Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy alleen kan so maklik ander mense in die verderf inhelp òf hulle na Christus lei – iets waarvoor jy eendag verantwoording sal moet doen (Rom 5:19)
CDC SÊ PCR-TOETS IS ONGELDIG!
Dr. Kary Mullis, Nobelpryswenner en uitvinder van die RT-PCR, is in Augustus 2019 skielik oorlede nadat hy hom teen die gebruik van sy uitvinding om Covid op te spoor, uitgespreek het. "Die PCR is 'n proses. Dit sê nie vir jou dat jy siek is nie” was sy uitspraak. Net daarna sterf hy op ‘n geheimsinnige wyse.
Hierna kon die globaliste die RT-PCR-toestel sonder veel weerstand misbruik as instrument om ‘n kunsmatige pandemie gebaseer op miljoene vals PCR-toetse, geloofbaar te skep.
En wat gebeur nou? Vanaf 1 Januarie 2022, dit is more, trek die CDC in 'n versoek aan die FDA sy goedkeuring van die RT-PCR-toets terug. Die CDC erken dat die PCR-toets nie effektief onderskei tussen Covid-19 en Seisoenale Griep nie.
Die RT-PCR-toets, ruim gedokumenteer en ontleed deur talle wetenskaplikes, bespeur nou glo geen SARS-CoV-2 en sy variante nie. Nou toe nou! Dít, nou eers nadat daar feitlik twee jaar lank wyd en suid vertel is dat dr. Kary Mullis voor sy dood reeds gewaarsku het dat die PCR nie gebruik moet word vir virusopsporing nie. Is die Kabaal se wiele besig om af te val? Begin hulle dalk voorbrand maak om nie in ‘n Neurenbergverhoor (Nuremberg) betrokke te raak nie…
Dit is opmerklik dat die WGO byna 'n jaar gelede, in Januarie 2021, ook die geldigheid van die PCR-toets bevraagteken het wat hy self aan die begin van die Covid-krisis as alfa en omega voorgehou het.
Dus, as die PCR-toets ongeldig is soos voorgestel deur die CDC se verklaring, is die 260 miljoen sogenaamde "Bevestigde Covid-19-gevalle" wat sedert die begin van die beweerde pandemie wêreldwyd versamel en neergepen is, betekenisloos, vals, en ‘n sataniese leuenaanval van die vader van die leuen, Satan.
Daar is dus geen pandemie nie!
In 'n bombesluit het die Centers for Disease Control and Prevention (CDC) die verraderlike PCR-toets teruggetrek.
“Na 31 Desember 2021 sal die CDC die versoek aan die Amerikaanse voedsel- en medisyne-administrasie (FDA) vir noodgebruikmagtiging (EUA) van die CDC 2019-Novel Coronavirus (2019-nCoV) Real-Time RT-PCR Diagnostic Panel terugtrek, die enigste toets wat die eerste keer in Februarie 2020 ingestel is vir die opsporing van slegs SARS-CoV-2.”
Ter voorbereiding vir hierdie verandering beveel die CDC aan dat kliniese laboratoriums en toetsterreine wat die CDC 2019-n CoV RT-PCR-toets gebruik het, begin met hul oorgang na 'n ander FDA-gemagtigde COVID-19-toetsmetode.
“Die CDC moedig ook laboratoriums aan om die aanvaarding van 'n saamgestelde metode te oorweeg wat opsporing en differensiasie van SARS-CoV-2 en griepvirusse kan vergemaklik. Sulke toetse kan voortgesette toetsing vir beide griep en SARS-CoV-2 fasiliteer en kan beide tyd en hulpbronne bespaar terwyl mense die griepseisoen binnegaan. Laboratoria en toetsterreine moet hul geselekteerde toets binne hul fasiliteit bekragtig en verifieer voordat kliniese toetse begin word “ – volgens die CDC.
Dit het hulle dus twee jaar geneem om te erken dat die PCR-toets foutief en ongeldig is!
Lees noukeurig, wat hierdie CDC-voorskrif erken, is dat die PCR-toets nie kan onderskei tussen "SARS-CoV-2 en griepvirusse" nie. Ons het dit dan van die begin af geweet!
1 Januarie 2022 moet hierdie reëls glo intree.
Sal dit uitgevoer word?? Daar is sover nog geen sigbare oorgang na “nog ’n gemagtigde nuwe Covid-19-toetsing” nie.
Wat dit alles beteken is 'n Mea Culpa: 'n Stilswyende erkenning deur die CDC en die FDA dat die hele databasis wat deur die PCR-toets gegenereer is, ongeldig is. Besef die omvang hiervan! Daar was dus geen Covid-gevalle nie, minstens nie met die enigste metode, die PCR-toetsmetode vasgestel nie. Was daar dan enigsins ‘n virus ter plaatse, of het diegene wat ernstige griep gekry het, soos in elke griepseisoen, maar net ervaar wat elke jaar gebeur? Die internasionale sterftesyfer wys dat dieselfde aantal persone as in vorige jare aan griep dood is, en feitlik elke land se statiek beweer dieselfde, gaan google maar gerus, u sal dit daar kry. (ons sluit nie hierby in gevalle nadat die gifinspuiting ingestel is nie, dit het hierdie jaar se syfers baie hoog laat styg). Dus was al die oordrywing van sg covid-getalle veral in 2020 'n leuen op leuen op leuen. Maar ons het dit mos geweet, wel, dalk nie almal nie...?
Wat kan mens sê…