Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die pad na sukses loop opdraand en is altyd in aanbou . ‘n Eerbare volksleier weet dat sukses die produk van baie harde werk is. Dis ‘n vrug wat stadig ryp word. Niemand bekom dit teen ‘n winskoopprys nie. Harde werk dra altyd soet vrugte.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 16
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 16:1-4 Die Fariseërs en die Sadduseërs was twee groepe wie se geloofsieninge lynreg teenoor mekaar gestaan het. Die Fariseërs het die skriftelike, sowel as die mondelingse wet tot in die fynste besonderheid onderhou, terwyl die Sadduseërs net die geskrewe wette in die Bybel aanvaar en onderhou het. Die Fariseërs het aan die bestaan van engele en aan die opstanding na die dood geglo, terwyl die Sadduseërs glad nie daaraan geglo het nie. Paulus het van hierdie verskil in hulle geloofsiening gebruik gemaak toe hy voor die Sanhedrin moes verskyn (Hand 23:6). Die Fariseërs het glad nie ’n politieke belangstelling gehad nie en was bereid om onder enige regering te staan wat hulle toegelaat het om hulle eie godsdienstige wette en rituele na te kom. Die Fariseërs was op die uitkyk vir hulle messias wat moes kom, en het daarna verlang, terwyl die Sadduseërs glad nie belang gestel het daarin nie. Dit was amper onmoontlik om twee meer uiteenlopende groepe mense te vind, maar in hulle vyandigheid teenoor Jesus, het hulle saamgestaan en bymekaar gekom om te besluit hoe hulle vir Jesus gaan elimineer.
ROKKIES WOU HY DRA...
Tutu se rokke
Ds. A.E van den Berg
Slegte mense besmet dikwels goeie plekke. Jesus het in die Bergpredikasie teen die skynheilige optredes van die Fariseërs en skrifgeleerdes gewaarsku wat met hul goeie dade gesien en geëer wou word (Mt.6:1-6). Die skrifgeleerdes was die godsdiensleiers van Jesus se tyd wat mense aan die hand van die Skrifte leiding moes gee. Hulle het hulself beter as ander mense geag, godsdiensrokke gedra en mense met hul openbare gebede probeer beïndruk.
“CLOT SHOT” MAAK MENSE MAL
Ons sien nou die voorspelde tekens van die gevreesde “entstof” wat die zombie-apokalips inlei.
Jy het dit waarskynlik gesien in van jou vriende, familielede of kollegas wat die wonderlike “jab” geneem het. Dalk nog nie so veel hier in Suid-Afrika nie maar dit is oppad. Voor die inspuitings was hulle normale, gesonde, gelukkige mense. Toe neem hulle die sg inentings en dinge begin afdraand gaan. Talle van hulle begin persoonlikheidsveranderinge, verhoogde aggressiwiteit en 'n wending na dierlike/zombie-agtige gedrag toon.
Dit alles is tekens dat bloedklonte in hul brein begin vorm, wat die suurstof afsny na die dele van die brein wat verantwoordelik is vir die verwerking van hoër kognitiewe funksies. In wese ontaard hulle in “entstof”-zombies, en hulle besef dit nie eens nie.
Dit is belangrik om te verstaan dat hoe verder hul persoonlikheid verander, hoe meer bloedklonte vorm in die brein. Gevolglik, hoe minder tyd het hulle oor om te lewe.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 15
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 15:1-9 Alhoewel hierdie vreemde en moeilike verse is om te verstaan, is dit ’n baie belangrike gedeelte van die hele evangelieverhaal. Dit verteenwoordig ’n openlike botsing met die leiers van die Joods Ortodokse geloof. Sommer in die eerste sin al sien ons dat die skrifgeleerdes en Fariseërs ál die pad van Jerusalem af, spesiaal na Galilea gekom het om vrae aan Jesus te vra. Dit lyk nie asof die skrifgeleerdes en Fariseërs in hierdie stadium al kwaadwillige bedoelinge gehad het met hulle vrae nie. Dit lyk asof hulle eerlikwaar veward was. Die eintlike belangrikheid van hierdie gedeelte lê daarin dat dit nie ’n persoonlike botsing of verskil was nie, maar dat hier ’n botsing van twee sieninge van geloof in God plaasgevind het. Dit was ook baie duidelik dat daar geen moontlikheid van enige samewerkingsoorkoms of kompromie tussen hierdie twee sieninge van geloof was nie.
IS JY BANG VIR 2022?
Ds A.E. van den Berg
“Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? .... want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het..... Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mt.6:31-33).
Die jaar 2021 was ʼn moeilike jaar met baie vertwyfelings en onsekerhede wat gelowiges opnuut laat besef het dat die wêreld einde se kant toe staan en Jesus se wederkoms naby is. Wat die toekoms vir ons in 2022 inhou, weet ons nie. Al wat ons weet, is dat hierdie jaar teen 60 sekondes per minuut gaan plaasvind, ongeag wat mense doen. En dit maak mense bang vir die toekoms. En jy?
STEL ONS DIE HERE VOOR ONS?
Hannes Ollewagen
Ps. 16:1-11
”Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.” (:8).
Geliefdes, ons lees in 1 Konings 18 waar Elía die volk Israel aanspreek om ‘n keuse te maak. Hulle moes kies wie hulle voor hul sal stel om in die lewe na te volg – dit sou òf die HERE God wees, óf dit sou Baäl wees.
“En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.” (:21).
Maar hulle sou nie die HERE met halfhartigheid kon volg nie. Hulle sou ‘n keuse moes maak.
Ons lees ook hiervan in Josua 24 waar die volk deur Josua aangespreek word om ‘n keuse te maak.
“...kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.” (:15).
VIND LIEWER UIT WAT BEHELS DIE VIERDE INDUSTRIëLE REVOLUSIE
Daar word reeds in die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia openlik gepraat oor die Vierde Industriële Rewolusie, asof dit ‘n goeie ding is, iets natuurliks wat logies volg ná die Derde Rewolusie. Maar dit is duidelik dat die onderhoudvoerders nie ‘n benul het wat dit werklik behels nie; dat dit ‘n opvolg opdrag van die Nuwe Wêreldorde is, ‘n pad na die volgende slagveld waarin hulle die wêreldbevolking gereed maak vir die finale ekonomiese digitale oorname en onderwerping aan die Eenwêreld Regering.
Die UK.GOV-webwerf vat dit as volg saam: “Die Vierde Industriële Rewolusie is van ’n skaal, spoed en kompleksiteit wat ongekend is. Dit word gekenmerk deur die samesmelting van tegnologieë soos kunsmatige intelligensie, redigering van menslike gene en gevorderde robotika –wat die grense tussen die fisiese, digitale en biologiese wêreld laat vervaag.” Dus, die vordering om die mens deur middel van transhumanistiese metodes te verander sodat die beeld van God uit diesulkes uitgewis moet word. Dit is in alle geval wat die satan glo, dat hy dit kan regkry om God se beeld van die aarde af weg te vee deur mense se DNS te verander.
2022: GEEN VERVELIGE OOMBLIK!
https://www.brighteon.com/72f2d8d5-0d32-474f-af5e-85ef8d227475
By hierdie skakel kan u luister wat besig is om in Amerika te gebeur ivm stappe wat geneem word teen instansies en persone wat ander gedwing het om die gifinspuiting of moordskoot soos dit ook genoem word, te ontvang. Wat nou daar gebeur sal ook in Suid-Afrika gebeur. Inderwaarheid is die proses hier reeds aan die gang deur regslui soos Schalk van der Merwe en talle regspraktyke. Daar word ook gepraat oor wat 2022 vir ons inhou in hierdie verband.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 14
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 14:1-12 Wanneer Matteus vir ons hierdie tragiese gebeure van die dood van Johannes die Doper soos ’n drama beskryf, dan sien ons hoedat hy vier persone se rol, en hulle karakters, daarin baie duidelik beskryf:
- Daar is Johannes die Doper self. Volgens Herodus, het Johannes twee groot foute gehad. Hy was gewild onder die mense en groot skares het na hom gaan luister. Herodus was bang dat sy invloed onder die mense dalk ’n rewolusie kon veroorsaak. Volgens Josephus, die Joodse geskiedskrywer, was dit Herodus se agterdog en jaloesie wat veroorsaak het dat hy vir Johannes laat doodmaak het. Soos enige ander tiran, kon hy in sy vrees, agterdog aan niks anders dink om ’n opstand te voorkom nie. Die Evangelieskrywers het ’n heel ander siening gehad. Volgens hulle het Herodus vir Johannes doodgemaak, omdat hy ’n man was wat die waarheid gepraat het. Dit is altyd baie gevaarlik om ’n tiran te bestraf, en dit is presies wat Johannes gedoen het.
WAARIN Lê ONS STEUN?
Hannes Ollewagen
2 Kron. 13:1-22
“En die kinders van Israel is in dié tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die HERE, die God van hullevaders, gesteun het.” (:18).
Geliefdes, voordat ons behoorlik ons oë kon uitvee is nog ‘n jaar agter die rug. En so gaan ons ‘n nuwe kalenderjaar tegemoet. En die koms van ‘n nuwe jaar gaan mos vir die meeste mense met baie voornemens en verwagtinge gepaard. Ek vind dit wel in persoonlike hoedanigheid baie vreemd dat mense van mening is dat die blote verandering van die jaartal hoegenaamd ‘n invloed op hul omstandighede kan hê, maar dit daar gelaat.
Wanneer ‘n mens in ‘n voertuig reis en besef dat jou rigting verkeerd is, sal dit nodig wees om die voertuig in ‘n ander rigting te stuur ten einde die gewenste bestemming te bereik. Die voortsetting van jou reis op dieselfde wyse en in dieselfde rigting, maar net op ‘n ander dag, sal jou steeds by die verkeerde eindbestemming uitbring. En so moet mense ook besef dat ‘n verandering in omstandighede deur verandering in gedrag, besluite en optrede meegebring word en nie gewoon deur verloop van tyd of die omslaan van ‘n kalenderblaadjie nie.
NUWEJAARS- BOODSKAP
“Hou maar net vas wat julle het,totdat Ek kom”- Openb.2:25
Gelofteland wens al sy lesers 'n geseënde en voorspoedige 2022 toe.
Ons weet dit gaan 'n nog moeiliker jaar as 2021 wees maar ons weet ook dat ons Vader in die hemel sy kinders dra waar hulle nie self kan loop nie, en dat Hy sy hand nie van ons sal onttrek nie maar ons sal beskerm in die moeilikste tyd van ons lewe waar die satan soos 'n brullende leeu rondloop om te kyk wat hy kan verskeur. Ons sien dit letterlik gebeur in hierdie dae, maar daaraan sal ook 'n einde kom.
Dus, hou maar net vas wat julle het totdat Hy kom, soos Hy in Openbaring 2:25 aan ons sê. Dit behels veral ons geloof in Hom, dat ons nie sal twyfel oor sy liefde en betrokkenheid in ons lewens nie, en natuurlik ons gehoorsaamheid aan sy gebooie waaraan Hy ons geloof en liefde vir Hom meet soos in die Woord aan ons gegee.
Hou vas aan Jesus Christus, Hy sál tot ons redding kom!
CDC SÊ PCR-TOETS IS ONGELDIG!
Dr. Kary Mullis, Nobelpryswenner en uitvinder van die RT-PCR, is in Augustus 2019 skielik oorlede nadat hy hom teen die gebruik van sy uitvinding om Covid op te spoor, uitgespreek het. "Die PCR is 'n proses. Dit sê nie vir jou dat jy siek is nie” was sy uitspraak. Net daarna sterf hy op ‘n geheimsinnige wyse.
Hierna kon die globaliste die RT-PCR-toestel sonder veel weerstand misbruik as instrument om ‘n kunsmatige pandemie gebaseer op miljoene vals PCR-toetse, geloofbaar te skep.
En wat gebeur nou? Vanaf 1 Januarie 2022, dit is more, trek die CDC in 'n versoek aan die FDA sy goedkeuring van die RT-PCR-toets terug. Die CDC erken dat die PCR-toets nie effektief onderskei tussen Covid-19 en Seisoenale Griep nie.
Die RT-PCR-toets, ruim gedokumenteer en ontleed deur talle wetenskaplikes, bespeur nou glo geen SARS-CoV-2 en sy variante nie. Nou toe nou! Dít, nou eers nadat daar feitlik twee jaar lank wyd en suid vertel is dat dr. Kary Mullis voor sy dood reeds gewaarsku het dat die PCR nie gebruik moet word vir virusopsporing nie. Is die Kabaal se wiele besig om af te val? Begin hulle dalk voorbrand maak om nie in ‘n Neurenbergverhoor (Nuremberg) betrokke te raak nie…
DE DONDER DREIG ONS...
...ALWEER!
Is daar 'n groter skurk as Bheki Cele? Seker nie maklik nie. Dié minister van polisie het die afgelope paar dae 'n paar taamlik growwe opmerkings gemaak en gewaarsku dat diegene wat die aandklokreëls oortree om die Nuwejaar in te lui, swaar gestraf sal word. Almal luister egter nie na die senior ANC-nar nie... moet ons?
WAT IS DIE REËLS VIR OUJAARSAAND?
Daar is soveel teenreaksie en beroepe gedoen om die aandklokreël wat mense verbied om tussen 00:00 en 4:00 te beweeg, te beëindig. Ook Johan Steenhuisen van die DA het ‘n ernstige pleidooi aan die regering gerig en hulle gevra om hul 'onregverdigbare' beleid te heroorweeg.
Steenhuisen en sy kollegas wil hê dat die afsluiting van 4:00 voor die Nuwejaar geskrap word, sodat vriende en familie op Vrydag 31 Desember sonder vrees dat hulle die wet sal oortree, kan saamkuier.
TA-TA TUTU!
...ja, kom ons sê dit weer: Tat-ta Tutu!!
Ds. A.E van den Berg
Desmond Tutu was een van die mees omstrede figure in Suid-Afrika. Hy is egter met talle toekennings vereer waarvan die Nobelprys vir Vrede die mees onvanpaste was. Sy optredes, uitsprake en dreigemente het vrede verongeluk.
Desondanks het Ramaphosa hom as ʼn ikoniese geestelike leier, teen apartheidsaktivis en vegter vir wêreldmenseregte opgehemel. Barak Obama het hom weer as ʼn denker, volksleier en herder met ʼn sterk sedelike kompas beskryf. Niks kon verder van die waarheid as laasgenoemde gewees het nie!
Tutu het met sy kenmerkende poppespelgewaad en opruiende uitsprake agter ʼn kruis geskuil om buitelandse hulp vir die beëindiging van die apartheidstaat te verkry en hulle selfs met die eertydse Nazi-regime vergelyk.
RUS IN VREDE?
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Geen grafskrif is meer as rus in vredegeyk nie. Grafsteenmakers bring dit al vir baie eeue op grafstene aan. Dit kom selfs op grafte in die katakombes van vroeë Christene voor. Die woorde kom van Latyn en wens ontslapenes ʼn plek van rus en vrede in die hiernamaals toe. Dis ʼn biddende versoek dat die liggaam tot die oordeelsdag vreedsaam in die graf sal rus om dan met die siel herenig te word en in ʼn ewige, vreugdevolle heerlikheid met Christus te wees.
Die probleem is dat dit as ʼn gebed voorgehou word en geensins Protestants is nie. Dis eerder diep in die Roomse tradisie ingeburger en deel van die Roomse dwaling om vir dooies te bid. Dis onbybels. Die oomblik as ʼn mens sterf, is sy lot verseël en kan geen gebede iets daaraan doen nie.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 13
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 13:1-9 Hierdie gelykenis skilder ’n prentjie wat enigeen in Palestina sou kon verstaan. Ons sien hoedat Jesus die híér en die nóú gebruik om by die daar en die wanneer uit te kom. Dit het heel waarskynlik werklik gebeur dat daar ’n saaier besig was om te saai, terwyl Jesus besig was om vanuit ’n boot as sy kansel, vir die skare wat Hom gevolg het, te preek.
In Palestina was die saailande in lang, smal stroke. Die grond tussen die stroke was altyd ’n reg van weg vir enige verbyganger, en daarom was dit so vasgetrap deur ’n menigte voetgangers, dat dit so hard soos enige sypaadjie was. Die saaier het op en af geloop en die saad wyd gestrooi so ver as wat hy geloop het. Wanneer die wind gewaai het, het dit die saad op ander plekke as in die geploegde saailand laat val. Die saad wat op die harde pad geval het, kon op geen manier ontkiem nie.
Iets wat ook algemeen was in Palestina, was kalksteenrotse onder die grond. Daar was dan ’n dun grondlaag oor die rotse, en saad wat daarop geval het, het maklik ontkiem. Omdat die vlak grond maklik uitgedroog het van die hitte, kon dit nie genoeg voeding aan die plante se wortels bied nie en daarom het dit doodgegaan.
ONS KENNIS VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
2 Pet. 3:1-18
“Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.” (:18).
Geliefdes, wat ‘n kosbare skat lê daar nie vir ons in hierdie teksvers nie! ‘n Opdrag dat ons moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker. En hoe nodig het ons nie om hierdie opdrag vandag te hoor nie. Dit nie alleen te hoor nie, maar ook werklik ter harte te neem!
Dit is nie net kommerwekkend nie, maar ook hartverskeurend om van die gebrek aan kennis van God onder ons volksgenote kennis te neem. Die jeug sal vir jou sonder moeite kan vertel watter akteur in watter nuwe film te sien is. En die sportgeesdriftiges sal vir jou sonder moeite die name van elke span se speler kan gee. Maar dit raak bykans die uitsondering om ‘n kind raak te loop wat vir jou foutloos die Bybelboeke kan opnoem. Hoeveel kinders weet waar in die Woord van die HERE die Wet van onse HERE opgeteken is? En waar sal ons die Onse Vader kan gaan lees?
TOT HIERTOE HET GOD GEHELP
Ds A.E. van den Berg
“Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen en dit Ebenhaeser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp” (1 Sam. 7:12)
’n Mens leer uit jou foute, so lui die gesegde. Dis hoe ‘n mens in die lewe vorentoe beweeg; so ook ’n volk. Die grootste fout is om nie uit jou foute te leer nie, want dan misluk jy. ’n Mislukking is ’n fout wat nie reggestel is nie.Sommige mense/volke stel foute onmiddellik reg; ander neem baie jare om dit te doen!
Oud-Israel het so ’n fout gemaak maar dit eers 20 jaar later, na baie ontberings, tydens ’n keerpunt in hul volkslewe reggestel. 1 Sam.17 vertel die verhaal van hierdie keerpunt in hul lewe. Israel was aan hul aartsvyand, die Filistyne, onderdanig nadat hulle die ark van die verbond tydens ’n oorlog aan hulle afgestaan het. Israel was gebroke en “die hele huis van Israel het agter die Here aan geweeklaag” (:2).
KERSBOODSKAP
Is jy skoon?
Ds A.E. van den Berg
“Toe sê die Here vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie” (1 Sam.8:7).
Kerstyd is ’n tyd van blydskap en vreugde want ons herdenk God se koms na die aarde in Christus Jesus, onse Here. Dis egter geen ydele blydskap nie, maar iets anders; ’n blydskap wat ’n mens nederig maak, want dis die verhaal van ’n Koning wat teruggestaan het. God het in Christus vir ons teruggestaan.
In die Ou Testament sien ons iets hiervan in 1 Sam.8 toe Israel God as koning verwerp en soos die heidenvolke ’n aardse koning bo Hom verlang het. God het hulle hul sin gegee en letterlik vir ’n aardse koning teruggestaan. Dit was ’n hartseer stuk geskiedenis in Israel se volkslewe met bittere gevolge vir die volk.
Israel wou nie verder onder God vry wees nie, maar eerder slawe wees. Ons ken die verhaal hoe God hulle na 400 jaar van slawerny uit Egipte verlos en vry gemaak het deur aan hulle die beloofde land te gee. Dit was egter katastrofies want i.p.v. voor God te buig, het hulle voor afgode gebuig soos aan die voet van Horeb met die goue kalf gebeur het toe Moses te lank weggebly het.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 12
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Hierdie hoofstuk van Matteus vertel vir ons van ’n tyd in Jesus se lewe wat baie belangrik was in sy bediening op aarde. Ons sien dat die ortodokse Joodse leiers finaal gewys het dat hulle Hom verwerp. Dit was nie net ’n verwerping waarin hulle niks met Hom te doene wou hê nie. Dit het duidelik geword dat hulle Hom wou elimineer. Ons sien ook in hierdie hoofstuk hoedat Jesus die vyandigheid teenoor Hom, op vyf verskillende maniere hanteer het:
- Hy het hulle getrotseer sonder om enigsins terug te deins. Hy het die man met die gebreklike hand genees – nie in ’n hoekie nie, maar tussen ’n skare in die sinagoge (Matt 12:9-14). Die Fariseërs was teenwoordig om alles te sien.
- Jesus het hulle gewaarsku (Matt 12:22-32). Ons sien in hierdie verse dat Jesus nie op die verdediging was nie, maar op die aanval. Hy het vir hulle gesê dat as hulle nie vir Hom is nie, dan is hulle teen Hom (Matt 12:30).
- Jesus maak ’n hele aantal verstommende aansprake oor Homself: Hy is groter as die tempel – en vir die Jode was die tempel die heiligste plek op die hele aarde (Matt 12:6). Hy is groter as Jona – en vir die Jode het niemand nog ooit bekering so goed gepreek as Jona nie (Matt 12:41). Hy is groter as Salomo – en vir die Jode was daar niemand nog ooit so wys as Salomo nie (Matt 12:42).