Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Volk met ‘n gelowige leier is baie geseënd. Sy gees is te edel om die volksvyand te bevoordeel en sy liefde vir sy volk te groot om hulle leed aan te doen. So ‘n leier sterf in werklikheid nooit nie, maar bly vir altyd in die gees van sy volk voortleef.
AS GOD VANDAG NA DIE AARDE KYK...
Hannes Ollewagen
Gén. 6:1-22
“Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart.” (:5&6).
“Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld. Toe sien God die aarde aan, en – dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.” (:11&12).
Geliefdes, wanneer God vandag vanuit die hemel na die aarde kyk, lyk dit regtig beter as in die dae van Noag? Sal Hy nie ook met hartseer aanskou hoedat die mens die aarde met hul goddelose dade besmet nie? Die mens is in ons tyd opnuut besig om die aarde met hul goddelose en bose werke bedorwe te maak en vir God smart in sy hart te veroorsaak. Ons sien oraloor dinge gebeur wat vir God aanstoot gee. Ja, dinge wat vir Hom smart veroorsaak en wat Hy verag. Ons sien homoseksuele praktyke wat boefen word asof daar geen fout mee is nie. Maar geliefdes, God verag dit.
“En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. ...”(Lev. 20:13).
Ons sien hoedat mense weens hul gierigheid mekaar besteel en bedrieg.
“’n VALSE weegskaal is vir die HERE ‘n gruwel, maar in ‘n volle gewig het Hy behae.” (Spr. 11:1).
INTERNASIONALE WAARSKUWING AAN RAMAPHOSA
Hier volg ‘n brief wat aan Cyril Ramaphosa en 30 regerings in die wêreld gestuur is. (Regerings en datums van stuur verskyn onderaan hierdie brief.) Gelofteland plaas nie gewoonlik Engelse artikels nie maar hierdie is ‘n internasionale waarskuwing deur meer as 1,500 kundiges van oor die wêreld, wat ‘n organisasie gestig het, United Health Professionals,(hulle name volg heel onder) om regerings oor die waarheid mbt Covid en die inentings in te lig. In hierdie brief word Ramaphosa en sy bende gemaan om nie die waarskuwing te verontagsaam nie. Duidelike riglyne word aan die SA-regering gegee hoe om die gekheid van die virus-drama te staak. Die omkoopgeld wat aan regerings betaal word bemoeilik egter die poging om korrupsie en die leuens oor die virus stop te sit. Indien u die waarheid wil weet, lees hierdie lang brief met al die bewyse en onthou dat Ramaphosa-hulle gewaarsku was maar nie gehoor wou gee nie. Dit blyk dat die regime ook nie die brief beantwoord het soos gevra is nie - Red.
"The charge of conspiracy theories is the response of those who have no arguments and a technique of mass manipulation because all what has been reported in this letter does not consist of theories but of truths and statements made by eminent experts including Nobel laureates for medicine. This letter will be kept as proof that your government has been alerted. Everything must return immediately to normal and this global hostage-taking must stop because you have known that you have been the victims of the biggest health scam of the 21th century."
“There is utterly unfounded public hysteria driven by the media and politicians. It’s outrageous. This is the greatest hoax ever perpetrated on an unsuspecting public....it should be known as nothing more than a bad flu season. this is not Ebola. It’s not SARS" (Dr Roger Hodkinson, November 13, 2020).
“ It is just a global scam to make huge profits, bail out the banks and meanwhile ruin the middle classes in the name of an epidemic...made destructive by liberticidal, allegedly health measures "(Dr Nicole Delépine, December 18, 2020).
“We have medical evidences that this is a scam" (Dr Heiko Schöning, July 2020).
“The infection fatality rate for this new coronavirus is likely to be in the same ballpark as seasonal influenza" (Prof. John Ioannidis, April 17, 2020.)
Very Urgent :
INTERNATIONAL ALLERT MESSAGE OF HEALTH PROFESSIONALS TO GOVERNMENTS AND CITIZENS OF THE WORLD
About COVID-19
Mr. Cyril Ramaphosa : President of South Africa
Mr. David Mabuza : Deputy President of South Africa
and Mr. Zweli Mkhize : Minister of Health of South Africa
We are health professionals of the international collective : United Health Professionals, composed of more than 1,500 members (including professors of medicine, intensive care physicians and infectious disease specialists) from different countries of Europe, Africa, America, Asia and Oceania.
NEDERIGHEID IS KOSBAAR VOOR GOD
Hannes Ollewagen
Luk. 1:46-56
“EN Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker; omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.” (:46-48).
Wat ‘n lieflike lofsang uit die mond van Maria! Sy maak ook in hierdie lofsang van haar aan ons een van die redes bekend waarom God haar uit soveel mense tot hierdie grootste eer verkies het. Dit was nie omdat sy een van die aansienlikste vroue in haar tyd was nie. Dit was nie omdat sy uiterlik een van die beeldskoonste vroue was of uit een van die mees welgestelde families gekom het nie. Geliefdes, wat God in Maria raakgesien het wat sy behae gewek het, was haar innerlike skoonheid – haar nederigheid.
“...en my gees is verheug in God, my Saligmaker, omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; …” (:47:48).
God kyk veel dieper as mense na ‘n mens. Hy staar Homself nie blind aan die dinge voor oë soos wat ons as mense dikwels doen nie.
NARSISME
Persoonlikheidselfmoord
Ds. A.E van den Berg
Narsisme is ʼn persoonlikheidsafwyking wat weens ʼn oordrewe sin van eie belangrikheid ontstaan. Dis aan ʼn Griekse mite ontleen wat vertel van Narsissus, ʼn buitengewoon aantreklike jongman, wat ʼn profesie van ʼn blinde profeet ontvang het dat hy baie oud sou word indien hy nooit sy eie gesig sou sien nie.
By geleentheid wou hy sy dors in ʼn waterpoel gaan les toe hy sy gesig sien en ter stond daarop verlief geraak het. As hy buk om van die water te drink, het die beeld van sy gesig verdwyn. Bang om dit te verloor, het hy daarna bly kyk waarna hy later van dors gesterf en die narsingblom met sy geboë steel op daardie selfde plek opgekom het.
Hierdie mite waarsku teen oordrewe selfliefde. So ʼn selfliefde laat ʼn mens so in sy eie ego verstrengel raak, dat hy uit voeling met die werklikheid raak en as’t ware emosionele selfmoord pleeg. Mans is meer tot narsisme geneig as vroue. Dis ʼn persoonlikheidversteuring wat deur ʼn samestelling van genetiese en omgewingsfaktore gevorm is. Navorsing het bevind dat buitensporige ouerbewondering, vrye teuels en gebrekkige tuisdissipline ʼn teelaarde vir narsisme is. Gewoonlik is net een van die ouers daarvoor verantwoordelik!
EUROPESE REWOLUSIE DIE BEGIN VAN ONS VRYHEID?
Ons onthou dat Siener van Rensburg ‘n rewolusie wat tot ‘n staatsgreep lei vir Duitsland voorspel het... Dat die wêreld nou opwindende tye en groot veranderinge tegemoet gaan is nie ‘n leuen nie. Laat ons wakker en oplettend op die tekens van die tye wees sodat elkeen van ons sal weet wat hom te doen staan wanneer die winde van verandering verwoestend oor ons waai!
Wêreldwyd lewer die media deesdae min nuus oor Europa. Veral hier in Suid-Afrika hoor ons nie eers die waarheid oor ons plaaslike toestande nie, wat nog te staan enige waarheid oor wat in die buiteland gebeur – slegs die leuens deur die media in samewerking met verskeie owerhede word vryelik verkondig. Enige waarhede veral oor aktuele politieke aangeleenthede word oor die algemeen deur die media verswyg. Gevolglik is die gemiddelde landsburger onbewus van wat nou besig is om in Europa te gebeur.
HET U DEEL AAN DIE FEESMAAL VAN DIE HERE?
Hannes Ollewagen
Matt. 22:1-14
“Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.” (Matt. 22:4&5).
Geliefdes, elkeen van ons was seker al na ‘n feestelike geleentheid genooi. Ons weet dat dit ‘n eer is wat ‘n mens te beurt val om so ‘n uitnodiging te ontvang. Die gasheer wat hiermee te kenne gee dat die gaste vir hom in sy lewe tog van belang is. En daarom word daar baie tyd, geld en moeite vooraf spandeer om die feesmaal vir die genooides ‘n aangename geleentheid te maak.
Ons lees uit vanoggend se Skrifgedeelte van ‘n gelykenis wat deur onse Here Jesus Christus vertel is. En hierdie gelykenis handel ook oor ‘n feesmaal wat berei is. Ja, geliefdes, ‘n feesmaal nie net vir belangrike, gesiene, geleerde en ryk mense nie gereserveer is nie. Nee, ‘n feesmaal vir gewone mense, gebroke mense, sondige mense, mense wat honger en dors na die geregtigheid. Hierdie feesmaal wat deur God self berei is waarheen mense gratis kan kom om met die ware brood uit die hemel versadig te word. En tog sien ons ook self in ons tyd hoedat mense steeds hierdie wonderlike uitnodiging nie aanneem nie en hulle nie daaraan steur nie, maar verkies om hulself eerder met hul eie sake besig te hou.
“Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.” (:5).
WAT DAN VAN DIE G-WOORD?
Die misbruik van God se naam
Ds. A.E van den Berg
"Want u Naam is, troue Heer, vir u volk tot troos naby." (Beryming Ps.75:1).
Kinders gee nie aan hulself name nie. Dis ouers se voorreg. Niemand het egter vir God ʼn naam gegee nie. Hy het sy eie Naam gekies om daarmee te sê wie Hy is. Sy Naam is, soos wat die Israeliete name verstaan het sy identiteit, en derhalwe onlosmaaklik aan die Persoon self verbind.
Wie die naam van God gebruik, raak die kern van sy goddelike persoonlikheid aan. Die derde gebod verbied niemand om dit wel te gebruik nie. God gee dit vir mense om persoonlik met Hom te praat en ʼn liefdesverhouding met Hom te bou. Hy verbied wel die misbruik van sy Naam.
Niemand mag dit of op ʼn leë, onnadenkende manier gebruik asof God nie van belang is nie. Desondanks word hierdie Naam goedsmoeds in sake gebruik wat niks met Hom te doen het nie. Sy heiligheid en eer is nie daar ter sprake nie!
LAAT ONS BOEREBLOED WEER BRUIS!
DISSIPLINE
Johan Hack
Tydens die jare 70’s en 80’s was die aanslag deur die ANC, die liberalistiese wêreld en Afrikaner-verraaiers teen die Afrikaner-regering reeds in volle swang. Die simpatiseerders was reeds goed gevestig in hoë posisies in die regering. Suid Afrika was gekenmerk as ‘n land wat militaristies uiters goeie dissipline ten toon gestel het in die weermag, polisie en gevangenisdiens en daar was selfs onderlinge wedywering oor wie se dissipline en opleiding die strengste was.
Die jonger manne wat in hierdie departemente in diens geneem is moes so gekondisioneer word met betrekking tot dissipline dat hulle die vermoë om vir hulself te kan dink en te redeneer uitgewis moes word sodat daar geen teenstand sou wees tydens die oorgawe wat al lank reeds beplan en in werking was nie. Enige opdrag deur ‘n hoër gesag kon nie meer bevraagteken word nie en so het die mentaliteit ontstaan dat alles wat van bo af gesê word waar en reg moet wees want dit is mos van meer “geleerde en intelligente” mense in gesagsposisies deurgegee.
Die wat in gesagsposissies was het hul mag begin misbruik deur middel van die dissipline wat geskep is, om so hul verskuilde agendas te bevorder, en so het ons die spreekwoordelike “creators of our own demise”geword.
PAD VAN DIE LEWE OF DIE DOOD?
Die eis van gehoorsaamheid
Ds. A.E van den Berg
Nadat Israel uit Egiptiese slawerny bevry en op pad Kanana toe was, het God Moses deeglik oor sy wil vir Israel ingelig. As die volk gehoor gee, sou Hy hulle seën. Indien hulle nie wou luister nie, sou Hy hulle straf.
God het Israel uit vrye wil vir sy doel uitverkies. Hy wou hulle uitsonderlik seën en voorspoedig maak, dat dit die omliggende heidenvolke moes opval en hulle laat besef dat hulle nietige afgode aanbid en dat die God van Israel die enigste ware God was en die knie voor Hom buig (Deut.11:18-25).
Om sulke getuies te kon wees, moes Israel God waarlik liefhê. En dit was slegs moontlik deur sy opdragte te gehoorsaam (Deut.11:1-7). Israel moes alles wat Hy hulle beveel het, doen. (Deut.11:8-12). God sou hulle gehoorsaamheid met vrugbaarheid in Kanaän beloon (Deut.11:13-17).
Die eerste vereiste wat Moses sterk beklemtoon, is dat Israel hul liefde vir God deur gehoorsaamheid aan sy opdragte moes laat blyk wat voorskrifte, bepalings en gebooie ingesluit het. Om dit te verduidelik, het Moses die volk ʼn oorsig van die hele verloop van die onlangse gebeure in hul midde gegee; van die uittog uit Egipte, die tog deur die woestyn tot waar hulle by die beloofde land was. Israel moes God se grootheid, magtige dade en wondertekens telkens in herinnering roep.
MAG OOK ONS OPNUUT REIN WORD
Hannes Ollewagen
Eségiël 36:1-38
“Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.” (:25-27).
Ai geliefdes, hoe het ons volk nie ook ‘n ware nood aan hierdie belofte van God nie! Sou God nie ook met reg vandag met ons volk kan twis oor die verontreiniging van ons land deur ‘n goddelose wandel en skandelike handelinge nie? Ja, het ons nie ook ons land en volkshuishouding besoedel met allerhande drekgode soos die volk Israel van ouds nie?
“Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid. Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het.” (:17&18).
Die Here het sy volk uit die slawerny van Egipte verlos en aan hulle ‘n eie land en kosbare erfenis gegee. Hy het hulle daar in hul eie land geplant met die verwagting dat hulle vrug sou dra, maar die opbrengs was teleurstellend!
MOENIE MY VREDE VERSTEUR NIE!
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
ʼn Mens is wat hy dink en moet bewustelik oor sy gedagtes waak omdat Satan dit onophoudelik teiken. Daarom bepaal die gehalte van denke grootliks die gehalte van lewe. Wie reg dink, dwaal nie. Verkeerde gedagtes laat mense egter gereeld in die pekel beland; selfs goeie mense met verkeerde oordeel.
Ongelukkig het ons volk toegelaat dat politici en kerklui met verkeerde oordele ons hand en voet aan die vrysinnigheid van die wêreld bind - slagoffers van die omstandighede wat onsself geskep het. Gevolglik kan ons in werklikheid geen vinger van beskuldiging na iemand anders as onsself wys nie!
1. Onverskillig
Om die waarheid te misken, doof die lig van die lewe uit. Die Donker Eeue is juis so genoem,nie omdat lig destyds ontbreek het nie, maar omdat mense dit nie wou raaksien nie. Die geskiedenis leer dat mense nie uit die geskiedenis leer nie. Foute word telkens herhaal en dwase deur die stormwind van hul eie toedoen weggewaai.
IS JY WERKLIK LIEF VIR JESUS?
Ds A.E. van den Berg
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie .... As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar” (Joh.14:15; 23).
Toe Jesus die woorde van Joh.14 uitgespreek het, was sy inhegtenisname voor die deur en nie lank daarna nie ook sy hemelvaart. Jesus wou die dissipels op ʼn toekoms sonder Hom voorberei. Hulle was uiteraard baie ontsteld oor sy voorgenome vertrek want wat sou van hulle sonder Hom word?
Die Christendom was op daardie tydstip ʼn nuwe geloof. Hoe sou die dissipels sonder Jesus se fisiese teenwoordigheid daarmee kon volhard? Hy antwoord hulle dat daar een manier is om wel in die geloof te volhard:
“...bewaar my gebooie”.
Wie God se wil doen, struikel nie op die lewenspad nie.
ʼn Duisend jaar voor Jesus skryf Salomo:
“ Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak” (Spr.3:5,6).
MEDIESE KRYGSWET EN ONS TOEKOMS
Dr Danie Theron
Noodgevalle was nog altyd die voorwendsel waarop die beskerming van individuele vryheid die individu ontneem is.
Friedrich August von Hayek
Dit verg nie 'n meerderheid om te heers nie ... maar 'n woedende, onvermoeide minderheid wat gretig is om die die begeerte na vryheid in die gemoed van mans te bewerkstellig.
Samuel Adams
Die afgelope sowat ‘n jaar het ons beleef hoe ons vryhede oornag weggeneem is onder die dekmantel van die woord “ramptoestand”, of eerder, die towerwoord “pandemie”. Boonop het ons gesien hoe mense soos skape en slawe word, feitlik vrywillig en sonder om die saak ernstig te oordink, of om protes aan te teken. Die kurwe moes mos eers “plat” word! Dat die Covid-19 pandemie duidelik vooraf beplan is waar dit dan gelyktydig in 193 state in die wêreld uitbreek (wat onmoontlik is), het ook by meeste verby gegaan. So is mediese krygswet ingevoer wat van gewone krygswet bitter min verskil.
Peter Koenig is ‘n geopolitieke analis en verwoord die slawerny van Covid-19 uitstekend in talle van sy artikels. Hy wys op die plan wat die bewerkers van die NOW, waaronder Rockefeller, Gates en Soros, en organisasies soos die Bilderbergers en die Wêreld Ekonomiese Forum reeds vir jare bekonkel en wat nou, deur middel van ‘n onsigbare “virus”, soos ‘n ryp appel in hulle skoot laat val het.
Een van die doelwitte is om die wêreldbevolking drasties te verminder. So, alhoewel mense glo die entstof (wat geen entstof is nie) gaan die mensdom red, gaan dit die teenoorgestelde uitwerking hê. Swakkes en oues gaan sterf en vroue gaan onvrugbaar raak. Maar verkondig laasgenoemde nou aan die menigte daarbuite en jy sal strafregtelik van “fake news” aangekla word!
VERSKONING
Gelofteland vra verskoning aan sy lesers vir die afgelope 5 dae se internetonderbreking; dit was buite ons beheer maar is nou eindelik herstel. Dankie vir u geduld!
BID VIR NUWE LEIERS
Misdaad vier hoogty, geweld neem toe, vrouens en kinders word daagliks verkrag en vermoor. Mense leef in vrees vir hul lewens, selfs in hul eie huise. VIGS rig verwoesting aan, barbaarse optrede het gangbaar geword, dwelmverslawing neem epidemiese afmetinge aan. Politici plunder die staatskas en werk saam met die geldmagte ter wille van enorme omkoopbedrae; korrupsie is aan die orde van die dag, selfverryking het mode geword en verantwoordelikheid het verdwyn. Gesonde werksetiek het skaars geword en werkloosheid neem toe. Die landsadministrasie gaan sienderoë agteruit en onderwys het ’n laagtepunt bereik. En die ergste van alles is dat ’n geslag van jongmense besig is om sonder kennis van die Bybel groot te word!
Die gevolg van hierdie teologiese rewolusie aan die suidpunt van Afrika is dat Suid-Afrika in ’n morele moeras beland het. Die mens wil sy eie God wees en self besluit wat reg en wat verkeerd is. Van objektiewe, bindende voorwaardes soos in die Bybel vervat is, wil hy niks weet nie. Hy sal self besluit wat reg of verkeerd is en hoe hy die Skrif wil verstaan. Hy wil ’n god maak soos hy Hom wil hê. Dieselfde ding het met Israel tydens die maak van die goue kalf gebeur – ’n god na hulle smaak.
OP DIE TRANSHUMANIS- TIESE NWO-PAD
ONS IS NET KNOPPIES OP HUL KONTROLEBORD
COVID-entstof is 'n bedryfstelsel, sê Moderna, die vervaardigers daarvan. Ja, u kan dit self gaan lees op Moderna se webblad by www.modernatx.com
‘n Bedryfstelsel is nie ‘n entstof of ‘n ‘vaksiene’ nie, om dan die anglisisme te gebruik. ‘n Bedryfstelsel is in Engels ‘n “operating system”; of te wel ‘n stelsel wat deur iemand bedryf, bestuur of beheer moet word.
Die COVID mRNA-entstof is 'n bedryfstelsel wat u eie DNA kan programmeer en ú liggaam dus kan programmeer. Is dit ‘n oordrewe stelling? Nee! Want Moderna sê op hul webwerf dat hul mRNA-tegnologieplatform die “sagteware van die lewe” is en dat dit baie soos 'n bedryfstelsel op 'n rekenaar funksioneer. Dit staan só op hul webwerf geskryf:
“Dit is so ontwerp dat dit met verskillende programme kan wissel en speel. In ons geval is die 'program' of 'app' ons mRNA-middel – die unieke mRNA-volgorde wat wat kodes gebruik om 'n proteïen te kry.”
Die Geldmag se spelplan maak dus van elke mens net 'n digitale knoppie op die beheerstelsel se kontrolebord.
Ons beweeg vinnig na die wêreld van transhumanisme waar ons natuurlike biologiese liggame gekaap en met sintetiese dele waaronder patogene wat siek maak, geïnfiltreer word. Die Nuwe Wêreldorde (NWO) se base wil 'n soort Microsoft-kantoorstelsel of te wel ‘sagteware’ in u liggaam en brein aflaai en u aan die JEDI- en / of Amazon-CIA-wolk koppel, sodat hulle direkte toegang tot u brein het. Dan kan hulle 'entstowwe' wat nie entstowwe is nie, uitrol om u voortdurend op te dateer, net soos rekenaarsagteware gereelde opdaterings kry – dit het Bill Gates al male sonder tal self gesê, dat daar veelvuldige inentings vir elke persoon beoog word. Daarom sal die ‘virus-pandemie’ nooit stop nie, mense moet blywend siek en oortuig voel dat hulle die ‘inentings’ nodig het.
VOORWAARDE VIR LANDSVREDE
Ds. A.E van den Berg
“ ...(as) my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees”(2 Kron.7:14).
Inleiding
Die Bybel leer dat staatkundige onrus dikwels die gevolg van geestelike afvalligheid is soos in die tyd van die OT se profete duidelik laat blyk. God het bv. vir Esegiël gebruik om Juda tydens die ballingskap tot bekering op te roep. Hulle moes goed verstaan waarom God hulle gestraf het – hul godsdiensafvalligheid!
Esegiël het oor God se onttrekking van sy guns aan Juda, gepreek sonder dat die woord ingang by die ballinge gevind het. Dit kon die profeet maklik moedeloos laat word en ophou preek het. God het hom egter ʼn toekomsgesig van Juda se vrylating en terugkeer na Jerusalem gegee wat hom met sy prediking laat volhard het.
'n Groot deel van die bemoedigende toekomsgesig handel oor die herstel van die tempel in Jerusalem. Daarom het Esegiël ten spyte van die uiters ongunstige omstandighede waarin die ballinge verkeer bly profeteer dat hulle op God se tyd na Jerusalem sou terugkeer om die verwoeste tempel en stadsmure te herstel.
GEEN EENHEID MET ONGELOWIGES
Ds AE van den Berg
Daar is hoegenaamd geen eenheid tussen diegene wat aan Bybelse waarhede vashou en diegene wat dit verag, moontlik nie; Christene durf na geen eenheid streef met mense wat dit nie glo nie!:
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Kor.6:14). "
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontstel word en bang wees nie” (Joh.14:27)
Waar die Satan heers, is daar geen vrede nie. Dis waarom die wêreld lyk soos wat dit lyk. Satan voer heerskappy op aarde. Johannes skryf in sy eerste Sendbrief dat “die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh.5:19). Mense sloof hulle al eeue lank vir vrede af omdat hulle glo dat vrede van die wêreld ’n beter plek sal maak.
Desondanks ontbreek dit die mensdom, na eeue se moeite, nog steeds aan vrede. Dinge word eerder al erger! Waarom?
WANDEL LANGS DIE WEG VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Spreuke 3:1-35
“Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (:6).
Ons moet baie versigtig wees hoe ons met hierdie woorde van God handel, geliefdes. ‘n Mens sien so maklik dat mense ‘n mooi belofte soos hierdie, ‘n wonderlike versekering soos hierdie, kan probeer buig om hul in die gehoor te streel. Maar tog, geliefdes, die mens kan probeer buig en verander aan God se woorde soos hy wil, daar is geen sterfling wat Hom daardeur sal kan dwing om na die mens se hart te handel nie. Daar is geen wese wat God sal kan dwing om te doen wat nie in sy hart is nie. En daarom is dit belangrik om die Woord van God te gebruik om daaruit te leer wat in God se hart is sodat ons daarvolgens voor sy Aangesig kan wandel. Ja, dit behoort ons eerder te doen as om die Woord van God te probeer misbruik en teksverse te probeer verdraai om God te vertel wat Hy eintlik behoort te doen. Het die mens werklik so verwaand geraak dat ons dink ons kan die Heilige en Almagtige God wat die hemel en aarde geskape het as raadgewer bystaan?
VOORSPEL TOT KOMS VAN DIE ANTICHRIS
Ons het baie vinnig en selfs onverwags die sigbare voorspel van die anti-chris betree toe ons met ‘n wêreldwye magspel van die instrumente van die satan in 2020 te doen gekry het. Vir sommige van ons het dit ‘n kort tydjie geneem om te besef dat die virus-“pandemie” ‘n stap van die Geldmag is om totale beheer oor die wêreld te bewerk; ander het dit later ingesien maar die meeste mense besef nou nog nie dat dit die voorspel tot volkome beheer is waarmee die anti-chris die wêreld sal regeer nie.
Veral Christene bespiegel nou meer as ooit oor die koms van die anti-chris waarvan die Bybel melding maak. Wie sal die anti-chris wees? Wat kom maak hy op aarde? Hoe sal die wêreld daar uitsien? Sal Christene dit kan oorleef en steeds aan God getrou bly? Uit die Woord weet ons dat dit byna onmoontlik sal wees om te leef want daar sal nie voedsel en lewensmiddele beskikbaar wees vir diegene wat die anti-chris teenstaan nie.