Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie is verstandig? Hy wat by almal leer.
Wie is magtig? Hy wat sy hartstogte beheer.
Wie is ryk? Hy wat tevrede is .
Wie is hy? Niemand nie.
Benjamin Franklin
SUID-AFRIKA ‘N SITTENDE EEND?
As ons gedink het die ontploffing in Beiroet vroeër dié maand was erg toe meer as 6 000 mense beseer is en sowat 180 gedood is, het ons nog niks gesien nie. Daardie plofstof was net ‘n skrale 2 000 ton onstabiele ou wapentuig wat in een stoor op die hawe vir ses jaar geberg is maar het so ‘n kragtige ontploffing veroorsaak dat dit kilometers ver skade gedoen het. Of dit van ouderdom ontplof het en of die ontploffing deur vyandelike missiele veroorsaak is, die opberg van die ou wapentuig was soos die president self gesê, ‘n growwe, nalatige fout.
Maar, wat sal gebeur as 141 000 ton onstabiele ou wapentuig wat vir 30 jaar lank in 175 store geberg is en so veel as 29 rugbyvelde beslaan met ‘n spoorvervoernetwerk van 49 km tussen hulle, ontplof? Hoe ver en permanent sal die skade strek wat daardeur veroorsaak word? Wel, mens kan jou dit nie eers indink nie maar dit wag vir ‘n aantal mense wat in die Karoo en selfs heelwat verder woon. Naby De Aar in die Noord-Kaap is die weermag se 97 Ammunisiedepot wat miloene verouderde patrone en oortollige ammunisie, swaar kaliber projektiele, lekkende vliegtuigbomme, onstabiele kanonrondtes en onstabiele missiele daar opberg. Hierdie depo is die grootste in die Suidelike Halfronde. En nou is dit die gevaarlikste plek in ons land.
NOMMER EEN IN ONS LEWE
Hannes Ollewagen
Luk. 18:18-30
“En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou – verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My. Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.” (:22).
Die ryk jongman waarvan ons in hierdie Skrifgedeelte lees wou uitvind of hy die toets van God sou slaag om die koninkryk te beërwe. Jesus onderwerp hierdie jongman aan die toets van die eerste twee gebooie, naamlik dat jy die Here jou God bo alles moet liefhê en daarnaas jou naaste soos jouself. Hierdie man het wel ‘n baie groot liefde vir God gehad. Ek sê dit omdat sy liefde vir God deur sy gehoorsaamheid aan God se gebooie bevestig word. Ja, Jesus het hierdie liefde vir God in sy onderhouding van God se gebooie raakgesien.
“Maar hy antwoord en sê vir Hom: Meester, al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry…” (Mark. 10:20&21).
Maar Jesus het ook gemerk dat alhoewel die liefde vir God in hierdie jongman se hart groot was, was dit nie volkome nie. Hy het God dalk baie liefgehad, maar nie BO ALLES liefgehad nie. God was dalk vir hierdie jongman baie belangrik, maar ‘n tweede plek in ons harte is vir God nie goed genoeg nie. Hy eis om NOMMER EEN, ja BO ALLES, in ons lewens uit te troon.
BOIKOT GOODYEAR – DAAR IS BETER BANDE!
“Boikot Goodyear! Daar is ander baie goeie bande wat baie minder kos”, sê Donald Trump
Wat is volgende, pedofiele?
Te midde van ondersteuners van krieket en rugby en selfs Grand Prix wat woedend is oor dié se kniebuig voor die Black Lives Matter-beweging, wie het ooit gedink ‘n bekende bandemaatskappy sou ‘n streng “Zero Tolerance Policy” aankonding waar “Black Lives Matter (BLM), Lesbian, Gay, Bisexual, Transgender Pride” toelaatbare assosiasies is, terwyl konnotasie met “Blue Lives Matter, All Lives Matter, White Lives Matter, MAGA Attire, Political Affiliated Slogans or Material” totaal verbied word?
Wel, die Goodyear Bande- en Rubbermaatskappy het homself so pas hiermee in die voet geskiet. Maar laat ons net eers duidelik maak waarvoor MAGA staan: dit is Donald Trump se slagspreuk en is ook so op sy pette geborduur: Make America Great Again. Dan wonder u ook oor die Blue Lives Matter . Dit is ‘n slagspreuk van diegene wat die Amerikaanse polisiemag steun aangesien die polisie deur swartes vermoor word, terwyl BLM weer te kenne gee dat die polisie daarop uit is om swartes te vermoor.
VIRUS-INENTING BINNEKORT AAN ONS AFGESMEER
Sê soos een man NEE hiervoor!
"… ontbloot die bestaan van ‘n onsigbare regering wat propaganda gebruik om die psige van die publiek te manupileer om sodoende seker te maak hulle behou die mag om hulle duistere doel met die publiek te bereik”. Uit Edward Bernays (1928) se boek "Propaganda".
Die meeste mense in die wêreld is al bietjie laer af as keelvol vir die Covid-sage. Nog is dit met ons, en vir lank gaan dit met ons bly want dit is net die begin van die proses om die hele wêreld onder die beheer van die komende Eenwêreld Regering te plaas. Hosea 4:6 waarsku ons dat ‘n volk ondergaan as gevolg van ‘n gebrek aan kennis. Of ons nou keelvol is of nie, ons moet onsself vergewis met wat die Geldmag vir ons beplan anders sal die verrassingselement daarvan te veel wees om reg te hanteer.
Soos ons weet is Amerika altyd die voorloper en huisves ook die meeste van die superrykes wat die planne teen die bevolking (hulle noem ons “the mob”) smee. Daarom is hulle ook nou die eerste om bekend te maak dat hulle ‘n “oorweldigende reklameveldtog” oor intenting teen Covid in November gaan loods. Wat ons egter moet weet is dat hierdie sielkundige oorlog, want dit is wat dit is, na elke land, ook Suid-Afrika, uitgebrei gaan word en dat ons die slagoffers daarvan gaan wees. Daarom is dit so belangrik ons dat betyds hiervan kennis neem.
COVID ‘N SKUIWERGAT VIR MOORD
- Waarom sal ‘n goeie hospitaal nie hulle Covid-19-pasiënte skei van ander wat nog nie eers getoets is nie en hulle almal saam in sale druk waar besmette pasiënte die ander verseker gaan aansteek?
- Waarom lys die mediese personeel diegene wat negatief getoets het as positief en plaas hulle voor die voet op meganiese ventilators waar die pasiënte so erg longskade opdoen dat hulle sterf?
- Waarom word pasiënte met ander siektes soos hoë bloedsuiker noodlottige medikasie gegee, teen hul sin vasgebind en summier op ‘n ventilator geplaas wat op geen stadium van die siekte van hulp is nie?
- Waarom word eerstejaar mediese studente sonder toesig op Covid-19-pasiënte met volle outoriteit losgelaat terwyl hulle niks van die behandelingsprosedures weet nie?
Voor ons by antwoorde kom, laat ons hoor wat Erin Marie Olszewski, ‘n verpleegster wat sowat vier maande lank Covid-19-pasiënte in die Elmhurst Hospital Center in Queens, New York, verpleeg het, in haar boek "Undercover Epicenter Nurse: How Fraud, Negligence, and Greed Led to Unnecessary Deaths at Elmhurst Hospital," oor die gebeure daar skryf.
Erin vertel:
In Elmhurst was mediese nalatigheid en moedswilligheid die norm. Soos die virus-pandemie erger geword het met New York wat op daardie tydstip ‘n warm virus-patat was, was gekwalifiseerde verpleegsters hoog in aanvraag.
Toe ek die eerste dag gaan kyk hoe dit daar lyk, was die eerste vreemde ding dat elkeen daar op ‘n ventilator was.
Dit het my slegs een werkskof geneem om te besef dat alles in absolute chaos is, en nie oor daar te min personeel was nie; daar was meer as genoeg en ongeveer nog 2 000 verpleegsters het in hotelkamers gewag om te hoor of hulle aanstellings sou kry. Ek self moes 18 dae wag voor ek finaal aangestel is.
ARMOEDE, GEWELD EN PLUNDERY
Ds. A.E van den Berg
“Omdat die oordeel oor ’n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen” (Pred.8:11).
Satan dans gereeld in leë broeksakke rond en maak graag van armoede die broeikamer van misdaad. Armoede is hoofsaaklik aan oorbevolking te wyte waaruit ʼn gepeupel met ʼn hartstog vir mag en geweld ontstaan. Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan waar miljoene mense nie deur hul verstand nie maar deur hul gevoelens gelei word om van die reëls van ʼn ordelike gemeenskap ontslae te raak.
Dis vir booswigte met politieke strewes baie gerieflik dat massas nie vir hulself dink nie. Gevolglik doen hulle hul as “beskermers van veronregtes” voor wat ʼn toestand van verwarring en wilde gedrag skep en mense nie met wette en reëls beheer kan word nie.
Geweld is ʼn gewilde toevlugsoord vir onbevoegdes en maak dat misdaad selfs beter as die wet georganiseer is. ʼn Staat wat deur geweld tot stand gekom het, kan uiteraard slegs daarmee in stand gehou word! Geweld is deel van die politieke mondering en politici se beloftes van voorspoed, rus en vrede net so onbetroubaar soos ʼn waarsegster met ʼn vuil kristalbal.
DIE BOEKHOUER EN DIE VERKLEUR- MANNETJIE
Johan Hack
Suid Afrika word tans warm toegedraai in ‘n kombers van multikulturele samelewing wat deur die media uitgebeeld word as ‘n utopie van vryheid, voorspoed in integrasie, gevestig in menswaardigheid en naasteliefde waarin sy mense vrywillig met verdraagsaamheid woon.
Daar moet egter gevra word: Wat broei regtig onder hierdie kombers? Wel, dit raak deesdae vir almal duidelik om te sien: korrupsie, verkragting, moord, diefstal, bedrog, rassehaat en nog vele meer is besig om die verrotte stank daarvan aan die kombers af te smeer en dit uit te rafel.
Maar as ons met meer insig na hierdie omstandighede kyk, sal ons besef dat daar nóg ‘n kriminele daad is wat net so groot en selfs erger is, en dit is die daad van verraad.
As Christen Afrikaner-nasionaliste moet ons besef dat die blanke Afrikaner-liberalis wat homself voordoen as iemand wat omgee vir sy geloof, volk, taal en kultuur, net so ‘n groot vyand soos die moordenaar, rower en verkragter is.
DIE UURGLAS LOOP UIT (2)
Ds Andrè van den Berg
2. As God ingryp
“En ek het ’n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit. Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het”(Openb.16:1,2)
“En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is”(Luk.21:28).
Al lyk dit vir baie mense asof die boosheid van die mensdom onbepaald gaan voortduur, gee die Bybel gelowiges die versekering dat dit wel einde gaan kry. Daar kom ʼn dag deur God bepaal, dat Hy so kragtig gaan ingryp, dat die mensdom sal erken dat Hy die ware God is en elke knie voor Hom sal buig:
“Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God...” (Fil.2:9-11).
Die dag as God ingryp, sal gelowiges jubel en goddeloses kruipend voor Hom erken dat hulle die ewige hel oor hulleself gebring en geen verskoning vir God se oordeel hê nie. Deur die eeue het die meerderheid mense hulle nie aan God se roepstem van bekering en genade gesteur nie. Wie wel daarop ag gegee en Jesus in hul lewe ingelaat het, juig van vreugde. Die goddelose sidder in afwagting van ewige pyniging en in verhouding baie meer as die gelowiges.
MY HARTSBEGEERTE...
... ‘N REIN HART!
Hannes Ollewagen
Ps. 51:1-21
“Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.” (:4).
Daar is ‘n Sjinese gesegde wat lui – “’n Gesonde man het baie begeertes, maar ‘n siek man het net een.” En elkeen van ons wat al op ‘n siekbed neergevel was, sal van die akkurate beskrywing kan getuig. Wanneer ‘n mens daar op ‘n siekbed lê, uitgeput en moedeloos, is jou enigste begeerte om maar net gesond te kan word.
Dit is tog ook ironies hoe maklik ‘n mens weer kan vergeet met watter groot verlange jy na gesondheid gesmag het nadat jy van ‘n siekbed herstel het. En dit is nie lank nie of hierdie een groot begeerte word weer vervang met allerhande begeertes waarvan die hart vol is. Hierdie selfde ironie is ook in ons mense se geloofslewens te bespeur. Ons word menigmaal deur ‘n oorweldigende hartsbegeerte tot sonde gelok en nadat hierdie begeerte bevredig is, is ons gees ongesteld. Ons is siek en neergevel in ons gees en begeer om weer ons verhouding met ons Skepper te kan herstel. Dit is asof ek nooit in my lewe weer enigiets anders sal begeer as om net God se vergifnis te ontvang nie. En ons onvermoë om ons verhouding met God te herstel laat ons net so magteloos as die onvermoë om onsself op ‘n siekbed te kan genees. Ons wil dan soos Dawid in diepe afhanklikheid na God uitroep:
IN WATTER GROEP IS JY?
Dr Nicholas M Butler, eerstydse President van die Columbia Universiteit het die wêreldpolitiek korrek opgesom toe hy gesê het:
“Die wêreld bestaan uit drie mensegroepe:
- 1.‘n Baie klein groepie wat met opset die dinge laat gebeur wat gebeur;
- 2.‘n Ietwat groter groep wat sien dat daar iets gebeur;
- 3.En die groot massa wat nie agterkom dat daar mense is wat die dinge laat gebeur nie.”
Met die huidige probleme in die wêreld, of dit nou ‘n dreigende 3e wêreldoorlog is, en of dit die Geldmag van die wêreld is wat poog om die hele wêreld met mag onder ‘n Eenwêreld Regering in te trek met pogings soos virusse en entstowwe, daar is nog steeds net hierdie drie groepe mense:
- die wat agter die sluiers werk;
- die wat daarvan bewus is;
- en die wat geen benul het wat aangaan nie.
DIE WÊRELD SE ‘INTELLEKTUELE PROSTITUTE’
Ons praat dikwels oor die hoofstroommedia, die pers wat sekerlik die heel grootste aandeel aan die verwording van die wêreld het en van vroegste tye af dit gehad het. Sonder die media sou die Geldmag, die Kommunisme, die Evolusieleër en elke ander dwaling wat deur die satan aarde toe gebring is, geen kans op verspreiding van hierdie aard gehad het nie.
Die stand van die media is in 1914 deur John Swinton, toe hoofredakteur van die New York Times, in ‘n toespraak by die jaarlikse banket van die American Associated Press, so beskryf:
“Van ‘n onafhanklike pers... kan daar geen sprake wees nie. Nie een enkele van julle waag dit om sy eerlike opinie uit te spreek nie. Ons is die instrumente en vasalle van die rykes agter die skerms. Ons is marionette. Daardie manne trek aan die toutjies en ons dans. Ons tyd, ons talente, ons lewe en ons kragte is almal eiendom van daardie manne – ons is intellektuele prostitute.”
Dit is duidelik dat sekere persmanne nie baie geneë is met hulle onderdanige posisie nie. Het hulle al ooit gedink watter mag in hulle hande lê om soos een man op te staan vir die waarheid! Natuurlik staan hulle ook onder die mag van geld en is bevrees om hulle werk te verloor, en natuurlik is daar nooit eenheid onder enige groot groep mense nie. So jammer dat hulle nooit eers sal besef dat hulle die mag gehad het om die hele wêreld se “Korona-krisis” te ontbloot vir wat dit werklik is nie, en dat daar geen pandemie sou wees as hulle vir die waarheid sou opstaan nie!
Wat noem John Swinton hulle, homself ingesluit, intellektuele prostitute?
LOS DIE TAAL VAN DIE 'HELLE WAARONDER ONS LY!'
Daar bestaan ‘n sterk band tussen ‘n volk se nasionalisme en sy taalgebruik. Wanneer ‘n volk sy nasionalisme met trots uitleef gebruik hy graag sy taal suiwer.
Verdeeldheid in ons eie volk het dikwels in ons geskiedenis ons taal op meer as een manier skade aangedoen. So is die teenoorgestelde ook waar: wanneer sterk nasionalisme sigbaar was het dit Afrikaans op meer as een manier bevoordeel. Huidiglik toon ons allesbehalwe 'n sterk nasionalisme en trots op wat ons eie is en kan dit duidelik aan ons taalgebruik gehoor word. Ons staan vandag verdeeld en verskeurd in verskeie kampies net soos ons volksvyande dit beplan het sodat ons geen weerstand kan bied nie terwyl hulle ons land van sy rykdomme stroop en ons volk van sy selfrespek. En sonder volkstrots is daar vir ons geen rede om ons taal te bewaar deur dit suiwer te praat nie want maak dit tog saak? Min wetende dat as ons minstens vir ons taal wou veg, ons dalk ‘n eensgesindheid sou terugwen wat ons die krag en moed sou gee om ook vir ons land te veg.
AS RASSESPOKE OPGEJAAG WORD
Ds. A.E van den Berg
Agterlike rasse vertolk graag die verlede in ʼn vyandige rassepatroon en jaag daarmee rassespoke op soos met die Black Lives Matter-debakel van onlangs. Vooruitstrewende rasse word met hierdie politieke knuppel bygekom om onder andere die onreg van reëls vir blankes en uitsonderings vir swartes te regverdig.
Black Lives Matter is ʼn politieke haatvertoning wat rassepolarisasie die hoogte in laat skiet. Om wetteloses se regte hoog aan te skryf en eerbare burgers in die modderpoel van onregskepping te versmoor, is gif vir goeie rasseverhoudings soos die onreg van regstellinge aksie duidelik blyk te wees.
Hierdie politieke pessiekte laat verdienste tweede viool speel en kundiges die land teen ʼn ontstellende tempo verlaat. Om een ras se lig dood te maak ten einde ʼn ander een s’n beter te laat skyn, maak van ʼn regering ʼn georganiseerde roof-organisasie. Om een ras se geluk op ʼn ander ras se vernietiging te bou, is noodlottig en skakel nooit die lig van ʼn regverdige bedeling aan nie.
Geen regering wat diegene wat hard vir hul voorregte werk en dwing om dit met diegene te deel wat feitlik niks doen nie, moet goeie rasseverhoudingsverwag nie. Selektiewe rassisme is verbloemde rassehaat.
LIED VAN JONG SUID-AFRIKA
Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van 'n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.
GOD IS ‘N LEWENDE WERKLIKHEID
Ds A.E. van den Berg
“Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie – dit is al sy gedagtes!” (Ps.10:4).
Jare gelede sê ʼn man vir ʼn gelowige Skotse myner: “God bestaan nie!” waarop dié antwoord:
“Dit kan nie wees nie!”
“Ek sê jou, God bestaan nie!” sê die ongelowige vererg.
“Wel, ek sê jou, dit kan nie wees nie!” sê die myner driftig.
“Wat maak jou so seker dat God bestaan?” vra die man.
“Ek het vanoggend nog met Hom gepraat” antwoord die gelowige myner.
Waarom het die myner sy geloof in ʼn lewende God so sterk verdedig? Omdat hy ʼn ervaring van God in sy lewe gehad het wat by die ongelowige ontbreek het. God was vir die myner ʼn werklikheid.
“Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien” (Job.42:5).
ONGEREGTIGHEID VOOR GOD NIE VERBORGE
Hannes Ollewagen
Job 31:1-40
“...as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!” (:33&34).
Job raak in die gelese gedeelte ‘n baie belangrike saak aan, naamlik die mens se reaksie teenoor sonde. Job verwys terug na die eerste geskape mens, Adam, en sy reaksie teenoor sonde. Adam het sy sonde, sy ongeregtigheid teenoor God, probeer verberg. Hy het vir God probeer wegkruip en nadat hy nie hierin kon slaag nie het hy sy eie ongeregtigheid agter Eva probeer verberg.
“En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.” (Gén. 3:12).
God maan die mens van die vroegste tye af alreeds om nie iets vir Hom te probeer verberg nie. Hy maan die mens daartoe om opreg en eerlik met Hom te wees. En so vermaan Hy die mens om sy ongeregtighede nie te probeer verberg of goed te praat nie, maar om dit voor Hom te bely en dit te laat staan.
DIE OORDEELSDAG-HORLOSIE
Die Bulletin of the Atomic Scientists is ‘n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie wat fokus op drie belangrike punte naamlik kerngevaar, klimaatsveranderinge en ontwrigtende tegnologie. Hulle glo dat hulle ‘n rol kan speel om die negatiewe aspekte in bogenoemde te verander na ‘n positiewe werklikheid.
Die Bulletin of the Atomic Scientists het ‘n oordeelsdag-horlosie. Die horlosie het internasionaal die aanwyser geword van die omvang van wêreldkatastrofes met betrekking tot kernwapens, klimaatsveranderinge en tegnologiese krisisse.
Die organisasie het die horlosie in 1947 die eerste maal ingestel deur dit op sewe minute voor middernag te stel. Middernag is veronderstel om die begin van die Slag van Armageddon en die begin van die einde van die wêreld aan te dui wanneer daar met bloedvergieting, swael, vuur, en sekerlik kernwapens, vernietiging van die aarde sal begin plaasvind.
BEGIN VAN 3e WÊRELDOORLOG?
Wat sal dit verg om die Derde Wêreldoorlog te begin? Iets relatief klein soos die konfiskering van ‘n Voortrekkerwa was die sneller vir ‘n jarelange oorlog – kan mens dan die ernstige kernaanval in Beirut waarin meer as 25 000 mense nou dakloos gelaat is, duisende beseer is en oor ‘n honderd gesterf het, ignoreer of is dit die begin van die Derde Wêreldoorlog, ‘n oorlog waarvan ons weet dat dit ‘n kernoorlog sal wees?
Israel het nou erken dat hy Beirut met’n kernmissiel op 4 Augustus aangeval het. Daarby het infrarooi fotos van twee verskillende kameras die missiel pragtig blootgelê en word al die leuens dat dit bemestingstowwe was wat aan die brand geslaan het daarmee in die kiem gesmoor. Verder kan mens op films wat van die ontploffing geneem is en bietjie stadiger gespeel word, duidelik die sampioenvormige kernwolk wat in die lug vorm sien. Slegs kern kan so ‘n geweldige ontploffing, hoë hitte en koepelwolk meebring.
‘n Generaal in die Libanese Weermag het in ‘n verslag erken dat Israel taktiese kernwapens op die hawe van Beirut afgegooi het. Die rede daarvoor volgens hom, is om die huidige politieke regime ineen te laat stort en president Hesbollah te verwyder, dit terwyl Beirut steeds gebuk gaan onder bomskade deur Israel in 2006. Die mense van Beirut meen self dat hulle nou genoeg gehad het van die lui en korrupte regering – klink baie soos hier in Suid-Afrika...
BILL GATES EN BENDE WIL MENSE UITWIS
Dit was nogal goed om die groot meneer Bill Gates so te sien sukkel om die vrae van ‘n joernalis te antwoord. Met sy gewoonlik gladde bek en vloeiende leuenvloed het hierdie onderhoud ‘n verfrissende moontlikheid vir die waarheid ingehou toe sy hom peper met vrae in verband met die nuwe entstof teen die Koronavirus nadat 100% van die proefkonyne bitter siek geword het tydens die pas afgelope navorsingseksperiment.
Tussen Gates se gestorter het dit duidelik deurgekom dat dit nie juis ‘n probleem is nie want die Food & Drug Administration (FDA) sal sorg dat die dinge regkom. Niemand weet hoe nie maar dit moet net, meen hy, want daar is reeds iets soos 1,6 biljoen verkope in die pyplyn. Hy het egter nie gesê dat daar nog navorsing gedoen sal word nie en het dit laat klink of die biljoene eenhede entstof reeds vervaardig is. Ons kan aanneem dat dit reeds begin versprei word. Ook Suid-Afrika staan in die ry vir die aankoop van miljoene eenhede entstof volgens die minister van Siektes...
Maar wat Gates nie vertel het nie is die interessante geskiedenis van navorsing vir ‘n teenmiddel vir die Koronavirus. Ons moet onthou daar is meer as een tipe Koronavirus, selfs die gewone verkouevirus is ‘n Koronavirus. En hierdie virus pla die mensdom al vir baie dekades. Daarom is daar jare lank al navorsingsprojekte om ‘n teenmiddel daarvoor te ontwikkel.
GEHEIME HEERSERS (2 - SLOT)
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Geheime heersers
Soos reeds gesê, het die publikasie van die "Protokolle" in Engeland wêreldwye belangstelling ontlok. Vanaf daardie tyd (1920) is dit skaars moontlik om Joodse sake in die openbaar saaklik te bespreek sonder om jou bloot te stel aan 'n georkestreerde beswadderingskampanje waarin 'n mens belaster word met so baie effektiewe skeldname soos anti-Semiet, Jodehater, Nazi of Fascis. Douglas Reed skryf daaroor (bl.212): "Aan die begin was die besprekings nog vry en lewendig maar in later jare het die aanvalle so hewig geraak dat dit gelykstaande aan hoogverraad was om net daaroor te praat en vandag is daar skaars enige bekende publieke persoon of geskrif wat dit durf waag om die 'Protokolle" te noem sonder om hulle as "vervals" of "skandelik" te bestempel ('n onderwerpingsdaad wat in die dokument self voorspel word)."