NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geloof is geen opium wat jou verblind en verdoof nie – geloof is harde werk. Dis om te dóén in plaas van net te sê. Dis om jouself prys te gee soos Christus gedoen het – maar dit maak jou gelukkig!

IS JY BANG VIR 2022?

Ds A.E. van den Berg

Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? .... want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het..... Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word(Mt.6:31-33).

Die jaar 2021 was ʼn moeilike jaar met baie vertwyfelings en onsekerhede wat gelowiges opnuut laat besef het dat die wêreld einde se kant toe staan en Jesus se wederkoms naby is. Wat die toekoms vir ons in 2022 inhou, weet ons nie. Al wat ons weet, is dat hierdie jaar teen 60 sekondes per minuut gaan plaasvind, ongeag wat mense doen. En dit maak mense bang vir die toekoms. En jy?

Elke jaar het twee handvatsels –een is vrees en die ander vertroue in God. Jy kies aan watter een jy 2022 gaan optel. In die gelese gedeelte (Bergrede)gee Jesus raad - tel 2022 aan die handvatsel van vertroue op. Die Bergrede is ʼn wonderlike Bybelgedeelte en ʼn handleiding vir gelowiges wat van 2022 ʼn goeie jaar wil maak. Jesus vra van gelowiges om nie oor die toekoms bekommerd te wees nie. Kommer lê ʼn mens lam en kan selfs lewens eis.

Ons weet nie wat 2022 vir ons gaan inhou nie; net God alleen. Die onsekerheid mag gelowiges egter nooit beangs maak nie. Die toekoms is God se terrein. Ons moet daaruit bly! Daarom sê Jesus dat elke dag genoeg aan sy eie kwaad het. Bepaal jou by die hede. As jou siel gered is, het jy geen rede om die toekoms te vrees nie. Moenie God wantrou en met jou lewe ʼn streep deur Ps.23:1 trek nie. Ongelowiges glo nie dat die Here nie hul Herder is nie; gevolglik gaan dinge hulle ontbreek.

Ons mag egter nie onverskillig met ons lewens omgaan nie. Ons is immers verantwoordelike mense en moet ook vir die toekoms beplan. Jesus waarsku egter in die gelese gedeelte teen spoke opjaag en die bobbejaan agter die berg te gaan haal. Let maar net op al die bangmaakstories oor die virus. Mense praat asof God nie in beheer is nie!

Jakobus praat hard met mense wat leef asof God geen bepalende faktor in hul toekoms is nie:

“Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak —julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ’n damp wat vir ’n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen” (Jak.4:13-15).

Moenie jou oor die toekoms bekommer nie. Kommer is ʼn nare ding. Dis soos ʼn wiegstoel wat jou iets gee om te doen, maar jou nêrens bring nie.Om alles te bekroon, neem kommer nie môre se sorge weg nie; dit dreineer vandag se krag.

Daar is min dinge wat ʼn mens psigies so uitput as kommer. Kommer laat meer plooie op ʼn mens se die hart as op sy gesig. Daarom is daar min vreugdes so groot soos kommerloosheid. Jesus is in beheer van die toekoms. Hou op om jou daaroor te bekommer.

Soet is die slaap van die arbeider ...” (Pred.5:11).

Om kommervry te wees, moet ons op ons pos in die koninkryk van God wees. Wat beteken dit? Dat ons ons beste vir die saak van die Here sal gee.

“Leer ons om ons dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom!” (Ps.90:12).

Wie so leef maak skatte in die hemel bymekaar. Paulus skryf:

“En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie” (Kol.3:23).

Ons moet in 2022 geloofslogika beoefen deur die beste van vandag te maak en more in God se hande te laat, selfs daardie dinge wat vir jou bykans onmoontlik gaan lyk. Abraham is ʼn goeie voorbeeld. God het hom gevra om sy seun te gaan offer. Dan lees ons:

“Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal ..... na die plek wat God hom aangewys het” (Gen.23:3).

Was Abraham oor die toekoms bekommerd? Hoe gaan hy ooit ʼn nageslag hê? Nee, hy was nie oor die toekoms bekommerd nie want hy het geglo dat dit in God se hande was en dat Hy sou voorsien soos wat dan ook gebeur het.

Paulus skryf:

” En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).

Jesus sê:

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mt.6:33).

Wat word bygevoeg? Die dinge waaroor ons vir die toekoms bekommerd is!

God is ʼn versorgende Vader:

Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie” (Mt.6:25,26).

Die toekoms (2022) is in God se hande. Heidene se pogings om gelowiges se lewens te ontwrig sal op God se bestemde tyd misluk. Luister na Ps.11:

As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën....Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien” (:3-7).

Die toekoms is so helder soos God se beloftes. Hy laat vaar nooit die werke van sy hande nie. Hy sê vir Josua wat Israel na Kanaän moet lei en nie weet wat die toekoms gaan inhou nie:

Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan” (Jos.1:9).

Al weet ons nie wat 2022 vir ons inhou nie, weet ons in Wie se hande dit is – in God se hande en in niemand anders s’n nie. Moenie huiwer om ʼn onbekende jaar aan ʼn bekende God toe te vertrou nie. Maak van hierdie jaar ʼn rustige leefruimte in jou lewe en nie ʼn pakkamer vol kommer en vrees nie.

Ek sluit met Ps.91 af:

“HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ’n skild en pantser.Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie.Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien”.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 452 gaste aanlyn