Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Satan is die een wat depressie by mense misbruik totdat hulle glo hulle is hopeloos en ongered. Die teenoorgestelde is egter waar: iemand wat deur die donker van depressie geloop het, het 'n bepaalde innerlike krag ontwikkel wat van hom 'n wyser en sterker mens gemaak het. Moenie na die duiwel luister wanneer jy op jou swakste voel nie – weet daar kom 'n tyd hierna wat jy as kind van God baie sterk sal wees met 'n wysheid wat jou verder deur jou lewe sal dra, want in die donkerste dieptes het jy God weer gevind.
ONS VIR JOU SUID-AFRIKA!
https://lovinglifetv.com/daily-inspirational-video-1-march-2022-ons-vir-jou-suid-afrika/
Luister hoe ons mense oor Suid-Afrika voel!
PASOP POETIN, SA OPPAD!
https://lovinglifetv.com/ranting-winston-coetzee-warns-putin-about-south-africas-secret-weapon/
VIND BY BOSTAANDE SKAKEL UIT WAT SUID-AFRIKA SE GEHEIME WAPEN IS, SEKERLIK DIE ENIGSTE TER WÊRELD, WAT DIE MAGTIGE RUSLAND KAN UITROEI!
GEBED VIR DIE WEEK
Here, vervul my hierdie week met lewensvreugde, nie omdat die lewe as sulks goed is nie, maar omdat U in my lewe goed is. Maak my sterk in teenspoed sodat die wanhoopsdampe van ontnugtering nie die helder lig van die hemel in my lewe sal verdring en ek ongeloof uitspit waar U geloof geplant het nie.
Dankie dat U die storms in gelowiges se lewens stilmaak, maar soms ook laat aangaan om ons stil te maak.
Leer my Here, dat as ek in beproewing beland, U my nie wil ombring nie maar eerder nader aan U wil bring. Laat my nooit wanhopig word nie en onthou dat ek ʼn God aanbid wat Hom in moontlikhede verlustig.
Ek dank U ook vir moeilike tye in my lewe waarsonder ek nooit my geesteskrag sou leer ken het nie. Maak my opreg dankbaar vir alles wat ek van U ontvang en laat dankbaarheid die koning van al my deugde wees. Maak my rustig in onrustige tye en weet dat my lewe in die hande van Een is wat die ganse heelal gemaak het. Daarom wil ek eerder saam met U in my teenspoed as sonder U in my voorspoed wees!
Amen
STUDIEHANDLEIDING – MATTEUS 26
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 26:1-5 Jesus se dood word beplan
Jesus lig sy dissipels hier weereens in van die groot tragedie wat gaan kom. Hy het die afgelope paar dae wat verby is, met soveel weerstand opgetree, dat hulle gedink het Jesus gaan die Joodse owerhede trotseer. Hier maak Hy dit egter opnuut aan hulle bekend dat dit sy doel is om gekruisig te word.
Terselfdertyd is die Joodse owerhede besig om hulle komplot te smee en ’n klag teen Jesus te formuleer. Josef Kajafas was die hoëpriester. Vroeër is die amp van die hoëpriester deur opvolgende generasies oorgeërf, en dit was lewenslank. Toe die Romeine egter Palestina oorgeneem het, het die Romeinse Regering hoëpriesters die een na die ander aangestel soos wat dit hulle gepas het. Kajafas was hoëpriester vanaf 18 n.C tot 36 n.C. Dit was ’n besondere lang tydperk en is vir ons ’n bewys dat hy die kuns om met die Romeinse owerhede saam te werk, baie goed bemeester het.
BID, BID, BID!
Hannes Ollewagen
Luk. 18:1-8
“EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,” (:1).
Dit is interessant hoedat die skrywer, Lukas, begin deur aan ons die rede agter hierdie gelykenis van Christus te verduidelik. Dit is dus belangrik dat ons weet waarom Christus hierdie gelykenis vertel het. Ons moet verstaan dat dit vir die HERE belangrik is dat ons bid. Ja, dit is nie net belangrik om te bid nie, maar dat ons dit op gereelde grondslag moet doen – dat ons gedurig moet bid sonder om moedeloos te word. Hierdie opdrag word aan ons nie net in hierdie gelykenis gegee nie, geliefdes. Die HERE onderrig ons op verskeie plekke in sy Woord in hierdie verband. Luister maar na die maklik verstaanbare en duidelike opdrag uit 1 Thes. 5:17.
“Bid sonder ophou.”
En ook in Lukas 21:36 vind ons hierdie opdrag in geen onduidelike taal nie.
“Waak dan en bid altyddeur ...”
En dan word hierdie saak ook in die brief aan die Romeine aangeraak.
POETIN SE TOESPRAAK
In sy toespraak van 3 350 woorde het Poetin in volle besonderhede uiteengesit waarom hy besluit het om militêre aksie te neem en wat hy hoop om daarmee te bereik. Die toespraak is 'n verwoestende kritiek op die Amerikaanse beleid teenoor Rusland oor die afgelope 30 jaar, wat ongetwyfeld op dowe ore in Washington sal val.
Westerse media ignoreer tot dusver die toespraak of verwerp dit oppervlakkig. Maar dit moet noukeurig bestudeer word as iemand belang stel om te verstaan waarom Rusland hierdie militêre operasie van stapel gestuur het. Om Poetin net "Hitler" te noem, soos Nancy Pelosi Woensdagaand gedoen het, sal niks help nie.
Hitler verskyn wel in Poetin se toespraak. Byvoorbeeld, toe hy die Oekraïense weermag toegespreek het, het Poetin gesê:
VSA ONTHUL SANKSIES TEEN RUSLAND
Amerika het weer eens gedoen wat hulle altyd doen deur ‘n land te treiter tot die land dit nie meer kan hou nie en dan terugreageer. Dán beskuldig die VSA die president van daardie land van oortreding. Nou het Washington die Russiese president daarvan beskuldig dat hy "direk verantwoordelik" is vir 'n "onuitgelokte" aanval op Oekraïne. Wanneer die woord “onuitgelok” so maklik gebruik word weet ‘n mens reeds dat daar ‘n slang in die gras is. In dieselfde tyd wat Amerika nog 58 lande binnegeval het, het Poetin gesorg dat geen land deur Rusland ingeval word nie. Dit behoort bewys te wees van Poetin se poging om vrede met ander lande te hou.
POETIN HET PROBEER VREDE SKEP
Rusland se ministerie van buitelandse sake sê hy wil die 8-jarige bloedbad in Donbass beëindig waarvoor beide die Oekraïne en die Weste 'n blinde oog gedraai het
Die Weste het agt jaar spandeer om die "see van bloed" in Donbass te ignoreer terwyl hulle Oekraïne bewapen het, en beweer nou Moskou is die aggressor toe dié ingetree het om die konflik te beëindig, het Maria Zakharova, woordvoerder van die Russiese ministerie van buitelandse sake, Donderdag aan RussiaToday gesê. En indien u nie goed gelees het nie: ja, Amerika en sy bondgenote voer al jare lank wapens na Oekraïne sodat daar onmin moet ontstaan tussen Rusland en die Oekraïne. Die rede vir die VSA en veral NATO se vieslike optrede is omdat NATO sy beheer wil uitbrei tot in Oekraïne om dit 'n liberale westerse inhoud te gee wat sal aansluit by die Nuwe Wêreldorde maar Rusland skop steeds vas daarteen. Daarvoor kan ons die hoed vir Poetin afhaal!
RUSLAND BESKERM OEKRAÏNE
Russiese troepe naby die grens van Oekraïne gaan nie die land binnetrek nie. Om dit te doen sou eenvoudig sinneloos wees. Om grond te annekseer wat reeds deur sy anti-nasionale en korrupte heersersklas verwoes is, is een van die swakste opsies wat vir Moskou beskikbaar is.
In plaas daarvan is dit waarskynlik dat troepe daar is om nog 'n aanslag op die Donbass-republieke te voorkom. As dit sou gebeur, sou Kiëf se weermag vernietig word en wat dan oor is van die reeds mislukte staat sal alles waarskynlik in duie stort. Hierdie troepe en ander militêr-tegniese middele, soos Rusland-generaals dit mooi gestel het, is daar om druk op poppespelers eerder as op poppe te verhoog.
RUSLAND HET NÓG NIE OEKRAÏNE INGEVAL NIE!!
Bloomberg-nuusagentskap het ‘n paar dae gelede ‘n opspraakwekkende en heeltemal valse opskrif gepubliseer naamlik : "Rusland het die Oekraïne binnegeval". Nou voel dit na 'n wolf-wolf-hoe-laat-is-dit-speletjie.
U sal onthou dat ons eergister geskryf het oor die VSA wat daarop uit is om oorlog met Rusland te maak. Ons het ook gepraat van die nuut-erkende Donbass-republieke in Lugansk en Donetsk. Nou het hierdie republieke Rusland formeel vir militêre hulp gevra in briewe wat gister, Woensdag, gepubliseer is.
Daarin beweer hulle leiers dat Oekraïne se "aggressie" net toegeneem het sedert Moskou die streke vroeër vandeesweek as onafhanklike state erken het.
DIE OEKRAÏNE-KRISIS
Die Oekraïne se krisis het niks met die Oekraïne te doen nie. Dit gaan oor Duitsland en veral 'n gaspyplyn wat Duitsland met Rusland verbind genaamd Nord Stream 2. Washington sien die pypleiding as 'n bedreiging vir sy voorrang in Europa en het probeer om die projek om elke draai te saboteer. Desondanks is met Nord Stream voortgegaan en is dit nou ten volle in werking en gereed om te gebruik. Sodra Duitse reguleerders die finale sertifisering verskaf, sal die gaslewerings begin. Duitse huiseienaars en besighede sal 'n betroubare bron van skoon en goedkoop energie hê, terwyl Rusland 'n aansienlike hupstoot in hul gas-inkomste sal sien. Dit is 'n wen-wen-situasie vir beide partye.
Die US Foreign Policy-instelling is nie gelukkig oor hierdie verwikkelinge nie. Hulle wil nie hê dat Duitsland van Russiese gas afhanklik moet word nie, want handel bou vertroue en vertroue lei tot die uitbreiding van handel. Soos verhoudings warmer word, word meer handelsversperrings opgehef, regulasies verlig, reis en toerisme neem toe, en 'n nuwe sekuriteitsargitektuur ontwikkel. In 'n wêreld waar Duitsland en Rusland vriende en handelsvennote is, is daar geen behoefte aan Amerikaanse militêre basisse nie, geen behoefte aan duur VSA-vervaardigde wapens en missielstelsels nie, en geen behoefte aan NAVO nie.
VSA SOEK KERNOORLOG!
Die Amerikaners met hulle bondgenote in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, NAVO, is meesters op die gebied van arrogansie want hulle voortdurende aggressiewe dade oortree alle internasionale reg. Hulle ignoreer ook die VN-handves asook die Nuremberg-beginsels. Soos u weet het NAVO hierdie week Kanada binnegeval en is besig om Kanadese burgers te verniel. Hulle arrogansie ken geen perke! Hulle kom nie eers die reëls in hulle eie NAVO-verdrag na nie.
Artikel 1 van die NAVO-verdrag bepaal dat die partye onderneem, net soos uiteengesit in die Handves van die Verenigde Nasies, om enige internasionale geskil waarby hulle betrokke kan wees, op so 'n wyse te besleg dat internasionale vrede en veiligheid en geregtigheid nie in gevaar gestel word nie.
Die VSA en sy NAVO-broers probeer nie geskille met Rusland (of Sjina vir die saak) op vreedsame wyse besleg nie. In plaas daarvan gebruik hulle die hele spektrum van totale oorlogvoering teen Rusland. Tog het geen NAVO-lidnasie van NAVO geëis dat die alliansie en sy lede aan Artikel 1 voldoen nie.
WAAROOR KLA ONS...
... IN HIERDIE LEWE?
Hannes Ollewagen
Klaagliedere 3:1-66
“Wat klaag ‘n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.” (:39).
Geliefdes, daar is seker nie een van ons hier wat nog nooit in sy lewe oor iets gekla het nie. Party mense kla dalk makliker as ander, maar tog is dit ‘n manier om aan ons emosie uiting te gee en derhalwe is dit iets wat elkeen van ons doen. En deur ons klagtes gee ons dan ook te kenne wat daar dinge is wat soos ‘n swaar las op ons lê. Ja, ons maak bekend dat hierdie saak waaroor ek kla iets is wat ek van my af wil wegwerp, ek wil daardie sware juk afwerp – ek wil dit nie in my lewe met my saam dra nie.
KANADA HET GEVAL!
Die eens vry land is nou onder VN-besetting en globalistiese beheer, met geen oorblywende meganisme vir die herstel van demokrasie nie. VN-troepe wat hulle voordoen as Ottawa-polisie om dade van brutaliteit teen die burgers daardeur uit te voer, beset nou die nasie,.
Van chaos kan ons seker wees want die Verenigde Nasies self is so onbeskaafd en onbeheerbaar dat NAVO by geleentheid gesê het hy gun dit nie eers vir Suid-Afrika om onder die VN deur te loop nie; dat NAVO hier orde sal kom skep wanneer Suid-Afrika se revolusie sy finale oorlogsfase ingaan.
In Kanada het die Eerste Minister Justine (Justien soos die mense hom noem omdat hy ‘n lafhard en grootprater is) Trudeau en sy Nazi-adjunk Freeland het verklaar dat niemand teen die regering durf praat nie, of hulle sal deur die polisie gejag en onder een of meer noodmagte vervolg word. Deur dit te kan uitvoer het Trudeau en Freeland vreedsame besluite van die tafel gehaal en dit lyk asof hulle probeer om geweld regoor die land aan te wakker.
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 25
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 25:1-13 Die profetiese rede: die gelykenis van die tien meisies
Hierdie gelykenisis vir ons, wat vanuit ’n westerse kultuur daarna kyk, ’n vreemde verhaal. Tog is dit een van die bekendste gelykenisse wat Jesus vertel het, en dit skilder ’n prentjie wat vir die Jode baie bekend was. In al sy gelykenisse het Jesus beelde gebruik wat sy toehoorders en dissipels kon verstaan. So was die verhaal van die tien maagde ook niks vreemd nie.
’n Joodse paartjie het nie weggegaan op ’n wittebrood wanneer hulle getrou het nie. Hulle het by die huis gebly en is vir ’n week lank soos ’n prins en ’n prinses deur hulle familie, vriende en bure behandel. Dit was die gelukkigste week van hulle lewens.
BID JY REG?
Bid jy nie dalk verkeerd nie?
Ds. A.E. vd Berg
“Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid…”(Jakobus 4:3)
Gebed is om met God te praat. En ons kan omdat Hy ons na sy beeld geskape het. Dit beteken nie dat ons soos God lyk nie, maar dat Hy vir hom in die mens ‘n gespreksgenoot geskep het. Die mens is enigste van God se skeppings wat met Hom kan praat. Daarom behoort dit ’n besondere voorreg te wees om met ons Skepper te kan praat.
Soos wat die maan die seegetye beïnvloed, beïnvloed gebed ons lewe. Hoe sterker ons gebedslewe is, hoe hoër is die geestelike gety in ons lewe en hoe nader leef ons aan God. Die teenoorgestelde is ongelukkig ook waar. Hoe minder gebed, hoe swakker die geestelike lewe.
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, ek is ontsteld oor die gebrek aan geloof by baie van my volksgenote. My hartstog vir die waarheid en geregtigheid vir my volk laat my vir ʼn geestelike ontwaking onder hulle pleit. So baie van hulle is wreed mislei en het derhalwe hul seile in verraderlike winde ontplooi. Here, my hart is net te groot om die volksvyand te bevoordeel en my volk leed aan te doen.
Ek is hartseer oor misleiers wat my volk na plekke geneem het waar hulle nie wou wees nie, langer daar gehou het as wat hulle wou bly en meer gekos het as wat hulle bereid was om te betaal. My volk se vryheid is fyngetrap en kan net met u genade herwin word. Ons het geen groter begeerte as om as ʼn vrye volk op ʼn vrye volksbodem U as die Drie-enige God te aanbid nie. Wees ons genadig!
KIES NOŰ DIE REGTE KANT!
Terwyl Ramaphosa plaaslik ‘n grootskaalse mandaat vir die gifspuit beplan (soveel so dat hy besig is om dit in wetgewing op te neem) het baie van die Europese lande aangekondig dat hulle van nou af Covid as net nog 'n endemiese siekte gaan hanteer. Denemarke, Noorweë, Switserland en die Tsjeggiese Republiek het almal begin om Covid-verwante beperkings op te hef, soos beperkings op byeenkomste en die vereiste dat Covid-passe gedra moet word. Veral Italië, Finland, Ierland, Frankryk en Litaue doen baie in hierdie verband.
Die meeste van hierdie lande beplan om teen Maart so na as moontlik aan "normaal" te wees. In Brittanje hoef mense nie meer van hulle huise af te werk nie. Ook hoef hulle nie meer maskers te dra nie en is die Covid-pas ook afgeskaf.
Kom ons kyk bietjie nader na sommige van hierdie lande.
Denemarke was die eerste land in die Europese Unie wat beperkings geskrap het. Denemarke het nooit probeer om die gifspuit ‘n mandaat te maak nie, alhoewel 78% van die bevolking dit vrywillig ontvang het. Hulle staatsamptenare het verklaar dat hulle nie hul bevolking wil dwing nie want hulle wil nie die vertroue van die mense skend nie. Klink of daar darem ‘n paar politici met breinselle is...
STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 24 (Vervolg)
’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament
Die Evangelie van Matteus
Anita Joubert
Matteus 24:9-10 Die profetiese rede: rampe en vervolging
In hierdie woorde lees ons die absolute eerlikheid, sonder enige doekiesomdraai, waarmee Jesus sy volgelinge geleer het. Hy het nooit aan hulle ’n maklike pad belowe nie. Hy het hulle gewaarsku dat hulle swaarkry, vervolging en selfs die dood te wagte kan wees. Die ware kerk sal altyd, tot die einde toe, ’n vervolgde kerk wees. Daar is verskeie redes daarvoor:
- Jesus verwag van ons ’n nuwe lojaliteit wat groter moet wees as enige aardse verbintenisse. Die vroeë Christene was gehate mense in die samelewing omdat hulle huisgesinne en families verdeel het deurdat een lid van ’n gesin dikwels tot bekering gekom het en die ander nie. Christene moet aan Jesus Christus die eerste plek in hulle lewens gee, en dit bots baie keer met menslike standaarde.
COVID-TOETS IS DIE DOOD SELF!
Covid bly maar aan die orde van elke dag! Nou is daar duidelik indentifiseerbare gevalle waar mense van ‘n oormaat neus- en keelsmere twv die “covid-toets” gesterf het. In een so geval het ‘n bejaarde man ‘n geruime tyd in ‘n hospitaal behandeling ontvang vir totaal ‘n ander probleem; nog het die verpleegpersoneel tydig en ontydig die besemstok in die arme ou man se neus opgedruk. Uiteindelik het hy aan breinbloeding gesterf wat geen verwantskap met sy oorspronklike siekte gehad het nie. En daar is betroubare getuies vir hierdie geval.
Eindelik het dit aan die lig gekom dat daardie “onskuldige” wattestokkie wat toe nie net in die neus land nie maar doelbewus so diep as tot by die dun vlies tussen die brein en die sinusse ingesteek word, nie so onskuldig is nie. Dit word deurdrenk met ‘n kleurlose gas wat by kamertemperatuur ‘n soet reuk het, by name etileenoksied.
In ander lande is daar reeds covid-tuis-toetsstelle beskikbaar. Agter op die kartonverpakking word as deel van die inhoud die afkorting vir “ethylen oxide” duidelik aangedui. Vóór verpakking word die wattestokkies deurdrenk met etileenoksied en dan steriel en lugdig verpak.
Laat ons kyk wat is etileenoksied.