wens sou vervul. Ek wonder wat ek en u sal vra indien ons hierdie geleentheid sou kry? Tog kry ons dieselfde geleentheid, maar nie alleen een maal in ons lewe nie. Ons kry die geleentheid om gereeld in gebed tot God se troon te nader en die wense van ons hart voor Hom te lê. Maar hoe lyk hierdie wense van ons – is dit so eerbaar soos hierdie wens van Salomo? Of is dit menigmaal selfsugtig en net op ons eie gerief, gemak, eer en voorspoed gefokus?
ENGELE
Ds A.E. van den Berg
“...want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie”(Ps.91:11,12)
Kinders is oorwegend bang vir die donker en loop nie sommer alleen in ʼn donker kamer in nie. Maar as ʼn ouer saamloop, verdwyn die vrees want iemand groter as hy is by hom.Soos wat ʼn mens groter word, maak ander dinge hom bang soos slegte omstandighede, siekte, misdaad, onreg ens. Bang mense vrees altyd dinge wat hulle nie verstaan nie.
Deur die bekering word ons rustiger omdat die Bybel sê dat niks met ons gebeur waarvan ons Hemelse Vader nie weet nie. “Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees” (Ps.103:13).
Jesus stap soos ’n vader saam met sy kinders die donker kamer van die lewe in. Hy is die Een wat groter is en met Hom by ons is daar niks om te vrees nie. Hy leer ons selfs om onder slegte omstandighede ons kop in die geloof regop te hou. En daarvoor het ons sy Woord. Hoe meer ons dit lees, hoe beter verstaan ons die lewe en as dit donker in ons lewe word, hoe minder vrees ons. Wie met Jesus in die sonskyn wandel, het geen rede om die skadu’s te vrees nie!
VERRAAD
Ds A.E. van den Berg
Verraad is ʼn misdaad wat in die verlede selfs met die dood gestraf is. Nadat die groot muur van China voltooi en as ondeurdringbaar verklaar is, is dit drie maal binnegedring deur die poortwagte óm te koop. Hulle is almal tereggestel.
Verraaiers is ʼn skandvlek op ʼn volk se geskiedenis. Dwase politici is minder gevaarlik as verraaiers omdat hulle ongestoord tussen hul eie mense beweeg, soos hulle lyk en dieselfde taal praat. Dis egter die enigste ooreenkomste. Heimlik ondergrawe hulle hul eie mense en plaas hulself buite die dampkring van hul volk. Van hulle het eerbare voorsate gehad. Dit het nie verhoed dat swart kuikens uit wit eiers broei nie!
Verraad begin altyd by heimlike onderhandelings met ʼn vyand:
“Toe gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskáriot, na die owerpriesters en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg” (Mt.26:14,15).
DEMOKRASIE SAL NOOIT IN AFRIKA SLAAG NIE!
Ds. A.E van den Berg
Demokrasie klink vir baie mense goed, maar is in werklikheid skadelik omdat dit van die veronderstelling uitgaan dat as mense in een opsig gelyk is, hulle in alle opsigte gelyk is. Dis ʼn baie duur misgissing. Afrika sien demokrasie verkeerdelik as ʼn geneesmiddel vir kolonialisme – gif as medisyne en medisyne as gif. Al mense wat hierby baat, is konkelaars en magsdronkaards.
Demokrasie het Afrika slegs met ʼn dun lagie beskawingvernis bedek. Dit kraak en verkrummel gereeld onder druk waarna barbarisme opvlam. Demokrasie sal nooit in Afrika slaag nie omdat die Afrika-mens uit huis uit sosialisties is.Sy tradisies enstamgebruike is sosialisties en ʼn sosialistiese gemeenskap in ʼn demokratiese mondering so gevaarlik soos ʼn pedofiel in ʼn kersvadergewaad!
Tegnies gesproke gee demokrasie 51% van ʼn gepeupel die reg om 49% eerbare burgers uit te stem. Afrika-leiers word feitlik sonder uitsondering deur ʼn dwase kieserskorps aan bewind geplaas. Gevolglik is dit vir politieke jakkalse gerieflik dat massas nie dink nie.
HERFSBLARE (1)
GESEËNDE JONGDAE BAAR GESEËNDE OUDAE
Ds Andrè van den Berg
Ouderdom is ʼn voorreg wat almal nie beskore is nie. Baie mense sterf jonk. Alhoewel ouderdom aan lewensjare gemeet word, word dit deur ʼn positiewe lewensingesteldheid bepaal en behoort mense ryper vir die lewe te maak. Ongelukkig laat sommige mense toe dat vader tyd en moeder natuur hulle te vinnig inhaal en word hulle in werklikheid oud voor hul tyd.
Die ouderdom is ʼn tyd waarin die mens na rus en vrede smag. Goeie jeugjare is hier onontbeerlik. Ons moet in die oggend van ons lewe al vir die aand daarvan voorberei. Wie sy lewe in sy jongdae nie in orde kry nie, slaag nie maklik op sy oudag daarin nie.
WIE MAAK ONS GELD? (6)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
Genl.-maj. J.F.C. Fuller (opcit. bl. 12) sê: “... Britse strategie behoort op seemag en nie landmag nie gebaseer te wees, omdat Brittanje se geografiese ligging in die eerste plek dit noodsaak. Dis gek v.d. Verenigde Koninkryk om die rol van ’n Kontinentale mag te probeer speel, ’n ding wat hy reeds sedert 1914 doen.” Op bl. 401 veklaar hy: “Selfs gedurende die kritieke 1940-somer was dit nooit ’n stryd op lewe en dood vir Engeland nie, om die eenvoudige rede dat dit nooit een kon word solank hy die see beheer nie”
Kapt. Russell Grenfell (op. cit. bl. 242/3) sê: “... die eerste oorweging vir ’n besluit op oorlog is die vraag of die betrokke land se lewensbelange sy deelname vereis. Hiervolgens behoort Engeland buite beide wêreldoorloë te gebly het soos hy suksesvol neutraal gebly het in die Franco-Pruisiese Oorlog van 1870, aangesien sy lewensbelange nog in 1914 nog in 1939 betrokke was.” Ons Superbankiers het alle rede tot tevredenheid met wat hulle tot dusver bereik het”.
DAAR IS NOG PLEK
Ds A.E. vd Berg
“... Meneer, wat u beveel het, is gedoen en daar is nog plek” (Luk.14:22).
Dit was onlangs Kersfees en min dinge so aangenaam soos ʼn Kersete saam met vriende of familie. Dis ʼn tradisie om op Kersdag saam met mense wat na aan jou is, te kuier al is dit ook elke jaar dieselfde persone.
Christus het dikwels gelykenisse vertel om mense by wyse van verhale dinge van die Koninkryk van God te leer. Verhale steek makliker by mense vas as feite. In die Gelykenis van die Groot Maaltyd is God die gasheer en vasbeslote om almal wat honger is na sy tafel te nooi. Die gelykenis roep sondaars tot redding op. Jesus is so gretig om sondaars met sy liefde, Woord en vergifnis te voed, dat Hy hulle byna wil dwing om aan te sit.
Jesus se reddingsuitnodiging word met ʼn deftige feesmaal vergelyk. Wanneer Lukas in hoofstuk 14 oor God se groot ete skryf, laat dit ʼn mens onwillekeurig aan ʼn Kersete dink omdat hierdie ete baie raakpunte met ʼn Kersmaal het. Lukas skryf van die beplanning, genooide gaste, deeglike voorbereiding en die smaaklike ete self. Dit klink amper soos ʼn Kersete.
HY HET GEKOM OM SONDAARS TE RED
Hannes Ollewagen
1 Timótheüs 1:3-20
“Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” (:15).
God die Vader het sy geliefde Seun, Jesus Christus, met ‘n doel – ‘n spesifieke opdrag – na die aarde gestuur. Christus moes kom herstel wat deur die mens gebreek is. Daardie verhouding met ons Skepper en Vader wat deur die ongehoorsaamheid van die eerste mens onberekenbare skade gely het moes deur Hom herstel word. “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;” (1 Kor. 15:22). Net soos wat die sonde ons van God af weg lei, het Christus gekom om ons van die sonde weg te lei en weer tot God te bring. ”Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.” (Rom. 5:10).
Die Woord is duidelik hieroor – ‘n mens word deur Christus Jesus se daad van geregtigheid geregverdig. Ons word van ons sondes gered. Ons word nie ‘n vrybrief gegee om onder die dekmantel van “Jesus het vir al my sondes gesterf” ‘n lewe van totale ongebondenheid te leef nie. Hoe word ek van die sonde gered as ek doelbewus daarin voort leef – as ek sou verkies en begeer om daarin voort te leef? Waarvan word ek dan vrygemaak?
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (32)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
My verblyf in die dodesel
Die dodesel was 'n ruim vertrek in vergelyking met die grootte van 'n sel. Dit was egter somber en koud. Geen bed, geen stoel en ook geen toilet — net 'n slopemmer met 'n swaar ketting deur 'n ring aan die muur. Die tronkowerheid was seker bang dat 'n onnutsige terdoodveroorde die emmer sou steel...
Die eerste nag in die dodesel het ek besonder vas geslaap. Die volgende oggend het die bewaarder aan diens my meegedeel dat die tronkbewaarder en nog een of twee vreemde persone by die dodesel besoek afgelê het en sou luid by die deur gestaan en gesels het, maar ek het hulle nie gehoor en derhalwe ook nie wakker geword nie.
Elfuur daardie oggend het die bestuurder my na sy kantoor ontbied en met soetsappige woorde probeer gerusstel, maar ek het my nie daaraan gesteur nie. "Ek hoop nie jy word opgehang of doodgeskiet nie, Leibbrandt," het hy met geveinsde aandoening gesê.
"Ek is bereid om te sterf," het ek geantwoord, omgedraai en by die deur uitgestap waar ek ingekom het.
DIE LANGSTE OORLOG
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Daar is al baie oorloë geveg, sommige kort soos Israel se sesdae-oorlog teen Egipte in 1967. Ander het jare geduur. Die oorlog van die Lam (Jesus) teen dié van die draak (Satan) duur al die langste en het reeds voor die skepping met ʼn opstand teen God se gesag begin:
“En daar het oorlog in die hemel gekom: Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.” (Openb.12:7,8).
Hierdie oorlog sal eers met die wederkoms van Christus eindig as die Lam die draak beslissend oorwin en hom en sy gesante in die hel werp. Intussen word hierdie oorlog teen die Lam vanuit talle oorde gevoer, self vanuit kerke!
WIE MAAK ONS GELD? (5)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
M. Follick (1935) het in “Facing Facts”, in “Politieke Beskouing vir die Gewone Man”, bl. 102, voorspel “. . . Met die doel om aan Pole ’n hawe te gee, is nog ’n vergryp aan Duitsland volvoer: Danzig is van hom geneem en tot vrye stad verklaar. Van alles wat in Duitsland Duits is, is niks meer Duits as Danzig nie . . . vroeër of later sal die Poolse Korridor oorsaak wees van ’n toekomstige oorlog . . . en as Pole nie die Korridor aan Duitsland teruggee nie, moet hy hom klaarmaak vir ’n uiters rampspoedige oorlog met Duitsland, anargie en moontlik ’n terugkeer na die slawerny waaraan hy hom maar onlangs ontworstel het.”
As enigiemand in 1919 voorspel het dat binne 20 jaar die Britte, die kwaaiste kritici van Danzig en die Poolse Korridor, die Duitsers die oorlog sou aansê omdat hulle die reg van selfbeskikking vir die inwoners van Danzig en die Poolse Korridor eis, sou hy in ’n inrigting opgesluit gewees het. In 1919 het so ’n waansinnige, onregverdige en kriminele handeling ondenkbaar gelyk. Maar ons weet nou dat met ’n gevange Pers, leuenagtige politici en onbeperkte geldmag selfs die ondenkbare deur ons Superbankiers moontlik gemaak kan word.
DIE NADERENDE VOETSTAPPE VAN DIE ANTICHRIS
Ds A.E. vd Berg
1. Die Europese Unie
Ná die Tweede Wêreldoorlog het Europeërs ernstig na eenheid gestreef om die gruwelvorm van nasionalisme wat hulle beleef het te genees. Dit het Robert Schumann en ʼn paar vooraanstaande politici ʼn gesamentlike verklaring in Mei 1950 laat uitreik - die Schumannverklaring waarvolgens ʼn tussen-staatsorganisasie geskep sou word om Europa te herorganiseer.
ʼn Jaar later het die ESSG (Europese Steenkool en Staalgemeenskap) met die Verdrag van Parys tot stand gekom. Dis deur België, Frankryk, Italië, Nederland, Wes-Duitsland en Luxemburg onderteken wat in 1957 tot verdere samewerking met die ondertekening van die Verdrag van Rome gelei het.
Die Verdrag van Rome was die geboorte-uur van die Europese Unie (EU) wat Europa berekend in die rigting van strukturele eenheid begin dryf het. Die EU is ʼn internasionale organisasie van etlike lidlande wat onderlinge ekonomiese, politieke en geregtelike samewerkingsooreenkomste vir Europa beding.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (31)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Voor die Hooggeregshof
Die doodvonnis word oor my uitgespreek
Van hierdie geleentheid het ek gebruik gemaak om my voor te berei vir dag waarop ek, soos ek verwag het, tot die dood veroordeel sou word. Saans net voordat die ligte uitgedoof is, het ek aandagtig gelê en luister na stories van 'n sekere "held" van die Ossewabrandwag wat nie alleen sy goeie dade uitgebasuin het nie, maar ook luid verkondig het hoe hy in die hof optree. Gelukkig het hy sy heldhaftigheid afgesluit met die sing van populêre Afrikaanse liedjies.
Toe die hoofbewaarder een aand beswaar maak teen die harde geselsery van die gevangenes, het ek hom laggend vertel dat die akoestiek van die tronk maar bra sleg is. Soos wel te verwagte, het van die O.B.-held se optrede in hof niks tereggekom nie.
Of hierdie persoon deur die speurders aangesê is om my te probeer besiel om saam met hom my verlede uit te lap, weet ek nie; tog was dit opvallend dat daar voorheen nooit oor en weer gesels is nie.
WIE MAAK ONS GELD? (4)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
In die vorige aflewering het ons na verskillende sette gekyk om ons arm, hardwerkend en ellendig te hou en ons so te kondisioneer vir ’n Marxistiese Wêrelddiktatuur. Nou kyk ons na die mag wat die koloniale magte oor Kommunisme kon uitoefen.
Die tweede groot hindernis teen die verspreiding van wêreldwye Kommunisme was die koloniale magte. Hulle het vrede, orde en beskawing gevestig waar daar voorheen verwoestende oorloë en barbaarheid was. Lenin se plan om hulle te vernietig was die insypeling van opgeleide terroriste in die kolonies om onrus, stakings en opstand te stook. Maar die Bankiers het ’n veel beter plan gehad: laat die twee struikelblokke in die weg van verdere Kommunistiese uitbreiding mekaar beveg en uitroei. Niemand sou ’n subtieler en vindingryker plan kon bedink nie. Hulle doel is om ’n Marxistiese wêrelddiktatuur te vestig waar alles en almal aan die staat behoort, d.w.s. aan hulle, die regerende klas. Hulle verwag geen teenstand van die gekleurde rasse nie want hulle is aan diktatuur gewoond. Hierdie Bankiers vrees egter met reg die Blankes wat hulself van die adel en die geestelikheid bevry het en nie sal rus voor hulle hul finansiële kettings ook afgelê het nie.
VOORVADERGEESTE
Ds A.E. vd Berg
“Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan — wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie” (Deutr.18:10,11).
Toe die Christendom in Afrika gevestig is, het twee geesteswêrelde onmiddellik met mekaar in botsing gekom - die lig van Christus met die duisternis van Satan. Afrika is berug vir sy verknogtheid aan die heidendom en huisves van die agterlikste mense met die rampspoedigste regerings ter wêreld.
Tydens die ANC se eeufeesviering ʼn paar jaar gelede in Bloemfontein, is Suid-Afrika onbeskaamd aan bose geeste (voorvadergeeste) opgedra. Terwyl tromme en dreunsang die lug gevul het, het die president die tradisionele reiniging-seremonie met ’n rituele offer waargeneem. ’n Bul is aan ’n boom vasgemaak en ten aanskoue van jillende feesgangers op barbaarse wyse met ’n spies doodgesteek. Geen beskaafde landsleier sou ’n nasionale geleentheid soos hierdie met so ʼn baarbaarse skouspel geopen het nie!
DEUR SONDE VERBLIND
Hannes Ollewagen
Rigters 16:1-31
“Toe sê sy: Die Filistyne op jou, Simson! En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat die HERE van hom gewyk het nie.Daarop het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek en hom afgebring na Gasa en met koperkettings gebind; en hy moes maal in die gevangenis.” (:20&21).
Daar is die bekende spreekwoord wat lui – “Die liefde is blind”. Die meeste van ons dink sekerlik aan hierdie spreekwoord wanneer ons hierdie bekende gedeelte van Simson & Delíla uit God se Woord lees. Hoe blind is hierdie man nie?! Hy moes mos kon agterkom dat die vrou besig was om hom te ondermyn! Hy moes mos gesien het dat sy hom skade gaan berokken. Ek bedoel – om elke keer aan haar te kenne te gee waardeur jou krag belemmer sou word en dan presies daardeur verstrik te wees, is mos meer as genoeg rede om by jou agterdog te wek. Inteendeel, jy moet basies blind wees om nie te kan agterkom dat hierdie vrou besig is om jou om die bos te lei of te bedrieg nie. Dit is tog vir almal wat hierdie gedeelte lees sommer glashelder.