Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die groot Geneesheer ken sy pasiënte so goed, dat Hy nooit verkeerde medisyne van die rak sal afhaal nie. Hy maak selfs ‘n gebroke hart heel indien ons Hom al die stukke daarvan gee.
KORTNUUS...
Geneem uit Natural News, VSA
Die CDC (die internasionale instansie wat glo hulle kan siektes beheer) het pas gewaarsku dat minstens 15 000 Amerikaners elke week vanaf Kersfees sal sterf ... en wel van die sogenaamde inenting wat nie ‘n inenting is nie maar ‘n gifinspuiting soos beplan en ontwikkel deur Fauci en Gates.
In 'n verstommend eerlike waarneming wat bevestig dat massas ingespuite mense besig is om te sterf en dat die proses elke week versnel, erken die CDC nou openlik dat 15,600 Amerikaners elke week vanaf Kersfees sal sterf, met sterftes wat in 2022 sal voortduur.
Natural News het verneem dat die CDC se vroeë waarskuwingstelsel wat gekoppel is aan Amerikaanse hospitale 'n groot aantal rooi vlae uitgooi wat die voorpunt van 'n massa-afsterfgolf onder die “ingeënte” persone aandui.
Natuurlik het die CDC sy propagandamasjien aangesê om die publiek te probeer oorreed dat die sterftes deur covid veroorsaak is, in plaas van die gifinspuitng.
Teen die lente van 2022 sal ons na 'n totaal van ten minste 600,000 Amerikaners kyk wat deur Covid-entstowwe gedood is, maar heelwaarskynlik nader aan een miljoen. Net soos Fauci en Gates dit wou hê – dalk net ‘n bietjie te stadig na hulle sin!
IS ALLE RASSE GELYK?
Ds. A.E van den Berg
Suid-Afrika het vir etlike jare ’n staatkundige beleid van rasseskeiding gevolg wat wet en orde verseker en misdaad hokgeslaan het. Daarna is dit op aandrang van buitelandse druk en binnelandse verraad met rassegelykskakeling vervang wat misdaad soos paddastoele op ʼn mishoop laat opskiet het.
Die gevolg van hierdie ingrypende ommekeer was rampspoedig. Desondanks stry leke onophoudelik teen hul beterwete en sien rasseskeiding as boos. Wie hul eie ras wil bewaar, word as uit voeling met die tyd beskou en goedsmoeds veroordeel.
Om rasbewustheid as rassehaat te veroordeel, is onsinnig. Dis ʼn persoonlike voorkeur waarop elke mens geregtig is. Daarenteen is rassevermenging eerder skadelik en beslis nie Bybels verantwoordbaar nie. Dis onnatuurlik, kunsmatig en skaad ʼn gesonde gemeenskapslewe.
DIE LAM EN DIE LEEU
Ds A.E. van den Berg
“Is U die een wat sou kom, of moet ons ʼn ander een verwag? (Mt.11:3).
Die Bybel maak van talle merkwaardige profete melding. Hierdie gelowiges het in moeilike tye en dikwels ook in lewensgevaar in God se diens gestaan om sy opdrag onverskrokke oor te dra. Elia, Jesaja en Jeremia was drie van hulle.
Johannes die Doper was egter die grootste van almal. Hy was Jesus se wegbereider en het destyds ʼn beroering in kerkgeledere veroorsaak. Tot op daardie stadium was die stem van die profete al vir vier eeue stil omdat God niks meer vir Israel te sê gehad het nie. Toe Johannes hierdie stilte verbreek, het mense in groot getalle opgedaag om na hom te kom luister want dit was wonderlik dat God na 400 jaar weer met Israel gepraat het!
DIE KRAG VAN SY WOORD
Hannes Ollewagen
Heb. 4:1-12
”Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” (:12&13).
Daar is ‘n spreekwoord wat lui: “Die pen is magtiger as die swaard.” En sien ons nie die waarheid hiervan ook in ons tyd nie? Ja, ons sien hoedat mense deur propaganda in hierdie of daardie rigting gestuur word. Mense kan deur woorde met soveel vrees belaai word dat dit maklik is om hulle optrede vandaar te manipuleer. En dit geld ook in ons eie lewens, geliefdes. Ons kan deur ons woorde ander opbou en ongelukkig ook diegene naby aan ons baie seer en leed aandoen. En die HERE leer ons in duidelike taal van die krag van ons woorde.
“Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge — kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.” (Jak. 3:5).
NEGE BOERE WREED VERMOOR
U sal saamstem dat die hoofstroommedia nie meer melding maak van plaasmoorde nie. Hulle sal oor enige onbenulligheid berig, veral as dit een of ander agtergeblewene is wat oor iets kerm en kla, maar nie ‘n woord oor plaasmoorde nie.
Ons weet almal dat die ANC regime deel van die komplot is om die boere van hulle plase te verwyder, en dat die media die regime se marionet is. Dus weet ons ook dat sulke nuus doelbewus verswyg word om die blankes se emosies nie te laat opwerk nie – netnou word ons dalk kwaad genoeg en begin ‘n oorlog. Al wat hieraan goed is, is dat die regime met al sy onbevoegde staatsdepartemente nog steeds bang is vir die blankes en hulle God in die hemel.
Hier volg ‘n paar berigte oor plaasaanvalle: Tussen September en November 2021 is nege Suid-Afrikaanse boere in Suid-Afrika wreed vermoor. In September 2021 was daar 13 plaasaanvalle en 3 plaasmoorde, gedurende Oktober was daar 14 Plaasaanvalle en 3 plaasmoorde en gedurende November was daar 17 Plaasaanvalle en 3 plaasmoorde in die land.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 11
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 11 is ’n hoofstuk waarin ons al die tyd vir Jesus hoor praat. Hy praat met verskeie mense oor verskillende dinge. Ons hoor hoedat die beklemtoning in sy stem afwissel en verander.
Matteus 11:1-6 Johannes die Doper se loopbaan het rampspoedig geëindig. Dit was nie sy gewoonte om die waarheid te versag nie en hy was baie uitgesproke oor onreg en sonde. Hy het homself vreesloos daaroor uitgespreek. Herodes Antipas het sy eie broer in Rome besoek. Tydens daardie besoek het hy sy broer se vrou, Herodias, verlei. Toe hy teruggekeer het huis toe, het hy van sy eie vrou ontslae geraak en met haar getrou. Johannes het hom openlik en ernstig daaroor aangespreek. Dit was nie veilig om ’n despoot te bestraf nie, en Herodes het wraak geneem. Hy het Johannes in ’n kelder van ’n bergvesting in die berge naby die Dooie See laat opsluit. Dit was vir Johannes ’n tragiese lot. Hy was gewoond aan die woestyn waar hy sy lewe lank in die oop vlaktes, met die skoon wind wat in sy gesig waai, geleef het. Nou was hy toegesluit in ’n ondergrondse kelder tussen vier koue, klam mure. Dit moes vir Johannes ’n verskrikking gewees het. Vrae het in sy gemoed ontstaan. Hy was dan so seker dat Jesus die een was wat moes kom. Iemand wat die dood in die gesig staar, kan nie bekostig om te twyfel nie. Daarom stuur Johannes sy dissipels na Jesus met die vraag: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?” (Matt 11:3).
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 10
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 10:1-4 Matteus ontvou die storie van Jesus op ’n besonder sistematiese wyse. In die vertelling van Jesus se doop, wys hy hoedat Jesus sy taak aanvaar het. Wanneer hy van Jesus se versoeking vertel, dan wys hy op watter werkswyse Jesus hierdie taak gaan aanpak. In die Bergpredikasie luister ons na Jesus se woorde van wysheid. In Matteus 8, sien ons oor watter mag Jesus beskik en in Matteus 9 sien ons hoedat Jesus se vyande teen Hom begin optree. In hierdie gedeelte begin Jesus sy dissipels kies. Wanneer enige groot leier ’n baie groot taak moet aanpak, moet hy heel eerste vir homself’n span werkers kies om hom te help. Die huidige en toekomstige sukses van sy projek hang van hierdie gekose mense af. Jesus kies hier mense, sy helpers gedurende sy aardse bediening, maar ook mense wat sou voortgaan, nadat Hy die aarde sou verlaat en sou terugkeer na sy heerlikheid in die hemel.
Daar is twee feite wat ’n mens onmiddellik opval van hierdie hierdie twaalf dissipels:
DIE ANC ‘REGEER’ ONWETTIG!
(en het geen mandaat om enige Suid-Afrikaner te forseer om die gifinspuiting te neem nie)
DIE REFERENDUM VAN 17 MAART 1992
Die ANC sou in 1990 die terroriste-oorlog met moeite kon voortsit ná die ineenstorting van kommunistiese regerings in Oos-Europa en die ekonomiese verval in sogenaamde Frontliniestate in Afrika. Die logiese verloop van die terroriste-oorlog in Suider-Afrika moes wees dat van Suid-Afrika se kant die stryd teen die terroriste op alle fronte verhewig sou word om die oorlog beslissend te wen. Dog, die teendeel is deur die Suid-Afrikaanse Regering gedoen.
In 1994 het die Nasionale Party-regering van FW de Klerk die mag aan die ANC oorhandig sonder dat hulle 'n mandaat daarvoor gehad het. Sy misrabele beloning van die Wêreldgeldmagte was R34 miljoen en 'n gedeelde Nobelprys.
Die vraag op die referendum-kiesstrokie was of die kiesers toestem dat FW met die ANC mog onderhandel. Daarvoor moes die kieser slegs Ja of Nee antwoord. Die vraag was NIÉ of FW Mandela uit die tronk mog vrylaat en ons land aan die ANC oorgee nie. Hiermee het FW die kiesers sowel as die meerheid van sy parlementslede mislei.
Die finale ooreenkoms was so ver van die NP se oorspronklike eise dat toe die kabinet vergader om dit te bekragtig, 'n ontstoke minister vir De Klerk geskree het: “Wat het jy gedoen?! Jy het Suid-Afrika weggegee!!” Ja, dit aan 'n Kommunisties-beheerde party.
GOD KOM AARDE TOE
Ds A.E. van den Berg
“Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ʼn dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword” (Fil.2:6,7).
Ons leef in ʼn verwarde wêreld. Verwarring is ʼn nare ding – jy dink dinge is so en so net om te ontdek dat dit nie so is nie. Soos wat siekte die liggaam skaad, maak verwarde denke die gees ook seer. Dit laat mense leuens vir die waarheid glo. Niemand maak in donkerte van verwarring die regte keuses nie, maar slegs in die lig van die Bybel wat van Christus, die ware Lewenslig, getuig.
Een van die verwarrings is oor wat Kersfees is. Weet mense regtig wat Kersfees is? Ongelukkig het die wêreld Kerstyd al so geskaak en met hul eie inhoud gevul dat die meeste mense nie meer weet waaroor hierdie dag werklik gaan nie. Baie mense wil in hierdie tyd die vrede van die Kersverhaal ervaar, maar sonder ʼn behoefte om die Vredevors as Verlosser te wil ken!
Jare gelede voer ʼn omroeper in die Kerstyd met ʼn voorskoolse dogtertjie ʼn gesprek oor die betekenis van Kersfees en vra haar wat dit is. “Toe Jesus na die aarde gekom het” antwoord sy. “Maar waarom het Hy aarde toe gekom?” vra hy toe. “Om te kom kyk of alles nog all right is” antwoord sy ewe onskuldig.
HOU VOL OM DIE HERE TE VOLG
Hannes Ollewagen
Josua 14:1-15
“En dié dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die Here my God te volg.” (:9).
Geliefdes, na die volk se uittog uit Egipte het hulle eindelik tot by die beloofde land gekom. Hierdie wonderlike land wat hulle gedurende hul trek altyddeur voor oë gehou het. ‘n Begeerlike land; ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Die volk het nie sonder uitdagings tot hier gekom nie. Daar was gevare van oorloë, honger, dors en dergelike dinge. Maar in al hierdie dinge het die HERE hulle nie verlaat nie. Die HERE het in al hierdie beproewinge aan die volk sy mag getoon sodat hulle in Hom kon glo. Die HERE was aan sy volk altyd trou. Hulle het dan telkens gesien dat daar geen bedreiging of gevaar op hul pad was waaruit die HERE hulle nie deur sy wonderlike krag kon verlos en red nie.
Alvorens die volk die beloofde land ingetrek het, het hulle op bevel van die HERE spioene gestuur om hierdie land te verken. En hierdie spioene het gemerk dat hierdie land werklik ‘n land van melk en heuning is. Ja, ‘n land wat hul verwagtinge oortref!
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 9
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Ons het herhaaldelik gesien dat daar in Matteus se Evangelie niks toevallig genoem word nie. Alles is deeglik beplan en ontwerp. Hier in hoofstuk 9 sien ons nou weer ’n voorbeeld van hierdie versigtige beplanning. Ons sien nou alreeds die skadu’s van ’n naderende storm. Jesus se vyande word al meer en ons sien die tekens van sy naderende dood. In hoofstuk 9 word daar vier aantygings teen Jesus gemaak.
- Jesus word van godslastering beskuldig. In Matteus 9:1-8 sien ons hoedat Jesus die verlamde man genees en sy sondes vergewe. Die skrifgeleerdes beskuldig Hom van godslastering omdat Hy op iets aanspraak maak wat net God kan doen. Hy praat met die stem van God. Blasphēmia beteken “beledig”, en hulle sê Hy beledig vir God deur sy krag vir Homself toe te eien.
- Hy word van onbehoorlike gedrag beskuldig. In Matteus 9:10-13 sien ons hoedat Jesus saam met tollenaars en sondaars eet. Die Fariseërs wou weet waarom Hy saam met sulke mense eet. Daarmee het hulle probeer sê dat Hy net soos die karakters was in wie se geselskap Hy was. Dit is die maklikste ding ter wêreld om iemand se karakter swart te smeer en alles wat hy doen, verkeerd te interpreteer wanneer ’n mens nie van die persoon hou nie. Een van die geliefkoosde wapens wat enige bekende persoon se vyande teen hom kan gebruik, is om hom van vals motiewe te bskuldig. Dit is presies wat Jesus se vyande met Hom gedoen het.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 8
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 8:1-4 In die antieke wêreld was melaatsheid die ergste van alle siektes gewees. Een soort melaatsheid het met klein seertjies begin wat later so ontsteek het dat dit ’n onaangename reuk afgegee het. Die persoon se wenkbroue het uitgeval, sy oë het begin staar, sy stembande het ingegee, sy hande en voete het gesweer en geleidelik het die persoon een groot, swerende vergroeisel geword. Die gemiddelde tydperk wat so ’n siekte geduur het, was nege jaar. Dit het geëindig in verstandelike agteruitgang, ’n koma en uiteindelik die dood.
’n Ander soort melaatsheid het begin met die verlies van gevoel in die ledemate soos wat die senuwees aangetas is. Die spiere het inmekaar getrek, sodat die hande later soos kloue gelyk het. Die vingers en tone het geleidelik begin afval totdat daar later sommer ’n hele hand of voet afgeval het. Die duur van hierdie soort melaatsheid het enigiets van twintig tot dertig jaar geduur. Die lyer daarvan het letterlik, sentimeter vir sentimeter, doodgegaan.
KABINET IN HOOGSTE HOF GEDAAG OOR VERPLIGTE INSPUIT
Hierdie berig kom uit The Citizen
'n Ongeënte menseregte-aktivis het dokumente by die konstitusionele hof teen die president en die kabinet ingedien oor verpligte entstowwe en inperkings.
Die afgelope paar maande het groot maatskappye soos PSG en Discovery werknemers aangemoedig om ingeënt te word.
Verlede maand het ‘n myndiensvennoot, Fraser Alexander, vanaf Januarie 'n verpligte inentingsbeleid geïmplementeer.
Die Universiteit van Kaapstad het ook beperkings vir ongeënte studente vir volgende jaar aangekondig.
Menseregte-aktivis prokureur Schalk van der Merwe het gesê die menseregteskendings tydens inperking het hom gedwing om weer in die wet te tree.
Van der Merwe het op 20 November dokumente by die konstitusionele hof teen die president en alle relevante lede van die kabinet ingedien oor verpligte inenting en inperking.
STREEF NA DIE WELGEVALLE VAN GOD
Hannes Ollewagen
Rom. 14:13-23
“Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.” (:17&18).
Geliefdes, is een van die grootste begeertes wat ons as gelowige kinders van God moet koester nie om te doen wat voor God welgevallig is nie? Wanneer ons sê dat ons Hom werklik liefhet, bo alles liefhet, behoort ons mos daardie dinge te doen waarin Hy ‘n behae het. En ons behoort onsself te weerhou van dié dinge waarvan Hy ‘n afsku het. Dink maar hoedat u uself van sekere optrede weerhou wat u weet vir u geliefdes tot aanstoot is. En dit doen u bloot omdat u hulle liefhet. U wil hulle nie deur u optrede seermaak nie. Maar om een of ander rede dink ons as mense dat God maar daarmee tevrede moet wees wanneer ons dinge doen en op ‘n wyse optree wat vir Hom aanstoot gee. Geliefdes, die bloed van Christus is ‘n kosbare kleed wat ons sondes en ongregtighede volkome bedek wanneer ons dit voor God bely en opreg daaroor berou het. Maar die bloed van Christus is beslis nie ‘n vloerlap waarmee ons al die gemors in ons lewens kan probeer opvee nie.
“...hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?” (Heb. 10:29).
COVID-“ENTSTOF”-GEÏNDUSEERDE VIGS - OMICRON
Hoe die globaliste beplan het om miljarde mense met gewone griep dood te maak
Diegene wat die Covid-inspuitings geneem het, is reeds verander in “entstof-geïnduseerde” "VIGS"-pasiënte met ineenstortende immuniteit teen alle siektes wat nou op hul pad kom. En dit maak hulle baie kwesbaar vir die doelbewuste vrystelling van 'n matige griepstam, die veelbesproke omicron, wat normaalweg slegs verswaktes en bejaardes ernstig siek sou laat.
Waarom het globaliste hierdie roete gekies?
Omdat hulle nie die planeet wou bemors met 'n werklik bose patogeen wat hul eie kinders op die lange duur sou bedreig nie. Hulle wil die werklik gevaarlike patogene in die vrieskas hou terwyl hulle verder uitvind hoe om mense met ligte patogene dood te maak. Slegs deur die liggelowige massas te oortuig om in tou te staan vir mRNA-puntproteïeninspuitings kon hulle dit regkry.
TWEEDEHANDSE INLIGTING...
Gebrekkige Skrifkennis lei tot dwaalleer
Ds. A.E van den Berg
“En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (Hand.17:11).
Inleiding
As gevolg van gebrekkige Skrifkennis word die kerk van meet af aan deur dwaalleer geteister. Gebrekkige Skrifkennis laat ʼn godsdienstige lugleegte ontstaan wat met leuens gevul word. Gevolglik moet ʼn kerk teen dwaalleer waak en nie skroom om leertug toe te pas waar nodig.
1. Voorbeeld
Mense ontvang die Woord van God dikwels verskillend. Die gelowiges in Berea (Hand.17) se ontvangs is ʼn noemenswaardige voorbeeld. Hierdie mense was ernstig oor godsdiens en predikers se woorde na die tyd aan die Skrif getoets soos Paulus s’n toe hy by geleentheid in hul sinagoge gepreek het.
OMICRON PURE FIKSIE
Die omicron "variant" media-histerie is pure fiksie. Dit is niks anders nie as 'n 1984-styl Orwelliaanse sielkundige terrorisme-operasie wat ontwerp is om die bevolking van die wêreld verslaaf en gehoorsaam te hou terwyl terroriste-regerings hul wêreldwye ontvolkings-/volksmoordprogramme uitvoer.
Die bose briljantheid van hierdie verhaal is dat dit geen bewyse hoegenaamd vereis nie. Aangesien niemand eintlik 'n "variant" kan sien nie – en aangesien daar geen geïsoleerde omicron virale monsters êrens in die wêreld bestaan vir laboratoriumtoetsbevestigings nie – kleur 'n gekoördineerde massamedia-histerie-veldtog eenvoudig die menslike bewussyn in met die illusie van omicron, gepaardgaande met uiterste vrees. En dit is hierdie vrees waarvoor die satan sit en wag want hy gebruik dit om mense wat nog nie hulle lewens aan God oorgegee het nie, se siele te steel. Dit gebeur deurdat hy hulle gaan laat sterf deur die inspuitings wat daarvoor gegee gaan word. Elke rondte inspuiting sal meer en meer gif bevat wat as dit nie die dood meebring nie, die mens se DNA totaal sal verander sodat God se beeld nie meer in so ‘n mens sigbaar sal wees nie.
STUDIEHANDLEIDING – MATTEUS 7
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 7:1-5 Met hierdie woorde, soos ons dikwels sien in Jesus se bergrede, gebruik Hy beelde wat baie bekend is vir die Jode. Die Joodse rabbi’s het hulle volgelinge dikwels teen veroordeling gewaarsku. Deur die eeue het mense hulleself keer op keer skuldig gemaak aan die mees misplaasde veroordelings denkbaar. Daar bestaan feitlik geen mens wat homself nog nie aan so iets skuldig gemaak het nie, en ook niemand wat nog nooit onder iemand anders se harde veroordeling deurgeloop het nie. Daar is ook geen ander opdrag van Jesus wat so voortdurend verontagsaam word, as hierdie opdrag nie.
Daar is drie geldige redes waarom ’n mens nie iemand anders moet veroordeel nie:
- Ons ken nie die ware feite nie en ons ken gewoonlik ook nie werklik die persoon nie. ’n Baie bekende rabbi, Hillel, het lank gelede gesê dat ’n mens nie iemand anders moet veroordeel voordat jy nie jouself in daardie persoon se omstandighede bevind nie. Ons beskik nie oor ’n ander se vinnige humeur nie, ons ken nie die krag van sy versoekings of die seer van sy kinderjare nie. As ons alles geweet het, dan sou ons soms verbaas gewees het oor die sukses wat so ’n persoon behaal.
- Dit is amper onmoontlik vir enigeen van ons om streng onpartydig te wees in ons oordeel. Die menslike natuur is feitlik nie in staat om regtig onbevooroordeeld te wees nie. Net God kan dit wees.
HOU VAS WAT JY HET
Ds. A.E. van den Berg
“Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom” (Openb.2:25)
Vyf eeue voor Jesus se geboorte het die Perse die Babiloniërs verslaan om die nuwe wêreldheersers te word. Van die Babiloniese priesters het na Pergamus gevlug en hul afgodery daar voortgesit. Soos wat Jerusalem God se setel op die aarde was, het Pergamus ʼn provinsie van die Romeinse ryk, dié van Satan geword. Die priesters het ongekende mag oor hul onderdane verkry en van Pergamus ʼn satans-hool gemaak. Die stank van afgodsoffers was in elke afgodstempel en selfs op straat. Satan het daar geheers!
“Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is...” (Openb.2:13).
Toe die Romeinse ryk begin kwyn en hul reënboognasie-onderdane opstandig raak, het die keiser die priesters in Pergamus besoek om by hulle uit te vind hoe om mense te beheer. Hulle het iets reggekry wat die keiser nie kon regkry nie.
Die keiser het geglo dat dit wat in godsdiens werk, ook in die politiek kon werk. Politiek kan met godsdiens beheer word. En dis hoe die Roomse Kerk ontstaan het; ʼn karikatuur van die ware kerk wat vir eeue mense beheer.
Thiatire was naby Pergamus en het ook in die spervuur van Satan beland. Dit was ’n sterk gemeente wat ongelukkig meer op getalle as op gehalte ingestel was. Desondanks begin God met ’n aanprysing:
LEEF NABY AAN HOM
Hannes Ollewagen
Psalm 11:1-7
“Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.” (:5&7).
Geliefdes, ons lees in Génesis 22 hoedat God vir Abraham op die proef stel. Abraham se liefde vir God is beproef.
“NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel ...”. (:1).
God wou sien dat Abraham se liefde vir Hom opreg was, dat hy God gevrees en Hom bo alles liefgehad het. En deur God se versoek sonder enige teëspraak te gehoorsaam, slaag Abraham hierdie toets.
“...want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.” (:12).
God het sy gehoorsaamheid en bereidwilligheid in Abraham se opregte hart raakgesien. God het gesien dat Abraham se liefde vir Hom nie alleen in woorde of in ‘n belydenis bestaan het nie, maar dat sy optrede daarvan getuig het dat hy God in alles sou eer en gehoorsaam. En so groot welbehae het God in hierdie gehoorsame optrede van Abraham dat Hy na hierdie man as sy vriend verwys.
“MAAR jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, ...” (Jes. 41:8).