Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Magsmisbruik lei dikwels tot selfverryking. ‘n Slegte leier leer geen kuns gouer aan as om die staatskas te plunder nie. Eers raak hy van die reëls van ‘n ordelike gemeenskap ontslae waarna hy sy land op die glybaan van korrupsie en verkwisting laat beland. Daarna word hy soos room - ryk en dik!
HY IS DEUR GOD TOT LEIDSMAN VERHOOG
Hannes Ollewagen
Hand. 5:17-42
“Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.” (:30-32).
Geliefdes, die samelewing in ons tyd verkeer in groot verwarring. En mense soek na leiding. Dit is tog ironies dat in die era waarin ons so vryelik tot inligting toegang het, die onsekerheid en verwarring onder mense so groot is, nie waar nie? En die rede hiervoor is eintlik eenvoudig – nie alle inligting is betroubare inligting nie.
Die tegnologie maak die verspreiding van kommunikasie en inligting deesdae baie maklik. Ons almal ontvang op ‘n daaglikse basis videos van mense wat ‘n opinie het oor al wat ‘n saak is. Ja, mense lig hul mening oor die sogenaamde “pandemie” in hierdie dae, oor politieke kwessies, oor die Godsdiens, eintlik oor alles en nog wat. En al hierdie inligting oefen tog op ons elkeen ‘n invloed uit en veroorsaak dat ons menigmaal dink oor wat in hierdie lewe waar is en wat nie. Ja, dit laat ons dalk ook besluite neem en vrae vra wat die rigting van ons lewens kan beïnvloed.
LAAT JOU WEG AAN DIE HERE OOR
Ds A.E. van den Berg
“Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer”(Ps.37:5).
Psalms tref ʼn duidelike onderskeid tussen twee groepe mense op die aarde; gelowiges en ongelowiges. Die gelowiges het ʼn geestesverhouding met God en die ongelowiges nie. Daarom noem die Bybel gelowiges regverdiges; mense wat kragtens hul bekering hul lewe aan God oorgegee het:
“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my......” (Gal.2:20).
Die Psalms praat ook deurgaans van die ander groep nl. die ongelowiges; mense wat God nie in hul lewens toelaat nie, nooit tot bekering kom nie en na die dood verlore is. Hulle is nie noodwendig slegte mense nie, maar dikwels goeies wat God net nie Koning in hul lewe wil maak nie en stewig op die troon van hul eie lewe sit totdat die dood hul omstoot en hulle in die ewige verderf aftuimel.
In Ps.37 praat Dawid van ʼn ding wat talle gelowiges hinder - die frustrerende werklikheid dat goddeloses dikwels materieel voorspoedig is terwyl gelowiges soms bitter swaar kry. Is dit nie onregverdig nie? Moet die ongelowiges nie eerder swaarkry en gelowiges voorspoedig wees nie? Hulle probeer tot God se eer te leef terwyl die ongelowiges Hom bewustelik uitsluit.
WAAROM MOET EK KERK TOE GAAN?
- 1.Dis God se wil
“En laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim nie”(Hebr.10:25).
- 2.Ek het ʼn belofte aan God gemaak
“Ek sal my geloftes aan die Here betaal in die teenwoordigheid van Sy ganse volk”(Ps.116:18)
- 3.Ek verlang na God se huis
“My siel verlang, ja smag na die voorhowe van die Here” (Ps.84:3).
- 4.Ter wille van my gesin
“Maar ek en my huis, ons sal die Here dien” (Jos.24:15)
- 5.Christus het vir ons die voorbeeld gestel
“En soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Sabbatdag in die sinagoge” (Luk.4:16).
- 6.Dit maak ons geestelik fiks
“Oefen jou in die godsaligheid” (1 Tim.4:7).
- 7.Ek moet ʼn voorbeeld vir ander wees
“Betoon jou in alles ʼn voortbeeld van goeie werke” (Tit.2:7)
- 8.Om saam met geesgenote na die Bybel te luister
“En op de volgende Sabbat het byna die hele stad saamgekom om die Woord van die Here te hoor” (Hand.13:44).
- 9.Omdat my siel daarna hunker
“Dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here” (Ps.27:4).
- 10.Omdat ek as sondaar ʼn behoefte daaraan het
“En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te luister” (Luk.15:1).
- 11.Dit verskaf vreugde
“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan” (Ps.122:1).
- 12.Dis een van die beste dinge wat ʼn mens kan doen
“Want ʼn dag in U voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid”(Ps.84:11).
- 13.Ek word opgeroep om te kom luister
“Wie ʼn oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê”(Openb.3:6)
- 14. Om te luister wat God deur sy dienskneg sê
“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? Hoe kan hulle in Hom glo ban wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?”(Rom.10:14)
- 15.Omdat God op ʼn besondere wyse in die kerk teenwoordig is
“Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is ek in hulle midde” (Mt.18:20).
DIE DOODSKOOT SE GEVOLGE
‘n Artikel in die New York Times (NYT) berig oor ‘n drastiese bevolkingsvermindering regoor die wêreld. Die artikel maak nêrens melding van die doelbewuste vermindering van die bevolking dmv die Covid-plandemie nie, die gedwonge en giftige inentingsveldtog met 'n nie-entstof. Die NYT berei ons saggies voor op hierdie misdaad en noem die komende "ontvolking" 'n natuurlike verskynsel as gevolg van 'n wending in die demografie - wat glo te verwagte is as gevolg van ons westerse "oorvloedige lewenstyl" en as gevolg van mensgemaakte klimaatsverandering wat gelei het tot verminderde oeste - hongersnood - in die ontwikkelende wêreld, oftewel die Global South.
Gedeeltes uit die berig lui soos volg:
"Regoor die wêreld word lande gekonfronteer met stagnasie van die bevolking en 'n vrugbaarheidskrisis, 'n duiselingwekkende ommekeer in die geskiedenis wat ongeëwenaard is, wat die eerste verjaardagpartytjies 'n skaarser gesig sal maak as begrafnisse, en leë huise 'n algemene gesig."
En dit gaan voort:
“Kraamafdelings sluit reeds in Italië. Spookstede verskyn in die noordooste van Sjina. Universiteite in Suid-Korea kan nie genoeg studente vind nie, en in Duitsland is honderdduisende eiendomme vernietig en op daardie gronde verrys parke een na die ander”.
“Alhoewel sommige lande steeds hul bevolking sien groei, veral in Afrika, daal vrugbaarheidsyfers byna oral anders. Demografiste voorspel nou dat die wêreldbevolking teen die laaste helfte van die eeu of moontlik vroeër vir die eerste keer 'n volgehoue agteruitgang gaan hê.”
AFRIKA-LEEU NIE SO ONSKULDIG...
Die African Lion, die grootste militêre oefening op die vasteland van Afrika wat beplan en gelei word deur die Amerikaanse leër, het begin. Dit sluit land-, lug- en vlootmanoeuvres in Marokko, Tunisië, Senegal en aangrensende see in - van Noord-Afrika tot Wes-Afrika, van die Middellandse See tot die Atlantiese Oseaan. 8 000 soldate neem daaraan deel, die helfte van hulle is Amerikaans, met ongeveer 200 tenks, selfaangedrewe gewere, vliegtuie en oorlogskepe. African Lion 21 sal na verwagting $ 24 miljoen kos, en dít het gevolge wat dit besonder belangrik maak.
Hierdie politieke skuif is fundamenteel in Washington beslis: die Afrika-oefening vind hierdie jaar vir die eerste keer in Wes-Sahara plaas, dit wil sê op die grondgebied van die Sahrawi Republiek, erken deur meer as 80 VN-state. Rabat het verklaar dat 'Washington' die Marokkaanse soewereiniteit oor Wes-Sahara erken 'en nooi Algerië en Spanje om' hul vyandigheid teenoor die territoriale integriteit van Marokko ' te laat vaar. Spanje, wat deur Marokko beskuldig word van die ondersteuning van die Polisario (Wes-Sahara Bevrydingsfront), neem nie vanjaar aan die African Lion deel nie. Washington het sy volle steun aan Marokko herbevestig en dit 'belangrike' nie-NAVO-bondgenoot en vennoot van die Verenigde State 'genoem.
ONS SIENING VAN RYKDOM
Hannes Ollewagen
1 Sam. 16:1-13
“Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (:7).
Geliefdes, hierdie kosbare les uit die Woord van God moet ons dalk meer gereeld in ons dae hoor. Ja, die mens van ons tyd wat so maklik met dit wat voor oë is, bekoor word. Hierdie ydelheid en oppervlakkigheid het tot gevolg dat mense wat materiëel welaf is, deesdae diegene is wat aansien geniet. Dit is die mense wat in leiersposisies en posisies van mag beland – ongeag of hulle bekwaam is en oor die wysheid daarvoor beskik. Hartseer genoeg is dit ongelukkig waar dat daar selfs mense in kerke se leiersposisies beland wat geen liefde of vrees vir God het nie, maar hulle het darem baie geld en groot aansien! En só oppervlakkig het die mens geword dat dit nie eens saak maak hoe ‘n persoon hierdie groot rykdom verwerf het nie. Ja, selfs rykdom deur goddeloosheid en oneerlikheid verwerf is vir die mens van vandag so bekoorlik dat dit hom geheel verblind. En tog wonder ons waarom die wêreld in ons tyd in soveel chaos en verwarring verkeer. Die Here stel dit tog duidelik in Lukas 6:39 dat dit katastrofies sal wees!
DIE 400 JAAR VAN STILTE TUSSEN DIE TWEE BYBELSE TESTAMENTE
Ds. A.E van den Berg
“Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur,gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet” (Gal.4:4).
Inleiding
Die OT eindig met Maleagi 4. Die daaropvolgende hoofstuk plaas die leser onmiddellik in die NTmet ʼn tydverloop van 400 jaar tussen in; ʼn tyd waarin die profetiese stem in Israel stil geword het. Wat het in dié vier eeue in Palestina, soos wat Israel toe bekend gestaan het, gebeur?
Toe Maleagi geskryf is, was Israel as ʼn verenigde volk alreeds terug op eie bodem. Die Tienstammeryk van Israel is in 732vC na Assirië en die Tweestamme ryk van Juda in 607vC na Babel weggevoer. Toe die Perse later die nuwe wêreldheerser geword het, is die Bondsvolk in sy geheel toegelaat om in ongeveer 537vC na Palestina terug te keer en die verwoeste tempel en stadsmure van Jerusalem te herbou.
VERDRAAIDE REALITEIT
E. van Nantes
Die een voorgestelde wysigingswetsontwerp na die ander, het hierdie week se nuusberigte gekenmerk. Ja, selfverdediging en eiendomsreg het problematies geword, wat ‘n mens kan verstaan, siende dat die apartheidsera so goed gebou is dat dit die huidige regering nou reeds meer as 27 neem om dit af te breek.
Die eerste gedagte is dat die wetsontwerpe ten doel het om dit makliker te maak vir blankes om hulle hande op daardie HOP-huise met die hoë kwaliteit afwerkings te kry sonder vrees dat die eienaars daarvan bewapen sou wees, of om die een swart plaas na die ander te beset sonder enige noemenswaardige teëstribbeling.
Die ander gedagte is dat kommunisme, iets wat elke blanke nog altyd nagestreef het, uiteindelik ‘n realiteit gaan word.
Wat ‘n regering het ons nie! Nie net dra hulle elke blanke se welstand op die hart by wyse van verskeie wetgewing soos, dat ons darem 10% van die werksmag mag verteenwoordig en 49% van ons eie ondernemings mag behou nie, maar beskerm hulle ons, soos ‘n beer haar kleintjies, teen hierdie gevreesde Sjinese snotsiekte met een na die ander vlak van inperking. Inteendeel, die volle kompensasie wat ontvang is vir elke dag wat ons deure gesluit was as gevolg van hierdie inperkings, kan net beskryf word as ‘n onbaatsugtige liefde vir die blanke bevolking.
GOD IS ‘N BERGVESTING
Ds A.E. van den Berg
“Want U is my rots en my bergvesting; en om U naam ontwil sal U my lei en bestuur” (Ps.31:4)
Ons kom soms by ʼn breekpunt in ons lewe en ons sê vir onsself: “ Ek kan nie meer nie!” Dink aan Elia onder die besembos wat vir Isebel vlug en die Here dan bid om hom maar liewer te laat sterf. Dawid was op sy oudag ook by ʼn breekpunt toe sy seun Absolom ʼn opstand teen sy koningskap geloods het.
Voor dit was Israel betreklik rustig. Maar toe verander dinge drasties en moes Dawid in die onweer van burgeroorlog en verraad Jerusalem haastig verlaat. Ag, hoe het hy nie ʼn rustige oudag begeer nie! Toe hy jonk was, het hy telkens vir koning Saul gevlug. En nou op sy oudag vlug hy al weer! Wat doen ʼn mens as jy op moedverloor se vlakte beland? Jy doen die regte ding, dit wat Dawid in sy nood gedoen het – hy roep na God soos ʼn kind na sy vader. God het gehoor en uitkoms gegee.
As God ʼn gelowige in die gees optel, kan niks hom keer nie. Ons lees dat Elia na sy versterking deur God vir 40 dae aaneen tot by die berg Horeb geloop het! God verlos sy kinders van die donkerste krisis en stap met hulle die lig van die toekoms tegemoet. Dis hoe die geloofslewe werk; eers ontkoming en daarna verligting.
“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).
DIE KAMP
Op 16 Junie 1900, tydens die Twee Vryheidsoorlog, het die Britse bevelvoerder, Lord Roberts, PROKLAMASIE Nr 5/1900 uitgevaardig waarvolgens die Boervroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou, die plaashuise en landerye verbrand en die vee doodgemaak moes word. Die Britte kon nie die oorlog teen die Boere wen nie, en is die Proklamasie uitgevaardig om die Boere tot oorgawe te dwing.
A.G.VISSER
In die kamp van die vroue heers stilte en donker,
die ellende genadig gedek deur die nag.
Hier en daar in 'n tent nog 'n flou liggeflonker,
waar die Engel van Meely - die Doodsengel - wag.
In die plaas van verdriet en van loodsware harte
lê 'n knapie te snik in 'n troost'loos geween.
O, wie tel al die trane, wie meet al die smarte
van 'n weeskind verlate, op die wêreld alleen?
Want sy vader was vroeg in die stryd al gesneuwel;
na die kamp toe moes moeder toe die huis was verbrand;
sy en sy sussie lê daar aan die voet van die heuwel;
"wees getrou", het sy sterwend gesê, "aan jou land!".
NEE, NEE, NEE VIR COVID-INENTING!
Covid het 'n vreesveldtog tot stand gebring wat diktatoriale en ongrondwetlike vryheidsroofmaatreëls vergemaklik vir die superrykes van die wêreld, die Internasionale Geldmag of genaamd Illuminati met sy seekatarms binne elke groot organisasie, dít nadat hy die wêreld-ekonomie vernietig het, ontelbare bankrotskappe, werkloosheid, hongersnood en uiteindelik die dood geskep het.
Dit is moeilik om te glo dat elke regering besig is om sy burgers te verraai en dat al 193 VN-lidregerings in 'n mindere of meerdere mate deelneem aan hierdie wêreldwye vernietiging, 'n massiewe bio-WO III-senario. Maar dit is wat dit is! Ons het reeds die derde wêreldoorlog betree wat betref sy bio-chemiese sy, die kernoorlog sal weldrae volg.
Nie net is die wêreld doelbewus besmet met ‘n laboratorium-gemodifiseerde virus nie, maar is die volgende fase van die sataniese plan om die wêreldbevolking van nagenoeg 7 biljoen na 500 miljoen te verminder, reeds in aksie met die sogenaamde intentingsprogram waarvan mense nou in honderdtalle vinniger sterf as aan die virus self. En diegene wat nie sterf nie sal eendag nie eers meer onthou wat dit beteken om vry te wees in jou eie land nie.
In minder as tien jaar van nou, wanneer die inspuitings die meeste van die oorblywende mensdom in transhumane omskep het, en sommige van die weerstandbiedende oorlewendes vra, waarom het niemand iets daaraan gedoen nie terwyl mens kon sien daar is groot fout, sal dit te laat wees om terug te keer na ‘n werklik normale lewe op hierdie planeet.
DIE GELDMAG (17)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
D.P. DE VILLIERS
Dit is van belang om kortliks te let op die rol wat adv. D.P. de Villiers, voorsitter van die Internasionale Bestuurskomitee van die USSALEP en besturende direkteur van Nasionale Pers Beperk, deur die USSALEP in die Suid-Afrikaanse politiek begin speel het. Aan die begin van die sewentigerjare het hy ’n aanstelling as appélregter van die hand gewys en daarna besturende direkteur van Nasionale Pers geword en gaandeweg al hoe meer na vore getree as segsman van ’n klein groepie Wes-Kaaplandse liberaliste (hulle is deur dr. Rupert teenoor die skrywer, Allen Drury, geïdentifiseer as die “Cape Liberal Nats) oor die Kleurling-politiek.
DIE GELDMAG (16)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
HARRY FREDERICK OPPENHEIMER
’n Mens kan die rol van die SA-Stigting nie in isolasie van die politieke filosofie van die belangrikste verteenwoordiger van die geldmag in Suid-Afrika, mnr. Harry Oppenheimer, beoordeel nie. Hy was immers die groot dryfkrag agter die totstandkoming van die SA-Stigting, en deur die samewerking van groot name in die geldwêreld het hy die bevordering van sy eie politieke en ander oogmerke gesien. Hy was ook die dryfkrag agter die stigting van die ou SA United Trust Fund waarmee die Regering van dr. Malan vernietig moes word. Hy het die Progressiewe Party in 1959 tot stand laat kom en was altyd die “finansiële ruggraat” van hierdie party. Hy is ook die medestigter van die Stedelike Stigting. Dit is daarom interessant om te weet wat mnr. Oppenheimer self van die SA-Stigting gesê het en hoe hy sy rol in die binnelandse politiek beskou het
LES IN IRONIE EN GEREGTIGHEID
INGEËNTES SAL STEEDS NIE MAG VLIEG
In Amerika, Engeland en ‘n paar ander lande is die Inentingspaspoort reeds besig om mense se lewens te reguleer, dws of hulle mag vlieg en sekere publieke plekke mag besoek, al dan nie.
Die lugdiensmaatskappye het almal met hulle regerings saamgewerk om die sataniese kabaal deur middel van die Covid-virus te bevorder en saamgewerk om inentingspaspoorte wetgewing te maak. Hulle het selfs die spreekwoord "No Jab, No Fly", maw “Geen Inenting, Geen vlug” bekend gemaak.
Alles het ook baie reg vir hulle uitgewerk, veral finansiëel toe die meeste mense nie kon wag om die inspuiting te kry sodat hulle met vakansie en werksgeleenthede op ‘n vliegtuig kon klim nie alhoewel daar ‘n hele aantal is wat hulle vakansies opgeoffer het omdat hulle gesondheid vir hulle belangriker was.
Maar wat interessant is, is dat al die lugrederye nou weer dringende samesprekings oor die intentingsproses hou. Wat sou die rede daarvoor wees?
ONTHOU ONS DIE WELDADE?
Hannes Ollewagen
Matt. 25:31-46
“En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” (:40).
“Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.” (:45).
Geliefdes, luister ons mooi na hierdie woorde van onse Here Jesus Christus? Kry ons skaam en seer wanneer ons in die lig van hierdie gedeelte aan ons eie dade uit die verlede dink – hoe verkeerd het ek nie al teenoor my Here gehandel nie? Hoeveel leed het ek Hom nie al berokken nie? Hoeveel maal het ek al by Hom verbygegaan en nagelaat om aan Hom goed te doen?!
Ons moet as gelowige kinders van God daarteen waak om nie met die wêreld se ongeërgdheid en selfsug besmet te word nie. Geliefdes, die Here het ‘n afsku van hulle wat net vir hulself leef. Hulle wat net leef vir hul eie eer, hul eie voorspoed, hul eie geluk word as vervloektes deur die Here Jesus Christus aangespreek!
AANBID JY DIE WERKLIKE GOD?
Ds A.E. van den Berg
“........ Kom, maak vir ons gode wat voor ons uittrek....”(Ex 32:1).
Mense het ʼn aangebore behoefte aan leiers, nie om hulle te oorheers nie, maar om leiding vir ʼn sinvolle lewe te gee. Daarom is daar leiers en volgelinge. As ʼn leier egter nie daarin slaag om te lei nie, word hy mettertyd vervang. Hulle word uitgestem, uitgedwing of soms selfs vermoor. Ongelukkig hoor ʼn mens ook van leraars waarvan die band met hul gemeente losgemaak is omdat hulle die betrokke gemeente nie verder tot stigting kon dien nie.
Moses was ʼn besondere leier. Toe God hom tot diens geroep het, was Israel al vir 400 jaar slawe in Egipte. Hy moes hulle uitlei na die land wat God aan hul beloof het. Sommige volksgenote het hom aanvanklik gewantrou totdat die plae hulle tot ander insigte gebring en ʼn skouspelagtige uittog gevolg het.
Die 40 jaar woestyn-tog was nie sonder probleme nie. Kos, water en veiligheid was maar altyd op die agenda. God het egter altyd die nodige uitkoms gebied:
“Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het” (Ex.19:4).
Indien Israel hierdie tog in eie krag aangepak het, sou niemand dit oorleef het nie.
SO VAAR DIE WêRELD MET COVID-INSPUITINGS
Indien u belangstel om te sien hoe elke land in die wêreld sover vaar met die Covid-19-inspuitings, kliek op die skakel hieronder. Die lande word alfabeties in die grafiek aangedui met 'n paar datums ter vergelyking van die veranderde syfers. Gaan kyk dit voordat dit verwyder word soos wat die meeste videos wat nie die leuens oor die virusplandemie ondersteun nie, vinnig verwyder word.
https://www.youtube.com/watch?v=xSrc_s2Gqfw
DOKTERS VIR COVID-ETIEK
Indien daar geen rede was om oor die Covid-inspuitings (sogenaamde inentings) bekommerd te wees nie, sou organisasies soos Dokters vir Covid-etiek, nie tot stand gekom het nie. Hierdie is een van talle protesgroepe in die wêreld wat gesien het hoe die leuens oor die Covid-virus op die mensdom afgedwing word en hulle nou alles in die stryd werp om die waarheid aan die lig te bring.
Op 28 Februarie 2021 het dr. Sucharit Bhakdi, 'n afgetrede professor, mikrobioloog en spesialis in aansteeklike siektes en immunologie, en lid van Dokters vir Covid-etiek, namens hulle organisasie 'n brief aan die Europese Medisyne-agentskap (EMA) gestuur om te waarsku oor die geen-gebaseerde COVID-19 “entstowwe” wat bloedklonte, serebrale aartrombose en skielike dood veroorsaak.
Die ondertekenaars het verskeie vrae gevra wat dringend antwoorde eis. Onder andere vra hulle mediese bewyse dat die entstowwe nie die bloedstroom binnedring en deur die liggaam versprei nie, en dat die entstowwe nie in sirkulasie bly en deur endoteelselle opgeneem word nie – soos beweer word.
Trombositopenie na inenting
NUWE NAVORSING OP DIE COVID-19-VIRUS
AAR-PROTEïN BESKADIG VASKULêRE SELLE
Sedert 2020 het talle mense vir die eerste maal die woord koronavirus gehoor. Die waarheid is dat koronavirusse vir die eerste keer in 1930 reeds ontdek is en die meeste mense het reeds hierdie griepvirus in een of ander vorm gehad waarvan vier soorte geïdentifiseer is wat endemies kan raak, en verkoues en griep veroorsaak soos ons dit almal ken.
Maar in die afgelope twee dekades het drie nuwe koronavirusse ontstaan: SARS in November 2002; MERS in September 2012; en SARS-CoV-2 in Desember 2019.
In 'n onlangse artikel wat in Circulation Research10 gepubliseer is, blyk dit dat die proteïene op die virus 'n sleutelrol as oorsaak van simptome speel.
SARS-CoV-2-skade is meer as net in die longe
'n Span navorsers in Amerika, waaronder wetenskaplikes van die Universiteit van San Diego, het die gevolge van die SARS-CoV-2-virus op diere geëvalueer. Die navorsing het in fyn besonderhede gewys hoe die “spike”- of dan aar-proteïen, skade aan die hele vaskulêre stelsel veroorsaak.
DIE GELDMAG (15)
B M Schoeman
Lees reeks by Die Geldmag
STIGTINGSMANNE AAN DIE WOORD
Die SA-Stigting en sy politieke oogmerke kan miskien die beste beoordeel word deur sommige van sy leiersfigure hier kortliks aan die woord te stel. Maar eers is dit interessant om te let op die naam van die organisasie. Hy heet die Suid-Afrika-Stigting, nie die Suid-Afrikaanse Stigting nie. Waarom dan nie Suid-Afrikaanse Stigting nie? Die antwoord is heel eenvoudig: dit is geheel en al nie ’n Suid-Afrikaanse organisasie nie, maar bloot ’n organisasie wat ’n bepaalde stel oogmerke het om in Suid-Afrika na te strewe. So bv. kan daarop gewys word dat die man wat die Stigting se eerste voorsitter geword het en van wie die gedagte van so ’n organisasie glo uitgegaan het, sir Francis de Guingand, groot finansiële en nywerheidsbelange in Suid-Afrika gehad het, maar nie ’n Suid-Afrikaanse burger was nie en ook nooit enige voorneme gehad het om een te word nie.