NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die selfgerigtheid van die mens laat hom dink die uitsluitlike lewe se doel is om hom geluk te laat smaak – niks kan verder van die waarheid wees nie: die doel van jou lewe is om produktief te wees, bruikbaar te wees, om 'n positiewe verskil te maak – dáárom leef jy! En as jy dit doen, sal jy uitvind wat ware gelukkigheid is.

DIE HUWELIK – ‘N GESKENK VAN GOD

Hannes Ollewagen

Genésis 2:4-25

“Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.Toe het die Here God 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens.Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” (:18, 21-24).

Geliefdes, in die vorige hoofstuk lees ons van die skeppingsverhaal soos wat dit elke dag afgespeel het. En dit is opvallend hoedat God telkens terug kyk oor die werk van sy hande en sien dat dit goed was. Daarom dat dit ons ook opval wanneer ons in die tweede hoofstuk van Genésis lees van iets wat God bestempel as “nie goed nie” – die mens wat alleen is. Die mens wat nie ‘n maat het nie. God los dit dan ook nie net so nie. Hy besluit om Self iets daaraan te doen. Hy besluit om vir die mens ‘n hulp te maak – een wat by hom sal pas. En hierna kyk God weer terug oor die werk van sy hande en Hy beskou dit nie net as goed nie, Hy bestempel dit as baie goed.

Ons leer dus baie vroeg in die Woord van die HERE dat die verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou, die huwelik, ‘n baie besonderse verhouding is. Dit is iets wat deur niemand anders as deur God self verorden is nie. En ‘n volgende ding wat ons ook uit ons gelese gedeelte leer, is hoe God uit die staanspoor met liefdevolle versorging, met vaderlike ontferming, teenoor die mens optree. Ja, Hy was nog besig om te skep toe Hy alreeds aan die mens begin gee. Hy gee aan die mens ruimte om te leef. Hy gee aan die mens al die plante wat saad gee en al die bome waar vrugte aan is sodat die mens voedsel kan hê en versorg is. Hy gee aan die mens ‘n maat wat by hom pas. Maar ook gee Hy aan die mens alreeds in hierdie vroeë stadium ‘n verantwoordelikheid. Die mens ontvang die verantwoordelikheid om aan die HERE gehoorsaam te wees. En hierdie gehoorsaamheid word nie sommer maar net aan die mens gegee nie. Die mens moes besef dat hierdie verantwoordelikheid om aan God gehoorsaam te wees die mens daarin sal lei om op verantwoordelike wyse met al die kosbare gawes wat die mens uit God se hand ontvang om te gaan.

Wanneer ons by ‘n bruilof is, het ons die voorreg om saam met twee mense die vreugde te deel van ‘n pragtige geskenk wat uit die hand van die HERE aan die mens geskenk word. Ja, die Woord van die HERE stel dit aan ons duidelik dat jou lewensmaat ook ‘n baie kosbare gawe is wat die mens van God ontvang. Luister na die woorde uit Spreuke 19:14 wat dit bevestig.

“Huis en goed is ‘n erfenis van die vaders, maar ‘n verstandige vrou is van die HERE.”

En ook uit Spreuke 18:23:

“Wie ‘n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ‘n welgevalle van die HERE verkry.”

En die kosbare geskenk van die huwelik is dan ook die eerste geskenk uit die hand van die HERE wat die egpaar saam ontvang. Die instelling van die huwelik is deur God self in die lewe geroep en hierdie is ‘n baie kosbare geskenk wat die mens van God ontvang.

Wanneer die mens hierdie gawe van God ontvang, moet hulle hieroor verheug wees. En ons moet hiervoor baie dankbaar wees. Maar ons moet ook onthou van die verantwoordelikheid wat hiermee saamgaan. Ons het as God se kinders die verantwoordelikheid om hierdie kosbare geskenk wat die HERE aan ons gee op te pas, te koester en te beskerm. Ja, so stel die HERE duidelik aan die man sy verantwoordelik teenoor sy vrou in die huwelik.

Efés. 5:25-29. “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee hetom dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.”

En Hy bevestig hierdie opdrag in Kol. 3:19.

“Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.”

Eweneens stel die HERE dit in sy Woord baie duidelik wat van die vrou in hierdie huwelik verwag word. Luister na die opdrag van die HERE uit 1 Petrus 3:1-6.

“NET so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het. Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: nie haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God. Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig, soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.”

En verder ook in Efés. 5:22-24.

“VROUE, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.”

Indien ons die HERE hierin gehoorsaam, hanteer ons hierdie kosbare gawe van die huwelik wat Hy aan ons skenk met verantwoordelikheid. En wanneer ons die HERE in gehoorsaamheid eer, sal ons Hom enige tyd met vrymoedigheid kan nader om ons in ons huwelik by te staan.

Ek wil afsluit deur vir u uit die Woord van die HERE aan te haal wat die houding van die HERE teenoor egskeiding is. En die rede hiervoor is dat dit vir ons baie duidelik onderstreep hoe belangrik ons verantwoordelikheid voor die HERE is om hierdie kosbare geskenk van die huwelik te bewaar. In Exodus 20 asook Deut. 5 word egbreuk uitdruklik, soos moord, soos diefstal, deur die HERE verbied. En ek wil tog vir u noem die feit dat egskeiding in ons dae sosiaal aanvaarbaar geraak het, beteken nie dat dit hoegenaamd in die oë van die HERE aanvaarbaar geraak het nie. Behalwe vir die verbod op egskeiding waarvan ons in Exodus 20 en Deut. 5 lees, stel die HERE sy afkeur hierin baie duidelik in Mal. 2:16 –

“Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel ...”

En ewe duidelik was Christus se antwoord rondom egskeiding in Matt. 19:4-9. Hier stel God dit uitdruklik dat dit wat God saamgevoeg het, mag géén mens skei nie. Niemand durf só verwaand te wees om dit wat God verorden het, af te breek nie.

Mag elkeen van ons wat hierdie kosbare gawe in ons lewens van God ontvang het opnuut bewus word van ons verantwoordelikheid om dit te koester, met dankbaarheid te waardeer en te beskerm.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2227 gaste aanlyn