NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Mens sonder humor is soos ‘n motor sonder vere. Elke hobbel in die pad stamp dit rond.

ONTHOU U NOG DIE TEER EN VEER VAN FLOORS DIE VERRAAIER?

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmrtyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnm

DIE TEER EN VEER VAN PROF F.A. VAN JAARSVELD

deur

Herman Victor

in ons

FAMILIEGESKIEDENIS

Saamgestel deur

Petrus Louwrens Victor

 

April 2020


 Soos beskryf deur Herman F. Victor, broer van die samesteller van hierdie boek

AGTERGROND

Die laat sestiger- en sewentigerjare getuig van ʼn ingrypende beleidsverandering by die Nasionale Party. Die demografiese projeksies het totaal misgetas wat die bevolkingsgroei van die swart etniese groepe betref en te min swart volkere het ingekoop in die swart tuislandbeleid wat die totstandkoming van swart volkstate ten doel gehad het. Gegewe die feit dat S.A. op die Engelse model van die burgerstaat geskoei is, het die N.P. toenemend die idee van ʼn eenheidstaat, ʼn “Nuwe S.A.”, begin propageer. Die stemvee moes op elke denkbare manier beȉnvloed word om hulle met dié gewysigde strewe te vereenselwig.

Hierdie beïnvloeding om ʼn paradigmaskuif te bewerkstellig, het op elke volksterrein begin woeker: die gedrukte media, radio en televisie, partybyeenkomste, sport, die onderwys, die staatsdiens, sakewêreld, die Kerk en kultuurorganisasies. So, byvoorbeeld, het die Afrikaner Broederbond en sy junior eweknie, die Ruiterwag, in 1972 hul wese as kultuurorganisasies wat hulle beywer het om Afrikanerideale te verwesenlik, verloën deur hulle tot stutorganisasies van die Nasionale Party te laat bind. Waar die Nasionale Party voorheen ʼn instrument in die hande van die Afrikanervolk was, het die omgekeerde hiervan die werklikheid geword.

Die stryd om die handhawing van Afrikaans is egter deur die N.P. regering ondersteun, want dit sou enersyds die goedgelowige N.P– stemvee laat voel dat die N.P. nóg, ten spyte van volksvreemde besluite, die belange van die Afrikaner op die hart dra (in die idioom van die latere “wigte en teenwigte”) en andersyds sou dit brûe bou na die Afrikaanssprekende Kleurlinge wat sou kon help om die N.P. se posisie binne ʼn eenheidstaat te bestendig. Taalhandhawing was ʼn veilige terrein – niemand het ooit daarvoor bloed gestort nie! (Die Veiligheidspolisie kon dus in dié verband ontspan.)

Die destydse leier van die N.P., Eerste Minister John Vorster, het sy volk se vryheid ondergeskik gestel aan die sug na vrede:

”Die prys van stryd is te hoog, veels te hoog!”

In dié tyd munt prof. Wimpie de Klerk, broer van die latere uitverkoper- staatspresident F.W.de Klerk, die terme “verlig’ en” verkramp”. ʼn Ander denkgenoot van die Universiteit van Stellenbosch, prof. Sampie Terblanche, sluit by die siening aan in die blad Standpunte deur eersgenoemde groep as “konsiliasiedenkers” en die teenpooldenkendes as “konfrontasiedenkers” te bestempel. Hy trek ʼn parallel deur genls. Botha en Smuts met eersgenoemde groep, en genls. De Wet en De la Rey met laasgenoemde in verband te bring. Hy het skynbaar vergeet dat die sogenaamde konsiliasiedenkers die leiers van die eertydse opposisieparty, die Verenigde Party, was!

By Vorster het ʼn toenemende aggressie jeens die behoudende regses ontbrand en het hy van die politieke verhoog af teen hulle te velde getrek deur hulle as mense met ʼn “verkrampte laermentaliteit”, die “wagters op Sionsmure” en “mense wat ʼn toekoms kon gehad het”, te bestempel. As lakei van die hoof van die Buro vir Staatsveiligheid, genl. Hendrik van den Bergh, het hy regses deur ʼn afdeling binne Boss (geheime diens) laat dophou.

Een van die effektiefste maniere om die genoemde paradigma-verskuiwing te laat plaasvind, was om van akademici (soos Wimpie de Klerk) gebruik te maak, wetende dat die Volk tradisioneel ʼn heilige respek vir hierdie getitelde alweters het. Sodoende is prof. F.A. van Jaarsveld, die geskiedkundige, ook betrek. Dié man wat in 1974 nog vir eerstejaarstudente aan die Universiteit van Pretoria ʼn spesiale klas oor Afrikanernasionalisme gereël het, het ʼn radioprogram met die titel Afrikaner, Quo Vadis behartig. Algaande het dit begin blyk dat sy aand-en-môrepraatjies nie meer rym nie, en dat hy die politiek van die dag ter wille was.

Die aanslag op die viering van Geloftedag het egter veel vroeër begin. Prof. C.J.Uys het in 1950 daarop gewys dat die jaarlikse viering van die oorwinning by Bloedrivier berus op twee tydgenootlike dokumente wat die mees betroubare getuienis bevat, en ʼn derde stuk van Sarel Cilliers wat teen 1871 opgestel is en “as onbetroubaar beskou word”. Die eerste is van Jan Bandjes en die tweede deur die aanvoerder, Andries Pretorius, gedateer 23 Des. 1838. Uys betwyfel dit dat Cilliers ooit self so ʼn stuk opgestel het. Prof. B.J. Liebenberg onderskryf hierdie siening in 1977.

Aangesien daar nie in die mees betroubare tydgenootlike getuienis melding gemaak is van “elk jaar” en “zoo als een Sabbath” nie en Cilliers ook die bou van die Geloftekerk onvermeld gelaat het, neem Van Jaarsveld die volgende standpunt in:

“Dit is hierdie, myns insiens foutiewe opvatting van die gelofte wat in 1952 verkeerdelik gelei het tot die verbinding van die sabbatsklousule aan die viering van Geloftedag waardeur die Afrikaner se tradisie op die res van die bevolking afgedwing is, nl. ʼn soort mensgemaakte ‘ekstra Sondag’. Prof. Liebenberg was oortuig dat om die hand van God in die verlede aan te wys, nie van die nodige respek teenoor God getuig nie:

“Die weë van God is vir die menslike verstand ondeurgrondbaar, en diegene wat so maklik en selfversekerd die hand van God in die geskiedenis aandui, is slegs besig om hul eie subjektiewe gevoelens, opvattinge en standpunte aan God toe te skryf”.

Van Jaarsveld voeg by:

“Dit is my mening dat die ‘tekens van die tye’ - die omgekeerde ‘historiese proses’ wat op kolonisasie en Blanke baasskap gevolg het, nl. dekolonisasie, nie betyds korrek gelees en verstaan is nie - die prys van ʼn selfgesentreerde Afrikaner- wêreldvreemdheid“.

Voorts sê hy:

“Die krisis wat in die Afrikaner se wêreld- en lewensbeskouing ingetree het, ‘die toegewings’ op die druk van buite en van binne, die veranderinge in die situasie sedert 1948 en 1961, wat die begrip ‘Afrikanervolk’ gerelativeer het tot ʼn onderdeel van ʼn bevolkingsgeheel, en die posisie van algehele isolasie en omsingeldheid, het daartoe bygedra dat kritiek op die eksklusiwiteit en wyse van viering van die oorwinning van Bloedrivier uitgespreek word.”

Mens sien dus die verband met die gepoogde “nuwe Gelofte” wat onder pres. Jim Fouché se hand aan geloftekomitees gestuur is, raak.

In 1975 het ds A.P. van der Colf in ʼn hoofartikel in Die Transvaler van 16 Des. ʼn beroep op Afrikaners gedoen om die aard van Geloftedag te verander deur anderstaliges en anderskleuriges by die feeste toe te laat. Hy het ook in 1978 bepleit dat Geloftedag geïnterpreteer moet word “as ʼn geleentheid vir ʼn versoeningsdag tussen die volke van Suid-Afrika”.

Die debat oor Geloftedag is in 1977-78 voortgesit, o.a. deur Die Transvaler en Beeld, wat veral daarop gemik was om Afrikaner eksklusiwiteit van dié dag te probeer uitskakel. Dr. W.J de Klerk skryf in Rapport van 17 Des. 1978:

Geloftedag is ʼn soort mistieke band wat swart en wit blywend in hierdie land saambind met die krag van die Christelike belydenis. Daarom is dit nie ʼn rassistiese volksfees wat Afrikaner-eksklusivisme verheerlik en verkondig nie”.

Voorgaande bevestig dat daar uit verskeie oorde ʼn aanslag op Geloftedag geloods is. Eers is daar deur twee professore verwarring gesaai oor die bewoording van die Gelofte, toe is die wese van die Gelofte – ʼn dankdag omdat God aan die Trekkers die oorwinning gegee het – as vermetelheid uitgemaak, en ten slotte moes dit omskep word tot ʼn dag wat politieke dividende moes oplewer. Gerieflikheidshalwe is vergeet dat dié dag die gelofte tussen ʼn bepaalde volk, die Afrikanervolk, en God herdenk, ten einde God te verheerlik! As die “wetenskap” van geskiedskrywing nie ruimte laat vir ʼn volk se geloofsdade nie, dan moet hulle hul nie uitlaat oor Geloftedag nie, want dit is ʼn geloofsaangeleentheid. Dis soos om Christene kwalik te neem dat hulle Sondae in die kerk gaan aanbid omdat hulle daardeur aanstoot gee aan die massa wat dié dag vir pret en plesier oormerk! Dit is vermetelheid in sy uiterste vorm! Dit word weerspieël deur prof. Van Jaarsveld se eie oënskynlik objektiewe lesing, gevolg deur die woorde:

“Dit vereis egter dat die viering van Bloedrivier, met verantwoording teenoor die geskiedenis en teenoor God, en met verantwoordelikheid teenoor die plurale aard van die nuwe samelewing wat deur verstedeliking en dekolonialisasie tot stand gebring is, moet geskied. (F.A. van Jaarsveld: Geloftedag in die Ban van die Tyd (Tydskrif vir Geesteswetenskappe, p18 (3+4 Sept-Des 1978, p240))

Dit is uit bostaande duidelik dat die viering van Geloftedag vir prof. Van Jaarsveld ʼn pragmatiese aangeleentheid was wat moet aanpas by die politieke eise van die tyd. Daarom dat hy hom daarvoor beywer dat Geloftedag ʼn partikuliëre vakansiedag – en nie meer ʼn openbare vakansiedag nie – moet word. Ironies genoeg het hy hom daarvoor beywer dat almal daaraan meedoen!

Teen dié agtergrond moet die teer-en-veer voorval gesien word.

Rykie van Reenen se sensasionele artikel in Rapport van 25 Maart 1979, onder die opskrif “Heilige beeste gegaffel”, het daarop gedui dat sy insae gehad het in die teks van prof. Van Jaarsveld se nog ongelewerde lesing die komende Woesdagaand, ʼn lesing wat sy bestempel het as die sleutellesing tot ʼn belangwekkende simposium oor die betekenis van die geskiedenis, met spesiale verwysing na die manier waarop daar uit verskillende S.A. perspektiewe na die Slag van Bloedrivier gekyk word. Dit was uit haar artikel duidelik dat sy groot behae uit hierdie nuwe aanslag op Geloftedag geput het.

Sy skryf:

“Bloedrivier, O Bloedrivier. Heilige Afrikanerbeeste kan dalk naar in die proses gegaffel word”.

Sy noem ook die aanhaling van prof. B Liebenberg deur Van Jaarsveld :

“As ons die slag van Bloedrivier inbring, sal ons –om konsekwent te wees- dieselfde met alle ander veldslae moet maak : die Zoeloes het in die slag van Italeni die oorwinning oor Hendrik Potgieter en Piet Uys se kommando behaal omdat God aan hulle kant was: die Zoeloes het in die slag van die Wit- Umfolozi met God se hulp daarin geslaag om die Voortrekkers in ʼn hinderlaag te lok; die Driejarige Oorlog is in die guns van die Engelse beklink danksy God se ingryping in die stryd“.

“Betekenisvol” sê Van Jaarsveld, vra prof. Liebenberg dan: “Of gryp God net by sommige veldslae in? En indien wel, by watter veldslae?”

Dan begin die politieke ondertoon van Van Jaarsveld se lesing as sy Van Jaarsveld verder aanhaal:

“Die moontlikheid bestaan”, sê prof. Van Jaarsveld, “dat die geskiedenis vir die Afrikaner vandag ʼn bedreiging, ja gevaar vir die toekoms kan word, veral as dit tot ʼn verstarde beeld kristaliseer”.

Hy toon aan hoe swart geskiedkundiges al klaar vir Dingaan voorhou as held van die verset teen die blanke kolonialism:

“In plaas van skuiling teen die aanslae van die toekoms te bied en inspirasie vir die hede-handelings verskaf, kan dit ʼn ‘onthulling‘ word van ʼn reeks ’foute’ wat na ʼn aanklag en selfveroordeling lei”.

Daardie artikel het aanleiding daartoe gegee dat ʼn spesiale vergadering van die Hoofraad van die A.W.B. , waarin die skrywer en sy broer gedien het, naby Hartbeespoort belê is.

Tydens hierdie vergadering is, veral in die lig van die opmerking teen die einde van Van Reenen se artikel dat al die plekke vir die simposium reeds bespreek is, (“Daar is nie ʼn plek vir nog ʼn muis nie...”), eenparig besluit dat genoeg genóég is (wat die aanslae op Geloftedag betref) en dat prof. Van Jaarsveld geteer-en–veer moet word om die behoudende Afrikaner se afkeer te kenne te gee, net soos 49 jaar vroeër met ene prof. Lamont gedoen is n.a.v. ʼn neerhalende publikasie oor die Boere.

Laat die middag van 28 Maart 1979 het die ongeveer 40 tot 50 manne wat wou meedoen aan die protesaksie by die Voortrekkermonument byeengekom waar een van die Jordaan-broers ʼn gebed gedoen het en Eugene Terre-Blanche die take opgedra het: Skrywer se broer Peet Victor en Corrie Jooste sou die professor vasgryp, Kosie Vermeulen sou die teer oor hom uitgiet, Gawie Rossouw sou die vere plak en die skrywer sou optree as leier van die beskermingsgroep (basies almal wat sou meedoen). Daarna het ons met bakkies na die Senaatsaal van Unisa vertrek. By ons aankoms was daar twee polisiemotors voor die trappies van die gebou geparkeer, maar ons het opgevorm en in enkelgelid die trappies na die saal bestyg. Die verdere gebeure is uiters noukeurig deur dr. Herman Rex, oud-argivaris van die Hervormde Kerk, in ʼn ooggetuieverslag onder die opskrif “Van Bloedrivier tot Elandsrand”, beskryf. Die verslag is in Die Stem van Mei 1979 gepubliseer.

Wat dr. Rex egter nie kon hoor nie, was my broer se woorde aan sy oudprofessor: ”Professor, dis nou genoeg!” Daarmee het hy en Corrie Jooste die professor vasgevat...

Dr. Rex skryf:

“Ek en ʼn vriend, Herman Victor van Brits, (skrywer se vader), het gesorg dat ons vroeg by die senaatsaal opdaag om te sorg dat, indien daar plekke oopval, ons van hulle kan kry. By die saal is ons te woord gestaan deur dieselfde Engelssprekende non met wie ek die vorige dag oor die foon gepraat het en wat nie ʼn woord Afrikaans kon praat of verstaan nie. Sy het in elk geval opdrag gegee aan ʼn vriendelike en hulpvaardige jong Afrikaner dat ons name opgeneem moet word teen betaling van R1-00 elk op ʼn lys waarop daar in groot rooi letters ‘Late Commers’geskryf is. Die persoon wat ons toegangsgeld ontvang het en ons lapelwapens oorhandig het, het laat blyk dat ons enige plek in die saal kon gaan plaasneem. Ons het twee uitsoekplekke geneem. Daar was reeds ʼn aantal persone in die saal en algaande het kongresgangers hulle plekke ingeneem. Aangesien ons vroeg was en sitplekke ingeneem het aan die bokant van die hoofingangspaadjie, kon ons mooi sien hoe die saal met ʼn bonte menigte sg. ‘akademici’ gevul word.

“Swartes, waarvan enkeles baie swak geklee was, Blankes, Bruines en ʼn Gele. Wat opmerklik was, was dat die professore en dosente van die Dept. van Geskiedenis van Unisa, so ook die senior kollegas van prof. Van Jaarsveld nie by die simposium opgedaag het nie.

“In die gehoor het ek ʼn aantal bekende Afrikaanssprekendes opgemerk. Toe prof Adrio König as kongresvoorsitter die aanwesiges verwelkom het, was ek geskok om hom Engels te hoor praat. Wat my veral getref het, was sy uitspraak en swak beheersing van die Engelse taal. Sy uitspraak van sommige woorde in die eerste paar sinne wat hy in die aanwesigheid van die rektor van Unisa, prof. Theo van Wijck, gebesig het was so krom dat mens dit byna nie kon glo dat die voorsitter van ʼn sg. “internasionale“ byeenkoms (met sy paar Engelstalige Swartes, Lutherane en Roomskatolieke) nie instaat was om die Engelse taal, wat hy by voorkeur wou gebruik, foutloos te gebruik nie.

“Dat ek my vir die eerste keer in my lewe bevind het in ʼn rasgemengde gehoor, was vir my ʼn vreemde ervaring. Ek het nie vooraf geweet dat die kongres ook bygewoon sou word deur Swartes, Bruines en Geles nie, en as dit nie was dat ek graag die lesing van prof. Van Jaarsveld wou bywoon nie, sou ek die verrigtinge van 28 Maart beslis nie in die deurlugtige geselskap van Swartes , Bruines en Geles bygewoon het nie. Die kongres van ongeveer 200 tot 250 kongresgangers het om 7nm. ʼn aanvang geneem met ʼn hoogstaande en sinvolle openingstoespraak deur prof. Theo van Wijck, wat ʼn aantal jare gelede bekendheid verwerf het as ʼn vooraanstaande historikus voordat hy die rektor van Unisa geword het.

“Nadat die openingstoespraak ongeveer ʼn halfuur in beslag geneem het, het die man met die koningsnaam ons weer ʼn keer as afwisseling met sy kenmerkende Engelse tongval en swak taalgebruik vergas, totdat die groot oomblik ongeveer twintig voor agt aangebreek het en prof. Van Jaarsveld die kateder aan die regterkant van die voorsitterstoel betree het.

“Tot my teleurstelling het prof. Van Jaarsveld sy lesing in Engels begin lewer. Sy uitspraak was natuurlik van ʼn baie hoër gehalte as die van prof. König, maar ek het dit tog jammer gevind dat hy oor ʼn uiters sensitiewe onderwerp, erg beduiwel deur Rykie van Reenen se sensasionele en subtiel- beklemtoonde weergawe in Rapport, voor ʼn bont en onsimpatieke gehoor in Engels praat. Toe twee van sy verwysings, die eerste een ʼn verwysing na ds. Van der Merwe ( ʼn NG- predikant wat die joernaal van Sarel Cilliers op skrif gestel het ) en die ander een na die nakoming van die Gelofte in kerkgeboue deur Afrikaners van Pretoria in die negentigerjare, terwyl die Engelse ‘made merry on Church Square’, ʼn dawerende en smalende hoongelag van die nie-Afrikaners en nie-Blankes ontlok het, het ek tot ʼn verdere besef gekom dat prof. Van Jaarsveld hom in ʼn gehoor bevind waarin daardie rare spesie, teoloë van Unisa, die toon aangee en die Butheleziś, Boesaks, Davenports en Tutuś en hulle geesgenote ook hulle eiertjies gaan lê. Watter doel dien dit, het ek myself afgevra, as prof. Van Jaarsveld, ʼn Afrikaner-historikus van formaat, Geloftedag, die Christen-Afrikaner se pêrel van groot waarde, voor die voete van ʼn bont gehoor gaan werp? Gaan hulle dit nie met hulle growwe voete en hande vertrap en verskeur nie?

Sy lesing was in ʼn aantal afdelings verdeel en hy was net klaar met die eerste afdeling –waarvan hy blykbaar gedeeltes oorgeslaan het weens tydgebrek en die voorafpublikasie in Rapport –en besig met die tweede afdeling, toe die hoofdeur skielik oopgegaan en ʼn netjies-geklede, bebaarde en forsgeboude man binnegekom het. Naby die hoofingang, reg agter die eerste ry sitplekke langs die hoofpaadjie en aan die verhoogkant van die saal, het ʼn luidspreker gestaan, daar geplaas vir die gerief van die kongresgangers wat aan die komende debatte wou deelneem en hulle standpunte op rekord geplaas wou kry. Die persoon het die luidspreker in sy linkerhand geneem en met vaste tred en sonder om enige teken van onsekerheid of vreesagtigheid te toon met die muurpaadjie afgestap in die rigting van die verhoog, waar daar op daardie tydstip twee of drie persone (o.a. prof Adrio König) agter die voorsittertafel gesit het, terwyl prof. Van Jaarsveld , skuins voor en aan hulle regterkant besig was om sy lesing vanaf die kateder te lewer. Die persoon wat die eerste ingekom het en die luidspreker vasgegryp het en daarmee na ondertoe begin stap het, was skaars binne in die saal of tussen 40 en 50 jong manne het een na die ander die saal binnegekom en in ʼn enkel ry met vaste tred en sonder om na links te kyk, agter die leier aangestap. Die oë van al die kongresgangers het onwillekeurig in die rigting van die netjies geklede bewegende jong manne gedraai. Regop en fier het hulle in gelid agtermekaar na die verhoog beweeg. Geen tekens van vrees of senuagtigheid was op hulle gesigte te bespeur nie. Op my het hul binnekoms die indruk van ʼn stromende beweging gemaak en toe die laaste een van die groep by die hoofdeur ingekom het, het hul leier reeds die verhoog bestyg en met ʼn fier beweging die luidspreker skuins agter die voorsitter geplaas en begin regstel met die oog op gebruik.

ONTROER

“Asof die hele aksie vooraf baie deeglik beplan is, en elkeen van die jong manne se besondere taak aan hom toegewys is, het sommige van hulle agter hulle leier en die voorsitterstoel verbybeweeg en in ʼn ry gaan staan wat hul leier in sy rug gedek het, terwyl ander weer voor hom en langs hom plek ingeneem het. ʼn Paar van die jong manne, almal frisgebou, het reg agter prof. Van Jaarsveld plek ingeneem, terwyl een van die groep (die skrywer) voor hom en die kateder, met sy gesig na die gehoor gerig, gaan staan het.

“Wat ek bo vertel het van die binnekoms van die groep jong manne, hul gedissiplineerde afstap na die verhoog in volle gesig van die bont gehoor en hulle ontplooiing in die kom van die Senaatsaal, het binne oomblikke plaasgevind.

“Ek het reeds vermeld dat daar in Pretoria gerugte in omloop was dat daar op die openingsaand van die simposium, waartydens prof. Van Jaarsveld sy Rapport-toespraak sou hou oor die bevraagtekening van die ontstaan, inhoud en geldigheid van die Gelofte van 1838 en die behoud van Geloftedag as ʼn ‘mensgemaakte Sabbatdag’ in ons plurale gemeenskap, een of ander protes van Afrikanerkant namens almal wat die Gelofte van 1838 wil nakom en Geloftedag as ʼn Sabbatdag wou handhaaf, sou kom. Wat die aard van die protes sou wees, het ek vooraf nie geweet nie, maar toe die 40-50 jong Afrikaners op ʼn gedissiplineerde wyse in gelid agtermekaar in die saal in die rigting van die verhoog en prof. Van Jaarsveld, wat toe net aan die woord was, begin stroom, het die aksie wat hom voor my oë afgespeel het en wat deel van die protes was my geweldig ontroer, kon ek my trane nie bedwing nie en het daar ʼn spontane dankgebed opgeklim na die God van my vaders, na die God van die Afrikaners, van die Gelofte en van Bloedrivier.

GEEN INDRUK

“Terwyl prof. Van Jaarsveld nog voortgegaan het om die Engelse weergawe van sy lesing voor te dra –sonder dat sy woorde enige indruk op sy gehoor maak en hyself dink dat die televisiemanne opgedaag en hulle gereed begin maak het om hom en sy woorde in beeld en in klank vas te lê – het die leier van die ontplooide groep jong manne skielik luid en duidelik oor die tweede luidspreker die gehoor gegroet en hom bekend gestel:

“ ‘Dames en Here! Ek is Eugene Terre-Blanche van die Afrikaner Weerstandsbeweging. Die Afrikaner se geestesgoedere word tans in die RSA en vanaand in hierdie saal afgetakel en voor ʼn bont gehoor bespotlik gemaak deur prof. Van Jaarsveld. Die Afrikaner Weerstandsbeweging sal dit nie toelaat nie en daarom sal hierdie simposium nie voortgesit word met prof. Van Jaarsveld aan die woord nie!’

“Die leier van die protesaksie het die woord of woorde tot dié effek gebruik en nog meer gesê, elke woord duidelik geartikuleer en so op die man af asof hy op die voorpunt van ʼn oorweldigende leërmag staan en in volle beheer van die situasie is. Intussen was hy aan die spits van skaars 50 jong manne en staan hy en sy klein groepie met hul rûe teen die muur, vasgekeer daar onder in die kom van die saal. Maar asof gehipnotiseer en vasgenael aan hulle swierige sagte sitplekke van die professors van Unisa, verroer nie een van die breedsprakige en selfversekerde akademici ʼn vinger of verhef ʼn stem nie, terwyl die Swartes met wit pieringoë, dieper in hul sitplekke afgesak het. Behalwe een van die kongresgangers wat van bo uit die saal staande aan Eugene Terre-Blanche geskree het: ‘As julle julself Afrikaners noem en in die naam van Afrikaners optree, wil ek nie meer ʼn Afrikaner genoem word nie!’

“ ‘Bly stil ou vriend en gaan sit as jy nie in die moeilikheid wil kom nie’, het een van die jong manne in die ry reg voor die leier gebiedend teruggekap en het die anonieme ex-Afrikaner teruggesak in sy stoel en verstandiglik verder geswyg.

 

OPGELIG

“Terwyl ek nog wou volg wat Eugene Terre-Blanche as motivering vir hul protesaksie en aandrang vir die opskorting van die simposiumlesing van prof. Van jaarsveld onder die aandag van die kongresgangers wou bring, is my aandag skielik getrek deur ʼn beweging in die omgewing van die kateder onder in die linkerkant van die saal. Terwyl die forse en gesagsinboesemende stem van die leier nog steeds gehoor word, het ek opgemerk dat prof. Van Jaarsveld skielik opgelig word. Sy baadjie is na agter geruk en op daardie oomblik het ek gesien dat daar een of ander swart vloeistof uit ʼn houer op hom gegooi word. Die linkerkant van sy kop, gesig en klere was getref en het van bo uit die saal swart vertoon. Terselfdertyd is daar wit vere oor hom uitgeskud sodat sy gesig en kop, vanwaar ek gesit het, volkome bedek was. Dit was ʼn eienaardige gesig. Die wit vere aan die boonste gedeelte van die professor se gesig was die enigste ligpunt van die regopstaande persoon. Die klere was swart, die hande was swart en eers nadat pogings aangewend is om die vere te verwyder, het die gesig weer sigbaar en herkenbaar geword. Intussen kon gille van die enkele vroulike kongresgangers gehoor word.

“Nadat die sending voltooi was en die jong manne hul opgelegde taak afgehandel het, het die 50 stuks, asof daar niks gebeur het nie, op dieselfde ordelike wyse, soos met hul binnekoms, in gelid die saal verlaat met dieselfde muurpaadjie wat hulle vroeër die aand gebruik het, maar nou nie af na die brandpunt van gevaar en onsekerheid nie, maar weer ʼn keer na bo en buite na die gewyde terrein van die Voortrekkermonument waar hulle, sonder dat een van die kamerade in die slag gebly of iets oorgekom het, in ontroerende gebede, soos wat ek later verneem het, hul God, die God van hul vaders en die God van die Gelofte en van Bloedrivier, van Paardekraal, van die Tweede Vryheidsoorlog, van die Rebellie van 1914 en in die jare daarna tot vandag toe, gedank het vir die voorreg wat Hy hulle genadiglik geskenk het om getrou te bly aan die Geloftes wat hul voorgeslagte by Danskraal en Paardekraal afgelê het.

“Op 12 Junie 1979 het 13 van die deelnemers aan die teer-en-veer voorval vlugtig in die streekhof van Pretoria verskyn, maar op versoek van ons regsverteenwoordiger, dr. J Raubenheimer, het streekslanddros Mostert die saak tot 25 Junie uitgestel. Die beskuldigdes was: Pieter G. Nortjé, Jacobus J. Vermeulen, Jan Gabriël Rossouw, Herman F. Victor, Marthinus H. van der Merwe, Johannes J. Jordaan, Johannes R. Jordaan, Jan S. Schutte, Hiram Kendall, Petrus L. Victor, Jan J. Groenewald, Eugene N. Terre-Blanche en Cornelius J. Jooste.”

Tien van die beskuldigdes is op 25 Junie skuldig bevind op aanklagte van strafregtelike injuria en opsetlike saakbeskadiging, maar die aanklagte teen die Jordaan-broers en Kendall is teruggetrek. Op 29 Junie is ons gevonnis tot ʼn boete van altesaam R4200 op die aanklag dat ons prof. Van Jaarsveld in sy eer gekrenk het. ʼn Verdere totaal van R3000 is vir drie jaar opgeskort op voorwaarde dat ons nie in dié tydperk aan opsetlike saakbeskadiging skuldig bevind word nie.

Op inisiatief van Dr. Herman Rex is egter op 15 April 1979 ʼn regshulpfonds van stapel gestuur met die woorde:

“Hierdie skitterende groep jong Afrikaners onder aanvoering van Eugene Terre-Blanche en Jan Groenewald is geen straatboewe, lummels of dies meer nie, maar gelowige , volksverankerde en historiesbewuste jong Afrikaners, wat bereid was om die verguising van die hoogheiliges en vromes te verduur en die prys te betaal wat hulle moontlik te wagte is. Laat hul mede-Afrikaners, wat die nakoming van die Gelofte van 1838 en die behoud van Geloftedag, soos wat sedert 1952 deur wetgewing verskans is, teen elke prys verseker wil sien, hulle gereed maak om hulle moreel en finansieel te steun wanneer aardse regters straf gaan uitdeel aan hulle wat bo alles getrou wil bly aan ʼn Gelofte wat hulle voorvaders met die Groot Regter van aarde en hemel in Desember 1838 en jaarliks daarna op 16 Desember aangegaan het en tot in lengte van dae gelowig wil nakom”.

Die boetes wat opgelê is, is by afsluiting van die hofsaak hieruit gedelg. Ons het die hoogste waardering en dankbaarheid vir die onbaatsugtige opoffering met bydraes gelewer deur dr Rex, Frik Hermann, B.K. de Beer en ander behoudende Afrikaners tot die regshulpfonds.

Vir die skrywer en sy mede-onderwyser, M.H.B. van der Merwe, het die vonnis ʼn verdere nadraai gehad: aanvanklik is geen klag teen ons aanhangig gemaak nie, maar Beeld en Oggendblad het hulle aktief daarvoor beywer om mense aan te moedig om ʼn klag te lê, sodat ons twee onderwysers aan die pen kon ry. Die uiteinde was dat twee linkse studente, ene Fanarof en ?, wel ʼn klag aanhangig gemaak het. Daarop is ons deur die destydse rektor van die Pretoriase Onderwyskollege ontbied om hom te woord te staan. Tydens die gesprek het hy ons laat verstaan dat ons toekoms in die onderwys van sy aanbeveling sou afhang. (Dit het later aan die lig gekom dat hy in ons professionele lêers laat aanstip het dat ons “onbevorderbaar” is). Teenoor hom het ek gesê dat dit jammer is dat die teer-en–veer voorval moes plaasvind, maar dat omstandighede dit onvermydelik gemaak het.

Op 26 November het skrywer n.a.v. ʼn skrywe deur die Registrateur van die S.A. Onderwysersraad, waarin ek verwittig is dat die raad die klagte ontvang het vir die beweerde oortreding van ʼn bepaling van die gedragskode vir onderwysers, die volgende brief aan die raad gerig:

Graag maak ek gebruik van die geleentheid tot ʼn skriftelike verduideliking van my optrede wat tot my skuldigbevinding in die Streekhof te Pretoria gelei het.

Aangesien u in besit is van die volledige hofverslag, weerhou ek my daarvan om ʼn uitvoerige uiteensetting te gee van die aanmatigende en provokerende uitlatings wat in die berig in Rapport van 25 Maart vervat is en aan prof. F.A. van Jaarsveld se referaat, wat drie dae later voor ʼn rasgemengde gehoor gelewer sou word, gekoppel is. Ek wil egter opsommerderwys meld dat, soos ook uit die getuienis van die predikante blyk, die optrede van prof. Van Jaarsveld in die teken gestaan het van ʼn verbysterende reeks aanslae teen Geloftedag – die dag wat na my mening ʼn Christelik-nasionale roepingsbesef by die Afrikanervolk laat ontbrand het. Vars in die geheue was byvoorbeeld:

  1. 1.Die vertoë wat in 1973 gerig is tot die Volk om in die lig van die brandstofkrisis Geloftedag nie op tradisionele wyse te vier nie- maar op 1 Januarie kon die Grand Prix –motorwedren wat tradisioneel ʼn skare van ongeveer 90000 mense van heinde en verre trek, ongehinderd plaasvind.
  2. 2.Die jarelange agitasie tydens Geloftefeestoesprake, byvoorbeeld op 16 Desember 1977 oor die Afrikaanse diens van Radio Suid-Afrika, dat ander rasse-en bevolkingsgroepe by Geloftefeeste betrek moet word.
  3. 3.Die artikel in Hoofstad (een van die reeks in ʼn weeklikse rubriek deur prof. Van Jaarsveld, later in boekvorm uitgegee onder die titel Omsingelde Afrikanerdom met die inleidende woorde: ‘Die term, Afrikaner, is vandag uit die mode.’
  4. 4.Die uitlating deur die voorsitter van die kommissie wat ondersoek instel na openbare vakansiedae, dat Geloftedag ook onder die loep geneem moet word.
  5. 5.Die verseëlde boodskap van ʼn vorige Staatspresident, wat om twaalfuur op Geloftedag in 1974 oopgemaak is en aan verskeie feesgangers landwyd voorgelees is – ʼn poging om ʼn nuwe gelofte in die plek van die oue te stel.
  6. 6.Die nuwe voorgestelde grondwetlike bedeling waarin die Afrikaner ʼn minderheidsgroep binne die Suid-Afrikaanse samelewing sou word, indien die bedeling sy beslag kry, en die wete dat Geloftedag dan binne ʼn plurale samelewing as ʼn aanstootgewende herdenking beleef kan word.

In die lig van bogenoemde, maar veral in die lig van godsdienstige oortuiging dat ʼn gelofte nie bevraagteken mag word nie – net nagekom moet word – het ondergetekende besef dat hy ʼn Christelike plig tot die mees effektiewe vorm van protes het. Ek het naamlik besef dat die liberale pers die geleentheid tot aftakeling van die Gelofte sou aangryp en landswyd sou eggo.(Soos alreeds uit die Rapportberig geblyk het.) Daarom was ek verheug toe die leiding van die A.W.B. (Afrikaner Weerstandbeweging) my telefonies inlig dat ʼn protesoptrede beplan word. (Ek wil net meld dat bogenoemde organisasie my steun geniet het, omdat dit op daardie tydstip ʼn Afrikaanse volksorganisasie was wat los van die partypolitiek gestaan het. Ek het intussen daaruit bedank, omdat dit van sy lede ʼn mandaat gevra het om as ʼn politieke party te registreer.) Ek wil dus beklemtoon dat ek nie impulsief opgetree het nie, maar die hele aangeleentheid goed oordink het. As bewys hiervoor kan net genoem word dat ek deur die leier van die A.W.B., mnr. E. Terreblanche, versoek is om persoonlik die teer-en–veer waar te neem, maar dat ek geweier het op grond van die feit dat ek dit nie met my posisie as onderwyser kon versoen nie. Ek het ook beswaar gemaak teen die gebruik van teer, omdat my verset nie gerig was teen die persoon van prof. Van Jaarsveld nie , maar as teenvoeter teen die jarelange aftakeling van die Gelofte. Ek het egter meegedoen aan die optrede van die A.W.B. omdat dit die enigste versetgroep was wat vir die die Gelofte in die bresse getree het. My persoonlike bydrae tot die verset en gevolglike skuldigbevinding was dan ook net geleë in my blote teenwoordigheid onder die geledere van die versetgroep. Dr. H. Rex, argivaris van die Hervormde Kerk, was as simposiumganger ʼn ooggetuie van die gebeure, en sal dienooreenkomstig kan getuig.

Voorts wil ek daarop wys dat ene mnr. H. Kendall, ʼn ouer van een van my leerlinge, wat ook teenwoordig was as deel van die groep by Unisa, onskuldig bevind is op grond van die feit dat hy nie ʼn lid van die A.W.B. was nie.

Samevattend, dan:

  1. 1.Ondergetekende erken dat hy skuldig bevind is aan strafregtelike injuria en opsetlike saakbeskadiging en dienooreenkomstig gevonnis is. Ek ontken egter ten sterkste dat ek my as individu skuldig gemaak het aan genoemde misdrywe, maar dat ek bereid was omdie kollektiewe skuld van die groep te help dra ter wille van die meriete van die saak. Waar ek egter nou as individu voor die Onderwysersraad tereg staan, wil ek dit duidelik stel dat ek oortuig is daarvan dat ek myself nie aan onprofessionele gedrag skuldig gemaak het nie. In dié verband lewer ek ter motivering kommentaar op toepaslike gedeeltes uit die Credo, soos vervat in die S.A.Onderwysersraad se professionele gedragskode:

Na aanleiding van punt 3.1, 3.2, 3.3, en 5.2, die volgende: My optrede in belang van die Gelofte is beoog as ʼn opvoedingsdaad wat Skriftuurlik motiveerbaar is, en wat moes bydra tot die doelbewuste uitbouing van die jeug van my volk se kennis van en verpligtinge teenoor hulle kultuur-erfenis en tradisies.

Voorts, n.a.v. punt 7.3: Ondergetekende sien sy optrede as ʼn aanvaarding van sy verantwoordelikheid tot openbare meningsvorming en as ʼn poging om agitasie teen bestaande wetgewing (Sabbatswet van 1952) in die kiem te smoor.

  1. 2.As Christen- Afrikaner het ek myns insiens nie ʼn ander keuse gehad as om weerstand te bied teen die aftakeling van die heiligheid van die Gelofte nie, nee, eerder dankbaar dat ek die geleentheid gehad het om as Christen daadwerklik die stryd in God se Naam te voer. (Immers, met piëteit gesê: Christus sou waarskynlik aan aanranding skuldig bevind kon gewees het nadat hy die geldwisselaars met ʼn gevlegde sweep uit die tempel verdryf het – Hy wat sonder sonde was.)   Kortom, na my beskeie mening is my optrede te Unisa nog steeds op dieselfde genadiglike koers as dié op grond waarvan die T.O. beurs vir verdienstelikheid in 1973 aan my toegeken is.

Baie dankie vir die geleentheid wat u my gebied het om te reageer op die klagte wat by u Raad ingedien is.

Die uwe,

H.F. Victor.  

Ons twee onderwysers het voor die dissiplinêre komitee van die S.A. Onderwysersraad verskyn en is opgeskorte vonnisse opgelê: die aanbeveling was dat ons van die onderwysersrol geskrap moet word omdat ons die onderwyserskode oortree het deur ons skuldig te maak aan kriminele oortredings. Die komitee het aanbeveel dat die vonnis oor ʼn tydperk van ses maande voorwaardelik opgeskort moet word en dat ons kon voortgaan om onderwys te gee. Skrywer het uiteindelik 45 jaar lank skoolgehou: 23 jaar aan die Hoërskool Brits, elf jaar by die CVO-skool in Pretoria, een jaar as dosent aan die Akademie vir Christelike-volkseie Onderrig, en tien jaar verbonde aan die personeel van Curro Hazeldean, waarna hy afgetree het.

Dit was vir ons ʼn groot voorreg om ter wille van ons geloofsoortuiging in die bresse te kon tree!        

                                                                                                                                                                           

@x

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1868 gaste aanlyn