Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Eerbaarheid is ‘n vuur wat aangesteek is en maklik aan die gang gehou word. As dit egter eers geblus is, kry ‘n mens dit moeilik weer aan die gang. Dis soos fyn porselein wat maklik breek en nooit weer na wense heg nie.
HOE DIEP IS ‘N ROMMELHOOP DAN?
Suid-Afrika het sy plek in die wêreld as misdaadhoofstad waarlik verdien. Ons het ‘n nuwe status bereik met 6 163 moorde per kwartaal, die hoogste ooit. Dit is duidelik dat die publiek geen beskerming van die polisie kan verwag nie en op hul eie veiligheidsmaatreëls aangewese is.
In die afgelope tien jaar het moorde in Suid-Afrika met ongeveer 75% gestyg.
Die laaste van die goed opgeleide polisielede uit die ou bedeling, kom nou in aanmerking vir pensioen of vervroegde pensioen. Meer nog, die polisie is gretig om van die lojale ou garde ontslae te raak, want daar is planne om die vervroegde pensioen van 55 jaar tot 50 jaar te verlaag.
WANNEER DIE BESTEL IN DUIE STORT
Andries Breytenbach
Wyle mnr. Jaap Marais het dikwels voorspel dat die politieke bestel waaronder ons land sedert 1994 gebuk gaan, in duie sal stort. Wanneer dit gebeur, sal dit gepaard gaan met geweld en dan sal daar “nuwe” grense getrek word — langs etniese lyne. Daardie tyd moet ons volk gereed wees om ons grense af te baken.
Wat presies word bedoel met “die bestel sal in duie stort”? Ons sien en hoor daagliks hoe die land agteruitgaan: die staatskorporasies, paaie, munisipale dienste. Dorpe sit dae lank sonder water, kort-kort verduur ons beurtsonderkrag, die land se geld is op, die fiskus is leeg gesteel, en dies meer.
Daar gaan letterlik nie ʼn dag om wat daar nie op een of ander plek betogings teen “swak dienslewering” plaasvind nie. Die betogings gaan telkens met geweld, brandstigting, vernielsug en ontwrigting van ander mense se lewens gepaard.
AS KINDERS ONTSPOOR
Nalatige doopbeloftes
Ds. A.E van den Berg
ʼn Volk se krag hang ten nouste van die gehalte van sy gesinslewe en geseënde kinderopvoeding af. Ongelukkig beland al hoe meer jongmense vandag in tronke. Een van die redes hiervoor is nalatige doopbeloftes. Die meeste ouers glo dat hul doopbelofte verval as kinders die ouerhuis verlaat terwyl dit ʼn lewenslange verantwoordelikheid is.
Baie mense sê dat hulle gelowiges is, maar laat met hul kinderopvoeding God’s water oor God’s akker loop. Hulle het met hul doopbelofte vir God gelieg en is derhalwe aan die ontsporing van hul kinders aandadig. Mense wat vir God lieg, kan uiteraard nooit opreg met mense wees nie.
Omdat die ouerhuis die smidswinkel is waar lewenswaardes op die aambeeld van die lewe gevorm word, eis God van ouers om hul kinders in sy vrese op te voed. Wie dit nalaat, kweek slim duiwels, maar sien nie die duiwels van hul eie skeppings raak nie. Talle ouers maak so ʼn mislukking van kinderopvoeding dat hulle vir die res van hul lewe daaronder ly!
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 6
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Inleidend tot Matteus 6:1-18 In hierdie eerste agtien verse word ons gekonfronteer met ’n baie belangrike vraag, naamlik: “Wat sê Jesus vir ons oor beloning in die lewe van “ ’n Christen?” Hy noem drie maal dat God diegene gaan beloon wat vir Hom dié soort diens lewer wat Hy begeer (verse 4; 6; 18). Hierdie kwessie is so belangrik, dat dit nodig is om dit eers te ondersoek voordat ons voortgaan om hoofstuk 6 in fyner besonderhede te bestudeer.
Daar is deur die eeue dikwels deur kerkvaders beweer dat beloning geen plek in die lewe van ’n Christen het nie, en dat ons moet goed doen ter wille daarvan dat ons gered is. Hierdie siening klink baie edel en vroom, maar dit is nie die siening wat Jesus gehad het nie. Hy het gesê dat die regte manier van vrygewig wees, bid en vas, alles vir ons loon sal besorg. Hierdie is geensins die enigste geleentheid waar Jesus sy dissipels hieroor geleer het nie. In Matteus 5:12 sê Hy dat hulle bly en verheug moet wees wanneer hulle ter wille van Hom beledig en vervolg word, want hulle loon in die hemel sal groot wees. Elkeen wat aan ’n onbelangrike persoon ’n beker water gee omdat hy ’n dissipel van Jesus is, sal beloon word (Matt 10:42). Die betekenis van die gelykenis oor die muntstukke in Matteus 25:14-30, gaan gedeeltelik daaroor dat ons vir getroue diens, beloning sal ontvang. In die gelykenis oor die laaste oordeel, is die lering ook baie duidelik dat ons beloning, of straf, sal ontvang wat betref ons reaksie teenoor die nood van ander mense (Matt 25:31-46).
BLIND VIR DIE WAARHEID
Politiek kan mense dom maak
Ds. A.E van den Berg
“Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spr.14:12).
Sommige mense glo dat politieke mislukkings hoofsaaklik aan oningeligte kiesers te wyte is en dat beter inligting sinvoller politieke besluite sal oplewer. Dit werk ongelukkig nie so nie. Baie kiesers stem bewustelik teen die waarheid. Hulle weet wat waar is, aanvaar dit nie en stem blind lojaal vir ʼn bepaalde politieke party - die weg van die minste weerstand en om aansien in hul gemeenskap te verwerf.
Hierdie kiesers stem vir dit wat vir hulle voorgesê word sonder om vas te stel of dit feitelik korrek is. Hulle hoor die waarheid, besef die nut daarvan maar glo nogtans die leuen. Die invloed van welsprekende misleiers op mense wat geen snars van politiek weet nie, is vir enige land rampspoedig.
MEDIA UIT DIE HEL!
Die media se hande is propvol bloed. Die tyd toe hulle die waarheid net doodgeswyg het is nou verby; die arrogansie waarmee hulle deesdae openlik lieg oor alles wat die Geldmag hulle voorskryf is duidelik die werk van die satan. Ons kan in die volgende maande geweldige en selfs gewelddadige optrede van hulle verwag soos gister in Amerika duidelik hulle aanvoorwerk was.
Gister in Waukesha, WI, in die VSA, het ’n versteurde Swart man, duidelik deur die linkse media aangehits, sy sportnutsvoertuig teen hoë spoed deur ’n skare Blanke kinders en volwassenes geploeg wat besig was om ’n Kersparade te hou.
Sover is vyf mense dood, 40 beseer en sommige mag ook nog sterf as gevolg van ernstige beserings. Die toneel was glo afgryslik. Dit wys dat CNN en ander linkse media "journo-terroriste" daarin slaag om hulle rasse-oorlog-narratief met mening te dryf. Hulle probeer om Swartes en Blankes te kry om mekaar met geweld aan te val sodat hulle Amerika in massageweld en chaos kan laat uitbars.
SKADE EN SKANDES VAN ESKOM
Almat weet teen hierdie tyd dat Eskom vanaf 1994 bietjie vir bietjie uitgesuig word. Daar is hope te veel werkers en hulle kry hope te veel salaris. Dan is daar ook die miljoene rande se brandstof wat maandeliks gesteel word. Toe kom André de Ruyter en probeer sake regruk deur diegene wat daar sit en kwaaddoen af te dank. Wat gebeur daarna? Daar is nou telkens ‘n sabotasievoorval waar die afgedanktes Eskomstasies so vandaliseer dat dit telkens die stasie tot stilstand bring. Eskom kan nie meer lank so aangaan nie. As ‘n vaatjie wyn deur so baie strooitjies leeggesuig word sonder dat iemand dit weer aanvul moet dit een of ander tyd leeg raak.
Beurtkrag het weer 'n daaglikse deel van die lewe vir Suid-Afrikaners geword. En afgesien van die ongerief wat dit veroorsaak, is daar ook kommer oor die impak op elektriese en elektroniese toestelle. Ons kan amper nie bereken hoeveel skade dit meebring nie. Selfone, geysers, dekodeerders, modems, hekmotors en ander toestelle word sleg hierdeur beïnvloed.
Volgens energiekenners verskil die uitwerking van beurtkrag aansienlik van een tipe toestel tot die ander.
DIE “MAAR” IN JOU LEWE
Ds A.E. van den Berg
“..... en die man was ʼn dapper held, maar melaats” (2 Kon.5:1).
Die lewe is relatief kort. In Ps.90 skryf Moses:
“Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ’n gedagte” (:9).
Ons kry net een kans om te lewe en moet gevolglik die beste daarvan te maak. Niemand kan aan die lengte van sy lewe iets doen nie, slegs aan die diepte. Daarom maak dit nie saak hoe ons eendag sterf nie, maar hoe ons leef. God gee ons die lewe as ʼn kans om ons siel vir die ewigheid voor te berei.
Wie ’n goeie lewe in geloofsekerheid leef, verlaat dit sonder hartseer al was dit nie aldag maneskyn en rose nie. Ons leef in ʼn gebroke wêreld wat van sonde en siekte deurtrek is. Soms voel ons dit soos Naäman van ouds aan ons eie liggame: “...en die man was ʼn dapper held, maar melaats” .
Die woord maar is ʼn nare woord. Dit dui op iets wat ontbreek en jou van ware geluk, topprestasie en volle lewensontplooiing beroof. Talle beroemde mense het ʼn maar in hulle lewe gehad. Beethoven was ʼn uitstaande komponis, maar hy was doof. Milton was ʼn beroemde digter maar hy was blind. Paulus was ʼn baanbreker sendeling maar met ʼn gesondheidsprobleem (doring in die vlees).
STUDIEHANDLEIDING – MATTEUS 5 (d)
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 5:33-37
Dit is vreemd dat Jesus in sy bergrede telkens die Jode herinner aan dinge wat hulle reeds geweet het. Die Joodse leermeesters het altyd die belangrikheid daarvan beklemtoon dat ’n mens te alle tye die waarheid moet praat. Hulle het gesê dat daar vier soorte mense is wat uitgesluit sal word uit die teenwoordigheid van God, en dit is spotters, skynheiliges, leuenaars en skindertonge. Hulle het ook gesê dat die wêreld op drie dinge vas staan, en dit is geregtigheid, waarheid en vrede.
Hierdie woorde van Jesus veroordeel die persoon wat sweer dat iets die waarheid is, of ’n belofte maak in die Naam van God, terwyl dit vals, en nie die waarheid is nie.
In die tyd van Jesus was daar twee onaanvaarbare dinge wat gebeur het in verband met ’n eed. Die eerste is wat ’n mens die ligsinnige aflê van ’n eed kan noem. Dit is waarteen Jesus hier waarsku. ’n Mens se woord moet vertrou kan word, sy ja moet sy ja wees. Daar is nog ’n waarskuwing hierin sigbaar. ’n Mens moet nie God se heilige Name op ’n betekenislose en onvanpaste manier gebruik nie. Sy Naam is heilig en word vir heilige dinge gebruik.
VERGEWE MEKAAR
Hannes Ollewagen
Efésiërs 4:17-32
“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.” (:32).
Vergifnis – iets wat elkeen van ons so maklik wil ontvang en die meeste van ons tog so moeilik uitdeel. Almal van ons oortree tog een of ander stadium teen ‘n ander. Ja, hoe goed en mooi ons ookal probeer om die gebod van God na te kom en te onderhou, struikel ons maar dikwels. En wanneer ons die gebod van liefde teenoor ons naaste vir ‘n oomblik vergeet, doen ons gewoonlik iemand skade aan. Ons kom iemand te na. Ons maak iemand seer of stel iemand teleur. Ja, hetsy dit in woorde, deur ons optrede of selfs in sommige gevalle deur ons gebrek aan optrede is. Ek hoop dat ons kan sê dat die meeste van ons dan gelukkig op ‘n stadium oor ons verkeerde optrede skaam en berou kry. Maar hoe seer maak dit nie wanneer iemand opregte berou het oor sy oortreding, maar die ander party nie bereid is om te vergewe nie.
DIE TWEEDE BABILONIESE BALLINGSKAP
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Tydens die Babiloniese ballingskap (597vC) is duisende mense van Juda na Babilonin gevangenskapweggevoer. Dit was God se straf op Juda se volhardende sonde en minagting van die profete se herhaaldelike waarskuwings om hul van hul verkeerde weë tot God te bekeer.
In die OT was Babilon ʼn geografies aanduibare stad. In die NT is dit nie geografies nie maar die simbool van ʼn bose geestesryk. Babilon kom in die OT met die bou van ʼn toring ter sprake. Die Babiloniërs wou die hemel bestorm om vir hulle ʼn naam te maak (Gen.11). Daarna tree Babilon eers weer met die verwoesting van Jerusalem en die wegvoering van die inwoners in ballingskap in die prentjie.
Die Babiloniërs was hooghartig en het geglo dat hulle ryk vir ewig sou bestaan. God het hulle egter tot ʼn val gebring soos wat Hy deur Jesaja in hoofstuk 47 belowe het. Die geskiedenis vertel dat hierdie ryk baie vinnig geval en van die inwoners slawe van die Persiese veroweraars geword het.
EINDELIK BETEKEN SA GRONDWET IETS!
“Ek oefen my nie-afwykbare reg uit ingevolge Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996, soos Gewysig. Ek kies om nie 'n Covid-19-entstof te ontvang nie. Verder oefen ek my regte as 'n werknemer uit en herinner u aan Artikel 192 (2) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 66 van 1995, soos Gewysig, saamgelees met Bylae 8 van die Wet. As ek onregverdig afgedank word, sal ek die saak na die KVBA, Bedingingsraad indien van toepassing of die Arbeidshof verwys”.
The Sunday Independent het gewaag om in ‘n berig sake aangaande die Covid-inspuiting aan te bespreek – iets wat deur die hoofstroommedia soos die Groot Pes vermy word. Ons kyk in hierdie artikel na 'n paar punte daarin.
Covid-19-inspuitings is nie verpligtend in Suid-Afrika nie want dit is volgens die grondwet onwettig. Tog het sommige werkgewers begin om werknemers wat nie ingespuit is nie af te dank. Cameron Morajane, direkteur van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), het bevestig dat hulle verwysings ontvang het wat hulle gemerk het as sake van nasionale belang.
Verlede maand het die Arbeidsdepartement beslis dat maatskappye wat Covid-19-inspuitings verpligtend maak hul personeel en hul werkers sal moet vergoed indien hulle newe-effekte, siekte of dood weens die inspuiting ly. Hieruit gaan groot en baie hofsake spruit wat hopelik ander werknemers se oë sal oopmaak.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 5 (c)
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Inleidend tot Matteus 5:21-48
In hierdie verse kry ons lering van Jesus wat seker die heel belangrikste is in die hele Nuwe Testament. Hy praat hier met ’n outoriteit wat geen ander mens ooit sou droom om te doen nie. In Markus 1:20 lees ons dat die mense verbaas was oor die gesag waarmee Hy hulle geleer het. Ons kan ons nie indink hoe moeilik en skokkend dit vir die mense moes gewees het om na Hom te luister nie. Vir die Jode was die wet die mees heilige en goddelike iets wat ooit bestaan het. Elke byeenkoms in die sinagoge is met ’n ritueel begin. Die perkamentrolle waarop die wet geskryf was, is deur ’n persoon tussen die gemeentelede rondgedra, sodat elkeen sy eerbied aan die wet kan betoon.
Dit is hoe belangrik die wet vir die Jode was, en hier kom Jesus nou en haal die wet aan, maar spreek dit teë en vervang dit met sy eie lering. Hy wys die tekortkominge uit in die mees heilige geskrifte in die hele wêreld, en korrigeer dit met sy eie wysheid. Hy eien Homself die reg toe om die onveranderbare woord van God te verander. Kalm en sonder om enigiets te bevraagteken, doen Hy dit. Niemand het nog ooit so iets gehoor nie. Net één van twee dinge kon waar gewees het. Jesus was òf van sy sinne berowe, òf Hy was werklik die Seun van God.
Die verstommende ding van gesag, is dat dit selfbewysend is. Dit is soos ’n atmosfeer wat om ’n persoon is. So ’n persoon hoef nie aanspraak te maak op gesag nie, hy het dit of hy het dit nie. Jesus kon die hoogste menslike wysheid wat bestaan, korrigeer, omdat Hy is Wie Hy is.
GEEN SIMPATIE MET FW SE DOOD
Wat sê ‘n Afrikanernasionalis oor FW de Klerk?
By die afsterwe van FW de Klerk staan mens as Afrikanernasionalis eenvoudig verstom oor die soetsappighede en leuens wat nou oor hom verkondig word. En dan daardie stommerikke wat vertel ons moet die “dood” respekteer.Watter waansin!
Nasionalisme ken net een taal; die taal van reguit praat. En waar hy dan as ‘n politieke leier verantwoordelikheid aanvaar het vir ‘n ganse volk se toekoms, dan nog meer moet mens nie doekies omdraai oor wat sy handel en wandel vir ons tot gevolg gehad het nie.
FW de Klerk was waarskynlik die grootste verraaier wat hierdie volk ooit opgelewer het. En geen lofbetuiging deur deurtrapte liberaliste of ‘n Nobel-prys kan enigiets daaraan verander nie.
Hy het boonop vir die Blankes gelieg deur hulle “voorspoed en veiligheid” en “waarborge” te belowe. Hy het ook blatant in die parelement gelieg dat hy die uitslag van die onderhandelinge ná die referendum weeraan die Blanke kiesers sou voorlê vir goedkeuring. Hy het dus die mag aan die ANC-terroriste oorhandig sonder ‘n mandaat van die kiesers. Hy was ‘n Judasbok wat die Afrikaner van sy land ontneem en die wildernis ingelei het.
SAL U AAN SY MAALTYD DEEL Hê?
Hannes Ollewagen
Luk. 14:15-24
“EN toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.” (:15).
“Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.” (:24).
Geliefdes, ons word uit hierdie gelykenis herinner aan iets waarmee die mens deur die eeue heen tog so goed is – verskonings, verskonings, verskonings. Ons dink aan die eerste geskape mense – Adam en Eva. Adam wou homself verontskuldig met die verskoning dat Eva, die vrou wat God aan hom gegee het, hom tot sonde gelei het. Eva wou haarself weer verontskuldig deur aan die slang die skuld te gee. En hierdie eienskap het die mens tot vandag bygebly. Dink maar wanneer twee kinders baklei en deur hul ouers aangespreek word. Dit sal gewoonlik met iets soos die volgende begin – “Ja, maar hy/sy het dit of dat gedoen”. Die eerste reaksie is om ‘n verskoning tot verontskuldiging voor te hou. Dink ook maar aan kere waar mense vir hul oortredings aangekeer word. Hoe dikwels hoor ons nie mense se verskonings dat hulle moeilik opgegroei het, hulle honger was of een of ander verskoning waarmee die mens sy verkeerde en nalatige optrede probeer verontskuldig nie.
APOKALIPS IN WORDING
Mense word gedwing om hulle wapens in te handig of word nie verder lisensies daarvoor toegestaan nie en is daarna kriminele misdadigers indien hul dit behou. Intussen eskaleer plundering en daar is geen polisie of oppergesag van die reg om dit te keer nie. Nadat winkels leeg geplunder is begin die barbare om woonhuise met petrolbomme te bestook, brand af wat voor kom terwyl wapenlose inwoners nie hulle eiendom kan beskerm nie en vlug soos ‘n bok voor ‘n trop leeus uit voordat hy ingehaal word. Jy is op jou eie...
Klink dit bekend? Ja, ook Suid-Afrika sal só deurloop, net op baie, baie groter skaal as in Julie. Maar dit is wat op die oomblik in Amerika se sogenaamde ‘blou stede’ plaasvind. Dit is die stede wat onder die demokratiese party van Joe Biden val. Totale chaos deur doelbewuste pogings om die land tot ‘n val te bring is aan die orde van die dag. Regoor New York, Chicago, Seattle, Portland, Boston, St. Louis, Los Angeles en ander blou stede skiet voertuigkapings en rooftogte die hoogte in en winkelplundering vind selfs bedags plaas. Dit raak in so 'n groot mate buite beheer dat baie kleinhandelaars hulle winkels sluit.
DIE ZOMBIE-APOKALIPS HET BEGIN!
“Entstofpaspoorte” omskep nou die samelewing in 'n distopiese nagmerrie... mense wat gedwing word om soos voortvlugtiges te lewe.
'n Skokkende ooggetuieverslag van die lewe in Litaue – onder covid-paspoortreëls – het nou na vore gekom danksy 'n moedige individu wat daar verslag doen. Dit onthul 'n mediese polisiestaat wat heeltemal mal geword het. Dit is ook net een van baie lande wat reeds hierdie waansinnigheid bereik het.
Litaue, amptelik die Republiek van Litaue, is 'n land in die Baltiese streek van Europa. Dit is een van drie Baltiese state en lê aan die oostelike oewer van die Oossee. Litaue deel landgrense met Letland in die noorde, Wit-Rusland in die ooste en suide, Pole in die suide, en Rusland (Kaliningrad-oblast) in die suidweste. Litaue beslaan 'n oppervlakte van 65 300 km2 (25 200 vk myl), met 'n bevolking van 2,8 miljoen. Sy hoofstad en grootste stad is Vilnius; ander groot stede is Kaunas en Klaipėda. Litause behoort tot die etno-linguistiese groep van die Balte en praat Litaus, een van slegs 'n paar lewende Baltiese tale.
In Litaue het die druk van die Nuwe Wêreldorde reeds so ver gevorder dat oningespuite persone geen groot of klein winkel meer kan ingaan nie. Hulle kan nie meer brandstof ingooi nie en word alle mediese dienste verbied. Hulle mag ook nie meer hulle eie banksake behartig nie. Hulle is reeds besig om van honger te sterf en moet letterlik vir hulle lewens vlug.
VERRADER MONSTER!
Vandag, met die dood van F W de Klerk, die man wat Suid-Afrika op ‘n skinkbord aan hierdie korrupte swart regime oorhandig het sonder dat hy ‘n mandaat daarvoor gehad het, is daar net een boodskap van die Afrikanernasionalis aan hom:
Verrader monster, vloed der aarde,
Vernederend schepsel der natuur,
Gods wraak die uw tot heden spaarde
Verdelg uw eens deur de helse vuur.
Neen, Hy doet uw slechts bezeffen
Hoe verachtelik uwe daden zyn
Geen blikzemstraal kan sneller treffen,
Geen donder meer verschriklik zyn.
Dan zal uw ziel zich krimpend wringend,
Gevoelen wat haar waarde was.
Op de jongste dag die eens sal dagen
Zal men lezen op uw graf:
“Hier legt de vloek van vriend en maagd
Wat Vaderland de doodsteek gaf”.
JY IS NIE ALLEEN NIE!
Ope Brief aan die Ongeënte (namens ‘n groot aantal dokters geskryf)
Jy is nie alleen nie!
Vanaf 28 Julie 2021 het 29% van die Kanadese nie 'n COVID-19-inspuiting ontvang nie, en 'n bykomende 14% het een inspuiting gekry. In die VSA en in die Europese Unie is minder as die helfte van die bevolking volledig ingespuit, en selfs in Israel, die "wêreld se laboratorium" volgens Pfizer, bly een derde van die mense heeltemal oningespuit. In Suid-Afrika het slegs 26% inspuitings gekry waarvan ongeveer die helfte net een inspuiting ontvang het.
Politici en die media het 'n eenvormige siening ingeneem en die oningespuite sondebok gestraf vir die probleme wat ontstaan het ná amper twee jaar van vreesaanjaag en toesluitings. Dit is tyd om die saak reg te stel.
Dit is heeltemal redelik en wettig om 'nee' te sê vir onvoldoende getoetste spuitstowwe waarvoor daar geen betroubare wetenskap is nie. Jy het die reg om voogdyskap van jou liggaam te neem en om mediese behandelings te weier as jy dit goedvind. Jy is reg om 'nee' te sê vir 'n skending van jou waardigheid, jou integriteit en jou liggaamlike outonomie. Dit is jou liggaam, en jy het die reg om te kies. Jy het die reg om vir jou kinders te veg teen die massa-inspuitings op skool.
Jy word geteiken deur hoofstroommedia, regeringsveldtogte, onregverdige reëls en beleide, samewerkende werkgewers en die sosiale media-skare.
SABBAT OF SONDAG?
DIE TWEE GROOT VERLOSSINGS
Ds A.E van den Berg
Inleiding
Deuteronomium is die verhaal van hoe Israel deur God se leiding tot op die walle van die Jordaan rivier gevorder het; slaggereed om die beloofde land wat hulle beloof is, in besit te neem. Daar was egter ook voorwaardes:
“Luister dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel” (Deut.4:1,2).
Die Israeliete moes die Sabbat as ʼn dag van rus van hul arbeid eerbiedig. God het hul werksdae tot ses dae beperk. Dit het nie net vir die Israeliete gegeld nie maar ook vir vreemdelinge in hul midde.
Toe Israel in Egipte slawe was, is daar nie op ʼn rusdag aangedring nie. As die Egiptenare gerus het, het die slawe gewerk. God het Israel verbied om ook hul slawe op die Sabbat te laat werk soos wat met hulle as volk in Egipte die geval was. Die Sabbatsgebod het dit verhoed.