Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Niemand saai koring en oes daaruit mielies nie. As jy die ewige lewe wil oes, moet jy die saad van die Gees saai. Wie die vlees saai, oes nie die hemel nie!
JOHANNESBURG, O JOHANNESBURG!
Deur Medewerker
“Maar toe daal die “nuwe” Suid-Afrika op ons neer. Oor die politiek agter daardie besluit wil ek hier nie veel uitwei nie, behalwe dat elkeen wat nugter oor die saak nadink vandag moet erken, dit ‘n fatale besluit was gesien die gevolge wat dit nie net vir die Afrikaner inhou nie, maar vir al die mense van ons land.”
Elders lees ek op Judy Ward, ‘n vriendin van my uit die jare toe beide van ons dosente was in Johannesburg, se Facebook-blad, oor die verval in Krugersdorp. Foto’s is natuurlik die beste bewys van die verval wat nie alleen daar nie, maar in die res van ons land so opmerklik (en grusaam om te aanskou), aan die orde van die dag is. Die reaksie van mense is al voorspelbaar: “skande”. Tog wil ons nie erken dat ons hulpelose toeskouers van hierdie verval geword het nie.
En voor mens die vraag probeer beantwoord; “waar gaan dit eindig?”, kom ons ervaar so bietjie“heimwee” oor wat was, ten einde opnuut te besef hoe dramaties dinge verander het. In net sowat 27 jaar.
ONTHOU U NOG DIE TEER EN VEER VAN FLOORS DIE VERRAAIER?
|
qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnm
|
|
DIE TEER EN VEER VAN PROF F.A. VAN JAARSVELD deur Herman Victor in ons FAMILIEGESKIEDENIS Saamgestel deur Petrus Louwrens Victor
April 2020 |
Soos beskryf deur Herman F. Victor, broer van die samesteller van hierdie boek
AGTERGROND
Die laat sestiger- en sewentigerjare getuig van ʼn ingrypende beleidsverandering by die Nasionale Party. Die demografiese projeksies het totaal misgetas wat die bevolkingsgroei van die swart etniese groepe betref en te min swart volkere het ingekoop in die swart tuislandbeleid wat die totstandkoming van swart volkstate ten doel gehad het. Gegewe die feit dat S.A. op die Engelse model van die burgerstaat geskoei is, het die N.P. toenemend die idee van ʼn eenheidstaat, ʼn “Nuwe S.A.”, begin propageer. Die stemvee moes op elke denkbare manier beȉnvloed word om hulle met dié gewysigde strewe te vereenselwig.
ETNOMASOCHISME
Die veragting vir eie ras
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Etnomasochisme is ʼn betreklik nuwe begrip wat in die 20ste eeu ideologiese vorm verkry het toe sekere vrysinnige blankes hul eie ras begin verag en nie-blanke rasse begin ophemel het. Dit wat as ʼn klein stroompie op die politieke akker begin het, is tans ʼn sterk stroom wat blankes toenemend met skuldgevoelens besoedel. Omstrede kerklui, akademici en opvoedkundiges verdrink in die proses om vir swartes ʼn anker te wees.
Etnomasochisme is egter nie tot Suid-Afrika beperk nie maar neem ook ernstig in die VSA toe. Sekere blanke komediante maak gereeld haatlike grappe oor rasgenote en musikante skryf haatlirieke teen hulle. Dis alles aan ʼn vrees vir moontlike swart vergelding te wyte. Hulle wil die beeld skep dat hulle baie anders as die gemiddelde blanke is en pleeg in der waarheid selfbeeldmoord.
SKOKKENDE VERRAAD VAN NG KERK
http://www.glodiebybel.co.za/skokkende-geskiedenis-van-die-ng-kerk-sedert-2000/
Daniel Louw het gister ‘n baie volledige stuk geskiedenis van die skandes en skokkende verloop van sake in die NG Kerk op die webblad waarvan die skakel hierbo is, gepubliseer. Dit kan hieronder gelees word maar lesers word aangeraai om die webblad self te besoek en daar van die talle skakels gebruik te maak vir meer volledige inligting.
Gebeure in die kerk word redelik chronologies weergegee en die artikel is ‘n uitstekende poging om die verraderlike pad wat hierdie kerk gestap het tot ondergang en oorgawe van ons volk ter skrif te stel. Dit laat mens weer onthou hoe ons volk deur volksgenote uitgelewer is, nie deur vreemdelinge nie. Die verraad in ons midde is in werklikheid so skokkend groot dat mens wonder of God nog genade sal betoon aan die handjievol behoudende volksgenote!
Skokkende geskiedenis van die NG Kerk sedert 2000
2021-03-21 Daniel Louw
Kyk ook die volgende skakels:
- Die NG Kerk en homoseksualiteit
- Die NG Kerk en die duiwel/bose
- Die NG Kerk en skrifgesag
- Die NG Kerk en Jesus se maagdelike verwekking
- NG Kerk algemene sinodes
- NGK teologiese fakulteite laat ’n slagveld agter
- Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite
- Lys van pleitskrifte aan NG Kerk leierskap
- Lys van teoloë wat liberale uitsprake gemaak het
Inleiding
Ons is in die jaar 2021. In die NG Kerk kan jy self besluit wat jy oor homoseksuele verhoudings (ook bekend as selfdegeslagverhoudings (SGVs)), die duiwel en seks voor die huwelik glo. Die maagdelike verwekking en Jesus se liggaamlike opstanding staan sover nog vas soos dit ook in die Bybel en belydenisskrifte bepaal word, maar daar is reeds baie predikante en teoloë wat dit, alhoewel versigtig, bevraagteken en daarmee wegkom.
NÁ DIE DOOD ?
Waarheen gaan ons ná die dood?
Ds A.E. van den Berg
“En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem” (Luk.16:22,23).
Statistiek toon dat 56 miljoen mense jaarliks sterf. Dit is 155,000 per dag, 6500 per uur, 108 per minuut en 2 per sekonde. Die dood is ʼn harde werklikheid! Tog is talle verhale van mense wat beweer dat hulle gesterf, hemel toe was en teruggekeer het om daarvan te vertel in omloop. Boeke daaroor verkoop by die miljoene al weerspreek sommiges mekaar. Wat moet gelowiges glo? Glo die Bybelse weergawe van die lewe na die dood soos in Luk.16:19-31opgeteken is.
Die Bybel sêdat die mens uit die stof van die aarde (materie) gevorm is en God lewensasem (siel) in hom geblaas het. Ons het geestelike sowel as materiële elemente. Ons geestelike element laat ons juis na God verlang en Hom bewustelik in ons eie lewens soek: Jesaja sê:
“Met my siel begeer ek U in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U.” (Jes.26:9).
Die dood is ʼn ewige skeiding. Niemand keer dit nie; selfs nie die slimste dokter nie. Woestynbewoners sê die dood is die swart kameel wat op een of ander tyd by elkeen se tent inloop.Salomo skryf:
BLY IN SY LIEFDE
Hannes Ollewagen
Joh. 15:1-27
“Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.” (:9&10).
Elke mens het ‘n behoefte daaraan om liefgehê te word. En luister na die wonderlike liefdesverklaring van God aan ons uit sy Heilige Woord.
“Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.” (:9).
Dit is geen mens wat hierdie verklaring maak dat ons aan die waarheid en egtheid hiervan hoef te twyfel nie. Geliefdes, hierdie verklaring word deur die Seun van God self gemaak – dit is eg, opreg en waar. En dit is nie sommer leë woorde nie. Hierdie liefde van God vir ons is aan ons bewys deur sy lewe wat Hy vir ons gegee het.
“...en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.” (Efés. 5:2).
WÊRELDWYE PROTESOPTOGTE TEEN DIE COVID-KLUG...
...WAAR STAAN SUID-AFRIKA?
Môre op 20 Maart 2021 vind daar in die meeste lande groot protesoptogte plaas oor die hele Covid-klug. Protes teen die dra van maskers, protes teen inperkings, protes teen toetsing vir die sogenoemde virus, en protes teen die giftige inentings is alles dinge waarteen in fyn besonderhede geprotesteer gaan word. Veral die leuenrol wat die media hierin speel sal aandag geniet.
In Japan is daar in baie stede optogte gereël, nie net groot stede soos Tokio nie. Dieselfde geld vir ander lande en die bevolkings van Amerika, Australië, Kanada, Duitsland, Italië en talle ander lande gaan in spangees saam betoog oor die grootste misdryf teen die mensdom ooit, die Covid-klug.
Dit laat mens wonder waar Suid-Afrika staan. Is ons werklik die mees oningeligte land ter wêreld as dit by die waarheid oor die virus-kabaal kom? Natuurlik hou die hoofstroommedia die protesreëling stil soos met alles gedoen word waarvan hulle nie wil hê ons moet weet nie, maar hoe weet soveel ander lande daarvan? En hoe het hulle saam oor 'n datum vir die vertoon van hul solidariteit besluit?
Die waarskynlikste antwoord is dat Suid-Afrikaners al die strooi wat hulle op TV-nuus en veral die Afrikaanse radiostasies hoor vir soetkoek opeet. Die komplot teen die mensdom is so groot dat dit vir die meeste goedgeaarde Afrikaners totaal onmoontlik klink en hulle liewer die leuens glo. Die ander rede is dat ons mense nie meer wyd lees nie, dit is te veel moeite want dis makliker om sepies en twaknuus te sit en kyk. Die media slaag grootliks daarin om navorsers van die waarheid as samesweerders af te maak terwyl die komplot van die Nuwe Wêreldorde om die mensdom digitaal te verslaaf die eintlike sameswering is.
Wat gaan dit neem om wakker te skrik voor al ons kinders met gifstowwe ingespuit word bloot omdat dit afgedwing sal word. Moenie 'n woord glo wat oor die nuus vir u vertel is dat dit nie afforseer sal word nie; dit sal nog wetgewing word soos in Israel en nou in Amerika besig is om te gebeur. Waarom moet mense eers alles verloor voordat hulle bereid is om te veg, dit wanneer daar niks meer oor is om voor te veg nie!
INENTING-SLANG IN DIE GRAS
Dit is nie net in Israel waar die strop al nouer om die bevolking se nekke getrek word nie; die Amerikaners is hewig in opstand oor die rigting waarin verpligte inenting nou beweeg. Jongmense en selfs babas gaan blykbaar nou gedwing word om die inentings te ontvang, net soos in Israel waar die kinders nie eers hulle eksamen mag gaan skryf tensy hulle ingeënt is nie. Dit nadat die COVID-19 oorlewingsyfer by kinders en jong volwassenes vanaf geboorte tot 19 jaar ‘n uitstekende 99,997% is . Onder die kinders wat in die hospitaal opgeneem is, is slegs 0,19% van die kinders aan COVID-19 oorlede. Hier is duidelik ‘n yslike slang in die gras is.
Ten spyte van die feit dat COVID-19 min invloed op kinders gehad het, is gesondheidsbeamptes in ‘n paar lande besig om druk uit te oefen vir die wydverspreide inenting van kinders en jongmense. Die Universiteit van Oxford, wat saamwerk aan 'n COVID-19-entstof met AstraZeneca, skryf reeds kinders tussen die ouderdom van 6 jaar tot 17 jaar in vir hul Britse inentingsproefneming ten spyte daarvan dat 'n COVID-entstof vir babas en kinders net so gevaarlik en dwaas is soos die entstof teen hepatitis B vir babas.
Moderna skryf ook 3000 kinders tussen die ouderdom van 12 tot 17 in om hul COVID-19-entstof te toets, met nogal dieselfde dosis wat aan volwassenes gegee word, terwyl Pfizer ook sy kliniese toetse uitgebrei het tot kinders so jonk as 12. Johnson & Johnson het selfs aangekondig dat hy op 28 Februarie 2021 begin het om COVID-19-entstof op babas te toets, insluitend pasgebore babas, swanger vroue en mense met 'n aangetaste immuunstelsel, alles dinge wat totaal teen die grein van vorige ervarings en kennis inwerk.
VOLKSMOORD OP SY BESTE!
Die uitvoerende hoof van Pfizer wat Israel van miljoene dosisse Covid-entstof voorsien het, Albert Bourla, sê Israel is die wêreld se laboratorium, menende Pfizer is besig om sy entstof op die Israeli’s te beproef.
En wat gaan werklik in Israel aan?
Daar is reeds 90% van alle Israeli’s ouer as 60 ingeënt. En nou na twee maande van intensiewe massa-Pfizer-inentings het die aantal sterftes verdubbel, twee maal hoër as wat dit nog ooit was. Ook die Covid-gevalle het skerp gestyg sommer reeds die eerste maand van inentings waarvan 76% van die nuwe gevalle mense onder die ouderdom 39 is. Slegs 5,5% is ouer as 60. Het die inentings die rigting van die infeksie na ‘n ander demografie verskuif, of het die entstowwe ‘n meer virulente stam van die virus geskep wat jonger mense teiken? Waarom het swanger vroue skielik almal kritieke sorg nodig en waarom het Covid onder babas die hoogte ingeskiet met ‘n yslike 1,300%? Algehele positiewe toetse neem toe, en die R is hoër as 1, wat aandui dat die epidemie versprei. Dit kom voor by die meeste volwassenes wat ingeënt is en byna die hele hoë risiko-populasie is volledig ingeënt.
Hier is 'n uittreksel uit 'n onderhoud met die joernalis Gilad Atzmon wat verduidelik wat werklik gebeur het:
“Nadat die inentingsveldtog begin het, het ons 'n baie interessante verskuiwing gesien. Terwyl die Ortodokse Jode in 'n groot mate die inspuiting gekry het, het die Palestyne (Israeliese Arabiere) nie hierdie patroon gevolg nie. In die vroeë stadiums van die inentingsveldtog in Januarie, het ons 'n styging van 15 keer soveel siektes in die Ortodokse Joodse segment gesien, terwyl ons 'n beduidende daling (in siektes) in die Israeliese Arabiese segment gesien het. Deur nie die entstof te neem nie, het die vlak van siektes skerp gedaal. Toe begin ek agterkom daar is 'n verband tussen die inenting en siektes. ”
AFRIFORUM: SELFVERKLAARDE VYAND...
...VAN DIE AFRIKANERVOLK!
“Die politiek in Suid-Afrika is tans baie deurmekaar en konsepte soos nasionalisme, liberalisme, konserwatisme, Sosialisme en kommunisme word op allerlei verwarrende maniere aan die publiek voorgestel in die media en deur politici. Maar daar sal 'n dag kom wanneer al die ander '-ismes' en konsepte sal vervaag en irrelevant sal word. Wanneer dít gebeur, sal die keuse vir Afrikaners eenvoudig wees – hulle sal moet kies tussen Afrikanernasionalisme of kommunisme. Niks anders sal relevant of ter sprake wees nie…”
Met hierdie woorde het die Afrikanervolk se grootste politieke profeet van die 20ste eeu, Jaap Marais, kort voor sy dood 'n situasie voorspel wat waarskynlik binnekort sal realiseer in Suid-Afrika. Weens verskeie redes word Afrikaners tans nog wysgemaak dat daar selfs teenoor liberalisme nog opsies na die regterkant van die spektrum is. Die "konserwatiewes" van ouds het met die laaste verkiesing duisende ontgogelde Afrikaners, wat die afgelope 20 jaar by die liberale DA gaan inkruip het, weer in hul geledere terugverwelkom.
Heel ironies het hierdie natuurlike verskuiwing van denke en stemme álles te make met rassepolitiek, terwyl daar deur die breinspoel-mediamasjien van die liberaliste gepropageer word dat rasse-politiek uitgewis moet word in Suid-Afrika. Intussen het die "konserwatiewes" ook oor die afgelope 25 jaar 'n gedaanteverwisseling ondergaan. Die rede vir hulle bestaan is eintlik hul versugting na 'n "volkstaat", soos hulle in 1994 verkondig het. Dit was natuurlik net na daar besluit is om hul generaals se krete van "maak nog net één boer dood en daar is oorlog" te verruil vir onderhandeling met die terroriste, deelname aan die verkiesing en 'n "Volkstaatraad", waar so 20 van hul leiers vir 'n tyd lank as gaste van die ou terroris en kommunis, Nelson Mandela, so bietjie sous op die soustrein kon geniet.
GOD VRA BETROUBARE LEIERS
“Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel diè aan oor hulle...” - Ex.18:21
Het die kerk 'n sê oor politiek of moet sy haar liefs daar uithou? Die algemene gevoel by die meeste mense is dat sy haar uit die politiek moet hou. Dis die verkeerde ding om te doen; die kerk is dan God se spreekbuis! Is daar dan iewers ʼn lewensterrein waar God niks te sê het nie? Swyg die Bybel miskien oor politieke sake? Allermins! Die Bybel praat verrassend baie oor politiek en gee ook baie duidelike aanwysings oor hoe dit gedoen moet word. Die Bybel slaan geen lewensterrein oor nie, ook nie die politiek nie!
Politiek is nie ʼn vuil ding soos mense beweer nie, maar ʼn heilige saak. Dis die sinvolle ordening van ʼn gemeenskap ten einde mense in vrede en geregtigheid te laat woon en werk. “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40).
God is 'n God van orde, en Satan verlustig hom weer in chaos. Oral waar daar chaos heers, regeer Satan. Mense en volke wat God liefhet, leef ordelik, maar hulle wat Hom haat ervaar geen orde nie. Kyk maar net wat met ons eie land gebeur het nadat die Christelike grondwet afgeskaf is – gemiddeld 60 moorde per dag!
IN ‘N DOODLOOPSTRAAT
Ds A.E. van den Berg
“Bekeer ons tot U, Here, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd” (Klaagl.5:21).
Daar is niks so hartseer as om in tye van swaarkry na die goeie ou dae van die verlede te verlang nie; veral as jy weet dat die swaarkry jou eie skuld is. Dit het met Juda gebeur. God het Juda deur Jeremia 40 jaar lank gewaarsku dat hulle verkeerde paaie loop en dat Hy hulle gaan straf.
Hulle het nie luister nie waarna God vir Babilon, ʼn gedugte vyand, as ʼn karwats in sy hand gebruik om Juda ʼn loesing te gee. Dit het in Augustus 586vC gebeur toe Jerusalem ingeval, die tempel verwoes en die stadsmure platgeslaan is. Daarna is die inwoners in drie sarsies as ballinge na Babel weggevoer. In die boek Klaagliedere huil Jeremia oor wat hy sien – die verwoesting van die glorieryke stad wat deur die Jode as onvernietigbaar beskou is omdat dit God se aardse setel was.
Die val van Jerusalem is deur ongekende barbaarsheid gekenmerk. Mense is doodgemaak en vroue en dogters verkrag:
“Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda” (Klaagl.5:11).
BRING ONS OFFERS VAN DANK?
Hannes Ollewagen
Ps. 147:1-20
“Sing ‘n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter; wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.” (:7-9).
Geliefdes, is dankbaarheid nie ‘n eienskap wat in ons dae al meer skaars word nie? Die mens wie se gedagtes deur die humanisme besmet word, is in sy eie gedagtes op alles geregtig. En hoe sal ‘n mens dankbaar kan wees vir enigiets wanneer jy in alles voel dat jy in elk geval daarop geregtig is? Ons kan daarom met reg sê dat die humanisme reg teenoor die ware Christelike geloof staan. Die humanis verag God deur sy beskouïng dat hy ‘n reg op alles het. Hy stel hierdeur dat daar vir niks enige dank of eer aan God toekom nie. En dit is lynreg in teenstelling met die lering uit God se Woord. “Die een wat dank offer, eer My; ...” (Ps. 50:23).
Geliefdes, ten spyte van koning Dawid se foute en ook sy sondes teen God, het God hierdie man innig liefgehad. God het gesien dat Dawid Hom opreg liefhet en eer. Dink maar aan die lewe van koning Dawid. Hy wou uit dankbaarheid vir God se goedheid vir Hom ‘n huis bou. Hy het uit dankbaarheid vir God se goedheid en trou telkens sy dankoffers aan God gebring. Hy het uit dankbaarheid vir God se goedheid en trou vir God lofliedere en Psalms geskryf en in gebede sy diepe dankbaarheid voor God uitgespreek. Ja, geliefdes – koning Dawid was ‘n dankbare man.
GEEN REDDING BINNE ROME
Ds. A.E van den Berg
Oral waar die kerk van Christus gevestig is, was die Satan gereed om sy kapel van misleiding op te rig. Die ideologiese samesmelting van die ou Romeins-Babiloniese godsdienste met die vroeë kerk is so ʼn voorbeeld wat die Roomse Kerk (RK) betreklik vroeg op die kerktoneel laat verskyn het.
Die eertydse Roomse kerkleiers was nie met die eenvoud van die oorspronklike kerk tevrede nie en het mettertyd heidense gebruike van Christelike name voorsien en in die kerk gevestig. Die gevolg was dat ʼn heidense duisternis op die kerk toegesak het wat in die geskiedenis as die Donker Eeue bekend staan omdat die lig van Christus ontbreek het.
Die Roomse leer verskil so ingrypend van die Bybel, dat daar vir lidmate geen kans op redding is nie. Die leer van die wedergeboorte deur die doop, redding deur kerklidmaatskap, regverdiging deur goeie werke, boetedoening, vagevuur, die aanbidding van Maria en gebede vir dooies is skadelike dwaalleer. ʼn Amerikaanse teoloog wat 18 jaar lank ʼn deeglike studie van die Roomse leer gemaak het, het bevind dat 82 % van hierdie leer geensins met die Bybel ooreenstem nie.
SO STERF DIE INGEËNTES
Vir diegene wat nog nie ‘n standpunt oor die Covid-inenting ingeneem het nie sal dit raadsaam wees om die artikels daaroor hier op Gelofteland te lees aangesien ons meer en meer sal hoor van mense wat sterf en ander wat dodelik siek word van die entstof. Ons vind dit nodig om ons lesers in te lig oor wat in ander lande en plekke met ingeënte persone gebeur aangesien die hoofstroommedia nie die waarheid daaroor sal berig nie. Hier volg enkele Covid-sterfberigte:
'n Gesonde enkelma van een sterf in Ogden, Utah dae nadat sy haar tweede dosis Covid-19 ontvang het. Dit volg kort op die sterftes van drie ander persone in Utah wat dieselfde inentings ontvang het.
Die familie van Kassidi Kurill (39), sê sy was haar normale energieke self tot 1 Februarie toe sy haar tweede dosis Moderna se koronavirus-entstof ontvang het. Volgens haar pa, Alfred Hawley, het Kurill se gesondheid vinnig agteruitgegaan nadat sy die entstof ontvang het.
Sy het dadelik siek geword, en daarna begin kla dat sy baie vloeistowwe drink maar geen nierfunksie het nie.
DIE NUWE WÊRELD-“ORDE”-CHAOS
Duisende puntenerige onwettige inkommers na Amerika rig nou die oog op Europa
Dit is nie net in Suid-Afrika waar ‘n onbevoegde regering sy burgers verarm en verdruk en die ekonomie vernietig nie, daar is ‘n hele paar lande waar korrupsie hoogty vier waaronder die Spanjaarde, wat tans ernstig daaronder ly.
Sedert die begin van 2020 het meer as 25 000 onwettige vreemdelinge die Kanariese Eilande, 'n eilandgroep voor die kus van Marokko, oorstroom. U sal onthou hoe die Marokkane Nederland oorspoel en die land so onveilig gemaak het dat Nederland se meisies en vroue nie meer in die publiek kon verskyn sonder om gemolesteer te word nie. Nederland se liberale regering was die oorsaak hiervan deur sy grense oop te stel en aan die eise van die Marokkane gehoor te gee.
Nou het 'n groot groep, ongeveer 1,200 onwettige vreemdelinge en aktiviste weer op Tenerife op die Kanariese eilande betoog en geëis dat die Spaanse regering hulle na die vasteland van Europa moet verplaas. Hulle het deur die strate van San Cristóbal de La Laguna opgeruk en by die stadsaal geëindig. Die plaaslike polisie het nie eers probeer ingryp in die proteschaos wat die migrante veroorsaak het nie ondanks wydverspreide oortredings van streng COVID-maatreëls.
ENTSTOF LAAT TALLE STERF
Net soos verwag, lees ons nou elke dag hoe mense siek word en sommiges sterf as gevolg van die inenting teen die Covid-virus. En dit is maar net die begin. Hierdie spel wat die Internasionale Geldmag speel om homself verder te verryk is besig om die lewens van miljoene mense wêreldwyd permanent te vernietig.
In Suid-Korea het die eerste week van die inentings reeds groot ontnugtering meegebring toe dit tot sewe sterftes en 2,800 aangemelde newe-effekte gelei het. Duisende mense is reeds siek van die inspuitings en die Suid-Koreaanse agentskap vir siektebeheer en -voorkoming (KDCA) is besig om ondersoek in te stel na die sogenaamde “veilig en effektiewe” entstof van AstraZenica. Die grootskaalse inentingstog in Suid-Korea begin egter eers volgende maand wanneer 5 miljoen dosisse die land ingevoer word.
In Oostenryk het die Die Oostenrykse Federale Kantoor vir Veiligheid in Gesondheidsorg (BASG) die inentingsproses gestaak sodat daar eers ‘n deeglike ondersoek kan plaasvind na die dood en aangemelde newe-effekte by verskeie mense wat die inspuiting ontvang het. Van die newe-effekte is onder andere ernstige bloedstollingsprobleme en bloedklonte in die longe.
In Israel heers daar totale chaos en paniek noudat die streng inentingmaatreëls op die bevolking afgedwing word. Matrikulante mag byvoorbeeld nie eksamen gaan skryf indien hulle nie die inenting ontvang het nie. Intussen sterf daar hope mense en duisende is dodelik siek van die inspuitings. Ouers is histeries oor hulle kinders wat nêrens in publieke plekke toegelaat word indien hulle nie die inenting ontvang het nie terwyl hulle dodelik siek word en talle daarvan sterf.
ONS LEWE IN CHRISTUS
Hannes Ollewagen
2 Kor. 5:11-21
“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.” (:17-19).
Geliefdes, wat ‘n ontsettende liefde het die Vader nie aan ons bewys nie. Hy wat bereid was om sy Seun, sy Enigste, te offer ter wille van ons versoening met Hom.
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh. 3:16&17).
God het in Jesus Christus die ongehoorsaamheid en opstandigheid teen God, wat reeds van die begin van die skepping af in die mens posgevat het, vernietig. Ja, volgens sy belofte het God in Christus Jesus vir ons ‘n oorwinning oor die Bose bewerkstellig.
“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.” (Gén. 3:15).
PYN HET PLEK IN JOU LEWE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” - Jes.53:5 .
Ons bevind ons vandag in die pylvak van die wederkoms van Jesus en, alhoewel ons nie die dag weet nie, gee die Bybel vir ons voortekens waaraan ons moet weet dat die tyd naby is.
Een hiervan is ’n wêreldwye verval in godsdiens. Kerke gaan die waarheid van God se Woord verlaat. Dit gebeur tans. Kerke bespiegel toenemend of Jesus werklik aan ’n kruis gesterf, uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar het. Gelowiges twyfel vir geen sekonde hieraan nie! Ongelowiges daarenteen soek na tasbare bewyse hiervoor. Hulle glo dat dit versinsels van die mensdom is wat smag om aan iets te glo.
Ons geloofsoortuigings word vandag uitgedaag soos nooit ooit tevore nie.
Dis moeilik om geloofsoortuigings te bewys want ons het teoreties min om op die tafel te sit. Al wat ons het, is vertroue, en dis wat geloof is. As ek my geloofsoortuigings kon bewys, was dit nie geloofsoortuigings nie, want dan was dit nie nodig om te glo nie. “Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb.11:1).
Ongeloof neem oorhand toe en ongelowiges meer uitdagend: “As God liefde is, waarom laat Hy soveel pyn en swaarkry toe?” Miskien het jy ook al daaroor gewonder. Dis ’n moeilike vraag waarvoor daar geen maklike antwoorde is nie. Ons weet net dat ons weens sonde in ’n gebroke wêreld bly; ’n wêreld van swaarkry en pyn.
Het jy al gewonder hoe sal dit wees as alle vorms van pyn skielik sou verdwyn? Mense het geen hoofpyn, tandpyn, spierpyn, gewrigsontsteking of watter ander vorm van pyn nie; algehele pynloosheid? In Amerika was daar ’n geval van ’n babadogtertjie wat haarself verwond het, sonder om te huil. Dokters het toe vasgestel het dat sy geen pyngevoel gehad het nie. Gevolglik kon sy haarself beseer omdat daar nie ’n waarskuwingsmeganisme was nie.
ONTHOU ONS GESKIEDENIS!
Soos dit ook hier in Suid-Afrika die geval is, is daar talle ander lande waar ‘n regering die land in die afgrond in bestuur het, en oral waar ʼn regering nie daarin kon slaag om ʼn sinvolle toekoms vir sy burgers te skep nie, is ook die geskiedenis afgetakel. Straatname is verander en standbeelde is beskadig, skole se leerplanne is verander deur die inhoud van vakke soos geskiedenis totaal te herskryf, alles in ‘n poging om die geskiedenis van die land te probeer ongedaan maak.
Die geskiedenis kan egter nie verdwyn nie want wat gebeur het, het gebeur. Dit kan wel vergeet word wanneer nageslagte nie die moeite doen om dit te bestudeer nie wat ‘n groot leemte in ‘n volk veroorsaak want die geskiedenis leer die mensdom om nie foute te herhaal nie en verantwoordelik met die toekoms om te gaan. Daarom bewaar die geskiedenis nie net die groot dade van die verlede nie, maar is dit ook ’n voorbeeld en leermeester van die hede sowel as ʼn waarskuwing vir die toekoms. Daarom verdien ʼn volk wat sy rug op sy geskiedenis draai, om onder te gaan. As hy nie uit die geskiedenis leer nie, word hy daardeur vernietig.
Ongelukkig stel baie van ons volksgenote nie in hul volksverlede belang nie. Geskiedenis is vir hulle niks anders as ’n register van die misdade, dwaashede en rampe nie - mislukte planne en teleurstellende verwagtings. Om so daarna te kyk is rampspoedig want die geskiedenis is lewendig. Dis ’n gesprek sonder einde.