Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Goeie volksleier gee voorkeur aan burgerlike veiligheid omdat ‘n veilige volk ook ‘n gelukkige volk is. Hy is ‘n herder en nie ‘n laksman nie. Daarom slag hy nie sy skape nie, maar laat hulle eerder veilig wei.
AARDBEWINGS...
... EN ANDER NATUURRAMPE
Ds A.E. van den Berg
“Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke” (Mt.24:7).
Die eiland van Tonga is ongeveer ʼn 1000 seemyl van Nieu Seeland se noord-eiland af geleë en was op 14 Januarie vanjaar in die nuus toe ʼn vulkaan na ʼn aardbewing in die nabygeleë see uitgebars het. Die uitbarsting het langer as 12 ure geduur en tot 30 km hoog in die lug op. Niemand het dit verwag nie. Daar was nie eens ʼn waarskuwing nie. Alles het net skielik gebeur wat Tonga vir agt dae van die buitewêreld afgesny het.
Wanneer sal die wederkoms plaasvind? Niemand weet nie; net God. In Mt.24:3 vra die dissipels vir Jesus:
“Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld” .
Jesus gee vir hulle vyf van tekens wat dit vooraf sal gaan:
MILJOENE KANADESE IN OPSTAND
https://lovinglifetv.com/time-for-australian-truckies-to-take-the-lead-of-canadian-truckers/
Die inwoners van Kanada is nou moeg vir die leuens en onderdrukking deur hulle regering. Die Eerste Minister daar is soos alle lande se regerings deur die Geldmag omgekoop en is ongenaakbaar in sy korrupte optrede.
Meer as 50,000 trokbestuurders en duisende motoriste het besluit om 'n protesoptog na die Minister te hou en hom te konfronteer. Dit klink asof die Minister toe weggekruip het, vandaar dat hy nie meer Justin genoem word nie maar Justine...
Kyk gerus na die paar videos by bg skakel en verlustig u in die wete dat ons nie alleen staan in die waarheid nie. Daar is miljoene mense wat deur die hele plandemie gesien het en nou hand en tand veg vir hulle vryheid.
As die Kanadese in hul miljoene te midde van yskoue en swaar sneeu hulle protes kan laat hoor, hoeveel te meer kan Suid-Afrikaners met ons wonderlike klimaat nie opstaan en die ANC-regime laat verstaan dat ons nou genoeg gehad het van die sataniese plan om ons te vernietig nie!
CHRISTUS ONS VOORBEELD
Hannes Ollewagen
Joh. 13:1-20
“Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.” (:13-17).
Geliefdes, wat ‘n Voorbeeld! Die HERE verduidelik nie alleen aan sy dissipels wat Hy van hulle verwag nie, maar Hy demonstreer dit ook aan hulle. En dit is mos wat ons doen wanneer ons aan iemand ‘n taak verduidelik en baie seker wil maak dat hulle verstaan – ons wys vir hulle hoe dit gedoen moet word. Ons verwag dan ook dat hulle ons demonstasie noukeurig moet navolg omdat ons verwag dat hulle in die saak dieselfde resultaat as die leermeester sal behaal.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 19
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 19:1-9 Jesus hanteer in hierdie gedeelte ’n kwessie wat net soos vandag nog, ook in sy tyd ’n brandende vraagstuk was, naamlik egskeiding. Daar was geen ooreenstemmigheid oor hierdie aangeleentheid onder die Fariseërs nie, en hulle het voortdurend probeer om vir Jesus in sulke strydvrae te betrek. Daar was geen ander volk wat meer respek en ontsag vir ’n huwelik gehad het, as die Jode nie. ’n Huwelik was vir hulle ’n heilige verbintenis, waarin hulle nie ligtelik getree het nie. ’n Joodse man moes met ’n maagd, van goeie afkoms, trou. Hy mag nooit ’n ander man se vrou verlei het nie; en hy mag nie met ’n vrou getrou het wat ’n prostituut of ’n slavin was nie. As ’n man sy vrou daarvan wou beskuldig dat sy nie ’n maagd was toe hy met haar getrou het nie, dan moes hy bewys daarvan bring.
HOE BLOEDKLONTE VORM...
...met die gifinspuiting
Dr Sucharit Bhakdi, 'n afgetrede professor, mikrobioloog en spesialis in aansteeklike siektes en immunologie, wat saam met verskeie ander dokters en wetenskaplikes die organisasie Dokters COVID-etiek gevorm het, het onlangs verduidelik hoe die bloedklonte as gevolg van die sogenaamde inenting ontstaan.
In elke dosis van die Moderna COVID-19 entstof is 40 biljoen mRNA- of ook genoem boodskapper RNS-molekules.
Elke mRNS "pakket" is ontwerp om in u sel opgeneem te word, maar slegs 25% bly in u arm op die plek van die inspuiting. Die ander 75%, word deur u limfstelsel versamel en in u sirkulasie gevoer. Die selle waar mRNA geabsorbeer word, is dié rondom u bloedvate - die kapillêre netwerk, wat die kleinste bloedvate in u liggaam is.
As die mRNS geabsorbeer word in u vaskulêre endoteel – die binnekant van u kapillêre vate – gaan die "pakkies" oop en word gene vrygestel. Elke geen kan baie COVID-19 “spike”-proteïene produseer, en u liggaam begin werk met die vervaardiging van hierdie proteïene, wat in biljoene tel.
SNELWEG OF AFDRAAIPAD?
Ds. A.E van den Berg
“.... Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel ....“ (Jer.6:16)
Ons land verkeer tans in ʼn gesag– en sedelikheidskrisis soos nog nooit tevore nie. Die stygende misdaadsyfer en die gewelddadige aard daarvan getuig van ʼn gees van eiegeregtigheid, onverdraagsaamheid, selfsug, materialisme en grootskaalse korrupsie wat ons land beetgepak het.
Bybelse opdragte oor seksualiteit, menswaardigheid, gesinsverhoudinge, opregtheid, eerlikheid, betroubaarheid en verantwoordelikheid word geminag. Mislukte huwelike engesinsverbrokkeling is aan die orde van die dag; die
wrange vrugte van 'n samelewing wat God se Woord verlaat het.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 18
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Ons kan in hierdie hoofstuk sewe kenmerke uitken wat die persoonlike verhoudings van ’n volgeling van die Here Jesus raak:
- In verse 1 tot 4 sien ons wat Jesus sê van nederigheid. Slegs wanneer ons die nederigheid van ’n kind het, kan ons ’n burger van God se koninkryk wees. Persoonlike ambisie, prestasie, belangrikheid ensovoorts, het nie ’n plek in ’n Chisten se lewe nie.
- In verse 5 tot 7 sien ons hoe groot ’n Christen se verantwoordelikheid teenoor ander mense is. Die grootste van alle sondes is wanneer iemand ’n ander persoon leer om te sondig, veral as dit ’n swakker of jonger broer of suster is.
WAAR IS ONS GEDAGTES?
Hannes Ollewagen
Ps. 94:1-23
“Die HERE ken die gedagtes van die mense – dat hulle nietigheid is.” (:11).
Geliefdes, hoe onbegryplik vir ons om te bedink dat daar vir die HERE absoluut niks, niks op hierdie aarde verborge is nie. Ja, ons diepste gedates is nie eers vir Hom verborge of ‘n geheim nie. God weet nie alleen wat in ons gedagtes omgaan nie, maar Hy hou ons gedagtes met belangstelling dop – Hy toets ons gedagtes!
“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (Ps. 139:23&24).
Die HERE verstaan dan ook beter as enigeen hoedat verkeerde gedagtes die mens se lewe beïnvloed – en bederf! Ja, sedert die vroegste tye van die mens se bestaan hier op aarde het die mens met hierdie probleem van verkeerde gedagtes te kampe gehad.
POLITIEK MAAK MENSE DOM
Ds. A.E van den Berg
“Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spr.14:12).
Sommige mense glo dat politieke mislukkings hoofsaaklik aan oningeligte kiesers te wyte is en dat beter inligting sinvoller politieke besluite sal oplewer. Dit werk ongelukkig nie so nie. Baie kiesers stem bewustelik teen die waarheid. Hulle weet wat waar is, aanvaar dit nie en stem blind lojaal vir ʼn bepaalde politieke party – die weg van die minste weerstand en om aansien in hul gemeenskap te verwerf.
Hierdie kiesers stem vir dit wat vir hulle voorgesê word sonder om vas te stel of dit feitelik korrek is. Hulle hoor die waarheid, besef die nut daarvan maar glo nogtans die leuen. Die invloed wat welsprekende misleiers op mense het wat geen snars van politiek weet nie, is vir enige land rampspoedig.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 17
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 17:1-8 Die wonderlike tyd wat Jesus saam met sy dissipels deurgebring het in Sesarea Filippi, word nou opgevolg deur hierdie hoogtepunt van verheerliking op die berg. Ons is nie seker op presies watter berg dit plaasgevind het nie, maar dit moes heel waarskynlik teen die hange van die pragtige en statige Hermonberg gebeur het. Dit was heel moontlik nag gewees, want Lukas vertel vir ons dat die dissipels aan die slaap geraak het (Luk 9:32). Die volgende dag het hulle van die berg afgegaan, toe die vader van ’n seun met epileptiese aanvalle, hulle ingewag het (Luk 9:37).
AUSTRALIË: DIE HELE KABAALVERHAAL
As u hierdie dokumentêre video oor Australië se ervaring en hantering van die Viruskabaal van die begin tot nou wil kyk, ruim 'n uur of so in en hou 'n paar sneesdoekies byderhand, want hier sal u die patriotiese stryd van die dapperstes in die volk met eerbied en waardering sien. Deur en te midde van elke inperking en drakoniese toegevoegde maatreëls soos deur die regime van Dan Andrews toegepas, het die nasionalisme vir hulle eie land en volk met weerstand teen die regime, gegroei tot 'n hoogtepunt waar hulle uiteindelik toegelaat is om vredevolle openbare protesoptogte te hou, en nie meer deur die polisie aangerand en doodgeskiet word nie. Dit is 'n verhaal wat in 'n fiksieboek hoort, tog is dit die werklikheid en die einde is nog nie in sig nie.
Wat ons behoort te weet is dat elke land min of meer dieselfde fasette en tragedies gaan beleef as gevolg van die Wêreldgeldmag se sug na mag en rykdom en dat ons nie moet dink die volle omvang hiervan kan ons nie tref nie. Ons kan wel bid en pleit dat ons Almagtige Vader in die hemel sy kinders in hierdie land daartydens sal beskerm en betyds tot ons redding sal kom.
Indien die bg skakel in WA nie as skakel werk nie, gebruik eers www.gelofteland.org as skakel en kliek dan op die webblad op die lang skakel hierbo.
NUUTSTE WAPEN: WATERBOTTELS!
As dit nie so snaaks was nie kon 'n mens maklik daaroor huil want hierdie gebeure verteenwoordig die algemene wyse waarop ons arme land "bestuur" word.
Die stadsraad van Johannesburg het glo verlede week 'n raadsvergadering gehou wat so hande uitgeruk het dat die swart lede mekaar met waterbottels begin gooi het. Die verwoesting was van so 'n aard dat die vergadering na hierdie week uitgestel is. Die res is eintlik voorspelbaar: daar was hierdie keer nie bottels water by die sitplekke nie aangesien "bottels water 'n gevaarlike wapen is". 'n Mens kan veronderstel dat enige voorwerp in hulle hande 'n gevaarlike wapen kan word...
En toe besluit die raadslede om te loop want hulle kan nie vergadering hou sonder bottels water nie!
As dit nie so laat in die dag was nie sou 'n mens wou uitroep: Red nou 'n land met so 'n bestuur!!
DIE GAWES UIT SY HAND
Hannes Ollewagen
1 Tim. 6:3-21
“Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam, en vir hulle 'n skat weglê, 'n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.” (:17-19).
Geliefdes, gee tog ag op die kosbare lering uit die Woord van die HERE. Hy leer ons so ‘n kosbare les rondom die hantering van die gawes wat ons uit sy hand ontvang. In ons teksgedeelte handel dit hoofsaaklik oor hoe ons rykdom behoort te hanteer wanneer Hy dit aan ons skenk.
COVID-KONSENTRASIEKAMPE NOU OOK IN AMERIKA
Eers was dit Australië waar dié kampe lankal in gebruik is. Duisende mense sterf daar en ons hoor dit nie in die hoofstroommedia nie, wat kop in een mus met die Geldmag is, maar daar is reeds talle video-materiaal wat dit bevestig. Nou lê Demokrate in die staat Washington 'n wetsontwerp voor, WAC 246-100, wat "gesondheidsbeamptes" (Demokratiese Gifstof-Gestapo) sal magtig om enigiemand met 'n vuurwapen te oorweldig en in die covid-konsentrasiekampe te gooi. Die mense wat onder hierdie tirannieke reël geteiken word, hoef geen tekens van siekte of infeksie te toon om uit hul huise en gesinne geruk te word nie.
ERVAAR JY WARE GELUK?
Ds A.E. van den Berg
“Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele”(Mt.5:3).
ʼn Leraar se intreepreek sê baie van sy voornemende prediking in ʼn gemeente. Jesus het ook so ʼn preek gehadwat die basis van sy bediening gevorm het nl. die Bergrede. Hy begin die preek met die woorde:
“Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele”.
Wat beteken arm van gees? Om tot die besef te kom dat jy volkome afhanklik van God is. Die woord arm beteken meer as om bloot hulpbehoewend te wees. Dit dui op 100% afhanklikheid van God.
NOODTOESTAND VERLENG
https://lovinglifetv.com/the-real-reason-the-state-of-emergency-is-renewed-in-south-africa/
Die ANC-regime het die "Stae of Emergency" met voorlopig nog 'n maand verleng. Dit sal ook nie net by 'n maand bly nie want as hierdie sogenaamde noodtoestand opgehef word is die tyd vir die gifinspuiting verby omdat daar dan geen rede daarvoor is nie, en dit mag volgens die Geldmag nie gebeur nie. Gaan luister gerus by bg skakel wat dr Robert Malone, gerespekteerde wetenskaplike, daaroor te sê het.
NEE VIR?...
...vir Bybelgegronde teologiese opleiding!
Ds. A.E van den Berg
“Een duiwel in die kerk is meer werd is as ʼn duisend daarbuite!”
Die NG Kerk se algemene kuratorium wat oor studente se teologiese opleiding toesig hou, het onlangs gesê dat teologiese studente wat by die APKerk of Gereformeerde Kerk se teologiese akademies opgelei is nie in die NG Kerk beroepbaar sal wees nie. Die NG Kerk se opleiding gee bewustelik voorkeur aan swart teologie, bevrydingsteologie en feministiese teologie. Dit, saam met verskeie dosente se eiesinnige teologiese sienings, maak van die kerk se teologiese opleiding ʼn speelgrond vir dwaalleer.
Die NG Kerk se probleem met die APK is dat hul teologiese uitgangspunt eksklusiwiteit vir blankes is. Die Gereformeerde Kerk daarenteen laat weer nie vroue tot die amp toe nie terwyl meer as 50% van die NG Kerk se huidige teologiese studente vroue is.
DIE R1,35 MILJOEN PARTYTJIE
- The R1.35 million party in South Africa the host did not even attend
Gaan kyk hoe lyk 'n R1,35 miljoen partytjie. Die storie dat swartes minderbevoorreg is en so swaarkry geld net vir 'n deel van hul bevolking terwyl die res geld teen die mure uitstrooi.
DIT IS TYD
- It’s time – message to the world – prepare to rise up against tyranny
Kyk na hierdie video en sien hoe 'n nasie saamstaan teen die tirannie van hul regering.
GOD SELF SLUIT SOMMIGE SE OË
Collette Martin, 'n praktiserende verpleegster wat reeds sewentien jaar in die VSA in hospitale werk, het vroeër hierdie maand tydens 'n Louisiana Health & Welfare-verhoor gepraat oor wat sy tydens die COVID-plandemie in die hospitaalstelsel gesien het.
Collette sê sy en haar kollegas het angswekkende reaksies op die COVID-gifinspuitings gesien, maar hul kommer oor die ‘entstowwe’ word geïgnoreer.
Collete het vertel dat databasisse vir entstofbeseringsverslae soos VAERS so min gebruik word dat die meeste dokters en verpleegkundiges nie eers weet dat dit bestaan nie, wat nog te sê hoe om 'n verslag in te dien.
“Die meerderheid van ons verpleegsters, verpleegbestuurders en sommige dokters weet nie eers wat VAERS is nie. Ek het met ons hoof-medisynebestuurders en ander verpleegkundiges gepraat oor hoekom ons nie aan VAERS rapporteer nie, en die mees algemene reaksie is: ‘Wat is VAERS?’.”