Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe meer kindervingerafdrukke daar op kerkbanke is, hoe minder vingerafdrukke sal daar op polisie-rekords wees!
BIDEN EN SY HEKS
Johan Hack
Laat ons begin deur te vra wie werklik in beheer is van Amerika? Die Amerikaanse meerderheid is al so geindoktrineer deur die Nuwe Wêreldorde dat hulle nie besef hoe hulle meedoen aan die vordering van die antichris en sy strewe na wêreldoorheersing nie.
In die 1960’s het ‘n sogenaamde christelike groep ontstaan wat bekend was as Children Of God (COD). Hierdie groep se leier, David Berg, het aanklank gevind by jong mense in die tydperk wat as die “hippie” -era bekend gestaan het. David Berg se ouers was evangeliste en hy self was op sy jong dae n pastoor vir ongeveer twee jaar. Hy het egter die woord van God heeltemal begin verdraai. Hy het beweer dat die Here se liefde waarvan ons in die Bybel lees so ver gevat moet word dat losbandigheid en egbreek geen sonde is nie solank dit in “liefde” geskied.
Hierdie groep van David Berg het later hul naam verander en bekend gestaan as “The Family”. In hierdie valse christelike groep kon enige man met ‘n ander man se vrou gemeenskap hêom sy seksuele drange te bevredig sou hy eensaam voel. Dit het baie gebeur wanneer manne rondgetoer het vir besigheidsdoeleindes en mans het hul vrouens met ander gedeel want hulle was almal mos lede van die sogenaamde familie.
David Berg het sy Bybelse beginsel van liefde so ver geneem dat hy sy eie dogters gemolesteer en selfs verkrag het. (lees meer hieroor in “CULTS,NEW RELIGIOUS MOVEMENTS AND YOUR FAMILY” deur Richard Abanes.
Hierdie einste groep het in 1992 met sang opgetree by President George Bush se amptelike opening van die Wit Huis se Kersfeesvieringe.
IS JY WERKLIK LIEF VIR JESUS?
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie .... As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar” (Joh.14:15; 23).
Jesus het die woorde in Joh.14 net voor sy inhegtenisname in die dissipelkring uitgespreek om hulle vir die toekoms te bemoedig omdat dit ʼn toekoms sonder Hom sou wees. Hy was op pad na sy hemelse vaderhuis. Die dissipels was ontsteld want wat sou van hulle sonder Hom word?
Christendom was ʼn nuwe geloof. Hoe sou hulle sonder Jesus ooit daarin kon volhard? Jesus antwoord in die teksverse hierop. Daar is net een manier om te volhard: “bewaar my gebooie”. Wie God se bevele bewaar (sy eie maak) en uitvoer, struikel nie op die geloofspad nie.
Salomo het ook hierdie waarheid onderstreep:
“ Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak” (Spr.3:5,6).
Wat beteken “bewaar my gebooie”? Om na Jesus se leer en opdragte te luister en uit te voer. En dit geskied deur vir Jesus diensbaar te wees soos ʼn boom wat vrugte dra.
VERGENOEGDHEID EN GODSALIGHEID...
...‘N GROOT WINS
Hannes Ollewagen
1 Tim. 6:3-21
“Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.” (:6).
Ons leer hier van twee besondere kosbare deugde, geliefdes – godsaligheid en vergenoegdheid. Ja, deugde waarvan die hedendaagse mens min besit. En daar is darem seker nog minder mense wat hierna streef.
Daar lê vir ons ‘n fyn waarskuwing in God se Woord van die skade wat onvergenoegdheid ons kan berokken. Ja, onvergenoegdheid en geldgierigheid kan die mens in baie dwase en skadelike begeerlikhede laat val.
“Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.” (1 Tim. 6:9).
Ja, hoe tragies dat die mens van ons tyd voortdurend daarna streef om in sy onvergenoegdheid alles in sy lewe te verbeter behalwe homself en sy verhouding met sy Skepper! Dit is die strewe na groter sukses en groter inkomste. Daar is die strewe na ‘n nuwer en beter motor. Daar is die strewe na ‘n groter en mooier huis. Daar is die strewe na allerhande beter dinge wat aards en verganklik is selfs al sou dit ten koste van die mens self wees. Ja, soveel mense sal hierdie dinge najaag al sou dit ten koste van hul godsaligheid wees.
ONS IS 'N BELEËRDE VOLK
Die situasie lyk sleg in hierdie land. Behalwe die Covid-sage en die gevare van 5G wat dreig om ons te vernietig, is daar steeds die botsende kulture met uiteenlopende verwagtings wat mekaar die stryd aansê. Barbaarse optrede is aan die (wan)orde van die dag. Dit is natuurlik voorspel gegewe die les van die geskiedenis; al het die waarskuwings op dowe ore geval. Tog lyk dit in 2021 of ons baie nader aan 'n situasie beweeg waar die geweld, chaos en ellende 'n klimaks kan bereik, aangehelp deur die viruskabaal. Dan kan ons jonger geslag vra: maar wat van ons? Ons wat nog (eers) ons talente wil ontgin? Ons wat nog die vreugdes van die lewe wil ervaar? Die toestande wat ons vandag beleef in hierdie land noop baie van ons om by die Here te smeek om ingryping, ander weer dink die situasie is onomkeerbaar op pad na verwoesting en ander vra dat die Here se wederkoms tog gou sal plaasvind.
Ons situasie is verseker nie uniek nie. Ten spyte van die geldmag-beheerde media se propaganda tot die teendeel, lyk die prentjie wêreldwyd uiters ellendig. Wêreldwyd word mense ingeperk deur regerings onder die Geldmag se druk. Daarby is Europa deur Moslems oorstroom weens die onrus in die Midde-Ooste wat deur die VSA aangeblaas is. Ja, ISIS ('n klomp huursoldate), is 'n uitvoerproduk van die VSA. Die ekonomieë van verskeie state is op die rand van ineenstorting. En ironies genoeg is dit veral Rusland, maar ook die ontwakende reus Sjina, eens die geswore vyande van die Christendom, wat nou die morele hoë grond betree. Ja, ons eertydse bondgenote (as mens dit enigsins so kan beskryf) in Europa, (om nie te praat van die VSA nie), het die pad totaal byster geraak.
IS JY TE KOOP?
Die euwel van omkopery
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Omkopery is so oud soos die mensdom en kan as die aanbieding of ontvang van wettige en/of onetiese voordele waardeur die reg verdraai word omskryf word. Ten spyte daarvan dat streng boetes daarvoor in oud-Rome voor opgelê is, het voornemende politieke kandidate gereeld steun gekoop. Dit as sulks het baie van hulle so diep in die skuld laat beland, dat hulle maklike prooi vir omkopery geword het.
1. Sonde
Die OT veroordeel omkopery in geen onduidelike taal as sonde nie:
“Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges” (Ex.23:8).
Die Hebreeuse term vir omkopery het oorspronklik op ʼn geskenk gedui wat mense aan regters gegee het om ʼn gunstige uitslag in ʼn moeilike saak te verkry. God haat omkopery omdat dit verhoed dat geregtigheid geskied, die waarheid vertroebel en die woorde van regverdiges verdraai wat talle mense aan ʼn vroeë einde laat kom het:
“Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen” (Deutr.27:25).
DIE PLAN VIR WÊRELDWYE SLAWERNY
Dr Joseph Mercola
Dr Mercola is ‘n mediese dokter wat in Amerika praktiseer en as sterk nasionalis en realis in sy voordurende soeke na die waarheid gereeld artikels daaroor skryf. In hierdie artikel verduidelik hy hoe die Wêreldgeldmag in hulle poging om die hele wêreld onder hulle digitale beheer te kry,te werk gaan en haal hy dele aan uit 'n onderhoud wat Catherine Fitts met een van die ryk elite persone van die Geldmag gehad het. Dr Mercola se ervaring is geskoei op gebeure in die VSA wat stuk vir stuk na Suid-Afrika oorspoel, en ons sal hier binnekort dieselfde dinge sien gebeur.
Hoe bemark en implementeer u 'n finansiële stelsel wat niemand sou wou hê as hulle die volle gevolge daarvan begryp nie - 'n verandering so groot dat dit nie net die einde van die geldeenheid is soos ons dit ken nie, maar 'n totale hersiening van soewereiniteit en individuele regte sou beteken? In ‘n onderhoud, wat deel uitmaak van ’n vollengte dokumentêr, "Planet Lockdown", beskryf finansiële ghoeroe Catherine Austin Fitts - uitgewer van The Solari Report - die ingewikkelde, "rommelige" plan om die huidige gesondheidskrisis te gebruik om 'n totale vervanging van wêreldgeldeenhede en ons hele lewenswyse te weeg te bring.
Met 'n vergelyking met die skuif van skape vanaf die herder na 'n slaghuis, verduidelik Fitts hoe die pandemie mense opstel om van hul regerings afhanklik te wees vir beskerming teen 'n onsigbare vyand (COVID-19) en dan vrees te gebruik om mense te weerhou om ‘n normale lewe voort te sit. Die kudde-mentaliteit sluit in die aanmoediging van skuldverstrengeling tot op die punt dat mense desperaat raak vir enige soort kontantvloei wat hulle kan help om hul daaglikse lewenskoste te dek, totdat hulle gewillig hul regte prysgee in ruil vir enige finansiële verligting wat hulle aangebied word. Die kern is dat 'n slawernystelsel, deurspek van die ideologieë van transhumanisme en tegnokrasie, reg onder die neuse van die mense van die wêreld geskep word - en die huidige afsluitings, die sluiting van klein ondernemings en die herdefiniëring van 'normaal' is alles deel van 'n beplande wêreldwye bestuurstelsel wat soewereiniteit en individuele regte sal beëindig, tensy dit nou gestaak word.
EKONOMIESE ONTKNEGTING VAN DIE AFRIKANER
Nico van der Dussen
" Die Afrikaner is die enigste etnies-kulturele groep ter wêreld wat vrywillig sy kapitaal volledig tot beskikking van sy vyand stel... Die sukses van hierdie ekonomiese verknegtingsproses was sodanig dat die Afrikaner sy vryheid prysgegee het sonder om eers een enkele skoot te skiet – die tragiek was dat geen politieke of kulturele leier besef het dat jy vandag moeilik 'n gewapende vryheidstryd kan stry as jy nie ook bereid is om met een van die wapens van die huidige tydsgewrig, jou kapitaal en ekonomiese vermoë, 'n vryheidstryd te stry nie."
Negatiewe uitgangspunte soos "die Afrikaner moet nog eers verder swaarkry voor hy sal opstaan", of "daar is geen volk meer om te red nie", word gereeld deur sommige "behoudende" politieke en kulturele leiers geuiter. Hierdie afbrekende uitgangspunte moet gestaak word. Om die volk se ekonomiese lyding as teelaarde vir 'n politieke magsbasis te visualiseer, terwyl hulle self op 'n politieke salaris oorleef, is 'n ernstige refleksie op die kwaliteit van leierskap in sommige kringe in Afrikanergeledere. Die oordeel of daar nog 'n volk is of nie, lê nie op die weg van mense nie maar is God se uitsluitlike prerogatief – die uitering van sodanige twyfel is nie alleen 'n belediging teenoor ons volk nie maar is saam met die eerste uitgangspunt gewoonlik ook 'n gemaksverskoning om nie daadwerklik betrokke te wees by die skepping van sinvolle beheersings- en oorlewingsoplossings nie.
AMERIKANER OOR INSPUITINGSBEDROG
Catherine Autin Fitts
Die inspuitingsbedrog - dit is nie 'n entstof nie
Hierdie indringende en noukeurig nagevorste artikel wat die eerste keer op 28 Mei 2020 deur Global Research gepubliseer is, is van belang vir die debat oor entstowwe. Suid-Afrika gaan binne ‘n maand gebombardeer word met die inentingsproses en as u goed ingelig is oor al die fasette is daar ‘n moontlikheid dat u die regte besluit sal neem om Nie Ingeënt te word nie. Die artikel handel oor die VSA se geskiedenis van inenting maar u kan weet dat dieselfde probleme binnekort hier sigbaar sal word.
"Hier is 'n voorbeeld van hoe die proses werk: 'n Gifstof skep 'n siekte. Die gifstof kan plaagdoders of industriële besoedeling of draadlose tegnologiebestraling wees. Die gifstof beskadig miljoene mense en hul gemeenskappe. Maatskappye of hul versekeringsverskaffer kan aanspreeklik wees vir siviele of kriminele oortredings. 'n Virus word die skuld gegee. 'n Kuur 'kom voor in 'n entstof '. Die blootstelling aan plaagdoders of ander toksiese middels word gestaak sodra die entstof ingestel word, en die siekte verdwyn. Die entstof word tot 'n sukses verklaar, en die uitvinder word tot 'n held verklaar. 'n Potensiële finansiële ramp is omgeskakel na 'n wins, ook vir beleggers en pensioenfondse. As portefeuljestrateeg gee ek toe dat dit 'n briljante truuk was en die versekeringsbedryf waarskynlik beskerm het teen die bankrot verliese wat hy sou ervaar as dit die mense en gesinne wat vernietig is, moes vergoed."
"Net soos Gates 'n bedryfstelsel op ons rekenaars geïnstalleer het, is die visie nou om 'n bedryfstelsel in ons liggaam te installeer en 'virusse' te gebruik om 'n aanvanklike installasie te gee, gevolg deur gereelde opdaterings."
Ek is ‘n Amerikaner en woon in Amerika waar ons baie jare reeds groot probleme in verband met gedwonge inentings waargeneem het; kinders wat permanent beskadig is, ander wat sterf daarvan, en groot opstand deur die gewone bevolking wat natuurlik nie gehoor word nie. Ek is nie 'n wetenskaplike nie. Ek is nie 'n dokter nie. Ek is nie 'n biotegniese ingenieur nie. Ek is nie 'n prokureur nie. Ek lees egter, luister, deursoek en probeer diegene wat praat verstaan.
Ek was 'n beleggingsbankier totdat politiek dit onmoontlik gemaak het om voort te gaan om my kuns te beoefen. Ek is opgelei as 'n portefeuljestrateeg - daarom karteer ek my wêreld deur na die finansiële vloei en die toewysing van hulpbronne te kyk. Ek is ook opgelei as samesweringsgenerator en voetsoldaat — sameswerings is die fundamentele organiseringsbeginsel van hoe dinge in ons wêreld gedoen word. Eers toe ek die instansie verlaat, het ek besef dat diegene wat nie in die klub was nie, opgelei is om sameswerings te minag en te vermy - 'n slim truuk wat hul pogings om mag in te samel, saboteer.
My antwoord was om 'n tyd lank met agentskappe van die Amerikaanse regering in 'n oorlog te leef, om die vrae te beantwoord van mense wat genoeg moed het en nuuskierig was om my mening in te win. Hierdie reaksie het oor baie jare in twee ondernemings ontwikkel. Die een was The Solari Report, wat steeds groei as 'n wêreldwye intelligensienetwerk - ons probeer mekaar help om te verstaan wat gebeur, om te navigeer en by te dra tot positiewe uitkomste. Die ander was 'n beleggingsadviseur vir individue en gesinne deur Solari Investment Advisory Services. Na tien jaar het ek die onderneming omgeskakel na 'n ESG-skerm. Wat diegene wat dit gebruik, wil hê - wat andersins nie in die kleinhandelmark beskikbaar is nie - is 'n skerm wat kennis van finansiële en politieke korrupsie weerspieël. Die dop van die verspreiding van korrupsie, dit is 'n kuns, nie 'n wetenskap nie.
AS GOD ‘N VOLK AAN SY EIE LOT OORGEE
Ds.A.E van den Berg
Rom.1:18-32
“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk....” (Rom.1:18).
Inleiding
Suid-Afrika beleef sedert 1994 ʼn sedelike vryval nadat die Christen-grondwet tot niet gemaak en die land amptelik tot ʼn wêreldstaat verklaar is. Die lugleegte wat dit gelaat het, laat misdaad hoogty vier en geweld sulke ongekende afmetings aanneem, dat mense daagliks selfs binne hul huise vir hulle lewens vrees.
Dis nie ʼn demokrasie nie maar eerder ʼn skrikbewind waar barbaarse optrede gangbaar is, plaasmoorde die hoogte inskiet, dwelmverslawing epidemiese afmetings aanneem, dissipline sienderoë kwyn, woede oral opbou en booswigte die land daagliks plunder. Aanspreeklikheid het’n stille dood gesterf, gesonde werksetiek het skaars geword en infrastrukture in duie laat stort.
Daarbenewens het onderwys ʼn ongekende laagtepunt bereik en word ʼn geslag jongmense sonder kennis van die Bybel groot. Dit voorspel niks goed vir die toekoms nie! Die vraag op almal se lippe is: Wat het met ons land gebeur? Waarom val alles uitmekaar? Wat gaan aan?
Suid-Afrika ervaar God se toorn. Hy onttrek Hom aan ʼn volk wat met sy weë en die waarheid vertroud was en dit bewustelik verlaat het. Hy waarsku Israel:
“Dan sal my toorn op dié dag teen hulle ontvlam, en Ek sal hulle verlaat en my aangesig vir hulle verberg, sodat hulle verteer word en baie onheile en node hulle oorkom. Dan sal hulle op dié dag sê: Het hierdie onheile ons nie oorgekom, omdat onse God nie onder ons is nie?” (Deut.31:17).
KINDERS VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
1 Kor. 6:11-18
“Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” (:17&18).
Wat ‘n voorreg het ons nie om kinders van die Almagtige God genoem te word nie. Ja, ons kan vereenselwig met die belydenis wat in 1 Joh. 3:1 opgeteken is.
“KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.”
Maar kan ons met alle eerlikheid sê dat ons vreemdelinge vir hierdie wêreld is soos wat ons in 1 Joh. 3 lees? Lyk ons regtig soveel anders as hierdie wêreld in ons denke, handel en wandel of lyk ons maar net soos enige ander gewone wêreldling?
LOKASIE-INWONERS NOU “INGEËNT”...
... EN SÓ WORD “COVIDSTERFTES” AANGEHELP
As iemand gedink het dit is verregaande wat hulle nou hier lees, doen bietjie navorsing en hou op om mense wat wel moeite doen om die waarheid oor verdagte sake uit te snuffel, te beskuldig van samesweringsteorieë. Want dit wat u hier lees, het ons van eerstehandse kennis nadat goeie navorsing gedoen is.
Uit alle oorde word daar die afgelope dae berig dat “gesondheidswerkers” in verskeie stede en dorpe in swart woonbuurtes van huis tot huis gaan en die inwoners “inent teen covid”. En om die “inentingsproses”meer aantreklik te maak, word vir diegene wat effens agterdogtig daaroor is, ‘n stewige R7000 as wortel voor die neus gehou, die bedrag wat op die platteland aangebied word. Ja, dit is die waarheid, ons het genoeg getuies daarvoor.
In stede soos Pretoria se lokasies gebeur dieselfde maar is die bedrag R15000. Al rede wat logies lyk hiervoor is dat diegene wat die hele operasie bestuur klaarblyklik glo dat stedelike swartes heelwat meer opgevoed, opgelei en meer ingelig is as die plattelandse “pleps”, dus sal dit meer kos om hulle om te koop vir die “inenting”.
Tydens verdere ondersoek het ons uitgevind dat dit verseker nie “gesondheidswerkers” is wat die huisbesoeke doen nie want dokters en hospitaal- en verpleegpersoneel weet werklik nie hiervan nie. Aangesien die “gesondheidswerkers” so toegekleed is dat niemand hulle kan eien nie, kan daar egter geen vinger gewys word na wie hierdie mense werklik is nie.
VERNIETIGING VAN ONS VOLK
Dr Danie Theron
So het sosialisme soewereiniteit(en ons volk)vernietig!
“Ons werk tans diskreet, maar met alle mag om hierdie misterieuse mag, genaamd soewereiniteit, uit die kloue van die plaaslike nasiestate in die wêreld te ruk. Die hele tyd ontken ons met ons lippe wat ons met ons hande doen, want om die soewereiniteit van die plaaslike nasionale state van die wêreld te verwerp, is nog steeds 'n dwaalleer waarvoor 'n staatsman of publisist miskien nie heeltemal op die brandstapel kan verbrand nie, maar beslis uitgewis en gediskrediteer. ” - Professor Arnold Toynbee
“Die geldmag en rewolusionêre mag is opgestel en kry skynagtige maar simboliese vorms ('kapitalisme' of 'kommunisme') en skerp omskrewe sitadels ('Amerika' of 'Rusland'). Dit is die skouspel wat in die openbaar vir die massas opgevoer word. Maar sê nou dat soortgelyke mans, met 'n gemeenskaplike doel, in beide kampe in die geheim regeer en van voornemens is om hul ambisie te bereik deur die botsing tussen die massas? Ek glo dat 'n ywerige student van ons tyd sal ontdek dat dit die geval is.” - Douglas Reed
“Soos dit is, het die pers die grootste mag in die Westerse lande geword, magtiger as die wetgewer, die uitvoerende gesag en die regbank; 'n mens wil vra: volgens watter wet is dit verkies en aan wie is dit verantwoordelik?”-Alexander Solzhenitsyn
"Toekomstige historici sal beslis sien dat ons 'n Frankenstein-monster in die media geskep het wat niemand weet hoe om te beheer of te stuur nie, en hulle sal hul verwonder dat ons onsself so gedwee moes onderwerp aan die vernietigende en dikwels kwaadaardige invloed daarvan”. – Malcolm Muggeridge
Die Covid19-hoax is seker die beste bewys van die greep wat die internasionale geldmagte nou op die mensdom kry – alles met een doel voor oë - om beskawings te ondergrawe en die Eenwêreldregering daar te stel.
ROL VAN SWART VAKBONDE IN NADERENDE EKONOMIESE INEENSTORTING
In 1979 het die Regering op aanbeveling van die Wiehahn-kommissie besluit om swart vakbonde te wettig; by terugskoue een van die talle groot foute van daardie Regering. Aanvanklik het gematigde vakbondfederasies soos Vaksa hul eie parallelle swart vakbonde probeer stig maar sonder groot sukses. Teen die agtergrond van die toenemende radikalisasie van die swart politiek was dit radikale vakbonde soos Fosatu en sy opvolger, Cosatu, wat uiteindelik die meeste spierkrag verwerf het. En dit was primêr hulle wat met 'n kombinasie van klipharde onderhandelings, afdreiging en stakings vir die skerp toename in inkomste vir hul eie lede verantwoordelik was. Die vooruitstrewende ekonomiese tydperk van 1981 tot 1994 toe Suid-Afrikaners se gemiddelde per kapita-inkomste met 18,5 persent gedaal het sal nie eers in 'n ambisieuse ekonomiese ontwikkelingsprogram weer behaal word nie.
Die negatiewe siening oor Suid-Afrika se produktiwiteit word bevestig deur die gesaghebbende jaarverslag van die Switserse Union Bank in 1995. Die bank het Suid-Afrika op grond van sy algemene mededingendheid toe reeds 42e uit 48 lande geplaas. Wat sy produktiwiteit betref, skaars een jaar nadat die ANC in die regeerstoel geplaas is, het die land die heel slegste van almal gevaar. Daarna het F.W.de Klerk die vermetelheid om in Bonn, Duitsland, te gaan rondflenter ná sy verraderlike kortdaatstuk om die land op 'n skinkbord aan 'n korrupte SWART regering oor te gee.
DIE AARDE BEHOORT AAN DIE HERE...
... EN DIE VOLHEID DAARVAN!
Hannes Ollewagen
Ps. 24:1-10
“…Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.” (:1&2).
Hoe mooi is hierdie belydenis van Dawid nie, geliefdes – ‘n opregte erkenning van die heerskappy van God oor alle dinge. Ja, en soveel mooier word hierdie belydenis wanneer ons God se Woord bestudeer en dieselfde belydenis raaklees wat deur ander gelowiges en diensknegte van God gemaak is. Soos wat Dawid hierdie belydenis gemaak het, hoor ons ook deur die mond van Moses hierdie belydenis.
“Kyk, aan die Here jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.” (Deut. 10:14).
Moses het hierdie belydenis selfs ook voor ‘n heidense koning, die Farao van Egipte, gemaak.
“…sodat u kan weet dat die aarde aan die Here behoort.” (Ex. 9:29).
En Paulus weerhou homself ook nie daarvan om in sy brief aan die gemeente van die Korinthiërs hierdie belydenis te maak nie.
“Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.” (1 Kor. 10:26).
Hoe kan daar enige twyfel oor hierdie saak wees wanneer dit soveel male bevestig word? ‘n Saak staan vas, dit is onbetwisbaar die waarheid, in die mond van twee of drie getuies.
“…In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.” (2 Kor. 13:1).
5G ‘N MISDAAD TEEN DIE MENSDOM, SÊ INTERNASIONALE REG
Dit is aan baie mense hier in ons land nog nie bekend wat die nuwe 5G-fone wat hulle so graag aanskaf gaan meebring nie. Om kennis te neem wat die gevare daarvan inhou is 'n saak van lewe en dood. Duisende wetenskaplikes, dokters, omgewingsorganisasies en burgers van honderde lande, dring by die VN, WGO, EU, Raad van Europa en regerings van alle nasies daarop aan om die implementering van die 5G (vyfde generasie) draadlose netwerk, insluitend 5G vanaf ruimtesatelliete, te staak. 5G verhoog die blootstelling aan radiofrekwensie (RF) op die 2G-, 3G- en 4G-netwerke vir telekommunikasie wat reeds bestaan. RF-straling is bewys dat dit skadelik vir mense en die omgewing is. Die implementering van 5G is 'n eksperiment oor die mensdom en die omgewing wat volgens die internasionale reg as 'n misdaad teen die mensdom gedefinieer word.
Telekommunikasiemaatskappye wêreldwyd, met die steun van regerings, is gereed om die vyfde generasie draadlose netwerk (5G ) nog verder uit te brei. Dit is ingestel op ‘n wêreldwye skaal waar erken word dat dit ‘n ongekende samelewingsverandering sal meebring. Ons sal 'slim' huise, 'slim' besighede, 'slim' snelweë, 'slim' stede en selfbestuurde motors hê. Maar ons sal ook erg verswakte gesondhede hê met outisme, kanker, hartsiektes, geenveranderinge, DNS-veranderinge, daar is ‘n lang lys hieronder.
ONS IS IN OORLOG!
Ons is in 'n oorlog. Ja. Nie die Weste teen die Ooste, teen Rusland en China nie, en ook nie die hele wêreld teen 'n onsigbare korona-virus nie.
Nee. Ons, die gewone volk, is in 'n oorlog teen 'n al hoe meer outoritêre en tirannistiese Globalistiese stelsel, regeer deur 'n klein groepie multimiljardêrs, wat reeds dekades gelede beplan het om die mag oor die mense te neem, om hulle te beheer, te verminder tot wat 'n kits-elite van mening is dat dit 'n 'voldoende aantal' is om Moeder Aarde te bewoon - en om die res van die oorlewendes te digitaliseer en te robotiseer, as slawe. Dit is 'n kombinasie van George Orwell se "1984" en Aldous Huxley se "Brave New World".
Welkom in die tyd van die transhumanisme. As ons dit toelaat...
Daarom is inenting nodig om transgene stowwe in te spuit wat ons DNS kan verander, sodat ons soos zombies moet word en ons dinamika moet verdwyn.
Die oorlog is eg en hoe gouer ons almal dit besef, hoe gouer diegene in maskers en diegene in sosiale afstand kennis neem van die wêreldwye anti-menslike situasies wat ons toegelaat het dat ons regerings ons aandoen, hoe beter is ons kans om weer ons soewereine self te wees. Vandag word ons gekonfronteer met heeltemal onwettige en onderdrukkende reëls, alles opgelê onder die voorwendsel van 'gesondheidsbeskerming'.
LUISTER NA DIE WAARHEID!
Die wêreldbevolking in die algemeen, maar veral hier in Suid-Afrika, het skynbaar alle kritiese denkvermoë verloor, maar die onderliggende probleem wat hierdie tragedie ondersteun, is dat mense nie net die vermoë om te dink verloor het nie, maar ook die begeerte om dit te doen. Dit het die fondament gevorm vir die grootste bedrog in die wêreldgeskiedenis, en hierdie bedrog is so voor die hand liggend dat dit aan die absurde grens – die ‘virus-pandemie’.
Die waarheid is beskikbaar vir almal om te sien, maar geestelike swakheid en blindheid het alle aspekte van die werklikheid vir die gewone mens versteek in so 'n mate dat leuens en bedrog die funksie van feit en waarheid dien. 'n Volledige ommekeer van die werklikheid het die nou magtelose gedagtes van die massas gevang. In die lig hiervan is allerhande tirannie moontlik, wat noodwendig aandui dat allerhande tirannie sál plaasvind.
Dit is die dilemma waarin ons ons vandag bevind, en as dit nie vinnig reggestel word nie, sal dit in 'n onomkeerbare ramp eindig. Vrees het moed vervang, onkunde het intellek vervang, afhanklikheid het selfverantwoordelikheid vervang, kollektivisme het individualiteit vervang, meester het slaaf geword en slaaf het meester geword.
Ons is nou aan die einde van die eerste siklus van hierdie gepropagandiseerde valse vlaggebeurtenis wat 'n 'viruspandemie' genoem word, wat begin het met 'n valse pandemie en toe 'n vals kasedemie (die aanhoudende oorbeklemtoning van valse inligting) geword het. Ons is nog nie aan die einde van die kasedemiese toetsperiode nie maar is die klaarblyklike volgende fase, 'n dodeliker pandemie wel op ons spoor, en die bedrog sal voortduur totdat totale beheer oor alle mense uitgevoer kan word.
IS DAAR NOG HOOP?
Dr Danie Theron
Want ons kan niks doen teen die waarheidnie, maar wel vir die waarheid. - 2 Kor 13:8
Die jaar 2021 is nie met groot entoesiasme begroet soos dit in vorige jare die geval was nie. Behalwe dat ons uitgelewer is aan seker die slegste regering in Afrika (en dus in die wêreld), sit ons boonop nog met die Covid-19 hoax wat mense op hol het en boonop uitmekaar jaag.
Laat ek myself baie duidelik maak oor wat ek met “hoax” bedoel. Covid-19 is ‘n doelbewuste misleiding waar mense bevrees en beangs gemaak word oor ‘n “virus” terwyl, as mens net bereid is om bietjie wyer te lees as dit wat die klomp walglike adders van Netwerk24 aan ons opdis, dit baie duidelik is dat ons opsetlik mislei word oor onder meer die volgende:
- Die oorsprong van die “virus”;
- Die aard van die “virus”;
- Die fei tdat “lockdowns” alles behalwe immuniteit bevorder en dit inteendeel afbreek;
- Die feit dat “lockdowns” mense se lewens verwoes, hulle inkomste en bates uitwis en state se ekonomieë ten gronde rig , terwyl ‘n klein uitgesoekte groepie astronomies verryk word;
- Die feit dat die hele “hoax” beplan was en tot die letter uitgevoer word;
- Die feit dat die vaksiene wat op ons afgedwing gaan word lewensgevaarlik is gesien die kort tydsduur waarin dit daargestel is en die agenda wat Gates en Kie daarmee het;
- Die feit dat die vaksien nie immuniteit gaan verseker nie;
- Die leuens rondom natuurlike immuniteit en medikasie wat versprei word slegs om Big Pharma (en die vaksien met sy miljarde in opbrengs) te bevoordeel;
- Die leuens oor hoeveel “gevalle” daar is en hoeveel werklik daaraan sterf.
Ek staan geensins onverskillig teenoor die feit dat daar wel mense sterf nie, maar het baie vrae oor waaraan hulle werklik dood is. Ek glo egter geen woord wat die regime en die hoofstroom media daaroor verkondig nie.
KOM ONS PRAAT OOR DIE DOOD
Die satan het daarin geslaag om met die virus-kabaal mense paniekerig te maak. Mense is dikwels bang vir die dood, veral as hulle nie seker is wat hulle nadoodse bestemming is nie. Ons hoor die afgelope jaar knaend oor die nuus hoeveel mense sterf aan Covid want dit is hoe hulle die publiek beangs maak en so hou. Daar het niks meer mense in 2020 gesterf as in vorige jare nie, inteendeel, die statistiek gee aan dat daar ‘n afname in totale sterftes was as in 2019. Maar mense is nou eenmaal maar mens en val elke keer vir die satan se leuens.
Tog is dit ‘n goeie ding om oor die dood te besin. Daar gaan vir elkeen ’n nuwe jaar aanbreek waarvan hy die Oujaar nie sal sien nie. Niemand gaan ʼn ooreenkoms met die dood aan nie. Die Bybel sê dat die dood die kleedkamer is waar ons vir die ewigheid aantrek:
“Want om hierdie rede ... verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie” (2 Kor.5:2.3).
Die lewe is nie ʼn besitting nie, maar ʼn lening. Ons is huurders en God die eienaar. Hy kan die huur enige tyd opskort waarna ons die lewe moet teruggee. Hierdie teruggee is die dood. Daar is niks so seker as dat ons dit eendag sal moet teruggee nie en gevolglik huiswaarts reis.
“...en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het” (Pred.12:7)
Die ewigheid kan of met vreugde in die hemel of met pyn in die hel deurgebring word. Dit hang van die bekering af. Daarom is dit beter om oor die lewe te besin as om oor die dood te kwel.
KOM SAAM MET MY
Ds Andrè vd Berg
Nuwejaar
“En na die dood van Josua het die kinders van Israel die Here geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg? En die Here het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand. Toe sê Juda aan sy broer Simeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met jou optrek in jou aandeel. En Simeon het saam met hom getrek”. (Rigt.1:1-3)
As daar iets sleg met mense gebeur, gee hulle maklik die noodlot die skuld daarvoor. Maar wat is die noodlot? Is daar so ʼn iets? Nee, dis ʼn heidense begrip en nie deel van gelowiges se woordeskat nie. Gelowiges glo in die raad van God. Dit beteken dat alles volgens God se wil geskied. Heidene glo weer dat mense se lewens deur ʼn magdom van onsigbare magte beheer word wat woer-woer daarmee kan speel en dinge toevallig willekeurig laat gebeur.
Gelowiges glo dit vir geen oomblik nie. Niks gebeur toevallig nie. Israel was tydens hul woestyntog deeglik daarvan bewus. As gelowige volk het hulle God in alle sake geraadpleeg ook toe hulle moes besluit watter een van die stamme die Kanaäniete eerste moes aandurf om hul beloofde deel in Kanaänland te ontvang. ʼn Mens sou dink dat Ruben die oudste seun, aangewys sou word. Hy sou nie.