Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die hoofroeping van 'n burgerlike regering in 'n sogenoemde christenland is om die openbare godsdiens in stand te hou en te beskerm. En vir sover as wat die staat orde handhaaf moet ons onderdanig wees aan so 'n menslike verordening. Maar wanneer die staat van ons verwag om God ongehoorsaam te wees, mag ons dit nie doen nie. As die staat God se koninkryk hier op aarde nie beskerm nie sal God self 'n einde daaraan maak wanneer dit Hom behaag.
DIE ANTICHRIS
Ds A.E. van den Berg
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word ..... die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is”(2 Thess.2:3,4).
Net voor die wederkoms van Jesus gaan die Antichris die mensdom betower: “En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges. En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word” (Dan.8:24,25).
Die Antichris gaan ʼn mensdom en kerk sonder enige behoefte aan Jesus laat ontstaan. Die nuusmedia gaan elke woord en beweging van die Antichris dek; sy wêreldgesag, haat vir gelowiges en meesterlike politieke spel. Hy sal die mensdom laat glo dat goed sleg is en sleg goed:
KITCHENER EN TWATT
Johan Hack
Twatt is n klein vestiging op die Orkney eilande in Skotland. Die woord Twatt beteken klein stukkie grond of land volgens die ou Noorse taal. Die woord Twatt, klink eenders aan die gewone Engels waar die woord twat, met een ‘t’ as n vulgêre beskrywende woord vir n vulva beskou word. In Brittanje word die woord twat beskou as een van die mees vulgêrste woorde om iemand te beledig. Hierdie belediging sluit ook die betekenis in van ‘n swak of veragtelike persoon. ʼn Mens kan jouself nogal die gespottery indink wat die bewoners van die vestiging Twatt soms moet verduur. Daar is selfs al kommentaar gemaak dat die vestiging Twatt ook deur ‘n “ongewone hoe getal idiote” bewoon was. (Hierdie artikel is egter nie geskryf om die inwoners van Twatt nou te beledig nie.)
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 teen die Britse Ryk, was daar ‘n Britse soldaat, Herbert Kitchener, wat berug was vir sy verskroeide aarde-beleid teen die Boere. Sy strategie saam met Lord Roberts om plase te verwoes en vrouens en kinders in konsentrasie kampe te plaas, het heelwat kritiek ontvang. Ons hoef nie hier uit te brei om herrinner te word wat die nagevolge vir ons Afrikanervolk was nie.
DIE LOS SKROEF
Ds. A.E van den Berg
“Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid... hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper...” (Rom.1:24,25).
Inleiding
Daar isʼn groot skroef in Suid-Afrika los. Mense word toenemend met allerlei vorms van onsedelikheid gebombardeer en God se heilige ontwerp vir reinheid uit talle oorde aangeval; selfs vanuit kerke wat die waarheid vir die leuen verruil en ontspoor het.
Alles wat in God se goeie skepping verkeerd loop,is die gevolg van mense se ongehoorsaamheid aan Hom en het afgodery as onderbou daarvan. Sondaars het ʼn drang om van God as die Bron van ware lewensgeluk weg te breek en lewensvervulling in wêreldse dinge te probeer vind. In plaas daarvan om na die Skepper te draai, draai hulle hul na die skepping.
Omdat die mens na die beeld van God geskape is, verkeer hy in ʼn skeppingsverhouding met Hom. Dis egter sy aard om dit te verbreek en aan wêreldse dinge godsdienstige kleur te gee. Die lugleegte wat dan ontstaan, word met allerlei plaasvervangers vir God gevul.
KINDERS BEHOORT NIE AAN DIE STAAT
Leonard van der Dussen
Ons plaas hierdie artikel met die gedagte aan die covid-inspuitings op kinders waarteen ouers deesdae die hoof moet bied. Talle skole het begin om onderwysers en kinders te verplig om die gifinspuiting te neem maar dit is ongrondwetlik, en ouers moet besef dat hulle volgens wet aanspreeklik is vir die wel en weë van hulle kinders, nie die staat nie. Die staat het GEEN sê oor u kinders se gesondheid nie. Dus sal ouers aanspreeklik gehou word wanneer hulle kinders siek word agv die covid-inspuiting en ouers sal voor die hof gedaag word daaroor. Moet nie u kinders laat inspuit nie!!! En wanneer u uself laat inspuit en u siek word, het u ook willens en wetens u kinders aan hulle eie genade oorgelaat. Stop die gekheid en maak u stem dik teen die satan se poging om die wêreldbevolking uit te wis!!
Al is die kern van hierdie arikel oor onderwys, dui dit steeds op die feit dat die ouers die reg het om oor hulle kinders se lewens te besluit. Lees dit en besef die verband en win ook kennis oor waarom u kinders nie in staatskole hoort nie! - Red.
Aan wie behoort ons kinders: aan die staat, of aan die ouers (die gesin)? Die antwoord uit christelike huise is dadelik: “Aan die ouers!”; en tog tree ons Afrikanergemeenskappe met hulle keuses oor onderwys op soos mense wat bereid is om kinders aan die staat te gee in staatskole.
In Suid-Afrika is die rede hiervoor eenvoudig dat – veral vir Afrikanerkinders – staatskool, kerklike lewe en gemeenskapslewe vir baie dekades in die 20ste eeu ‘n eenheid gevorm het. Dit is nou tyd dat daar opgelet word dat hierdie eenheid verskeur is, en dat veral die staatskool “transformasie”-doelwitte nastreef, ideologie bevorder en in die proses onderwys ondergeskik maak aan die kommuniste se humanistiese gelykheidsbeskouings. Die matriekeksamen - in die vorm van die “Nasionale Senior Sertifikaat” (NSS) - is reeds deur hierdie gelykmakingsdoelwitte tot ‘n nuttelose oefening wat sertifikate uitdeel maar nie waarde het nie, afgebreek; en dis nie net die matriekeksamen self nie, maar ook die proses en inhoud wat daartoe opbou wat ernstig onder verdenking is.
HYDROGEL IN COVID-SPUITSTOF
Dr. Carrie Madej is ‘n interne geneesheer in McDonough, Georgia in die VSA. Sy is ook opgelei in allopatie en osteopatie en het inentingprosesse vir 20 jaar lank bestudeer.
Sy het soos menige ander mediese spesialiste die sogenaamde COVID-19-entstowwe ontleed en prontuit erken dit is nie konvensionele entstowwe nie. Die ontwerp is daarop gemik om ons biologie te manipuleer en kan dus die biologie van die hele mensdom verander.
Daar is verskeie stowwe in die spuitstof waarvan een ‘n hydrogel is. Sy het dit van nader ondersoek en beskryf dit so:
“Die hydrogel is 'n DARPA-uitvinding wat nanotegnologie en nanobotte (mikroskyfies) insluit. Dit is ‘n 'bio-elektroniese skakelmiddel' waarmee die inentingsmerk met u slimfoon kan skakel. Dit verskaf inligting oor biologiese data soos bloedsuiker, hartklop ens.
DIE HEL...
...BANGMAAKSTORIE OF WERKLIKHEID?
Ds A.E. van den Berg
“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp”(Openb.20:15).
Die woord hel wek oor die algemeen by mense vrees en afkeur op. Vrees, omdat dit as die mees weersinwekkende plek beskou word om in te wees asook afkeur omdat sommiges dit as die produk van ooraktiewe verbeeldings beskou en glo dat die ou Jode dit bedink het om mense van booshede te weerhou.
Leraars preek nie graag oor die hel nie omdat dit kwansuis lidmate ontstel. Dis ʼn fout want hoe kan leraars nalaat om mense oor die laaste oordeel te waarsku? As daar meer van die hel vanaf kansels gehoor word, sal daar minder sonde in die samelewing wees. Die hel is net so ʼn werklike plek as die hemel. Dis die laaste plek van aankoms vir hulle wat nooit tot bekering gekom het nie.
Baie mense glo egter nie aan ʼn hel nie omdat dit nie met hul misplaaste idee van ʼn liefdevolle God strook nie. Om die Bybel te verwerp net omdat dit van die hel praat, is soos om ʼn boek te verwerp net omdat jy nie van die prente daarin hou nie.Die hel is ʼn werklikheid ongeag wat mense sê! Min Bybelse waarhede het onverskilliges al so tot hul sinne gebring soos ʼn duidelikheid oor die hel. Desondanks moet niemand hul bekeer omdat hulle bang is vir die hel nie.
NEURALINK – ‘N PSIGIATRIESE RAMP IN WORDING
Een van die transhumaniste wat ons onlangs by 'n splinternuwe afgrond gebring het, is Elon Musk, met sy jongste onderneming, Neuralink. Neuralink is 'n transkraniale inplantaat wat gelykstroomstimulasie gebruik. Die toestel is voorlopig gebruik om mense met brein- of ruggraatbeserings te help maar die uiteindelike doel is om die menslike brein met rekenaars saam te smelt. Hierin is geweldige ruimte vir onvoorsiene sielkundige en psigiatriese gevolge. In 'n onderhoud met die psigiater dr. Peter Breggin het hy sy bekommernisse oor hierdie tegnologie uitgepreek:
“Wat vir my interessant is, is dat Musk so briljant is, maar dat hy dom is oor die brein. Dit is waarskynlik omdat die neurochirurge en psigiaters wat hy raadpleeg dom is oor die brein. Hy wil veelvuldige draadagtige elektrodes in die brein insit, in neurone en 'n lae spanning stimulasie. Dit is kranksinnig. Die brein kan dit nie duld nie. Hy hoop om te kan kommunikeer, maar daar gaan geen kommunikasie wees nie. Die brein gaan nie met hierdie elektrodes praat nie. Dit is nie hoe die brein werk nie. Die brein praat met homself. Dit gaan nie met Elon Musk [of met iemand anders] praat nie en hy sal die brein wat met homself praat, totaal ontwrig. Dit is 'n verskriklike ding om te doen.
WEES GETROU EN VERTROU!
Hannes Ollewagen
Ps. 37:1-40
“Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;” (:1-5).
Geliefdes, wat ‘n kosbare les wat God aan ons deur die mond van koning Dawid in hierdie Psalm gee. En wel ‘n baie belangrike les waarop ons moet ag slaan. Dit word selfs in Ps. 73 deur die mond van koning Asaf weereens aan ons gegee. En in die mond van twee of drie getuies sal ‘n saak vas staan, nie waar nie? U verstaan nou beter waarop soveel dinge in die Woord van God deur verskillende mense herhaal word – om die onveranderlikheid en belangrikheid daarvan by ons vas te lê.
GOEIE BURGERS, GOEIE REGERING
Ds A.E. van den Berg
"Naas oorlog is swak regerings die skadelikste vir ʼn land. Die belangrikheid van ʼn kundige kieserskorps kan nie sterk genoeg beklemtoon word nie en bepaal staatkundige voor- of teenspoed. Ongelukkig kies dwase gereeld leiers wat eens voorspoedige lande tot bankrotskap omskoffel soos bv. met Suid-Afrika en Zimbabwe gebeur het."
“Godsdiens en sedelikheid is onmisbaar vir enige goeie regering” (George Washington).
Inleiding
Sommige mense glo dat politiek vuil is en die Bybel gevolglik niks daaroor sê nie. Dis onwaar. Die Bybel handel interessant genoeg net 30% oor geestelike sake en die res oor politieke sake soos bv. gemeenskap- en regsake. Politiek is ʼn heilige saak wat ordelike samelewings wil skep en God is ʼn God van orde:
“Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40).
Jesus het tydens sy aardse bediening talle geestelike beginsels neergelê om ʼn ordelike samesyn en ʼn gesonde gemeenskap te laat verwerklik. Alle mag kom immers van God. Jesus sê vir Pilatus:
OP VOETE VAN KLEI
Ds A.E. van den Berg
“U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ʼn klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword .....maar die klip wat die beeld getref het, het ʼn groot rots geword wat die hele aarde gevul het” (Dan.2:34,35).
Menslike koninkryke is tydelik, bestaan net vir ʼn wyle waarna dit verdwyn. Met die koninkryk van God is dit anders; hierdie ryk en sy burgers bestaan vir ewig. Waar is hierdie koninkryk? Dis nie ʼn land of ʼn oorkoepelende ryk nie, maar mense wat God as hul Koning erken.
ʼn Droom het Nebukadneser een nag hewig ontstel. Hy was baie voldaan met dit wat hy as koning van Babel bereik het - die magtigste koning op aarde. Hy het dit tot sy voordeel gebruik en talle ander konings aan hom onderwerp en belastings van hul geëis - marionette aan toutjies in sy hand. Wie dit sou waag om teen Nebukadneser op te staan, is met mag oorrompel en bitter swaar gestraf.
Om ʼn ryk soos syne te bekom, was relatief maklik, maar om dit te behou ʼn ander storie. Daarom was hy maar dikwels bekommerd ook oor die toekoms van sy koninkryk en het baie daaroor nagedink. Daarom het God hom een nag in ʼn droom deur ʼn groot beeld gewys wat die toekoms vir die wêreld sou inhou.
OM DIE HERE TE SOEK
Hannes Ollewagen
2 Kron. 26:1-23
“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Amásia gedoen het. En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dathy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.” (:4&5).
Ons lees gedurig in die geskiedenis van die konings van Israel wat van God afvallig geraak het. En dan lees ons andersyds ook weer van daardie konings wat na God gesoek het. En hierdie konings se ryk was dan voorspoedig teenoor daardie konings wat van die HERE afvallig geword het en wie se koninkryke eindelik ten gronde gegaan het.
Dit is in 1 Kronieke 28:9 waar ons lees van Dawid wat ook sy troonopvolger, sy seun Salomo, vermaan om na die HERE te soek.
“En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.”
HOSPITALE VOL INGESPUITE MENSE
Terwyl duisende mense wêreldwyd van die covid-inspuitings sterf, hou amptenare van openbare gesondheid vol met die gruwelikste leuens daaroor. Hulle probeer hul bes om die publiek te laat glo dat 97% van gehospitaliseerdes nie “ingeënt” is nie terwyl die hospitale in werklikheid vol is van ingespuite mense.
Maar toe vang slim sy baas toe dieselfde dokter wat die leuen oor 97% kwytgeraak het, Rochelle Walensky van ‘n Amerikaanse sentrum vir Siektebeheer, haar mond ‘n paar weke later in ‘n verklaring verby praat. Hier volg wat sy erken het:
Die CDC het beveel dat elke pasiënt wat in 'n hospitaal opgeneem word en nie “volledig geënt” is nie, as “ongeënt” gelys moetword. Dit geld ook vir die duisende sterftes van persone wat een of twee inspuitings gehad het en as gevolg daarvan oorlede is. Hulle name is op die lys van “ongeëntes”. So is die syfer van 97% bereken.
In werklikheid is 80% van gehospitaliseerde persone ingespuit en is as gevolg daarvan siek en in 'n hospitaal opgeneem.
Die gesondheidorganisasies vertel nie net ‘n leuen oor die nie-ingespuite persone nie, maar verberg asook die feit dat die inspuitings die oorsaak is dat mense weer en weer virus-besmetting opdoen.
220,000 DIENSPLIGTIGES WEIER INSPUITING
Hofsaak teen Departement van Verdediging nou aanhangig
Die Biden-administrasie probeer die betekenis van die woord "immuniteit" herdefinieer in sy poging om die Covid-inspuiting op 220,000 lede van die Amerikaanse militêre diens wat reeds die SARS COV-2-virus opgedoen en oorleef het, af te dwing.
Dit het die deur oopgemaak vir 'n federale regsgeding wat op 30 Augustus deur twee aktiewe dienslede teen die Minister van Verdediging, Lloyd Austin, die Direkteur van Binnelandse Veiligheid, Xavier Bacerra, en die Amerikaanse Voedsel- en Dwelmadministrasie-kommissaris, Janet Woodcock, ingedien is.
Ook die vloot het vandeesweek sy matrose 90 dae tyd gegee om die inspuiting te kry, net soos die weermag en lugmag gedoen het.
Die saak, wat op 30 Augustus by die Amerikaanse distrikshof in Colorado ingedien is, eis onmiddellike aandag.
Die twee eisers, Daniel Robert, 'n 33-jarige gimnasiumsersant by die Fort Benning Army-basis in Columbus, Georgia, en Hollie Mulvihill, 'n 29-jarige personeelsersant by die Marine Corp-basis in Jacksonville, Noord-Carolina, sê hulle verteenwoordig 220,000 dienende militêre lede en vra die hof vir 'n tydelike beperkingsbevel wat die gedwonge inspuitings verhoed voordat 'n volledige verhoor geskeduleer kan word. Hulle versoek egter ‘n permanente bevel teen Biden se Departement van Verdediging.
WIE IS ‘N HEIDEN?
Ds. A.E van den Berg
As ʼn selfstandige naamwoord dui heiden op onbekeerde mense/volke in die algemeen. As ʼn byvoeglike naamwoord verwys dit na diegene wat die God van die Bybel nie eerbiedig nie. Hierdie woord (Hebreeus gojim) is in die OT vir alle volke buite die Jodedom gebruik ten einde hulle van die Jode, as die volk van God, te onderskei:
“...dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie” (Jos.23:7).
In die Nuwe Verbond het heiden ʼn ander inhoud verkry – almal wat die geloof in Jesus Christus as die Seun van God verwerp het wat ook onbekeerdes uit die Jodedom ingesluit het. Jesus het vooraf gewaarsku dat dit gaan gebeur:
“Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra” (Mt.21:43).
VERBLY JULLE IN DIE HERE!
Hannes Ollewagen
Fil. 4:1-9
“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (:4).
Paulus herhaal hierdie opdrag van hom in sy brief aan die Fillipense. Daarmee beklemtoon hy dus hierdie opdrag. En dit nadat hy alreeds in Fil. 3:1 hierdie opdrag gegee het. “VERDER, my broeders, verbly julle in die Here. ...” En ten spyte van die beklemtoning van hierdie opdrag, gee ons waarskynlik ook vandag steeds nie genoeg ag hierop nie.
Geliefdes, dit was ook nie alleen Paulus wat van hierdie saak melding gemaak het nie. Ons lees in Neh. 8:11 hoe Esra die volk in hierdie saak onderrig.
“...Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE – dit is julle beskutting.”
Natuurlik het die geliefde man van God, koning Dawid, ook in verskeie Psalms van vreugde en blydskap in die HERE melding gemaak. Ps. 4:8
“Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.” Ps. 19:9:”
LEUENS OOR IVERMEKTIEN
Verlede week is daar berig dat ‘n Oklahoma-hospitaal oorval is met pasiënte wat ‘n oordosis ivermektien ingeneem het. Intussen is die komplot onthul toe die hospitaal laat weet het dat daar nie een so geval is nie en dat die dokter wat hierdie leuen aan die media vertel het reeds twee maande lank nie meer in daardie hospitaal werk nie. Gerugte dat ivermektien lewerversaking veroorsaak het ook die rondte gedoen maar daarvoor was geen bewyse nie. Nou ja, dit sê alles van die vyande van die waarheid. Die Bybel leer ons mos dat die satan van die begin af die vader van die leuen is; daarom weet ons met wie ons te doen het.
‘n Ietsie meer oor die agtergrond van ivermektien: die maatskappy, Merck, wat self die medikasie ivermektien vir menslike gebruik ontwikkel het en in 1987 goedkeuring van die FDA en in 2015 ‘n Nobelprys daarvoor gekry het, het 3.7 miljard dosisse daarvan dwarsdeur die wêreld versprei. Maar nou het Merck ‘n handomkeer daaroor gemaak.
COVID-"ENTSTOF" IS DODELIK
Jan-Tinus Smuts
“Dit is nou in verskeie lande bewys dat veral mense wat ingeënt is, in kwarantyn geplaas moet word. Ongeënte mense is nie gevaarlik nie, ingeëntes is 'n gevaar vir ander.” - Prof Christian Perronne
"Ons is op die rand van 'n wêreldwye transformasie. Al wat ons benodig is die regte groot krisis en al die nasies sal die Nuwe Wêreld Orde aanvaar," het wyle David Rockefeller op 14 September 1994 by die VN Besigheidskonferensie gesê. Sy familie is internasionale bankiers wat na bewering deel is van 'n komplot om 'n een wêreld diktatuur te vestig. Daar is ook bewerings dat dit deel van die Geldmag (wat "Big Tech" en "Big Pharma" insluit) se planne is om die wêreldbevolking drasties te verminder en dat Covid-19 en die entstowwe daarteen, deel uitmaak van hierdie planne.
Niemand sal kan ontken dat die Covid-19 pandemie kwalifiseer as so 'n "groot krisis" soos waarvan Rockefeller gepraat het nie. "Big Pharma" sluit ook maatskappye soos byvoorbeeld Pfizer en Johnson & Johnson in.
By geleentheid het mnr. David Rockefeller erken dat hy en sy familie deel is van 'n plan om 'n eenwêreldregering daar te stel:
"Sommige glo dat ons deel is van 'n geheime kabaal wat teen die beste belange van die VSA werk en word ons as "internasionaliste" gekaraktiseer en dat ons in 'n sameswering met ander van reg rondom die wêreld is om 'n meer geïntegreerde globale politieke en ekonomiese struktuur te vestig - een wêreld, as jy wil. As dit die aanklag is, staan ek skuldig en ek is trots daarop."
WAT SATAN MET DIE COVID-SAGE WIL BEREIK…
…is om die beeld van God van die aarde af te verwyder.
Hierdie plan van die satan was van die begin van die skepping in werking. Hy het toe reeds besluit dat hy uit wraak teen God die hele mensdom na hom sal insleep sover dit in sy mag is. In hoofstuk 6 van Genesis word uitgelê hoe die gevalle engele (wat uit die hemel gegooi is weens hulle ongehoorsaamheid) waaronder die hoofkwaadstigter, die satan of Lucifer soos sy naam is, onnatuurlike seksuele verhoudings met vroue van die mens gehad het om 'n hibriede menslike geslag te produseer (ook genoem Nephilim of gewelddadiges) wat deels menslike en deels demoniese DNS besit het.
In Matteus 24 v 37 het Jesus gesê dat die eindtyd sou wees soos in die dae van Noag. Dit het baie parallelle en betekenisse, waarvan een feit is, dat ten tye van die vloed, Noag en sy gesin die enigste geneties suiwer (of volkome mens) mense was wat op aarde oorgebly het en nie met die gevalle engele verbaster het nie. Op daardie stadium wou die satan die koms van Jesus voorkom deur die DNS van die hele menslike ras te verbaster en te verontreinig sodat daar geen genetiese suiwer bloedlyn oor sou wees waardeur die Seun van God gebore kon word nie.
‘n Mens kan dink hoe woedend hy verdere planne beraam het toe Jesus Christus gebore is en vir ons aan die kruis kom sterf het!
SATAN VERVANG GOD SE DNS IN ONS
Ons is nou in 'n tyd wat die Bybel voorspel waar groot misleiding die aarde sal bedek en waar moontlik, selfs die uitverkorenes mislei sal word. Die boek Openbaring profeteer dat daar 'n tyd sal kom wanneer daar 'n eenwêreld ekonomie en ’n eenwêreld regering sal wees, wat uiteindelik regeer sal word deur 'n eenwêreld diktator bekend as 'die Antichris’ of die 'Seun van die verderf’, alias Satan, alias die dier of dan Lucifer soos ons die gevalle engel ook by sy naam ken.
Genesis 1 v 27 sê dat God die mens na sy beeld geskape het ... en al daardie inligting van SY skepping op fisiese vlak is in ons DNS gekodeer. Nou betreë ons die tyd waar Satan sy verklaarde oorlog teen God en die mensdom gaan uitbrei in ‘n poging om God se DNS binne ons te verander na iets wat Satan se merk sal dra. So sal hy instaat wees om die meerderheid van die wêreldbevolking sy kinders te maak. Die Bybel vertel ons dan van die breë pad hel toe en die smal pad na die hemel.
Vir Satan om ons DNS te verander, het hy gesorg dat sy handlangers soos Bill Gates en die hele Kabaal, met die noukeurigste sorg die sataniese proses reeds vir jare beplan het en vir hom het die tyd nou aangebreek om resultate te sien. Daarom het hy gesorg dat die viruskabaal losgelaat word en die sogenaamde inenting die begin van die veranderinge aanbring; en so sal elke verdere inspuiting wat drie maandeliks verpligtend gaan word die werk doen tot die hele mensdom goddeloos en verdorwe is en net die vermoë het om kwaad te bedink en te doen – ooglopend is ons nie ver daarvandaan nie.
SO WORD ONS MET BIO-WAPENS UITGEWIS
Vergewis uself gerus by die skakel hieronder oor die bestaan van organisasies wat genetiese bio-wapens vervaardig om mense uit te wis. Dit is die mees geheime industrie in die wêreld waaroor nie maklik gepraat word nie. In hierdie video word hoogsgeheime inligting daaroor bekend gemaak. Daar word ook duidelik gestel dat al die inspuitings wat nou as inentings voorgehou word, dodelik en skadelik is, daarom word dit genoem Frankenstein-inentings wat ons DNS sal verander en ons immuunstelsel vernietig. Ingespuite persone het nou 'n 6.7 groter kans as oningespuite persone om siek te word van die reeds honderde variante wat nou die wêreld vol ingestuur gaan word. Daarom sal daar in die volgende paar jaar miljoene mense daaraan sterf. Die statistiek wat in hierdie video voorgehou word wys daarop dat 86% mense ná die inspuitings kan sterf. Maar laat ons nie vaskyk teen die grootte van ons vyand nie maar na die grootte van ons God wat ons deur hierdie verskriklike tyd wat voorlê hierdeur sal dra!
https://www.facebook.com/groups/553507445663192/permalink/599514527729150/