Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, help my asseblief om nie 'n praatsieke ou mens te wees nie; en behoed my van die noodlottige gewoonte om oor elke onderwerp by elke geleentheid iets kwyt te raak in plaas daarvan om na ander te luister.
OM ONS NAASTE LIEF TE Hê
Hannes Ollewagen
Markus 8:28-34
“En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” (:31).
Die naasteliefde – so ‘n kosbare deug waaraan ons samelewing ‘n geweldige gebrek het; en het dwaalleraars grootlik bygedra in die vernietiging daarvan. Hoe groter die verkondiging word van ‘n skewe “God is NET LIEFDE”-teologie, hoe kleiner word die mens se liefde vir God en vir sy naaste. Ja, hierdie kettery dat jy onder die “sogenaamde liefde van God” maar elke begeerte wat in jou hart opkom kan uitleef en dat daar géén skepsel so kosbaar en dierbaar as jy is nie is soos petrol op die vuur wat ons liefde vir God en die liefde vir ons naaste verteer. Ja, daardie vuur van selfsug en selfliefde wat ‘n spoor van verwoesting agterlaat.
Geliefdes, hoeveel liefde sien ons wanneer ons rondom ons kyk? U wonder dalk hoe ons dan liefde kan raaksien – dit is tog iets diep binne in ‘n mens. Maar dit wat in ons hart en gedagtes aangaan, word tog eindelik deur ons optrede vergestalt. En beskryf die Woord van God tog nie so mooi hoe die liefde lyk nie?
"Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” (1 Kor. 13:4-7).
SA WEERMAG VOOR 1994 (5)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
SA WEERMAG SE HOOGTEPUNTE EN MYLPALE IN 1988 (2)
“Wat wapentuig betref, is ons nuwe wapenstelsels tydens die internasionale Fida-lugskou in Santiago (Chili) bekend gestel. Die nuwe geleide lug-tot-lug-missiel n1 die Darter (V3C) en die afstandbeheerde Seeker-verkenningsvliegtuig wat tot 200 km van sy basis of kan opereer, het heelwat belangstelling in militêre kringe uitgelok.”
Burgermag en Staande Mag 75 jaar oud
Die Burgermag se 75ste bestaansjaar is tydens 'n luisterryke parade in Johannesburg gedenk. By dié geleentheid, waaraan 1 200 soldate van 32 Burgermageenhede deelgeneem het, is die saluut waargeneem deur die onderburgemeester van Johannesburg en genl maj C.P. van der Westhuizen, Bevelvoerder van Kommandement Witwatersrand. 'n Spesiale uitstalling oor die Burgermag by die Suid-Afrikaanse Museum vir Krygsgeskiedenis, het deel van die verrigtinge gevorm. Die Aktiewe Burgermag het op 1 Julie 1913 as deel van die Unieverdedigingsmag tot stand gekom.
Die Staande Mag was in 1988 ook 75 jaar oud. Die Staande Mag wat op 1 April 1913 gestig is, het destyds grotendeels uit vyf regimente van die Zuid-Afrikaansche Bereden Schutters (ZABS) bestaan. Die ZABS was in werklikheid 'n militêre polisiemag wat meestal polisietake in hul onderskeie gebiede verrig het. Die laaste oorblywende regiment van die ZABS is op 31 Maart 1926 onthind, maar die Staande Mag, wat 'n nukleus vir die Unieverdedigingsmag sou vorm en later ‘n deel uitgemaak het van die Voltydse Mag, was toe reeds gevestig.
11 NOVEMBER 1880: BEZUIDENHOUT SE WA ONS VOORBEELD
Ons Afrikanervolk ly reeds 26 jaar onder die hiel van swart kommunistiese oorheersers wat die land onwettig “regeer”, as gevolg van die verraad van De Klerk, Botha en Kie. Dit is nie die eerste keer wat ons volk ons in hierdie situasie bevind nie. Ons geskiedenis is deurtrek van gebeure van verraad en oorheersing deur magsugtige vyande soos Brittanje wat van ons onderdane gemaak het. Maar ons het telkens met weerstand in ons murg en gebeente weer opgestaan en ons land terug verower.
Die vraag is nou of ons weer daardie weerstandige dapperheid van ons voorsate sal openbaar om vir hopelik die heel laaste keer uit ons slawernyskap op te staan en met die genade van God ons land te kan terugneem wanneer die geleentheid hom voordoen. En dit is nie “as” die geleentheid hom voordoen nie, wel “wanneer”, want dit lyk asof ons slawernyslaap besig is om verby te gaan. Daar was meer nasionalistiese ontwaking die afgelope maande ten tye van die Black Lives Matter-aksies en die Covid-19-leuens as wat daar in die afgelope 26 jaar sigbaar was. As ons nie hierdie momentum deurdag aanwend om die juk van ons af te gooi nie sal dit ons later ernstig berou. In hierdie tyd is daar die tipe sneller wat ons nodig het om tot aksie oor te gaan.
SA WEERMAG VOOR 1994 (4)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
HOOGTEPUNTE IN 1988
DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAG IN 1988: HOOGTEPUNTE EN MYLPALE
Inleiding
Vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was 1988 weer eens 'n jaar wat talle hoogtepunte opgelewer het. In hierdie verband kan enkeles, soos die SAW se operasionele suksesse in Angola, die beëindiging van vyandelikhede in SWA en die ondertekening van die drieparty-ooreenkoms in New York, die bekendstelling van nuwe wapentuig, die Vloot se geslaagde Oefening Magersfontein en sy deelname aan die Dias-gedenkfees genoem word. En dan was daar ook die instelling van die Nasionale Vaandel.
In 1988 het die SAW ook heelwat gehad om te gedenk, soos onder meer die 75ste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD), die Staande Mag en die Burgermag.
SA WEERMAG VOOR 1994 (3)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
BEDREIGING EN REAKSIE
“Sedert Januarie 1980 is nege aanvalle deur klein taakgroepe van die SAW op ANC-basisse in buurstate geloods. Die feit dat 1 076 dade van terreur in dieselfde tydperk in die RSA gepleeg is, is ‘n duidelike bewys dat die RSA se aanvalle op terroristebasisse in buurstate ten volle geregverdig was.”
In 1962 was die bedreiging vir die nuutgestigte Republiek nog uiters gering (1 jaar later). Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond het egter 'n groter mate van selfstandigheid ten opsigte van sy verdedigingsbehoeftes geïmpliseer. Terselfdertyd moes hy sy sekerheidsituasie heroorweeg teen die agtergrond van die chaos, verwoesting en onstabiliteit wat in sommige van die nuwe onafhanklike Afrikastate gewoed het.
In die Verenigde Nasies het 'n aantal lidlande deelgeneem aan 'n veldtog wat die isolasie en omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering ten doel gestel het. Vanaf 1960 het verskeie lande boikotte teen Suid-Afrika ingestel terwyl internasionale sanksies verder aangehelp is deur die aksies van anti-Suid-Afrikaanse organisasies.
Gedurende die opvolgende 20-25jaar is nuwe dimensies tot Suid-Afrika se sekerheidsituasie toegevoeg. Sy posisie is nadelig geraak deur verwikkelinge soos die algehele wapenverbod (1977), Kubaanse betrokkenheid in Suidelike Afrika en die groeiende bedreiging van terroristebewegings.
DIE UURGLAS LOOP UIT (10)
DIE BOEKE IS GEOPEN
“En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:12,15).
Paulus het nooit die evangelie verkondig sonder om na ʼn baie belangrike waarheid te verwys nie nl. dat elke mens met die oordeelsdag rekenskap van sy lewe voor Jesus sal moet gee nie:
“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).
Dis ʼn waarheid wat gelowiges verbly en ongelowiges baie ongemaklik maak. Net voor sy teregstelling vermaan Paulus die jong Timoteus om hierdie waarheid te bly verkondig. Hy skryf dat die mense van die laaste dae dit nie meer sal wil hoor nieomdat hulle ʼn renons in hierdie waarheid gaan hê (2 Tim.4).
DIENSBAAR AAN GOD – DIE ENIGE HERE
Hannes Ollewagen
Deut. 6:1-25
“Hoor, Israel, die HERE onse God is ’n enige HERE.Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.” (:4-8).
Die Here herinner sy volk daaraan hoedat Hy hulle van hul slawerny in Egipte verlos het. Hy beveel hierdie volk wat Hy vir Homself as eiendom verkry het om hulself met oorgawe aan Hom te wy. Hy eis hul onverdeelde liefde en trou.
Die God waarvan ons in Deuteronómium lees, is dieselfde God wat ware gelowiges wat in God Drie-enig glo vandag nog aanhang en aanbid. Dit is die God van Abraham, Isak en Jakob. Dit is die God van Dawid, die God wat sy geliefde Seun, Christus Jesus, na die aarde gestuur het om sy volk met sy kosbare bloed te koop. Dit is die onsienlike, onverderflike, alleenwyse God.
“Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.” (1 Tim. 1:17).
Dit is die onveranderlike God.
SA WEERMAG VOOR 1994 (2)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
Geskiedenis van SA Weermag voor 1994
Om volle waardering vir ons destydse weermag te hê is dit goed om 'n kort stukkie geskiedenis sover terug soos die vyftiende eeu, oor die rede vir hulle ontstaan na te gaan.
Ontdekkingsreisigers en handelsvaarders het reeds sedert die laat vyftiende eeu om die Kaap die Goeie Hoop gevaar, maar niemand het dit belangrik genoeg geag om 'n permanente teenwoordigheid aan die suidpunt van Afrika te vestig nie. Die eerste permanente nedersetting het in 1652 tot stand gekom nadat toenemende handelsverkeer om die Kaap die Hollands-Oos Indiese Kompanjie laat besluit het om 'n verversingspos hier te stig. 'n Klein garnisoen — wat in sterkte tussen 70 en 170 man gewissel het — is vir plaaslike beskerming daargestel. Hierdie mag was nie sterk genoeg nie en is in 1658 deur 'n Burgerwag aangevul.
Die Burgerwag het algaande in 'n kommandostelsel ontwikkel wat bestaan het uit sowel burgers as beroepsoldate wat teen 1670 ter verdediging van die Kaapse Nedersetting opgetree het. Die eerste werklike burgerkommando onder aanvoering van burgeroffisiere is in 1715 goedgekeur en hierdie stelsel het in swang gebly totdat Brittanje die Kaap permanent beset het.
DIE SA WEERMAG VOOR 1994 (1)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG VAN AFRIKA
Ons het in hierdie jaar weer 'n naby blik op die weermag van hierdie land gekry toe hulle tydens die eerste fases van Covid-19 ontplooi is. En wat 'n gesig was dit nie! Die ongedissiplineerdheid, korrupsie, onvermoë en magsbeheptheid van onopgeleides is 'n skande en wil mens dit werklik nie die Suid-Afrikaanse Weermag noem nie! Kom ons kyk weer na hoe 'n ware weermag lyk, en dan onthou ons wat 'n voorreg ons gehad het toe ons 'n waardige, gedissiplineerde en trotse weermag in die apartheidsjare gehad het.
Die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), wat allerweë as die mees gedugte krygsmag op die vasteland van Afrika beskou is, dieselfde instrument waarmee miljarde rande aan die jarelange grensoorlog vir die landsbeveiliging teen terrorisme spandeer is voordat Suid-Afrika uiteindelik aan dieselfde terroriste persent gegee is (nie omdat die weermag te swak was nie maar omdat Afrikanerleiers die volk en hulle land verraai het), het uit vier vertakkinge bestaan. Die Leër, die Lugmag, die Vloot en die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD) se hoofkwartiere was almal in die Pretoriagebied geleë. Hulle is deur nog een ondersteuningsdiens aangevul, naamlik die afdeling van die Kapelaan-generaal.
‘N SIEK WÊRELD WORD SIEKER
Aangesien 'n nuwe soort entstof vir COVID-19 binnekort op ons afgedwing gaan word, bevraagteken meer mense die doeltreffendheid en veiligheid van die entstofprotokol. Om vreemde stowwe in die liggaam in te spuit om inflammatoriese reaksies te hiperstimuleer in die hoop dat die immuunstelsel kunsmatige immuniteit sal ontwikkel, is werklik wat dit is: HOOP; want daar is baie meer gevare aan verbonde as wat die meeste mense van bewus is .
In Amerika was daar reeds baie jare allerhande wetgewing wat mense verplig het om talle inentings te ontvang. Dis eers later wat Suid-Afrika in ‘n mate gevolg het deur kinders se inentings verpligtend te maak.
Dat die Covid-19 se entstof verpligtend sal word is verseker. Vir die Geldmag hang alles hiervan af om só die bevolking van die wêreld in hulle mag te kry. Daar is nie ‘n beter metode om die massas te verplig om ‘n mikroskyfie te ontvang nie. En sodra dit gedoen is, het Big Brother digitale toegang tot en beheer oor al die persoonlike inligting van die persoon wat die mikroskyfie saam met die inspuiting ontvang het. Maar wat nie vir die mense gesê word nie, is dat daar ook ernstige gesondheidsnagevolge aan verbonde is. Dit is reeds jare wat veral die Amerikaners al ernstiger teen inentings weerstand bied omdat hulle gesien het wat dit aan hulle gesondhede doen.
Die Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming en die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie hou 'n databasis van inligting oor nadelige gevolge van die toediening van entstowwe wat in die Verenigde State gelisensieer is. Die databasis heet die Vaccine Adverse Event Reporting System (VAERS), 'n federale program geskep ingevolge die Wet op Nasionale Inenting van Kinders in 1986.
DONASIES AAN BRAND-GETEISTERDE VRYSTAAT-BOERE
Met alle eer aan ons Here: die fonds staan reeds op R57,600.00
Geagte lesers,
Gelofteland en van sy lesers het die hartsbehoefte om ons volksgenote wat soveel in die onlangse brande verloor het finansieel by te staan. Daar is talle donateurs wat vragte welkome produkte vir dier en mens na die noodplekke aanry maar die fondse is nog min.
In die verlede het ‘n paar frontorganisasies help fondse insamel vir ons boere in moeilike omstandighede maar ongelukkig ook groot bedrae agtergehou. Met hierdie poging wil ons dit probeer teenstaan en onderneem Gelofteland om elke skenking, klein of groot, aan die brandslagoffers te besorg. Daarom het ons besluit om van ‘n blanke organisasie in Viljoenskroon in die Vrystaat gebruik te maak wat al reeds drie jaar lank hulpbehoewende blankes maandeliks voorsien van noodsaaklike lewensmiddele. Deur middel van hulle geregistreerde nie-winsgewende organisasie kan ons verseker wees dat al die fondse wat in die onderstaande bankrekening inbetaal word, die brandslagoffers sal bereik. Alle transaksies sal deursigtig hanteer word en enige in- en uitbetalings kan nagegaan word deur enigiemand wat daarin sou belangstel. State kan aangevra word by die epos-adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Enige donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:
Viljoenskroon Huisgemeente (NPO)
Eerste Nasionale Bank
Tjekrekening
Rekeningnommer: 627 869 017 38
Takkode: 231 136
Verwysing: Hulpfonds (Onthou om die woord “Hulpfonds “ as verwysing te gebruik vir die brandfondsrekening)
DIE ROOF- EN BRANDKULTUUR
Diefstal veroorsaak slegte rasseverhoudings
ʼn Kort geskiedkundige oorsig
Ds A. E. van den Berg
“Toe Boere hul in die binneland vestig het, het 'n nuwe gevaar kop uitgesteek - die Xhosas. Hierdie oorlogsugtige volk het in 1779 deur die Visrivier getrek en boere aangeval waarna hulle deur ʼn burgerkommando oor die grens verdryf is. Tien jaar later is duisende stuks vee geroof en 116 van die 120 plase tydens ʼn tweede aanval afgebrand... In 1834 het 15,000 booswigte die Visrivier oorgesteek en alles in hul pad tot so ver as Uitenhage verwoes. Benewens perde, skape en beeste wat geroof is, is 22 boere vermoor en 456 plaashuise afgebrand... Boere moes dikwels aanskou hoe hulle plaashuise afgebrand en vee geroof word. Weerlose vroue en kinders is dikwels verkrag, gemartel en wreed vermoor sonder dat dit die owerheid gekeer het. ”
Inleiding
Buitelanders het Boere van meet af aan gereeld die skuld vir plaaslike swak rasseverhoudings gegee. John Barrow se Travels in to The Interior of Southern Africa (1806) het baie hiertoe bygedra. Dit was ʼn sameflansing van feite en leuens en ‘n skaamtelose aanval op die karakter van die Boerevolk. Die geskiedenis leer egter dat blankes nie vir die swak rasseverhoudings beskuldig kan word nie. Diefstal is en bly die hoofoorsaak. Solank as wat daar aan die suidpunt van Afrika gesteel word, is goeie rasseverhoudings onmoontlik.
DIE UURGLAS LOOP UIT(9)
As die duiwel losgelaat word
Ds A.E. van den Berg
“En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word” (Openb.20:7).
Dis erg om in ʼn land te leef waardie owerheid booshede vrye teuels laat geniet. So ʼn owerheid beantwoord nie aan God se doel van owerheidsinstelling nie:
“Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf” (Rom.13:1-4).
Die owerheid is juis deur God ingestel om booshede te stuit sodat mense in rus en vrede kan leef. Die Bybel waarsku egter dat sodra Satan net voor die wederkoms losgelaat word, owerhede werktuie in diens van Satan sal word.
Jesus waarsku gelowiges om die Openbaringboek nie toe te maak nie, want dan gaan booshede hul onverhoeds betrap. Openbaring gee nie ʼn volledige relaas van wat in hierdie kort tydjie van loslating gaan gebeur nie, maar slegs aanduidings wat ons met inligting elders uit Openbaring en die res van die Bybel moet aanvul.
LIEFDE VIR GOD OF...
LIEFDE VIR DIE WêRELD?
Hannes Ollewagen
1 Joh. 2:3-17
“Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” (:15-17).
Geliefdes, wat ‘n uitdagende vermaning is dit nie wat ons hier ontvang nie! Ja, as ons absoluut eerlik moet wees, sal ons ruiterlik erken dat ons almal dikwels hierin struikel. Ons is dan hier op aarde. Ons leef dan hier. Ons bring dag na dag ons tyd hier deur. En in die proses streef ons daarna om die tyd hier benede so gelukkig as moontlik te wees. Ja, ons wens om voorspoedig en gelukkig te wees. Ons raak ongelukkig dikwels in die nastrewing van ons geluk en voorspoed so maklik daarin verstrengel om ons doelwitte te bereik dat ons God se wil nie meer in ag neem nie.
Wanneer ons kyk na die lewe van onse Here Jesus Christus hier op aarde was sy voorbeeld presies die teenoorgestelde. Hy het nie vir een oomblik daarop aangedring dat sy begeertes voorrang moet geniet nie. Hy het nie vir een oomblik dit onder diegene rondom Hom se aandag gebring dat Hy eintlik die Koning van alle konings is om vir Homself gemak en onderdanigheid van ander te bewerk nie.
VETERAAN KUBAANSE MOTORS...
...EN KERKGEBOUE
Ds. A.E van den Berg
Kuba het sedert die vroeë 20er jare van die vorige eeu vir 50 jaar motors uit Amerika ingevoer. Na die Kubaanse Rewolusie het Castro die invoer van alle Amerikaanse motors asook onderdele verbied en was die Kubane genoodsaak om die motors self aan die gang te hou
Daar is nagenoeg 60,000 van die veteraanmotors in Kuba waarvan ongeveer 50% uit die vyftiger jare, 25% uit die 40er jare en 25% uit die 30er jare kom. Die motors word dikwels as erfstukke hanteer wat van die een geslag na die ander gaan. Die gebrek aan vervangingsonderdele het die plaaslike bevolking verbasend bedrewe in die instandhouding van hierdie voertuie gemaak.
Vandag is Kuba as’t ware ʼn lewende museum vir veteraan Amerikaanse motors. Die ou voertuie is nog steeds aan die gang met onderdele wat nie oorspronklik daarvoor gemaak is nie. ʼn 50er jare Chevy met ʼn Russiese dieselmasjien is ʼn algemene gesig in die strate van Havana.
Talle van die motors se ruite draai nie meer af nie, of die verfwerk is met lae verf opgedoen. Die oorspronklike masjiene bestaan feitlikglad nie meer nie. Dis met Russiese dieselmasjiene vervang. Indien ʼn motor onherstelbaar is, word dit vir onderdele gebruik.
Hierdie veteraanmotors laat my aan van ons eens trotse Protestantse kerke dink. Die uiterlike (bakwerk) is nog dieselfde, maar die leer (meganiese aandrywing) iets geheel anders!
DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (3)
Ds A.E. van den Berg
DIE TIEN GEBOOIE IN RYMFORMAAT
1. Eer geen afgode in jou lewe meer
2. En sak nie op jou knieë voor een van hulle neer
3. God se Naam is heilig, moet dit nooit misbruik
4. Moet ook nooit sy rusdag vir ander dinge gebruik
5. Eer jou ouers en soek met niemand skoor
6. Dan sal jy nooit ‘n mens vermoor
7. Die huwelik is heilig, ag dit rein
8. Neem nie van ander al is dit hoe klein
9. Vertel die waarheid en wees daarvoor lief
10. Los dit wat aan ander behoort, asseblief!
DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (2)
DIE BOEKE VAN DIE BYBEL IN RYMFORMAAT
In Genesis is die wêreld deur God, die Skepper, gemaak
En in Exodus het sy volk van slawerny vrygeraak
Levitikus bevat die wet en wat dit vir die lewe sê
Terwyl Numeri baie klem op geslagsregisters lê.
In Deutonomium hoor ons van God se kragtige hand
En in Josua van Israel in die beloofde land.
Rigters vertel van Simson, kragteloos en blind
Terwyl Rut as vrou by God ‘n welgevalle vind.
In die boeke van Samuel lees ons van manne van naam
So ook in Konings as ons dit reg verstaan.
Kronieke vertel hoe Juda in ballingskap gaan
Waarna God deur Esra vir hul die pad na vryheid baan.
Jerusalem se mure word in Nehemia herbou
Terwyl bose planne in die boek Ester ontvou.
DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (1)
Ds A. E. van den Berg
DIE SEWE WONDERS VAN GOD SE WOORD
Daar word dikwels van die sewe wonders van die wêreld gepraat, maar wat van die sewe wonders van die Bybel?
- Die wonder van sy ontstaan. Die wyse waarop dit ontstaan en oor ‘n tydperk van 1500 jaar gegroei het, is een van die wonders van alle tye.
- Die wonder van sy eenheid. Alhoewel dit net een boek is, is dit in werklikheid ‘n biblioteek van 66 boeke.
- Die wonder van sy ouderdom. Dis die oudste van alle boeke.
- Die wonder van sy verkope. Dis die wêreld se topverkoper.
- Die wonder van sy belangstelling. Alle mensegroepe lees dit.
- Die wonder van sy taal. Alhoewel dit hoofsaaklik deur ongeletterdes geskryf is, getuig dit van hoogstaande litirêre gehalte.
- Die wonder van sy bewaring. Dis die mees gehate boek, desondanks bly dit vir ewig bestaan.
VERDEEL EN HEERS
Johan Hack
Die ANC met hul kommunistiese metodes het een strategie naamlik “Divide and conquer” of Verdeel en heers deur baie jare suksesvol gebruik, veral onder Afrikaners in hulle kerke.
Hierdie strategie word ook voluit op die ANC-staatskole toegepas waar kinders nie onder die toesig van ouers is nie en skaamteloos blootgestel word aan breinspoeling. Dis breinspoeling van die bevrydingsteologie en die verdraaing en selfs algehele vervanging van ons Afrikanergeskiedenis, soms nie eers subtiel ingewerk in die liberale leerplanne nie. Selfs sommige Afrikaanse onderwysers doen lustig hieraan mee solank die salarisse in hulle bankrekening verskyn.
So word ons kinders met ‘n skuldgevoel groot wat hulle soos ‘n skaduwee volg sou hulle iets dink of sê wat die moontlike menswaardigheid van ander volke kan afbreek. Dit terwyl blanke Afrikaners se menswaardigheid deur hierdie einste volke nie in ag geneem word nie. Laat ons dit duidelik stel aan almal wat aan die misleiding van ons kinders deel het deur hulle taal, geskiedenis en veral Christelike waardes en normes volgens die ware Woord van God te verdraai: “En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in my glo, laat struikel, dit is beter vir hom as n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.” (Markus 9:42)
DIS HERVORMINGSONDAG
Weiding of vermaak?
Ds A.E. van den Berg
“ Toe hulle klaar was ..... vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei”(Joh.21:15).
Van al die gawes waarmee God die mensdom geseën het, is Evangeliebediening een van die heel grootstes. Die eerste Christengemeentes het dit as ʼn gawe van God beskou waarmee bekeerlinge gewerf en gelowiges opgebou is. Daarvoor was geestelike herders nodig om God se kuddes in die voedsame grasvelde van suiwere Skrifbediening te laat wei:
“Toe hulle klaar was ..... vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei” (Joh.21:15).
Satan het egter die Evangeliebediening van meet af aan teengestaan en die kerk probeer vernietig deur dit eers van buite en daarna van binne af aan te val. Die aanval van buite af het met die steniging van Stefanus begin waarna die Romeins-Joodse vervolging gevolg het. Toe dit egter nie aan die verwagting voldoen nie, het Satan van strategie verander en met dwaalleer in die boesem van die kerk opgeduik en met dwaalleraars geteister: