Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geloof is nie die gevolg of die rede vir die uitverkiesing nie, maar die BEWYS daarvan dat ons weet God het ons uitverkies tot die ewige lewe.
DIE GELDMAG (4)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
Geheime aanslag uit die VSA
In die voortgesette volgehoue aanslag wat vandag nog teen pres. Kruger se nalatenskap gevoer word, verbaas een ding ’n mens telkens. Dit is die aanmatigende houding van die Engelse gevestigdheid teen geheime organisasies in die Afrikanerlewe. Die meriete of andersins van geheime organisasies daargelaat, die feit is dat die huidige aanslag teen Suid-Afrika byna geheel en al op geheime organisasies rus en vanuit binnekamers gevoer word waartoe slegs ’n klein groepie mense toegang het; dat die geheime Rhodes Trust vandag nog op geheime wyse die oorlog, net met ander middele, teen die Afrikanerdom voer; dat allerlei frontorganisasies in die Anglikaanse wêreld bestaan waaragter die geheime stryd om die Afrikanervolk te onderwerp, voortgesit word.
DIE GELDMAG (3)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
DIE WESE VAN DIE STRYD
Suid-Afrika was nog nooit gevrywaar van die mag en die bedreiging van die geldmag nie. Trouens, die Afrikanervolk het in die verlede, net soos vandag, op verskillende maniere met hierdie vyand kennis gemaak, selfs in die vorm van ’n bloedige oorlog waardeur die Afrikanernasie byna uitgewis is. Vandag maak die geldmag nie meer van oorloë gebruik om sy oogmerke in Suid-Afrika te bevorder nie, maar dit beteken nie dat hy minder berekend te werk gaan nie. Teen die einde van die vorige eeu was dit Rhodes en Milner en hulle handlangers wat hulle teen die Afrikanerdom gerig en ’n vernietigende oorlog teen die Afrikaner ontketen het om sy land en sy rykdom te verower. Vandag word nog dieselfde stryd deur die opvolgers van die Rhodes-Milnerpolitiek teen die Afrikanervolk gevoer — net met ander middele. Die ideale en strewes van Rhodes en Milner is steeds die ideale van hulle opvolgers in Suid-Afrika en hulle belangrikste wapen teen die Afrikaner bly steeds hulle groot rykdomme en ander middele, soos die pers, wat hulle met hierdie rykdom ingepalm het.
DIE GELDMAG (2)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
SAAM IN DIE RAND CLUB
Ondersoek na die werkinge van die geldmag en die invloed wat dit op die politieke mag uitoefen, is vandag nie ’n baie gewilde onderwerp nie. Dit was trouens nog nooit ’n gewilde onderneming nie, want as daar een ding is wat die verteenwoordigers van die groot geldmag soos die pes haat, is dit dat hulle planne, hulle skemas, hulle knoeiwerk onder die soeklig geplaas moet word. Dit het verder ’n ongewilde onderwerp geword, omdat die massa-media, wat grotendeels deur hierdie geldmag beheer word, ’n beeld van die rykes en die super-rykes opgebou het van onaantasbare wesens. soort godjies, wie se dade en planne nie bevraagteken mag word nie. Hulle het ’n soort ekonomiese herrenvolkie geword wat verhewe bo enige kritiek is.
Selfs sommige politieke leiers duld nie enige kritiek op die verteenwoordigers van die geldmag nie, dikwels omdat hulle self vasgevang is in die net van hierdie geldmanne, of weet dat hulle politieke voortbestaan deur hierdie mense beheer word.
DIE GELDMAG (1)
Baie mense hoor nou eers van terme soos Die Nuwe Wêreldorde, 'n Een Wêreldregering en Die Geldmag. Dit is terme wat nou dikwels gebruik word vandat die Covid-virus sy skielike verskyning gemaak het en ons dit met mekaar verbind. Maar daar is baie lank gelede reeds uitstekende werke oor die Geldmag, die superrykes van die wêreld geskryf. Van een daarvan is Beumont Schoeman die outeur en is dit nou die regte tyd om dit weer deur te werk om sodoende 'n beter begrip te kry van wat presies nou vir ons voor die deur lê.
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
Van Rhodes tot Oppenheimer
Dit was Benjamin Disraeli, voormalige Eerste Minister van Brittanje, wat gesê het: “Die wêreld word vandag regeer deur heeltemal ander mense as wat diegene glo wat nie agter die skerms is nie.” En dit was die bekende lord Bryce wat in sy Modern Democracies geskryf het: “Die demokrasie het nie ’n meer volhardende en verraderlike vyand as die geldmag nie... Daardie vyand is gedug omdat dit in die geheim deur middel van oorreding of misleiding werk, eerder as deur mag en so mense niksvermoedend betrek. Dit is oral ’n gevaar vir enige goeie regering.”
Ander skrywers en politieke leiers van naam voor en ná hulle het die invloed en bedreiging van die groot geldmag ewe oortuigend geïdentifiseer en die standpunt van C. Rothschild, een van die magtige Rothschild-familie, bevestig toe hy verklaar het: “Gee my beheer oor die rykdomme van ’n land en ek gee nie om wie die wette van die land maak nie.” Abraham Lincoln het in sy stryd teen die magte van die suidelike state van Amerika gesê: “Ek het twee groot vyande: die Suidelike leër voor my en die groot finansiële instellings agter my. Van die twee is die een agter my my grootste vyand.” Vir die groot geldmag was Lincoln ’n stuikelblok in die verwesenliking van hulle oogmerke en daarom is hy gewelddadig van die toneel verwyder.
SKOKKENDE VERSLAE VAN BEROERTES, MISKRAME, STERFTES ENS AGV INENTING
Soos verwag veroorsaak die mRNS-inspuitings chaos deur die wêreld. Dit is nou die sogenaamde entstof teen die Covid-19-virus. Uiteindelik sal baie meer mense daarvan sterf as wat van die virus gesterf het. Die newe-effekte van die inspuitings mag dalk selfs meer wreed wees as die dood self. Intussen dwing regerings op verskeie wyses dit steeds op hulle bevolkings af. President Biden het selfs nou gesê mense mag sonder maskers uit hulle huise kom indien hulle die inspuiting gehad het.
Onlangse verslae van die UK Medicines Agency en die UK's Medicines Regulatory Agency onthul nog meer newe-effekte van die sogenaamde entstof. Dit is nadat hulle ‘n ‘geelkaart’-stelsel ingestel het waarvolgens “ingeêntes” hulle simptome kan aanteken. In Brittanje is mense ingespuit met AstraZeneca, Moderna en Pfizer / BioNTech. Ongeveer twee derdes van die kennisgewings en byna 60 000 individuele antwoorde in die geelkaart-skema hou verband met Pfizer / BioNTech se entstof. AstraZeneca vul die res. Alhoewel die entstof Moderna ook sedert 8 Januarie in die Verenigde Koninkryk gelisensieer is, word dit nie in die regeringsverslag genoem nie.
Teen einde Januarie is daar reeds oor die 100 000 newe-effekte gerapporteer. Behalwe honderde sterftes het sommiges blind geword, talle miskrame het plaasgevind, ander het gesigsverlamming, verlamming in ander dele van die liggaam en baie pyn ervaar. Volgens Epoch Times is die ergste die bloeding. Tot meisies van een jaar oud het vaginaal begin bloei. Meisies en vroue het berig dat hulle menstruele siklus totaal deurmekaar is deurdat hulle aanmekaar en oorvloedig bloei. Mense bloei ook deur hulle oë en neuse.
HOE LYK JOU GEESTELIKE FONDAMENT?
Ds A.E. van den Berg
“Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water? So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose; sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is ’n spinnerak. Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie” (Job.8:11,13-15).
Om ʼn huis te koop of te laat bou kos baie en is mense soms puntenerig met so ʼn koop. Maar, waarna kyk mense as hulle huis koop? Gewoonlik na alles behalwe die belangrikste – die fondament. Die mure, dak, vloer en binne afwerkings kry meer aandag. Dis soos ʼn man wat ʼn vrou trou net omdat sy mooi is. Alles gaan om die uiterlike. As dit reg is, is die wêreld reg.
So is dit ook met baie mense; as dit op stoflike gebied goed gaan, is alles reg. ʼn Dak oor die kop, ʼn betroubare voertuig en paar rand in die bank en die lewe is goed. Maar wat van die geestelike lewe? Is alles daar ook reg? Dit gebeur so dikwels dat as dit op stoflike gebied skielik sleg gaan, God daarvoor verkwalik word asof Hy mense ʼn gemaklike lewe skuld.
DAAR IS VIR ONS GENESING IN CHRISTUS
Hannes Ollewagen
Lukas 5:17-26
“En daar het manne ‘n mens wat verlam was, op ‘n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit. En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met die bed afsak deur die panne tussen die mense in en voor Jesus. En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.” (:18-20).
Ons lees hier van ‘n man wat vir geruime tyd deur verlamming aan bande gelê is. Hierdie verlamming sou hom natuurlik van baie dinge in die lewe weerhou. Daar sou baie dinge wees wat hy a.g.v. hierdie verlamming eenvoudig net nie kon doen nie. Hierdie man het egter van Christus gehoor en hom op Jesus beroep om van hierdie verlamming verlos te word. Hy het ‘n vaste geloofsvertroue gehad dat Jesus by vermoë is om hom te verlos – daarom dat hy en die manne wat hom na Jesus neem geen steen onaangeraak laat bly om uiteindelik tot Christus te kom nie. Dit was vir hulle nie ‘n vinnige en maklike besoek en alles was oor en verby nie. Dit het vir hulle gelyk asof hulle nie by Jesus sou kon uitkom nie. Hulle vaste geloof in die redding wat Christus kan bied, het hulle egter met vasberandenheid laat volhard totdat hulle uiteindelik hierdie verlamde voor Christus kon neerlê. Christus eer hierdie verlamde man vir sy vaste, bewonderingswaardige geloofsvertroue in Hom en staan hom sy versoek toe. Sy geloof word deur Christus beloon.
STAKINGS, OORLOË EN ‘N WONDERWERK
Oorlog, opstand en stakings het huishoudelike woorde geword. Tans dreig die grootste staking wat Suid-Afrika nog ooit beleef het. Selfs mediese personeel gaan heel moontlik daaraan deelneem. Dit kan begin as klein groepe wat sal uitbrei tot ‘n massiewe landswye staking waar noodsaaklike lewensmiddele en selfs geen brandstof beskikbaar sal wees nie.
Let ook op die plaaslike en internasionale nuusberigte – toenemende anargie; een van die kenmerkende eindtekens van die naderende wederkoms van Jesus Christus.
Siener van Rensburg en Johanna Brandt het ‘n honderd jaar gelede albei voorspel dat daar nog ’n bloedige stryd, groot rampe, pessiektes en ellende vir Suid-Afrika in die verre toekoms voorlê. Dit sou begin met ’n reeks stakings hier plaaslik wat een van die grootstes denkbaar sou wees, en dan volg’n oorlog in Europa. “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie….Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander…En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel…” (Mt.24:6,7 en 12).
Ook groot natuurrampe sal wêreldwyd voorkom.
NOG ‘N MARTEL- INSTRUMENT AAN DIE KOM
Die vyandelike aanslae om die mensdom onder die antichris se komende Een Wêreldregering te plaas brei by die dag verder uit. Nou is daar ‘n nuwe mikroskyfie , ‘n klein sensor wat onder die vel ingebed kan word. Die voorgehoue doel daarvan is glo om chemiese reaksies in die liggaam op te spoor wat kan aantoon of ‘n persoon besmet is met 'n virus soos COVID-19 of griep nog voordat daar enige simptome voor kom. Dit bestaan uit ‘n gel, genoem hidrogel, wat 'n DARPA-uitvinding is en nanotegnologie en nanobotte insluit. Hierdie "bio-elektroniese koppelvlak" is deel van die COVID-19 mRNS-entstowwe se afleweringstelsel. Die bioskyfie wat deur Profusa ontwikkel word, is soortgelyk aan die voorgestelde COVID-19-mRNS-entstowwe omdat dit hidrogel gebruik.
Die inplantaat is die grootte van 'n ryskorrel en is gekoppel aan 'n aanlyn databasis wat die veranderinge in u biochemie en 'n wye verskeidenheid biometrieë, soos hart- en asemhalingstempo, sal aantoon.
WAT IS DIE ‘GREAT RESET’ WAAROOR GEPRAAT WORD?
Wat is hierdie 'Great Reset' of dan Groot Herstel, waarvan ons nou so dikwels hoor?
In 'n neutedop verwys die Great Reset na 'n wêreldwye agenda om die wêreld te monitor en te beheer deur middel van digitale toesig.
Dit is geen samesweringsteorie nie. Die plan is in die oopte. Soos opgemerk deur die tydskrif Time, "Die COVID-19-pandemie bied 'n unieke geleentheid om na te dink oor die soort toekoms wat ons wil hê." Dieselfde verklaring is die afgelope maande deur talle politici en organisasies regoor die wêreld gelewer.
Soos verduidelik deur joernalis James Corbett in sy Corbett-verslag op 16 Oktober 2020, is die Great Reset 'n nuwe 'sosiale kontrak' wat elke persoon daaraan verbind deur middel van 'n elektroniese ID wat gekoppel is aan u bankrekening en gesondheidsrekords, en 'n sosiale krediet-ID wat uiteindelik elke faset van u lewe sal dikteer.
Professor Klaus Schwab, stigter en uitvoerende voorsitter van die World Economic Forum, wat die boek oor die vierde industriële revolusie geskryf het, het die Groot Reset-inisiatief van die Wêreld Ekonomiese Forum in Junie 2020 aangekondig, wat insluit dat alle mense van hul bates in private besit gestroop word, en hy het gepraat van 'n nabye toekoms waarin mense saamsmelt met masjiene en waarin wetstoepassers ons gedagtes sal kan lees.
Dit gaan daaroor om van kapitalisme en vrye klein ondernemings ontslae te raak, en dit te vervang deur 'volhoubare ontwikkeling' en 'belanghebbende-kapitalisme'.
AS DIE TEENOORGESTELDE GEBEUR
Heyns se dodelike misgissing
Ds. A.E van den Berg
Johan Heyns was van 1986-1990 moderator van die NG Kerk wat vir baie jare ʼn morele en teologiese ondersteuner van die regering se apartheidsbeleid was. Toe hy in 1980 by die kritiek teen die kerk se ondersteuning van apartheid betrokke geraak het, was die skrif aan die muur – die kerk gaan dit spoedig afsweer. Heyns het in tussentyd aan Kerk en Samelewing gewerk, ʼn dokument wat in 1986 na sy verkiesing as moderator, as nuwe beleidsrigting aanvaar is.
Voor dit het talle internasionale kerkorganisasies die NG Kerk se teologiese en morele verdediging van apartheid as kettery en teenstrydig met ʼn kerk se Gereformeerde karakter veroordeel wat haar geloofwaardigheid in gedrang gebring het.
Die Algemene Sinode het in 1982 teen hierdie agtergrond vergader en die status quo gehandhaaf. Dit was vir Heyns en sy vrysinnige bondgenote ʼn geweldige teleurstelling en as ʼn hindernis op die weg van sg versoening betreur.
Heyns was een van agt hoëprofiel teoloë wat hul besorgdheid oor die NG Kerk se skynbare magteloosheid om versoening tussen blankes en swartes te verwesenlik, uitgespreek het. Die kerk was basies in twee kampe verdeel; voor- en teenstanders van verandering. Eersgenoemdes was daarvan oortuig dat as die NG Kerk apartheid nie afsweer nie, geen vreedsame oplossing vir Suid-Afrika se rassespanning bereik kon word nie. Sy was die gewete van die volk.
WAAROM DIE VIRUS EN ENTSTOF – EN WAARHEEN IS ONS OPPAD?
Ons is nou in die era van nanotegnologie, nanodeeltjies, nanorobots, nanostof en slimstof - en die samesmelting van tegnologie en biologie, bekend as sintetiese biologie. Dit word gekenmerk deur die samesmelting van tegnologieë soos kunsmatige intelligensie, redigering van menslike gene en gevorderde robotika. Die rede daarvoor is soos Openbaring dit uitspel, dat die satan aan die eindtyd, wat ons nou binnegaan, sal poog om elke siel vir homself aan te keer, ook kinders van die HERE waar moontlik. Daarvoor gebruik hy die superrykes wat ‘n Een Wêreldregering tot stand moet bring waaronder elke lewende mens as ‘n gevangene staan wat digitaal beheer sal word.
Om dit te kan bereik, was dit nodig om ‘n virus wêreldwyd te versprei, mense oormatig bevrees te maak daarvoor, en dan ‘n sogenaamde oplossing met ‘n “entstof” te voorsien. Binne hierdie “entstof” is ‘n brousel van liggaamsweefsel van geaborteerde babas, nanostof en slimstof, wat geensins soos normale entstowwe werk nie maar jou eie limfosiete en teenliggaampies buite werking stel. Kyk na die bestanddele op die etikette van baie bekende verwerkte voedsel en drankies, wat HEK293 bevat. HEK293 staan vir 'Human Embryonic Kidney Cells' ('Menslike embrioniese nierselle') wat geneem is uit 'n menslike fetus wat geaborteer is. Die HEK293-sel is slegs een voorbeeld van baie wat deur 'n genetiese modifikasie verewig is, om sellyne te produseer. Hierdie sellyne kan baie chroniese- en lewensbedreigende siektes in die liggaam veroorsaak, soos outo-immuun siektes, siektes wat chroniese inflammasie en pyn insluit, bloedklonte en kanker, om maar enkele voorbeelde te noem.
Met geen immuniteit na so inspuiting sal jy dus wanneer jy in die toekoms met verskeie virusse en bakterie in aanraking kom, geen weerstand kan weerstand bied nie en kan jy sterf.
Waarom moet baie van die mensdom dan sterf?
SOOS ‘N AREND IN DIE GELOOF
Ds A.E. van den Berg
“...wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend”(Ps.103:5).
Van alle voëls is die arend een van die indrukwekkendste. God gebruik selfs van die arend se eienskappe om ons te leer om Hom te vertrou. Gen.5 vertel van ʼn sterk gelowige – Henog. Hy was die vader van Metusalag wat 969 jaar oud geword het en ʼn arend-gelowige:
“En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem” (Gen.5:24).
Om met God te wandel, is om aan Hom vas te hou al vergaan die wêreld om jou. Henog het in ʼn goddelose tyd net voor die sondvloed geleef waarna God nie lank daarna nie die wêreld met water laat vergaan het.
Hoe kan ons in goddelose tye ook geloofsarende wees? Kyk vir ʼn wyle na die wêreld van voëls en begin by die Indiese Maya en vleiloerie; beide aggressiewe voëls wat ander voëls boelie. Hulle laat ʼn mens aan die ongeskikte mense in die lewe dink wat egosentries is en by wie goeie menseverhoudings ontbreek.
Dan is daar die koekoek en Piet-my-vrou wat nie graag werk nie maar eerder ander voëls uitbuit. Hulle bou nie hul eie neste nie, maar lê hul eiers in ander voëls se neste wat dié moet uitbroei en die kuikens grootmaak. Dis die mense wat op ander teer en wie se begroetings altyd begrotings is.
Dan is daar die kakelaars. Vir hulle is die lewe ʼn fees en neem niks ernstig op nie. Alles is ʼn grap. Dan is daar die papegaaie wat baie praat en ander na aap. Dis mense met kop-kennis maar wat in geen egte verhouding met Jesus verkeer nie. Hulle praat baie goed, bid mooi, maar dis al – hulle siel is verlore.
Dan is daar die pelikane - groot voëls, baie lui en met ʼn onversadigbare aptyt. Hulle eet omtrent alles wat voorkom. Dis die mense wat kragtige werktuie vir God kon wees, maar weens gemaksug niks vir die saak van die Here beteken.
ONS MOET DIE HERE VERTROU!
Hannes Ollewagen
Ps. 40:1-18
“Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.” (:5).
Geliefdes, is nie almal van ons hieraan skuldig nie? Ons stel so maklik ons vertroue op ander mense of selfs op ander dinge en vergeet om met alles in ons lewe op die Here te vertou. En hierdie fout wat ons maak is tot nadeel in ons verhouding met die Here. Vertroue is tog onontbeerlik in enige gesonde, hegte verhouding. Ja, geliefdes, vertroue is seker een van die grootste komplimente wat een party aan ‘n ander in ‘n verhouding kan gee.
Besef u dat ons die Here beledig deur nie ons vertroue op Hom te stel nie? Waarom sou ons Hom nie vertrou nie? Is dit dalk omdat ons dink dat sy vermoë of krag nie toereikend genoeg is om ons te help nie? Dink maar aan die vraag wat God aan Abraham gestel het omdat Sara nie volkome op die Here vertou het om sy belofte waar te maak nie.
“Toe sê die Here vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het? Sou iets vir die Here te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.” (Gén. 18:13&14).
Die Here herinner ons ook deur die woorde van Jeremia 32:17 dat geen ding vir Hom te wonderbaar is om te doen nie:
TERUG NA WOESTE AFRIKA
Die uitdrukking “uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor” kom by mens op wanneer jy die artikel van prins Machela in THE SOWETAN TIMES oor die ‘nuwe toekoms’ van Suid-Afrika lees. En as ons hemelse Vader nie binnekort ingryp nie, is die prentjie wat Machela van die land skilder ons voorland.
Machela skryf:
Te midde van die politieke verwarring wat ons land aangegryp het, wonder baie mense of ons aan die einde van Suid-Afrika gekom het.
Die antwoord is eenvoudig: die ding wat 'n 'einde' genoem word, bestaan nie, nie in verhouding tot 'n land nie. SA sal daar wees lank nadat Jacob Zuma weg is.
Wat Zuma gedoen het, is om ons tot die besef te laat kom dat ons net nog 'n Afrika-land is, nie 'n buitengewone land aan die suidpunt van die Afrika-kontinent nie.
Sommige van ons het tydens die presidentskap van Nelson Mandela en Thabo Mbeki geglo dat die swart mense van SA beter is as dié van ander Afrikalande.
Ons moet almal dankie sê vir Zuma dat hy ons ware Afrika-karakter geopenbaar het; dat die idee van regstaat nie deel is van wie ons is nie, en dat konstitusionalisme 'n konsep is wat ons as swart volke ver vooruit is. Hoe anders moet ons die duisende mense verduidelik wat na stadions stroom om hande te klap vir 'n president wat hul land se grondwet oortree? Sulke mense het geen idee van konstitusionalisme nie.
TOEVALLIG DIE WAARHEID...
As enigiemand nog getwyfel het of die Covid-virusplandemie toevallig ontstaan het, en daar nou toevallig mense op hope sterf en siek word van die sg entstof teen die toevallige virus, lees watter rol die toeval speel deur al die virusrolspelers met mekaar te verbind...
Die Sjinese biologiese laboratorium in Wuhan word besit deur GlaxoSmithKline, wat toevallig Pfizer besit wat die entstof teen die virus vervaardig, wat toevallig by die Wuhan Biological Lab begin is en wat toevallig gefinansier is deur dr. Fauci, wat die entstof toevallig bemark! GlaxoSmithKline word toevallig bestuur deur die finansiële afdeling van Black Rock, wat toevallig die finansies bestuur van die Soros Foundation, wat die Franse AXA toevallig bestuur! Soros besit toevallig die Duitse maatskappy Winterthur, wat toevallig 'n Sjinese laboratorium in Wuhan gebou het en gekoop is deur die Duitse Allianz, wat toevallig Vanguard as aandeelhouer het, wat toevallig 'n aandeelhouer van Black Rock is, wat toevallig sentrale banke beheer en ongeveer 'n derde van die wêreldwye beleggingskapitaal bestuur. Black Rock is ook toevallig 'n groot aandeelhouer van MICROSOFT, wat besit word deur Bill Gates, wat toevallig 'n aandeelhouer van Pfizer is en toevallig nou die eerste borg is van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO)! So help hierdie geldmagte om mekaar toevallig skatryk te maak.
En dan moet ons toevallig ook erken dat daar nie so iets soos die toeval bestaan nie... alles is haarfyn beplan deur agente van die satan; Covid is nie ‘n pandemie van 'n siekte nie maar ‘n siek plandemie. Was dit Francis Grimm wat gesê het: “Beware of the devil, he is mighty, though not all mighty, but mighty!” ?
ROOMSE KERK GEBRUIK HULLE EIE 'BOEK'
Die oorspronklike artikel oor Pous Franciskus wat die Bybel met ‘n ander boek wil vervang, mag wel dateer van April 2018 en dit mag ook wees dat dit as ‘n grap op die webblad There is news geplaas is, niks kan verseker geverifiëer word nie maar hieronder volg ‘n paar punte waaruit uself kan besluit of die Roomse Kerk (RK) wel die Bybel soos ons dit ken, gebruik, en of hulle lankal hulle eie sataniese voorskrifte uitleef. Heel moontlik sal u sien dat hulle eeue lank hul eie 'boek' gebruik en daarmee net so geslote te werk gaan as met alles wat deel van die RK is.
Die Roomse Kerk is ʼn vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery asook ʼn brousel van heksery, Judaïsme en ander heidendom wat met ʼn verloopte Christendom vermeng geraak het. Dis die satan se nabootsing van die ware kerk en het van meet af aan die Evangelie teengestaan en met haar valse verlossingsleer miljoene siele in die verdoemenis laat beland.
Hoe kan u glo dat die RK God aanbid en sy Woord, die Bybel, as lewensriglyn gebruik,
- Wanneer die Vatikaan waar elke pous onverantwoordbaar regeer, mede-stigter van die Illuminati is?
Die Illuminati is dieselfde sataniese geldmagte wat nou besig is om 6,5 biljoen die wêreldbevolking te probeer uitwis sodat hulle maklike digitale beheer oor die laaste 500,000,000 sal kan uitoefen. Die Roomse Kerk is die Babilon van Openbaring en derhalwe gelowiges se grootse vyand. Satan gebruik haar om ʼn eenwêreldkerk en owerheid daar te stel. Dinge is besig om soos ʼn legkaart vir die grootste tragedie in menseheugenis in plek te kom. - Wanneer die RK God en Jesus Christus nie as Oppergesag erken nie maar tot Maria, talle ander afgodsbeelde en engele bid?
POUS FRANCISKUS KANSELLEER DIE BYBEL...
...EN STEL VOOR OM ‘N NUWE BOEK TE SKEP
Die Bybel sê:
“Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Jesus Christus” (I Tim.2:5).
“...en op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” (Openb.17:5).
Soos wat Babel die hoofsetel van afgodery in die OT tyd was, is Rome dit vandag en is die Rooms Katolieke Kerk die moeder van die gruwels op hierdie aarde. Dit is nou weer bewys toe die huidige Pous, Franciskus, homself weer bo God stel deur te aan te kondig dat die Bybel heeltemal verouderd is en ingrypende veranderinge nodig het. Die arrogansie ken geen perke! Hy sê hý kanselleer die Bybel en dat daar tydens ‘n vergadering van die belangrikste persone in die Roomse Kerk besluit sal word wat die naam en die inhoud van die nuwe boek sal wees waarmee hulle die Bybel wil vervang. ‘n Mens het nie woorde vir hierdie absolute Godsveragting nie! Waar ons nou in die tyd leef waar die satan ooglopend besig is met verskeuring van alles wat God se stempel dra, behoort die Pous se aankondiging mens nie te verbaas nie maar dit bly een van die skokkendste optrede van die RKK ooit.
GEREGVERDIG IN CHRISTUS
Hannes Ollewagen
Gal. 1:1-21
“...terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.” (:16).
Geseënd die Naam van onse Here Jesus Christus! Hy aan Wie ‘n naam bo elke naam gegee is nadat Hy in volkome gehoorsaamheid aan God die Vader ons Saligmaker geword het. Ja, geliefdes, in stille ootmoed en met gehoorsaamheid het Christus die straf van ons sondes op Hom geneem ten einde vrede tussen ons en God die Vader te bewerk.
“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (Jes. 53:5).
Die vrede waarvan ons lees geliefdes is nie ‘n valse vrede wat deesdae algemeen in die wêreld verkondig word nie. Dit is nie ‘n vredesverbond wat tussen God en die sonde gesluit word nie – allermins! Diegene wat hierdie kettery verkondig, laster teen God. Hulle tas sy Goddelike heiligheid aan en insinueer selfs dat Hy in liefdeloosheid sy Seun vergeefs laat sterf het. Geliefdes, die vrede waarvan die Woord ons leer, is ‘n vrede wat tussen God en sondige mense wat hulle deur Christus tot God bekeer, ontstaan. Dit is die vrede wat gesluit word tussen die mens en God wanneer die mens tot God gaan om sy sondigheid en verlorenheid te bely en te pleit dat hy/sy in Christus Jesus vergifnis mag ontvang. Dit is die vrede wat gesluit word wanneer die mens in waarheid en opregtheid voor God staan en bely – “Goddelike Vader, ek is by onvermoë om aan die eise van u wet te voldoen. Ek staan in my menslike swakheid skuldig voor U! Maar Here, ek begeer om nie in vyandskap met U te leef nie. Ek begeer om met U vrede en vriendskap te sluit, maar ek is by onvermoë HERE. Wees my arme sondaar genadig!”
GODSDIENSTIGHEID RED NIEMAND NIE
Ds.A.E. van den Berg
“ .... as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”(Joh.3:3).
Indien jyvir ʼn sterwende uit die Bybel moet lees, wat sal jy lees? Ek sou Joh.3 lees omdat dit op lewendes sowel as sterwendes betrekking het. Dit vertel van ʼn soeker wat dit wat soekend was, gevind het. Nikodemus was ʼn fyn opgevoede Fariseër, opgeleide teoloog, lid van die Joodse Raad (Sanhedrin), iemand met baie invloed en deel van baie mense wat deur Jesus se wonders beïndruk was:
“En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen” (Joh.2:23).
Waarom het Nikodemus spesifiek in die nag na Jesus gegaan? Miskien om nie deur ander mense gesien te word nie of om ʼn steuringsvrye onderhoud te kry. Dit maak nie saak nie. Hy het ʼn vraag in sy hart gehad waarop hy ’n antwoord gesoek het – hoe word ek gered? Alhoewel hy dit nie direk gevra het nie, het Jesus sy hart geken en sy eintlike vraag beantwoord.
“ ... as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”.
Hierdie antwoord het die Jode se opvatting oor redding op grond van hul volkidentiteit behoorlik geskud. Hulle het op grond van hul herkoms uit die nageslag van Abraham aanvaar dat hulle outomaties ʼn plek in die hemel sal kry. Sommige rabbi’s het selfs verkondig dat Abraham by die poorte van die hel staan om seker te maak dat een van sy nasate nie per ongeluk daar beland nie!