Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense besit nie regte net omdat hulle mense is nie, maar omdat dit ’n geskenk van God is wat verantwoordelik voor God gebruik moet word. Gelowiges het geen regte van hul eie nie. Hulle behoort immers aan Jesus. “Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees…..en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop….” (1 Kor.6:19,20).
GELOFTEDAG 2025
Ds A.E. van den Berg
“Ons staan in die gees by ons eie Ebenhaeser stil – Bloedrivier. Baie volksgenote het dit vergeet. Ander het dit tot ’n knievallige versoeningsdag afgegradeer. Ons volk is soos oud-Israel aan heidense magte onderworpe. Baie van ons volksgenote lek soos tjankende honde die hande van hul kastyders. Wat het met ons volk gebeur dat ons so verval het?”
“Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen en dit Ebenhaeser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp” (1 Sam.7:12).
Mense leer uit hul foute; ook volke. Wie nie daaruit leer nie, misluk. Want wat is 'n mislukking anders as 'n fout wat begaan maar nie reggestel is nie? Israel het so ’n fout gemaak maar dit eers 20 jaar later na talle ontberings tydens ’n keerpunt in hul volkslewe reggestel. 1 Sam.17 is die verhaal van dié keerpunt. Nadat die Filistyne die ark van die verbond tydens ’n oorlog van Israel afgeneem het, was Israel gebroke: “...die hele huis van Israel het agter die Here aan geweeklaag” (:2).
INSTRUMENT TOT SY VERHEERLIKING
Hannes Ollewagen
“Was daar nie by Bloedrivier hierdie klein groepie mense van 464 in getal wat ’n ervare Zulu-leër van ongeveer 15 000 moes trotseer nie alleen ’n vaste geloofsvertroue nie, maar ook ’n merkbare gehoorsaamheid, ootmoed en nederigheid aanwesig nie?”
2 Kon. 1:1-18
“Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.” (:3&4).
God stuur Elía om die boodskappers van Ahásia onderweg na die god van Ekron voor te lê. En hy stuur hierdie boodskappers terug na Ahásia met die boodskap van God se ontevredenheid met hierdie optrede van die koning. Hierdie optrede van Ahásia wat God tot oneer strek. Waarom sou hy nodig hê om ander volke se vreemde gode te raadpleeg – asof Israel geen God het nie?
GELOFTEDIENS DS ADRIAAN SWART
https://www.youtube.com/watch?v=xQwA3xcoQdM
GELOFTEDIENS 2025 deur ds Adriaan Swart
DIT IS DIE HERE!
Ds A.E. van den Berg
“Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! .......“(Joh.21:7).
Al leef gelowiges as kinders van die lig, word dit soms so donker in hul lewe dat dit voel asof hulle nooit weer die lig sal sien nie. Dan gebeur iets wat die krisis omkeer, die lig weer laat skyn en hulle laat besef dat God ingegryp het.
In die tyd van die Rigters het Israel van God afvallig geraak en Hy het hulle gestraf. “Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die Here hulle oorgegee in die hand van die Mideaniete, sewe jaar lank” (Rigt.6:1).
Na sewe jaar het, het God vir Gideon geroep om Israel te verlos. Hy kon slegs 32,000 teenoor die Mideaniete se 135,000 man monster. Die verhaal eindig met Gideon wat met slegs 300 man die oorwinning behaal het. Vir elke Israeliet was daar 450 vyande en Israel het geweet dat dit die hand van God was!
Uit ʼn militêre oogpunt was die situasie hopeloos, maar nie met God se ingryping nie. Wat by die mens onmoontlik blyk te wees, is vir God moontlik. Die mens wik maar God beskik want Hy het die hele wêreld in sy hande.
GEBEURE BY BLOEDRIVIER
Opgestel deur die Geloftevolk Koördineringskomitee
Dit is 15 Desember 1838, Saterdag namiddag laat.
Teen die skuins helling van die Ntibane berg wat afloop na die Ncomo-rivier, beweeg 64 kakebeenwaens, in rye van vier langs mekaar, getrek deur 10 osse elk, af na die rivier.
Op en langs die waens, te voet en te perd, beweeg 464 Boere, hul voorlaaiers op hul skouers, gelaai en gereed vir gebruik.
Dit is die Boere- strafkommando op pad na Umgungundlovu, die Plek van die Groot Olifant, om die Zoeloe-koning, Dingaan, te gaan straf vir al die wreedhede teenoor die Trekkers sedert hulle intog in Natal in Januarie daardie jaar.
Aan die spits van hierdie optog, fier en regop op sy perd, ry Andries Pretorius, leier en kommandant.
Sy gedagtes gaan terug na die lotgevalle van sy mede-landgenote sedert Januarie 1838...
DIE PAARDEKRAAL- GELOFTE
Ons plaas dit vir vandag sodat u dit weer kan lees:
13 DESEMBER 1880
Die Paardekraalgelofte lees soos volg:
In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, die kenner aller harten onder bidden opsien om sijn genadige hulp en ontferming, sijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek plegtig overeengekomem, gelijk wij dezen overeenkomen om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed beyweren. Ruim veertig jare is, het geleden, dat onze vadere die Kaapkolonie ontvlugt zijn, om vrij en onafhanklijk Volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden. Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republike gesticht en driemalen heeft die Engelsche Regering onze vrijheid vertracht en onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, maar den neergehaald. Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en sij magen dat nie dragen. God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren. Daarom is het dat wij hier bij elkander de hand geval en Volk en met het oog op God samen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek. Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig. Amen.
MORE IS GELOFTEDAG - DAG VAN DIE HERE
Hoe kom ons die Gelofte van 1838 na?
Jaar na jaar kom duisende volksgenote oor die lengte en breedte van ons land op verskillende plekke byeen om die gelofte van 1838 te herdenk, en om deur die gesamentlike herhaling daarvan of die stilswyende nasê van ’n voorganger, dit weer af te lê. Daarmee verbind ook ons geslag ons telkens tot die gelofte en aanvaar ons die verpligting om dit wat ons daarmee belowe, na te kom.
Die gelofte bevat vier ondernemings:
• Dat ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag, soos ’n Sabbat sal deurbring,
• en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zal, waar het Hem zou behagen (die standaard Afrikaanse vertaling hiervan laat te veel aan betekenis verlore gaan),
• en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; en
• dat die roem en die eer van die oorwinning aan Hom gegee sal word.
GELOFTE VAN JAN VAN RIEBEECK
Ook hierdie Gelofte wat so maklik vergeet word plaas ons hier sodat die erns van geloftes aan God ons kan bybly:
6 APRIL 1654
Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die Here gelei met die skepe Drommedaris, die Reyger en die Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters (Here XVII) te bou en te bestendig, en opgelet het dat God die Here alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6e April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.
1912: GENL LOUIS BOTHA BEDANK
KULTUURDAGBOEK 14 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl Hertzog se De Wildt-toespraak het heftige reaksie van Unioniste en ander Brits-gesindes tot gevolg gehad. In die Kabinet het die ergste reaksie gekom van kol George Leuchars, Minister van Openbare Werke, 'n Nataller wat homself 'n imperialis genoem het. Hy was so kwaad oor genl Hertzog se woorde oor die belange van die Ryk teenoor dié van die Unie dat hy gedreig het om uit die Kabinet te bedank.
Dit lei tot 'n kabinetskrisis en die Premier, genl Louis Botha en sy regterhand, genl JC Smuts, vra Hertzog om in die openbaar sy spyt oor sekere van sy uitlatings uit te spreek.
ONTSTAAN EN INSLAG VAN DIE GELOFTE
Dr Pieter vd Dussen
Die ontstaan en bestaan van die Gelofte van Bloedrivier word in talle boeke en artikels in besonderhede beskryf. Oor die geskiedkundige werklikheid daarvan bestaan geen twyfel nie. Daarvan getuig geskrifte van ooggetuies en ander betroubare persone, ook van Zoeloekant. Dit is egter noodsaaklik om oor die inslag van die Gelofte te besin ten einde die saai van twyfel teen te werk.
Die Gelofte was deel van die gebed van Sarel Cilliers op Sondag 9 Desember 1838 tydens die aanderediens. Later, en tot vandag toe, word dit as 'n verklaring herdenk. Dit kan nie weer in die gebed opgeneem word nie, aangesien dit op 16 Desember 1838 volbring en die belofte van jaarlikse herdenking tot in die opkomende geslagte bevestig is.
Meestal word dit vandag tydens 'n erediens herhaal en bevestig en word in die gebed en prediking op die onderhouding daarvan in die volkslewe klem gelê, tot bemoediging en aansporing van die Afrikaner. Die nakoming van die Gelofte is en bly 'n vereiste vir elke Afrikaner, hetsy van bloedafkoms of dat hy uit vrye wil hom by die Afrikanervolk gevoeg het en voeg.
16 DESEMBER: OPROEP VIR ONS AFSPRAAK MET DIE HERE
GELOFTEDAG DEUR DIE EEUE...
EN 'N NUWE GELOFTE
Jeanette Koekemoer
"Op daardie tyd wanneer Hy ons weer vry maak van die verknegters wat ons volk daagliks vermoor en vermink, sal ons ook 'n nuwe gelofte nodig kry, een waarin al die ou beloftes teenwoordig bly maar waarin ons ook onderneem om ons geliefde vaderland van alle afgodsdienste en onheilige gebruike te reinig sodat ons as volk weer heilig en opreg voor God kan wandel, en nooit, maar nóóit weer, sal omdraai na ons pad van selfvernietiging nie. Indien ons dit nie sou belowe nie, en dit ook nie nakom nie, sou die hele pad van ellende onder 'n moordbende tevergeefs wees."
Die Slag van Bloedrivier was nie sodanig die botsing tussen wit en swart nie as wat dit die verheffingsuur van 'n wordende volk was wat sy hoogste bestaansreg en voortbestaansgeleentheid in die hand van God geplaas het. Dié herdenking wat ons binnekort op 16 Desember vier is steeds die nakom van 'n afspraak met die Here.
Volgens Wet nr 3 van 1910 was 16 Desember as openbare vakansiedag bevestig, en sedert 1952 is dit as Geloftedag bekend, hoewel dit intussen ook die lelike naam Dingaansdag, en ook Dankdag, Wendag, Retiefdag, Voortrekkerdag en nog ander name genoem is.
1880:ZUID-AFRIKAANSCHE REPUBLIEK OP PAARDEKRAAL HERSTEL
KULTUURDAGBOEK 13 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar was meer as 5 000 burgers met sterk perde, blink geweerlope, bandeliere vol patrone en bladsakke gepak met beskuit en biltong op hierdie dag op 'n rantjie bymekaar op die plaas waar genl Andries Pretorius ongeveer 30 jaar vroeër met perde begin boer het.
Ernstige beraadslagings het 'n paar dae geduur. Die burgers was gereed en bereid om vir die onafhanklikheid en vryheid van hulle vaderland te veg nadat sir Theophilus Shepstone die Zuid-Afrikaansche Republiek op 12 April 1877 onverwags geannekseer het.
Die eise op verskeie groot protesvergaderings en die werk van twee deputasies na Engeland was tevergeefs.
1890: SKRYWER EN WETENSKAPLIKE 'HENDRIK BRAND'
KULTUURDAGBOEK 12 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die skrywer van talle boeke waaronder 'n reeks speurverhale, het onder die skuilnaam Hendrik Brand geskryf. Sy regte naam was Sydney Harold Skaife, wat op hierdie dag in Londen gebore is waar hy ook later skoolgegaan het.
Nadat hy sy studies voltooi het kom hy in 1913 na Suid-Afrika en begin sy loopbaan as onderwyser aan die Hoër Jongenskool Rondebosch, waarna hy in diens tree van die Departement van Landbou as insektekundige.
BROKKIES UIT DIE BOEK –OUMANSLAND (2)
)
Dis amptelik: die Suid-Afrikaanse staat is bankrot. President Cyril Ramaphosa het dit weke gelede bevestig toe hy vrae in die parlement beantwoord het.
Ramaphosa se presiese woorde was: "Ons hulpbronne is nou uitgeput."
In eenvoudige terme beteken dit dat die regering nie meer geld het nie.
-Prins Mashele*
“My haat groei met 'n woede wat onbekend is en wat in my siel gebrand is. 'n Hartseer wat in woorde van stilte uitgespreek word terwyl my liefde vir die mensdom in vlak walging gesterf het!” Kopiereg: Retha Kelly
'n Perfekte storm. Selfstandige naamwoord...
1953: AFRIKAANSE TAAL- EN KULTUURBOND GESTIG
KULTUURDAGBOEK 11 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Groepie Afirkaanssprekende posamptenare het op hierdie dag in Pretoria byeengekom om 'n organisasise te stig wat hom sou beywer vir die uitbou van die Afrikanerkultuur onder posamptenare. Weldrae is die gedagte verder uitgedra en is die een na die ander tak gestig sodat feitlik alle poskantore mettertyd by 'n plaaslike tak betrek was.
Die bond het berus op 'n Afrikaans-Christelike grondslag en hom beywer veral vir die gebruik van suiwer Afrikaans binne sowel as buite die poswese, die bevordering van die Afrikaanse kuns en kultuur, en om 'n goeie gees van samehorigheid onder sy lede aan te wakker.
1899: SLAG BY MAGERSFONTEIN
KULTUURDAGBOEK 11 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Tweede Vryheidsoorlog se rumoer naby Stormberg-stasie ten noorde van Molteno, het skaars bedaar toe een van die grootste veldslae in ons geskiedenis by Magersfontein plaasgevind het.
Deur sommige historici word dit as een van die merkwaardigste slae in die wêreldgeskiedenis beskou. Die knou wat die Boere die Britte, hoofsaaklik Skotte, hier toegedien het, het die Britse Ryk en die hele Skotland in rou gedompel. Die eienaardigste aspek van die slag is dat die opperbrein agter die hele operasie, genl Koos de la Rey, nie teenwoordig was nie. Hy was op Jacobsdal by sy seun wat dodelik gewond was. Die beveldvoerder was dus genl Piet Cronjé. Hy het hom goed van sy taak gekwyt omdat hy aan De la Rey gehoor gegee het.
1899: SLAG BY STORMBERG
KULTUURDAGBOEK 10 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie slag was een van die belangrikstes in die verloop van die Tweede Vryheidsoorlog, nie om wat werklik gebeur het nie maar omdat dit deel was van wat die Britte hul Swart Week genoem het.
Uit militêre oogpunt was dit 'n skermutseling, amper 'n geveg, maar 'n volwaardige slag was dit nie. Wat wel van belang is, is dat 'n handjievol Boere byna 'n derde van 'n Britse leër gevange geneem het, en dat hul aanvoerder, genl sir WF Gatacre, wat voor hierdie slag bestempel is as "one of the ablest of British officers" se reputasie só 'n knou toegedien is dat hy met sy tweede flater uit die Britse leër ontslaan is.
DIE GESINDHEID IN ONS GODSDIENS
Hannes Ollewagen
Matt. 9:9-13
“Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (:13).
Hy wat die grootste offer van alle tye gebring het deur Homself aan God te offer maak hierdie stelling – “...Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie;...”. Is hierdie dan nie teenstrydig met Christus wat die offer van die arm weduwee eer nie? “EN toe Hy opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi. En Hy het ook ’n arm weduwe daar twee geldstukkies sien ingooi. En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het. Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.” (Luk. 21:1-4).
1838: GELOFTE AFGELÊ
KULTUURDAGBOEK 9 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is al duisende woorde oor die vraag geskryf of Die Gelofte in verband met die Slag van Bloedrivier op 7 of op 9 Desember die eerste keer afgelê is, en of dit by Danskraal of Blyrivier, dit is Wasbank, die eerste keer uitgespreek is,
Dit wil voorkom of die gedagte van 'n gelofte by Andries Pretorius as krygerleier op die trek na Dingaan se stat ontstaan het. Toe hy met Sarel Cilliers hieroor gepraat het, het Cilliers dadelik geantwoord dat hy ook al oor so iets gedink het, en vandaar sy preek op Sondag 2 Desember 1838 na aanleiding van Josua10 vers 7 tot 10. Die Sondag daarop het Cilliers na aanleidingvan Rigters 6 vers 1 tot 24 gepreek.
Intussen is van die offisiere oor die gedagte van 'n gelofte gepols en hulle het die idee heelhartig gesteun. Daarna is die manskappe op 5 Desember geraadpleeg, wat eweneens almal ten gunste daarvan was.
DIE GELOFTE VAN PAARDEKRAAL
9 DESEMBER 1880
Dit gaan sleg met Transvaal: mense is verdeeld, die land is amper bankrot en sukkel om sy Swart bure in toom te hou. Sir Theophilus Shepstone het in 1877 met 25 berede polisie in Pretoria aangekom en die meerderheid van die Volksraad oorreed om die Britse beheer te aanvaar. Hy belowe dat hulle spoedig ’n verantwoordelike regering sal kry, maar dit gebeur nie. Die Transvalers het daarna gepoog om hulle verlore vryheid terug te kry. Aanvanklik onderhandel hulle met die Britse owerheid oor hulle vryheid, maar hierdie pogings was sonder sukses. Toe is die ou Volksraad weer in die lewe geroep. In Desember 1880 het die Boere van Transvaal by die Paardekraal bymekaargekom.