Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons dan verleë staan met dié gebed: 'vergeef ons soos ons vergeef', hou dan met blydskap vas aan die vredevolle versekering: "Ek, Ek is dít wat jou oortredinge uitdelg, om my ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie" – Jes 43:25. God vergeef en vergeet...
OM SY NAAM TE VERHEERLIK
Hannes Ollewagen
2 Sam. 12:1-31
“Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.” (:14).
Die profeet Natan stel dit duidelik aan Dawid dat God sy berou oor sy misdaad raakgesien het. En hy stel dit ook aan Dawid dat God hom sy oortreding vergewe het. Desnieteenstaande stel God dit pertinent dat Hy vir Dawid ‘n swaar straf gaan oplê. God sou hierdie kind van Dawid met die dood tref a.g.v. die oneer wat hy God se heilige Naam aangedoen het. Natan stel dit ook pertinent aan Dawid dat die kind sou sterf omdat die vyande van die Here deur Dawid se optrede aanleiding gegee is om teen God te laster. Hierdie reaksie van God se kant stel dit vir ons duidelik hoe belangrik die heiligheid en eer van God se Naam vir Hom is. Dit word immers ook vir ons ewe duidelik in God se wet gestel.
EK KEN JULLE NIE
Die afgelope maande het ons deeglik kennis gemaak met leuens en die wêreldwye verspreiding daarvan. Die Wêreldgeldmag het met die satan, vader van die leuen, daarin geslaag om met nogal deursigtige leuens oor die korona-virus die hele wêreldbevolking op hol te jaag. En hulle is nog nie klaar daarmee nie want die suksesse sover sal hulle noop om dit baie verder te vat. Hulle sataniese smagting na mag en geld kan net nie ophou nie en dit sal maak dat hulle ook eendag die woorde sal hoor: “Voorwaar Ek sê vir julle, Ek ken julle nie”.
Maar dit is nie nodig om so deur die leuen mislei te word nie. Daar is een vaste bron waarop ons kan staatmaak om ons oë vir die waarheid oop te maak. Om die waarheid van die leuen te onderskei, is ʼn deeglike kennis van die bron van die waarheid (Bybel)nodig.
HUAWEI 5G-TEGNOLOGIE ONTBLOOT
Die VSA beskuldig Sjina dat hulle sy tegnologie steel. Indië voel ook so. Sjina se grootste uitvoerproduk is sy Huawei 5G-tegnologie. Sjina word beskuldig dat sy tegnologie aangewend word om op ander lande te spioeneer. Intussen het Engeland besluit om nie voort te gaan met Sjina se 5G-tegnologie nie. Australië, Kanada, die VSA en lande in die EU het ook so besluit. Dit is ’n geweldige terugslag vir Sjina en kan die einde van Huawei beteken. Engeland se Konserwatiewe Party het intussen besluit om Sjinese produkte te boikot.
Hoera en geluk aan al die lande wat teen die gebruik van 5G besluit het. Dit mag wees dat hulle dit vir ander redes besluit het maar hulle sal nooit spyt wees wanneer hulle sien hoe siek die mense van lande wat dit wel sal gebruik, gaan word nie. In 2015 het 230 wetenskaplikes met navorsing mbt biologiese en gesondheidsfaktore van bestraling deur elektromagnetiese velde begin. Twee jaar later het 180 dokters en wetenskaplikes ‘n petisie begin om wetgewing ingestel te kry vir die verbod op installering van 5G weens die gevare wat dit vir mens en dier inhou. Dit wil voorkom of hierdie navorsing begin vrugte afwerp en inslag vind by sommige owerhede.
ONS BROOD EN SIRKUSSE
Panem et circenses
‘n Romeinse skrywer en digter, satirikus Juvenalis, het in die tyd van Nero met veragting gepraat oor hoe maklik ‘n volk hulle deur hulle regering, die Romeinse Ryk, laat mislei het. Sy gewaarwording was dat die volk net twee basiese dinge nodig het om tevrede te wees: genoeg om te eet, en om vermaak te word, dit, terwyl die kostes daarvan deur die mense se belastings betaal word, dus hulle eie geld! Die oomblik as die verarmde volk in opstand was is hulle onmiddellik suksesvol gepaai met nog “gratis” kos en veral vermaak. Hierdie behandeling het gemaak dat die bevolking ‘n totaal morele laagtepunt bereik het waar hulle vir niks anders omgegee het as vir kos en vermaak nie. Hulle was ongeletterd, en geestelik en letterlik onopgevoed. Hulle het later nie eers besef dat hulle geen vryheid het nie en ook nie omgegee dat hulle slawe van ‘n stelsel van geld en magsug was nie, solank hulle kon eet en vermaak word.
Kom ons kyk hoe dit vandag afspeel: jy het pas die laaste heerlike happie van jou wegneemete afgesmul en daarin verstik oor jy uit jou maag lag vir die komedie op TV. En net toe jy ophou hoes en verder wil kyk, kry jy ‘n WhatsApp-boodskap van ‘n vriend. Jy kyk vlugtig na die inhoud en sien hoe hy gal braak oor die korrupte regering wat niks van hulle beloftes nakom nie en alweer ‘n ton geld verduister het, jou belastinggeld. Maar in plaas van jou vriend te antwoord, sit jy jou foon se klank af en kyk verder na die komiese gebeure op TV want dis te moeilik om op ‘n vol maag en met jou aandag by jou vermaaklikheid kwaad te raak oor die onreg teen jou en jou volk.
DIE GROOTSTE DEPRESSIE
Daar word die afgelope tyd dikwels gepraat oor ‘n depressietydperk wat vir Suid-Afrika en waarskynlik vir die hele wêreld voorlê. Min van ons wat vandag leef het al ‘n ernstige depressie beleef en weet werklik nie wat vir ons wag nie. Daarom is dit goed indien ons die oorsake, verloop en gevolge van ‘n moontlik baie groot depressie van nader bekyk.
Maar eers moet ons begryp wat die BBP van ‘n land beteken. ‘n Land se Bruto Binnelandse Produk (BBP), is die meganisme waarmee die sterkte of grootte van die ekonomie gemeet word en word gedefinieer as die algehele markwaarde van al die finale produkte en dienste wat in ‘n land in ‘n sekere tydperk geproduseer word. Gewoonlik word dit per jaar met syfers en dan in persentasie bereken.
Wanneer die ekonomie in voorspoed uitbrei, is dit ‘n positiewe persentasiegroei; wanneer die ekonomie versleg, word dit in negatiewe persentasiegroei bereken en met erge agteruitgang word dit ‘n resessie genoem. Wanneer die agteruitgang buitensporig in ‘n negatiewe persentasiegroei rondom -10% is, word dit ‘n depressie genoem.
Vir die jaar 2019 was Suid-Afrika se BBP in geldterme op R5 968.58 biljoen bereken. Hierdie syfer is deur die Wêreldbank en per handelsekonomie bereken. Dit is maar 0.29% van die hele wêreld-ekonomie.
WANDEL WAARDIG VOOR GOD
Hannes Ollewagen
1 Thes. 2:1-16
“Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo, hoe ons, soos julle weet, net soos ‘n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.” (:10-12).
Geliefdes, roep vanoggend saam met my u lewenswandel van die afgelope week in u gedagtes op. Dink ‘n bietjie aan dit waarmee u besig was van die begin van hierdie week tot vanoggend. En dink spesifiek hoe u met hierdie dinge besig was. Hoe waardig het u in die afgelope week met God gewandel? As dit u laaste week op aarde was en u binne die volgende uur voor die Regterstoel van Christus moes verskyn – sou u lewe dieselfde gelyk het of sou u baie dinge baie anders gedoen het?
WÊRELDREUS TOT ASHOOPROMMEL
Ons sien vandag ons eens Eerste Wêreldland as ‘n vuil, vernielde stuk ashooprommel, nie net op ‘n gewone rommelhoop nie maar met dubbele rommelstatus. Wie sou ooit kon dink dat ons hier sou land na die uitmuntende prestasies wat Suid-Afrika onder ‘n bekwame regering in die verlede behaal het? Ons raak so gewoond aan al die vervallenheid rondom ons dat dit aan breinspoeling grens. Met hierdie kort artikel word gepoog om die omvang van die afbreek van ‘n wêreldleierland na ‘n stuk ashooprommel te begryp in die hoop dat dit sommige se oë sal oopsluit.
Onder ‘n bekwame blanke regering produseer Suid-Afrika ‘n skrale vyf jaar voor oorgawe aan ‘n korrupte swart regering meer elektriese energie as Italië, net soveel ru-staal as Frankryk, meer koring as Kanada, meer wol as die VSA, meer wyn as Griekeland en meer vis as Groot-Brittanje.
Die RSA huisves toe binne sy grense net 6% van die totale bevolking van Afrika en beslaan net 4% van Afrika se hele oppervlakte en tog lewer dit meer as 50% van die gesamentlike elektriese krag, besit 74% van alle ge-elektrifiseerde spoorlyne, produseer meer as 24% van die gesamentlike bruto-nasionale produk en besit 25% van die hele Afrika se telefone.
LAAT ONS TREK!
Dit was Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels" met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die verskansing, die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie. Wanneer die reg van 'n volk se voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie.
Ons volk het volkome kulturele selfmoord gepleeg wat uiteindelik gelei het tot politieke selfmoord, en as ons nie hiervan wegstap nie, sal lei na volkome volksmoord waarna ons vinnig oppad is soos ons hierdie week weer gesien het hoe ons mense deur barbare aangerand en vermoor word.
LEED IN ONS MUSIEKWÊRELD
Die Kaapstad se Filharmoniese Orkes
Daar word heeltemal te min geskryf oor die skade wat die inperking aan ons land doen. Die media noem wel dat daar miljoene mense hulle werk verloor het maar geen fyn besonderhede daarvan word aan die publiek gegee nie. Intussen is dit hartverskeurend hoe mense op ons straathoeke vir ‘n aalmoes versamel. En moenie dink dit is net gewoonteboemelaars wat daar staan nie – ‘n baie groot aantal wat nou daagliks daar vermeerder, is mense wat vóór die inperking nog selfversorgend was en nou deur die ANC-regime se kortsigtigheid geen keuse het as om te bedel nie.
Om te demonstreer hoe maklik dit is om tot bedelstand verlaag te word kan ons luister na wat Bernhard Gueller, hoofdirigent van Kaapstad se Filharmoniese Orkes, oor die orkes se huidige situasie vertel. Hy glo dat die hou van simfonie-konserte met fisiese afstand as gevolg van die inperkmaatreëls nie standhoudend van aard is nie.
...WEENS GEBREK AAN KENNIS
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. So staan dit geskryf in Hoséa 4:6 en sê die Here dit aan sy volk Israel. Of daar ‘n verskil is tussen die Israel van destyds en die Afrikanervolk van vandag is, is debatteerbaar. Talle volksgenote het soos Israel die pad byster geraak en “Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak” soos vers 2 dit verwoord. Dalk is ons volk nie aan al die bogenoemde dinge skuldig nie maar daar bestaan ‘n duidelike gebrek aan kennis; dit besef mens gou wanneer jy met mense gesels.
Dit is ook nou nie ‘n uitsondering wanneer jy oor die veelbesproke virus-sage praat nie. Mense hoor wat die regering en die hoofstroommedia sê, glo die meeste daarvan en is nie nuuskierig genoeg om dieper te delf vir die waarheid nie. Soms is die waarheid te erg om te glo en wíl hulle dit liewer nie weet nie. Dit is moontlik waarom die meeste Afrikaners nie besef wat en wie agter hierdie virus-sage sit nie want dit is te omvattend en skokkend. En nou sit hulle en wag dat die ding homself uitwoed en wonder hoe lank dit gaan neem om heeltemal te verdwyn.
VRA ONS NA DIE HERE SE RAAD?
Hannes Ollewagen
Jos. 9:1-27
“En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle ’n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met ’n eed beloof. Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon. Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Béërot en Kirjat-Jeárim. Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.” (:15-18).
Die gebeurtenis wat voor ons oë in die gelese gedeelte afspeel, lyk vir ons geweldig onregverdig. Hier kom ‘n afvaardiging vreemdelinge na Josua en lê hulle saak voor hom neer. Josua en die owerstes neem op grond van die inligting tot hulle beskikking ‘n besluit – ‘n besluit wat groot ongelukkigheid onder die hele vergadering van Israel sou veroorsaak. Ek en u sou maklik kon sê dat Josua en die owerstes eers die Here moes raadpleeg alvorens hulle die besluit geneem het, nie waar nie?
WAT DOEN ONS?
Wat doen ons om dit wat vir ons kosbaar is te beskerm en te behou? Booswigte wat van die ordelike reëls van ‘n beskaafde gemeenskap ontslae geraak het, vermoor of vermink ons volksgenote daagliks. Wat doen ons daaraan? Byna niks nie! 'n Paar jaar gelede het swart rowers 'n onskuldige burger van Joodse afkoms koelbloedig in Johannesburg doodgeskiet. ‘n Familielid het gesorg dat dit groot opslae in die buitelandse pers gemaak het!
Ons volk sal hom baie vinnig uit sy selfopgelegde gevangeneskap moet bevry. Geen prys sal te hoog durf wees nie. Daarna sal ons 'n effektiewe taakmag op die been moet bring sodat ons, soos Israel, die sinnelose moorde op ons burgers kan wreek. Daar is vir ons geen ander alternatief nie – slaan baie seerder terug!
Ons volksgeskiedenis maak telkens melding van strafekspedisies wat kwaaddoeners gaan uitwis het. Sulke optredes het rowers tweemaal laat dink alvorens hulle rooftogte uitgevoer het.
DIE MEDIESE MAFIA
Die meeste van ons weet lankal dat die “gevreesde” Covid-sage nie is wat die Mediese Mafia voorgee dit is nie. Daar is al soveel ongeruimdhede ontbloot dat mens verseker kan wees van ‘n groot bedrogspul. Gelukkig is daar ook eerlike manne in die mediese bedryf wat met groter kennis as die Mafia-lede hierdie bose plan van Satan stukkie vir stukkie ontbloot. Daar is pas weer nuwe ontdekkings deur die wetenskaplike, prof Michael Levitt gemaak. Levitt is professor in biologie by die Stanford Mediese Skool en Nobelpryswenner vir sy ontwikkeling van komplekse chemiese sisteme.
Volgens prof Levitt is daar geen sprake van die buitensporige voorspelde styging in sterftesyfers nie, selfs nie in lande wat reeds die meeste maatreëls verslap het nie. Betroubare statistieke inligting wys daarop dat die patroon wêreldwyd konstant gebly het en dat die sterftesyfers na ‘n paar weke selfs effens afgeneem het. Wie ander stories opdis praat nie die waarheid nie. Hierdie gewaarwording het ander interessante faktore na vore gebring.
Eerstens het dit duidelik geword dat dit totaal onnodig was om gesonde mense se bewegings in te perk; dit word selfs as ‘n groot fout bestempel – en dit weet ons reeds as ons na die wêreldekonomie kyk! Wat nog ontdek is tydens ‘n navorsingprojek juis as gevolg van die nie-stygende sterftesyfers,is dat ‘n groot persentasie mense glad nie vatbaar is vir die SARS-CoV-2-virus nie.
VROEGHERFS
Vroegherfs (NP van Wyk Louw)
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vér was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
NGV NOU 'N WERKLIKHEID
INSTELLING VAN NASIONALE GESONDHEIDSORGVERSEKERING (NGV)
Leon Schoeman (B.Pharm)
Die afgelope week het Ramaphosa gesê dat dit nou tyd is om ernstig aandag te gee aan die implementering van die NGV of soos dit in Engels bekend staan, die National Health Insurance (NHI). Die probleem is dat talle van ons volksgenote nie besef wat dit gaan meebring nie. Kom ons delf bietjie dieper sodat ons kan weet wat op ons wag indien die kommunistiese regime in hierdie bose plan gaan slaag.
Wat behels die NVG? Die NGV se doel is om al die inwoners van die land onder een sambreel-gesondheidsdiens te plaas. Alhoewel privaat mediese fondse nog vir ‘n wyle sal voortbestaan sal hulle rol hoogstens aanvullend van aard wees en sal elke landsburger aangewese wees op die NGV vir hul gesondheidsorg. Die NGV is ‘n sentrale fonds waaruit die staat alle gesondheidsorg wil finansier. Alle salaristrekkers sal verplig word om direkte bydraes tot die NGV te maak.
Die beleidsdokument van die Departement van Gesondheid wat verlede jaar oor die inwerkingstelling van die NGV verskyn het, stel dit as doelwit om teen 2030 die volgende te bereik:
“...everyone must have access to an equal standard of care, regardless of their income, and that a common Fund should enable equitable access to health care, regardless of what people can afford or how frequently they need to use a service.”
VADERLAND EN VOLKSTATE
Dié land is ons land
Om nou grense van 'n deeltjie van die land te trek as “ ‘n volkstaat”, is om onmiddellik alle aanspraak op die hele vaderland prys te gee. Daardeur word die Afrikanervolk se patriotiese sin as 'n essensiële bestanddeel van nasionalisme regstreeks ondermyn.
Ons het reeds die beskamende ervaring gehad van die grense van talle "volkstate"wat getrek is tydens die vredesonderhandelings met die ANC-SAKP, en wat niks meer was nie as politieke fopspene waaraan Afrikaners in goedertrou gesuig het, terwyl die politieke uitverkoping voortgegaan het.
Die historiese grondbesetting in Suid-Afrika het grense van swart volke se grondgebiede getrek. Maar daar is 'n grondgebied wat oor geslagte internasionaal erken is as blank Suid-Afrika. Daardie gebied is die land wat ons land is. Dit is deur ons voorgeslagte aan die wildernis ontworstel. Daarvoor is met groot opoffering en smartvolle verliese oorloë geveg. Dit is wat volgens alle volkeregtelike reëls ons land is.
'n Volk se vryheid word herwin deur stryd — soms oor geslagte, soos deur die politieke stryd vanaf 1902 tot 1961. Om nou grense van 'n toekomstige volkstaat te trek, is om in onbesonne oorhaas die kar voor die perde te span. Niks, maar totaal niks nie, kan polities bevorderlik bereik word deur die afgrensing van 'n deel van Suid-Afrika terwyl vir dié aanspraak geen bedingingsmag is nie.
Die toekomstige grense sal waarskynlik met bloed getrek word wanneer die huidige grondwetlike bestel ineenstort. Dit moet ineenstort een of ander tyd, omdat geen grondwetlike bestel soveel uiteenlopende rasse, volke en godsdienste in een parlementêre demokrasie kan akkommodeer nie. Die geskiedenis getuig luid van die tallose mislukkings in dié verband. Mag u gereed en paraat wees wanneer daardie dag aanbreek!
J A Marais
NIE NET ‘N STUKKIE GROND NIE– ONS HELE LAND!
Dit moet seker nou vir baie duidelik word dat “kaart en transport” in enige Afrikaland niks beteken nie. Daarmee saam dat “gewaarborgde” regte nie die papier werd is waarop dit geskryf staan nie.
Grondonteiening sonder vergoeding sal gebeur so seker as wat die son more sal opkom indien die ANC die regeermag besit! Dit bring mens by die essensie van die saak: Soek ons (die Afrikanervolk) na stukkies grond (krummels) binne hierdie bose land, of soek ons na ‘n land waarin ons onsself kan regeer, ons hele land soos ons dit voor 1994 geken het?
Die ANC-grondwet is net ‘n middel tot ‘n doel. Dit is ‘n sosialistiese transformasie-instrument om die doelwitte soos gestel in die Freedom Charter, te verwesenlik. Dit sal ‘n staat daarstel waar die individu se regte deur die staat bepaal word. Eiendomsreg vir die individu is nie een van daardie regte nie!
Dit is op papier dalk pragtig vir die liberalis en die humanis wat nie verder kan sien as die papier waarna hulle kyk nie ; wat nie belangstel in die lesse van die geskiedenis en veral die bose werklikheid van Afrika nie; wat deur die Joodse geldmagte betaal word om steeds die euforie van die “reënboognasie”te verkondig; wat aan Uhuru en Ubuntu betekenisse gegee het; en min met die duiwelse werklikheid daarvan verband hou.
PÊRELS VOOR DIE VARKE
Ds Andrè van den Berg
“Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.” Mt.7:6
In Mt.7:1 sê Jesus dat gelowiges nie mag oordeel sodat hulle nie geoordeel word nie. Hy sê dit met ʼn doel; mense dink te stadig en oordeel te vinnig. Adam wat vir Eva die skuld vir sy misstap in die tuin van Eden gegee het, is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Het hy dan niks van die vrugverbod geweet nie?!
Gelowiges mag nie mense sondermeer veroordeel nie, maar moet diegene wat sondig wel aan die hand van die Bybel berispe en teregwys:
“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).
“Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering geskrywe...” (Rom.15:4).
DIENAARS VAN GOD
Hannes Ollewagen
1 Petrus 4:1-11
“Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.”
U het seker al die bekende woorde gehoor : “Niks in die lewe is verniet nie.” Geliefdes, hierdie stelling is onwaar. Die kosbaarste dinge in hierdie lewe is verniet. Maar verniet beteken nie noodwendig goedkoop nie. Ek dink byvoorbeeld aan die vergifnis wat ‘n ware gelowige van God ontvang wanneer hy opregte berou oor sy oortredinge het. Daar is geen bedrag geld wat ons vir God hiervoor kan aanbied nie. Ons verkry hierdie versoening gratis, maar die prys wat Christus hiervoor moes betaal was nie goedkoop nie – dit het Hom sy lewe gekos.
WAARHEEN IS ONS OPPAD?
In Suid-Afrika, soos die blankes van baie ander lande, is ons deur vooraanstaandes mislei tot 'n werklikheid van leuens; na 'n drogbeeld van 'n valse Israel om die god van die Wêreld te dien. Ons is by een van die grootste en felste oorloë ingetrek, waarvan ons nie eens die reëls verstaan nie: 'n geestelike oorlog wat van die vroegste eeue reeds tussen die magte van die Lig en die Duisternis aan die gang is. In hierdie geestelike stryd is daar drie sleutelpunte naamlik die verstand, die hart en die mond. Die mag wat dit beheer, beheer die siel van 'n persoon. Die waarheid is dat ons slawe van 'n stelsel van ‘vrede’ geword het wat tronke van ons verstand maak. In dié stelsel is die koningskap van Satan weggesteek om ons te beheer en te verander in willose robotmasjiene in 'n geslaglose en goddelose werklikheid.
Hoe kan ons uit hierdie leuen waarin ons lewe losbreek? Ons moet ons verstand oopmaak sodat ons hart vir die Woord versag kan word. Solank ons verstand deur Satan beheer word, beheer hy ook ons harte en monde.