Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy in 'n donker vertrek sit gee jy tog nie die duisternis van die nag die skuld nie. Nee, jy sorg dat daar 'n lamp is. Steek 'n lamp op oral in jou lewe waar dit donker is.
DIE NUWE WÊRELDORDE (6)
GODSDIENS EN DIE NUWE WÊRELDORDE
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde)
Koos Bester
"Dit is duidelik dat Suid-Afrika vinnig en met mening deur politici, geldmag- en godsdiensleiers aan die sinistere magte van die politiek, ekonomie en godsdienste uitgelewer word... Dit sal alle godsdienste, van 'n vervalste weergawe van die Christendom en die Oosterse afgodediens af tot by voorvaderaanbidding en swart toorkuns insluit... Die ANC skakel 100 persent by hierdie internasionale benadering tot die bevordering van 'wêreldvrede' en die instelling van die Nuwe Wêreldorde in... Die sogenaamde Nuwe Wêreldorde beteken dus vir die Protestantse Afrikaner en alle Protestantse Christene niks anders as 'n nuwe en veel intenser fase van stryd teen die ideologieë nie. "
Oor die buite-politieke betekenis van die Nuwe Wêreldorde, veral op die gebied van die godsdienste, is veel geskryf. Daar kan kritici wees wat aanvoer dat daar te veel waarde geheg word aan die betekenis wat op die gebied van die godsdienste aan die Nuwe Wêreldorde gegee word. Ander kritici weer kan sê, of daaraan toevoeg, dat die godsdienste, ook die Christendom, die publisiteit wat saam met die Nuwe Wêreldorde gaan, raaksien en die geleenthede wat dit aan die godsdienste bied, wil uitbuit. Hulle ry dus as't ware op die rug van die publisisteit wat die Nuwe Wêreldorde kry.
INGRENDELING ‘N MOORDWAPEN
Deesdae begin ons amper vergeet van die ellendige Covid-19-sage en gemors waarin regerings hulle lande ekonomies laat beland het. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat ons nie meer tot ons huise ingeperk is nie maar vryelik kan beweeg. Maar ons moet nie dink dit kan nie weer gebeur nie. En hopelik sal daar volgende keer ‘n baie groot protes daarteen opgaan sodat ons nie weer ons gesondheid en ons ekonomie oor die afgrond stuur nie. Met die kennis wat tydens die krisistyd opgedoen is, kan die wêreld nou met reg in opstand kom teen enige poging van inperking. Nie net het dit ons ekonomies geruïneer nie maar is dit ook die grootste oorsaak van dood wêreldwyd. Soos ons oumas hulle kinders na ‘n kindjie wat met pampoentjies of masels gediagnoseer is, gebring het om aan te steek en dan immuun daarteen te wees, so moes ons met die Covid-19-virus gehandel het. Dit is nou wetenskaplik bewys dat daar nie naastenby soveel sterfgevalle sou wees nie.
DIE NUWE WÊRELDORDE (5)
SOMALIË, NAVO EN DIE VN
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde)
Koos Bester
Nog getuienis dat Amerika oor twyfelagtige vermoëns beskik om die Nuwe Wêreldorde te handhaaf en af te dwing, het in Somalië na vore getree. Die Amerikaners het met groot bravade duisende soldate en die vliegdekskip America, op 9 Desember 1992 na die Afrikastaat gestuur om 'n Amerikaanse soort oplossing vir die burgeroorloggeteisterde land af te dwing. In Desember 1993 het die Clinton-administrasie egter druipstert besluit dat sy "sending" na Somalië ingekort word nadat die Somaliërs 24 Amerikaanse soldate doodgeskiet het en 'n versetgroep 'n uitmergelende greep op die ontplooiing van Amerikaanse "vrede" gekry het.
DIE NUWE WÊRELDORDE (4)
MOSLEM-REAKSIE
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde)
Koos Bester
Dat die Arabiere en Moslem-lande nie sonder meer hulle by dié soort orde sou laat betrek nie, moes Bush en Amerika uit die staanspoor besef het. Vir eers was dié lande se sjeiks self ingeburger in die wêreld van groot geld en mag. Hulle haas onbeperkte oliebronne het hul daartoe in staat gestel en in die jare sewentig het die Opul-oliekartel nie alleen die gekromde Oosterse sabel aan die Weste se keel gelê nie: Dié veldtog het ook dollars en rykdom na die Arabiere se bankrekenings laat stroom. Die Arabiere en Moslem-wêreld het self 'n formidabele geldmag daargestel.
Vir Bush, die Weste, die voorstanders van die Nuwe Wêreldorde en die Westerse beskouing van die ekonomie, het dié toedrag van sake 'n veelfasettige probleem wat al van tevore, hoewel in die verskiet van eeue, tot fanatiese omvang gegroei en tot dodelike aanslae op Europa gelei het.
HOU HOM IN ERKENTENIS
Hannes Ollewagen
Rom. 1:18-32
“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:” (:28).
Besef ons die verskriklikheid van hierdie teksgedeelte? Hoe verskriklik moet dit wees om deur God aan die ongeregtigheid oorgegee te word! Maar sal God werklik so iets doen? Dit klink soveel anders, so in teenstelling, met die hedendaagse teologie dat God niks anders as goed aan mense doen nie.
Geliefdes, dit is waar dat God die mens as sy skepsels liefhet. En dit is waar dat Hy graag wil hê dat alle mense tot kennis van die waarheid moet kom en eindelik gered moet word.
“Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim. 2:3&4).
Hierdie begeerte in God se hart oorskadu egter nie sy karakter van heiligheid en regverdigheid nie. Hierdie begeerte in God se hart maak nie dat Hy aan Homself ontrou raak nie.
ONS ONTHOU
Dr H. F Verwoerd (8 September 1901- 6 September 1966)
ʼn Volk wat aan karakterlose mense staatkundige mag gee, betaal soos Suid-Afrika sy ondergang in paaiemente af. Benewens ʼn saligmakende geloof in Christus is niks vir ʼn leier belangriker as ʼn onkreukbare karakter nie. Dr. H.F Verwoerd was so ʼn persoon. Hy was een van die land se grootste politieke helde omdat hy krisisse die hoof gebied en dinge gedoen het wat gedoen moes word, ongeag die gevolge.
Benewens sy geniale kennis van wêreldsake, het sy inbors aan hom besondere karakter gegee. Selfs die manier waarop hy mense met twyfelagtige agendas diplomaties behandel het, was verstommend. Wat ander van hom gedink het, het hom nooit van stryk gebring nie. Hy het soos wat dit ʼn goeie leier betaam, gedoen wat in die oë van God reg en vir sy volk van belang was.
Dr. H.F Verwoerd se politieke beeld het soos mooi borduurwerk stekie vir stekie gegroei. Sy inbors het plaaslik sowel as internasionale agting afgedwing omdat sy innerlike helderder as sy binneste geskyn het. Dis uiteraard die porseleinklei waarvan eerbare leiers gemaak word. Daarom leef sy nagedagtenis na meer as 50 jaar steeds voort.
Andre van den Berg
DIE MERK VAN DIE DIER
Ds. A.E van den Berg
“En hy maak dat almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ʼn merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word” (Openb.13:16).
God openbaar Hom in die Bybel as ʼn heilige Drie-eenheid. Satan boots dit met ʼn onheilige drie-eenheid na; die Satan, Antichris (eerste dier) en valse profeet (tweede dier). Net soos wat Christus as ʼn mens uit ʼn vrou gebore na die aarde gekom het, word die Antichris ook uit ʼn vrou gebore.
Die valse profeet is die hoof beliggaming van die valse kerk wat aan die einde van die tyd die wêreldgodsdiens gaan beheer. Sy optrede sal deur ʼn magdom van wondertekens gekenmerk word. Hy sal selfs soos Elia vuur uit die hemel laat neerdaal en maak dat mense die Antichris aanbid:
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:3,4).
DIE NUWE WÊRELDORDE (3)
'N KYKIE AGTER DIE SKERMS IN VOORBEREIDING VIR DIE NUWE WÊRELDORDE
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde )
" Ook die feit dat hierdie magskliek gebuk gaan onder dieselfde siekte as elke ander eenwêrelddrywer in die opgetekende geskiedenis – dit is 'n Sataniese gedrewenheid – is behendig van die wêreld weerhou... Getrou aan sameswerings van hierdie aard bevat dit al die bestanddele wat 'n sameswering 'n sameswering maak – die hoofbestanddeel : boosheid."
Koos Bester
Laat ons net eers kyk na wie die magselite ís. Kan hulle slegs tot Amerika, meer spesifiek, slegs tot New York en Wall Street beperk word? Wat maak hulle so magsdronk, so verwaand? Dat hulle nie skroom om konings en staatshoofde af te sit nie.
DIE NUWE WÊRELDORDE (2)
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde )
FIDEL CASTRO
Koos Bester
Ook die seer in enige reggeaarde en konserwatiewe Afrikaner se oog, Fidel Castro, se kommunistiese Kuba, volgens baie die stalinistiese soort, is steeds daar. Amerikaanse leiers kom en gaan, van Eisenhower, Kennedy, Johnson, Nixon, Carter, Reagan, Bush, Clinton tot Bush die jonge, maar Castro hou uit, hoewel nou sonder sigaar in die mond, maar seer sekerlik nog met ander sigaarvormige voorwerpe in sy gedugte arsenaal, missiele – waarskynlik met kernplofkoppe – om op enige gegewe dag vir krisisse, soortgelyk aan dié van die sestigerjare, vir Amerika te sorg.
In Wes-Europa het die Europese Unie en die euro as gemeenskaplike geldeenheid tot stand gekom, 'n stap met politieke én handelsimplikasies. Grensbeheer tussen die deelstate van die Unie is verslap en daarmee saam het die vloei van anderrassiges en andergodsdienstiges uit Afrika, die Midde- en die Verre Ooste, na Wes-Europa toegeneem. Wes- en Oos-Duitsland is herenig.
DIE NUWE WÊRELDORDE (1)
Met die koms van die Covid-19-virus en alles wat daarmee gepaard gegaan het en steeds gebeur, het mens die sekere wete gekry dat die wêreld nou op die drumpel van die lank verwagte Nuwe Wêreldorde staan wat deur Satan aangevoer word. Sy instrumente, die Wêreldgeldmag, het besluit die tyd het aangebreek om hulle eeue-lange ideaal nou in praktyk uit te voer. Die skrywer van hierdie reeks, Koos Bester, het reeds in 2007 in sy boek VERGEEFSTE VERSET, met versiendheid en helder insig breedvoerig hieroor geskryf. Gelofteland plaas in die volgende paar dae die hoofstuk oor die Nuwe Wêreldorde hier in 7 aflewerings. Lees dit asseblief sodat u ingelig kan wees oor wat die satansplanne vir ons inhou.
AMERIKA EN GEORGE BUSH
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde )
Koos Bester
Dit was pres George Bush die oue van Amerika wat sy land met die woorde, "there will be a new world order", die sigbare bevorderaar van 'n "nuwe" internasionale bedeling gemaak het.
Dit was klaarblyklik nie Bush se bedoeling dat Amerika self veranderings sou moes aanbring om in te pas by hierdie bedeling nie; daardie lande en wêrelddele wat nie in pas was met Amerika se weergawe van die liberale demokrasie nie, sou moes skik.
Die eerste vraag in 'n besinning oor presies wat die bedeling was wat pres Bush in die vooruitsig gestel het, is wat die vorige wêreldbedeling dan sou gewees het. Dit het skynbaar in die vorige bedeling gegaan oor die Oos-Wes-stryd, waar Amerika en die Sowjet-Unie die twee uiterstes van die teenoorstaande magte was. Dit was 'n stryd tussen die sogenaamde vrye wêreld en die kommunistiese Oosblok. Die vorige bedeling of ou orde was die era van die Koue Oorlog, die kernkragwedloop, die ruimtewedloop, van Viëtnam en missielkrisisse, van spioenasie en teenspioenasie, en van die KGB en die CIA waarvan Bush die oue 'n eertydse CIA-hoof was.
DIE ONREG DUUR VOORT!
“Media, julle maak julle name stink! As julle dan nie so onnosel is nie om te weet dat “plunder” beteken: “steel, roof...”, dan is julle een honderd persent skuldig aan doelbewuste waninligting!”
Skaars is daar die afgelope Saterdag 29 Augustus op verskeie plekke in die land vreedsame protesoptogte teen plaasmoorde gehou of die volgende plaasmoord op ‘n boer en sy vrou vind Sondag in Natal plaas – asof daar vir die protesteerders gewys word die moordenaars sal hulle nie laat keer nie. Glen Rafferty (63) en sy vrou, Vida (60), en hulle hond, van Normandien naby Newcastle het pas tuisgekom toe hulle by hul voordeur ingewag word en doodgeskiet is. Die moordenaars was wel binne die huis maar is niks geroof nie, selfs kosbaarhede soos duur juwele en skootrekenaars is vanoggend in die huis gevind; die moordenaars het met die Raffertygesin se motor wat later die aand verlate in Ladysmith gevind is, gevlug.
Maar die onreg brei uit. Die grootse motorfietsoptog Saterdag in Kaapstad waar die ryers waarlik net so vreedsaam opgtree het as dié by die Uniegebou in Pretoria, is deur die polisie aangerand en met rubberkoeëls en rookgranate bestook. Die optoggangers wat ‘n petisie by die Parlement wou inhandig is duidelik ingewag met groot polisieblokkades en-afskortings en borde met “NO AFRIKANERS ALLOWED!”
REG IS KOSBAARDER AS VREDE!
Ds AE van den Berg
“Indien daar nie spoedig 'n ommekeer in hierdie ellendevaart kom nie, gaan die toekoms vir ons baie donkerder word. Ons sal die verfoeilike optrede van vervolgsugtige, onopgevoede mense met mag en mening moet teenstaan. Reg is kosbaarder as vrede! Ons durf nie langer die prooi van vertwyfeling en onsekerheid wees nie. Ons moet God bid om ons te help teen die onheil wat Afrika se son nie oor ons Boerevolk wil sien skyn nie.“
1. ‘n Teenstrydigheid
Rasse verskil nie net in velkleur van mekaar nie. Rasseverskille lê baie dieper as dit. Die miskenning van hierdie verskille is een van die hoofredes vir die voortslepende chaos en wanorde in ons land. Suid-Afrika is ‘n daaglikse toneel van verskeurdheid, onversetlikheid en rassehaat. Die ANC kan baie maklik by lande met veelvuldige rasse-groeperings wat die rasse-aspirasies van elke groep eerbiedig gaan leer, maar hulle wil nie. Suid-Afrika is kwansuis nie-rassig, 'n teenstrydige begrip en ‘n leuen wat vir die waarheid verkoop word.
Terwyl feitlik elke nuusberig oor die werklikheid van rasseverskille berig, bepaal die nuwe grondwet dat daar geen onderskeid op grond van ras gemaak mag word nie. Dit skep ‘n onhoudbare situasie. Selfs buitelandse nuusmedia berig toenemend oor die werklikheid van rasseverskille. Dis immers 'n Godgegewenheid waarmee deeglik rekening gehou moet word. Die minagting daarvan maak rassebotsings onafwendbaar.
DIE UURGLASLOOP UIT (3)
Ds A.E. van den Berg
3. Bewaar jou klere
“Kyk, Ek kom ... Salig is hy wat waak en sy klere bewaar.... (Openb. 16:15).
Alle leuens het hul oorsprong by Satan in die Tuin van Eden toe hy vir Eva van die verbode vrug laat eet het. Hy het haar verseker dat hulle nie sou sterf soos God gesê het nie, maar eerder net so slim soos Hy sou wees deur goed en kwaad te ken. Toe die eerste mensepaar te laat besef het dat Satan vir hulle gelieg het en hulle nooit soos God sou word nie, het sonde-ellende hul straf geword.
In genade het God die mens nie afgeskryf nie, maar hom opnuut laat besef dat hy volkome op Hom aangewese is. Sonder God is daar geen hoop op redding nie, Hy wat Hom later in Jesus as Redder openbaar het. In sy eerste preek sê Jesus:
“Gelukkig is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is...” (Mt.5:3).
In Openb.16 wys Hy hoe sleg die mense daaraan toe is wat hul afhanklikheid van God nie erken nie. As mense nie wil hoor nie, moet hulle maar voel! In hierdie hoofstuk stuur Jesus sy engele met die laaste plae. Jesus het miljoene engele tot sy beskikking. Met sy geboorte het ʼn engeleskaar die goeie tyding aangekondig. Nadat Hy ter voorbereiding van sy aardse bediening vir 40 dae lank deur die Satan versoek is, het engele Hom kom bedien. Toe Petrus sy swaard in Getsemane uitpluk, het Jesus hom gekeer:
SOEK DIE REG EN DOEN GOED
Hannes Ollewagen
Jes. 1:1-31
“Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.” (:16-20).
Geliefdes, getuig die woorde in vers 20 nie duidelik teen ons volk nie? Wanneer ons kyk na die statistiek van ons mense wat vermoor word, is dit tog vir ons duidelik hoedat ons volk deur die swaard geëet word. En die rede hiervoor word vir ons uitgespel – ons weiering om na die stem van onse God te luister en ons wederstrewigheid in die nakoming van sy gebooie.
Ons word deur die woorde van Jesaja gemaan om die reg te soek. Ons behoort moeite te doen om uit te vind en te vra, te ondersoek na wat vir God welbehaaglik is. Ons behoort ons lewens gereeld te ondersoek of daar nie miskien iets is waarin ek die Here teleurstel nie. Die Here verwag van ons veel meer as om net te sê dat ons in Hom glo en af en toe te bid en dalk ‘n stukkie uit die Woord te lees. En dit is ongelukkig die somtotaal van soveel volksgenote se geloofslewens.
HIER KOM ‘N STAATSGREEP!
Dié van u wat buitelandse nuus volg hou moontlik met groot opgewondenheid die gebeure dop wat in Berlyn, Duitsland afspeel. Daar is geruime tyd reeds ‘n stygende weerstand teen die “demokraties sosialistiese” Merckel-regime wat besig is om van Duitsland ‘n Derdewêreldland te maak deur haar gulhartige ontvangs van al wat ‘n onwettige immigrant is. Sy het pas weer gedreig dat sy haar nie sal laat keer om nog ‘n miljoen in die land toe te laat nie. Intussen is duisende Duitsers werkloos as gevolg van Merckel se immigrasie-beleid en het sy daarmee van Duitsland ‘n land van gruwelike misdaad gemaak. Ook vroue en kinders word daagliks aangerand en verkrag vandat die land deur miljoene immigrant-‘vlugtelinge’ toegesak is.
Die AFD, die Alternative für Deutschland, is ‘n verregse politieke party in Duitsland wat in April 2013 sy ontstaan gehad het toe hulle met slegs 5% die sitreg in die Bundestag (letterlik "Bondsdag") tydens die 2013-verkiesing verbeur het. Die Bundestag is 'n konstitusionele en wetgewende liggaam in Duitsland. Die feit dat hierdie party met sy stigting reeds so goed gevaar het is bewys van die groeiende weerstand teen die sosialistiese party van Merckel. In die AFD se Manifesto vir Duitsland spreek hulle hul sterk uit vir die herstel en behoud van die Duitse kultuur. Die weerstand teen die versosialisering en Islamitisering van Duitsland is direk uit hierdie party gebore en sê lede prontuit dat hulle hul vir ‘n staatsgreep beywer.
Die neo-Nazi-politiek in Duitsland het sedert die afbreek van die Berlynse muur in 1988 'n Duitse werklikheid geword wat geo-politieke analiste periodiek as belangrik uitlig. Hierdie politieke groep het veral sterk steun in die Duitse weermag en in die Duitse sakewêreld. Deesdae het selfs die polisie ‘n duidelik toegewende houding jeens hulle. Daar is beslis ook groot geld agter hierdie politieke groep. Dit opsigself kan die werklikheid van 'n Duitse staatgreep in die nabye toekoms verhoog.
VEREISTES VIR CHRISTELIKE VOLKSLEIERSKAP
“‘n Sterk leier staan slegs voor God op sy knieë en nooit voor mense nie. ‘n Gelowige volksleier buk laag voor sy Skepper.” (en nie op net een knieg nie...)
“‘n Volk met ‘n gelowige leier is baie geseënd. Sy gees is te edel om die volksvyand te bevoordeel en sy liefde vir sy volk te groot om hulle leed aan te doen. So ‘n leier sterf in werklikheid nooit nie, maar bly vir altyd in die gees van sy volk voortleef.”
Daar word deesdae baie gepraat oor die behoefte aan die regte volksleiers, watter eienskappe sulke persone benodig om te verseker dat hierdie Afrikanervolk nie weer die pad stap waarop John Vorster en sy gruwelike bende ons gelei het ná die moord op dr Verwoerd nie. As dit die Here behaag om ons nog ‘n kans te gee om as volk te genees en in ons land herstel te word, sal dit die heel laaste kans wees wat ons kry. Dan kan ons nie bekostig om weer mislei te word deur miskruiers wat hulself as leiers voordoen nie.
Kom ons kyk na watter eienskappe ‘n ware volksleier benodig om die regte pad met ons te stap. En bring uself op hoogte daarvan sodat u nie ‘n verkeerde keuse maak daardie dag wanneer u ‘n leier moet help aanwys nie. Hier is ds Andrè van den Berg se pragtige uiteensetting van die regte leier:
ONS GEBOORTEREG GEROOF
Die Boere-soldate en -polisie wat voorheen hul vaderland verdedig het teen Brits-geїnspireerde en kommunistiesgedrewe terroristebendes, is gehoon en bespot en vervolg as misdadigers. En die Afrikanervolk is deur leuens en laster simbolies op die beskuldigdebank van die geskiedenis gestel om skuld te bely voor die vyande wat hom wil vernietig terwyl hy die een gemeenskap is wat ter wille van "vrede" op elke terrein moes toegee, prysgee, weggee en opgee totdat daar niks meer was om te behou nie en sy "leiers" ons geboorteland eerloos kon oorgee aan die vyande.
In die land waar ons volk gebore is, word ons nou behandel as 'n miskende en verstote "minderheid"; meer nog, as misdadigers en gehate spesie. Deur misleiding en bedrog is ons geleidelik geestelik ontwapen, later ook fisies, sodat ons bloedloos van ons geboortereg beroof kon word. Die virus-kabaal het ryklik bygedra tot verarming van die Afrikaner en is ons nou ekonomies verkneg tot bedelstand. Dit is die sentrale feit van die huidige Suid-Afrikaanse toestand.
KORONAVIRUS GEPATENTEER!
Glo dit as u wil: die CDC het al voor 2007 die koronavirus, SARS CoV, as patent 7776521 geregistreer terwyl die wet stateer dat daar slegs ‘n patent op iets wat mensgemaak is geregistreer kan word, en nooit op iets van natuurlike oorsprong soos die DNS-segmente wat in die koronavirus is nie. En sou iemand ‘n patent op ‘n virus wat mensgemaak is registreer, is dit ‘n oortreding van die biologiese wapenooreenkomste en wette, wat insluit die Biologiese Wapen-Anti-Terrorisme Wet van 1989. Die CDC besit nou die totale genetiese inhoud van die SARS-virus. So iets kan net gebeur as ‘n baie hoë hand soos die Geldmag dit afdwing. Maar, watter kant ookal daar om geredeneer word, die CDC is skuldig aan wetsoortreding al sal daar geen stappe teen hulle geneem word nie.
En omdat die CDC nou die patentereg op SARS-CoV besit, het hulle dus volle beheer oor wie navraag doen daaroor. Sonder goedkeuring mag niemand na die virus kyk, meet of toetse daarmee doen nie. Die CDC het ook ‘n eis aan die Patentekantoor gerig dat die virus se registrasie geheim gehou moet word maar onheilighede word een of ander tyd bekend. En met die patentereg het die CDC die motief en die alleenreg om die koronavirus van ‘n patogeen na wins om te skakel. Ja, watter beter rede as winsbejag kan daar nou voor wees?
IS DAAR UITKOMS VIR ONS VOLK?
Pieter Schoeman
Wat 'n wonderbaarlike God het ons nie! Dat Hy telkens weer sy volk Israel gered het na elke terugval in die gruwelikste sondes. Soos Ps 106:43 sê: "Hy het hulle baiekeer gered, maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme". Ps 106 vertel ook vir ons die twee redes waarom Hy hulle telkens weer uitgered het: Eerstens het Hy hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak; tweedens het Hy hulle jammer gekry, hulle smekinge aangehoor en berou gekry oor hulle swaarkry.
Wat het die volk Israel dan gesondig? Van die ergste wat in Ps 106 genoem word is dat hulle met die heidene vermeng het in so mate dat hulle dieselfde afgode as die heidene begin dien het en as gevolg daarvan talle sondes gepleeg het. Die toorn van die HERE het hieroor ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku in hulle gekry. Daarom het Hy hulle in die hand van die heidene oorgegee en, sê Ps 106 "...hulle haters het oor hulle geheers, en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig."
En ons Afrikanervolk vandag? Die ooreenkoms met die volk Israel van destyds is verbasend. Ons het die wonderwerke van God in ons geskiedenis vergeet, dinge soos die Geloftes wat ons aan Hom gemaak het; ons verag ons geestelike leiers wat die ware Woord verkondig en maak nie meer onderskeid tussen die dwaalleraars wat ons volk verlei, en die geestelike leiers wat God vir ons beskik het nie; en wanneer ons God wel aanbid doen ons dit soos óns dit graag wil doen op allerhande onwaardige wyses in plaas van in groot eerbied Hom te aanbid; ons bedryf saam met die heidende Sondaghandel sonder om 'n oog te knip, ons vertel leuens, ons vloek, ons bedrieg mekaar in besigheid, ons sieklike geskinder van mekaar en ons liefdelose selfverheffing en ons walglike lus na losbandige gesprekke en films, is maar net 'n paar voorbeelde van hoe ver ons van God gedwaal het. Van die mees patetiese gesigte is ons reeds verarmde blankes wat met 'n laaste paar sent in lang rye staan om lottokaartjies te koop en só op die geluksgodin vertrou in plaas van op God.
STAAN OP!
Die prys vir vryheid is nooit te hoog nie
My boodskap aan u is: wees sterk en trou aan wat ons het – ons land, ons godsdiens, ons taal, ons kultuur, ons Witmanskap.
Wees sterk in die aanspraak op die reg om voorkeur te hê vir wat ons eie is: ons taal, ons kultuur, ons godsdiens, ons blanke ras.
Wees sterk in die aandrang op ons reg om in Afrika vry te wees, om onsself te wees.
Wees sterk in die wil om ons eie te begrens en te beskerm met ons lewens.
Moenie dat ons bang gepraat word vir die uitdaging van Afrika nie.
Moenie dat ons bang gepraat word vir die eise van die stryd nie. Die prys van ’n volk se vaderland en vryheid is nooit te hoog om te betaal nie.