Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die eenvoud van die Bybelse evangelie is op elke mens van toepassing: Wie glo sal gered word en hemel toe gaan. Wie nie glo nie, sal veroordeel word en hel toe gaan! Dis werklik presies so eenvoudig.
AMERIKA EN RUSLAND IN ONRUSLAND
Die geskiedenis tussen die VSA en Rusland spreek van vyandskap en negatiewe aksie. Daarom is die nuwe verwikkelinge wat tot groot dinge kan lei en die hele wêreld kan verander, geen verrassing nie.
Beide Amerika en Rusland betree nou ‘n fase waar hulle nuwe strategiese kernwapens ontwikkel om die ouer stelsels te vervang. Hierdie wapens gaan triljoene dollars kos om te ontwikkel en te vervaardig en sal nog ‘n paar jaar neem om tot die punt te kom waar dit in gebruik geneem sal kan word. Na verwagting sal die voorgenome vyf jaar verlengtyd van New START beide die lande genoeg tyd gee om die behoefte aan ‘n meer gemoderniseerde kernstelsel te verantwoord.
New START (Strategic Arms Reduction Treaty) is ‘n ooreenkoms tussen die VSA en die Russiese Federasie met die formele naam Measures for the Further Reduction and Limitation of Strategic Offensive Arms wat op 8 April 2010 in Praag onderteken is. Die verwagting was dat die ooreenkoms tot minstens Februarie 2021 van krag sou wees. Of dit wel die geval sal wees sal die tyd ons moet leer.
AANGENAME KENNIS...
Johan Hack
‘n Ferm handdruk met skouers gelig, oogkontak en ordentlike bekendstelling soos “Goeiedag, ek is Karel, aangename kennis”, skep ‘n goeie eerste indruk van ‘n persoon.
Wanneer ‘n groep mense bymekaar kom, hoe stel jy jouself voor? Wat ‘lees’ mense in jou bekendstelling?
Hulle gaan na ‘n rukkie se gesprekvoering agterkom watter waardes en norme vir jou belangrik is. Maak jy ‘n positiewe indruk of verval jy in ‘n gesprek met kru taal en grappies oor God?
“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;” Ps 1:1
“Moenie dwaal nie; Slegte gesprekke bederf goeie sedes.” 1 Kor. 15:33
Dit is so belangrik vir ons om in vandag se tyd met eensdenkende mense in aanraking te kom, mense met ‘n sterk gevoel van hul nasionaliteit, geloof, taal, kultuur en geskiedenis. Dit skep weer die gevoel van eenheid, broederskap, toekomshoop en trots (nie hoogmoedigheid nie).
COVID-19-FIASKO MISDRYF TEEN MENSDOM
Daarom is dit weer tyd vir ‘n Nuremberg-verhoor!
Die Covid-19-fiasko is 'n misdryf teen die mensdom en daarom 'n internasionale misdryf. Daar sal dringend begin moet word om die outeurs hiervan tot orde te roep want die skade is reeds katastrofaal en word elke dag groter. Daar behoort nou reeds begin te word om 'n gestelde saak voor te berei ingevolge waarvan almal wat hieraan meegedoen het voor die Internasionale Strafhof gedaag behoort te word.
Waarom hierdie stelling? Want die hele sage is beplan, dis nie toevallig nie.
Bill Gates, die WGO, die Wêreld Ekonomiese Forum, Sjina en ander rolspelers sal ondersoek moet word vir die paniek (deur propaganda) wat veroorsaak is gegrond op vals data en die verklaar van 'n voortydige pandemie. Daarby ander rolspelers wat meegewerk het om mense se lewens te verwoes deur hulle die reg op werk te ontsê, een van die mees basiese regte wat mens het, en wat aan jou, jou gesin en jou kinders lewensmiddele daar moet stel om te kan oorleef in hierdie wêreld. En dis maar net een reg wat ontneem is onder omstandighede wat met krygswet vergelyk kan word.
Die skade is feitlik onberekenbaar en dit vergroot daagliks. Kinders se lewens en toekomsverwagtinge is geskaad, mense ly honger, baie sterf, en baie meer vir redes wat met die virus niks te make het nie, wel met die belaglike stappe wat as gevolg daarvan geneem is.
VERSLAWING DEUR 'N VIRUS!
1984… EN 2020
“The old world is dying, and the new world struggles to be born. Now is the time of monsters.” - Antonio Gramsci
Aan die einde van George Orwell se boek, 1984, het slawerny vryheid geword, twee plus twee was gelyk aan vyf en Winston Smith is lief vir Big Brother. In ons eie land is ons nou self in ‘n toestand van slawerny, maar as mens so om jou kyk lyk dit of hierdie toestand baie meer geniet word as werklike volksvryheid in ‘n eie land. Die sommetjies tel ook nie meer op nie, maar wie gee om, en o ja, ons is darem so lief vir Cyril en Kolisi en elke volksvreemde “held” wat aan ons gegee word. Alles gratis.
Feit is ons breine is “gespoel”, ons geheues is uitgewis en ons omhels enige narratief wat aan ons opgedis word. Dat dit verslawing is kom nie eers by ons op nie, ons sal dit hewiglik ontken. Verslawing wat stelselmatig afgedwing word in ‘n sielkundige oorlog het presies dieselfde resultaat as verslawing deur ‘n oorlog met wapens en is boonop gevaarliker juis omdat dit na bevryding lyk. Nou het ons verslawing deur ‘n virus. Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar!
BID VIR DIE GEESTELIKE DOOIES IN ONS VOLK
“Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” Miga 6:8
Die Bybel maak dikwels melding van mense wat ʼn besondere verhouding met God gehad het omdat hulle baie na aan Hom geleef het. Hulle verhouding met die Here word as ʼn wandel met God beskryf. Wat was hulle geheim? Hoe kon hulle so naby aan God leef? Enersyds omdat die Heilige Gees kragtig in hulle gewerk het om God op ʼn baie besondere wyse te volg. Andersyds was dit ʼn wilsbesluit. Elkeen van hulle het bewustelik gekies om God so te volg.
God het ʼn behae in almal wat met Hom wandel. Daarom het Hy deur die eeue mense geroep om op ʼn baie besondere manier met Hom te wandel, veral in moeilike tye soos dié van Miga. Miga tree in ʼn tyd op toe Israel geestelik so veragter het, dat sy kwalik as die uitverkore volk geëien kon word en min van die heidendom verskil! Hosea, ʼn tydgenoot van Miga, skryf van misdaad in Israel wat die hoogte ingeskiet het - bedrog, inbrake en rowers wat mense aanval. Dit klink baie modern!
‘n LEWE SAAM MET CHRISTUS
Hannes Ollewagen
1 Thes. 5:1-11
“Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.”
Wat ‘n wonderlike voorreg – ‘n lewe saam met Christus. Ek wonder egter hoeveel mense waarlik in hierdie gawe van God deel . Daar is baie wat weet van, en dalk ook hoop, op ‘n ewige lewe saam met Christus in die hemele. En dit is inderdaad ‘n toekoms waarna gelowiges kan uitsien – ‘n ewige lewe in die heerlikheid van God na ‘n beproewende lewensreis hier op aarde. Dit is egter verkeerd om net daarna uit te sien om eers eendag, nadat ek hier op aarde gesterf het, saam met Christus te leef. Gelowiges in Christus Jesus het die voorreg om alreeds hier op aarde hul lewe in Christus, saam met Hom, te leef. Hy het aan ons immers sy teenwoordigheid tot en met sy wederkoms beloof.
OORLOG KAN TRUMP RED
Soos ons weet is die VSA en Iran al jare lank met ‘n skadu-oorlog besig. Die grootste rede hiervoor is die poging van beide die lande om die sterkste beheer en invloed op die Irakese regering uit te oefen. Amerika is veral onsteld oor die rol wat Iranese militante ondersteuners soos Khaitab Hezbollah speel. Laasgenoemde is verantwoordelik vir ‘n reeks aanvalle op die VSA-basisse in Irak waartydens verskeie Amerikaners gedood en talle gewond is. Dit het Trump natuurlik aangespoor om nog groter militêre operasies op die been te bring om Khaitab Hezbollah te probeer vernietig. Dit sluit moontlik ook aanvalle op Iran in wat kan lei tot die omvergooi van die Iranese regering.
Intussen het die inperking as gevolg van Covid-19 Amerika sleg getref wat die olieprys betref.
DIE VERNIETIGING VAN JERUSALEM
"Vir sover dit die Afrikanervolk betref, het meeste reeds afgedwaal; is daar dalk aan sommige geen keer meer nie. Hulle is op hulle eie missie. Vir die res van ons in hierdie heidenland is trek dalk nou onmoontlik, maar daar mag dalk ‘n dag aanbreek dat trek nie net noodsaaklik sal wees nie, maar die enigste opsie soos dit was vir die gelowiges van Jerusalem. "
“... en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.” (Lukas 21:24)
Die profesie oor die vernietiging van Jerusalem word in die Bybel in besonderhede beskryf. Ons lees daarvan in talle OuTestamentiese boeke (dus deur God voorspel), en dan in besonderhede in drie van die Evangelies (deur Jesus voorspel). Dit is ‘n gebeurtenis wat die Christen aangryp, veral as die gebeure, soos deur die Joodse geskiedskrywer (Flavius) Josefus in detail in “War of the Jews” opgeteken, gelees word. Dis eers by die lees van presies wat in 70 n.C. gebeur het dat mens opnuut besef Jesus het, soos elke keer as Hy gepraat het, geen rede vir twyfel gelaat nie. Hy het bedoel wat Hy gesê het. Dit was ‘n inderdaad ‘n algehele verwoesting.
GENOEG IS GENOEG!
Te midde van klagtes oor die brutaliteit van sommige van die 2,820 reeds ontplooide SA Weermaglede teenoor lede van die publiek, het Cyril Ramaphosa nou opdrag gegee dat daar ‘n bykomende 73,180 Weermaglede ontplooi moet word. Dit sluit in die Staande mag, Bystandsmag en die Reserwe mag. ‘n Reserwe mag bestaan uit gewone burgers wat hulself in tyd van oorlog beskikbaar stel om saam met die Weermaglede te veg en word in Wikipedia soos volg beskryf:
A military reserve force is a military organization composed of citizen-soldiers of a country who combine a military role or career with a civilian career. ... The existence of reserve forces allows a nation to reduce its peacetime military expenditures while maintaining a force prepared for war.
Die Weermag is reeds besig om veldhospitale en mobiele lykshuise gereed te maak onder die skyn van bystandhulp met Covid-19 se gevolge. Die werklike rede kan egter niks anders wees as dat daar ‘n groot vrees by die regering bestaan dat mense in massas teen die geforseerde grendelregulasies in opstand gaan kom nie. Dat hierdie magte gereed maak om tot minstens 26 Junie ontplooi te bly spreek boekdele van die regering se planne. Indien daar nog beskikbare Weermaglede sou wees, wat daar nie is nie, sou Ramaphosa hulle sekerlik ook laat ontplooi het.
DIE DOOD
Kom ons praat oor die dood
Ds.A.E van den Berg
Inleiding
Die lewe is nie ʼn besitting nie, maar ʼn lening. Ons is huurders en God die eienaar. Hy kan die huur enige tyd opskort waarna ons die lewe moet teruggee. Hierdie teruggee is die dood. Daar is niks so seker as dat ons dit eendag sal moet teruggee nie en gevolglik huiswaarts reis.
“...en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het” (Pred.12:7)
Daarom gaan daar vir elkeen ’n nuwe jaar aanbreek waarvan hy die Oujaar nie sal sien nie. Niemand gaan ʼn ooreenkoms met die dood aan nie. Dit het ʼn duisend deure wat die lewe uitlaat en sny selfs koppe af wat krone dra. Die Arabiere sê dat die dood soos ʼn swart kameel is wat op een of ander tyd by elkeen se tent inloop.
Die Bybel sê dat die dood die kleedkamer is waar ons vir die ewigheid aantrek:
DIE KEISER IS KAAL!
“Plaaslik word hier ook groot voorbereidings daarvoor getref. Die Rothschild-stigting het pas een van sy lede, Martin Kingston, as nuwe uitvoerende voorsitter van die raad aangestel. Kingston het aan die media gesê die Business for SA Initiative bestaan uit sewe werksgroepe wat nou saam net die ANC-regime werk betreffende ekonomiese sake en dat die land geen ander keuse sal hê as om ‘n “aggressiewe ekonomiese herstrukturering” na afloop van die virus-sage te ondergaan nie. Dit gaan onder andere meebring dat privaatbesit grootliks afgeskaf gaan word. “
"Die Geldmag hou egter nie rekening met die Afrika-kultuur van roof, moor en vernietig nie. Nog minder met die bandeloosheid en onbetroubaarheid. Soos die ANC pas uitgevang is dat hulle die kospakkies wat vir die mees behoeftiges bedoel was, gesteel en selfs verkoop het, so sal hulle ook nie in staat wees om gehoorsaam aan groter magte oor hulle te wees nie. Hulle sal voortgaan om van die minder bevoorregte lede van hul eie volke te steel en een of ander tyd sal daardie situasie soos ‘n sweer oopbars."
Lees hierdie kort voorafgaande verhaaltjie sodat u beter kan begryp in watter noodtoestand ons volk en land verkeer.
DIE KEISER SE NUWE KLERE
Baie jare gelede was daar ‘n keiser wat so lief was vir nuwe klere dat hy amper al sy geld net aan klere en tooisels bestee het. Hy het elke uur van die dag ander klere aangetrek. So erg was dit dat sy mense hom die bynaam “Keiser van die Klerekas” gegee het.
BITTEREINDER, BLY STAANDE DEUR JOU GELOOF!
"Dis met Covid-19 weer duidelik hoe die hensoppers met vrees in ‘n rigting gemanipuleer word net soos hulle met vrees tot totale oorgawe in 1992 gemanipuleer was sonder dat ‘n skoot geklap het. Die hensopper is nie heeltemal tevrede met hoe dinge is nie, maar hy maak darem ‘n bestaan en sy kinders kan darem skoolgaan... Het van die hensoppers nou al agter gekom wat hulle met hul kinders se toekoms gemaak het? Watse onbybelse, humanistiese en kommunistiese drek hulle kinders en kleinkinders nou by die skool geleer word? Jou kind word beslis nie van die Here geleer en dat jy op Hom alleen moet vertrou nie! Besef die henssoppers nou darem watter wolwe in skaapklere hulle kom verskeur het? Weet hulle dat dit net kon gebeur omdat hulle nie die Goeie Herder se stem ken nie?"
Sir Arthur Conan Doyle, skrywer van Sherlock Holmes het onder andere oor die Boer die volgende geskryf:
STOP HIERDIE WAANSIN!
Liewe lesers, lees asb hierdie en ander artikels oor hierdie onderwerp en stuur die boodskap per WA of SMS aan al u kontakte sodat hierdie waansin kan ophou voordat ons hele land onherstelbaar ineen stort. Die sukses daarin sal afhang van wydverspreide inligting.
In 1989 het die Berlynse Muur geval. Dit was die begin van die einde van Kommunisme. En in die herfs, op 17 November 1989 op Studentedag in Tjeggoslowakye het miljoene mense op die Wenceslas en Letnapleine in Praag byeengekom. Vreedsaam. Maar die boodskap was duidelik. Hulle het ook genoeg gehad. In wat later as die Velvet Revolution (weens die vreedsame wyse waarop daardie revolusie voltrek is), bekend sou staan, is Kommunisme ook daar tot ‘n val gebring. Die wêreld het dramaties verander in daardie jaar – 1989.
Nou, te midde van die grootste krisis dalk ooit in die wêreld, doen die geleentheid hom voor vir die mensdom om weer op te staan teen dit wat in Kommunisme se plek gekom het, naamlik globalisme. Globalisme wat net ‘n nuwer vorm van verslawing is en nou sy finale hou wil slaan en absolute onderdanigheid van elke staat wil afdwing.
ONBESKAAMDE AFGODERY
ʼn Roomse dwaling
Ds. A.E van den Berg
“Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God ...” (Ex.20:3-5)
Inleiding
Satan probeer van meet af aan om die kerk te vernietig en sal daarmee volhard totdat hy tydens die laaste oordeel in die hel gewerp word:
“En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is...” (Openb.20:10).
Toe geloofsvervolging teen die vroeë Christenkerk nie slaag nie, het Satan met dwaalleer in die kerk opgeduik en dit met ʼn skyngodsdiens vol heiden-elemente besmet – die Roomse Kerk (RK). Hierdie kerk is ʼn reuse sisteem van gekunstelde afgodery en voer sondaars verby die reddende genade in Christus.
WEES BLY IN DIE HERE!
Hannes Ollewagen
Ps. 104:1-35
“Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is. Mag my oordenking Hom welgevallig wees, ék sal bly wees in die HERE!” (:33&34).
Luister na die pragtige woorde van die psalmdigter – “ék sal bly wees in die HERE!”. Geliefdes, ons behoort ook vandag stil te raak en onsself te ondersoek of die blydskap in die Here nog in ons lewens teenwoordig is. Die wêreld waarin ons leef raak toenemend oppervlakkig en van God vervreem. Die mens soek sy blydskap in aardse en verganklike dinge. Die mens soek sy blydskap in sy rykdom. ‘n Ander dink dat hy blydskap in sukses en prestasie of die roem van mense sal vind. Die volgende dink dalk dat sy haar blydskap in ‘n gelukkige liefdesverhouding sal vind. En talle is gedurig op soek na blydskap in die oppervlakkige en verspotte vermaak van ons tyd wat in oormaat beskikbaar is. Ons moet oppas dat ons nie die koninkryk van God misloop in ‘n soeke na hierdie dinge nie!
“Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.” (Rom. 14:17).
ONS ALMAL IN DIESELFDE BOOTJIE?
Wee o wee...
Ons hoor heeldag, te midde van die Covid-19 fiasko, “ons is almal in dieselfde bootjie, ons moet nou net saamstaan”. Dit gee blykbaar vir mense bietjie gerusstelling te midde van die afgrond waaroor hulle stort – dit laat die landing selfs aantreklik lyk! So asof ons op “dag-watsenaam” as die grendeltyd uiteindelik gelig word in ‘n Utopie gaan wees. Dalk, wie weet in Alice se Wonderland.
Die waarheid is egter ver daarvandaan. Terwyl daar baie meriete in ‘n saak is waar mens gesamentlik stry vir ‘n gemeenskaplike doel, is hier van ‘n gemeenskaplike oogmerk geen sprake nie en behoort die stryd op ‘n gans ander doelstelling gerig te wees.
Ons hoop moet veel eerder gerig wees op ons oorlewing as Godvresende volk. En op realiteit, nie op die leuens wat die Covid-19 kenmerk nie. Dit is wel verblydend om te sien dat van die leuens ontmasker word. Vir die breindood Afrikaners wat die Kerkstraatbom-brigade vertrou om hulle uit te red in hierdie droewige tyd lê daar hierdie keer die ontnugtering van hulle lewe voor. Die skape gaan behoorlik van die bokke geskei word.
WEES NIE BEVREES OF VERSKRIK NIE
Hierdie ekonomiese oorlog wat tans deur die Illuminati (die wêreldgeldmag) teen ons land en die hele wêreld gevoer word kan alles verander indien hulle slaag. Ons wat reeds so naby aan ‘n ekonomiese ineenstorting was sal slegs met God se genade weer ‘n bestaan kan maak wanneer hierdie aanslag afgeweer is. Ons is soos meeste ander lande in ‘n grendeltydperk, daar word kwarantyn toegepas, talle besighede wat forseer word om gesluit te bly sal nie die ekonomiese aanslag oorleef nie, die landsburgers is onder polisie en militêre bewaking met talle gevalle van aanranding en selfs persone wat gedood is deur die “bewakers”. Intussen staar ons grootskaalse plundering en anargie in die gesig want daar is al geruime tyd miljoene hongeres sonder salarisse en lone daar buite; daarby word die “normale” aanslag teen die blanke ook nog voortgesit.
DIE NUWE WÊRELDORDE IS HIER
"Die Nuwe Wêreldorde is hier. Die vraag is wat ons gaan doen om daaruit te kom? Want binne daardie orde met sy kontantlose samelewing, ‘n entstof met ‘n 'bio-chip' om jou dop te hou, beperkte voorregte in plaas van Godgegewe regte, ‘n welsynsloon (fooitjie) en ‘n woning en foon wat deurentyd gemonitor word, wil ons beslis nie bly nie. Laat die wat saamstem dan eerder begin werkaan ‘n teen-offensief eerder as om alles gelate te aanvaar".
Terwyl ons almal in 2020 klaarblyklik “kenners” geword het oor ‘n virus wat mikroskopies klein is,
“The size of the COVID-19 virus is 70 to 90 billionth of a meter, or bio-chip- nm (one nm = 0.000000001 m). Scary. You don’t see it, but people could transmit it – invisibly too.”
https://www.globalresearch.ca/corona-aftermath/5708875
en waaroor hooggeleerde medici nie eers saam stem nie,
https://off-guardian.org/2020/03/24/12-experts-questioning-the-coronavirus-panic/
kyk baie van ons die groter prentjie mis. Cui bono?, moet die vraag wees!
Wie in God glo, weet dat niks op aarde toevallig gebeur nie. Alles wat gebeur, ook die slegte, is gewil. In die geval van die Korona-virus (of dan Covid-19), is dit deur Satan gewil. Satan is owerste van hierdie wêreld (Joh 14:30). God laat hom wel toe om ons aan te val, in hierdie geval deur ‘n virus te gebruik vir sy eie bose planne.Hy sal uiteindelik gestuit word, maar dit sal egter vir ons baie laat in die dag wees, daarvan kan ons reeds op hierdie vroeë stadium seker wees.
BOSE GEESTE AGTER DIE SKERM
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).
Ons kyk teen die wêreld rondom ons vas. Dis al wat ons met die oog sien. Die Bybel sê dat daar nog ʼn wêreld is. Dis onsigbaar maar ʼn werklikheid. En vandaar voer die Satan met ʼn leër van bose geeste ʼn geestelike oorlog teen Jesus en die gelowiges. Die uitslag daarvan is egter reeds bekend – Jesus en die gelowiges sal oorwin.
Omdat Satan weet dat hy gaan verloor en saam met sy onheilige leër in die hel gewerp gaan word, probeer hy om soveel as moontlik mense saam met hom hel toe te neem. Vandaar die onsigbare oorlogvoering waarby gelowiges lewenslank betrokke is. God gee egter aan hulle die nodige wapenrusting om enduit suksesvol te veg (Efes.6:10-18).
ANDER STERFTESYFERS...
...LAAT COVID-19 NA 'N KINDERPARTYTJIE LYK
Waarom gaan die wêreld so te kere oor Covid-19 terwyl daar talle ander en duisendmaal meer dodelike oorsake is?
Kom ons kyk na die sterftesyfers van ‘n paar verskillende oorsake vanaf 1 Januarie tot 30 Maart 2020.
COVID-19 35 016
Selfmoord 262 441
Malaria 240 056
Padongelukke 330 367
VIGS 411 415
Kanker 2 009 990
Seisoengebonde griep 118 980
Sigaretrook 1 223 439
Alkohol 612 105
Moeders tydens geboortes 75 645
Oordraagbare siektes 3 177 081
Aborsies 10 402 251
Begryp u nou dat daar ‘n agenda agter die verskyning van en bohaai oor COVID-19 is, een wat wêreldwyd uitgevoer moet word om beheer oor ieder en elk uit te oefen waarvan COVID-19 sover 'n uitstekende oefenlopie was en steeds is? Met hierdie virus het die Wêreld Geldmag bepaal hoeveel mag hy werklik reeds oor verskillende state het sodat sy finale oorname tot 'n Een Wêreldregering foutloos kan verloop.
Maar, Suid-Afrika is nie soos ander lande nie. Die verskeidenheid van volke hier bring telkens verrassings en sal ons hierdie keer ook nie teleur stel nie. God sal hierdie situasie gebruik om ons land weer te reinig van al die onheil en afgode, op sy eie tyd. Wees net geduldig.