NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons land het baie donker geword.  Daar is bykans geen terrein wat nie aangetas is nie.   Die kerklike terrein is die hartseerste!    Dis asof die hel se magte oor ons eens sonnige land ontketen is.  Wat ’n behoefte het ons volk nie aan die lig van Jesus as die blink Môrester nie!

GOD AS OPPERGESAG

Johan Hack

(Deut19:14.) “Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die Here jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie”.

Verder lees ons in verse 15-21 oor die lewering van valse getuienis en die straf.

In vandag se tyd moet ons vra: Is dit nie presies wat nou met ons as Afrikanervolk besig is om te gebeur nie, word ons grond nie presies so afgeneem nie? Word daar nie gereeld valse getuienis teen ons ingebring oor hoe ons voorvaders grond “gesteel” het nie?

Ons het die geleentheid wat ons voorvaders geskep het deur hul erfenis en strewe om dit aan ons nageslag te voorsien, verkwis.

(Deut 19:21) “En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe,oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet”.

Direk daarna lees ons in Deut 20 van die oorlogswette:

 

(Vers 2-4: ) “En as julle na die geveg kom, moet die priester naderkom en die volk toespreek, en hy moet aan hulle sê: Hoor Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande: laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.”

Die priester het duidelik verklaar dat dit die Here is wat die oorwinning gee. Daarna het die opsigters besluit wie geskik is vir oorlogvoering soos ons verder lees in Deut.20:5-8 waarna leërowerstes aangestel is.

Ons het hier te make met God, die Priester en die Leier/militêre Leier.

Daar word vroeg in die Bybel gelees hieroor. God beloof bevryding vir sy volk uit Egipte en Hy gebruik Moses en Aäron. God het Josua bevel gegee om Jerigo in te neem, en die priesters het saam om die stad getrek met die ark. Tydens Saul en Dawid se regeringstydperke was daar ook Samuel en Natan, om maar nog voorbeelde te noem.

Tydens die slag van Bloedrivier het Sarel Cilliers die rol van geestelike leier ingeneem en die Gelofte afgelê wat baie klink na wat ons nou in Deut20:2-4 gelees het. Andries Pretorius het die millitêre leiding geneem en God was die Oppergesag.

In 1880 het die Boerevolk weer bymekaar gekom op Paardekraal en die Gelofte aan God hernu. God as Oppergesag, met Ds NJ van Warmelo as geestelike leier en Piet Joubert , Paul Kruger en M.W Pretorius as leiers/militêre leiers.

Tydens die 2de Vryheidsoorlog het God ons geestelike leiers soos Ds Kestell en Ds Kotze gegee met leiers/militêre leiers soos Pres. Steyn, De Wet en De la Rey. (Al het ons die oorlog verloor, het God in sy alwetendheid steeds die Afrikaner se voortbestaan en latere onafhanklikheid bewerkstellig.)

Met die jare wat gevolg het was die aanslag gemik op ons geestelike leiers, kerke en Godvresende leiers soos Dr Verwoerd, en sodoende het die vyand ons waardes en standaarde, waarvan die kerk die voorbeeld en leiding was afgebreek deur valse leerstellings gegrond op humanisme, te laat insypel in ons kerke.

Vandag verkeer ons as volk in ‘n baie groot krisis:

Waar is ons geestelike leiers? Vind ons dié dalk in manne soos Ds van den Berg en Hannes Ollewagen wat ons gereeld leiding gee in God se woord hier op Gelofteland?                                                                                                          

Waar is ons leiers/militêre leiers? Die man wat soos Gideon aangewys is deur God?

Waar is God?

Laat die skille van julle oë afval,  Afrikanervolk!

God is hier reg voor ons oë en Hy vra dat ons in opregtheid na Hom moet terugkeer, Hom weer as ons Oppergesag eer. Die Here ons God, die een onveranderlike faktor en Wese deur al die eeue heen is steeds hier!

Laat ons herrinner word aan wat ons Afrikaner-voorvaders van ons verwag het, soos gesing in strofe 4 van ons ware Volkslied.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag o Here! Om te handhaaf en te hou
Dat die erwe van ons vaadre vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer!

En Hy doen dit vandag nog!!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1743 gaste aanlyn