Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe langer mens leef, hoe meer besef mens dat ons keuse in die lewe nooit tussen pyn en geen pyn is nie, maar wel 'n keuse tussen om slegs jou pyn te verduur of om dit positief te gebruik. En God met sy groot geduld en liefde, wys ons hoe om dit reg te kry.
POUS FRANCISKUS KANSELLEER DIE BYBEL...
...EN STEL VOOR OM ‘N NUWE BOEK TE SKEP
Die Bybel sê:
“Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Jesus Christus” (I Tim.2:5).
“...en op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” (Openb.17:5).
Soos wat Babel die hoofsetel van afgodery in die OT tyd was, is Rome dit vandag en is die Rooms Katolieke Kerk die moeder van die gruwels op hierdie aarde. Dit is nou weer bewys toe die huidige Pous, Franciskus, homself weer bo God stel deur te aan te kondig dat die Bybel heeltemal verouderd is en ingrypende veranderinge nodig het. Die arrogansie ken geen perke! Hy sê hý kanselleer die Bybel en dat daar tydens ‘n vergadering van die belangrikste persone in die Roomse Kerk besluit sal word wat die naam en die inhoud van die nuwe boek sal wees waarmee hulle die Bybel wil vervang. ‘n Mens het nie woorde vir hierdie absolute Godsveragting nie! Waar ons nou in die tyd leef waar die satan ooglopend besig is met verskeuring van alles wat God se stempel dra, behoort die Pous se aankondiging mens nie te verbaas nie maar dit bly een van die skokkendste optrede van die RKK ooit.
GEREGVERDIG IN CHRISTUS
Hannes Ollewagen
Gal. 1:1-21
“...terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.” (:16).
Geseënd die Naam van onse Here Jesus Christus! Hy aan Wie ‘n naam bo elke naam gegee is nadat Hy in volkome gehoorsaamheid aan God die Vader ons Saligmaker geword het. Ja, geliefdes, in stille ootmoed en met gehoorsaamheid het Christus die straf van ons sondes op Hom geneem ten einde vrede tussen ons en God die Vader te bewerk.
“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (Jes. 53:5).
Die vrede waarvan ons lees geliefdes is nie ‘n valse vrede wat deesdae algemeen in die wêreld verkondig word nie. Dit is nie ‘n vredesverbond wat tussen God en die sonde gesluit word nie – allermins! Diegene wat hierdie kettery verkondig, laster teen God. Hulle tas sy Goddelike heiligheid aan en insinueer selfs dat Hy in liefdeloosheid sy Seun vergeefs laat sterf het. Geliefdes, die vrede waarvan die Woord ons leer, is ‘n vrede wat tussen God en sondige mense wat hulle deur Christus tot God bekeer, ontstaan. Dit is die vrede wat gesluit word tussen die mens en God wanneer die mens tot God gaan om sy sondigheid en verlorenheid te bely en te pleit dat hy/sy in Christus Jesus vergifnis mag ontvang. Dit is die vrede wat gesluit word wanneer die mens in waarheid en opregtheid voor God staan en bely – “Goddelike Vader, ek is by onvermoë om aan die eise van u wet te voldoen. Ek staan in my menslike swakheid skuldig voor U! Maar Here, ek begeer om nie in vyandskap met U te leef nie. Ek begeer om met U vrede en vriendskap te sluit, maar ek is by onvermoë HERE. Wees my arme sondaar genadig!”
GODSDIENSTIGHEID RED NIEMAND NIE
Ds.A.E. van den Berg
“ .... as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”(Joh.3:3).
Indien jyvir ʼn sterwende uit die Bybel moet lees, wat sal jy lees? Ek sou Joh.3 lees omdat dit op lewendes sowel as sterwendes betrekking het. Dit vertel van ʼn soeker wat dit wat soekend was, gevind het. Nikodemus was ʼn fyn opgevoede Fariseër, opgeleide teoloog, lid van die Joodse Raad (Sanhedrin), iemand met baie invloed en deel van baie mense wat deur Jesus se wonders beïndruk was:
“En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen” (Joh.2:23).
Waarom het Nikodemus spesifiek in die nag na Jesus gegaan? Miskien om nie deur ander mense gesien te word nie of om ʼn steuringsvrye onderhoud te kry. Dit maak nie saak nie. Hy het ʼn vraag in sy hart gehad waarop hy ’n antwoord gesoek het – hoe word ek gered? Alhoewel hy dit nie direk gevra het nie, het Jesus sy hart geken en sy eintlike vraag beantwoord.
“ ... as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”.
Hierdie antwoord het die Jode se opvatting oor redding op grond van hul volkidentiteit behoorlik geskud. Hulle het op grond van hul herkoms uit die nageslag van Abraham aanvaar dat hulle outomaties ʼn plek in die hemel sal kry. Sommige rabbi’s het selfs verkondig dat Abraham by die poorte van die hel staan om seker te maak dat een van sy nasate nie per ongeluk daar beland nie!
AS LERAARS MENSE MISLEI
Ds. A.E van den Berg
“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet”(Hos.4:6).
Inleiding
Mense verdrink vandag as’t ware in ʼn vloed van inligting tot hul beskikking maar gaan desondanks mank aan die kennis van God se Woord. ʼn Godsdiens wat bloot ʼn formele aanvaarding van sekere dogmas is, of om die as van emosionele belewenisse draai, is tevergeefs. Deeglike Bybelkennis en ʼn liefde vir die waarheid daarvan leer mense om die regte dinge in die lewe te doen en verkeerde dinge te vermy. Bybelkennis is bevrydend en gevolglik een van die grootste vreugdes in die lewe.
1. Predikers
God gebruik al eeue lank uitgesoekte manne (predikers) om hierdie kennis aan mense oor te dra.
“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig” (Rom.10:14,15).
DIE VIERDE INDUSTRIËLE REWOLUSIE
HOE DIE SATAN GOD SE DNS BINNE JOU MET COVID-INENTING VERANDER
Mediese tegnologie is baie meer gevorderd as wat die oorgrote deel van die algemene publiek, of selfs dokters in gewone medisyne, van bewus is. Ons is nou in die era van nanotegnologie, nanodeeltjies, nanorobots, nanostof en slimstof - en die samesmelting van tegnologie en biologie, bekend as sintetiese biologie. Die UK.GOV-webwerf vat dit as volg saam: “Die Vierde Industriële Rewolusie is van ’n skaal, spoed en kompleksiteit wat ongekend is. Dit word gekenmerk deur die samesmelting van tegnologieë soos kunsmatige intelligensie, redigering van menslike gene en gevorderde robotika - wat die grense tussen die fisiese, digitale en biologiese wêreld laat vervaag.”
Vir alles wat God doen, het die satan 'n namaaksel/vervalsing. In die Bybel het God sy volk tien gebooie gegee wat aanvanklik op twee kliptafels was, wat die beginsels is waarop lewe in sy Koninkryk in verhouding met Hom gestaan het. Op dieselfde manier is daar tien beginsels wat die ideale van die sataniese Luciferiaanse stelsel van die Nuwe Wêreldorde uiteensit - wat in verskillende tale opgestel is, duidelik vir almal om te sien, op kliptafels wat bekend staan as die “Georgia Guidstones”. Gaan google dit gerus: Tik in “Georgia Guidestones-description” en kyk daarna op ‘google images’. Die kliptafels is in 1980 opgerig deur ‘n persoon met die skuilnaam R.C. Christian. Die eerste item wat daar op die New World Order Agenda verskyn, is: "Handhaaf die mensdom onder 500 000 000 in ewige balans met die natuur." Met ander woorde, soos ook in ander geskrifte aangedui is, is die doel is om die wêreldbevolking tot 500 miljoen te verminder, wat 'n hoeveelheid is wat prakties moontlik is om ten volle te beheer. Aangesien daar tans ongeveer 7 miljard mense is, is dit die bedoeling om uiteindelik ongeveer 6,5 miljard mense dood te maak! Hierdie proses het reeds lank gelede begin deur siektes wat veroorsaak word deur toksiese bestanddele, geneties gemodifiseerde substanse en fetale sellyne in baie van die verwerkte voedsel, vorige entstowwe uit die verlede en verskeie ander metodes. Maar nou word hierdie ontvolkingsagenda (wat jare lank ook bekend gestaan het as Agenda 21 - want dit verwys na die jaar 2021) versnel met supersteroïedes, soos wat met die COVID-entstowwe en meer en meer inentings wat moet volg, uitgerol gaan word.
MIDDELKLAS WORD STIL-STIL UITGEROEI
As die gewone mens sou verstaan waarom pandemies geskep word, sou hulle minder geneig wees om regerings en die media se leuens te glo en self dieper delf in elke sogenaamde pandemie. Kom ons kyk na die redes daaragter.
Regeringstegnokrate, die miljardêrs-oligargie, Big Pharma, Big Data, Big Media, die skatryk roofbaronne en die militêre nywerheidsintelligensie skep pandemies om dieselfde redes wat hulle oorloë en terreuraanvalle skep. Katastrofiese krisisse skep geleenthede om mag sowel as welvaart te verhoog. Deur al die eeue heen het mensgemaakte oorloë (dit gebeur nie vanself nie!) dieselfde resultate gelewer as mensgemaakte pandemies (glo maar, dit gebeur ook nie vanself nie!). Hierdie resultate is ‘n reuse kapitaalinspuiting en ‘n stap nader aan hulle planne vir wêreldoorheersing wat die superrykes van die Nuwe Wêreldorde vir ‘n Een Wêreldregering idealiseer waarin die gewone mens ‘n totale slaaf van die wêreldheersers sal wees.
In haar boek The Shock Doctrine: The Rise of Disaster Capitalism, vertel Naomi Klein hoe outoritêre demagoges, groot korporasies en welgestelde plutokrate massa-onderbrekings soos pandemies en oorloë gebruik om rykdom opwaarts te skuif, die middelklasse uit te wis, burgerregte af te skaf, die gemeenskappe te privatiseer en outoritêre beheer uit te brei.
Een van die Withuis in Amerika se mees nagekome selfgeskepte reëls is dat gevestigde magstrukture nooit ‘n groot krisis verlore moet laat gaan nie, gebruik dit tot eie voordeel; en indien daar nie ‘n krisis plaasvind nie, skep een!
DEMONIESE MARIA-VERSKYNSELS
Ds. A.E van den Berg
“Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ’n gesnede beeld of ’n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ’n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God” (Lev.26:1).
Inleiding
Protestante sal nooit die Roomse Kerk (RK) se afgodiese liefde en toewyding aan Maria begryp nie. Daarvoor moet ʼn mens as’t ware met ʼn Roomse gewete gebreinspoel wees. Die Bybel vermeld geen heilige moeder of koningin in die hemel nie. Dit wat die RK leer is suiwer Babilonies en niks anders nie as ’n herlewing van die ou Babiloniese afgodsdiens wat die godin Semiramis net met ʼn ander naam vereer:
“Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander godedrankoffers uit te giet om My te terg” (Jer.7:18).
1. Verskynsels
Getuienisse oor verskynsels van hierdie godin is eie aan die RK. Lidmate glo vas dat dit van goddelike oorsprong is en van Maria se voortgaande moederlike sorg vir die kerk getuig. Die verskynsels vestig glo mense se aandag op een of ander aspek van die kerk veral met die oog op die behoeftes van die tyd.
Sommige het met bonatuurlike gebeure soos bv. genesing gepaard gegaan om die aandag op die boodskap te vestig.
ONS MOET HOM IN WAARHEID AANBID
Hannes Ollewagen
Jos. 24:1-33
“Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.” (:14).
As daar nou ‘n tyd was waar dit nodig was vir die mens om hierdie woorde te hoor, was dit in ons tyd. ‘n Tyd waarin godsdiens deur mense ingespan word om bekendheid te verwerf, hulself te verryk en hul eie eer te soek. Die Here Jesus Christus het ons hierteen gewaarsku, geliefdes.
“Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.” (Matt. 7:15).
“Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.” (Mark. 13:22).
EINDE VAN MENSLIKE VRYHEID
Ons kyk na die einde van menslike vryheid in die Weste
Verpligte entstofpaspoorte is besig om wêreldwyd verpligtend te word. Leerlinge kan in sommige lande nie eers meer klas toe gaan daarsonder nie. Intussen is dit nie net die grootste bedrogspul en misdryf wat nog ooit teen die mensdom gepleeg is nie, dit is sinloos aangesien die sogenaamde COVID-19 "entstowwe" nie soos entstowwe werk nie. Op sy beste kan dit van die simptome van die virus indien jy dit wel opdoen, verminder maar dit voorkom nie dat mens in die eerste plek besmet raak nie, en dit voorkom nie dat die virus versprei nie.
As sodanig is entstofpaspoorte niks anders as lojaliteitskaarte nie, wat bewys dat u 'n laboratoriumrot vir 'n eksperimentele inspuiting was, en niks meer nie, want in werklikheid is ingeënte individue nie veiliger as ongeënte mense nie. Dit is onrusbarend, en tensy genoeg mense dit kan sien vir wat dit is, sal die wêreld letterlik in 'n gevangenisplaneet verander word.
In Israel ... hoor ons van aktiviste dat dit 'n tweeledige samelewing is en dat aktiviste voortdurend uitgewis word. Dit is die einde van die burgerlike samelewing, en hulle probeer dit regoor die wêreld uitstoomroller.
Soos opgemerk deur die voormalige Clinton-adviseur en skrywer dr Naomi Wolf, (skakel hier op die webblad in en kyk na die 1e video: https://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2021/04/06/vaccines-are-the-new-purity-test.aspx?ui=73b46fe78df4cb16f0b2cc3efcc8ea593acdb9618466585d8d432824d39b8154&sd=20200611&cid_source=dnl&cid_medium=email&cid_content=art1ReadMore&cid=20210406_HL2&mid=DM842329&rid=1125465230)
sou verpligte COVID-19-paspoorte die 'einde van menslike vryheid in die Weste' beteken. In 'n onderhoud met Steve Hilton van Fox News op 28 Maart 2021 sê sy:
VERMY HIERDIE MENSE!
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Vrede is die mooiste vorm van gelukkig wees en word slegs in die doen van God se wil gevind. Gelowiges het ʼn opdrag om sover as moontlik in vrede met almal te leef:
“En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar” (Kol.3:15).
“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie” (Hebr.12:14).
Daar is egter uitsonderings - mense met wie geen vrede gesoek mag word nie. Hulle moet sonder enige gewetenswroeging vermy word. Wie dit nie doen nie, kan sy innerlike vrede en geestelike krag verloor.
IN JESUS CHRISTUS IS REDDING!
Hannes Ollewagen
Rom. 10:1-21
“…Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” (:8-10).
“Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” (:13).
Geliefdes, die meeste van ons het sekerlik al gehoor dat ons in Jesus Christus moet glo om gered te word. Dit is ook wat Paulus in sy brief aan die Romeine leer waaruit ons vanoggend saamgelees het. Die geloof in Jesus Christus is tot ons redding. Die vraag is of ons deeglik besin oor wat geloof in Jesus Christus beteken? Weet ons wat dit beteken om werklik in Jesus Christus te glo?
Ek het al meermale gehoor van predikers wat teksverse uit hierdie gedeelte in verkeerde konteks aanhaal en op hierdie wyse groot skade in mense se geestelike lewens aanrig. Ja, wanneer ‘n mens vers 9 uit Romeine 10 saam met vers 4 lees, sal ‘n mens maklik ‘n skeefgetrekte beeld van ons redding kan skep. En dit is wat menigmaal gebeur. Mense word geleer dat ‘n belydenis van jou geloof in Jesus Christus die einde van jou geloofsverantwoordelikheid is. Jy het mos nou bely dat jy in Jesus Christus glo en daarmee is jy gered omdat Hy die einde van die wet is. Ja, ongeag hoe jou lewe verder daaruitsien, jou deel van jou verhouding met God is volgens daardie prediking afgehandel. En wat ‘n dwaling is so ‘n tipe prediking nie! Hoe sal hierdie tipe van prediking tot versoening tussen God en sondaars wees?
TOE DIE GORDYN SKEUR
Ds A.E. van den Berg
“En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn”(Mt.27:51-53).
“en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was” (Hebr.2:15).
Alle mense is bang vir die dood omdat dit almal se pad op een of ander tyd kruis. Daarom doen mense alles om dit so ver as moontlik uit te stel. Die mens is soos ʼn bergklimmer; solank as wat hy die greep teen die rotswand behou, leef hy. As hy dit verloor, val hy. Die dood is om die greep te verloor. Almal val.
Gelowiges val in die arms van God:
“ En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham” (Luk.16:22).
Ongelowiges stort in die doderyk:
“En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.” (Luk.16:23).
NET VIR ONS!
Ds A.E. van den Berg
“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jes.53:5).
Dis vandag Goeie Vrydag, ’n Christengedenkdag wat in kerke met Nagmaal gevier word. Op hierdie dag dink gelowiges in besonder aan Jesus se sterwe ter versoening van sonde. Dink ook daaraan dat met elke Goeie Vrydag die dag van die wederkoms van dieselfde Jesus al hoe nader kom. Alhoewel ons nie die presiese dag van sy wederkoms weet nie, gee die Bybel voortekens waaraan ons moet weet dat die tyd naby is.
Een daarvan is ’n wêreldwye verval in godsdiens met hoofstroomkerke wat die rug op die Bybelse waarheid keer. Daar word gedurig in daardie kerkkringe bespiegel of Jesus werklik gekruisig is, uit die dood opgestaan en ten hemel gevaar het. Die gevolg is dat waar die dood in die kerklike murg beland, spoedig net ʼn leë dop oorbly. Dit wat in kerke gebeur, ontstel gelowiges enersyds. Andersyds moet ons besef dat ons ʼn eindtyd-teken waarneem!
BOEKE TE KOOP *
BOEKE TE KOOP
IN DOODSGEVAAR,
outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.
Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier
MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF. Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees. Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. Lees meer oor die boek by hierdie skakel.
VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid... Lees HIER meer daaroor.
VINGER OP DIE SNELLER - Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880. Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.
Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal. Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.
RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor
VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer. U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672. Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.
TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor.
Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .
In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed.
Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .
BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Natal, die Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word. Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is. Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.
NOG STERFTES DEUR INENTING
WAAROM MENSE NIE DIE WAARHEID OOR DIE INENTINGS INSIEN NIE
Op 16 Maart 2021 het 19 Europese lande asook Thailand die gebruik van die entstof van AstraZeneca opgeskort na aanleiding van berigte oor dodelike bloedklonte.
Op 2 Maart 2021, is Britse data vrygestel wat aangedui het dat die AstraZeneca entstof verantwoordelik was vir 77% meer newe-effekte en 25% meer sterftes as die Pfizer-entstof, wat in die VSA verbind is met 'n meerderheid sterfteverslae in die Vaccine Adverse Reporting System (VAERS).
Die entstof van AstraZeneca het toestemming vir gebruik in Europa ontvang, maar nie in die VSA nie, waar Pfizer-, Moderna- en Johnson & Johnson-entstowwe beskikbaar is. Anders as die Moderna- en Pfizer-entstowwe, gebruik die AstraZeneca- en Johnson & Johnson-entstowwe 'n virale vektor (‘n DNS-molekule wat as voertuig gebruik word om vreemde genetiese materiaal in ‘n ander sel in te voer), om dubbelspiraal DNS vir die SARS-CoV-2-proteïen in die selle af te lewer.
Business Insider het 'n vergelykingstabel van die vier entstowwe opgestel –Moderna, Pfizer, AstraZeneca en Johnson & Johnson.
Noorweë veral het dit duidelik gemaak dat dodelike bloedklonte met AstraZeneca-entstof verbind word. Terwyl feitlik alle sterftes ná inenting tot dusver as toevallig afgemaak is, selfs wanneer dit by gesonde individue in hul twintigs en dertigs voorkom, het dokters van die Oslo-universiteitshospitaal nou aangekondig dat ernstige bloedstollingsversteurings ervaar word deur talle ontvangers van die AstraZeneca-entstof.
LANKMOEDIGHEID – ‘n STILLE KRAG
Hannes Ollewagen
Núm. 14:1-45
“Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.” (:18).
Hierdie gelese gedeelte is maar een van vele gedeeltes waarin ons leer dat God lankmoedig is. Ja, sy kneg, Moses, getuig van hierdie lankmoedigheid van God in Exodus 34:6.
”...HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;”.
En so getuig Dawid ook in Psalm 103:8 van die HERE se lankmoedigheid.
“Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.”
Ons vind ook hierdie getuienis van God se lankmoedigheid deur die mond van die apostel Petrus in 2 Petrus 3:9.
“Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”
WAT IS DIE NUT VAN DIE BYBEL?
Ds A.E. van den Berg
“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”(2 Tim.3:16,17).
As jy by ʼn groot boekwinkel instap, vind jy altyd boeke wat jou vertel hoe om baie geld te maak of om geld voordelig te belê. ʼn Mens wonder of die skrywers nie eerder uit hul boekverkope ryk word nie? Twee vrae wat oor sulke boeke gevra moet word, is eerstens hoe betroubaar is dit en kan ek alles glo wat daarin geskryf staan? Is dit tweedens op my spesifieke situasie van toepassing?
Die probleem met sulke boeke is dat dit veronderstel dat baie geld op jou wag as jy net wil waag. Nee dankie, ek vertrou nie sulke boeke nie. Wys my eerder ʼn boek wat onomwonde as eg en betroubaar bewys is en ek koop dit!
IS JY DALK TE KOOP?
DIE EUWEL VAN OMKOPERY
Ds A.E. van den Berg
Inleiding
Omkopery is so oud soos die mensdom en kan as die aanbieding of ontvang van wettige en/of onetiese voordele waardeur die reg verdraai word omskryf word. Ten spyte daarvan dat streng boetes daarvoor in oud-Rome opgelê is, het voornemende politieke kandidate gereeld steun gekoop. Dit as sulks het baie van hulle so diep in die skuld laat beland, dat hulle maklike prooi vir omkopery geword het.
“Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen” (Deutr.27:25).
God se wet teen omkopery is telkens met ernstige gevolge verbreek. Die twee valse getuies het Nabot se lewe gekos (1 Kon.21). Diegene wat teen Stefanus getuig het, was waarskynlik omgekoop (Hand.8).
2 Afvalligheid
Omkopery veroorsaak geestelike afvalligheid soos wat in Juda gebeur het. Jerusalem het in die tyd van Jesaja ʼn plek van opstand, moord en diewery geword omdat haar leiers omgekoop is:
ROOMSE PRIESTERSKAP
‘n Uitgediende amp
Ds A.E. van den Berg
As die hoof korrup is, is die res van die liggaam ook korrup soos in die Roomse Kerk (RK) die geval is. Roomse kerklui vertolk almal ’n heidense rol vanaf die pous tot by die priesters en skiet ver tekort by die Bybelse voorskrifte vir kerklike ampsdraers (1Tim.3:1-7).
Evangeliedienaars voed God se skape deur sy Woord (Mt.4:4). Nie Roomse priesters nie. Hulle bedien ‘n uitgediende amp waarvan die geestelike voedsel geen kilojules bevat nie. In die OT het priesters vir sondaars by God ingetree en deur offerande versoening vir sondes verkry. Hierdie priesters was egter ‘n voorafskaduwing van Christus, die volmaakte Hoëpriester, wat die priesteramp met sy kruisiging afgesluit het. Daarna het sondaars God direk en sonder tussenganger genader.
SALOMO SE SONDE
Ds. A.E van den Berg
“En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese — uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan — Salomo het hulle met liefde aangehang. En hy het sewehonderd vroue, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie” (1 Kon.11:1-4)
God het van Israel se leier vereis om vir die volk in alle opsigte ʼn voorbeeld te wees; ook in die liefdeslewe. Sy opdrag in Deutr.17:17 laat geen ruimte vir twyfel nie:
“Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie”.
Salomo het hierdie opdrag telkens oortree. Dit het met een ekstra vrou begin en daarna ʼn tweede, ʼn derde en nog meer tot by 1000! Elke nuwe vrou het sy besluit om God se opdrag te verontagsaam bevestig. God se verbod op koninklike bigamie was ter beskerming van die koning sodat hy nie van God afvallig sou raak nie. Salomo het hom nie aan hierdie beskermingsmaatreël gesteur nie sodat die probleem van godsdiensafvalligheid met elke nuwe vrou vererger het.
Moses het die ernstige gevolge van huwelike met vreemde vroue uitgespel: