NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer ons op ons voete staan, kyk ons vorentoe, maar wanneer ons op ons rug lê, kyk ons boontoe.  In sulke tye besef ons dat ons niks anders as Jesus oor het en eintlik niks meer as Hy nodig het nie!  Ja, as ons koninkryk wyk, neem God s’n oor!

NET VIR ONS!

Ds A.E. van den Berg

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jes.53:5).                          

Dis vandag Goeie Vrydag, ’n Christengedenkdag wat in kerke met Nagmaal gevier word. Op hierdie dag dink gelowiges in besonder aan Jesus se sterwe ter versoening van sonde. Dink ook daaraan dat met elke Goeie Vrydag die dag van die wederkoms van dieselfde Jesus al hoe nader kom. Alhoewel ons nie die presiese dag van sy wederkoms weet nie, gee die Bybel voortekens waaraan ons moet weet dat die tyd naby is.

Een daarvan is ’n wêreldwye verval in godsdiens met hoofstroomkerke wat die rug op die Bybelse waarheid keer. Daar word gedurig in daardie kerkkringe bespiegel of Jesus werklik gekruisig is, uit die dood opgestaan en ten hemel gevaar het. Die gevolg is dat waar die dood in die kerklike murg beland, spoedig net ʼn leë dop oorbly. Dit wat in kerke gebeur, ontstel gelowiges enersyds. Andersyds moet ons besef dat ons ʼn eindtyd-teken waarneem!

Sommige kerklike akademici glo dat sekere Bybelwaarhede versinsels is wat ontstaan het omdat mense smag om in iets te glo. En so vier ongeloof in kerke hoogty. Nee, ongeloof is nie ʼn teken van ʼn besondere intellek nie maar eerder van ʼn verdraaide wil!

Kerklike ontsporing daag ons geloofsoortuigings uit. En dis nie altyd so maklik nie maar moeilik om te bewys omdat ons min het om op die tafel te sit. Al wat ons het, is vertroue, en dis wat geloof is – vertroue:

Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb.11:1).

As ek my geloofsoortuigings kon bewys, was dit mos nie nodig om te glo nie. Maar nou glo ek omdat ek nie anders kan nie. En dis die wonder van die wedergeboorte en die bekering!

Ongeloof neem oorhand toe. Ongelowiges raak uitdagend en vra: “As God liefde is, waarom laat Hy soveel pyn en swaarkry toe?” Miskien het jy ook al daaroor gewonder. Dis ’n vraag met geen kitsklaar antwoorde nie. Al wat ons weet, is dat ons weens sonde in ’n gebroke wêreld van swaarkry en pyn leef.

Hoe wonderlik sou dit nie wees as alle vorms van pyn skielik sou verdwyn nie? Geen hoofpyn, tandpyn, spierpyn, gewrigsontsteking of wat ook al nie.  In die VSA was daar ’n geval van ’n babadogtertjie wat haarself verwond het, sonder om te huil. Dokters het toe vasgestel het dat sy geen pyngevoel gehad het nie. Sy kon haarself beseer omdat sy nie ’n waarskuwingsmeganisme gehad het nie.

Ons besef nie dat pyn lewens kan red nie. Pyn is iets wat God in ons ingebou het. Dit laat ons tot stilstand in die lewe kom, nadink en optree. Ja, pyn het ’n plek in die lewe – fisiese sowel as emosionele pyn.   Dit kan lewens red!

Die Bybel sê in ons gelese gedeelte dat pyn vir die mensdom redding gebring het. Teen 750 v.C. voorspel Jesaja dat die komende Messias verskriklike pyn sou verduur. In die Twaalf Artikels bely ons dat Jesus ter helle neergedaal het. Dit beteken dat Hy pyn ervaar het soos iemand wat in die hel verkeer!

Die Evangelies beskryf hoe die profesie in Jes.53 akkuraat in Jesus vervul is.   Let op die woorde wat Jesaja gebruik: lyding, pyn, straf, verbrysel, deurboor en wonde.   Waarom moes Jesus so verskriklik ly? Omdat redding nie goedkoop is nie - gratis maar nie goedkoop nie.

Let op die verhaal van Lasarus en die ryk man. Wanneer en waar beleef die ryk man pyn?   Na sy dood en in die doderyk:

“En hy roep sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam” (Luk.16:24).  

Aardse pyn is niks in vergelyking met dit wat op ongelowiges wag nie!

Dis egter nie nodig dat enigeen hierdie pyn hoef te ervaar nie. Dit kan voorkom word. Die pyn wat Jesus deurgemaak het, sorg dat geen mens die ewige pyn na die dood hoef te beleef nie. Hy moet hom net bekeer. Paulus skryf:

“Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?” (1 Kor.15:55).  

Jesaja se woorde is gelykluidend:

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom”.

Ons hoef nie meer die pyn te dra nie. Jesus het dit vir ons gedra. Hierdie wete behoort elke gelowige opnuut met dankbaarheid te vervul.

Waar pas die beproewing van fisiese of emosionele pyn dan in gelowiges se lewens in? God bring dit op ons pad om ons aan die erns van sonde te herinner en die prys wat Hy betaal het om ons van die ewige verderf te red.

Jesus se pyn en lyding aan ’n kruis het gesorg dat daar vir gelowiges geen pyn of beproewing in die hiernamaals is nie; net vreugde. Wie dit insien, verstaan die doel van Jesus se pyn en lyding en maak Goeie Vrydag opnuut sin.

Ons kan al ons pyn en beproewings na Jesus bring. Daar is geen beproewing of pyn waarvan Hy nie weet nie. Onthou, God het een Seun op aarde sonder sonde gehad, maar nie sonder pyn nie.   Jesus het nie gekom om gelowiges se pyn en lyding weg te neem nie, maar om hul lewe met sy Teenwoordigheid te vul.

Daar kom ook slegte tye in gelowiges se lewens. Dink aan Job wat op een dag al sy kinders en rykdom verloor het, maar tog gelowig gebly het.  

By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie” (Job.1:22).

Gelowiges kan egter alles wat hulle pla na Jesus bring. Hy verstek sy kinders.  Niks gebeur met hulle waarvoor Hy hulle nie krag gee nie. Dis gerusstellend om in tye van beproewing te weet dat jy deur ʼn God van liefde vasgehou word. Hy het baie simpatie met ons pyn en lyding omdat Hy sy Seun deur die bitterste pyn denkbaar vir ons redding gestuur het.

God laat beproewing in ons lewe toe, nie om ons te vernietig nie, maar om ons te suiwer.   ʼn Violis draai nie die snare van sy instrument styf om dit te breek nie, maar om die regte klank daaruit te verkry. God ook. Daarom kom die sterkste geloof dikwels in tye van die grootste beproewing na vore.

Paulus het ook vir sy geloof beproewings ervaar. Desondanks alles het hy geweet dat die heerlikheid van God sy ewigdurende beloning is. Vat die seer wat moontlik vanoggend in jou lewe is na Jesus. Jesaja sê dat daar deur sy wonde genesing gekom het.   Mag jou pad van beproewing na ʼn paleis van heerlikheid lei!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1951 gaste aanlyn