Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word – Jes 30:15
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 24
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Inleidend
Ons het reeds gesien dat dit een van Matteus se groot vermoëns en talente was, om groot hoeveelhede inligting te versamel en dit te orden en te rangskik. In hoofstuk 24 kan ons sien dat hy alles wat Jesus oor die toekoms gesê het en ook die toekomsprofesieë wat Hy uitgespreek het, bymekaar gevoeg het. Omdat hy egter nie seker was presies watter profesie op watter gebeurtenis van toepassing is nie, is dit vandag vir ons effens moeilik om hierdie hoofstuk te verstaan. Dit is makliker wanneer ons dit indeel:
- In verse 1 tot 2 verwys Jesus na die vernietiging van Jerusalem en die tempel wat tot op die grond afgebreek sou word. Verse 15 tot 22 vertel vir ons van die verskriklike tyd toe die beleg van Jerusalem deur die Romeinse generaal, Titus, in 70 n.C. plaasgevind het. Dit was een van die ergste gebeurtenisse in die Jode se geskiedenis.
GEBED VIR DIE WEEK
Dankie Here vir die voorreg om U op hierdie Maandagoggend in gebed te mag aanroep en te weet dat gebed die grootste koordlose skakeling denkbaar is. Al beland ons in die diepste put styg ons gebede tot in die hoogste hemel op omdat geen afstand so kort is soos dié tussen ons en U nie.
Gebed is die asem van ons siel waarsonder ons nie kan leef nie. Wanneer ons bid, is dit soos ʼn hek wat na die hemel oopgaan en ons op hoër geestelike grond plaas. Laat ons nooit vergeet om vir mekaar te bid nie, ook vir ander mense as ons niks anders vir hulle kan doen nie.
Verfris ons siele met die lewensgeur van gebed en laat ons ons seëninge met dankbaarheid omsoom sodat dit nie uitrafel en ons u hand nie meer daarin gewaar nie. Laat die blydskap oor ons verlossing in Jesus Christus soos goddelike grimering op ons gesigte wees en laat die sonlig van u goddelike beloftes hierdie week oor ons doen en late skyn.
Amen
ʼn ONMISBARE VERHOUDING
Ds A.E. van den Berg
“Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef... My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie... U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!”(Ps.139:13-17).
Niemand het iets belangriker in die lewe nodig as ʼn verhouding met God nie. Alle ander dinge is ondergeskik daaraan. Ons verhouding met God begin met ʼn besef dat Iemand ons gemaak het. Ons het nie onsself iewers in die buitenste ruimte gemaak en op ʼn dag op die aarde verskyn nie. In Ps.139 sê Dawid dat Iemand anders hom gemaak het; dieselfde Persoon wat die ganse mensdom gemaak het. Paulus sê vir die Atheners:
“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het” (Hand.17:26)
WANT UIT HOM IS ALLE DINGE
Hannes Ollewagen
Rom. 11:33-36
“Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (:35&36).
Geliefdes, ons behoort onsself meer gereeld aan hierdie waarheid te herinner. Ja, die feit dat alles in die heelal en alles rondom ons uit Hom en deur Hom is, is ‘n uiters belangrike saak wat ons heeltemal te maklik uit die oog verloor. En dit is juis wanneer ons nie hierdie waarheid in ag neem met ons besluite in die lewe nie dat ons verkeerde besluite maak en ook dikwels die verkeerde koers in die lewe inslaan.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 23
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Wanneer ’n persoon normaalweg kort van draad is en ander mense uittrap, dan dra sy woorde gewoonlik nie veel gewig nie. Met Jesus is dit presies die teenoorgestelde en daarom is sy woorde verstommend inspirerend, wanneer Hy so kwaad word vir die Fariseërs en die skrifgeleerdes. Dit sal baie help om te verstaan as ons net kortliks kyk na dít waarvoor hulle gestaan het.
Die Joodse geloof is gebaseer, eerstens op die tien gebooie, dan op die Pentateug, en dan op die wet. Die Jode was bekend as ’n volk met ’n wet. Soos enige ander nasie, het hulle ook daarvan gedroom om groot hoogtes te bereik, maar hulle geskiedenis het anders verloop. Hulle is deur die Assiriërs, die Babiloniërs en die Perse oorwin. Dit was duidelik dat dit nie deur politieke mag sou gebeur nie, en daarom het, nadat hulle teruggekeer het uit ballingskap onder Esra, ’n skrifgeleerde, daar ’n nasionale toewyding aan wetsonderhouding ontstaan (Neh 8:1-8). Van daardie tyd af het die bestudering van die wet vir hulle die belangrikste beroep geword wat daar kon wees.
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, ons leef in ʼn gemeenskap wat aan geen mens aanstoot wil gee nie, maar nie skroom om U aanstoot te gee nie. Hulle weet nie weet Wie U is nie! Gevolglik dank ons U vir medegelowiges wat U ken en eer en wat aan U glo soos aan die son daarbuite, nie omdat hulle U sien nie, maar omdat hulle in U lig leef.
Maak ons liefdevol teenoor liefdelose mense en vergewensgesind teenoor hulle wat nie wil vergewe nie. Roep ons deur u Gees tot selfverloëning op sodat ons nie onsself sal verhef en die eie ek ten toon stel nie. Seën ons met ʼn vaste geloof wat stewig op die grond staan en in die rigting van die hemel loop.
Verhoed o Here, dat ons wil leef asof geld en gemak die hoofdoel van die lewe is. Laat ons eerder vir die dinge ywer wat nie met geld gekoop kan word nie; dinge van die ewigheid wat ons hemelwaarts wink en ons siele met die nuwe lewe in Christus laat opbruis. Mag u grootheid hierdie week in ons nederige afhanklikheid van U skitter!
Amen
SLUIT AAN BY DIE VRYHEIDSKONVOOI!
Die Kanadese "Freedom Convoy" het op 29 Januarie 2022 Ottawa begin intrek en voor die Parlementsgebou bymekaargekom. Volgens The New York Times is die manne omgekrap omdat ‘n nuwe regulasie bepaal dat alle vragmotorbestuurders wat van die Verenigde State terugkeer, bewys van “inenting” moet toon. En die afgelope dae het ander Kanadese wat omgekrap is oor die Plandemie by hulle aangesluit.
Private motors en bakkies het die swaar vragmotors wat die konvooi in sy eerste dae uitgemaak het, grootliks oortref. Gedurende Saterdag het die voertuie die strate in en om die Parlement volgetrek, waarvan die meeste vlae of tekens gedra het wat openbare gesondheidsmaatreëls wat met die plandemie verband hou, aan die kaak te stel.
Duisende betogers te voet, baie met handgemaakte tekens op hokkiestokke, het deur die geparkeerde voertuie en die stadigbewegende verkeer gedwaal of op die grasperk voor die parlement bymekaargekom. Hulle het hul nie veel gesteur aan Ontario se reëls wat sosiale afstand en maskers vereis by sulke oorvol buitelugbyeenkomste nie.
NUREMBERG 2 BEGIN
Dr Reiner Fuellmich, regsgeleerde en een van 'n groot groep regslui wat die psigopate en moordenaars waaronder Fauci en Bill Gates (wat die hele Covid-plandemie begin het en steeds in die lewe hou), nou voor die Nuremberg 2 verhore bring, lewer by die skakel hierbo sy openingsrede by die aanvang van die verhore. Bid asb dat hierdie verhore wat sekerlik baie maande en selfs jare kan duur, tot eer van die Here en die waarheid soos ons dit ken, sal eindig. Bid ook asb vir die lewens van hierdie prominente persone want vir die satan is dit niks werd nie en word die meeste mense wat die waarheid oor die Covid-sage in die publiek openbaar baie vinnig vermoor.
DRAAI TERUG NA GOD! (1)
(Outeur wil anoniem bly)
Aanmaningsbrief aan die nageslag van die burgers van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die nageslag van die burgers van die Republiek van die Oranje Vrijstaat. (Die Gelofte-volk)
Daar is ongekende verdeeldheid in ons land en tussen sy mense. Elkeen het ‘n eie opinie oor sake. Ons is verdeel in soveel kampe en soveel kerke...ag, selfs soveel Bybels. Ons is verdeeld oor definisies en beginsels. Ons is verdeeld oor die krisisse wat ons as volk in die gesig staar en ons is verdeeld oor die oplossings...
Daar word sinies geskerts dat die enigste keer wat die Boerevolk saamgestaan het was op die skip na Sint Helena... want, daar was nie plek om te sit nie.
C. Louis Leipoldt (1880 – 1947) sou later skrywe: “...My land is nie meer myne nie; My volk is doodgestry; My moed is nie meer heldemoed - O God, vergewe my! (uit sy gedig: “My nuwe vaderland” 1911)
Dis uiters ironies dat ons so verdeeld is terwyl ons geskiedenis van leuses op landswapens nie die gedagte aan eenheid wou laat vaar nie. Eens op ‘n tyd was die leuse vir ons land, die Zuid Afrikaansche Republiek (1857 – 1902):“eendracht maakt macht”, vir die Republiek van Vryheid (1884-1888): “Eendragt, regtvaardigheid en Liefde”. Later in Latyn vir beide die Unie van Suid-Afrika(1910-1961) en die Republiek van Suid Afrika (1961-1994) : “Ex Unitate Vires” (eenheid van krag) en na 1994 die onspelbare woorde waarvan die letters skynbaar:“!KE E: /XARRA //KE”,is (in ‘n Khoisantaal van die lXam-mense) wat na bewering “verskeie mense verenig”, beteken.
‘n KONINKRYK VAN GEREGTIGHEID
Hannes Ollewagen
Jes. 9:1-6
“Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors – tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.” (:5&6).
Geliefdes, laat ons saam met Dawid die HERE se lof uit Psalm 7:18 besing –
“Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.”
EINDTYD IN AMERIKA SIGBAAR
https://lovinglifetv.com/documentary-series-end-times-part-3-social-chaos-mike-adams/
Die hele wêreld is in 'n chaotiese toestand. En waar Amerika gewoonlik voor loop met alle verwikkelinge, gaan dit tans bitter sleg daar. Behoudendes word deur die liberales geteiken, met messe gesteek, en soms word die misdadiger toegesluit maar dieselfde dag vrygelaat net om nog 'n moord te pleeg. Liberales in Beverley Hills wat teen wapens gekant is koop nou wapens dat die biesies bewe! Die DA in Los Angelos het dit publiek bekend gemaak dat mense nie na LA moet kom nie want die polisie kan hulle nie beskerm nie. Die swart bevolking word opgesteek om blankes in die strate te vermoor en hulle slaag goed daarin. Die meeste jong gegradueerdes se breins is in die universiteite en kolleges uitgesuig en hulle tree soos swaksinniges op. Vir 'n enkele ete se geld oorhandig ouers hulle jong dogters aan die pedofiele van CNN, 'n nuusnetwerk bekend vir sy kinderhandel. Geskok? Daar is nog baie meer! Ouers verhuur hulle kinders aan enige seksorganisasies om geld te bekom vir 'n ete of twee. Daar bestaan geen moraliteit en beskawing meer nie; dit grens aan barbarisme. Die ontelbare leuens uit die satan wat sedert Covid aan die publiek opgedis is het mense so gewoond daaraan gemaak dat hulle vrygestel voel van alle verantwoordelikheid en betroubaarheid.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 22
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 22:1-14 Om hierdie woorde van Jesus goed te verstaan, moet ons dit nie as een gelykenis sien nie, maar as twee. In verse 1 tot 10 vertel Jesus ’n verhaal wat presies ooreengestem het met normale Joodse gebruike. Wanneer die uitnodigings vir ’n groot huweliksfees uitgestuur is, het dit nooit die presiese datum en tyd vermeld nie. Wanneer alles gereed was, is die slawe uitgestuur met die finale oproep dat die gaste die geleentheid moet kom bywoon. Die koning in hierdie vertelling, het dus baie lank gelede al sy uitnodigings uitgestuur. Dit het eers gebeur toe die finale oproep gekom het, dat sommige genooides die uitnodiging geweier het; en dit was baie swak maniere en ’n baie groot belediging vir die koning. Net soos in die gelykenis van die boere en die wingerd, is hierdie een ook ’n direkte aanklag teen die Jode. Hulle is die gaste wat baie lank vantevore reeds genooi is, en toe die tyd aangebreek het, geweier het om te kom, en die slawe mishandel en doodgemaak het. Die gevolg was dat God sy uitnodiging aan die nie-Jode gestuur het, wat nooit enige uitnodiging na sy koninkryk verwag het nie.
NUREMBERG 2
https://www.bitchute.com/video/NaxpRDFkOUch/
Hoe goed is Suid-Afrikaners ingelig omtrent die sogenaamde viruspandemie? Besef ons dat ander lande reeds besig is om voor te berei vir groot hofsake teen die psigopate wat die sogenaamde pandemie beplan het en uitvoer? Nee, seker nie, want die hoofstroommedia verswyg dit teen groot betaling!
Besef ons in hierdie mooi land dat die eintlike mag by ons, die burgers, lê om 'n einde te maak aan hierdie misdaad teen die mensdom? Dit is 'n handjievol superryk pedofiele en moordenaars wat daarin slaag om biljoene mense beangs te maak met hulle leuens oor 'n sogenaamde dodelike virus (waarvan 99% mense vanself herstel) en nou 'n dodelike inspuiting daarvoor moet kry!
In die video by bg skakel kan u sien hoe dokters en advokate voorberei vir die grootste hofsaak ná destyds se Nurembergverhore. Dit word reeds genoem Nuremberg 2 - hier gaan 'n paar misdadigers heltoe gestuur word want dit is waar hulle vandaan kom. Slegs instrumente van die satan kan doen wat hierdie mense nou doen. Dit is tyd dat dit gestop word! Word asseblief ingelig, wakker, en staan op teen hierdie onreg wat die mensdom aangedoen word!
GEBED VIR DIE WEEK
Hemelse Vader, ons buig hier aan die begin van ʼn nuwe week laag aan u voete, deeglik bewus van ons afhanklikheid van U. Ons weet nie wat die nuwe week vir ons gaan inhou of dit lig of donkerte, vreugde of hartseer gaan wees nie. Help ons as dit donker om ons sou word, om in die geloof aan te hou loop totdat dit lig word en nie ons negatiewe ervarings met ons lot te verwar nie.
Ons dank U selfs vir die minder aangename dinge in ons lewe wat die sout is wat ons benodig om ons lewe teen smaakloosheid te beskerm. Gee dat ons vreugde in ons dagtaak vind en ons optrede nooit ons woorde sal weerspreek nie. Laat ons positiewe optredes mismoediges aanspoor om nie moed op te gee nie en na die dag van more uit te sien. Ons het weens die verlossing in Christus alle rede om van kop tot tone een groot Halleluja te wees!
Maak ons hierdie week liefdevol teenoor liefdelose mense en vergewensgesind teenoor hulle wat onvergewensgesind is. Gee dat ons altyd soos kinders van die lig sal wandel, ongeag watter lig of skaduwee op ons lewenspad mag val.
Amen
DIE LEWE IS SOOS ‘N TREINRIT
Ds A.E. van den Berg
“Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien? (Ps.34:13).
Ons het almal iets in gemeen – ons lewe. Die lewe is ʼn gawe van God. Dis egter nie net maneskyn en rose soos koning Dawid diep bewus van was nie. Hy het die soet en die suur van die lewe geken; hoogtepunte soos sy troonbestyging maar ook laagtepunte soos toe hy tydens ʼn burgeroorlog vir sy eie seun uit sy paleis in Jerusalem moes vlug.
In Ps.34 aanvaar Dawid dat elke mens gelukkig wil leef. Gelukkige lewens bestaan egter nie uit die hoeveelheid jare wat ʼn mens leef nie, maar uit die gehalte van daardie jare. Dit kan of wys of dwaas deurgebring word.
JY IS NIE ALLEEN!
Ope brief aan diegene wat wys genoeg was om hulle nie met die COVID-19-gifspuit te laat opfoeter nie.
Jy is nie alleen nie! In Amerika alleen is daar 17,000 dokters wat met jou saamstaan. Wêreldwyd is daar duisende dokters wat wakker genoeg was om die waarheid in te sien, net soos jy. Vanaf 28 Julie 2021 het 70% Suid-Afrikaners hulle nie laat inspuit nie; 29% van die Kanadese het nie die gifspuit ontvang nie, en 'n bykomende 14% het net een gekry voor hulle oë en verstand oopgegaan het. In die VSA en in die Europese Unie is minder as die helfte van die bevolking volledig “ingeënt”, en selfs in Israel, die "wêreld se laboratorium" volgens Pfizer, bly een derde van die mense heeltemal “ongeënt”, ten spyte van die leuens wat die media verkondig.
Politici en die media het 'n eenvormige siening ingeneem en die oningespuites as sondebok voorgehou vir die probleme wat ontstaan het ná agtien maande van vreesskepping. Dit is tyd om die saak reg te stel.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 21
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 21:1-11 Met hierdie hoofstuk, betree ons nou die laaste dramatiese tydpek van Jesus se aardse lewe. Dit was tyd vir die viering van die Pasga, en Jerusalem en die hele omliggende gebied, was oorstroom deur reisigers wat spesiaal daarvoor gekom het. Dertig jaar na Jesus se kruisiging het ’n Romeinse goewerneur ’n sensusopname gedoen en vasgestel dat daar gemiddeld twee honderd en vyftig duisend lammers elke Pasga geslag is in Jerusalem. Elke lam moes deur ’n minimum van tien feesgangers, of selfs meer, geëet word. Dit beteken dat daar ’n minimum van twee en half miljoen Jode in daardie stadium in Jerusalem was. Alhoewel die Joodse wet bepaal het dat elke manlike volwasse Jood wat in, en binne vier en twintig kilometer van Jerusalem af gewoon het, verplig was om die Fees by te woon, het Jode van die verste uithoeke van die wêreld gekom om die grootste van hulle nasionale feeste by te woon.
GESEËNDE JONGDAE...
... BAAR GESEËNDE OUDAE
Ds Andrè van den Berg
Ouderdom is ʼn voorreg wat almal nie beskore is nie. Baie mense sterf jonk. Alhoewel ouderdom aan lewensjare gemeet word, word dit deur ʼn positiewe lewensingesteldheid bepaal en behoort mense ryper vir die lewe te maak. Ongelukkig laat sommige mense toe dat vader tyd en moeder natuur hulle te vinnig inhaal en word hulle in werklikheid oud voor hul tyd.
Die ouderdom is ʼn tyd waarin die mens na rus en vrede smag. Goeie jeugjare is hier onontbeerlik. Ons moet in die oggend van ons lewe al vir die aand daarvan voorberei. Wie sy lewe in sy jongdae nie in orde kry nie, slaag nie maklik op sy oudag daarin nie.
Roekelose jeugjare baar hartseer oudae. Wie die bloeisels in die lente van sy lewe afpluk, kan mos nie vrugte in die winter daarvan verwag nie. Die blare van ʼn roekelose jeug veroorsaak ʼn aaklige geritsel op die oudag. ʼn Jongmens wat ʼn sinvolle lewe lei, geniet feitlik altyd ’n onvernietigbare stuk somer in die winter van sy lewe.
Gelowiges moet met die verganklikheid van die lewe vrede maak. Geliefdes sal sterf. Ja, dis hartseer om met ʼn volgende hoofstuk aan te gaan en te weet dat die persoon in die vorige een nie daarin sal wees nie. ʼn Melkboer het gesê dat jy ’n koei net vir ʼn tyd lank kan hê, waarna jy net die melkemmer oorhou.
Ouderdom is ook voordelig. Al is jy nie meer op die verhoog nie, kry jy dikwels die beste sitplek in die gehoor en hoe ouer jy word, hoe meer mense glo wat jy sê. Al vernietig ouderdom skoonheid, vernietig dit gelukkig nie styl nie. Dit laat hoogstens plooie op die gesig maar nie op die hart nie.
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, ons is hartseer oor die ongebondenheid onder baie van volksgenote wat al as’t ware vir hulle ʼn tipe van godsdiens geword het. Ons bid vir kollegas, vriende en familielede wat weet waar verlossing van sonde bekom kan word, maar desondanks hul oë in ongeloof sluit. Ons bid ook vir hulle wat die fontein van die lewende water verwerp en hul geestelike dors op verkeerde plekke les. Laat hulle tot die besef kom dat die wêreld geen ware vreugde bied nie; net U alleen.
Gee ons die nodige genade dat as daar in hierdie naweek onaangename dinge op ons lewenspad kom, dit ons hoogstens mag ontstel maar nie bitter maak nie. Help ons om mekaar te vergewe soos wat U ons vergewe sodat ons nooit met die koue as van onvergewensgesindheid sukkel nie
Dankie vir U vrede in ons lewens sodat ons op die reënboë nie en op die donderstorms in ons lewe let nie. Gee ons die nodige geesteskrag om altyd vorentoe te beur al moet ons ook kruip. Laat ons lewe soos ʼn sonneblom wees; altyd met gesigte na die lig toe, U lig.
Amen
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 20
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 20:1-6 Hierdie gelykenis mag dalk klink na ’n storie wat uitgedink is, maar dit is nie die geval nie. Dit beskryf ’n gebeure wat heel dikwels in Palestina plaasgevind het. Wanneer die druiwe-oes ryp geword het aan die einde van September, dan het die reënseisoen aangebreek. Die oes moes baie vinnig ingebring word, anders kon dit groot skade kry. Daar was dus ’n geweldige gejaag teen tyd. Enige werker was welkom om te help, al kon hy net ’n uur se werk insit. ’n Denarius was die normale dagloon vir ’n dagwerker.
Die markplein was die plek waar almal wat werk gesoek het, met hulle gereedskap gaan wag het om in diens geneem te word. Die feit dat sommige tot vyf uur daar gestaan het, is die bewys van hoe desperaat hulle was om ’n bietjie geld te verdien. Hierdie huurlinge was die laagste klas werkers, en die lewe was vir hulle baie moeilik gewees. Slawe en bediendes was darem aan die families in wie se diens hulle was, verbind. Hulle was nie in gevaar om van honger te sterf nie. Met die huurlinge was dit anders. As hulle nie in diens geneem word elke dag nie, dan het hulle gesinne honger gely.