Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Alle mense moet sterf. Maar natuurlike oorsake klink meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie – dit is die voorwaarde. Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang. Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!
DIE MOORD OP DR. VERWOERD (2)
J.J.J. SCHOLTZ
Lees reeks by Die moord op dr HF Verwoerd
“Hoe Gelukkig Lyk Doktor Vandag! ”
Die Dinsdagoggend, 6 September, het dr. en mev. Verwoerd omstreeks sewe-uur per vliegtuig van die militêre lughawe Waterkloof, in Pretoria, na Kaapstad vertrek.
Agter hulle het hulle ’n lang naweek vry van kommer en sorge gehad. (Die Maandag was ’n openbare vakansiedag, Setlaarsdag.) Die grootste deel van die naweek het hulle op hul plaas, Stokkiesdraai, aan die Vaalrivier, deurgebring. Hulle is die Vrydagmiddag na dr. Verwoerd se ontmoeting met hoofman Jonathan daarheen.
DIE MOORD OP DR.VERWOERD (1)
J.J.J. SCHOLTZ
Lees reeks by Die moord op dr HF Verwoerd
Op die Kruin
“Vandag gaan ’n geskiedkundige dag word,” het mnr. Koos Potgieter, hoofsweep van die Nasionale Party in die Volksraad, op Dinsdag, 6 September 1966, aan die man in die bank agter horn gesê.
Die volgende oomblik het dit ’n geskiedkundige dag geword, maar gans anders as wat mnr. Potgieter of wie ook al kon droom.
Dr. Verwoerd sou die dag praat. Die openbare galerye was stampvol en die Volksraadsaal het vinnig volgeloop. Daar was ’n duidelik merkbare gevoel van gespanne afwagting.
WIE IS DIE HEILIGES?
Ds A.E. van den Berg
“Wees heilig, want Ek is heilig”(1 Pet 1:1).
As daar vir mense gevra sou word of hulle heilig is, sal die meeste ontkennend antwoord omdat hulle glo dat hulle te sondig is. Dis ʼn wanopvatting. Heilig beteken nie sondeloos nie anders sou die oproep in die teksvers onbillik wees. Heilig beteken afgesonderd.w.s. opsy gesit te wees. En dis wat God van ons verwag - om anders as die wêreld te wees.
Waarom wil God dit hê? Omdat Hy soos ʼn goeie vader wil hê dat sy kinders sy voorbeeld moet navolg. Daarvoor is ʼn lewensverandering noodsaaklik:
“En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ʼn spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor.3:18).
Wanneer van heiliges gepraat word, dink baie mense aan ou Roomse skilderye van mense met stralekranse om die kop; dooies wat uiters godsdienstig geleef het. Protestante dink baie anders oor heiliges. Die Roomse leer oor heiliges is geheel en al vreemd aan die Bybel en onbeskaamd afgodies ingekleur.
In die vroeë Roomse Kerk is slegs martelare as heiliges vereer. Later in die Middeleeue is kerkvaders, godsdienskluisenaars en sekere biskoppe ook as heiliges beskou en in sommige gevalle feitlik afgodies vereer.
VERWRONGE VRYHEIDSBEGRIP
ʼn Wesenlike Afrika-probleem
Ds. A.E van den Berg
“Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring, as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ’n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God”
(1 Pet.2:15,16)
Afrika het soveel probleme dat dit moeilik is om die grootste daarvan uit te sonder. Swartes se verwronge beeld van vryheid staan egter hoog op hierdie lys en laat regerings voortdurend in trurat voortbeur.
Vryheid is die suurstof van die siel waarsonder geen beskawing gedy nie en verantwoordelikheid die fondament daarvan. Daarsonder is ʼn land soos ʼn skip sonder ʼn roer en beland onafwendbaar op die rotse.
Vryheid mag nooit as vanselfsprekend aanvaar word nie want dan is die kans daar om dit verloor. Dit moet eerder sorgsaam opgepas word. Vryheid wat deur mag ontneem word, kan met mag teruggeneem word. As dit egter prysgee word, is dit vir altyd verlore soos Suid-Afrika op ʼn harde manier geleer het!
DIE SWART CHRISTUS
Ds. A.E van den Berg
Die CristoNegrois ʼn afgodsbeeld wat in Panama met karnavalfeestelikheid vereer word. Dit het in die 17de eeu aan die plaaslike kus uitgespoel nadat die krat waarin dit verpak was tydens ʼn storm van ʼn skip afgegooi is om die vrag ligter te maak. Dis van baie donker hout gemaak en twee maal per jaar van nuwe kleding voorsien. Aanbidders skenk dit as teken van toewyding daaraan asook ʼn boetedoening vir hul sonde.
Hierdie beeld word jaarliks op 21 Oktobermet die Fees van die Swart Christus luisterryk vereer en selfs wonderwerke daaraan toeskryf. Verhale van hoe gebede aan die beeld die omgewing in die 18de eeu van ʼn dodelike plaag gered het, is gewild. Pelgrims loop tot 85 km te voet vanaf Panamastad na die Iglesia de San Felipe, ʼn Roomse kerk,waar die beeld gehuisves word. Sommige van hulle kruip selfs die laaste kilometers om deur selfkastyding seëninge te verkry.
MY LEWE – ‘N LEWE VIR MYSELF OF VIR GOD?
Hannes Ollewagen
Joh. 3:22-36
“Hy moet meer word, maar ek minder.” (:30).
Geliefdes, wat ‘n pragtige belydenis van Johannes wat ons vandagkan aanhoor. En weliswaar ook ‘n belydenis wat ons baie, baie meer in die tyd waarin ons leef behoort te hoor. Ja, die humanisme wat die samelewing oorspoel, ja ongelukkig ook in baie sogenaamde kerke die oorhand kry, verkondig presies die teenoorgestelde van hierdie belydenis. God moet volgens hierdie kettery van humanisme minder word, sodat ék, die wonderlike mens, meer kan word. Ja, God word deur hierdie dwaling van sy Goddelike troon as hoogste gesag in die mens se gedagte verwyder sodat die mens as sy eie “god” kan optree. Die enigste “plek” wat God in hierdie verwerplike dwaling gebied word, is om as ‘n dienskneg aan die mens se eise en bevele te voldoen.
WEES ALTYD GEREED!
Wees altyd gereed!
Ds A.E. van den Berg
“Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie”(Mt.25:13).
In die Nagmaal-formulier lees ons die volgende bekende woorde:
“Ons verkondig by die nagmaal ook ons toekomsverwagting. Ons het in dié feesmaal die versekering dat die Here Jesus een met ons is. Tog sien ons as sy bruidskerk, ook uit na sy wederkoms. Ons verkondig daarmee die dood van die Here totdat Hy weer kom. In die nagmaal verlang die gemeente, as bruid van Christus, na die bruilofsmaaltyd van die Lam”.
Met die instelling van die nagmaal het Jesus by ʼn Joodse kulturele gebruik van sy tyd aangesluit. As ʼn man destyds met ʼn vrou wou trou, het hy haar oor sy voorneme ingelig. As sy daarmee te vinde was, het hulle na haar vader se huis gegaan om van hul voorneme te verwittig en om sy goedkeuring te vra. Indien dit hom geval het, het die aanstaande skoonseun iets waardevol vir haar gegee. As hy daarmee tevrede was, het hy vir hulle wyn in ʼn beker gegooi om saam te drink en was hulle van daardie oomblik af verloof.
Daarna het die man die huis alleen verlaat sodat sy aanstaande bruid haar vir die troudag kon begin voorberei. Hy is terug na sy vader se huis om hom van die gebeure te verwittig waarna hy ʼn plek vir hom en sy aanstaande bruid begin bou het. Hy was nie geregtig om na haar teug te keer voordat sy vader tevrede met die voltooide huis was en hom die groen lig vir die huwelik gegee het nie.
DIE “ENSTOF- PASPOORT”
Ons het die afgelope week in die hoofstroommedia gelees dat die ANC-regime ons dreig om die “inenting” op ons af te forseer, hetsy deur wetgewing of ander metodes. Soos ons weet is Suid-Afrika maar altyd bietjie agter die res van die wêreld waar hierdie stap reeds in talle lande uitgevoer word. Soos ook in Amerika is daar baie lande wat reeds die “inentings-paspoort” inbring en die bevolking dwing om dit te besit as bewys van “volle inenting” (wat nooit “vol” sal wees nie aangesien daar nou reeds gepraat word van ‘n “booster” elke drie maande.)
Indien God nie betyds ingryp nie sal Suid-Afrika ook hierdie pad stap. Mag elkeen van sy kinders sterk staan teen hierdie sataniese vergrype teen die mensdom wat in werklikheid ‘n volskaalse oorlog teen ons gaan word.
Naomi Wolf, skryf in haar boek "The End of America: Letter of Warning to a Young Patriot", dat die tirannie begin met die voorhou van 'n skrikwekkende interne en/of eksterne bedreiging. Dit kan 'n werklike of verbeelde bedreiging wees, maar in beide gevalle word dit gesien as 'n bedreiging. Voorheen was dit veral terrorisme wat ons van ons vryhede beroof het. Die 'oorlog teen terreur' het nou verskuif van onbekende terroriste na 'n nog meer ontwykende vyand: die virus. En in teenstelling met vorige oorloë, sluit vyande van die staat nou 'n land se eie burgers in! Teenstand teen COVID -maatreëls is nou ook op die lys van moontlike terreurbedreigings van die Departement van Binnelandse Veiligheid.
HOSPITAAL- PROSEDURES LAAT MENSE STERF
Slegs mense wat navors en aanhou lees omtrent die covid-sage ken die waarheid. Daarom plaas ons van tyd tot tyd 'n skakel mejt kosbare inligting. Die skakel hier onder is een daarvan; 'n persoonlike ervaring van wat werklik in die hospitale gebeur en waarom so baie pasiënte daar sterf. Het u geweet dat tot 80% wat op 'n ventilator geplaas word sterf? Dit is nie covid wat die mense laat sterf nie, dit is die prosedures. Kyk asb na die video hier en vergewis uself van wat om te doen en wat om NIE toe te laat met 'n geliefde indien hy of sy siek word.
BESLUITNEMING
Wat is God se wil?
Ds A.E. van den Berg
“Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei” (Heb.5:14).
Gelowiges kom soms in omstandighede waar hulle nie baie seker van God se wil is nie. Om dan maar net ʼn besluit te neem en te hoop vir die beste, kan die teenoorgestelde gevolge hê. Gelowiges moet eerder biddend en geduldig na die wil van God soek waarvoor grondige kennis van die Bybel noodsaaklik is.
Geloof is om God op sy Woord te neem, sy beloftes daarin te vertrou en baie geduldig op die nodige antwoorde te wag.
“...omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (Fil.1:6).
God antwoord gelowiges soms anders as wat hulle verwag en selfs bo hul verwagting:
VERGELYKINGSYFERS VAN DIE GIF-INSPUITINGS
Ons plaas hier verslae oor die nagevolge van sommige van die Covid-19 inspuitings en dit is baie interessant om die skade wat die vier aanrig met mekaar te vergelyk. Daar is nog ander vervaardigers en produksie-nommers wie se inligting ons hopelik later sal opspoor.
Health Impact News uit Europa berig dat die databasis wat by EudraVigilance onderhou word, slegs vir lande in Europa geld wat deel uitmaak van die Europese Unie (EU), wat uit 27 lande bestaan. Die totale aantal lande in Europa is baie hoër, byna twee keer soveel, ongeveer 50.
Die EudraVigilance-databasis berig dat daar tot 31 Julie 2021 20,595 sterftes en 1,960,607 beserings gerapporteer is ná inspuitings van vier van die maatskappye wat eksperimentele COVID-19-inspuitings vervaardig. Onthou dat dit slegs vier van die vervaardigers se produkte insluit:
COVID-19 MRNS VAKSIEN MODERNA (CX-024414)
COVID-19 MRNS VAKSIEN PFIZER-BIONTECH
COVID-19 VAKSIEN ASTRAZENECA (CHADOX1 NCOV-19)
COVID-19 VAKSIEN JANSSEN VAN JOHNSON & JOHNSON (AD26.COV2.S)
So hoog soos hierdie getalle ookal weerspieël is dit NIE die hele Europa nie. Die werklike aantal persone in Europa wat dood of beseer is weens COVID-19-inspuitings, sal baie hoër wees as wat ons hier meld.
Dan is daar ook die gekombineerde verslag van die EU en die VSA se VAERS oor sterftegevalle wat ongeveer 10% van die totale sterftesyfers bevat naamlik 65,000; die werklike dodesyfer sal dus nader aan 650,000 wees.
SAL ONS DIE REG BEWAAR?
Hannes Ollewagen
Ps. 106:1-48
“Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.” (:3).
Geliefdes, hoeveel mense ken u wat werklik die reg bewaar? Hoeveel mense ken u van wie u kan sê dat dit waarlik mense is wat geregtigheid doen? Ja, hoeveel van ons mense, ons volkgenote, Afrikaner-mense, Christen-mense, is nog werklik mense wat die reg bewaar en mense wat ‘n lewe van geregtigheid najaag? Ja, ek wonder hoeveel mense nog ‘n gesindheid koester soos waarvan ons in Ps. 119:11 lees.
“Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.”
Hoe sal ons geregtigheid kan oefen wanneer ons nie die Woord van die Here ken en in ons harte bewaar en koester nie?
Hierdie woorde van die Here in Ps. 119 sluit só mooi aan by die gelykenis wat Christus uit Lukas 8 aan ons gee. Hy leer ons hier dat die duiwel hom ywerig daarop sal toelê om die woorde van die Here uit ons hart te kom steel.
“Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God.Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.” (Luk. 8:11&12).
SO WORD ONS VERGIFTIG
Die sogenaamde inenting of ‘jab’ soos die Amerikaners dit noem, of kluit-spuit soos óns dit noem want dit gaan miljoene mense onder die kluite in ‘n graf laat beland, is nie die begin van die vergiftingsproses waarmee die Geldmag ons probeer verswak nie. Hierdie is sekerlik die kersie op die koek want dit is effektief en vinnig om die mensdom so verslae en verswak te laat, maar die duiwelsplanne is al vir eeue in werking met allerhande strategieë.
Al vir dekades lank word ons deur ons voedsel, water, lug, medisyne ea vergiftig net soos wat ons verstand vergiftig word deur al die leuens en bedrog gepleeg deur die superrykes met hulle seekatarms soos die media.
Dit is nie toevallig dat die meeste voedsel in supermarkte industriële, hoogs verwerkte, uiters giftige pseudokos is nie, wat volgens baie mediese dokters 85% die oorsaak is van hedendaagse siektes. Dit is ook nie toevallig dat vulstasies slegs die gesondheidsvernietigende 'snacks' aan die biljoene reisigers bied nie. Kitskoskettings oorheers elke nasie en bied rommel aan die mensdom wat hierdie wêreld nog nooit in haar lang bestaan gesien het nie. Al hierdie giftige vals kos verswak die mensdom soos nog nooit tevore nie. 90% van alle hedendaagse siektes het 'n eeu gelede nie eens bestaan nie!
VALS POSITIEWE TOETSINGS ONTBLOOT
Eindelik is nog ‘n korrupsiespul met betrekking tot die toetsings om Covid-19 vas te stel oopgevlek.
Almal is seker teen hierdie tyd daarvan bewus dat die PCR-stelsel wat vir die toetsings gebruik word, glad nie daarvoor ontwerp is nie. Selfs sy ontwerper het die medici gewaarsku dat dit vals toetsings sou meebring. En ons weet ook dat die oorgrote meerderheid positiewe PCR-toetse vals positiewe toetse was – daardie mense was nie siek nie.
Nou word talle reeds ingespuite persone ook weer getoets. En deesdae word daar eers gevra of die persoon “ingeënt” is of nie. Juis dít het die slim en eerlike dokters agterdogtig gemaak, waarna die waarheid toe op die lappe gekom het.
Wanneer nie-ingespuite persone getoets word, word die apparaat met ‘n siklusdrempel (CT) van 40 of hoër gestel wat feitlik ‘n vals positief waarborg. En wanneer iemand wel die inspuitings gehad het, word die apparaat met ‘n CT van 28 of laer gestel wat die moontlikheid van ‘n vals positiewe resultaat dramaties verlaag. Hoe klink dit vir u? Soos dubbele standaarde, ‘n verskuilde agenda, bose planne om die hele wêreld paniekerig te maak sodat hulle die gifinspuitings sal verwelkom?
Glo dit of te nie, die hele virus-sage is ‘n sameswering en onmenslike misdaad teen die hele mensdom wat roep vir ontbloting en regstelling!
WêRELDBEVOLKINGS- MOORD
Kliek op skakel onder en gaan luister na wat 'n wêreldklas spesialis oor die poging van die Illuminati om die wêreldbevolking te vermoor, te sê het.
https://rumble.com/vl4u7t-dr.-zev-zelenko-slays-globalists-exposes-global-genocidal-event.html<BR>Dr. Zev Zelenko SLAYS Globalists, Exposes "Global Genocidal Event"
ONDERWYSERS WORD GEDWING VIR KLUIT-SPUIT!
Hier in Suid-Afrika is die onderwysers geboelie om die kluit-spuit te kry, in so 'n mate dat hulle in busse ingebondel is en na Ga-Rankuwa aangery is waar hulle 'n hele dag op 'n slag moes wag om ingespuit te word. Natuurlik sou ons dit nie deur die sataniese media hoor nie. Daar is van hulle wat al huilende daardie dag deurgebring het omdat hulle nie van plan was om die inspuiting te kry nie. Natuurlik het ons ook geweet die Ramaphosa-bende sou nie hul woord hou oor die feit dat niemand forseer sou word nie. En wat lees ons nou in www.News24.com/fin24/companies/unvaccinated-curro-teachers-may-face-retrenchment-20210818 ?
"Die departement van Onderwys het 'n formele skrywe uitgestuur om aan te kondig dat huille nou beweeg na 'n mandaat om alle onderwyswerknemers te laat inspuit anders word hulle afgedank". Gaan lees gerus die hele berig by die skakel hier bo.
In Amerika gons dit omtrent soveel as oor dr Susan Vosloo, nadat 'n spesialis in die veld van virologie en ouer van kinders in die skool, by die Skoolraadvergadering op die mees logiese en ingeligste wyse die raad toegespreek het waarna hy groot applous van die ouers ontvang het. Skoolraadbestuur wou klaarblyklik diskrimineer teen kinders wat nie ingespuit is nie. Die dokter het 'n warm patat vir daardie Raad gelos en sal seker nou deur die media bly kruisig word. Gaan luister wat regtig aan die gebeur is en hoe die publiek belieg word deur die media en die duiwelskinders wat hierdie virus-plan geïmplimenteer het, by die skakel hier onder.
https://www.londontimes.live/health/this-video-of-a-doctor-speaking-at-a-school-board-about-vaccines-goes-mega-viral/
Vir diegene wat nog nie na die videos van beseerde persone agv die inspuitings gekyk het nie, gebruik dr Google en vergewis uself; dis hartverskeurend! Om onder die kluite te beland as gevolg van die kluit-spuit is 'n genade. Wat wreed en genadeloos is, is jong mense wat nie meer kan loop nie, konvulsies kry, bloedklonte, hartskade, te veel om op te noem. Gaan kyk, en besef wie is die werklike vark in hierdie verhaal!
HOSPITALE VOL INGESPUITE PASIËNTE
Data uit die werklike wêreld toon dat die meeste gevalle van Covid nou mense is wat volledig “ingeënt” is. Dit is volkome die teenoorgestelde wat die media aan ons verkonding. Die hospitale is nie vol mense wat die inspuiting geweier het soos die media ons wil laat glo nie.
Hier het ons voorlopig korrekte inligting van Israel, Skotland, Massachusetts en Gibraltar (ons plaas die woord “ingeënt” in aanhalings want dit is nie ‘n inenting nie – dit is ‘n inspuiting wat 98% uit grafeenoksied, ‘n gifstof, bestaan):
- Op 1 Augustus 2021 het die direkteur van Israel se openbare gesondheidsdienste, dr. Sharon Alroy-Preis, aangekondig dat die helfte van alle mense daar met COVID-19-infeksies volledig “ingeënt” is. 'N Paar dae later, op 5 Augustus, het dr. Kobi Haviv, direkteur van die Herzog-hospitaal in Jerusalem, op Channel 13 News verskyn en berig dat 95% van die persone wat ernstig siek is met COVID-19- volledig “ingeënt” is. Vanaf 2 Augustus 2021 het 66,9% van die Israeliete ten minste een dosis Pfizer, wat uitsluitlik in Israel gebruik word, ontvang.
SA MEDICI AAN RAMAPHOSA
Openbare brief aan president Ramaphosa
Sy Edele Geagte President Cyril Ramaphosa
Die president van die Republiek van Suid -Afrika
10 Augustus 2021
COVID-19 PANDEMIES-GESONDHEID EN EKONOMIESE KRISISSE
Geagte meneer die president,
Ons nader u in die gees van Thuma Mina, vol vertroue dat u die belange, lewensbestaan, gesondheid en lewens van al die mense van Suid -Afrika op die hart dra. In hierdie ope brief spreek ons u spesifiek aan met betrekking tot veilige en effektiewe maniere om COVID-19 te voorkom en te behandel.
Die nuwe lang pad na vryheid wat die gesondheid en waardigheid van die mens sal herstel, moet nou begin. Die pad na gelukkige, suksesvolle individue, gesinne en gemeenskappe kan uitdagend wees, maar sal lonend wees. Om dit te bereik, sal u, meneer die president, nou moeilike en ongewilde besluite moet neem om die mense van Suid -Afrika te bevry van mediese outoritarisme, ekonomiese ontbering en siektes wat vermy kan word.
ONS STRYD TEEN OWERHEDE, WêRELDHEERSERS...
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).
Ons kyk teen die wêreld rondom ons vas. Dis al wat ons met die oog sien. Die Bybel sê dat daar nog ʼn wêreld is. Dis onsigbaar maar ʼn werklikheid. En vandaar voer die Satan met ʼn leër van bose geeste ʼn geestelike oorlog teen Jesus en die gelowiges. Die uitslag daarvan is egter reeds bekend – Jesus en die gelowiges sal oorwin.
Omdat die Satan weet dat hy gaan verloor en saam met sy onheilige leër in die hel gewerp gaan word, probeer hy om soveel as moontlik mense saam met hom hel toe te neem. Vandaar die onsigbare oorlogvoering waarby gelowiges lewenslank betrokke is. God gee egter aan hulle die nodige wapenrusting om end uit suksesvol te veg (Efes.6:10-18).
EERBIED VIR ONS OUERS
Hannes Ollewagen
Luk. 2:41-55
“En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.”
Die Here Jesus Christus het nie alleen tydens sy lewe hier op aarde aan ons kom leer hoe ons God moet gehoorsaam nie, maar Hy het ook deur sy lewe en optrede vir ons die voorbeeld gestel. Ja, soos wat ons in hierdie gelese gedeelte vanoggend weer van Jesus se gehoorsaamheid aan die Vader se gebooie lees. Hy stel ook in sy lewe as kind die voorbeeld van eerbied teenoor sy aardse ouers deur aan hulle onderdanig te wees.
“...en Hy was hulle onderdanig.” (Luk. 2:45).
En só lees ons ook dat Hy in genade by God toegeneem het.
Geliefdes, Christus tree nie onrespekvol teenoor sy ouers op wanneer hulle Hom oor sy optrede aanspreek nie. Hy begin nie in reaksie hierop teen hulle rebelleer nie.