NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan elk dag saam met Dawid bid in Psalm 69: "o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie... Red my uit die modder en laat my nie sink nie..."

DIE VIERDE INDUSTRIËLE REWOLUSIE

HOE DIE SATAN GOD SE DNS BINNE JOU MET COVID-INENTING VERANDER

Mediese tegnologie is baie meer gevorderd as wat die oorgrote deel van die algemene publiek, of selfs dokters in gewone medisyne, van bewus is. Ons is nou in die era van nanotegnologie, nanodeeltjies, nanorobots, nanostof en slimstof - en die samesmelting van tegnologie en biologie, bekend as sintetiese biologie. Die UK.GOV-webwerf vat dit as volg saam: “Die Vierde Industriële Rewolusie is van ’n skaal, spoed en kompleksiteit wat ongekend is. Dit word gekenmerk deur die samesmelting van tegnologieë soos kunsmatige intelligensie, redigering van menslike gene en gevorderde robotika - wat die grense tussen die fisiese, digitale en biologiese wêreld laat vervaag.

Vir alles wat God doen, het die satan 'n namaaksel/vervalsing. In die Bybel het God sy volk tien gebooie gegee wat aanvanklik op twee kliptafels was, wat die beginsels is waarop lewe in sy Koninkryk in verhouding met Hom gestaan het. Op dieselfde manier is daar tien beginsels wat die ideale van die sataniese Luciferiaanse stelsel van die Nuwe Wêreldorde uiteensit - wat in verskillende tale opgestel is, duidelik vir almal om te sien, op kliptafels wat bekend staan as die “Georgia Guidstones”. Gaan google dit gerus: Tik in “Georgia Guidestones-description” en kyk daarna op ‘google images’Die kliptafels is in 1980 opgerig deur ‘n persoon met die skuilnaam R.C. Christian. Die eerste item wat daar op die New World Order Agenda verskyn, is: "Handhaaf die mensdom onder 500 000 000 in ewige balans met die natuur." Met ander woorde, soos ook in ander geskrifte aangedui is, is die doel is om die wêreldbevolking tot 500 miljoen te verminder, wat 'n hoeveelheid is wat prakties moontlik is om ten volle te beheer. Aangesien daar tans ongeveer 7 miljard mense is, is dit die bedoeling om uiteindelik ongeveer 6,5 miljard mense dood te maak! Hierdie proses het reeds lank gelede begin deur siektes wat veroorsaak word deur toksiese bestanddele, geneties gemodifiseerde substanse en fetale sellyne in baie van die verwerkte voedsel, vorige entstowwe uit die verlede en verskeie ander metodes. Maar nou word hierdie ontvolkingsagenda (wat jare lank ook bekend gestaan het as Agenda 21 - want dit verwys na die jaar 2021) versnel met supersteroïedes, soos wat met die COVID-entstowwe en meer en meer inentings wat moet volg, uitgerol gaan word.

 

Baie lesers sal reeds gedeeltes van dr Michelle Strydom (MB ChB) se werk, The Bible from a medical perspective; Medicine from a Biblical perspective, gelees het. Dr Strydom het in Suid-Afrika studeer en haar hier gevestig. Met die moontlikheid in gedagte dat die laaste deel in haar werk oor medisyne vanuit ‘n Bybelse perspektief nie dieselfde aandag as die eerste deel kry nie, het ons besluit om meer breedvoerig daaroor uit te wy. Dit is vir elke Christen van lewensbelang om die inhoud daarvan ter harte te neem!

Dr Strydom poog met hierdie werk om kinders van die Here te waarsku oor die werklike doel van Covid-19 en die inentingsprogram. In háár woorde:

Ek, dr MK Strydom, wil graag 'n dringende waarskuwing uitstuur aan die liggaam van Christus en almal wat ore het om te hoor en wat bereid is om te luister: Ons is nou in 'n tyd wat die Bybel voorspel het waar groot misleiding die aarde sal bedek en waar moontlik, selfs die uitverkorenes mislei sal word. Dit is my hoop dat hierdie boodskap u sal help en u sal toerus om in wysheid en met onderskeidingsvermoë te wandel - want elke persoon op hierdie planeet moet self ’n besluit maak of hy die entstof, wat uitgerol word onder voorwendsel van wat beskryf word as die coronavirus pandemie, moet ontvang al dan nie.

Dié uittreksels uit dr Strydom se geskrif behoort u regop te laat sit:

Die eerste woord wat opduik by die lees van die woord "merk" in Openbaring 13 v 16, is die woord "tatoeëer". Interessant genoeg word die komende entstowwe ook 'kwantum-punt-tatoes'genoem. Die merk op die liggaam wat deur hierdie inentings agtergelaat gaan word, sal egter nie 'n merk op die vel wees nie, maar ’n merk op die DNS - die bloudruk van die skepping toe ons na God se beeld geskape is - waar die slang, Satan of Lucifer nou 'sy beeld' wil afdruk in ons wese.

Tans word u arm/hand of voorkop geskandeer deur 'n masjien wat u temperatuur meet. Dit is bloot 'n breinspoelingsbeheer-programmeringsoefening om mense gewoond te maak daaraan dat hulle koppe of hande geskandeer word. Die 'merk' van die DNS-veranderinge sal binne elke sel van die menslike liggaam voorkom, alhoewel die kop en hand heel moontlik net vir gerieflikheidshalwe geskandeer sal word.

DIE NASALE PCR DEPPER-TOETSE IS 'N ANDER VORM VAN INENTING

Die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling beskryf hul voorneme om 'n digitale ID aan elke persoon op die planeet te verskaf. Die Menslike Inplantbare Kwantumpunt Mikronaald- Entstof-afleweringstelsel sal gekombineer word met 'n digitale identifikasiemerk van ID2020 (dit sal die moeite werd wees om u eie navorsing daarop te doen), tesame met 'n menslike inplantbare toestel vir die koop en verkoop van kriptogeld, met die patent nommer: “060606”. Dit gaan alles kom in die vorm van wat 'n immuniteitspaspoort genoem sal word.(Reeds in Brittanje in werking!)

‘n Spesiale dank aan Dirk Van Vuuren wat ‘n uitstekende vertaling van haar werk gedoen het.

FETALE SELLYNE EN OKKULTIESE BLOEDVERBONDE

Inentings bevat fetale (van fetusse afkomstig) sellyne - met ander woorde selle vanuit die liggaamsweefsel van geaborteerde babas. As dit te vêrgesog klink, kyk na die bestanddele op die etikette van baie bekende verwerkte voedsel en drankies, wat byvoorbeeld 'n toevoeging bevat, genaamd HEK293, wat gebruik word om die verkope te bevorder deur die smaak van die voedsel te verbeter en in baie gevalle is dit verslawend. HEK293 staan 'Human Embryonic Kidney Cells' ('Menslike embrioniese nierselle') wat geneem is uit die nierweefsel van 'n gesonde menslike fetus wat geaborteer is. Die HEK293-sel is slegs een voorbeeld van baie wat deur 'n genetiese modifikasie verewig is, om wat genoem word, sellyne te produseer. Hierdie sellyne kan baie chroniese- en lewensbedreigende siektes in die liggaam veroorsaak, soos outo-immuun siektes, siektes wat chroniese inflammasie en pyn insluit, en kanker, om maar enkele voorbeelde te noem. Kanker is waar selle onbeheerbaar verdeel om 'n massa van weefsel te vorm wat bekend staan as 'n gewas - omdat die DNS wat selverdeling beheer, beskadig is, of in die geval van hierdie sellyne - wetenskaplik aangepas is.

Afgesien van die skade wat dit die liggaam aanrig, het dit vanuit 'n geestelike perspektief te make met ’n bloedverbond. In die Bybel, elke keer wanneer 'n belangrike verbond gesluit is, is bloed vergiet - byvoorbeeld die verbond wat God met Abraham gesluit het, wat die offer van 'n lam behels het. Ons sien dit ook met die huweliksverbond in 'n Bybelse konteks: Wanneer die vrou 'n maagd is en die man en die vrou vir die eerste keer gemeenskap het op hul troudag, word die maagdevlies gebreek en bloed word gestort, wat die verbond verseël - nie net vanuit 'n fisiese perspektief nie, maar ook geestelik. Ons liefdesverhouding met Abba Vader deur sy Seun Jesus is ook gebaseer op 'n bloedverbond, dit wil sê die Bloed wat Jesus aan die kruis gestort het vir die vergewing van ons sondes en vir ons verlossing en herstel.

Vir alles wat God doen, het die satan 'n namaaksel (vervalsing). Ons het 'n verbond-liefdesverhouding met Abba Vader deur die Bloed van Jesus gebaseer op LIEFDE. Deur middel van verskillende metodes wil die vyand (die satan) 'n bloedverbond vorm wat gebaseer is op VREES met soveel mense as moontlik - wat hulle nie net fisies nie, maar ook geestelik bind. En daarom handel die riglyn-gebed van berou oor entstowwe in volgende die boodskap oor die verbreking van okkultiese bloedverbonde.

DNS-WYSIGINGS

Die COVID 19-mRNS-entstowwe is nie soos enige ander entstowwe van die verlede nie, aangesien hulle, buiten die elemente wat hierbo genoem is, ook tegnologie het wat die DNS van die ontvanger verander - veel meer as wat DNS beïnvloed sou word deur enige virus wat al dekades lank bestaan, soos sommige dokters miskien sou redeneer. Deur middel van wat CRISPR-tegnologie genoem word, kan gene in geheel uitgevee word, of vervang word met sintetiese, of onderdruk word. Genesis 1 v 27 sê dat God die mens na sy beeld geskape het ... en al daardie inligting van SY skepping op fisiese vlak is in ons DNS gekodeer. Deur die veelvuldige dosisse, aanjaers (boosters) en verskillende inentings wat kom, sal mense se DNS geleidelik tot so 'n mate verander word - dat u hierdie persoon teoreties nie meer as mens kan beskou nie.

Uiteindelik is dit wat die satan wil bereik - om die beeld van God van die aarde af te verwyder. In Matteus 24 v 37 het Jesus gesê dat die eindtyd sou wees soos in die dae van Noag. Dit het baie parallelle en betekenisse, waarvan een die feit is, dat ten tye van die vloed, Noag en sy gesin die enigste geneties suiwer (of volkome mens) mense was wat op aarde oorgebly het. Op daardie stadium wou die satan die koms van Jesus voorkom deur die DNS van die hele menslike ras te verbaster en te verontreinig sodat daar geen genetiese suiwer bloedlyn oor sou wees waardeur die Seun van God gebore kon word nie.

In hoofstuk 6 van Genesis word uitgelê hoe gevalle engele onnatuurlike seksuele verenigings met vroue van die mens gehad het, om 'n hibriede menslike geslag te produseer (ook genoem Nephilim of gewelddadiges) wat deels menslike en deels demoniese DNS besit het. Voorbeelde hiervan wat ons in die Bybel sien, is die reuse met bonatuurlike menslike krag - soos die reus Goliat vir wie Dawid doodgemaak het en die reuse wat in Numeri 13 beskryf word, wat die Israeliete gesien het toe hulle die eerste keer in die Beloofde Land gekom het. In Genesis 6 v 5 - 7 staan daar dat die hele mensdom goddeloos en verdorwe was en net die vermoë gehad het om kwaad te bedink en te doen - 'n groot rede hiervoor vanuit 'n mediese of fisiese perspektief was omdat die mensdom so verdraai en verander is en geprogrammeer volgens die koninkryk van die duisternis, vanaf die vlak van hul DNS. Nou leef ons in 'n tyd waarin ons sien hoe die geskiedenis homself herhaal, net soos in die dae van Noag, soos Jesus in Matteus 24 v 37 gesê het:

Die agenda van die okkultiese transhumanistiese wetenskap agter hierdie vervaardigde pandemie en verhoogde paniek/media-onderskryfde massa-paranoia, veroorsaak deur hierdie bio-ingenieurswese-vervaardigde corona-virus en gewapende SARS/HIV/MERS-virus - word onthul deur een van die gene wat die virus en die reeks COVID-entstowwe spesifiek teiken: 'n Geen wat dikwels na verwys word as die 'God-geen'.

In die wetenskap hou die God-geen - ook genoem die vesikulêre-monoamien-vervoerder 2 (VMAT2), verband met die vermoë van iemand om geestelike waarhede of geestelike ervarings te soek en geestelik te groei. Die onderdrukking van hierdie geen bereik basies die uitblussing van enige geestelike strewe omhoog, waar dit die persoon se vermoë om geestelik met God te verbind, belemmer, naamlik om 'n intieme liefdesverhouding met Hom te hê - en dit belemmer hul sielsontwikkeling permanent in terme van hul vermoë om hul verstand te vernuwe, d.w.s. dit maak die persoon geestelik dood en dit maak hul siel dood. Hierdie tegnologie is in die verlede gebruik - byvoorbeeld via “chemtrails” (chemiese bespuiting met vliegtuie) deur Amerikaanse militêre biowapen-programme as 'n strategie om terroriste in die Midde-Ooste, wat volgens hul godsdienstige fanatisme optree, te neutraliseer. Dit het tussen 2012 en 2020 in Saoedi-Arabië en Suid-Korea gemanifesteer as die "Midde-Oosterse respiratoriese sindroom" (MERS).

Dit is egter voor die hand liggend om te sien waarheen die immunisering van mense teen die VMAT2 God-geen lei in die groter langtermyn prentjie van COVID 19: Die boek Openbaring profeteer dat daar 'n tyd sal kom wanneer daar 'n eenwêreld ekonomie en ’n eenwêreld regering sal wees, wat uiteindelik regeer sal word deur 'n eenwêreld diktator bekend as 'die Antichris’ of die 'Seun van die verderf’. Teen die tyd wanneer hy die wêreldtoneel betree, sal die meeste mense in die wêreld reeds geprogrammeer wees om hom te aanbid - geestelik geprogrammeer, in hul siel geprogrammeer en in hul liggaam geprogrammeer reg vanaf die vlak van hul DNS. Inentings is slegs een van die verskillende maniere waarop dit bereik sal word.

Die vermoë van iemand om empatie en deernis te ervaar, kan ook geteiken word en op genetiese vlak verwyder word, sodat - om 'n voorbeeld te gee: Hulle betrokke kan wees by gruwelike misdade soos die moord of seksuele misbruik/verkragting van 'n kind of 'n nabye familielid, sonder berou of gevoel of “gewete”. Dit herinner aan die Skrif wat die eindtyd beskryf waar ouers selfs hul kinders sal verraai en kinders hul ouers tot die dood toe sal verraai (Matteus 10 v 21). Miskien is hierdie DNS-wysigings aanleidend tot die goddeloosheid wat ons op die aarde sal sien, soos in die dae van Noag voor die sondvloed, waar die mensdom slegs die geneigdheid tot sonde oorgehad het.

Die mRNS-entstowwe kan 'n stukkie van u DNS uithaal en dit vervang met 'n sintetiese een - en hulle kan dit doen net waar hulle wil in u hele DNS-genoom (die volledige stel genetiese materiaal van 'n mens) - dus behalwe die voorbeelde van die aangetaste geen wat ek genoem het - wie weet wat anders hulle van jou gaan verander!

Die fisiese gevolge van al die DNS-aanpassings wat die komende entstowwe vir 'n persoon meebring, is ontelbaar, verskriklik rampspoedig en katastrofies. Daar is byvoorbeeld talle video's beskikbaar op sosiale media van baie mense, wat na ontvangs van die verwoestende entstof, onbeheerbare skuddings in hul liggaam begin ervaar het, waar hulle arms, bene en liggaam dag en nag onverpoosd skud - en geen dokter of neuroloog in die hoofstroom-medisyne kan hulle help nie - want waarlik, baie het geen idee waarmee hulle te make het nie. Vir die meeste van ons in die mediese beroep – is die ontelbare fisiese gevolge van die DNS-aanpassings en giftige toksiese stowwe in die entstowwe, nog nie heeltemal bekend nie en moet nog gesien word. Hier is net nog enkele voorbeelde tot op hede:

• Dood

• Verlamming

• Hartaanvalle (akute miokardiale infarksie)

• Miokarditis en perikarditis (inflammasie in die hart)

• Konvulsies / aanvalle

• Beroertes

• Miskrame

• Trombositopenie (daar is gevalle van dokters wat reeds aan bloeding gesterf het, as gevolg van die entstof geïnduseerde outoïmuun-vermindering van bloedplaatjies in hul bloedstroom)· Baie verskillende soorte outoïmuun siektes

• Guillain-Barre-sindroom

• Bell’s Palsy en verlamming aan die een kant van die gesig

• Anafilaktiese skok

• Steven Johnson se sindroom ('n lewensbedreigende allergiese reaksie waar die vel regoor die hele liggaam afskilfer)

• Akute verspreide enkefalomiëlitis (ontsteking van die brein en rugmurg)

• Enkefalitis / meningitis / enkefalopatie

• Narkolepsie en katapleksie

• Verspreide intravaskulêre stolling (bloedklonte in die liggaam wat baie lewensbedreigende komplikasies veroorsaak)

• Veneuse trombo-embolisme

• Artritis en artralgie / gewrigspyn

• Kawasaki-siekte

• Multi-sisteem inflammatoriese sindroom by kinders

En nog baie meer siektes en komplikasies - te veel om op te noem!

DIE NASALE PCR DEPPER-TOETSE IS 'N ANDER VORM VAN INENTING

Ek is op die punt om iets te noem oor die PCR-depper wat gebruik word - in terme van hoe dit verband hou met inentings. Maar eers wil ek verduidelik hoe onakkuraat hierdie toetse werklik is en waarom u geen werklike mediese gevolgtrekkings daaruit kan maak nie. PCR staan vir "Polymerase Chain Reaction" (Polimerase kettingreaksie). Die beginsel van hoe dit veronderstel is om te werk, is dat 'n virus geïsoleer word en die DNS wat dit bevat, kwansuis geïdentifiseer word. Ek gebruik die woord ‘kwansuis’ omdat daar geen mediese studies is waarvan ek bewus is, wat bewys het dat 'n virus behoorlik geïsoleer kan word nie, maar ek het nie die ruimte om in detail daarin te gaan nie. Sodra die genetiese volgorde van die virus kwansuis geïdentifiseer is - word 'n PCR-toets uitgevoer deur 'n monster van 'n persoon se liggaamsvloeistowwe, soos om speeksel uit die slymvlies van die mond, of slym vanuit die neusgang te neem - en die DNS in daardie monster word dan vermenigvuldig of gerepliseer in 'n laboratorium en daarna bestudeer om te sien of dit die genetiese volgorde van die virus bevat.

Om 'n analogie te gebruik om mense sonder mediese agtergrond beter te laat verstaan: Veronderstel dat die komponente van die genetiese volgorde van die virus soos woorde is waaruit 'n sin bestaan - en die PCR-toets soek na die teenwoordigheid van enige woordkombinasies in die sin, soos “en die”, “so dan”, “hoe dan ook maar” - en as enige van daardie woordkombinasies binne die sin opgespoor kan word, word daardie toets as positief beskou. Die probleem is dat daardie woorde nie uniek is vir net daardie sin nie (dit wil sê die kwansuis genetiese volgorde van daardie spesifieke virus) - u kan dieselfde woorde van daardie sin in baie ander artikels, tydskrifte, boeke of inligting op die Internet vind. Op dieselfde manier kan die dele van DNS, wat kwansuis in die virus voorkom, wat veroorsaak dat 'n PCR-toets positief is, in die genetiese samestelling van byna almal gevind word. Om hierdie rede lewer 'n baie groot persentasie PCR-toetse vals positiewe resultate op.

Ek wil u ook daarop attent maak dat 'n entstof nie slegs via 'n spuit en naald toegedien kan word nie. Die neustoetsdeppers word ook gebruik as 'n metode om mense in te ent sonder hul medewete of toestemming. Die politici en media sê dat hierdie coronavirus en sy variante so aansteeklik is dat dit deur die lug versprei kan word, net deur te praat. Met 'n patogeen wat so aansteeklik is soos wat hulle beweer, sal 'n mens sekerlik net die speeksel-slymvliese in jou mond hoef te dep, soos wat dit in die verlede gedoen was vir DNS-toetse. Waarom word daar dan neusdeppers gebruik wat so diep in u neus ingedruk word? Aan die bokant van u neusgang het u ’n ‘kribriforme plaat’ wat die brein van die neusholte skei - soek 'n foto van die kribriforme plaat op Google op die internet. Die kribriforme plaat is gemaak van 'n sagte, poreuse stuk been (dit wil sê met klein gaatjies in die been), wat die maklikste toegang bied vir stowwe om die bloed-breinversperring in u brein en bloedstroom oor te steek.

Hier volg 'n aanhaling uit die opsomming van 'n artikel getiteld: Nanodeeltjies vir neus-inenting: “Te midde van ander slymvlies plekke, is neus-aflewering veral aantreklik vir inenting, aangesien die nasale epiteel gekenmerk word deur relatief hoë deurlaatbaarheid, lae ensimatiese aktiwiteit en deur die teenwoordigheid van 'n belangrike aantal immuunkompetente selle. Benewens hierdie voordelige eienskappe, kan die neusroete vereenvoudigde en meer koste-effektiewe protokolle bied vir inenting met beter pasiënt nakoming. Die gebruik van nano-draers bied 'n geskikte metode vir die neus-aflewering van antigeen molekules. ” (Noemi Csaba et al. Adv Drug Deliv Rev 2009)

Befonds deur die Bill Gates-stigting, het navorsers aan die John Hopkins-universiteit 'n klein stervormige apparaat ontwerp, so groot soos 'n stofkorrel wat 'n termogryper genoem word. Dit is geïnspireer deur 'n parasitiese wurm wat sy skerp tande in die ingewande van die gasheer of sy bloed-brein-versperring insink. Hierdie mikro-toestelle kan met die slymvlies verbind en dwelms, gifstowwe of selfs nano-deeltjies in die menslike liggaam vrystel.

BEKENDSTELLING VAN NANOTEGNOLOGIE IN DIE LIGGAAM

Daar is sommige dokters en gesondheidspesialiste wat die vesel van die COVID 19- toetsstel deppers ondersoek het en gevind het dat dit nie soos die katoenvesels van 'n gewone oordop of etterdeppers is wat in die verlede vir mediese toetse gebruik was nie - en is anders as enige bekende tekstielvesels wat ooit voorheen gesien is - hulle beweeg, is magneties en brand nie wanneer aan hoë hitte blootgestel word nie. Toe hierdie deppers in misdaad laboratoriums ondersoek was, was hulle nog nooit voorheen bewus van enige ander vesel wat hierdie eienskappe besit het nie, buiten dit wat Morgellons Fibers genoem word (soek “Morgellons Disease” op Internet!). Ander wat die nasale deppers in hul eie fasiliteite ondersoek het, soos PIXE-skanderings, berig dat hulle 'n radioaktiewe oorgangsmetaal, genaamd tegnesium, ontdek het wat bio-infiltreerder-eienskappe het, insluitend direkte DNA-manipulasie en breinspoeling. Die punt is - weet die gemiddelde gesondheidspesialiste wat die PCR-covidtoetse toedien, regtig wat daarby betrokke is, of wat hierdie mikroskopiese nanotegnologie-polimeer-vesels regtig in die menslike liggaam deponeer? Ek dink nie so nie - die betrokke tegnologieë is vêr bo 'n gemiddelde gesondheidspesialis in konvensionele hoofstroom geneeskunde se begrip of bewustheid daarvan.

Die diep neus-COVID-deppers is veel meer as 'n kwansuise toets - dit is ook 'n veeldoelige nano-bio-wapen en Transhumanisme-Tegnologie. Aan die punt van die neusdepper kan verskillende vorme van nanotegnologie, nanodeeltjies en slimstof sowel as die bio-ingenieurs-gewapende virus ingevoer word deur die kribriforme plaat oor na die bloed-breinversperring tot in u brein en bloedstroom.

Om die punt te beklemtoon hoe gevorderd die wetenskap is wat nanotegnologie betref: As u 1 mm deur 1 miljoen deel - dit is die grootte van 'n nanometer en die skaal van hierdie hoogs gesofistikeerde mikro-toestelle wat in die menslike liggaam gedeponeer word deur die komende entstowwe en neusdeppers. Stel uself net voor hoe gesofistikeerd en gevorderd die wetenskap en tegnologie moet wees om nanorobotte en mikrotoestelle/masjiene die grootte van 1 miljoenste van ’n millimeter te maak! Die nanoklein slimstofdeeltjies het selfs GPS-vermoëns! Hulle het 'n 2-as magnetiese sensor om rigting te volg, hulle het 'n versnelling-sensor om spoed te monitor, 'n ligintensiteit-sensor, humiditeit-sensor, druksensor, 'n temperatuur-sensor ... en is kortliks in staat om elke detail van die biometriese data van u liggaam te monitor, byvoorbeeld hoe vinnig u hart klop, die vlak van u bloeddruk, die vrystelling en die vlak van elke tipe hormoon en chemikalieë in jou liggaam, die menstruele siklus van 'n vrou, of sy swanger raak - die geslag van die baba, wanneer jy seks beoefen ens. - geen meer privaatheid nie! Hulle sal absoluut alles van jou af weet!

Al hierdie data van u liggaam sal deur die nano-deeltjies, wat deur die entstowwe en nasale swab-toetse ingeplant is, via draadlose Wi-Fi oorgedra word na die 5G- en 6G-slimroosterInternet van dinge in die wolke, wat letterlik sy menslike biologiese gasheer aan sy slimroosteropsporingstelsel koppel. Die uiteindelike doel van hierdie digitale toesig-stelsel is om, nie net alle hulpbronne op aarde op te spoor, te monitor en te beheer nie, maar ook elke liggaamsel van elke mens op die planeet, reg vanaf die vlak van hul DNS. Nie net sal die nanotegnologie, aangedryf deur A.I., die vermoë hê om al die biometriese data van die menslike liggaam op te neem nie - maar sal dit ook kan beïnvloed, verander, inmeng, aanpas en beheer - byvoorbeeld om die tempo wat u hart klop, die vlak van u bloeddruk, die hoeveelheid insulien wat deur u pankreas vrygestel word, asook alle ander chemikalieë en hormone in die liggaam, die neurologiese vloei in u brein wat u in staat stel om te dink, die vlakke van u hormone wat u emosies beïnvloed, ens. Indien die siel u denke, wil en emosies is..., sal dit uiteindelik nie net u liggaam nie, maar ook u siel beheer. Wêreldwye geestesongesteldheid (depressie, angsversteurings, kranksinnigheid ens.) en selfmoord sal 'n algehele hoogtepunt bereik - meer as wat ooit tevore in die geskiedenis gesien is.

WAARHEEN LEI DIT ALLES?:

Baie verskillende Transhumanisme-patente is al jare gelede ingedien, voordat die algemene publiek ooit van die COVID-pandemie gehoor het. Een van die berugste is die Microsoft-patent: US16138518 van Maart 2020 en sy wêreldpatent WO2020060606 (let op die 3 sesse, 666) - KRIPTO-GELDEENHEID deur die gebruik van liggaamaktiwiteitsdata. 'Menslike liggaamsaktiwiteit wat verband hou met 'n taak wat aan 'n gebruiker verskaf word, kan gebruik word tydens 'n delfproses van 'n kripto-geld-eenheidstelsel. 'n Rekenaarbediener kan 'n taak verskaf aan 'n toestel van 'n gebruiker wat op kommunikatiewe wyse aan die rekenaarbediener gekoppel is. 'n Sensor wat kommunikatief gekoppel is aan of in die toestel van die gebruiker, kan die liggaam se aktiwiteit van die gebruiker monitor. Liggaamaktiwiteitsdata sal gegenereer kan word op grond van die waargeneemde liggaamsaktiwiteit van die gebruiker. Die kripto-geld-eenheidstelsel wat kommunikatief gekoppel is aan die toestel van die gebruiker, sal dan kan verifieer of die liggaamsaktiwiteit voldoen aan een of meer voorwaardes wat deur die kripto-geld-eenheidstelsel gestel word, en dan kriptogeld toeken aan die gebruiker wie se liggaamaktiwiteitsdata geverifieer is.

Wat beteken dit prakties? Wel, in die komende Nuwe Wêreldorde, wat oorheers sal word deur die Eenwêreld-regering en Eenwêreld-geldeenheid (wat in die boek Openbaring voorspel is), sal absoluut elke aspek van die lewe gekoppel wees aan die voorheen genoemde Slim-Rooster-Internet van dinge, naamlik water, elektrisiteit, vervoer/reis, alle bedryfs- en ekonomiese transaksies, ensovoorts, sal hierdeur werk, wat volledige beheer oor alle hulpbronne en alle aspekte van die samelewing moontlik sal maak. In hierdie kontantlose samelewing, as iemand sy digitale kripto-geldeenheid salaris wil hê, sal hy alles moet doen wat voorgeskryf is om te doen, en die nano-deeltjie-toestelle in hul liggaam wat hulle monitor, sal seker maak dat hulle dit wel gedoen het.

Hier is 'n hipotetiese voorbeeld van hoe dit sou werk: Die regering se alsiende AI (staan vir “Artificial Intelligence” of Kunsmatige Intelligensie in Afrikaans) gee u opdrag om na 'n spesifieke gebou te gaan om die toilette skoon te maak vir die hele dag - en u sal betaal word met ’n ononderhandelbare hoeveelheid digitale kriptogeld-krediete wat hulle besluit om in u bankrekening te plaas. As u dit nie wil doen nie, omdat u nie 'n toiletskoonmaker wil wees nie, sal dit opgetel word deur die nano-slimstof-sensors binne-in u liggaam, wat u elke ligging, beweging en biometriese data van u liggaam uitsaai, terug na die regering se AI, deur die draadlose 5G-sensorkoppelvlakke (“interfaces”). U sosiale kredietpunt sal verlaag word om alle toegelate aktiwiteite in die samelewing vir u te beperk, en sal alle reismoontlikhede beperk, en u sal geen digitale geldeenheid-krediet in u rekening ontvang nie, as gevolg van die versuim om die taak te doen wat aan u opgedra is.

DIE MERK VAN DIE DIER

Openbaring 13 v 16 - 17: “16 Hy dwing ook almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe, om aan hul regterhand of aan hul voorkop 'n merk te gee [wat trou aan die dier beteken], 17 en dat niemand in staat sal wees om te koop of te verkoop nie, behalwe die persoon wat die merk het, die naam van die dier of die getal van sy naam. 18 Hier is wysheid. Laat die persoon wat genoeg insig het, die getal van die dier bereken, want dit is die [onvolmaakte] getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd-ses-en-sestig. ”

Baie Christene vra of die COVID-entstowwe wat tans uitgerol word, die merk van die dier is. Nee, ek persoonlik dink op die oomblik nie so nie - ten minste nog nie nou nie. In kombinasie met die opvolg dosisse, aanjaers en verskillende inentings wat kom, blyk dit egter vinnig tot by daardie stadium te vorder - veral as dit die stadium bereik waar ’n persoon nie sonder die entstof in die samelewing sal kan koop, verkoop of funksioneer nie. Dit pas dan by die definisie van die merk van die dier wat in Openbaring 13 v 16 - 17 verskyn. Daar is 'n entstof-paspoort wat op die horison dreig, wat beteken dat 'n persoon nêrens sal kan reis sonder die bewys as hy die entstof gehad het nie. (ten tye van hierdie vertaling is dit alreeds in Israel ingestel). In Maart 2020 was daar in Denemarke noodwette aangeneem wat verklaar dat sonder die entstof, niemand toegelaat sal word om te reis, te werk, na kruidenierswinkels te gaan - of enige vorm van koop en verkoop te doen nie - en selfs gevangenskap in die gesig sou staar. Hierdie selfde wette sal heel waarskynlik uiteindelik wêreldwyd in werking tree.

Entstowwe wat deur 'n naald en spuit gelewer word, sal binnekort vervang word deur 'n pleistertoestel met mikronaaldjies wat die inhoud van die entstof in die liggaam sal kan aflewer - die volledige naam hiervoor is die "Human Implantable Quantum Dot Microneedle Vaccine Delivery System" of “Mens Inplantbare Kwantumpunt-Mikronaald-Entstof-afleweringstelsel” in Afrikaans. Hierdie mikronaald toestelle sal 'n 'hydrogel' daarop hê, wat eenvoudig soos 'n 'gom' sal wees. Dit is 'n hoë viskositeit gel wat sal dien as 'n draer vir die nano-deeltjies, nanotegnologie en die ander inhoud van die entstof, wat ek vroeër verduidelik het. Dit het slymkleefmiddel eienskappe om die verblyftyd te maksimeer (d.w.s. hidrogelle sal langer aan u slymvliese vaskleef) om die kontakperiode te verleng, bv. met die neusslymvlies om die opname van die middels/stowwe in die entstof te verhoog.

Die term "merk" in die Bybelse uitdrukking "merk van die dier" is baie interessant wanneer u dit vanuit 'n mediese perspektief beskou, in terme van die genetiese merkers wat verband hou met die DNS-modifikasies wat bereik word deur die tegnologieë in die toetsing en inentings hierbo beskryf. Die mRNS-entstowwe is in staat om 'n stuk van u DNS uit te haal en te vervang met 'n sintetiese een. (of kan dit miskien demoniese Nephilim-DNS wees, soos in die dae van Noag?) - en genetiese merkers word geplaas waar die veranderinge aangebring word. Deur die DNS-veranderinge in die huidige COVID-entstof, gekombineer met die reeks inentings, aanjaers en toetse wat nog gaan kom, sal die verskillende genetiese merkers van die progressiewe DNS-veranderinge saam op ons DNS verbind, soos die stukke van 'n legkaart wat met mekaar verbind om 'n prentjie te vorm. Die eerste woord wat opduik by die lees van die woord "merk" in Openbaring 13 v 16, is die woord "tatoeëer". Interessant genoeg word die komende entstowwe ook 'kwantum-punt-tatoes' genoem. Die merk op die liggaam wat deur hierdie inentings agtergelaat gaan word, sal egter nie 'n merk op die vel wees nie, maar ’n merk op die DNS - die bloudruk van die skepping toe ons na God se beeld geskape is - waar die slang, Satan of Lucifer nou 'sy beeld' wil afdruk in ons wese.

'n Interessante 'toevalligheid' wat deur 'n man genaamd Geoffrey Grider aangedui is, is dat wanneer u getalle aan die letters toeken, in terme van die volgorde wat hulle in die alfabet verskyn (bv. A = 1, B = 2, C = 3 ens.) en as u die woord "mens" verwyder en dan die getalle van elk van die letters in die frase "Implantable Quantum Dot Microneedle Inenting Delivery System" optel - sommeer dit tot "666".

Een van die belangrikste bestanddele in die kwantum-punt-mikronaaldjies, wat die entstowwe aan die liggaam sal toedien, is 'n unieke chemikalie genaamd LUCIFERASE – toepaslik genoem, gegewe die sataniese agenda agter al hierdie okkultiese wetenskap en tegnologieë wat by die entstof betrokke is. Luciferase is 'n 'naby-infrarooi-bioluminisensie-ensiem' wat lig gee en gesien kan word deur 'n spesiale mobiele toestel-applikasie op slimfone en sal byvoorbeeld gebruik word by kontrolepunte - soos wanneer u deur 'n lughawe moet gaan, of voordat u 'n kruidenierswinkel, of besigheid binnegaan. Dit is hoe dit sal bekendstaan, of die persoon nou 'n entstof gehad het al dan nie. Tans word u arm/hand of voorkop geskandeer deur 'n masjien wat u temperatuur meet. Dit is bloot 'n breinspoelingsbeheer-programmeringsoefening om mense gewoond te maak daaraan dat hulle koppe of hande geskandeer word. Die 'merk' van die DNS-veranderinge sal binne elke sel van die menslike liggaam voorkom, alhoewel die kop en hand heel moontlik net vir gerieflikheidshalwe geskandeer sal word.

Die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling beskryf hul voorneme om 'n digitale ID aan elke persoon op die planeet te verskaf. Die Menslike Inplantbare Kwantumpunt Mikronaald- Entstof-afleweringstelsel sal gekombineer word met 'n digitale identifikasiemerk van ID2020 (dit sal die moeite werd wees om u eie navorsing daarop te doen), tesame met 'n menslike inplantbare toestel vir die koop en verkoop van kriptogeld, met die patent nommer wat vroeër genoem is van “060606”. Dit gaan alles kom in die vorm van wat 'n immuniteitspaspoort genoem sal word.

Wanneer ons al hierdie punte wat ek hierbo genoem het, saam oorweeg, oor hierdie Luciferase wat die hydrogel-quantum-dot-tatoe-entstofpaspoort en digitale identifikasiemerk bevat, blyk dit beslis dat ons die getuienis van die Merk van die Dier-stelsel sien wat in Openbaring 13 v 16 - 18 beskryf word, wat nou reg voor ons oë opgerig word, ter voorbereiding van die koninkryk van die Antichris - wat 'n nuwe wêreldorde sal wees wat die boek Openbaring in die Bybel verklaar en wat sal bestaan uit ’n Een-wêreldregering en ’n Een-wêreldwye ekonomiese geldeenheid, wat ten doel sal hê om elke mens op aarde ten volle te oorheers en te beheer.

DIE BEHOEFTE OM DIE AARDE SE BEVOLKING TE VERMINDER

Om elke persoon op die planeet ten volle te beheer, soos wat ek hierbo uiteengesit het, sal dit nodig wees om die wêreldbevolking dramaties te verminder, want dit sal prakties baie moeilik wees om die huidige byna 7 miljard mense op aarde te beheer. Vandaar die dryfveer agter die ontvolkingsagenda of die behoefte aan 'bevolkingsbeheer' wat gepropageer word deur mense soos Bill Gates, Boris Johnson en ander wêreldleiers en vooraanstaande figure.

Die nanotegnologie wat ek vroeër beskryf het, is uiters toksies vir die menslike liggaam. Wanneer die klein nano-deeltjie-robot-toestelle geaktiveer word en gekoppel word aan die 4G-, 5G- en later 6G-Internet sisteem, sal die elektromagnetiese frekwensies/bestraling wat hierdie toestelle uitstraal, ook katastrofiese gesondheidseffekte op die menslike liggaam hê - buiten al die ander toksines en gifstowwe wat gepaard gaan met entstowwe en die ontelbare aantal vernietigende gevolge van die DNA-modifikasies! Die nano-deeltjies is op sigself uiters vernietigend vir die menslike liggaam - nuwe navorsing deur wetenskaplikes toon byvoorbeeld dat wanneer sellulêre hindernisse blootgestel word aan metaal-nanodeeltjies, word sellulêre boodskappe vrygestel wat die DNA van ontwikkelende breinselle kan beskadig. maw breinskade. Tydens hul interaksie met selmembrane en die internalisering (om 'n impuls te absorbeer sodat dit deel van ‘n sel se karakter word) in die selle, word die belangrikste seinweë en prosesse verander.

Die aantal sterftes, onomkeerbare newe-reaksies en biologiese skade - wat reeds veroorsaak is deur die eerste rondte COVID-inentings, is eksponensieel groter as wat in die algemene media berig is. U hoef nie vêr op sosiale media te soek om die getuienisse en verhale van honderdduisende mense te sien met afgryslike en verwoestende weergawes van die newe-effekte wat hulle ervaar het nie, waardeur baie van hulle lewenslank geskend is en wat hulle so beduidend geraak het, dat hulle nie meer kan funksioneer nie - en vir so baie was dood en miskrame die uiteinde.

Dit sal bekendstaan as die grootste mediese bedrog en menseslagting in die geskiedenis!

Die slagting wat alreeds in verpleeginrigtings in lande regoor die wêreld plaasgevind het, gaan binnekort wêreldwyd 'n werklikheid word onder die groter bevolking.

Alhoewel daar baie samesweringsteorieë is om doelbewus verkeerde inligting te versprei om sodoende die waarheid te vertroebel, moet u daarvan bewus wees dat die term 'sameswering' ook gebruik word om enigiets wat iemand sê aan die publiek as 'taboe' af te maak, enigiets wat die amptelike hoofstroom narratiewe breinspoeling bevraagteken.

Ek hoop dat hierdie boodskap lig gewerp het waar daar soveel verwarring is. Al die feite wat ek aangebied het, is maklik om op die Internet te verifieer - ek het vir u baie sleutelwoorde en sleutelonderwerpe gegee en moedig u aan om self navorsing daaroor te gaan doen. In 'n tyd waar misleiding meer as ooit tevore is, kan ons nie alles wat gesê word, op sigwaarde aanvaar nie - ons moet vir onsself dink, bid en Abba Vader vra vir wysheid en onderskeiding deur die Heilige Gees - en soos wat die Bybel sê in 1 Petrus 5 v 8: “Wees nugter en waaksaam vir die vyand, want hy loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.”

Medies-wettiglik kan ek nie vir u sê dat u nie die entstof moet neem nie - ek het bloot inligting verskaf, sodat u hopelik self 'n meer ingeligte besluit sal kan neem. Op die heel minste, hoop ek dat hierdie boodskap u tot stilstand sal ruk, om noukeurig na te dink, te ondersoek, te bid, te vas en Abba Vader se aangesig te soek, voordat u hierdie baie ernstige "lewe of dood" keuse met betrekking tot die entstowwe sal maak. Soos in die begin genoem is die doel van hierdie boodskap nie om vrees te versprei nie, - maar dit is my hoop dat hierdie boodskap u sal toerus om in wysheid en met onderskeidingsvermoë te wandel - en ek hoop dat dit 'n lewe sal red ... of hopelik baie lewens.

Gelofteland wil hiermee ‘n versoek aan alle Christene rig om te bid dat dr Strydom se lewe nie ook geneem sal word nie soos met talle navorsers wat die waarheid oor Covid-19 onthul het, gebeur het. Daar is reeds baie op Gelofteland oor hierdie onderwerp geskryf en u kan gaan lees oor hoe stil-stil hierdie sulke onthullers op eienaardige wyses sterf. Dink aan haar in u gebede asseblief!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2006 gaste aanlyn